You're offline
Skip to content
Study guide

Verbruikerstudies Oorlewingsgids

Subject: Consumer StudiesGrade 1230 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK VERBRUIKERSTUDIES OORLEWINGSGIDS
VERBRUIKERSTUDIE HERSIENINGPROGRAM Waar begin ek??? 1. PROSES 1 BEPLAN • Gebruik 20 dae en deel die verskillende onderwerpe op tuusen die 20 dae • Skryf elke dag se inhoud plot dit op die kalender wat aangeheg is. • Bepaal ‘n gegewe tyd 15-20 min waarin jy alles gaan los en deur die inhoud vir die dag gaan lees en opsom 2. PROSES 2 SOM OP • Gebruik A4 blaaie en die gegewe geraamte breinkaarte om die belangrike punte van elke onderwerp op te som. • Maak seker jy bêre die breinkaarte sistematies want die notas gaan gebruik word vir jou studies September en November eksamen. 3. PROSES 3 RECAP • Tel die aantal breinkaarte en dae tot 2 dae voor jy die vak skryf. • Verdeel die breinkaarte tussen die aantal dae • Skeduleer weer ‘n spesifieke tyd elke dag wat jy aan Verbruikerstudie kan spandeer (15-20min) • Gebruik die breinkaarte wat opgestel is en LEES deur die bepaalde werk uitgesit vir die dag • Die laaste 2 dae kan daar weer deur al die breinkaarte gewerk word • Na jy geskryf het BÊRE die breinkaarte op ‘n veilige plek want jy gaan dit weer gebruik om vir die November eksamen te leer . Entrepreneurskap Die Verbruiker Kleding • Beweeg van ‘n idee na die • Volhoubare verbruik van • Mode en voorkoms werk vervaardiging en bemarking elektrisiteit - Konsep van mode • Keuse van geskikte produk • Volhoubare verbruik van - Invloede wat kontemporêre • Faktore wat doeltreffende produksie water modes bepaal; van gehalte beïnvloed • Munisipale Dienste - Modesiklusse – giere/grille, • Vereistes vir gehalte produkte • Finansiële en kontraktuele klassieke en standaard tendense • Die ontwikkeling van 'n • Belasting, rentekoerse en - Mode-oplewings retrospektiewe bemarkingsplan volgens die 5P inflasie modes bemarkings strategie - Waarom modes verander; • Finansiële uitvoerbaarheidstudie Voedsel en Voeding - Kontemporêre modeneigings/ om die volhoubare winsgewendheid • Voedselverwante tendense vir jong volwassenes van die besigheid vas te stel gesondheids-toestande - Die rol van voorkoms in die - Hoë bloeddruk werkplek; - Koronêre hartsiekte, - Keuse en aankoop van klere Behuising en Interieur Hoë bloedcholesterol, en bykomstighede;  Huur, bou, koop (voltitel, deeltitel). aterosklerose - Beplanning van basiese  Aankoop van toerusting – - Anemie/Bloedarmoede klerekas vir verskillende Wasmasjien, yskas, vrieskas, • Voedseloordraagbare siektes seisoene en verskillende stoof, mikrogolfoond - Hepatitis A; werksgeleenthede (manlik en - Faktore om te oorweeg - Tuberkulose; vroulik); - Keuse met betrekking tot - E coli-infeksie - Faktore om te oorweeg ✓ verskillende soorte - Gastro-enteritis; insluitende die toepassing van funksionaliteit, • Voedselbymiddels ontwerpelemente en-beginsels ✓ energie (menslik en nie-menslik) • Voedseletikettering - Verbruikerskwessies ✓ waterverbruik • Voedselverwante ✓ Eko-modes en volhoubare ✓ die moontlike omgewings impak verbruikerskwessies gebruik van tekstiele en  Finansiële en kontraktuele kleding verantwoordelikhede ✓ Invloed van ongeoorloofde  Regte en verantwoordelikhede gebruik van wetlike van verbruikers en verkopers beskermende handelsname
AUGUSTUS 2022 SONDAG MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG SATERDAG 31 1 2 3 4 5 6 7 8 VAKANSIE 9 VROUEDAG 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 SEPTEMBER 2022 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30
HOE OM'N IDEE SPESIFIKASIE VAN — ( TE IDENTIFISEER PRODUK + Herken behoefte + volledige beskrywing ENTREPRENEURSKAP ) ° “cen navorsing + verseker standaard word gehandhaaf IDEE NA PRODUK \ + produk altyd dieselfde / SIEN SIEN FORMULERING VAN IDEE Vereistes vir + Begin met goeie idee . Komponente van + Idee moet pas by jou vaardigheid winsgewende besigheidsplan + Stel besigheidsplan op besigheid << Winsdrempel (gelykbreekpunt) AANVANGS- is wanneer minimum verkope die totale PASSIE KAPITAAL ‘\ uitgawes dek (inkomste = produksie koste met geen wins) TOETS VEREISTES VIR - VAN IDEE TEIKEN WINSGEWENDE MARK BESIGH Fl D LIGGING 7 PRODUK/ PRYS MEDEDINGENDE DIENS VOORDEEL SSGB/SWOT INLIGTING OOR ANALISE \ BESIGHEID + sterkpunte - swakpunte KOMPONENTE PRODUKSIEPLAN » geleenthede - bedreigings VAN 'N BEMARKINGS- ee PLAN (5P's) Produk promosie PLAN + prys
VERBRUIKERS AANKLANK + Visueel +» Smaak + Gevoel + Smaak FAKTORE OM TE BESKIKBAARHEID OORWEEG BY KEUSE VAN VAN PRODUK ) ROUMATERIALE ] : FINANSIELE HULPBRONNE WERKSPASIE —— Aanvangskoste Bedryfskoste Opsies waar om geld te kry: Eie spaargeld/Banklening Vennoot/Beleggers BESKIKBAARHEID VAN MENSLIKE HULPBRONNE kennis, ervaring, kreatiwiteit, vaardighede, motivering (\ Tipes Koste van werkers indiensneming WVF= Werkloosversekeringsfond LBS= Lopende belasting stelsel Vennoot=aktiewe lid werk saam in besigheid Belegger = gee net geld VEREISTES VIR DOELTREFFENDE PRODUKSIE effektiewe gebruik van tyd korrekte metodes van berging/storing goeie klienteverhoudings onderhhoud van toerusting opleiding van personeel DOELTREFFENDE PRODUKSIE beteken dat bestanddele en menslike hulpbronne so gebruik word dat 1. Produksie verhoog 2. Afval verminder VOORRAADBEHEER + Verseker korrekte kwaliteit & FAKTORE WAT yoevesineid DOELTREFFENDE Verminder vermorsing Verminder diefstal Produksie word nie ontbreek PRODUKSIE BEINVLOED Nie te veel geld word in voorraad bele BEHEER VAN FINANSIES A BEGROTING - Beplan inkomste & uitgawes en vergelyk met werklike syfers B VOORRAADAANKOPE - hoogste uitgawe IEMIN TEVEEL + produksie kan stop —_* kontantvloei probleme + minder wins * produkte kan bederf & vermors + Ontevredeklante —_* tekort aan berg/stoorplek C KOSTEBEREKENING - alle kostes (vaste, veranderlike, winsgrens) HIGIENE VAN WERKERS 1. Verminder siek werkers 2. Voorkom besmetting (kruiskontaminasie) 3. Tevrede kliente BEPLANNING + Produksiedoelwit - hoeveel vervaardig + Produksieplan - werkskedule van werkers en volgorde van produkte + Produksiekoste- bepaal verkoopprys HOU BY SPESIFIKASIES Verseker dieselfde hoeveelheid en kwaliteit GEHALTE BEHEER Gereelde inspeksies in al die prosesse (aankope, vervaardiging, voltooide produk, verpakking) Verseker gehalte produkte Verminder vermorsing Spaar geld NETJIESE WERKSPLEK + Produksie vinniger - soek niks + Beserings word voorkom + Voorkom besmetting (kruiskontaminasie) MAATREELS VIR - AFLEWERING + Bedek voedsel om kontaminasie te VOLHOUBARE PRODUKSIE DEFINISIE Gebruik goedere/dienste om kwaliteit van produk en omgewing te verbeter deur die gebruik van die volgende te verminder + natuurlike hulpbronne + giftige chemikaliee + afval en besoedeling voorkom + Indien bederfbaar STOOR/BERGING - vervoer verkoel + Baie belangrik aangesien dit _.VERBRUIKER + Lewer warm voedsel kwaliteit kan beinvloed VERANTWOORDELIKHEID vinng af + Produkverliese = verlies van geld + Verminder/Reduce - herstel, + Hou streng by minder verpakking . + Hergebruik/Reuse - verander aflewerings datums BERGING STATEGIEE - naiets nuuts ens tye + Stoor items wat die meeste gebruik word naby die + Herwin/Recycle - maak kompos + Verpak goed om ingang/deur van stoorkamerroom beskadiging te + Plaas items in rakke/houer dat dit sigbaar is + rekenaarprogramme maak voorraadkontrole AFVAL voorkom makliker + Stoor giftige stowwe eenkant + Stoor items volgens instruksies van vervaardiger Enigeiets wat weggegooi word IIndien afval nie bio-afbreekbaar is nie sal dit ashope vergroot (plastiek, tin)
PERSONE PRODUK + NAAM/HANDELSMERK -identifiseer produk en word verbind met kwaliteit + TEIKENMARK - mense wat sal betaal vir produk + persone wat bemarking BEMARKINGSPLAN + BEELD-geskep deur advertering + ETIKETTE- bevat al nodige inligting oor vervaardiging, bestanddele en doen (5P's) datumstempels + VERPAKKING - moet verbruiker se aandag / trek, moet pas by produk, moet sterk P RYS wees en item beskerm, lugdig wees om vog uit te hou moet oorlewing verseker * moet wins maak se ocndeat verhoos PROMOSIE/ADVERTENSIE PLEK + verkope bevorder + ASA (Advertering SA) kontroleer advertering standaarde + Waar produseer word + Waar verkoop word Prysstrategiee + Koste gebasseerd + Aanvraag gebasseerd + Mededingende + Vereistes vir advertering -ABBA (Aandag trek, Belangstelling wek, Begeerte skep, Aksie om te koop aan te moedig + Tipe media - drukkers, advertensie borde, sosiale media (epos/sms/Facebook/internet) FINANSIELE VOLHOUBAARHEID DOEL ~* ’ + Bepaal die sterk- en BESTE/SLEGSTE swakpunte van die VERKOOP besigheid SCENARIO + bepaal of die BESTE - alle produkte besigheid word verkoop SLEGSTE - nie genoeg produkte word verkoop om maandelikste koste/uitgawes te dek winsgewend sal wees en suksesvol sal wees TERMINOLOGIE + AANVANGSKOSTE - koste om besigheid te begin + PRODUKSIE KOSTE- uitgawes om goedere of dienste te produseer + VASTE KOSTE - koste wat dieselfde bly (huur) * OORHOOFSE KOSTE - additionale kostes van besigheid (water, elektrisiteit, brandstof, skryfbehoeftes, telefoon,ens.) + VERANDERLIKE KOSTES - kostes wat maandeliks verskil, verhoogde produksie = meer roumateriale + TOTALE KOSTE = vaste koste + veranderlike kostes + VERKOOPSPRYS= Totale kostes + winsopslag {winsopslag= die % wat by totale kosprys gevoeg word, ssluit in oorhoofse koste en wins) + WINS - is diee eienaar se beloning (berekenby deur uitgawes af te trek) | KONTANTVLOEI PROJEKSIE | | HOEKOM BELANGRIK Begroting voorkom mislukking van besigheid - Nie vasgesteld en akkuraat want daar mag onvoorsiene uitgawes wees + Identifiseer probleme vroeg sodat dit aangespreek kan word + Verseker besigheid bly winsgewend | | ! STAPPE OM OP TE STEL 1. Identifiseer verkoopsteikens 2. Lys uitgawes 3. Bereken totale uitgawes/kostes 4. Trek uitgawes af van beplande inkomste (soos in nr. 1) 5. Bereken bankbalans aan die einde van die maand
SA DIEETRIGLYNE _- Sout —_—_—_+ vet —+ Suiker —* Alkohol ~Wees aktiet _-Verskeidenheid kosse __, Sty!seikoss: } GEVAAR! VERMINDER! — } VERSIGTIG! MATIG! die basis van meeste maaitye GEREELD/ Hoender, vis, viels, metk/elors DAAGLIKS Se yrugte & areents “~~__ Pres bone, splitertjies, tensies, soja Genoes water HARTVATSIEKTES BESKRYF CHOLESTROL word veroorsaak deur cholestrol wat opbou en are blok OORSAKE NIE BEHEERBARE BEHEERBARE KORONERE SIEKTE, HOE BLOEDCHOLESTEROL ARTERIOSKLEROSE Wit wasagtige CHOLESTEROL SOURCES stof in bloed Fil wat in lewer produseer word + Ooreflik + Oorgewig & min oefening + Ouderdom + Rook + Manlike geslag + Stres GEVARE VAN CHOLESTROL + Te veel alkohol Vernou/verstop errr] TIPES CHOLESTROL sar are en verminder S“™N i bloedvicei LDL HDL ~< WwW, LAE DIGTHEID LIPOPROTEIEN HOE DIGTHEID LIPOPROTEIEN Hart - hartaanval Sleg Goed veroorsaak opbou van plaak verwyder plaak OORSAKE VAN Blokkeer are Verwyder oormatige cholestrol neem VERMINDERDE Brein- beroerte veroorsaak artheriosklerose dit na lewer waar dit afgebreek word BLOEDVLOEI Ledemate- Gangareen Moenie rook S DOEL Bestuur stres' | es Oefen gereeld \ 7 Gebalanseerde gewigk J is 7 cholestrol LEEFSTYL versadigde vette sout RIGLYNE Vesel Koronére hartsiekte, Hoé bloedcholesterol, Ateriosklerose Wees bewus ‘ van versteekte M4] Vexsadigde oo voor kone ——ay, © vette vette Vexrmy 7 Sout en suiker transvette Onversadigde Peul- WG iateropiosbaxe vette groente vesel
VOORKOMING \ DEFINISIE 7 HOE BLOEDDRUK/ HIPERTENSIE . LEEFSTYL v/ [ GEVARE VERANDERING OORSAKE ‘conto DEFINISTE ANEMIE/ BLOEDARMOEDE LEEFSTYL / VERANDERING BEHANDELING \ ™“\ GEVARE OORSAKE ral BESKRYWING HEPATITIS A INKUBASTE TYDPERK ™ METODE WAAROP OORGEDRA WORD
BEHANDELING 7 7 BESKRYWING E COLI \ INKUBASIE METODE WAAROP TYDPERK OORGEDRA WORD BEHANDELING BESKRYWING Ww GASTRO- ENTERITIS INKUBASTE ~.. WAAROP TYDPERK OORGEDRA WORD
BEKOMMERNISSE HOE WERK DIT? GEWASSE WAT NADELE GMO/GENETIES GEMANIPULEERDE ~ GEMANIPULEER WORD VOORDELE VIR VOORDELE VERBRUIKER ood VIR VIR BOERE/ VERSPREIDERS PRODUSEERDERS NADELE ¥, BESKRYWING 7 ORGANIESE VOEDSEL J ARBEIDINTENSIEWE VOORDELE METODES NADELE BESKRYWING BESTRAALDE VOEDSEL VOORDELE TIPE VOEDSEL WAT BESTRAAL WORD
VOEDSEL- |__ > BESKRYWING BYMIDDELS —_ REDES VIR BYVOEGING SMAAKMIDDELS TIPES ————____ NUTRIENTE —_____ ANTI- __ wwe STABILISEEDERS OKSIDANTE CHEMIKALIEE BLEIKMIDDELS EMULSIFISEERDERS KLEURMIDDELS | PROBLEME GEASSOSIEER BESKRYWING MET PLAASLIKE BESKIKBAARHEID VOEDSEL- SEKURITEIT REDES WAAROM SOMMIGE FAKTORE HUISHOUDINGS NIE WAARVAN VOEDSELSEKURITEIT AFHANG HET NIE
GR. 12 VERBRUIKERSTUDIE 1. Entrepreneur: • ’n Persoon wat sy produkte of dienste verkoop om sodoende ‘n wins te maak. • ‘n Persoon wat sy/haar eie besigheid begin en bestuur. • ‘n Persoon wat ‘n gaping in die mark sien/’n besigheidsgeleentheid in die mark identifiseer en dit verander na ‘n suksesvolle en winsgewende besigheid. 2. Besigheidsplan: • ‘n Formele verklaring van WAT ‘n besigheid wil bereik en HOE dit beoog om dit te bereik. 3. Teikengroep • Dit is ‘n spesifieke groep mense wat in ‘n produk/diens sal belangstel en dit sal koop/daarvoor sal betaal. • Dit is mense wat dieselfde eienskappe deel, bv. geslag, ouderdom, werk, koopgewoontes, inkomstegroepe en kultuur. 4. Marknavorsing: • Dit is ‘n beplande en georganiseerde poging om nuwe kennis/feite te verkry wat die entrepreneur sal help om ingeligte besluite te maak oor sy/haar produk en hoe om dit te bemark. • Dit word onderneem om inligting te verkry oor die potensiëIe mark van die besigheid, asook om die potensiële mark se behoeftes en begeertes te identifiseer. 5. Aanvangskoste: • Dit is kostes/geld wat benodig word om ‘n besigheid te begin of in te rig totdat die besigheid se gelykbreekpunt bereik word. 6. Aanvangsbronne: • Materiële en menslike bronne wat benodig word om ‘n besigheid te begin. 7. Gelykbreekpunt: • Die punt wanneer die totale koste (uitgawes) en totale verkope van die besigheid gelyk is maar daar is nog geen wins of verlies nie. • Dit is wanneer die inkomste en uitgawes gelyk is aanmekaar maar die besigheid toon nog geen wins of verlies nie. 1
• Dit is die minimum hoeveelheid verkope wat nodig is om alle uitgawes te dek sonder dat ‘n wins gemaak word. 8. Bedryfkostes: • Dit is kostes wat betaal word om ‘n besigheid te bedryf en ‘n produk of diens te verskaf. • Alle kostes of uitgawes wat benodig word om die besigheid te bestuur. 9. Produkspesifikasies: • Dit is die standaarde wat gehandhaaf moet word tydens die vervaardiging van die produk. • Dit is ‘n getailleerde beskrywing van die produk. • Hulle verseker dat verbruikers altyd dieselfde, goeie, deurlopende kwaliteit produk kry ten opsigte van voorkoms, tekstuur, smaak en grootte. 10. Kwaliteitskontrole: • Dit beskryf die inspektering van produkte om sodoende te verseker dat die vereiste standaarde gehandhaaf word. • Dit is die prosedure wat deur middel van inspeksie gevolg word om te verseker dat die kwaliteit van die produk deurgans gehandhaaf word om aan die vereiste standaarde te voldoen. 11. Volhoubare produksie: • Die gebruik van goedere en dienste om die kwaliteit van verbruikers se lewens te verbeter deur te voldoen aan verbruikers se basiese behoeftes, sonder om die omgewing te beskadig. 12. Winsgewende besigheid: • ‘n Besigheid wat ‘n onbevredigde behoefte in die mark bevredig en terselfdetyd ook ‘n wins maak. 13. Handelsmerk/naam: • ‘n Spesifieke manier van identifisering wat dit maklik maak om ‘n produk te identifiseer en te onderskei van ander mededingende produkte. 14. Voorraadkontrole: • Dit is die proses wat gevolg word om te verseker dat die besigheid genoeg rou materiale het. • Dit is die proses wat gevolg word om te verseker dat produksie nie onderbreek word as gevolg van ‘n tekort aan rou materiale 2
nie. 15. Vervaardigingskoste: • Dit is die uitgawes wat ‘n besigheid moet betaal om goedere en dienste aan kliënte te verskaf. • Dit is die kostes betrokke in die vervaardiging en verpakking van die produk. 16. Vaste koste: • Dit is die kostes wat dieselfde sal bly, al verskil die hoeveelheid produkte wat gemaak word. 17. Veranderlike koste: • Dit is produksiekostes wat waarskynlik elke keer gaan verander/verskil. 18. Oorhoofse kostes: • Hierdie is die addisionele kostes wat betaal moet word sodat die besigheid bedryf kan word. 19. Effektiewe produksie: • Die optimale gebruik van materiale en menslike bronne, met ander woorde dit word op so ‘n manier gebruik dat produktiwiteit bevorder word met min verliese. 20. Verkoopprys: • Dit is die produksiekoste plus die wins. 21. Winsgrens: • Dit is die persentasie of hoeveelheid geld wat by die kosprys getel word om alle oorhoofse kostes te dek asook ‘n spesifieke bedrag geld oor te hou vir ‘n wins. 22. Wins: • Dit is die geldelike beloning wat die besigheid ontvang vir die geld wat bestee word en die energie wat belê is in die besigheid. 23. Kontantvloeiprojeksie (vooruitskatting): • Dit is ‘n dokument wat voorspel hoe die besigheid se geld sal beweeg vir ‘n sekere tydperk in die toekoms. 3
24. Finansiële uitvoerbaarheidstudie: • ‘n Studie wat gedoen word om te bepaal of ‘n besigheid suksesvol sal wees nadat die totale kostes en moontlike belasting in berekening gebring word. 25. Volhoubare winsgewendheid: • ‘n Besigheid wat vir ‘n lang tyd produkte maak, alle hulle uitgawes dek en ook ‘n wins toon. 26. SWOT - analise: ‘n Manier om ‘n besigheid se doelwitte te analiseer deur sy sterk punte, swak punte, geleenthede en bedreigings te identifiseer. 27. Bruto inkomste of salaris: • Die totale inkomste /salaris voordat aftrekkings gemaak is. 28. Netto salarisse of inkomstes: • Inkomstes/salarisse nadat aftrekkings gemaak is. 29. Kompeterende voordeel: • Besighede wat ‘n beter of meer geskikte produk verskaf as ander besighede het ‘n kompeterende voordeel. 30. Werksplan/implementeringsplan: • Dit is ‘n dokument wat aandui watter take gedoen moet word om die besigheid se doelwitte te bereik met die tyd en menslike hulpmiddele wat beskikbaar is. 31. Bemarkingsmengsel: • Die veranderlikes ten opsigte van die produk, plek, promosie en prys is die bemarkingsmengsel wat die sukses van die produk in ‘n besigheid bepaal. 32. Bemarkingstrategie: • Dit is ‘n proses wat ‘n besigheid in staat stel om te konsentreer op sy bronne om die optimale veranderlikes ten opsigte van die vyf elemente: produk, plek, persone, promosie en prys, te verkry. • Dit identifiseer besigheidsgeleenthede met die doel om verkope te vermeerder en ‘n volhoubare kompeterende voordeel te kry. 4
KLEDING 1. Mode: • Dit is ‘n klerestyl wat ‘n spesifieke groep/die meerderheid van mense aanvaar en dra op ‘n gegewe tyd en plek 2. Styl/Modestyl: • Dit is die spesifieke eienskap wat maak dat een produk of item verskillend is van ‘n ander produk van die dieselfde tipe • Verskille of byvoegings waarby soortgelyke produkte van mekaar onderskei word 3. Silhoeët: • Dit is die buitelyne van jou liggaam of van ‘n kledingstuk, wat jy van ‘n afstand kan sien, selfs voordat enige besonderhede/detail van die styl sigbaar is 4. Klassieke style: • Dit is style wat aanhoudend/altyd aanvaar word, omdat dit tydloos en smaak-/stylvol is 5. Modegrille: • Dit is ‘n mode met ‘n kort lewensiklus • Dit is enige styl wat sterk in aanvraag is/opgeval word deur ‘n groot groep mense, dit kom en gaan/verskyn en verdwyn baie vining • Items wat vining gewild raak en verdwyn dan weer net so vining 6. Mode-/Standaard neigings: • Dit is die rigtings waarin die mode beweeg • Neigings begin, groei, raak gewild en neem geleidelik af 7. Retrospektiewe mode: • Verwys na klere wat die style van ‘n vorige/voormalige era naboots • Mode-ontwerpers kyk gereeld na die verlede vir idees/inspirasie 8. Kontemporêre mode: • Dit is die styl wat deur baie mense aanvaar en gedra word, word in groot hoeveelhede vervaardig en teen ‘n lae prys verkoop 9. Haute couture/Hoogmode: • Hierdie is nuwe unieke/verregaande en eksklusiewe style wat deur topontwerpers geskep word en is baie duur MODESIKLUS 10. Bekendstelling/Lansering/Beginstadium/ 1ste stadium: • Mode word bekend gestel • Tydens hierdie stadium aanvaar of verwerp modeleiers hierdie styl 11. Toename/Groei/2de stadium: • Die mode raak gewild en meer mense aanvaar dit 12. Hoogtepunt/Piek/3de stadium: • Die mode bereik sy hoogtepunt in gewildheid en word wyd aanvaar deur baie mense, baie mense dra dit 5
13. Afname/4de stadium: • Mense raak verveeld en die mode neem af, omdat al hoe minder mense dit dra, totdat niemand dit meer dra nie, dit gaan dan op uitverkoping in die winkels 14. Verouderd/uitgedien/einde/5de stadium: • Kledingstukke gaan uit die mode. In hierdie stadium het daar reeds ‘n nuwe modeneiging op die mark verskyn • Die modesiklus is voltooi 15. Handelsmerkrowery: • Wanneer ‘n produk ‘n naam kry, soortgelyk aan ‘n welbekende handelsmerk wat reeds bestaan, met voorbedagde rade/moedswillig om verbruikers te vewar met die oorspronklike produk • Onregmatige/opsetlike gebruik van ‘n beskermde/geregistreerde handelsmerk, handelsnaam of embleme/(logo) en die namaak van etikette en verpakking van produkte 16. Nagemaakte(“Couterfeit”): • Dit is ‘n replika/kopie van die oorspronklike produk • Dit is ‘n onwettige kopie van die produk NS Die Afrikaanse kinders word baie benadeel deur die woord nagemaakte. Alle nagemaakte items is nie onwettig nie, slegs by handelsmerkrowery. My aanbeveling is dat die Afrikaanse skole vir hul leerders vra dat hulle by die Engelse vraestel net moet gaan kyk vir die woord “counterfeit”. 17. Eko-mode(‘Groen’ mode): • Klere wat vervaardig word deur metodes, sonder om die omgewing te beskadig • Gebruik organiese rou materiaal of herwinbare materiaal • Gebruik materiaal wat gekweek word sonder plaagdoders/chemikalieë 18. Volhoubare tekstiele: • Dit word gekweek en vervaardig op ‘n ekovriendelike wyse sonder om die omgewing te beskadig/omgewingsvriendelike wyse • Min of geen chemikalieë word gebruik tydens die kweking of vervaardiging van die tekstiele nie • Hernubare hulpbronne soos plante wat min water benodig en groot opbrengste het, word gebruik om hierdie tekstiele te vervaardig 19. Organiese tekstiele: • Geen skadelike plaagdoders en onkruiddoders word tydens die kweek van hierdie stowwe gebruik nie • Geen bleikmiddels of chemiese kleurstowwe/-middels word tydens die vervaardiginsproses gebruik nie • Natuurlike plant kleurstowwe word gebruik om die tekstiele te kleur, sodat die werkers ook nie blootgestel word aan skadelike giftige stowwe nie 6
Voedsel en voeding Voeding en voedselverwante gesondheidstoestande 1. Glikemiese indeks (GI) • GI rangskik voedsel (wat koolhidrate bevat) op ‘n skaal van 0 – 100 om hul uitwerking op die bloedsuikervlakke te meet. • Dit is die spoed waarteen glukose in die bloedstroom vrygestel word. 2. Bloedglukosevlakke: • Die hoeveelheid glukose in die bloed 3. Lae bloedglukose (hipoglukemie) - Hipo beteken onder • ‘n toestand waar die glukosevlakke in die bloed abnornaal laag daal 4. Hoë bloedglukose (hiperglukemie) - Hiper beteken oor/groot • ‘n toestand waar die glukosevlakke in die bloed abnormaal hoog raak (GLUKEMIA BETEKEN BLOEDGLUKOSE) 5. Diabetes: • Is ‘n chroniese siekte waar die bloedglukosevlakke abnormaal hoog raak en die liggaam dit nie kan reguleer nie • Dit is ‘n siekte waar die pankreas geen of te min insulien afskei of die liggaam nie die insulien effektief kan gebruik nie. • Die resultaat is dat daar oormaat glukose is en die liggaam kan dit nie hanteer nie. 6. Oplosbare vesel • Vesel wat oplos en ‘n jel vorm in water. Dit verlaag die vrystel van suiker/ glukose in die bloedstroom. • Verlaag cholesterolvlakke in die bloed en veminder die risiko van hartsiektes en beroertes. 7. Onoplosbare vesel: • Vesel wat nie verteer word nie omdat dit nie in water oplos nie, maar eerder bind en water vasvang soos dit deur die spysverteringskanaal beweeg. • Voorkom dus hardlywigheid. 8. Cholesterol: • Cholesterol is ‘n sagte, wit wasagtige stof wat deur die lewer en liggaamselle produseer word. Die lewer produseer al die cholesterol wat die liggaam nodig het. 7
9. Hoë cholesterol: • Hoë vlakkke cholesterol in die bloed veroorsaak as gevolg van ‘n opbou van ‘n vetagtige neerslag/plaak cholesterol en ander vetterige stowwe in die wande van die arteries (slagare). 10. Arteriosklerose: • Dis die aanpakking en vernouing en uiteidelike blokkering van die arteries a.g.v. die cholesterol en ander vetagtige stowwe in die wande van die arteries. 11. Osteoporose: (beteken poreuse bene) • A.g.v. ‘n lae inname van kalsium in die dieet oor ‘n lang tyd. • ‘n Vinniger kalsiumonttrekking vanuit die bene as wat dit aangevul word. • Die bene raak stadig kleiner, dunnner en broos en breekbaar. • Lei tot ‘n verhoogde risiko van frakture van die heupe, bene en gewrigte. 12. Versadigde vette: • Vette wat hoofsaaklik in diere en soliede vette teen kamertemperatuur (bv harde margarien) gevind word. 13. Onversadigde vette: • Hoofsaaklik gevind in plantvette en vette wat vloeibaar is teen kamertemperatuur. 14. Hidrogeneerde vette/transvette: • Ongesonde vette wat LDL cholesterol verhoog. • Chemiese veranderinge in vet a.g.v. hoë temperatuur en hidrogenasie (olies wat solied gemaak word in die vervaardiging van harde margarien) 15. Anemie: • ‘n Toestand waar daar minder as normale hoeveelheid rooibloedselle in die bloed is • Tekort aan hemoglobien in die rooibloedselle a.g.v. ‘n tekort aan yster, vit B12 en Foliensuur. • A.g.v. ‘n tekort aan yster 16. Hoë bloeddruk (hipertensie) n Toestand waar die druk van die bloed teen die arterieë so hoog is dat dit uiteindelik tot gesondheidsprobleme soos hartsiektes lei. VOEDSELALLERGIEË EN INTOLERANSIES 17. Voedselallergie: • Kom voor wanneer die immuunsisteem reageer op ‘n proteïen wat as skadelik gesien word en daarop reageer. 8
18. Melkallergie: • Word veroorsaak as die immuunsisteem reageer op die melkproteïen en dit as skadelik beskou. Dit kan lewensgevaarlik wees. 19. Voedselintolleransie: • Beïnvloed nie die immuunsisteem nie. • Is ‘n nie-allergiese oorsensitiwiteit vir sekere voedsels, drankies, voedseladditiewe wat bepaalde simptome in die liggaam veroorsaak. 20. Suiwel/laktose intolleransie: • Die liggaam het ‘n tekort aan die ensiem laktase in die dunderm wat die melksuiker afbreek tot glukose en galaktose sodat dit in die bloedstroom absorbeer kan word. • Dit is die onvermoë om laktose (melksuiker) te verteer weens ‘n tekort aan ensiem laktase 21. Glutenintolleransie/ seliaksiekte • Dit is ‘n ingewandsiekte wat plaasvind as die liggaam nie gluten kan verdra nie en veroorsaak dan ‘n ontsteking en langtermyn beskadiging aan die wande van die dunderm wat weer veroorsaak dat voedingstowwe deurbeweeg sonder dat dit absorbeer word. (Gluten is die proteïen wat in hawermout, koring, rog en gars gevind word.) 22. Anorexia: • Is ‘n beperkte voedselinname tot op ‘n punt van oormatige en gevaarlike gewigsverlies • die slagoffer sterf van verhongering • eetsteurnis is agv van ‘n verwronge liggaamsbeeld en ‘n vrees om vet te word. 23. Bulimia nervosa: • Wanneer ‘n persoon groot hoeveelhede kos eet in kort periode (gewoonlik 2 ure) eet en dan ontslae raak van die kos deur middel van vomering of selfgeïnduseerde braking, of die misbruik van lakseermiddels of enemas. 24. Obesiteit (vetsug) • Dit is 'n toestand waar daar 'n oormatige hoeveelheid liggaamsvet ten opsigte van die persoon se lengte is. • Dit is ‘n toestand van oormaat vet wat ‘n skadelike effek het op die gesondheid. VOEDSELOORDRAAGBARE SIEKTES 25. Hepatitis A (oneffektiewe geelsug) • Hepatitis A (geelsug) is 'n uiters aansteeklike lewerinfeksie wat deur die hepatitis A-virus veroorsaak word. 9
26. Tuberkulose (TB) • TB, is 'n ernstige, chroniese bakteriële infeksie wat hoofsaaklik die longe aantas. 27. Escherichia coli (E. coli) • Escherichia coli (E.coli) is 'n tipe bakterieë wat in die spysverteringskanaal (ingewande) van gesonde mense en diere aangetref word en gewoonlik skadeloos is. • Sommige tipes E. coli kan egter ingewandsinfeksie veroorsaak. 28. Disenterie • Disenterie is 'n ingewandsinfeksie, veral in die kolon (dikderm), wat tot erge diarree met slym en bloed in die stoelgang kan lei. 29. Gastro-enteritis: • Gastro-enteritis is inflammasie van die binnewand van die maag, ( of dunderm en • dikderm) in reaksie op 'n infeksie wat deur 'n virus, bakterie, gifstowwe of medikasie veroorsaak is. VOEDSELBYMIDDELS 30. Voedselbymiddels: • Voedselbymiddels is natuurlike of chemiese stowwe wat tydens vervaardiging by voedsel gevoeg word om eienskappe soos smaak, tekstuur of voorkoms te bevorder. 31. Nutriënte: • Nutriënte is die bestanddele in voedselsoorte wat aan die menslike liggaam energie verskaf, weefsels bou en algemene gesondheid onderhou. Dit sluit koolhidrate, vette, proteïene, vitamiene , minerale en water in. 32. Emulsifiseerders: • Emulsifiseerders maak dit moontlik dat olie en ander vloeistowwe (bv. water of asyn) meng en emulsies vorm en nie van mekaar skei nie om sodoende ‘n permanente emulsie te vorm. 33. Stabiliseerders: • Stabiliseerders word tot voedselsoorte toegevoeg om daaraan 'n egalige tekstuur te gee en die voorkoms te verbeter. 34. Bleikmiddel: • Aangesien varsgemaalde meel effens geel is, word bleikmiddels bygevoeg om dit 'n witter kleur te gee. 10
35. Kleurmiddels : • Kleurmiddels word by voedselsoorte gevoeg om kleur wat tydens die voorbereidings- of verwerkingsproses verlore geraak het, terug te kry of voedselsoorte aantrekliker te laat lyk. • Dit kan natuurlike of kunsmatige kleurmiddels wees, waarvan laasgenoemde gewoonlik die goedkoper en meer stabiele opsie is. 36. Chemiese preserveermiddels: • Preserveermiddels. natuurlik en kunsmatig, voorkom of vertraag die groei van mikro-organismes wat lei tot die bederf van voedsel. 37. Antioksidante: • Antioksidante verbeter die gehalte van voedsel en verleng die rakleeftyd daarvan. • Vitamien A (retinol), vitamien C (askorbiensuur), vitamien E (tokoferol) en selenium is natuurlike antioksidante . • Vitamien C tree as preserveermiddel op deurdat dit die nadelige uitwerking van suurstof op voedsel vertraag. • Askorbiensuur en sitroensuur word gebruik om die verbruining van sommige groente en vrugte te voorkom wanneer dit geskil of gesny word. • Vitamien E verhoed dat vette en olies galsterig raak. 38. Voedselbymiddels: • Voedselbymiddels soos kruie en speserye, soute, sure en versoeters kan natuurlik of • kunsmatig van aard wees en gee aan voedselsoorte 'n spesifieke geur of reuk. • Dit verryk die bestaande geure in voedselsoorte. • Dit word algemeen gebruik om die geur van voedselprodukte wat kommersieel vervaardig word, bv. bevrore etes, kitssoppe en peuselhappies, te verbeter en dus die verbruiker aan te moedig om dit te koop en te eet. GENETIES-GEMODIFISEERDE VOEDSEL en ORGANIES-GEPRODUSEERDE VOEDSEL 39. Geneties- gemodifiseerde voedsel: • Wetenskaplikes kan 'n enkele geen, wat vir 'n gewenste kenmerk verantwoordelik is, identifiseer, dit onttrek, kopieer en daarna in 'n ander organisme oorplaas. • Aangesien dit op die manipulasie van gene in die DNA-molekule berus, word • dit ook genetiese manipulasie genoem. 11
40. Organiese voedsel: • Organiese voedsel word geproduseer met die uitskakel van chemiese stowwe soos plaag- en onkruiddoders, veevoerbyvoegings en groeistimulante . • Die hoofdoel van organiese boerdery is om die optimale funksionering van die grond, plante, diere en mense in die ekosisteem te verseker. 41. Bestraalde voedsel • Voedselbestraling is 'n tegnologie wat mikro-organismes en insekte in voedsel verminder of uitskakel en daardeur die veiligheid van voedsel verbeter en die raklewe verleng. • Voedselbestraling is die behandeling van voedsel met baie kort lig- en radiogolwe om die veiligheid, aanvaarbaarheid en raklewe daarvan te verbeter. VOEDSELSEKERHEID 42. Voedselsekerheid: • Voedselsekuriteit beteken dat alle mense daagliks toegang het tot genoeg, veilige en voedsame voedsel om 'n aktiewe en gesonde lewe te lei. • Voedselsekerheid berus op die drie dimensies: (1) Voedselbeskikbaarheid: Genoeg kos moet op 'n deurlopende basis beskikbaar wees op sowel nasionale as huishoudelike vlak. (2) Toegang tot voedsel: Mense moet oor genoeg bronne beskik om die toepaslike voedsel vir 'n voedsame dieet op 'n volhoubare basis te verkry. (3) Voedselgebruik: Voedsel moet toepaslik verbruik word gegrond op kennis van basiese voeding en sorg, wat genoeg water en sanitasie insluit. 43. Selfonderhoudendheid/ selfversorging • Baie Suid-Afrikaanse boere verbruik 'n deel van hul eie produkte en is gevolglik tot 'n sekere mate selfversorgend. • In baie dorpe maak mense groentetuine, ander hou hoenders aan en sorg so vir minstens 'n deel van hul voedsel. Hul motivering wissel • Baie min mense, indien enige, is egter heeltemal selfversorgend t.o.v. voedselproduksie en die meeste koop sekere kosprodukte. • Op sekere tye van die jaar moet mense kossoorte koop wat nie in seisoen is nie. • Verder het die land die vermoë om wanneer nodig, sekere voedselsoorte met invoere aan te vul. 12
44. Invoere: • Wanneer 'n voedselproduk elders goedkoper is as in Suid-Afrika, voer voedselverspreiders dit eerder in as om duurder plaaslike produkte te koop. • Suid-Afrikaanse boere kan 'n wye verskeidenheid voedsel voorsien, maar hulle kan dikwels nie die hoeveelheid kos verskaf wat nodig is om in die behoeftes van die land se bevolking te voorsien nie. • Die land voer gereeld produkte soos koring en mielies in. 45. Uitvoere: • Suid-Afrikaanse boere voer baie voedselsoorte uit, veral na lande in die noordelike halfrond, en kan somervrugte voorsien tydens die noordelike winter. • Suid-Afrika voer ook verwerkte produkte soos wyn uit, maar Suid-Afrikaanse wynprodusente moet meeding met lande soos Australië en plaaslike wynmakers in die Noordelike halfrond. BEHUISING TERMINOLOGIE 1. HUURDER; • Die persoon wat ‘n woonstel of huis huur. 2. VERHUURDER: • Die eienaar wat die eiendom uithuur. 3. HUURKONTRAK/HUUROOREENKOMS: • Dit is die ooreenkoms of kontrak wat tussen die huurder en die verhuurder gesluit word. 4. VOLTITEL EIENAARSKP: • Die koper word die wettige eienaar van die hele eiendom, die grond sowel as die strukturele geboue daarop. 5. DEELTITEL-EIENDOM: • Die koper is die wettige eienaar van ‘n deel van ‘n eenheid van ‘n behuisingskompleks, maar gemeenskaplike areas word gesamentlik besit. 6. REGSPERSOON: • ‘n Groep mense (huiseienaarsvereniging) beheer, administreer en bestuur ‘n deeltitel eiendomskompleks. Elke eienaar in die deeltitel eiendomskompleks is ‘n lid. FINANSIËLE EN KONTRAKTUELE ASPEKTE 7. VERBORGE KOSTES: • Uitgawes wat normaalweg nie in die koopprys ingesluit is nie en die koper neem dit nie altyd in ag nie. 8. HUUR: 13
• ‘n Vasgestelde bedrag geld wat die huurder aan die verhuurder betaal waat huurder die reg gee om die eiendom te bewoon. 9. HEFFING: • Dit is ‘n maadelikse heffing wat aan die regspersoon betaal word vir die onderhoud en instandhouding van die geboue van die kompleks, gemeenskaplike areas en verskaffing van sekuriteit. 10. DEPOSITO: • Dit is die eenmalige bedrag geld wat ‘n koper moet bydra tot die koop van ‘n huis. 11. LENING: • ‘n Lening aan die eienaar en die eiendom is sekuriteit van die lening. • Is die geld wat die koper by die bank leen om di ekoper by die bank leen om die eiendom te koop. Dit word oor vasgestelde tydperk in maadelikse paaiement met rente terugbetaal. 12. RENTE: • Die geld wat die bnk jou vra om die geld by die bank te leen. 13. AANBOD OM TE KOOP • ‘n Dokument waar die koper ‘n aanbod aan die verkoper maa ken wadie terme en voorwaardes van die koop en verkoop van die eiendom insluit. 14. VERSEKERING: • Die lewensversekeringdek die terugbetaling as iets onverwags met die koper gebeur. • Die tipe versekering dek die terugbetaling van die lening as die leningshouer nie in staat is om lening terug te betaal nie, a.g.v. dood, afdanking of ongeskiktheid. • Dit beteken die eienaar se families al die eienaarskap behou in die geval van dood. 15. OMVATTENDE HUISEIENAARSVERSEKERING (OHV) • Korttermyn versekering wat die huis teen strukturele skade a.g.v. vuur, vloed en ander natuurampe en politieke onrus beskerm. 16. MAANDELIKSE VERBANDTERUGBETALING: • Die huiseienaar moet aan die bank ‘n maandelikse terugbetaling doen. • Die maandelikse terugbetaling mag nie meer as tussen 25% en 30% van die huiseienaar se maandelikse salaris oorskrei nie. • Maandelikse terugbetaling word oor ‘n langtydperk van tussen 20 en 30 jaar afbetaal. 17. VASTE RENTEKOERS: • ‘n Vaste rentekoers is vas oor ‘n bepaalde periode of ty den sal nie verander nie. 14
18. VERANDERLIKE RENTEKOERS: • ‘n Veranderlike rentekoers is gebasseer op die huislening se uitleenrente vasgegestel deur SAID. 19. KOOPKONTRAK: • ‘n Formele geskrewe regsooreenkoms tussen die koper en die verkoper, wat die volledige terme en voorwaardes van die koop van die eiendom bevat. 20. KOLLATERALE SEKURITEIT: • Indien lener nie genoeg kontant het nie, kan sy ‘n bykomde sekuriteit gebruik (kollaterale) deur byvoorbeeld die waarde van ‘n lewensversekeringspolis of ander bate voor te hou. 21 OORDRAG: • Dit is as die eiendomsreg van die verkoper aan die koper oorgedra is en deur beide partye onderteken word en die finansiering van die eiendom is deur die bank goedgekeur. OORDRAG EN VERSKUILDE KOSTES 22. OORDRAGSKOSTES: • Dit is regskoste wat betaal moet word as die eiendom op die koper se naam oorgedra word. Die oordragsprokureur dra die bedrag oor aan SAID. 23. HEREREGTE: • Die belasting word betaal wanneer eienaarskap van die eiendom aan die koper oorgedra is. 24. OORDRAGSFOOIE/PROKUREURSFOOIE/TRANSPORTBESORGERSFOOI: • Oordragsfooie ook bekend as transportbesorgersfooie, is aan die prokureur betaalbaar wat die hele oordragsproses van die eiendom behartig. 25. TITELAKTE: • Hierdie wettige dokument dien as ‘n bewys dat die koper die wettige eienaar van die eiendom is. • Dit sluit die grootte van die erf, adres en die eienaar se besonderhede in. 26. OORDRAGFOOI. • Dit is die regsgelde wat betaalbaar is aan die transportbesorger(oordragsprokureur) • Vir die registrasie van die verband en titelakte. 27. TUSSENTYDSE TARIEWE / INTERIM RENTE • Dit is die rente wat op die verband betaal moet word voordat die verband geregistreer word. 28. AANVANGSFOOI • ‘N Eenmalige fooi vir die verwerking van die verbandaansoek wat aan die bank betaal word. 15
29. WAARDASIEFOOI VAN EIENDOM • ‘n fooi om die eiendom te waardeer wat aan die bank betaal word. 30. EIENDOMSBELASTING • Die koper is verantwoordelik vir die betaling van eiendomsbelasting vanaf die datum van registrasie van die eiendom op sy/haar naam. 31. OKKUPASIEHUUR • As die koper die eiendom bewoon voordat die verband geregistreer is, moet sy/hy huur aan die verkoper betaal. 32. DIENS- OF ADMINISTRASIEFOOI • Dit is ‘n maandelikse diensfooi wat die bank op lenings vir residensiële eiendom hef. 33. LOPENDE UITGAWES • Dit is die bedrag wat jy begroot vir verhuisingskoste, die koop van nuwe matte, verf of gordyne 34. DIENSAANSLUITINGSFOOIE • Deposito’s moet vir aansluiting van water, elektrisiteit en telefoon betaal word. 35 VERANDERLIKE KOSTE VAN DIE PROKUREUR • Hierdie koste sluit posgeld, elektroniese aansysingsfooie en FICA-fooie in 36. BEHUISINGSUBSIDIE • Die Suid-Afrikaanse regering bied bystand aan laer inkomstegroepe in die vorm van behuisingsubsidies aan om hul te help om behuising te bekom. 37. WERKGEWERSONDERSTEUNING • Sekere werkgewers (soos die regering en munisipaliteite) bied ‘n maandelikse behuisingsubsidie of toelaag aan hul werknemers. • Die bedrag van die subsidie/toelaag word deur die werkgewer betaal. DIE VERBRUIKER 16
FINANSIELE EN KONTRAKTUELE ASPEKTE WAARVAN VERBRUIKERS MOET KENNIS NEEM 1. Kontrak • ‘n Ooreenkoms tussen een of meer persone waar een persoon ‘n aanbod maak en die ander een sy aanbod aanvaar. Albei partye se regte en verantwoordelikhede word hierin uiteengesit. 2. Kontrakbreuk • Wanneer een party nie sy verpligtinge wat in die kontrak gespesifiseer is, nakom nie, word kontrakbreuk gepleeg.0 3. Waarborg • Dis ‘n geskrewe belofte om ‘n produk te herstel of te vervang as dit breek of foutief sou raak binne ‘n spesifieke tydperk. 4. Vrywaring / Garansie • Dit is ‘n versekering dat die produk in ‘n werkende toestand sal wees vir ‘n spesifieke tydperk. • Dit is ‘n belofte van die vervaardiger dat enige probleme met die produk, binne ‘n spesifieke tydperk reggestel sal word. 5. Grys goedere / paralelle invoere • Dit is items wat ‘n vervaardiger nie in ‘n bepaalde land wil verkoop nie maar wat wel daarheen uitgevoer word deur nie-amptelike verspreidingskanale. • Dit is nie onwettig nie want daar word invoerbelasting daarop betaal. 6. Direkte bemarking • Wanneer ‘n onderneming die verbruiker persoonlik, per pos, telefoon of e- pos kontak om goedere of dienste te koop of om donasies te vra. 7. Afkoelperiode • Dit is die wettige tydperk wat aan ‘n verbruiker gegee word na die ondertekening van ‘n kontrak, waarbinne die verbruiker van plan kan verander en die ooreenkoms sonder rede en finansiele implikasies kan kanselleer. 8. Vrystellings / Uitsluitingsklousules • Dit is ‘n klousule in’n kontrak wat ‘n party vryspreek van enige aanspreeklikheid indien hy versuim om die ooreenkoms te eerbiedig of wanneer die produk of diens waaroor ooreengekom is, nie voldoen aan die doel waarvoor die gekoop is nie. 9. Swendelstreke (“scams”) • Dis ‘n oneerlike besigheidstransaksie • ‘n Niksvermoedende verbruiker word op ‘n oneerlike wyse oorreed om ‘n buitensporige prys te betaal vir goedere/ dienste wat aangebied word. In meeste gevalle bestaan die goedere en dienste nie. • Die verbruiker verloor sy geld en kry niks in ruil daarvoor nie. 10. Stokvel • ‘n Stokvel is ‘n gemeenskapsgebasseerde spaarklub 17
• Dit bestaan uit 2 of meer mense wat instem om mekaar te ondersteun ten einde ‘n spesifieke doel te bereik. 11. Piramide skemas • Dit is ‘n ‘gou rykword’ geldmaakskema en dit neem die vorm van ‘n denkbeeldige piramide aan. • Hoe opbrengs in beleggings word aan lede beloof wat nuwe lede vir die skema kan werf. • ‘n Piramide-skema is ‘n onvolhoubare besigheidsmodel waar die lede van die skema betaal word om nuwe lede te werf, eerder as om enige goedere of dienste te verkoop. BELASTING, RENTEKOERSE EN INFLASIE 12. Inkomstebelasting • Dit is ‘n belasting wat gehef word op alle inkomste of wins wat deur ‘n belastingbetaler ontvang word. Dit sluit individue, maatskappye en trusts in. 13. BTW (Belasting op toegevoegde ware) • Word bygevoeg by die prys van spesifieke goedere en dienste wat deur besighede verkoop word. • Dit word tans bereken op 15 % • Alle verbruikers betaal BTW ongeag hul inkomste. 14. Aksynbelasting (sondebelasting) • Belasting wat gehef word op luukse items soos alkohol, tabak en parfuum. 15. Brandstofheffing • ‘n Heffing wat betaal word op elke liter petrol/ diesel wat in Suid-Afrika verkoop word. ‘n Gedeelte van die heffing word aan die Padongelukke fonds betaal. 16. Lisensies • Lisensies is ook ‘n tipe belasting en moet voorafbetaal word om ‘n motor te besit of om tv te kyk. 17. Eiendomsbelasting • Belasting wat deur huiseienaars aan die munisipaliteit betaal moet word en nie aan SAID nie. Die bedrag word gebasseer op die waarde van jou eiendom. 18. Lopende betaalstelsel (LBS) • Dit is die belasting wat ‘n werkgewer van sy werknemer se inkomste aftrek en aan die SAID oorbetaal. • Die werkgewer trek ‘n twaalfde van die belasting wat in ‘n jaar betaal moet word maandeliks van sy salaris af. 19. Voorlopige belasting • Belastingbetalers wat nie ‘n vaste inkomste verdien nie betaal twee keer per jaar belasting gebaseer op hul geraamde belasbare inkomste. 20. Rentekoerse • Dit is die koers waarteen uitleners rente moet betaal vir die leen van geld by finansiele instansies. • Rentekoerse is nie vas nie en dit verhoog of verlaag (fluktueer) soos die aanvraag na geld verander. 18
21. Repo-koers • Die rente wat deur banke betaal moet word as hul geld by die Suid- Afrikaanse Reserwebank leen. 22. Enkelvoudige rente • Dit is rente wat slegs op die hoofbedrag (oorspronklike bedrag) wat jy geleen het bereken word. 23. Saamgestelde rente • Rente word nie net op die hoofbedrag wat geleen is bereken nie maar ook op al die rente wat alreeds bygevoeg is. 24. Inflasie • Dit is die volgehoue toename in die pryse van goedere en dienste wat ‘n afname in die koopkrag van geld tot gevolg het. (Inflasie verlaag die koopkrag van geld) 25. Inflasiekoers • Dit is die persentasie waarteen pryse van goedere en dienste in een jaar styg. 26. Verbruikersprys indeks • Dit is die instrument wat gebruik word om prysstygings en die inflasiekoers te bereken. • Die VPI toon die verandering in die koste van ‘n denkbeeldige mandjie goedere en dienste wat deur ‘n tipiese huishouding gekoop word. • Dit word gebruik om die veranderinge in die ekonomie en die lewensstandaard van Suid-Afrikaners te bepaal. 19

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Consumer Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all