Downloaded from hlayiso.com
VISUELE KUNSTE
EKSAMENRIGLYNE
GRAAD 12
2021
Hierdie riglyne bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to content





View all





Visual Arts Grade 12 Visual Arts 2021 Exam Guideline (Afr)
Grade 12 Visual Arts exam guideline from the Visual Arts 2021 (Afrikaans), 22 pages. Read online or get the free PDF download.
Visual Arts · Grade 12 · Visual Arts · 2021. Exam guideline, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Exam guideline
- Year
- 2021
- Exam period
- Visual Arts
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 694.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 2 DBE/2021
Eksamenriglyne
INHOUD
Bladsy
HOOFSTUK 1: OORSIG
1.1 Inleiding 3
1.2 Doelstellings 3
HOOFSTUK 2: ASSESSERING
2.1 Assesseringsdoelwitte 4
2.2 Oorsig van Onderwerpe 4
2.3 Formele Assessering vir Graad 12 5
2.4 Skoolgebaseerde Assessering (SGA) 6
2.5 Kognitiewe Vlakke 6
2.6 Eksterne Eksamens 7
HOOFSTUK 3: VAKINHOUD
3.1 PAT (Retrospektiewe Uitstalling) 8
3.2 Vraestel 1: Visuele Kultuurstudies (Onderwerp 3) 10
3.3 Vraestel 2: Prakties (Onderwerp 1 en 2) 13
HOOFSTUK 4: ALGEMENE VAKINLIGTING
4.1 Verduideliking van Terminologie 19
4.2 Bronne 20
HOOFSTUK 5: ALGEMENE RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
5.1 Vraestel 1 (Onderwerp 3) 21
5.2 Vraestel 2 (Onderwerp 1 en 2) 21
HOOFSTUK 6: SLOT 22
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 3 DBE/2021
Eksamenriglyne
HOOFSTUK 1: OORSIG
1.1 Inleiding
Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Visuele Kunste beskryf die aard en
doel van die vak Visuele Kunste. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die onderrig
en assessering van die vak in graad 12.
Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:
Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
Seniorsertifikaat-eksamen in Visuele Kunste geassesseer gaan word
Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doeltreffend vir die eksamens voor te berei
Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens.
Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:
Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
(KABV): Visuele Kunste en Aangepaste Hoofstuk 4: KABV
Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale
Senior Sertifikaat: 'n kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)
rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
Kurrikulumstelling, graad R–12
1.2 Doelstellings
Graad 12 Visuele Kunste-leerders beoog om:
Kreatiewe idees, in reaksie op beide ekstern opgestelde en selfontwikkelde projekte, aan die
hand van eie ondervindinge en eie kennis van visuele kulture van die verlede en die hede, te
verken, te ontwikkel en te verwesentlik
Materiaal, tegnieke, prosesse en tegnologie met die vervaardiging van verbeeldingryke en
innoverende kunswerke van persoonlike uitdrukking te verken en te manipuleer
Materiaal, prosesse en tegnieke op 'n doeltreffende, ekonomiese, veilige en verantwoordelike
manier te verken
Hulle eie werkproses te bestuur
Kunsvorms, prosesse en produkte waar te neem, te assesseer en te analiseer
Met gebruik van visuele, mondelinge en geskrewe taalvaardighede doeltreffend te
kommunikeer
Hulle eie werk en die werk van ander krities te beoordeel
Entrepreneursvaardighede en professionele praktyk in kuns te ontwikkel om 'n verskeidenheid
loopbaanopsies te verken
Aan die diversiteit van kunste-tradisies in internasionale en Suid-Afrikaanse kontekste
blootgestel te word en dit as 'n hulpbron te gebruik
Die kritiese rol te waardeer wat visuele kunste in die verryking van die visuele omgewing van
die skool en omgewing speel
Die skakels tussen visuele kunste en die kreatiewe nywerhede, soos ontwerp en reklame, te
verstaan
Die sosiale en geskiedkundige rol van visuele kunste in die herskepping van gemeenskappe
te verstaan
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 4 DBE/2021
Eksamenriglyne
HOOFSTUK 2: ASSESSERING
2.1 Assesseringsdoelwitte
Soos in die KABV-dokument uiteengesit, is assessering bedoel om:
Die onderwyser in staat te stel om 'n leerder se vordering betroubaar te beoordeel
Leerders oor hulle sterk punte, swak punte en vordering in te lig
Onderwysers, ouers en ander belanghebbendes te help om besluite oor die leerproses en
vordering van die leerders te maak
2.2 Oorsig van Onderwerpe
Onderwerp 1: Konseptualisering deur die ontwikkeling en verwesenliking van kreatiewe
idees
12 Ontwikkelingsproses:
Pas verskillende benaderings onafhanklik toe om idees vir die formulering van 'n projek-
opdrag te ontwikkel
Krities betrokke by eie ondervinding van die wêreld deur die ontdekking, manipulasie en
interpretasie van tekens en simbole uit die breër visuele kultuur verkry
Verwesenliking van 'n konsep:
Los 'n reeks visuele en konseptuele probleme onafhanklik op, en werk in die rigting van
die ontwikkeling van 'n persoonlike visuele taal
Dokumenteer en evalueer die proses van konseptuele ontwikkeling krities
Onderwerp 2: Maak kreatiewe kunswerke, bestuur proses en aanbieding, veilige praktyk
12 Maak van kunswerke:
Kies die materiaal, gereedskap, tegnieke, temas en prosesse wat die geskikste is vir die
gekose kuns- of kunsvlytvorm
Toon 'n gevorderde mate van tegniese vaardigheid in, en kennis oor, 'n reeks materiaal,
tegnieke, prosesse en toerusting wat met die gekose kuns- of kunsvlytvorm verband hou
Dokumenteer en evalueer eie kreatiewe proses en kunswerke, en kies werke wat die
geskikste is om by die portefeulje in te sluit
Kunswerke moet met die opdrag verband hou
Skep en transformeer/herskep visuele beelde deur beide nuwe en tradisionele
tegnologieë te gebruik
Bestuur/Beheer:
Skep 'n samehangende groep werke wat konkrete bewys lewer van die
konseptualiseringsproses en die maak van die kunswerk
Beplan, bestuur en voltooi spesifieke take en projekte binne die aangeduide tyd-, ruimte-
en hulpbronbeperkings
Aanbieding:
Vertoon, stal uit of bied eie werk op 'n manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele
impak van die werk versterk en komplementeer
Veilige praktyk:
Toon en bevorder die veilige gebruik van toerusting, materiaal en tegnologie in 'n
groepwerkkonteks
Onderwerp 3: Visuele Kultuurstudies: klem op visuele geletterdheid
12 (VYF van die AGT voorgeskrewe temas)
Toon kritiese analitiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns binne
geskiedkundige en kulturele kontekste uit vele bronne
Toon begrip van die geskiedkundige konteks en stilistiese evolusie van 'n versameling
skone kuns-, toegepaste kuns- en kunsvlytvorms
Doen onafhanklik navorsing oor geleenthede wat die verhouding beskryf tussen kennis
en vaardighede, soos deur Visuele Kunste en post-VOO-onderrig opgedoen
Uitstappie om loopbaan- en tersiêre geleenthede in Visuele Kunste te ondersoek
Gebruik toepaslike terminologie rakende alle terreine van kunsteorie om kunswerke,
kunsvlyt en toegepaste kunsvorms, beide verbaal en skriftelik, te beskryf en te bespreek
Evalueer die doeltreffendheid van eie en ander se navorsing, kreatiewe prosesse en
kunsprodukte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 5 DBE/2021
Eksamenriglyne
2.3 Formele Assessering vir Graad 12
FORMELE ASSESSERING VISUELE KUNSTE
INTERN EKSTERN
SGA PAT-UITSTALLING PRAKTIESE TEORIE-EKSAMEN
EKSAMEN
25% 25% 25% 25%
100 punte 100 punte 100 punte 100 punte
TOTAAL 400 PUNTE
Aan die einde van graad 12 sal 'n Visuele Kunste-leerder t.o.v. die volgende nagesien word:
SGA-punt: rou punte en totale vir assesseringstake vanaf Kwartaal 1 tot Kwartaal 3 en
verwerk na 100
PAT (retrospektiewe uitstalling): minimum van 2 kunswerke + 1 tot 2 werke van graad 11)
– 100
Praktiese eksamen: bronboek en kunswerk, ekstern opgestel en nagesien – 100
Teorie-eksamen: ekstern opgestel en nagesien – 100
JAARPROGRAM VAN ASSESSERING VIR VISUELE KUNSTE – GRAAD 12
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING 25%
EKSAMEN 75%
150 punte + 100 punte + 100 punte = 350 verwerk na 100 punte (SGA)
KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4
150 punte 100 punte 100 punte 200 punte
TAAK 1 TAAK 3 TAAK 4 TAAK 6
TEORIETOETS KONSEPTUALISERING PROEFEKSAMEN EINDEKSAMEN
(summatiewe assessering) Onderwerp 1 (summatiewe assessering) V1
50 punte (formatiewe assessering) 100 punte TEORIE-EKSAMEN
100 punte (summatiewe assessering)
100 punte
TAAK 2 TAAK 6 TAAK 6
KONSEPTUALISERING EINDEKSAMEN EINDEKSAMEN
Onderwerp 1 V2 V2
(formatiewe assessering) KONSEPTUALISERING KUNSWERK
100 punte (summatiewe assessering) (summatiewe assessering)
50 punte 50 punt)
TAAK 5
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT)
(Deurlopende assessering van Kwartaal 1 tot Kwartaal 2)
KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4
KUNSWERK 1 KUNSWERK 2
PAT: UITSTALLING
Onderwerp 2 Onderwerp 2
(summatiewe assessering)
(formatiewe assessering) (formatiewe assessering)
100 punte
100 punte 100 punte
25% 25% 50%
Intern geassesseerde kunswerk (Kwartaal 1 + 2) PROSES en UITSTALLING
50 punte 50 punte
100%
100 punte (SGA) + 100 punte (PAT) + 100 punte (PRAKTIESE EKSAMEN) + 100 punte (TEORIE-
EKSAMEN) = 400 TOTALE PUNTE
Raadpleeg die RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE vir meer inligting.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 6 DBE/2021
Eksamenriglyne
2.4 Skoolgebaseerde Assessering (SGA)
Alle SGA-take moet intern gemodereer word. Provinsiale en nasionale moderering sal deur die
Nasionale Departement van Basiese Onderwys (DBE) en/of die onderskeie provinsiale
onderwysdepartemente (POD's) gedoen word. Hierdie proses sal deur die provinsiale
onderwysdepartemente bestuur word. Die SGA-punt sal uit Taak 1, 2, 3 en 4 bestaan.
KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3
150 PUNTE 100 PUNTE 100 PUNTE
TAAK 1 TAAK 3 TAAK 4
TEORIETOETS KONSEPTUALISERING TEORIE-PROEFEKSAMEN
50 punte Onderwerp 1 100 punte
100 punte
TAAK 2
KONSEPTUALISERING
Onderwerp 1
100 punte
TOTAAL = 350 verwerk na 'n punt uit 100
2.5 Kognitiewe Vlakke
Alle toetse en eksamens moet die volgende reeks kognitiewe vlakke volg. Vrae sal
verskillende moeilikheidsgrade hê – maklik, medium en moeilik.
Aangesien leerders 'n keuse van vrae in die Proefeksamen en Finale Eksamen het, moet elke
vraag aan die reeks kognitiewe vlakke voldoen.
KOGNITIEWE VLAKKE PERSENTASIE
Laer orde: kennis 30
Middel-orde: begrip en toepassing 40
Hoër orde: analise/ontleed, evaluering en sintese 30
Verduideliking van kognitiewe vlakke: Bloom se Taksonomie
KENNIS BEGRIP TOEPASSING
vertel, maak 'n lys, skryf, vind, verduidelik, interpreteer, los op, toon, gebruik,
beskryf, noem, spoor op, ens. bespreek, onderskei, beskryf illustreer, klassifiseer,
in breë trekke, ens. konstrueer, ondersoek, ens.
ANALISE SINTESE EVALUERING
ontleed, vergelyk, ondersoek, skep, bedink, beplan, beoordeel, besluit,
kategoriseer, identifiseer, voorspel, ontwerp, stel voor, regverdig/motiveer, debatteer,
verduidelik, ens. formuleer, ens. beveel aan, prioritiseer,
beredeneer, ens.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 7 DBE/2021
Eksamenriglyne
Bloom se Hersiene Taksonomie
BLOOM SE TAKSONOMIE BLOOM SE HERSIENE TAKSONOMIE
Evaluering – hoër orde Skepping – hoër orde
Sintese – hoër orde Evaluering – hoër orde
Analise – middel-orde Analiseer – middel-orde
Toepassing – middel-orde Toepas – middel-orde
Begrip – middel-orde Begryp – middel-orde
Kennis – laer orde Onthou – laer orde
Toetse en eksamens wat intern opgestel word
'n Toets vir formele assessering moet nie uit 'n reeks klein toetse bestaan nie. Dit moet 'n
aansienlike hoeveelheid inhoud dek en 45 tot 60 minute lank wees.
Elke toets en eksamen moet uit 'n reeks kognitiewe vlakke bestaan en moet ook paragraaf-
tipe antwoorde insluit.
Daar word aanbeveel dat dieselfde formaat gebruik word in die eksamens wat intern opgestel
word as in die finale Graad 12 einde-van-die-jaar-teorie-eksamen.
Vrae moet ongesiene visuele beelde insluit om leerders se visuele-analise-vaardighede te
toets. Hierdie beelde moet met die leerders se studietema verband hou, bv. tematies of
stilisties, asook werke/bewegings wat hulle bestudeer het.
Maak seker dat genoeg of meer feite by elke vraag in die nasienriglyne ingesluit word om 'n
behoorlike instrument vir nasien en toekomstige onderrig te word.
2.6 Eksterne Eksamens
Alle Visuele Kunste-kandidate moet die PAT Retrospektiewe Uitstalling voltooi – TAAK 5:
PAT Tipe vraestel Totaal Datum Nasien
Prakties in die vorm van
100 September/Oktober Ekstern
'n uitstalling
Alle Visuele Kunste-kandidate sal TWEE eksterne vraestelle voltooi, soos voorgeskryf:
Vraestel Tipe vraestel Tydsduur Totaal Datum Nasien
1 Teorie 3 uur 100 Oktober/November Ekstern
2 Prakties Maksimum 24 uur 100 Oktober/November Ekstern
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 8 DBE/2021
Eksamenriglyne
HOOFSTUK 3: VAKINHOUD
3.1 PAT (Retrospektiewe Uitstalling)
Onderwerp 2: Die Maak van Kunswerke
Volgens die KABV moet graad 12-leerders hul eie werk vertoon, uitstal of aanbied op 'n manier
wat die ekspressiewe en konseptuele impak van die werk versterk en komplementeer.
Aan die einde van die jaar moet leerders 'n PAT-uitstalling van hulle werk as deel van hulle
eksamenpunt aanbied.
Hierdie uitstalling toon wesenlike bewyse van die leerders se Visuele Kunste-
konseptualisering, tegniese vaardighede en kennis wat mettertyd in die graad ontwikkel het.
Dit vertoon die leerders se praktiese ontwikkeling in die aanbieding van 'n groep werke
soortgelyk aan 'n klein eenmansuitstalling.
Die kunswerke (Onderwerp 2) van die twee praktiese take is verpligtend en minimum
vereistes. Een of twee graad 11-kunswerke moet ingesluit word om ontwikkeling en
progressie te toon.
Aangesien die aard van die vak kreatiwiteit en selfuitdrukking is, mag leerders nie ingeperk
word deur die minimum vereistes nie, maar toegelaat word om meer werke te doen wat
verband hou met die twee temas wat hulle ondersoek het. Selfuitdrukking en
individualiteit van leerders moet in hierdie uitstalling aangemoedig word.
Graad 12-leerders moet die geleentheid gebruik om hulle praktiese werk verder te ontwikkel
en uit te brei na 'n samehangende en holistiese groep werke wat in die konteks van 'n
uitstallingsomgewing gesien word. Daarom kan leerders meer werke uitstal wat bewys lewer
van hierdie proses, bv. werk wat op hul eie gedoen is en/of die uitbreiding van hulle temas in
meer kunswerke.
Die bronboek(e), alhoewel dit reeds geassesseer is, moet vertoon word om die ontwikkeling
na die finale kunswerk(e) te toon.
Hierdie groep kunswerke sal holisties geassesseer word.
Kontrolelys vir die uitstalling
Graad 12: Die kunswerke (Onderwerp 2) van die twee praktiese take is VERPLIGTEND.
Een of twee graad 11-kunswerke moet ingesluit word om ontwikkeling en progressie te toon.
Leerders het die geleentheid om hul praktiese werk verder te ontwikkel en uit te brei na 'n
samehangende en holistiese groep werke wat in die konteks van 'n uitstallingsomgewing
gesien word. Daarom kan leerders meer werke uitstal wat bewys lewer van hierdie
proses, bv. werk wat op hul eie gedoen is.
Die bronboek(e), alhoewel dit reeds geassesseer is, moet vertoon word.
Aanbieding
Onderwysers moet die ruimte vir die uitstalling verskaf, bv. die skoolsaal of kunsklas OF dit
kan 'n aanlyn aanbieding wees soos deur die POD besluit is.
Onderwysers moet leerders bewus maak van die belangrikheid van die aanbieding van hul
werk en riglyne verskaf vir 'n netjiese, professionele uitstalling.
Leerders moet self hul uitstallings beplan en uitvoer.
Dit is onnodig om werke te raam, maar in baie gevalle sal eenvoudige montering die werk
versterk.
Leerders moet hulle daarvan weerhou om rekwisiete, bykomstighede, ens. te gebruik. Die
uitstalling moet 'n bewustheid van professionele uitstallingspraktyke toon.
As rekenaars nodig is om digitale werk te toon, moet onderwysers seker maak dat die
rekenaars werk en dat hulle die wagwoorde ken.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 9 DBE/2021
Eksamenriglyne
Assessering
Die volgende is 'n riglyn van aspekte wat tot die finale geldige punt sal lei:
Algehele vordering en ontwikkeling van die leerder tot onafhanklike en individuele oplossings
Kreatiwiteit en oorspronklikheid
Tegniese vaardighede
Persoonlike betrokkenheid en uitdrukking in die proses en finale werke
Bewyse in die bronboek: konseptualisering, ondersoek en eksperimentering van media,
tegnieke, style, ens. Voldoende verkenning van teken.
Volpunte kan nie toegeken word as alle vereiste kunswerke nie aangebied word nie. Punte
moet aangepas word volgens die werke wat aangebied word.
Die beskrywende rubriek, Assesseringskriteria vir Praktiese Werk, moet gebruik word om
standaardisering te verseker.
Assesseringskriteria
Hierdie groep kunswerke sal holisties geassesseer word.
KRITERIA
Algehele indruk van werk – oorspronklikheid, kreatiwiteit, innovering:
Ontwikkeling van nuwe en unieke antwoorde/oplossings
Keuse en gebruik van materiaal/tegnieke:
Geskiktheid van materiaal en tegnieke volgens die konsep; veiligheid en
bestuurbaarheid; tegniese vaardighede getoon
Gebruik van formele kunselemente:
Die belangrikheid van elemente en kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte,
ritme, balans, harmonie, verhouding en komposisie
Interpretasie en praktiese implementering van tema(s):
'n Persoonlike interpretasie van 'n tema; eksperimentering; hantering van nuwe
uitdagings
Voltooiing en aanbieding van kunswerk:
Aandag aan detail; taak binne tydsduur voltooi; aanbieding volgens taak
Kuratorskap (Aanbieding) van uitstalling:
Professionaliteit; duidelik, ens.
TOTAAL: 100
Nasien moet volgens die DBE-rubrieke deur 'n paneel (mede-onderwysers of aangestelde
paneel) gedoen word.
Alle leerders moet individueel gemodereer word, m.a.w. moderering van aangesig tot
aangesig of aanlyn, om die proses, produkte en punte te verifieer. Hierdie moderering moet
deur provinsiale beamptes en/of persone aangestel deur die provinsie, gedoen word.
Die provinsiale onderwysdepartement bestuur hierdie proses.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 10 DBE/2021
Eksamenriglyne
3.2 Vraestel 1: Visuele Kultuurstudies (Onderwerp 3)
Die geskrewe teorie-eksamen word deur die DBE opgestel oor die aangewese inhoud wat
deur die jaar onderrig is. Slegs graad 12-inhoud sal geassesseer word. Kennis van graad 10
en 11 kan egter nodig wees om sommige van die vrae te interpreteer en te beantwoord.
Die tydsduur vir hierdie vraestel is 3 uur.
Die vraestel sal uit agt vrae bestaan. Die leerder moet VYF vrae, wat handel oor wat hulle in
graad 12 bestudeer het, kies om te beantwoord.
Elke vraag sal 20 punte tel met 'n totaal van 100 vir die vraestel.
Vrae verskyn op die linkerkantste bladsye, met visuele bronne in kleur op die regterkantste
bladsye.
Alle vrae moet in opstelformaat beantwoord word, met gebruik van volsinne en paragrawe
volgens die instruksies vir elke vraag. Lyste met feite sal swaar gepenaliseer word.
Vrae sal uit korter en langer opsteltipe vrae bestaan.
Vrae sal bestaan uit visuele geletterdheid en inhoud wat bestudeer is.
Die eksamen word ekstern geassesseer en word provinsiaal en nasionaal gemodereer.
Die eksamen word volgens nasionale nasienriglyne geassesseer.
Die puntetoekenning vir die graad 12 November Teorie-eksamen word hieronder getoon.
GRAAD 12
Leerders moet enige VYF vrae beantwoord.
VRAAG 1 Die stem van opkomende kunstenaars 20
VRAAG 2 Suid-Afrikaanse kunstenaars beïnvloed deur Afrika- en/of 20
inheemse kunsvorms
VRAAG 3 Sosiopolitieke kuns – weerstandskuns van die 1970's en 1980's 20
ingesluit
VRAAG 4 Kuns, kunsvlyt en geestelike werke hoofsaaklik uit landelike 20
Suid-Afrika
VRAAG 5 Multimedia en nuwe media – alternatiewe kontemporêre en 20
populêre kunsvorme in Suid-Afrika
VRAAG 6 Demokratiese identiteit in Suid-Afrika ná 1994 20
VRAAG 7 Geslagskwessies: manlikheid en vroulikheid 20
VRAAG 8 Argitektuur in Suid-Afrika 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 11 DBE/2021
Eksamenriglyne
Riglyne:
Leerders moet 'n minimum van VYF uit agt temas bestudeer.
Die leerders moet met konsepte wat verband hou met internasionale en Suid-Afrikaanse kuns
vertroud wees, en moet dit kan toepas. Hulle moet 'n duidelike, gebalanseerde begrip en
kennis hê van tradisionele internasionale kunsbewegings en die betekenis van opkomende
plaaslike style deur terme/begrippe, soos weerstandskuns, propagandakuns, aanwending/
toe-eiening, die 'afgeskeepte tradisie', ens.
Leerders moet bewus gemaak word van problematiese terminologie, kwessies, aannames en
vooroordele met betrekking tot die kuns wat hulle bestudeer.
Ten minste twee kunstenaars (of argitekte) moet in elke tema gekies, bestudeer word met 'n
minimum van twee werke deur elke kunstenaar (of argitek).
Die eksamenpaneel het kennis geneem van die groot verskeidenheid bronne beskikbaar, deur
breë vrae op te stel sodat leerders hulle kennis op 'n relevante wyse kan kies en gebruik, hulle
interpretasies/vertolkings en menings/opinies kan regverdig/motiveer of probleme kan oplos
deur toegepaste kennis en kenniskonstruksie.
Visuele geletterdheid is onderliggend aan die studie van al die temas, daarom moet die
bestudering van spesifieke kunswerke gebruik word om die geskiedkundige, politieke, sosiale
en/of ekonomiese agtergrond van beskawings/style/bewegings en individuele kunstenaars te
verduidelik.
Tydens die bestudering van kunswerke moet die klem op die volgende geplaas word:
o Terminologie oor visuele geletterdheid – hoe kunselemente help om betekenis en
boodskap oor te dra
o Materiaal en tegnieke
o Verskillende style, soos naturalisme, ekspressionisme, geabstraheerde werke, stilering,
ens.
o Funksie van die werk
o Kontekstuele faktore
o Idees, betekenis en boodskap
Leerders moet aan alle kunsvorms blootgestel word, soos tweedimensionele kuns (skilder,
teken, drukwerk, ens.), driedimensionele kuns (beeldhouwerk, ens.), argitektuur en
toegepaste kuns/kunsvlyt (funksionele voorwerpe in 'n skonekunste-konteks).
Alhoewel 'n diepgaande studie van spesifieke kunswerke in elke tema gemaak moet word,
behoort leerders aan 'n wye reeks voorbeelde van elke tema blootgestel te word om kuns as
visuele kommunikasie te illustreer.
Aangesien die fokus in graad 12 hoofsaaklik op Suid-Afrikaanse kuns is, moet onderwysers,
waar moontlik, temas met leerders se gemeenskappe in verband bring.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 12 DBE/2021
Eksamenriglyne
Assessering van die leerder se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te ontleed en
daarop te reageer:
PRESTASIE-
ONDERWERP 3: VISUELE KULTUURSTUDIES
KODE
7 Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Uitstekend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
80–100% lewer.
Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die
studie van kuns.
Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
6 Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Verdienstelik kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
70–79% kommentaar te lewer.
Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
van kuns.
Toon uitstekende insig en begrip.
5 Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Substansieel kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
60–69% kommentaar te lewer.
Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
van kuns.
Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
4 Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Gemiddeld sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
50–59% lewer.
Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
3 Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Bevredigend kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
40–49% kommentaar te lewer.
Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
kuns.
Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.
2 Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Elementêr kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
30–39% kommentaar te lewer.
Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.
1 Demonstreer min of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul
Nie behaal nie kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
0–29% kommentaar te lewer.
Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste visuele
kunsterminologie.
Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon min of geen begrip of insig nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 13 DBE/2021
Eksamenriglyne
3.3 Vraestel 2: Praktiese Eksamen (Onderwerpe 1 en 2)
Die eksamenvraestel bestaan uit ONDERWERP 1 (Bronboek) en ONDERWERP 2 (Kunswerk).
TYD:
Onderwerp 1: Konseptualisering by die skool en/of tuis gedurende Kwartaal 3.
Onderwerp 2: Finale kunswerk onder gekontroleerde toestande slegs by skool vir 'n
maksimum van 24 ure.
UITDEEL: Sal deur die DBE bepaal word.
SPERDATUM: Sal deur die DBE bepaal word.
Die praktiese eksamen word deur die nasionale DBE opgestel.
LET WEL: Die maksimum tydsduur vir die hele praktiese eksamenproses sal op die
nasionale praktiese vraestel (Vraestel 2) aangedui word.
Die tema sal 'n breë, oop tema wees om voorsiening te maak vir diverse oplossings in die
verskillende spesialisasiedissiplines.
Gespesialiseerde opsies sluit in teken, skilder, beeldhouwerk, drukkuns, multimediawerk,
fotografie, keramiekwerk, installasies, nuwemedia-werk, ens.
Aangesien Onderwerp 1 (Konseptualisering) dieselfde gewig as Onderwerp 2 (Die kunswerk)
het, moet genoeg tyd daaraan bestee word om die belangrikheid daarvan te erken.
Die onderwyser kan by die voorafgaande voorbereidingsessie betrokke wees. As gevolg van
die voorbereidende aard van Onderwerp 1, mag leerders ook by die huis werk.
Alle Onderwerp 1-werk moet voltooi en gereed wees voor die aanvang van die Onderwerp 2-
eksamenwerk. Leerders mag die Onderwerp 1-bronboek as verwysingspunt tydens hul
Onderwerp 2-eksamen gebruik. Beide Onderwerp 1- en Onderwerp 2-eksamenwerk moet
onmiddellik nadat die Onderwerp 2-eksamen voltooi is, by die eksamenbeampte/onderwyser
ingelewer word. Hierdie datum sal in 'n amptelike brief deur elke provinsie bepaal word.
Die onderwyser mag NIE die kandidaat OP ENIGE WYSE tydens die finale produksie van die
kunswerk (Onderwerp 2) help NIE.
Onderwerp 2 moet op 'n deurlopende basis tydens kontaktyd gedoen word, bv. tydens vier
opeenvolgende dae van ses uur elk. Die keuse van eksamentydindeling of -opsies moet in
elke skool onderhandel word.
Onderwerp 2 moet by die leerder se eksamensentrum of geregistreerde kunssentrum gedoen
word, onder die toesig van die skoolonderwyser. Onderwerp 2-werk mag NIE tuis gedoen
word NIE en mag NIE die eksamenlokaal verlaat NIE.
Elke provinsie sal die nasienproses van Onderwerp 1 (bronboek/konseptualisering) en
Onderwerp 2 (finale kunswerk) bepaal. Skole sal deur die provinsies oor datum, tyd en plek in
kennis gestel word vir die inlewering van werk by eksamensentrums, waar van toepassing.
Leerders se werk is nie ten opsigte van grootte beperk nie, maar dit moet 'n aansienlike groep
kunswerke wees wat ten minste 12 uur, en nie meer as 24 uur se werk nie, verteenwoordig.
Hou by die puntetoekenning wanneer nagesien word.
Die finale praktiese eksamen vir graad 12 verteenwoordig die hoogtepunt van leerders se
kunsstudies deur die jaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 14 DBE/2021
Eksamenriglyne
RIGLYNE
ONDERWERP 1: Bronboek
Dit moet gedurende Kwartaal 3 by die skool en tuis voltooi word.
Die onderwyser moet die vraestel uiteensit/verduidelik.
Die onderwyser kan die leerders lei ten opsigte van hulle keuse van onderwerp, media en
tegnieke in Onderwerp 2 gebruik, met inagneming van die spesifieke konteks van die skool.
Die onderwyser moet die leerders aanmoedig om soveel moontlik verskillende interpretasies
te ondersoek. Monitor en lei leerders sorgvuldig soos hulle die tema navors.
Die bronboek bied insig in die manier waarop leerders idees gevorm het, hoeveel alternatiewe
hulle ondersoek het en ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek moet
alle denkprosesse wat tot die maak van kunswerke gelei het, duidelik oordra.
Daar is geen beperkings op grootte nie en dit kan in enige vorm aangebied word.
Dit is belangrik dat alle direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens. Verbied word. Direkte
kopiëring van 'n visuele beeld wat nie die leerder se eie is nie, sal gepenaliseer word. Dit is 'n
vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar.
Die transformasie-proses van die bronmateriaal is uiters belangrik. Leerders kan egter
geskikte beelde uit tydskrifte en ander bronne gebruik en dit met ander beelde kombineer om
hul eie interpretasies te skep.
Daar moet 'n duidelike verband tussen die finale kunswerk en die visuele/geskrewe inligting in
die bronboek wees.
Klem moet geplaas word op voorbereidende sketse, tekeninge, eksperimentering met
tegnieke en materiaal wat in die finale werk gebruik gaan word.
In die bronboek moet die leerder VISUEEL die 'storie' vertel van hoe die kunswerk BEPLAN,
ONTWIKKEL en VERVAARDIG is. Dit moet met tekeninge, geskrewe gedeeltes,
eksperimentering, ens. gedoen word.
Die bronboek moet individualiteit en kreatiwiteit weerspieël.
Die volgende is 'n riglyn van items wat by die bronboek ingesluit kan word:
Plak die eksamenopdrag voor in die eksamenbronboek.
Voorstel/Idee, wat breinkaarte, dinkskrum, ens kan insluit.
Ondersoek, eksperimentering en navorsing van benaderings en/of idees, wat bronmateriaal,
soos sketse, kan insluit. Tekeninge, foto's, visuele beelde, versamelde gedigte, lirieke en
navorsing oor kunstenaars wat geïnspireer het. Alle materiaal moet verband hou met die
ontwikkeling van die finale kunswerk en besluite motiveer.
Verpersoonlik en skep oorspronklike voorbereidende/komposisionele sketse en tekeninge op
bronne gebaseer.
Prosestekeninge.
As die werk meer proses-gerig is, moet leerders bewyse van die kreatiewe proses insluit deur
dokumentasie deur oorspronklike foto's, eksperimente en/of tekeninge en bygaande tekste.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 15 DBE/2021
Eksamenriglyne
ONDERWERP 2: Kunswerk
Die eksamenwerk moet in die teenwoordigheid van die Visuele Kunste-onderwyser in die
kunsklasruimte voltooi word.
Al die materiaal benodig vir die eksamen moet in die eksamenlokaal ingebring word, maar
GEEN eksamenwerk mag uit die klaskamer geneem word NIE. Dit word as 'n
eksamenonreëlmatigheid beskou.
Leerders mag die vraestel voor die begin van die eksamen met die Visuele Kunste-
onderwyser bespreek, maar geen bespreking van werk mag tydens die eksamenperiode
plaasvind nie.
Die leerders moet EEN kunswerk in die praktiese dissipline wat hulle vir die jaar gekies het,
produseer.
Die finale kunswerk kan as 'n enkele stuk aangebied word, of moontlik in die vorm van 'n
diptiek, triptiek of 'n reeks werke wat as een werk gelees kan word.
Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar en duursaam
wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien die provinsie dit vereis.
Laat 'n verskeidenheid media, tegnieke, dissiplines en benaderings toe.
Die leerders moet 'n gevorderde graad van tegniese vaardigheid toon met gebruik van 'n
reeks materiaal en tegnieke wat gekies is.
Daar is geen spesifieke voorskrifte oor die styl van die werk nie. Die leerder kan in die vorm
van naturalisme, ekspressionisme, dekoratief, ens. werk.
Leerders mag ook ander media inkorporeer om gemengdemedia-werk in enige van die
praktiese dissiplines te skep.
Kunswerke wat uit die kunsklas/skool vir gietwerk, bak van beelde, digitale druk van foto's,
ens. verwyder word, moet noukeurig deur die kunsonderwyser gemonitor word, uitgeteken
word wanneer dit verwyder word en ingeteken word wanneer dit na die kunsklas teruggeneem
word.
Die kunselemente en beginsels van kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme,
balans, proporsie en komposisie, is uiters belangrik.
Kreatiwiteit en individualiteit moet beklemtoon word. Die kunswerk behoort 'n uitdrukking te
wees van die kandidaat se belangstellings/konsepte en bekommernisse op die vlak van 'n
18- tot 19-jarige.
'n Suksesvolle kunswerk is 'n kombinasie van die idee en die uitvoering daarvan. Wees
versigtig vir illustratiewe werk. Die estetiese eienskappe, 'varsheid 'en energie van die
kunswerk moet beklemtoon word.
Idee-ontwikkeling/Konsep-ontwikkeling en die uitvoering daarvan moet in alle digitale/
multimedia-/nuwemedia-werk 'n belangrike rol speel. Wanneer nagesien word, moet die
kandidaat se denkprosesse wat tot die finale uitvoering van die idee/konsep gelei het, visueel
sigbaar wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 16 DBE/2021
Eksamenriglyne
ASSESSERINGSKRITERIA
ONDERWERP 1: BRONBOEK
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Gewigs-
toekenning
Konsep-ontwikkeling Breinkaarte, sketse met byskrifte en 25%
tekeninge om konsep-ontwikkeling te toon
Navorsing, ondersoek, Dit moet sommige of al die volgende insluit: 25%
eksperimentering, ens. Sketse, tekeninge, foto's, beelde,
versamelde gedigte, lirieke en enige ander
materiaal wat jou inspireer
Navorsing oor kunstenaars wat jou
geïnspireer het
Eksperimentering met media en/of
verskillende tegnieke
Alle materiaal moet verband hou met die
ontwikkeling van jou werk en moet jou
besluite ondersteun
Prosestekeninge Minstens 30% moet tekeninge wees om jou 25%
konsep-ontwikkeling te verduidelik
Aanbieding en algehele Visueel interessant wat 'n persoonlike 25%
voorkoms benadering toon
Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10
bladsye bestaan
TOTAAL 50
ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK/PRAKTIES
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in:
Keuse en gebruik van Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die konsep
materiaal/tegnieke Veilig en hanteerbaar
Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele Die belangrikheid van die elemente en beginsels van
kunselemente kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme,
balans, harmonie, proporsie en komposisie
Geheelindruk van werk: Ontwikkeling van nuwe en unieke oplossings
oorspronklikheid, kreatiwiteit,
innovering
Interpretasie en praktiese 'n Persoonlike interpretasie van 'n tema
toepassing van navorsing Eksperimentering
Probeer nuwe uitdagings
Voltooiing en aanbieding van Aandag aan besonderhede
kunswerk Taak in toegelate tyd voltooi
Aanbieding volgens taak
TOTAAL 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 17 DBE/2021
Eksamenriglyne
ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK
Hierdie beskrywende rubriek moet in ALLE praktiese assesserings (Bronboeke, Kunswerke
en PAT-uitstalling) gebruik word om standaardisering te verseker.
Uitstaande 90–100 Die leerder het baie idees ontwikkel en ongewone kombinasies of
veranderinge ondersoek voordat een finale idee gekies is; hou verband
met vorige kennis; meesterlike probleemoplossingsvaardighede.
Poging is veel meer as wat nodig was.
Die 'WOW'-faktor is duidelik.
Werke toon groot innovasie.
Inhoudelike/Konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.
Die werk spreek in geheel van selfvertroue en is stemmingsvol; dit betrek
die kyker met uitstekende visuele eienskappe.
Uitstaande en oorspronklike visie. Buitengewone vermoë, ryk aan
kreatiwiteit, insigryk, vloeiend, hoë vaardigheid, waarneming en kennis
sterk uitgedruk, ondersteun deur oorspronklike of ongewone keuse van
relevante visuele verwysings.
Uitstekend 80–89 Treffende impak; die meeste van bogenoemde; gedetailleerd; goed
georganiseerd en samehangend, afgerond; vaardigheid duidelik;
ondersteun deur oorspronklike/ongewone/relevante visuele verwysings;
aanbieding oorspronklik en oordink; 'n paar geringe foute sigbaar.
Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend nie
OF baie innoverend, maar 'n gebrek aan tegniese rykheid.
Baie goed 70–79 Goed georganiseerd, soos hierbo, maar gebrek aan 'sprankel' (minder
oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en innovering); goeie
vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud; ondersteun deur 'n goeie
keuse van relevante visuele verwysings; duidelike sorg en moeite met
oorspronklike aanbieding gedoen; 'n paar duidelike teenstrydighede/
tekortkominge.
Goeie bewys van moeite en toewyding. Interessant/Innoverend/Kreatief,
maar nie tegnies afgehandel nie.
Tegnies goed, maar ontbreek konseptuele rykheid of andersom. Werk is
dalk op kreatiewe vlak innoverend, maar gebrek aan tegniese
vaardigheid.
Goed 60–69 Die werk toon 'n mate van oorspronklikheid; duidelike voorneme;
oortuigend; eenvoudige direkte gebruik van medium; toon begrip, maar
neig soms na 'n alledaagse en stereotipiese reaksie; voldoende keuse
van relevante visuele verwysings; redelike moeite met aanbieding
gedoen; steurende/duidelike teenstrydighede.
Goeie vlak van bevoegdheid.
Gemiddeld 50–59 Voldoende; voel meganies; afgelei of gekopieer; min insig.
Verbeeldingloos; 'n paar visuele verwysings nie altyd duidelik
geïdentifiseer nie.
Billike aanbieding; baie steurende teenstrydighede.
Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid. Moontlik beperkte
betrokkenheid ten opsigte van tyd en moeite.
Visuele beelde is uit ander bron gekopieer met min transformasie van
beelde.
Min bewyse dat iets ongewoon probeer is.
Die omvang van die werk is beperk en/of herhalend.
Onder 40–49 Genoeg materiaal/werke om te slaag; nie logies gekonstrueer nie.
gemiddeld Beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede en/of gebrek
aan tyd aan taak bestee, kan hiertoe bydra.
Min gebruik van visuele inligting; lomp of slordige aanbieding; het
ondersteuning/motivering nodig om te slaag.
Visuele beelde is uit ander bron gekopieer met baie min transformasie
van beelde.
Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van beplanning, of
onvolledige beplanning nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 18 DBE/2021
Eksamenriglyne
Swak 30–39 Net genoeg materiaal/werke om te slaag.
Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese
vaardighede gebruik.
Min moeite gedoen om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te bied;
min of geen visuele inligting/verwysings nie.
Algemene gebrek aan toewyding; het ondersteuning/motivering
nodig om te slaag
Onvoldoende tyd aan taak gewy. Standaard onder dit wat
aanvaarbaar is.
Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en
oppervlakkig. Geen bewyse van oorspronklike denke nie.
Baie swak 20–29 Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie; min
Druip of irrelevante werk/visuele inligting.
Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te bied
nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.
Baie swak vaardigheidsvlak.
Projek is baie swak of onvoltooid.
Swak artistiese besluitneming.
Klasse is gemis en leerder het nie die werk ingehaal nie.
Onaanvaarbaar 0–19 Onsamehangend; irrelevant, baie min of geen werk nie; gebrek aan
Druip selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking.
Werk onvoltooid.
Swak artistiese besluitneming/leerder het geen moeite gedoen nie.
Die meeste klasse is gemis en leerder het nie die werk ingehaal nie.
Onsamehangend: irrelevant, baie min of geen werk nie: gebrek
aan selfs beperkte vaardighede wat toegepas word. Geen
toegewydheid/samewerking nie.
Vraestel 2: Nasien en Moderering
Nasien moet volgens die DBE-rubrieke deur 'n paneel (mede-onderwysers of aangestelde
paneel) gedoen word.
Alle leerders moet individueel gemodereer word, m.a.w. moderering van aangesig tot
aangesig of aanlyn, om die proses, produkte en punte te verifieer. Hierdie moderering moet
deur provinsiale beamptes en/of persone aangestel deur die provinsie, gedoen word.
Die provinsiale onderwysdepartement bestuur hierdie proses.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 19 DBE/2021
Eksamenriglyne
HOOFSTUK 4: ALGEMENE VAKINLIGTING
4.1 Verduideliking van Terminologie
Visuele geletterdheid: Die eerste vlak van visuele geletterdheid is eenvoudige kennis: basiese
identifisering van die onderwerp of elemente in 'n kunswerk. Alhoewel akkurate inligting belangrik
is, is die verstaan van wat ons sien en die begrip van visuele verhoudings egter net so belangrik.
Hierdie hoër vlak van visuele geletterdheidsvaardighede vereis kritiese denke.
Formele analise: 'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele elemente in 'n
kunswerk, soos lyn, kleur, komposisie, ens.
Visuele analise: Dit is nie net 'n formele analise nie, dit sluit ook styl, tegniek, kontekstuele
invloede, betekenis en interpretasie in.
Die volgende is 'n paar van die sleutelkonsepte wat leerders moet verstaan en in kunswerke moet
kan identifiseer en verduidelik.
Formele elemente van kuns:
o Lyn (verskillende eienskappe van lyne, kontoerlyne, ens.)
o Fatsoen en vorm (positiewe en negatiewe vorms, organies en anorganies)
o Tonale waardes (chiaroscuro)
o Tekstuur (geïmpliseerde en tasbare teksture)
o Kleur (kleurteorie, bv. primêre, sekondêre, komplementêre, tersiêre, monochromaties, koel
en warm kleure en hul invloed op 'n kunswerk)
o Ruimte (lyn- en ruimteperspektief)
o Patroon
Ontwerpbeginsels (soos eenheid, ritme, beweging, proporsie/verhouding, klem, kontras,
ens.)
Komposisie en fokuspunt
Verskillende kunswerkmedia (olieverfskilderye, marmerbeeldhouwerke, ens.)
Tegnieke (bv. ingewerkte/vermengde areas of definitiewe kwashale by 'n skildery, kerwing of
modellering by 'n beeld)
Style (soos naturalisme, ekspressionisme, stilering, simbolisme, abstrak)
Frontaliteit, verwringing, vereenvoudiging, ens.
Begrip van konsepte/idees, soos Westerse Kuns, Nie-Westerse Kuns, Inheemse Kuns,
modernisme, postmodernisme, funksionalisme, propagandakuns, toe-eiening, ens.
Konsepte/Idees/Ideologieë wat spesifiek met Suid-Afrikaanse geskiedenis en kuns verband
hou, soos apartheid, weerstandskuns, die 'afgeskeepte tradisie', ens.
(Raadpleeg woordelys in die goedgekeurde handboek en/of kunsboeke vir verduidelikings.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 20 DBE/2021
Eksamenriglyne
4.2 Bronne
Handboek deur die Departement van Basiese Onderwys goedgekeur
Visuele Kunste Graad 12 Leerderboek. Future Managers.
Vir 'n omvattende lys met relevante boeke en webtuistes, raadpleeg die Visuele Kunste-
KABV-dokument.
Ander bronne
Vir inhoud in Visuele Kunste (Onderwerp 3) in graad 12 fokus op Suid-Afrikaanse kuns.
Onderwysers moet op die uitkyk wees vir uitstallings van gevestigde en opkomende
kunstenaars by kunsmuseums en -galerye. Daar is dikwels boeke oor spesifieke kunstenaars
en/of brosjures beskikbaar by hierdie uitstallings wat waardevolle hulpbronne vir onderrig is.
Versamel ook resensies en artikels oor Suid-Afrikaanse kuns uit koerante en tydskrifte. Art
South Africa en Art Times is twee gespesialiseerde tydskrifte oor Suid-Afrikaanse kuns.
Gereelde, volgehoue besoeke aan, en besprekings oor, kontemporêre uitstallings word sterk
aanbeveel. Dit is belangrik dat die leerder kunswerke eerstehands ervaar en leerders behoort
gedurende die jaar ten minste een plaaslike uitstalling te besoek.
Die klem moet op die visuele beelde wees om die interaksie tussen kuns en die gemeenskap
te toon. Die toon van visuele beelde in die vorm van skyfies, PowerPoint-aanbiedings, groot
fotostate, DVD's, ens. is noodsaaklik, en leerders moet by hierdie beelde in die klas betrokke
raak.
Die klem op visuele geletterdheid maak dit 'n dinamiese en interaktiewe vak. Leerders moet
gelei word om aktief deel te neem deur middel van ondervraging, besprekings, debatte,
speletjies en ander interaktiewe aktiwiteite. Gebruik visuele geletterdheid om leerders se
praktiese werk te versterk.
Gee aan leerders baie geleenthede om oor kuns te skryf, hul skryfvaardighede te ontwikkel en
om kunsterminologie te gebruik. Dit hoef nie lang navorsingsopstelle te wees nie, maar kan
korter, meer gereelde take wees (bv. verslag oor die kunswerke by 'n uitstalling gesien, 'n
visuele analise van 'n ongesiene kunswerk(e), leerders se eie voorbeelde wat gebruik is om 'n
saak/kwessie of tema te illustreer, werksblaaie, maak van flitskaarte).
Moedig leerders aan om kunsuitstallings en -galerye te besoek, resensies van uitstallings te
lees en te versamel, kunsboeke te lees en daardeur te blaai en navorsing op die internet te
doen.
Onderwysers moet hul eie versameling projek-opdragte, naslaanboeke, katalogusse en
tydskrifte, foto's, skyfies, DVD's, ens. ontwikkel en gebruik om waardevolle onderrig en
leerondersteuningsmateriaal vir die praktiese vaardighede wat deur die KABV vereis word, te
voorsien.
Alle onderwysers word aangemoedig om hulpbronne in groepe of klusters te deel en te
ontwikkel – sodoende word die werkslading en inligting gedeel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 21 DBE/2021
Eksamenriglyne
HOOFSTUK 5: ALGEMENE RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
5.1 Vraestel 1 (Onderwerp 3)
Leer leerders hoe om 'n vraag te benader. Leerders moet die betekenis van die
instruksiewoord verstaan, soos 'bespreek', 'vergelyk' of 'ontleed', en seker maak dat hulle
hierdie instruksies volg.
Leer leerders om die vrae aandagtig deur te lees om uit te vind wat die beperkinge is,
byvoorbeeld of hulle twee spesifieke werke van 'n kunstenaar moet bespreek OF die werk van
enige twee kunstenaars moet bespreek.
Leer leerders om spesifiek te wees en nie persoonlike oordele te maak wat nie met redes
geregverdig/gemotiveer kan word nie.
Maak seker dat leerders die formele elemente en kunsbeginsels werklik ken en verstaan en
weet hoe om dit toe te pas.
Hulle moet die korrekte kunsterminologie gebruik.
Met betrekking tot 'ongesiene' kunswerke waar hulle vaardighede van visuele geletterdsheid
moet gebruik:
o Leerders moet die onderskrifte goed bestudeer – onderskrifte verskaf die naam van die
kunstenaar, titel van die werk, datum en medium. Dit is leidrade om te gebruik.
o Voorbeeld: die medium is belangrik – is dit 'n beeldhouwerk, skildery of tekening?
Leerders gaan nie die agtergrond van 'n beeldhouwerk bespreek nie. As dit bv. 'n skildery
is, kan hulle oor die styl, kwashale, ens. skryf.
o Leerders moet sorgvuldig lees wat hulle moet bespreek en daaroor skryf – dit help nie om
slegs kleur te bespreek en komposisie word geïgnoreer nie (afhangend van wat gevra
word). Alhoewel die kolpunte dikwels gebruik word om leerders se antwoorde te lei, moet
hulle op 'n holistiese manier antwoord.
o Hulle moenie obskuur wees nie – 'n klein vertikale lyntjie in die agtergrond beeld nie krag
en sterkte uit nie – konsentreer eerder op die hoofelemente.
o Betekenis/Interpretasie – Leerders moet bedag wees op ongegronde stories wat nie met
die werk verband hou nie. Die tema van die vraag is daar om hulle te help, bv. as dit oor
geslagskwessies handel, moet hulle hul kennis van hierdie kwessie op die spesifieke werk
toepas. Hulle moet ook bedag wees op 'preke' oor sosiale kwessies of godsdiens wat nie
met die werk verband hou nie – vroue as slawe, ens.
o Leerders moet let op die lengte van antwoorde. 'n Gids word in die vraestel verskaf, bv.
10 punte sal ten minste EEN bladsy skryfwerk wees.
Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, sal NIE gekrediteer word indien dit in
ander antwoorde herhaal word NIE, maar kruisverwysings tussen kunswerke is toelaatbaar.
Leerders moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk noem, waar van
toepassing.
Leerders moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, waar van toepassing.
Puntsgewyse antwoorde sal nie volpunte kry nie.
Krediet sal vir deurdagte, kreatiewe en persoonlike antwoorde gegee word. Leerders moet
streef na 'n ingeligte, persoonlike dialoog eerder as 'n 'akademiese uitstorting' van inligting wat
uit aantekeninge geneem is.
Leerders moet vorige vraestelle bestudeer.
5.2 Vraestel 2 (Onderwerp 1 en 2)
Bestudeer die Riglyne in 3.2 oor Vraestel 2: Praktiese Eksamen sorgvuldig.
Bestudeer vorige vraestelle
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visual Arts 22 DBE/2021
Examination Guidelines
HOOFSTUK 6: SLOT
Dit word in die vooruitsig gestel dat hierdie Eksamenriglyne-dokument as 'n instrument sal dien
om onderwysers te versterk en te bemagtig om geldige en betroubare assesseringsitems in al hul
klaskameraktiwiteite op te stel.
Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die
Aangepaste KABV-dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.
Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Eng)
More from Grade 12 Visual Arts

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper