Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
VISUELE KUNS V1
(TEORIE)
2019
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Approved E.E. Louw, Internal Moderator
20 June 2019
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 398.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC June Exam 2021
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 2Multi-Media and New Media Art20 marks
- Question 3Socio-Political Art20 marks
- Question 4Art Craft and Spiritual Works from Rural South Africa20 marks
- Question 5Multi-Media and New Media Art20 marks
- Question 6Post-1994 Democratic Identity in South African Art20 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 2 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:
1. Die nasiener riglyn bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae vir
'n totaal van 100 punte beantwoord.
2. Dit is BAIE BELANGRIK dat voorsiening gemaak word vir die kandidate in
baie gevalle:
Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
antwoorde gee.
Krediet moet ook aan laterale denke gegee word.
Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
na spesifieke faktore te verwys.
3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
antwoord te struktureer.
4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
kunswerke is toelaatbaar.
5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word toegeken aan die korrekte
kunstenaar en titel van kunswerk.
6. Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige
antwoord bespreek, waar van toepassing.
7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek, terwyl hulle
dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van
die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees
in die nasienproses.
ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners sowel as 'n onderrigmiddel
dien. Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat
die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die
nasienriglyne kan slegs 'n voorgestelde gids wees.
LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie.
Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.
Nasieners moet na die Visuele Kuns KABD dokument bladsy 45 verwys om die
vlakke van prestasie te bepaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 3 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer
PRESTASIE-
LEERUITKOMS 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES
KODE
7 Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Uitstekend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
80–100% lewer.
Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
van kuns.
Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
6 Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Verdienstelik kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
70–79% kommentaar te lewer.
Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
kuns.
Toon uitstekende insig en begrip.
5 Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Substansieel sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
60–69% lewer.
Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
kuns.
Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
4 Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Gemiddeld sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
50–59% Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
3 Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Bevredigend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
40–49% Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.
2 Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Elementêr sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
30–39% Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.
1 Demonstreer 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul
kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
Nie behaal nie te lewer.
0–29% Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon min of geen begrip of insig nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 4 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.
Die volgende puntetoekenning moet ingedagte gehou word wanneer slegs EEN
kunswerk/kunstenaar bespreek word in plaas van TWEE.
6 punte (maks 3)
8 punte (maks 5)
10 punte (maks 6)
12 punte (maks 7)
14 punte (maks 8)
20 punte (maks 12)
As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle in die verskillende provinsies,
moet die provinsies die nasienersriglyne aanpas vir interpretasie.
KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.
VRAAG 1: DIE STEM VAN VERRYSENDE KUNSTENAARS
Maar ek kom van Afrika, en toe God Afrika gemaak het, het hy ook pragtige landskappe
geskep sodat Afrikane dit kan bewonder en skilder.
Mohl
1.1 Kandidate moet die kunswerke in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b met mekaar
vergelyk deur die volgende te oorweeg::
Kleur en lyn
FIGUUR 1a:
Geen skakering of modulering van kleur. In die helder middagson, verloor objekte
hulle volume en die sterk lig reduseer hulle tot twee dimensies, wat dit in plat
vlakke verander. Bruine en perse is gebruik in die donker areas van die landskap
en dit word verhelder deur oranje in die berge en geel-oker en wit in die
plaashuis. Daar is duidelike en vereenvoudigde lyne in die bome en rotse. 'n
Stemmige palet van monochromatiese kleur vul die voorgrond wat omraam is
met bome.
FIGUUR 1b:
Impressionistiese gebruik van blou en geel-oranje vang die atmosferiese kleure
van die tyd van die dag vas. Sagte bloue, perse en gele verhelder die lug. Blou
en pers is in kort kwashale aangewend op die sinkdak van die huis. Gebrande
siënna is gebruik in die struktuur van die huis en groen en geel-oker is gebruik in
die veld in die voorgrond. 'n Klein figuurtjie word beklemtoon deur 'n rooi hoed,
blou hemp en oranje rok, wat 'n sterk kontras vorm teen die siënna van die
gebou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 5 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
Komposisie
FIGUUR 1a:
'n Geometriese landskap is weergegee deur bome te gebruik as 'n raam in die
voorgrond. 'n Plaashuis met buite geboue is geskilder in die middel van die
kunswerk en 'n verligte rotsformasie van berge daaragter, skep diepte en
perspektief.
FIGUUR 1b:
'n Vroeë oggend toneel of die naderende skadu's van 'n sonsondergang is
vasgevang. 'n Vervalle kothuis met 'n sinkdak is in die middel van die prentvlak
geplaas. Aan weerskante van die huis is kleiner buitegeboue. 'n Lamlendige hout
heining en doringdraad is voor die kothuis geplaas. Rook kom uit die skoorstene
van die twee geboue. 'n Manlike figuur kom aangestap van die linkerkant en 'n
vroulike figuur dra 'n bondel hout na die kothuis toe.
Styl en tegniek
FIGUUR 1a:
'n Impressionistiese invloed van kleur en lig. Die kunstenaar neem lig effekte
waar wat net in Afrika gevind word bv. geel-oker, rooie en oranjes wat verskil van
die atmosferiese lig in verskeie lande. Die skildery het 'n geometriese styl wat
driehoeke vorm. Liniêre ritme en vereenvoudigde vorms skep harmonie en
kalmte. Kubistiese, geometriese vorms en sterk dun lyne is waarneembaar deur
die hele skildery. Gestruktureerde spasie en verhouding herinner aan 'n
argitektoniese benadering. Pierneef het berge en rotsformasies as strukture
hanteer. Die werk het 'n plat, twee-dimensionele kwaliteit.
FIGUUR 1b:
Impressionistiese styl, wat die verskeie atmosfere van 'n landelike
dorpsgemeenskap vasvang. Fyn sagte kwaswerk is sigbaar.
Fokuspunt
FIGUUR 1a:
Die berg agter die plaashuis word die werklike fokuspunt. Die donker bome wat
die voorgrond omraam en die lig-oker kleur in die agtergrond fokus die oog op
die rotse.
FIGUUR 1b:
Die fokuspunt is geskep deur die kothuis op die horisonlyn te plaas aangesien dit
'n sterk kontras vorm teen die lug.
Stemming en atmosfeer
FIGUUR 1a:
Die landskap het 'n misterieuse en kalm gevoel wat eensaam en verlate voorkom
en daar is geen beweging of teken van lewe nie.
FIGUUR 1b:
'n Rustige, vreedsame stemming is geskep. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 6 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
1.2 Kandidate moet enige TWEE kunswerke van verskillende Suid Afrikaanse
kunstenaars wat hulle bestudeer het bespreek, wat kommentaar lewer oor
mense en hulle omgewing.
Hulle moet die volgende in hulle antwoord insluit:
Sosiale/Kulturele invloede
Media en tegniek
Kuns elemente
Styl
Stories wat vertel is (narratief) (12)
[20]
VRAAG 2 SUID-AFRIKAANSE KUNSTNAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
FIGUUR 2a is 'n gesamentlike werk deur Jaco Van Schalkwyk en beeldhouer, Allen
Laing.
Die kunswerk is in instaphokkies in die galery uitgestal om die besoekers in staat te
stel om in die instaphokkies in te stap en kontak te hê met die kunswerke wat die
idee/konsep van die glasskeiding wat in die meeste Westerse museums as
beskerming tussen die kyker en die kunswerk gebruik word, te verwyder.
Die kunswerk, Retroquire xiGubu, fokus daarop om Afrika-figuurtjies met Westerse
funksionele objekte, soos kombuisskale te kontrasteer. Die kunswerk kan ook in die
rondte draai wanneer die kyker op die pedaal by die voetstuk druk. FIGUUR 2b
verteenwoordig 'n stillewe-skildery van Afrika-figuurtjies, geskilder deur die Duitse
ekspressionis, Max Pechstein.
2.1 Kandidate moet verwys na FIGUUR 2a en 2b en die volgende beantwoord:
Hoekom die kunstenaar Westerse daaglikse objekte in FIGUUR 2a
gebruik het.
Die kunstenaar wil die kunswerk meer toereikend maak deur Afrika en
verwesterse gemeenskappe te versmelt tot 'n eenheid. Die funksie van
alledaagse objekte verander aangesien dit nou deel is van 'n kunswerk en nie
meer as 'n funksionele/bruikbare objek in die kombuis gebruik kan word nie.
Die funksie van beide Afrika en Westerse objekte verander. Van Schalkwyk
wys hierdie artefakte (Afrika figuurtjies) in hulle ware konteks van funksionele
items in plaas van objekte van die skone kunste
Die betekenis daarvan om 'beweging' in die kunswerk in te bring.
Die kunstenaar wil die besoeker betrokke maak by die kunswerk en sodra die
kyker die drom pedaal druk, roteer die kunswerk en word dit 'n rituele
instrument met die 'figuurtjies' van die Weste en Afrika in gesprek deur hulle
bewegings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 7 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
Hoekom FIGUUR 2a nie uitgestal is agter 'n glas skeiding nie.
Kandidate moet hulle antwoorde motiveer.
Kuns word gewoonlik uitgestal agter glas in 'n galery. Besoekers kan letterlik
in hierdie kabinet/uitstalling instap en deel neem aan die kunswerke, om
sodoende die idee van 'n glas skeiding in die westerse museum konsep te
elimineer.
Moontlike invloede in FIGUUR 2b.
Kubisme, Picasso en Afrika kuns.
Verskille in skaal, kontras en tekstuur in FIGURE 2a en 2b.
FIGUUR 2a:
Hierdie is 'n installasie. Die figuurtjies is klein in vergelyking met die
omliggende ruimte en lyk amper soos miniatuur beeldhouwerke. Daar is 'n
dinamiese kontras tussen die wit ruimtes in die agtergrond en die donker
beeldhouwerke/gevonde voorwerpe. Die beeldhouwerke is glad.
FIGUUR 2b:
Die vier Afrika artefakte/figuurtjies domineer die prentvlak. Hulle is groter met
'n monumentale gevoel. Die figuurtjies domineer die middelgrond. Die
tekstuur word te kenne gegee deur vorm wat organies, hoekig en gekurf is. (8)
2.2 Kandidate moet TWEE kunswerke van verskillende kunstenaars wat hulle
bestudeer het bespreek, wie se werk uitdrukking gee aan hulle Afrika identiteit
te wyte aan die invloede van inheemse Afrika kunsvorme.
Hulle moet die volgende riglyne gebruik:
Die invloed van inheemse Afrika kunsvorme en simbole
Kunselemente en beginsels van kuns
Styl en tegniek
Moontlike boodskappe/betekenisse (12)
[20]
Instaphokkies: driedimensionele spasie waar jy in loop
Gesamentlike werk: om saam met 'n ander persoon te werk om iets te skep of te
vervaardig.
Mobiel: nie vas nie, beweeglik Mobiel: bewegend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 8 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, INSLUITENDE WEERSTANDSKUNS
VAN DIE 1970s EN 1980s
Baie kunstenaars het Goya se The Third of May 1808 (Die Teregstellings van die
Derde Mei 1808) as inspirasie vir hulle eie uitbeeldiing van politieke moorde gebruik.
In FIGUUR 3b gebruik Tammam Azzam Goya se skildery wat hy teen
gebombardeerde geboue projekteer om die aandag op die tragedie van die Siriese
oorlog te vestig.
3.1 Al twee werke verteenwoordig 'n tragedie in die wêreld. Kandidate moet uitbrei
oor hierdie standpunt deur die volgende vrae te bespreek.
Enige DRIE aspekte wat ons bewus maak daarvan dat hierdie
kunswerke 'n tragedie verteenwoordig
Verwoeste gebombardeerde geboue, mense wat deur soldate geskiet word,
dooie mense wat op die grond lê. Die platgeslane uitrukking op die mense se
gesigte.
Die gebruik van kleur en die moontlike simbolisme in beide bronne.
FIGUUR 3a:
Die kleur is sterk en vibrerend met wit ligpunte op die figuur wat vermoor word.
Die wit hemp maak hom die fokuspunt wat sinoniem is met 'n gekruisigde
figuur. Die kleur rooi word herhaal in die sentrale figuur en die bloed spatsels
op die grond.
FIGUUR 3b:
Die sterk vibrerende kleure van die mense is juksta-geplaas teen die grys
monochromatiese gebombardeerde geboue.
Fokuspunt.
FIGURE 3a en b:
Die figuur in die wit hemp en geel broek. Die wit is vibrerend en baie ligter as
die res van die skildery wat die figuur laat uitstaan. Hy kom ooreen met iemand
wat vervolg of gekruisig word aangesien hy uitgebeeld word met sy arms in die
lug asof hy oorgee aan die gereg.
Die effek van beligting in FIGUUR 3a.
Die figuur in wit en geel is verlig deur die lamp wat skyn. Daar is 'n uiterse
verskil in lig tussen die figure en die soldate. (Chiaroscuro) Die mense om die
figure is ook verlig wat die bloedvergieting versterk.
Hoekom die kunstenaar die kunswerk op spesifieke plekke
geprojekteer het. FIGUUR 3b. Kandidate moet hulle antwoord staaf.
Azzam gebruik identifiseerbare kunswerke om aandag te vestig op die
tragedie in Sirië.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 9 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
Perspektief en komposisie in beide FIGURE 3a en 3b.
Beide kunswerke het negatiewe ruimte en diepte is geskep deur die
kunstenaars wat 'n verdwyningspunt insluit. Soos wat jy in die ruimte na
agter beweeg, word objekte kleiner wat die gebruik van perspektief versterk.
Al twee kunstenaar het kleiner geboue in die agtergrond geplaas om
perspektief te skep. Al twee komposisies het 'n voorgrond, middelgrond en
agtergrond. Beide kunswerke sluit in 'n lamp, soldate en gevangenisse.
FIGUUR 3a het 'n landskap terwyl FIGUUR 3b 'n stadstoneel is bestaande
uit ruïnes van geboue.
(10)
3.2 Kandidate moet enige TWEE kunswerke van verskillende kunstenaars
vergelyk hoe hulle vroeëre/huidige sosio-politieke kwessies in hulle werk
uitgedruk het. (10)
[20]
Goya: 'n Spaanse kunstenaar van die vroeë 19 de Eeu, wie se skildery die Derde de
Mei gebaseer is op die gruweldade van oorlog.
Sirië: 'n Oorloggeteisterde Midde-Oosterse land.
VRAAG 4 : KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE AFRIKA
Weefkuns is 'n tradisionele tipe kunsvlyt wat al vir eeue lank beoefen word. Mandjies
is tradisioneel vir funksionele, godsdienstige en kommersiële doeleindes gemaak.
Hedendaagse kunstenaars word deesdae deur hierdie tradisionele kunsvlyt beïnvloed
en geïnspireer wat tot nuwe en opwindende kunswerke lei.
4.1 Kandidate moet die weefkuns bespreek en die invloed daarvan op nuwe
kunstenaars.
Hulle mag van die volgende riglyne gebruik maak:
Tipe materiale wat kan gebruik word vir tradisionele en kontemporêre
weefwerk.
Baie verskillende materiale kan gebruik word vir weefwerk Natuurlike materiaal
soos palm blare, grasse, rottang, sisal, riete, wol, katoen en denne naalde wat
uit die natuur verkry kan word, asook mensgemaakte materiale soos herwonne
plastiek, draad, metale en materiaal (lap) kan gebruik word.
Die impak van lyn en tekstuur in FIGUUR 4d.
Hierdie mandjie is gevorm en genoop deur dik rottang stringe te gebruik. Die
stringe is geweef en inmekaar geknoop deur 'n oneweredige oop gevlegte
tegniek. Hierdie rottang stringe skep visuele lyne en 'n growwe tekstuur. Aan
die bo-punt van die mandjie is 'n meer stywe, egalige gevlegte rand.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 10 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
Gebruik van kleur en patroon in FIGURE 4b en 4c.
FIGUUR 4b:
'n Koper kleurige draad is fyn geweef in 'n tradisionele, geronde bierpot vorm.
Fyn wit en swart glas krale is in bande om die mandjie geweef, wat 'n sig-sag
patroon en lyne skep.
FIGUUR 4c:
Hierdie mandjie het dele wat dig geweef is en dele wat oop gelaat is om
oneweredige opening en vorm te skep. Natuurlike gras is gebruik en 'n helder
pienk kleur is onder aan die linkerkant sigbaar en aan die bo-punt regs is pienk
en geel driehoeke wat 'n geometriese patroon skep. Klein gevlegte sirkels is
aanmekaar gesit om ketting vorms te skep en is aangebring aan die linkerkant
van die mandjie. Hierdie is 'n meer losgeweefde oop area. Dun swart
stringetjies is los geweef oor die oop gedeeltes aan die regterkant om tekstuur
te skep.
Funksies van die mandjies in FIGURE 4b, 4c en 4d.
FIGUUR 4b:
Hierdie is 'n dekoratiewe mandjie wat uitgestal kan word vir estetiese
doeleindes. Dit kan ook gebruik word om items te berg soos vrugte of sleutels.
FIGUUR 4c:
Die mandjie het estetiese waarde en kan uitgestal word as 'n kunswerk.
FIGUUR 4d:
Die mandjie kan gebruik word om items in te stoor of kan net uitgestal word vir
die mooiheid.
Invloede en estetiese aantrekking.
Die mandjies is beïnvloed deur tradisionele weef tegnieke van die verlede. Styf
geweefde tegnieke en ook los gevlegte tegnieke is gebruik. Kontemporêre
wewers kombineer tradisionele weef tegnieke met hulle eie kreatiewe tegnieke
om estetiese aangenaam kunswerke te skep. (8)
4.2 Kandidate moet die werke bespreek van enige TWEE kunsvlyt kunstenaars
en/of spirituele kunstenaars wat hulle bestudeer het.
Hulle mag die volgende riglyne gebruik:
Invloede
Kunselemente
Tegnieke en materiale
Funksionaliteit (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 11 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE
KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID AFRIKA
In beide FIGUUR 5a en 5b is dierelemente sigbaar. Frances Goodman is daarin
geïnteresseerd om vals naels as 'n metafoor te gebruik terwyl Nandipha Mntambo die
vroulike liggaam met diervelle kombineer.
5.1 Kandidate moet FIGUUR 5a en 5b analiseer deur die volgende te oorweeg:
Vir die onderwyser:
Gebore in 1975 in Johannesburg. Frances Goodman is besig om
bekendheid te verwerf as een van Suid Afrika se voorste kunstenaars wat
haar uitlaat oor feminisme, verbruikersdruk en begeertes.
Die moontlike metaforiese betekenis van die kunstenaar se keuse
van medium in FIGURE 5a en 5b: Brei uit.
FIGUUR 5a:
Die kunstenaar is geïnteresseerd in vals naels as 'n uitgebreide verlenging
van die liggaam. Sy verhef dit deur grootte en vorm te beklemtoon om
liggaamsvorm te skep. Sy is geïnteresseerd in vals naels as skubbe, vel en
harnas. Die verbintenis in mode en klere is gemanifesteer in hierdie
saamgestelde stuk met avant-garde Suid Afrikaanse mode ontwerper,
Suzaan Heyns.
FIGUUR 5b:
Nandipha Mntambo skep beeldhou vorms wat die vroulike liggaam
kombineer en kontrasteer met dier vel. Sy is geïnteresseerd in die skeiding
tussen diere en mense. Sy word geboei met die idee van skoonheid en hoe
dit gekoppel is aan liggaamshare.
Die sigbare diere elemente in FIGURE 5a en 5b en die effek op die
kyker
FIGUUR 5a:
Die titel van die werk, 'Melusine', verwys na die figuur in Europese
volksverhale, 'n vroulike gees in 'n heilige fontein of rivier. Sy word
gewoonlik uitgebeeld met die onderlyf van 'n vis soos 'n meermin. Soms
word sy uitgebeeld met vlerke, twee sterte of beide. Die beeldhouwerk het
tentakels aan die onderkant wat slange of 'n seekat verteenwoordig. Die
model in die uitvoering het vals dierlike kloue. Haar houding is dreigend of
as 'n voorbode.
FIGUUR 5b:
Sy kontrasteer die vroulike vorm en diervel. Alhoewel die menslike vorm
afwesig is, bly die kurwes en lyne in die harige beesvelle. Sy gebruik haar
eie liggaam as 'n gietvorm vir die beeldhouwerke. Sy verkry die beesvelle
van 'n verskaffer en gebruik die vel-brei proses wat 'n harde vorm tot
gevolg het as dit droog is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 12 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
Hoe beweging geskep is in FIGURE 5a en 5b
FIGUUR 5a:
Die lae en posisie van die naels suggereer beweging, nogtans is die werk
staties en breekbaar. Die beeldagtige rok word geaktiveer deur 'n
uitvoerende kunstenaar wat binne in 'n kostuum geplaas is. Die
beeldhouwerk is fisies stilstaande en die naels is gebruik om beweging te
skep. Die kostuum word vasgevang in die beweging van die kunstenaar
wat dit moeilik vind met die beperking van die naels.
FIGUUR 5b:
Sy vorm die velle as hulle nog modelleerbaar is om voue en plooie te skep
en dan word dit gelaat om hard en styf te word. Hierdie voue en vorms
skep 'n gevoel van beweging. Die figure wat hang, en die verhouding van
een figuur tot die ander, skep ook 'n gevoel van beweging.
Ooreenkomste en verskille
Beide FIGURE 5a en 5b gebruik die vroulike figuur as die basiese vorm.
Beide kunswerke hang en is lewensgroot. FIGUUR 5a is 'n enkel figuur
gemaak van plastiese kunsmatige naels terwyl FIGUUR 5b gevormde
beesvelle is wat oor 'n vroulike figuur gespan is om dieselfde vorm te skep.
FIGUUR 5a is 'n uitvoerende stuk, terwyl FIGUUR 5b 'n stilstaande
beeldhouwerk installasie is.
Moontlike boodskappe en betekenisse
FIGUUR 5a:
In FIGUUR 5a gebruik Frances Goodman een van die mode se uiterste
vroulike bykomstighede – die vals nael. Dit vertoon 'n kultuur van oormaat,
'n obsessie met die uiterlike voorkoms en materialisme.
FIGUUR 5b
Haar beeldhouwerk suggereer 'n simbiose met die natuur – die
teenwoordigheid van die vel, maar die afwesigheid van vlees. Sy is ook
geïnteresseerd in die elemente van aangetrokkenheid en weersin, hoe die
kykers sal reageer op 'n totale harige vroulike vorm. (10)
5.2 Kandidate moet enige TWEE Suid Afrikaanse kunswerke bespreek wat die
gebruik van multimedia/nuwe media in 'n interessante en nuwe manier
aanbied.
Hulle mag die volgende as riglyn gebruik:
Inhoud
Invloede
Media en tegnieke
Kunselemente
Betekenis en boodskappe (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 13 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: POST-1994 DEMOKRATRIESE IDENTITEIT IN SUID AFRIKA
Suid-Afrika het na demokrasie in 1994 baie veranderinge ervaar wat 'n nuwe identiteit op
alle vlakke van die samelewing uitbeeld.
6.1 Kandidate moet bespreek waarom so baie suid Afrikaanse kunstenaars
kwessies van identiteit ondersoek het na 1994. Hulle moet verwys na
FIGURE 6a en 6b.
Hulle kan die volgende as 'n riglyn gebruik:
Spesifieke kwessies verwant aan identiteit wat in die kunswerke
uitgedruk word
FIGUUR 6a:
Die figuur is weggedraai van die kyker, onwillig om die realiteit te besef. Dit
lyk asof die person skaam is en 'n klomp persoonlike kwessies dra wat
voorgestel word deur die manlike figuur langs hom. Om 'n nuwe identiteit te
verkry, moet 'n mens soms van jou kulturele erfenis opoffer. Die ouer man in
sy liggaam kan 'n vader/priester wees met wie hy geleer het om mee te
identifiseer in 'n kerklike gemeenskap. Hy het geen arms om homself mee te
verdedig nie, en word weerloos.
FIGUUR 6b:
Hierdie man kan minderwaardig voel as 'n individu soos wat hy die voertuie
aanskou wat by hom verbygaan, en hy moet veg in die teenoorgestelde
rigting vir oorlewing. Dit is asof hy in opstand kom teen rykdom. Hy is nie
alleen nie aangesien daar 'n figuur op die agterkant van die trolie voor hom
is.
Inhoud / Onderwerp
FIGUUR 6a:
'n Jong manlike figuur domineer die prentvlak. Sy gesig is weggedraai van
die kyker asof hy oogkontak vermy. Sy arms word agter sy rug gehou. Binne
in sy liggaam is 'n prent van 'n ouer man met 'n kraag om sy nek. Dit lyk asof
hy gevange gehou word of gehang is. Onder hierdie ouer man is 'n
opmekaar gestapelde groep kopbene. Bokant sy kop is 'n beeld van 'n ram
aan 'n tou. Dit kan soos 'n lam ter slagting wees.
FIGUUR 6b:
'n Arm man, geklee in net 'n broek en kaal voete, leun desperaat vooroor,
trek 'n swaar trollies wat gelaai is met kartonne. Hy sukkel om te oorleef in 'n
samelewing waar die gaping tussen armoede en rykdom baie vinnig groter
word. Hy kyk verbaas hoe sy medemens in luukse motors verby ry. Die
agtergrond is 'n konvooi verkeerspolisie op motorfietse en motors, wat 'n
belangrike persoon in 'n Mercedes Benz, wat in die middel van die prentvlak
is, begelei. Die beeld van die Mercedes Benz, wat normaalweg met ryk
mense geassosieer word, word ook herhaal in die voorgrond.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 14 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
Die doel van die beeld bo-kant die figuur se kop in FIGUUR 6a
Hierdie afbeelding kan verlossing verteenwoordig soos wat 'n skaapwagter
na sy skape omsien, of die man kan voel soos 'n lam ter slagting. Dit kon
wees dat hierdie 'n hanger om sy nek was en dat hy dit afgehaal het om
himself te distansieer van sy geloof. Kandidate mag dalk hierna verwys as
iets boos in kontras met die afbeelding van die kerk aan die onderkant.
Wat die kopbene mag voorstel in FIGUUR 6a
Dit mag dood oordeel of verrotting voorstel. Dit mag ook verwys na die wat
nie glo in die kerk nie en hel toe gestuur word. Dit kan ook verwys na spoke
van die verlede.
Plasing van die figure en die fokuspunte in beide figure
FIGUUR 6a:
Die manlike figuur domineer die prentvlak. Die figuur is geplaas asof hy in
die lug sweef, terwyl hy oor sy skouer kyk na die kerk in die verte. Sy kop is
weggedraai van die kyker, die figuur is geplaas op so 'n manier dat 'n
melankoliese atmosfeer geskep is. Binne in die figuur is beelde van die
dood. Die fokuspunt is die figuur in die voorgrond.
FIGUUR 6b:
Die manlike figuur beur vorentoe om 'n swaar trollie te sleep. Sy mond is
oopgesper in angstigheid asof hy teen swaartekrag en die wanbalans in die
verspreiding van rykdom veg. Hy is geplaas op 'n sypaadjie langs die kant
van 'n besige pad. Die fokuspunt is die straatpersoon wat sy trollie met afval
sleep.
Die doel van die kerk in FIGUUR 6a
Die kerk kan Christenskap en/of spiritualiteit verteenwoordig. Dit kan ook
verwys na die jong man se verlede, sy geskiedenis en kultuur. Hy mag dalk
verlang na sy kinderdae of verwerp sy geskiedenis.
Die betekenis van die motors in FIGUUR 6b
Die Mercedes Benz word geassosieer met ryk mense aangesien dit 'n duur
motor is. Die ander motors en motorfietse word gebruik as beskerming vir die
ryk persoon wat vervoer word.
Betekenis van die titels
FIGUUR 6a:
Afsny van die koord kan verwys na die feit dat die manlike figuur wat
koorde/stringe wil afknip wat hom verbind aan 'n spesifieke historiese en
kulturele identiteit. Dit kan ook beteken dat sy gedagtes 'n tweeledigheid van
identiteit bevat, waar die nuwe nog vashou aan die oue. Hy is besluitloos.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 15 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 6b:
Die man wat rommel bymekaar maak (akkumuleer) om vir herwinning te
gebruik, word na verwys na 'n agent. Dit plaas hom in 'n hoër vlak van die
samelewing, en hy word beloon met 'n titel as 'n agent. Die samelewing
benodig mense wat kan herwin, en in plaas daarvan om na hulle te verwys
as arm bedelaars of straatmense, lewer hulle 'n belangrike bydrae tot
opruiming van die mensdom se afval.
Vir die onderwyser:
Christiaan Diedericks beoog om die geskiedenis te herskryf en dokumenteer
hy 'n gevoel van selfbewustheid. Ons ondervind verskille in die samelewing
as 'n tydlose, organiese vloei van drome, geskiedenis en nuus. Hy sê, ons
het nog altyd na onsself gekeer vir/'n ruk, rou materiaal van skepping. Mense
behoort nie gevorm te word in biografieë nie. (10)
6.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE kunswerke van verskillende
kunstenaars bespreek wie identiteit in Suid Afrika na 1994 aanspreek. (10)
[20]
Knip: Om te skei, sny in twee of afsny.
Akkumulasie: Bymekaarmaak, kollekteer, geleidelik meer kry.
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Jody Paulson is 'n Kaapstadse kunstenaar wie se werk kommentaar lewer oor
geslag. Hy werk op 'n baie groot skaal en heg vilt uitknipsels op sy borde vas.
Kandidate moet kommentaar lewer oor hoe Jody Paulsen geslag aanspreek
7.1 deur te verwys na die volgende:
Geslagskwessies aangespreek
Die kunswerk spreek 'n samelewing aan waar dit aanvaarbaar is vir mense
wat dieselfde geslag verkies om saam te bly. Deur 'n sagte materiaal te
gebruik soos vilt, dui ook daarop dat mans ook sag en teer kan wees, Mans
kan soos tiere wees wat hulle gebied beskerm. Geslag kan ook vergelyk
word met voëls wat saam in 'n swerm leef. In die trope, lyk voëls, manlike en
vroulik dieselfde.
Die beeldgebruik en die moontlike betekenisse/simbolisme
Die kunswerk verteenwoordig 'n wapenteken of skild van lewe waar mense
van dieselfde geslag, (homo) kan bestaan. In die middel is 'n skild met 'n skip
op die see. Dit kan 'n skip verteenwoordig wat die mense vervoer na 'n
tropiese eiland ver weg van 'n bevooroordeelde gemeenskap. Bokant die
skild, in die middel is 'n ry vere wat normaalweg in die hooftooisel van 'n
Rooi-Indiaan gevind word. Dit kan suggereer dat hulle soldate of hoofmanne
is in hulle groep. Aan weerskante van die skild is twee manlike figure, een
donker en een gekleurd, geklee in wit broeke, Die een aan die linkerkant het
'n knuppel oor sy skouer en die ander een 'n byl, wat aandui dat hulle ook
manlike werk kan verrig. Hulle is al twee geklee in wit broeke wat ooreenkom
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 16 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
met judo-/karatedrag. 'n Simmetriese ontwerp, bestaande uit wit voëls wat
vryheid en vrede kan aandui, pienk flaminke wat skoonheid en vroulikheid
kan aandui, twee papegaaie wat op tropiese eilande gevind word waar hulle
vrylik kan leef, en tiere wat sterkte en leierskap simboliseer, omraam die skild
aan beide kante. 'n Boom in die middel met wortels en ander groen blare
vorm 'n krans om die skild. Die groen loof en die boom kan die groei van so 'n
gemeenskap voorstel. Die mans is in 'n verdedigende posisie uitgebeeld om
hierdie tropiese gemeenskap wat die paradys voorstel, te bewaar. Daar is 'n
slagspreuk in die lint, 'Homotropica'.
Kunselemente
Die herhaling van helder pienk en bloue in die voëls en die skild in die
middel, skep balans. Die groen van die loof word herhaal in die vlerke van die
papegaaie en in die krans wat gevorm word deur die blare. In die middel van
die skild is 'n swart en geel kolletjie-gedrukte sirkel. Die geel is herhaal in die
vlerke van die papegaaie en in die woord 'Homotropica'. Swart en magenta
kolle is sigbaar in die vierkant waarop die hele skild gedoen is. Daar is 'n spel
van manlikheid en vroulikheid deur die gebruik van donker bruine, oranje en
sagte pienk. Die simmetriese ontwerp en die gebruik van geometriese lyne in
die agtergrond vorm 'n patroon. Alle beeldgebruik is omlyn met
kontrasterende kleure. Agter die woord 'Homotropica', is diagonale lyne wat
'n sebravel naboots.
Redes vir die werk op 'n groot skaal. Motiveer jou antwoord.
Die kunswerk is baie groot om die detail van elke beeldgebruik te
beklemtoon. Dit oorweldig die kyker met kleur en beelde. Die standpunt van
'n homogene gemeenskap word versterk deur die skaal van die werk. Dit sal
meer kykers lok as dit oorweldigend is. Die vilt is taktueel en dit nooi die
kyker uit om daaraan te vat.
Die gebruik van simmetrie in die kunswerk
Die simmetriese ontwerp en die gebruik van geometriese lyne in die
agtergrond skep 'n patroon. Objekte aan weerskante van die kunswerk word
spieëlbeelde van mekaar. Dit impliseer dat mense wat dieselfde voorkeure
en belange het in 'n perfekte, gebalanseerde harmonie kan leef
Hoekom die kunswerk soos 'n kenteken, wapen of skild lyk
Die skild kom ooreen met die karaktereienskappe van 'n homogene
gemeenskap. Dit word 'n kenteken/wapen of simbool wat hierdie
gemeenskap identifiseer. Dit kan ook gebruik word in gedrukte materiaal of
klere wat dit in mode naam kan omskep.
Die kandidaat se interpretasie van die titel
Aan die onderkant in die middel van die skild is 'n slagspreuk met die woord,
'Homotropica'. Die woord 'Tropica', verwys na die trope wat 'n idilliese eiland
kan wees. Die word 'Homo', is afgelei van die woord homo-sapiens, wat die
mens beskryf. Dit beteken ook 'dieselfde'. Homos is mense wat dieselfde
geslag verkies vir verhoudings. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 17 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
7.2 Kandidate moet 'n bespreking skryf oor die werk van enige TWEE
kunstenaars wat geslag, en/of verwagte rolle wat mans en vroue in die
samelewing moet vertolk, aanspreek.
Hulle mag na die volgende riglyne verwys.
Inhoud/Beeldgebruik
Kuns Elemente
Tegniek en media
Uitbeelding van geslagskwessies
Moontlike betekenis en boodskappe (10)
[20]
Vilt: 'n sagte tipe, dik materiaal gemaak van wol of hare wat styf op mekaar gedruk is.
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID AFRIKA
Die tekort aan behuising, sowel as die voorsiening van beskutting vir armes, is
gewoonlik die begin van innoverende argitektoniese ontwerp. Mense wat met
herwonne materiaal begin bou het word ervaar as pioniers van nuwe ontwerpe.
Met verwysing na die bogenoemde stelling, en die strukture in FIGURE 8a – 8c,
moet die kandidate 'n opstel skryf waarin hy/sy saamstem of verskil dat
verandering in argitektuur by sal dra tot die behuisingskrisis wat ons in die gesig
staar in Suid Afrika. Neem die volgende in ag:
Die doel van die gebruik van herwonne materiaal
FIGUUR 8a
Herwonne materiaal is maklik verkrygbaar. Dit is 'n innoverende boumetode
deur sandsakke te gebruik. Ontwerp deur MMA Argitekte, bereik die sandsak
huis sy doel, deur plaaslike goedkoop bronne te gebruik, plaaslike
'toekomstige'-inwoner' gemeenskap werkkragte en 'n konstruksiemetode wat
die tradisionele baksteen en sement vervang met sandsakke (ontwikkel deur
eco-beams), om 'n sterk, veilige en goedkoop manier te skep om bekostigbare
behuising te verskaf. Dit staan op 'n twee-verdieping houtraamwerk, en gevul
met sandsakke is die huis energie besparend aangesien dit geen elektrisiteit of
geskoolde arbeid nodig het om dit op te rig nie. Dit is 'n prototipe wat vergroot
kan word en aangelas kan word om selfs groter families te huisves.
FIGUUR 8b:
Herwinning is maklik bekombaar en met bietjie kreatiwiteit en
probleemoplossingsidees, kan 'n huis opgerig word in 'n kort tyd. Baie afval,
plat metaal plate, plastiese- en advertensieborde kan ook gebruik word om 'n
struktuur op te rig. 'n Laag verf integreer gewoonlik die verskillende materiale
tot 'n aangename visuele eenheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1 18 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
Die voordele en nadele van die gebruik van herwonne materiaal:
FIGUUR 8a:
Sandsakhuise vir 'n informele nedersetting, met die gebruik van eenvoudige
modder-en-wattel boumetodes, is voordelig aangesien dit met ongeskoolde
arbeiders gebou kan word. Om die mure vir die huise op te rig, word sandsakke
binne houtrame gestapel en dan oorgepleister. Sterk draad word gebind by die
hoeke. Die binne dwarsbalk dra die gewig van die boonste vloer en is die
enigste plek waar sement gebruik word. Die sand voorsien goeie beskutting
teen temperatuuruiterstes, en verhoed vogtigheid in die huis. Behalwe dat dit
waterdig is, is die sandsakke ook klankdig en vuurbestand. Die sandsakke word
baie vinnig opgerig wat tyd en geld spaar. Die nadeel is dat die sake vooraf
vervaardig moet word. Hulle moet ook dieselfde grootte wees om die funksie as
bakstene na te boots. Dit kan duur wees en is nie altyd beskikbaar vir arm
gemeenskappe nie.
FIGUUR 8b:
Gevonde voorwerpe is maklik verkrygbaar en die herwinning van afval dra by
tot 'n netjiese en skoon gemeenskap. Die nadeel is dat materiaal nie
volhoubaar is nie en op 'n gereelde basis vervang moet word.
Volhoubaarheid
FIGUUR 8a:
Die doel van 'n sandsakhuis is om geld en bronne te spaar. Goedkoop plaaslike
materiaal is gebruik wat vervoer verminder. Dit is ook opgerig deur middel van
'toekomstige-inwoners', wat die kostes verder verlaag. Die huis is gebou deur
die eko-beams sisteem, wat die baksteen en sement vervang met sandsakke.
Dit is sterk, veilig en 'n goedkoop manier om bekostigbare behuising te verskaf.
FIGUUR 8b:
Afval en herwonne, gevonde materiaal is nie betroubaar nie, en is nie
volhoubaar in uiterste weersomstandighede nie. Die struktuur moet in stand
gehou word en indien konstruksie nie goed gedoen is nie kan dit geplunder of
vernietig word.
Kandidate moet enige TWEE ander argitektoniese voorbeelde wat
hulle bestudeer het bespreek, wat hulle waarlik innoverend gevind
het deur te verwys na die volgende:
Stilistiese kenmerke
Bou- en konstruksiemetodes
Die argitek se verantwoordelikheid tot die omgewing en
volhoubaarheid
[20]
100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper (Eng)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper