Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2012
TOERISME
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
*TRSMDM*
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2012 papers 





View all



%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)

Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 Question Paper (Afr)
Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Tourism · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 842.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2012
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 TOERISME (SEPTEMBER 2012)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. AL die vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Die volgende tabel is ʼn riglyn om jou tyd volgens elke afdeling in te deel.
AFDELING A Kortvrae 40 punte 20 minute
Toerisme as ʼn Ineengeskakelde
AFDELING B 40 punte 40 minute
stelsel.
Volhoubare en Verantwoordelike
AFDELING C 40 punte 40 minute
Toerisme
Toerisme-aardrykskunde,
AFDELING D 50 punte 50 minute
Aantreklikhede en Reisneigings
AFDELING E Kliëntediens en Kommunikasie 30 punte 30 minute
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) TOERISME 3
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 In elk van die volgende vrae word vier opsies as moontlike antwoorde
gegee. Kies die antwoord en skryf die letter (A – D) langs die
vraagnommer (1.1.1 – 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Bv. 1.1.21 D
1.1.1 Toerisme is belangrik, want dit is …
A arbeidsintensief.
B die grootste werkskepper.
C ʼn finale produk.
D al die bogenoemde.
1.1.2 Die … mense word beskou en erken as die inheemse inwoners
van die sub-kontinent. Hierdie groep mense verteenwoordig die
essensie van Suider-Afrika se diep verlede.
A Ndebele
B Xhosa
C San
D Zulu
1.1.3 … verwys na die kode om vriendelik oor die telefoon te praat om
ʼn professionele, vriendelike en hulpvaardige beeld van die
werkplek oor te dra.
A Telefoon etiket
B Stereotipe
C Verbale kommunikasie
D Luister
1.1.4 Die land wat die IRR Rugby Wêreldbeker in 2011 aangebied het:
A Nieu-Seeland
B Australië
C Wallis
D Ierland
1.1.5 Onderneem in Oktober 2011 om te verseker dat alle Suid-
Afrikaners getel word om te verseker dat dienste gelewer kan
word met behoorlike beplanning:
A Plaaslike regeringsverkiesings
B Sensus 2011
C Tel 2011
D Geeneen van die bogenoemde
Downloaded from hlayiso.com
4 TOERISME (SEPTEMBER 2012)
1.1.6 Die plaaslike lugredery was onlangs geloods om passasiers
tussen Johannesburg en Bhisho te vervoer:
A NAPTOSA
B SAA
C SANTACO
D MANGO
1.1.7 … is Suid-Afrika se nasionale voël.
A Die Peregrine Falcon
B Die Egiptiese gans
C Die Blou kraanvoël
D Die Arend
1.1.8 Hierdie marksegment van die “Binnelandse Toerisme
Groeistrategie” word gebruik om binnelandse toerisme in Suid-
Afrika te bevorder:
A Geen-inkomste gesinne
B Ouer opkomende sakemanne
C BATS
D Goue ouer paartjies
1.1.9 Die doel van die Ramsar-konvensie is om …
A geslagsgelykheid te bevorder.
B die wyse gebruik van alle vleilande deur plaaslike, streeks,
nasionale en internasionale samewerking te bevorder.
C MIV/Vigs te bestry.
D globale uitlating van kweekhuisgasse te verminder.
1.1.10 Die hoofdoel van hierdie jaarlikse toekennings is om mededinging
in dienslewering in die Suid-Afrikaanse toerismebedryf uit te bou:
A Imvelo-toekennings
B Welcome-toekenings
C ETEYA Toekennings
D Blou vlag-toekennings
1.1.11 Die doel van die Kyoto-protokol was om …
A geslagsgelykheid te bevorder.
B armoede te verminder.
C MIV/Vigs te bestry.
D globale uitlating van kweekhuisgasse te verminder.
1.1.12 Indien ʼn reisiger 15° links van GMT beweeg, sal hy/sy … reis.
A ooswaarts
B weswaarts
C noordwaarts
D suidwaarts
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) TOERISME 5
1.1.13 Lande wat hul horlosies een uur vooruit stel in verhouding met hul
plaaslike tyd, sal … beoefen.
A universele tyd
B primêre tyd
C sentrale Afrikaanse tyd
D daglig-besparingstyd
1.1.14 In spanwerk is die persoon wat sal verseker dat een persoon nie
die groep domineer nie en verseker dat sperdatums nagekom
word, bekend as die …
A inisiator (inisieerder).
B gatekeeper (hekwagter).
C clarifier (uitklaarder).
D encourager (motiveerder).
1.1.15 Die term wat gebruik word om toeriste te beskryf wat ʼn land
besoek vir kulturele ervarings, maar nie vir natuurlike ervarings
nie, staan bekend as …
A ethnotourism (etnotoerisme).
B ekotoerisme.
C avontuurtoerisme.
D binnelandse-toerisme.
1.1.16 Die internasionale organisasie wat verantwoordelik is vir die
insameling van toerisme statistieke wêreldwyd is die …
A Verenigde Nasies Wêreld Toerisme-organisasie (UNWTO).
B Afrika-unie (AU).
C Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO).
D Suider-Afrikaanse Toerisme Diens Assosiasie (SATSA).
1.1.17 … is die manier om kommentaar, voorstelle en klagtes van ʼn
verskeidenheid inligtingsbronne te kollekteer om bestuursbesluite
te beïnvloed:
A Opdrag
B Terugvoering
C Markverkope
D Standaardstelling
1.1.18 ʼn Vorm van geskrewe kommunikasie wat gebruik word om ʼn kort
boodskap tussen werkers in dieselfde organisasie oor te dra:
A Verslag
B Faks
C Besigheidsbrief
D Memorandum
Downloaded from hlayiso.com
6 TOERISME (SEPTEMBER 2012)
1.1.19 Hierdie studie word uitgevoer voordat toerisme ontwikkeling kan
plaasvind om die impak daarvan op die omgewing te evalueer:
A Omgewingsbestuurstelsel
B Geografiese Inligtingstelsel
C Omgewingsimpak
D Omgewingsaangeleenthede
1.1.20 Buitelandse valuta kan op die volgende maniere verkry word:
A Swift-kaart
B Telegrafiese oordrag
C Money Gram (Bankoordrag)
D Al die bogenoemde (20x1) (20)
1.2 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Werks(etnies/etiek) verwys na ʼn werknemer se betrokkenheid in
die werkplek.
1.2.2 ʼn (Visa/Paspoort) word deur ʼn persoon se eie land uitgereik.
1.2.3 Hierdie markte, verwys na as (teiken/nis)-markte, is klein
gespesialiseerde afdelings van ʼn groter mark, elk met ʼn duidelike
gedefinieerde eienskap.
1.2.4 ʼn (Rooster/Reisplan) is ʼn plan wat aandui waarna die toeriste elke
dag reis en die aktiwiteite waaraan hulle sal deelneem gedurende
die toer.
1.2.5 Die (Bankaankoopkoers/Bankverkoopkoers) word gebruik
wanneer ʼn toeris buitelandse valuta vir ZAR wissel. (5x1) (5)
1.3 Ten einde ʼn suksesvolle toer/uitstappie vir ʼn kliënt te beplan, is dit
belangrik vir die persoon wat die toer beplan om noukeurig en logies te
werk. Hieronder is ʼn lys van dinge wat gedoen moet word, en soos jy kan
sien, is dit nie in ʼn logiese en korrekte volgorde nie. Herskryf die stappe in
ʼn logiese volgorde. Skryf slegs die letter langs die ooreenstemmende
nommer 1.3.1 – 1.3.5: bv. 1.3.6 E
1.3.1 A Stel die reisiger in kennis en oorhandig al die dokumentasie
1.3.2 B Besluit op die beste en geskikste klas, reisgeld en
kamerprys
1.3.3 C Gaan al die kaartjies en dokumentasie na
1.3.4 D Bespreek die vliegtuigkaartjie en hotelkamer
1.3.5 E Identifiseer die behoeftes van die reisiger (5x1) (5)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) TOERISME 7
1.4 Kies die protokol (regulasies en bepalings) in KOLOM A wat by die
agentskap in KOLOM B pas. Skryf slegs die letter (A – G) langs die
vraagnommer (1.4.1 – 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.
Byvoorbeeld: 1.4.6 E
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 Japan A Wêreldbeheerraad vir Volhoubare
Ontwikkeling (WSSD)
1.4.2 Brasilië B Montreal-protokol
1.4.3 Suid-Afrika C Kyoto-protokol
1.4.4 Denemarke D VN Stockholm konferensie oor die
menslike omgewing
1.4.5 Kanada E Copenhagen Accord/Kopenhagenakkoord)
F Berlyndeklarasie (-verklaring)
G Aardeberaad
(5x1) (5)
1.5 Bestudeer die onderstaande kentekens (logo’s) en noem die globale
gebeurtenis wat elkeen verteenwoordig.
IKR 2011
A B
IRR 2011
C D
E (5x1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Downloaded from hlayiso.com
8 TOERISME (SEPTEMBER 2012)
AFDELING B: TOERISME AS ʼn INEENGESKAKELDE STELSEL
VRAAG 2
2.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop
gebaseer is.
VAAR DIE SEE (SAILING THE SEAS)
Hierdie MARIENE LOODS help om skepe
veilig in die hawe te dok
S
Y het opgegroei in die klein Oos-Kaapse dorpie, Aliwal-Noord. Sy
het nooit gedroom dat sy ooit naby die see sal woon nie. Maar
vandag ken LulamaTsholoba (26) nie net sommige van Suid-
Afrika se pragtigste kusdorpe en stede nie, maar sy het ook ʼn
loopbaan vir haarself by die see uitgekap.
As ʼn mariene loods wat in Saldanhabaai aan die Weskus woon, is
Lulama se hooftaak om skepe te help vasmeer en om weer die Saldanha-
hawe veilig te verlaat. “Ek is die skakel tussen die beheerkamer en die
kaptein wat met die boot die hawe binnevaar.”
Lama, soos sy bekend staan, sê dit is ʼn veeleisende werk. “Daar is geen
ruimte vir foute nie. Jy moet elke dag op jou hoede wees.” Maar sy geniet
die uitdaging. Haar belangstelling in ʼn mariene loopbaan was gestimuleer
toe sy twee manne in hul onberispelike wit uniforms in Kaapstad sien
rondloop het. “Hulle het goed gelyk,” sê sy, “en ek het gewonder watter
soort werk hulle doen. Ek het later uitgevind dat hulle offisiere in die
seemag was.”
Kort daarna het sy ʼn loopbaan-uitstalling by die destydse Kaapse
Technikon bygewoon en ʼn plakkaat gesien wat maritieme studies
adverteer. Op die plakkaat was mense geklee in die onberispelike wit
uniforms wat sy onlangs bewonder het. Daar en dan het sy besluit om ʼn
maritieme loopbaan na te streef.
“Ek wou iets verskillends doen,” verduidelik Lama. Selfs toe sy gehoor het
dat die maritieme bedryf mans-georiënteerd was, het dit haar nie
afgeskrik nie. “Ek hou van ʼn goeie uitdaging,” lag sy. Sy is nou in diens
van Transnet National Port Authority – die enigste maatskappy in SA wat
werk vir mariene loodse aanbied. Lama is perfek geskik vir die werk. Sy
werk 12-uur skofte, een dag aan diens en die ander dag af, en is aan
diens twee naweke per maand. “Geen dag is dieselfde nie,” sê sy. “My
dae word deur die weer bepaal. As die see kalm is, is dit maklik om ʼn
boot te meer, maar as die wind begin om te waai of dit reën, kan dinge ʼn
bietjie rof raak.” Ongeag die reën, wind of sonskyn gee Lama net haar
beste en aanvaar sy die uitdaging.
Aangepas en vryelik vertaal uit: Drum Magazine Aug 2011
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) TOERISME 9
2.1.1 Noem die loopbaan wat Lulama vir haar gekies het. (1)
2.1.2 As haar werkgewer, stel DRIE punte voor wat ingesluit kan word
as jy ʼn gedragskode vir Lulama sou opstel. (3x2) (6)
2.1.3 Vind sinne in die uittreksel wat die volgende voorstel:
(a) Lulama se saak handel oor bemagtiging van vroue. (2)
(b) Lulama is ʼn skofwerker (2)
2.1.4 Noem TWEE ander loopbaangeleenthede wat in Lulama se
industrie gevind kan word. (2)
2.2 Twee uittreksels (A en B) word hieronder gegee. Lees dit versigtig en
beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is.
UITTREKSEL A UITTREKSEL B
BELLAGIO BY DIE BLUBIRD OLIVA KROEG EN RESTAURANT OP
SENTRUM IN BIRNAM OXFORDWEG 178
Hierdie diens was nie so goed Dit was relatief stil die Dinsdagaand in
soos dit moes wees nie. die eetplek en die twee jong kelners was
Ons kelner was oud en vriendelik en vinnig. Hulle het ook
dooierig, wat veroorsaak het kraanwater aangedra en nie die
dat sy diens ook lusteloos en irriterende opsies van “still of sparkling”
sonder inspirasie was. As daar nie, wat veroorsaak dat kliënte verplig
in aanmerking geneem was moet voel om gebottelde water te koop.
dat dit middagete was en die Sjef Beer was ook op hande, nie net om
restaurant slegs ʼn derde vol kos vir ons aan te dra nie, maar ook vir
was, was ons glad nie die ander kliënte. Die beste ding omtrent
beïndruk nie. die eetplek is dat dit aan die sjef behoort
Ons moes vra vir “specials”. en dat die eienaar op die perseel is en
Hy het my slaai vergeet en te alle tye beskikbaar is.
sommige van die geregte op
die spyskaart was nie
beskikbaar nie. Dit was
irriterend.
2.2.1 Noem die belangrikste komponent van die toerismebedryf wat in
die twee uittreksels bespreek word. (1)
2.2.2 Kliënte in Restaurant A (Bellagio by die Blubird Sentrum in
Birnam) het nie waarde vir hul geld gekry nie. Verskaf bewyse
vanuit die uittreksel om die feit te motiveer. (2x2) (4)
2.2.3 Voorspel die impak wat die kliënte-ervaring in Restaurant B (Oliva
Kroeg en Restaurant op Oxfordweg 178) vir ons land, Suid-Afrika
sal inhou. (3x2) (6)
2.2.4 Noem DRIE ongunstige werksomstandighede vir kelners in
restaurante. (3x2) (6)
[30]
Downloaded from hlayiso.com
10 TOERISME (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 3
3.1 Lees die verklaring hieronder en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is.
VIER SUKSES IN TOERISME
In die verlede was die
meerderheid mense uitgesluit
uit die Toerismebedryf. Dit is
nou belangrik dat hierdie
tendens omgekeer moet word.
ʼn Suksesvolle
Swart Vrou Aangepas uit “business partners’
van Mthatha advertisement”
3.1.1 Noem TWEE maniere hoe hierdie tendens omgekeer kan word. (2)
3.1.2 Hieronder is TWEE toerisme-strategieë van die regering wat tans
in ons land in gebruik is. Verduidelik ELKE strategie en noem
EEN doelwit van elk.
(a) Die Binnelandse Toerisme Groei-strategieë van DvOT
(1 + 1x2) (3)
(b) Die Swart Ekonomiese Bemagtings-(BEE)Handves (1 + 1x2) (3)
3.1.3 Voor 1994 het die voorheen benadeelde gemeenskappe beperkte
voordele vanaf die toerismebedryf ontvang.
[Aangepas uit: Toerisme Witskrif Dokument.]
Noem EEN positiewe bydra om die probleem aan te spreek deur ...
(a) die regering. (1)
(b) die privaatsektor. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING B: 40
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) TOERISME 11
AFDELING C: VERANTWOORDELIKE EN VOLHOUBARE TOERISME
VRAAG 4
4.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop
gebaseer is.
Duitse lugredery wil OK-biobrandstof koop
ʼn uitse lugredery, Lufthansa, het ingestem om vliegtuigbrandstof
D van ʼn Oos-Kaapse maatskappy te koop wat biobrandstof
bemark as ʼn antwoord om die koolstofvoetspore (carbon
footprints) van multi-nasionale maatskappye te beperk.
Entrepreneurspaartjie, William en Sylvia Charles, van die Sakhisizwe
Trust, het die afgelope vier jaar aan hierdie projek gewerk, met Lufthansa
as hulle eerste kliënt.
Hulle inisiatief het ten doel om die koolstofvoetspoor van die wêreld te
verminder, en geleenthede vir werkskepping te verhoog terwyl daar
planne beraam word vir die bou van ʼn biobrandstof-raffinadery in die
provinsie.
“Ons kan nou ons planne openbaar want ons het al die belangrikste
boublokke in plek – die grondstowwe, die tegnologie, die aanleg en
belangrik, ʼn vennoot in Lufthansa,” sê Sylvia, bemarkingsdirekteur van
die Sakhisizwe Trust.
Die belangrikste grondstof vir die biobrandstof sal sojabone wees wat in
die Oos-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal verbou word.
Volgens die maatskappy se mediawoordvoerder, Ed Richardson van
Siyathetha-kommunikasies, is Afrika die ideale plek vir so ʼn projek omdat
Afrika die grond het en biobrandstof plantasies is byderhand. “Dit is meer
as net ʼn droom, biobrandstof is besig om die wêreld oor te neem,” sê
Richardson.
“Al die boustene is in plek; ons moet net die model in plek stel, sodat die
boere kan begin.” Die bone bevat groente-olie wat in biokerosene verfyn
word, of vliegtuigbrandstof. ʼn Besending van sowat 8000 ton ru-groente-
olie, gemaak van bone wat in die gebied gegroei het, sal binnekort na
Finland verskeep word en in vliegtuigbrandstof verfyn word, en deur
Lufthansa vir ʼn proef-periode gebruik word. “Daar is omtrent twee of drie
ander soortgelyke projekte wat in die lug sweef sonder kliënte, so om vir
Lufthansa aan boord te hê is uitstekend,” sê Richardson.
Hy het gesê dat die projek werk in die landelike gemeenskappe sal skep,
en die koolstofvoetspoor sal verminder. Onderhandelinge is aan die gang
met Clean Tech Africa in Berlin, naby Oos-Londen, wat besig is met die
vervaardiging van biobrandstof om dit te toets en sal help om die
produksie te bespoedig. ʼn Hernieubare energie-middelpunt vir die Oos-
Kaap is vasgestel. Daar is wêreldwyd ʼn groot aanvraag na biobrandstof-
produkte en Lufthansa op sy eie, benodig omtrent 400 miljoen liters per
jaar wêreldwyd.
Downloaded from hlayiso.com
12 TOERISME (SEPTEMBER 2012)
Volgens Sylvia Charles is ingenieurs van die tegnologie-verskaffers
CimbriaSket, alreeds besig met ʼn fabriek wat in staat is om 100 000 ton
sojaboon-olie per jaar te vervaardig, gevolg deur ʼn raffinadery. Volle
produksie is geskeduleer om in 2014 te begin. “Ons is in onderhandelinge
met landbou-organisasies om te praat oor die produsering van bone,” sê
sy.
Sy het ook kommer besweer dat die vervaardiging van biobrandstof
voedselsekuriteit sal beïnvloed. “Navorsing het getoon dat
sojaboonproduksie nie ʼn impak op voedselsekuriteit sal hê nie, maar dit
inderdaad sal vermeerder.” ʼn Hoog-aangeskrewe Duitse afvaardiging sal
in Oktober die Oos-Kaap besoek om die fasiliteite te inspekteer, en
besoek af te lê by die twee nywerheidsontwikkelingsone en ʼn draai gaan
maak by die plase waar die bone geproduseer sal word. Die globale
lugvaartbedryf ondervind uitdagende teikens om die vrystelling van
kweekhuisgasse te verminder.
Aangepas en vryelik vertaal uit: City Press
4.1.1 Beskryf DRIE doelwitte van hierdie biobrandstof projek. (3)
4.1.2 Noem DRIE provinsies wat sal baat vind by hierdie inisiatief. (3)
4.1.3 Voorspel hoe die biobrandstofprojek die beginsel van
verantwoordelike en volhoubare toerisme in terme van die
Driedubbele-slotreëlbenadering aanmoedig. (3x2) (6)
4.1.4 Haal ʼn sin uit die uittreksel aan wat daarop dui dat Afrika geskik is
vir hierdie projek. (2)
4.1.5 Bespreek die betrokkenheid van die plaasboere in hierdie projek. (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) TOERISME 13
4.2 Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.
Aardverwarming word direk
gekoppel aan menslike gedrag.
Daar word gesê dit is die
oorsaak van klimaats-
verandering, wat groot uiterstes
in weerpatrone veroorsaak,
insluitende meer gewelddadige
storms, oorstromings en
droogte.
4.2.1 Verduidelik die begrip aardverwarming. (2)
4.2.2 Meld die volgende:
(a) Een effek wat aardverwarming op die ski-oord sal hê (2)
(b) Een effek van aardverwarming op die ysbere (2)
4.2.3 Lys DRIE dinge wat jy kan doen om te help om die probleem van
aardverwarming aan te spreek. (3)
4.2.4 Evalueer die verhouding tussen aardverwarming en die
uitsterwing van sekere dierespesies. (2)
[27]
Downloaded from hlayiso.com
14 TOERISME (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 5
5.1 5.1.1 Noem TWEE natuurlike hulpbronne wat deur inheemse Afrika-
kunswerkers gebruik word. (2)
5.1.2 Noem EEN produk van elk van die natuurlike hulpbronne wat jy in
VRAAG 5.1.1 hierbo gelys het. (2)
5.2 Identifiseer VYF elemente van die bemarkingsmengsel wat die Afrika
kunswerkers moet oorweeg indien hulle hul produkte wil bemark. (5)
5.3 Beskryf die kultuur van die Zulu’s onder die volgende onderafdelings:
5.3.1 Godsdienstige oortuigings (2)
5.3.2 Klerasie (2)
[13]
TOTAAL AFDELING C: 40
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) TOERISME 15
AFDELING D: TOERISME-AARDRYKSKUNDE, BESIENSWAARDIGHEDE EN
REISNEIGINGS
VRAAG 6
6.1 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
Gebruik die Wêreld Tydsonekaart om die vrae te beantwoord.
ʼn Groep Suid-Afrikaanse atlete stel belang om aan die Olimpiese Spele
deel te neem wat gedurende die somer van 2012 in Londen sal plaasvind.
Die Suid-Afrikaanse atlete se reisplan is deur die Olimpiese Komitee van
Suid-Afrika georganiseer. Die atlete is geïnteresseerd in die volgende
inligting:
• Die aantal tydsones wat hulle gaan oorsteek
• Of Suid-Afrika voor of agter die tyd is in vergelyking met Engeland
• Of hulle aan vlugvoosheid sal ly wanneer hulle in Londen sal arriveer
Downloaded from hlayiso.com
16 TOERISME (SEPTEMBER 2012)
6.1.1 Bepaal die aantal tydsones tussen Johannesburg en Londen. (2)
6.1.2 Meld of Suid-Afrika se tyd voor of agter dié van Londen is. Gee
redes vir jou antwoord. (3)
6.1.3 Die Olimpiese Komitee wil ʼn telefoonoproep na die
organiseerders van die atletiekbyeenkoms om 16:00 maak.
(a) Bereken die tyd wat die oproep in Londen ontvang sal word.
Hou in gedagte dat Londen Dagligbesparingstyd gedurende
hierdie periode beoefen. (3)
(b) Verduidelik waarom die Suid-Afrikaanse Olimpiese Komitee
dit gerieflik sal vind om enige tyd ʼn oproep na Londen te
maak. (2)
6.1.4 Noem TWEE voordele van Dagligbesparingstyd. (2)
6.1.5 Die Suid-Afrikaanse Nasionale Rugby Span, die (Amabokoboko)
het aan die IRR se rugby wêreldbeker in Nieu-Seeland gedurende
2011 deelgeneem. Hulle het op Vrydag, die 2de September 2011,
om 08:00 in Nieu-Seeland aangekom. Hulle vliegtuig het 16 uur
geneem om vanaf Suid-Afrika te reis. Die wêreldbeker was
geskeduleer om amptelik op die 9de September te begin. Die span
het vroeg gearriveer om die negatiewe gevolge van vlugvoosheid
te verminder voor hul geskeduleerde wedstryd teen Wallis op die
11de September.
(a) Bereken die tyd, dag en datum toe die rugby span vanaf
Suid-Afrika se OR Tambo-Internasionale lughawe vertrek
het. (4)
(b) Noem TWEE simptome van vlugvoosheid. (2)
(c) Beskryf hoe die Amabokoboko die negatiewe gevolge van
vlugvoosheid kon verminder het. (2)
6.2 Gesondheid, sekuriteit en veiligheid is belangrike elemente wat die
sukses of mislukking van die toerisme bedryf op globale vlakke bepaal.
Lande wat versuim om gesondheid, sekuriteit en veiligheid van sy
besoekers te waarborg, staar verskillende probleme in die gesig wanneer
dit by toerisme kom.
6.2.1 Noem TWEE bronne waar toeriste inligting oor gesondheid,
sekuriteit en veiligheid oor ʼn land kan bekom. (2)
6.2.2 Meld EEN rede waarom lande gesondheidsbeperkings toepas. (1)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) TOERISME 17
6.3 Bestudeer die volgende wisselkoerstabel en beantwoord die vrae wat
daarop volg.
GELDEENHEID WAARDE IN RAND
VSA dollar 8,75
Pond sterling 12,45
Euro 9,95
Japanese yen 0,08
6.3.1 In Suid-Afrika is die prys van ʼn bord kos, bestaande uit groente,
slaai en vleis, R45,00. Bereken wat dit in Italiaanse geldeenheid
sal kos. Toon AL jou berekeninge. (3)
6.3.2 ʼn Duursame manshemp kos in Londen £15,00. Bereken wat dit in
Suid-Afrikaanse Rand sal kos. Toon AL jou berekeninge. (3)
6.3.3 Verduidelik die verskil tussen die bankverkoopprys en
bankaankoopprys. (4)
6.3.4 Noem DRIE verskillende maniere om buitelandse valuta op jou te
dra. (3)
6.4 Noem TWEE plekke waar buitelandse valuta verkry kan word. (2)
6.5 FIFA FOKUS NOU OP BRASILIË
Die 2014 Wêreldbeker-sokkertoernooi is op pad na Brasilië. In minder as
4 jaar sal die grootste sokker skouspel na ʼn land gaan wat die
aanskoulikste sokker speel en ons voorgestel het aan die “beautiful
game”. Vir die eerste keer in 64 jaar sal sokker se grootste gebeurtenis
die stadions van Brasilië versier en ʼn fees van sokker sal deur die
deelnemers aan die passievolle ondersteuners opgedis word. Brasilië
moet egter met die kwessie van die Wêreldbeker gedurende 2010 in
Suid-Afrika rekening hou, maar sokker ondersteuners dwarsoor Brasilië
vryf hulle hande in afwagting vir die 2014 Brasilië Wêreldbeker-
sokkertoernooi.
6.5.1 Definieer die term globale gebeurtenis. (2)
6.5.2 Meld enige DRIE positiewe impakte wat die 2014 Wêreldbeker-
sokkertoernooi vir Brasilië kan inhou. (3)
6.5.3 Meld enige DRIE negatiewe impakte wat die 2014 Wêreldbeker-
sokkertoernooi op Brasilië kan hê. (3)
6.5.4 Ter voorbereiding vir die 2014 FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi
moet Brasilië die veiligheid en sekuriteit van hul gestremde
sportliefhebbers in ag neem.
(a) Noem TWEE maniere hoe jy die fasiliteite kan verbeter wat
vir gestremde reisigers in die akkommodasie sektor
voorsien word. (2)
(b) Noem TWEE maniere hoe jy die fasiliteite in sportstadions
kan verbeter om voorsiening te maak vir gestremde
reisigers. (2)
TOTAAL AFDELING D: 50
Downloaded from hlayiso.com
18 TOERISME (SEPTEMBER 2012)
AFDELING E: KLIËNTEDIENS EN KOMMUNIKASIE
VRAAG 7
7.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop
gebaseer is.
Daar is baie toer-operateurs in Suid-Afrika wat vakansie-pakkette
verkoop. Hulle verkoop vakansies aan ʼn verskeidenheid oorsese markte
soos die VK, Duitsland, Italië, Afrika-lande, ens. Soms evalueer hulle die
sukses van hul promosie-aktiwiteite. Van tyd tot tyd doen hulle
marknavorsing om hul kliënte se behoeftes te bepaal en om aan kliënte
tevredenheid te voldoen.
7.1.1 Definieer die term marknavorsing. (2)
7.1.2 Onderskei tussen Bestaande markte en Nuwe markte. (4)
7.1.3 Noem DRIE gebruike van marknavorsing in Toerisme. (3)
7.2 Die Pimville-museum in Underberg: Kwa-Zulu Natal
Die museum is net buite die landbou-dorp Underberg in die Drakensberg
Erfenisterrein van Kwa-Zulu Natal geleë. Dit toon hoofsaaklik die
geskiedenis van die gebied, insluitende die Anglo Boere-oorlog wat
gedurende 1902 plaasgevind het. Die foto’s van die grotte en die
implemente wat deur die Boesmans gebruik is, is ʼn vereiste om te sien.
Daar is ongeveer 15 voltydse werkers by die museum. Die bestuur streef
daarna om uitstekende diens te lewer. Onlangs het hulle begin kyk na
maniere hoe om die gehalte van kliëntediens te evalueer.
7.2.1 Verduidelik die begrip Kliëntediensterugvoering. (2)
7.2.2 Kies DRIE toepaslike terugvoeringsmetodes wat die Pimville-
museum kan gebruik om kliënte-tevredenheid te evalueer en te
meet. (3)
7.2.3 Voorspel die positiewe impakte wat kliëntediensterugvoering vir
die Museum en vir Underberg in die algemeen kan inhou. (4)
7.2.4 Bespreek TWEE voordele van voorstel-houers as ʼn metode van
kliëntediensterugvoering. (4)
[22]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) TOERISME 19
VRAAG 8
8.1
Virginia Town House
“ʼn B&B-oord in die Dorp”.
ʼn Plek waar jy waarskynlik alles kan vergeet en weer jonkheid in jou
lewe blaas om te wees wie jy regtig wil wees.
4 enkel lugversorgde en suite kamers. Geleë in Mandela Drive in
Mthatha, naby die Hotel Savoy.
Tel: 047 5316 323
Faks: 047 5423 118
Virginiahouse@mweb.co.za
www.virginia.co.za
8.1.1 Definieer e-pos. (2)
8.1.2 Verskaf die e-pos adres van die B&B. (1)
8.2 8.2.1 Identifiseer die webtuiste-adres van die B&B. (2)
8.2.2 Verduidelik wanneer jy moontlik die adres sal gebruik. (2)
8.3 Haal die slagspreuk van die B&B aan. (1)
[8]
TOTAAL AFDELING E: 30
GROOTTOTAAL: 200
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 Question Paper (Eng)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC November 2012 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Question Paper (Eng)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Tourism

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Memorandum
Tourism Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (English)

Memorandum