Skip to content

Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)

MemorandumVisual ArtsGrade 12202320 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN VISUELE KUNSTE V1 2023 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 2 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word: 1. Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord. 2. Dit is BAIE BELANGRIK dat daar in die volgende gevalle vir die kandidate voorsiening gemaak word:  Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in antwoorde gee.  Gee krediet vir laterale denke.  Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur na spesifieke faktore te verwys. 3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees. Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul antwoorde te struktureer. 4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke is toelaatbaar. 5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar en titel van die werk toegeken. Een punt word afgetrek as daar geen vergelyking plaasgevind het nie. 6. Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord bespreek, waar van toepassing. 7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigsaam in die nasienproses wees. ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS  Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners en 'n onderrigmiddel dien. Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne kan slegs 'n voorgestelde gids wees.  LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.  Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.  Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie. Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.  Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir 'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 3 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te ontleed en daarop te reageer PRESTASIE-KODE ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES  Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Uitstekend politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 80–100%  Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.  Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.  Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, Verdienstelik sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 70–79% lewer.  Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.  Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon uitstekende insig en begrip.  Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Aansienlik politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 60–69%  Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste- terminologie.  Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.  Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Gemiddeld politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 50–59%  Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.  Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.  Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, Bevredigend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar 40–49% te lewer.  Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste- terminologie.  Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.  Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, Elementêr sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar 30–39% te lewer.  Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.  Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.  Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, Nie behaal nie sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar 0–29% te lewer.  Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste- terminologie.  Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon min of geen begrip of insig nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 4 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne NASIENERS MOET SLEGS DIE EERSTE VYF VRAE WAT BEANTWOORD IS MERK EN AS DIE KANDIDAAT MEER AS DIE VEREISTE AANTAL VRAE BEANTWOORD HET, SAL DAAR SLEGS KREDIET GEGEE WORD VIR DIE EERSTE VYF. KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE IN ENIGE VOLGORDE BEANTWOORD. Die volgende puntetoekenning moet in gedagte gehou word wanneer slegs EEN kunswerk/kunstenaar bespreek word in plaas van TWEE. 6 punte (maks 3) 8 punte (maks 5) 10 punte (maks 6) 12 punte (maks 7) 14 punte (maks 8) 20 punte (maks 12) As geen vergelyking: -1 BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE. As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle in die verskillende provinsies, moet die provinsies die nasienersriglyne aanpas vir interpretasie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 5 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTEAARS Die Impressionistiese kunstenaar, Edgar Degas, weergee die realiteit van sy tyd. Kerry James Marshall fokus op die intieme verhouding tussen die paartjie. FIGUUR 1a: Edgar Degas, Die Absinthe drinker (The Absinthe drinker), olie op doek, 1876. FIGUUR 1b: Kerry James Marshall, Ongetitled (Klub Paartjie)( Untitled (Club Couple), akriel op bord, 2014. 1.1 Kandidate moet die kunswerke in FIGUUR 1a and FIGUUR bespreek deur die stories te beskryf wat deur die kunstenaars vertel word. Hulle moet die volgende in hulle antwoord gebruik:  Narratief/stories In FIGUUR 1a: Twee figure sit by 'n tafel in 'n restaurant met hulle rug na 'n spieël gekeer. Die figure ('n vrou links en 'n man regs) is nie in interaksie met mekaar nie en kom voor asof hulle ingedagte is. Twee tafels skei die figure van die res van die komposisie. Beide figure is besig met 'n drankie en die man rook sy pyp. Die paartjie lyk nie gelukkig nie. 'n Glas kraffie is geplaas op die tafel aan die regterkant van die vrou. Ander voorwerpe sluit in; 'n opgerolde koerant, 'n skinkbord en 'n glas absinthe. FIGUUR 1b: 'n Gelukkige, glimlaggende paartjie poseer vir die kyker terwyl hulle aan 'n klein tafeltjie in 'n klub sit. Hulle drink 'n drankie om iets te vier. Die manlike figuur sit sy arm om sy toekomstige verloofde. Hy hou 'n klein, blou boksie in sy hand wat sinspeel op 'n verloofring. 'n Handsakkie, sonbrille en twee skemerkelkieglase domineer die oppervlak van die tafel. Ooreenkomste en verskille Ooreenkomste: Beide kunswerke verteenwoordig die binnenshuise aansig van 'n kroeg/klub/restaurant en sluit twee figure in wat langs mekaar sit by 'n tafel besig om te drink. Verskille: FIGUUR 1a: Die figure praat nie met mekaar nie en kyk ook nie na mekaar nie. Hulle rue word gereflekteer in die spieël agter hulle. Die vroulike figuur lyk ongelukkig en kom voor asof sy diep ingedagte na die vloer staar, waar die manlike figuur lyk asof hy na iemand kyk en sy pyp rook. Daar is 'n algemene atmosfeer van beide isolasie en eensaamheid. FIGUUR 1b: Beide figure glimlag en is na die kyker gedraai. Hulle hou hande en is in interaksie met mekaar. Die atmosfeer is gelukkig en feestelik. FIGUUR 1a is geverf in 'n dowwe sepia palet, wat herinner aan 'n ou foto waar FIGUUR 1b 'n virbrerende en helder palet het met kontrasterende kleure en 'n moderne en kontemporêre toneel aanbied. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 6 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne  Komposisie FIGUUR 1a: Die komposisie is asimmetries en die oog word in die komposisie gelei vanaf die groot leë ruimte in die linkerkantste hoek. Die koerant verbind met die tweede diagonale tafel wat stop by die vrou (fokuspunt) wat effens van die middel af geplaas is. Daar is geen interaksie tussen die twee figure nie en hulle staar voor hulle uit. Dit wil voorkom soos 'n oomblik in tyd vasgevang aangesien die manlike figuur afgesny is deur die prentraam wat tipies is van Impressionisme. Die tafels waarop die skinkbord, 'n bottel en glase staan reflekteer in die voorgrond en die twee figure word gereflekteer in die groot spieël in die agtergrond. FIGUUR 1b: Die komposisie is verdeel in vertikale en horisontale patroon en vorm, met die paartjie effens af-senter geplaas. Die middelgrond word gedomineer deur twee figure wat by 'n tafel sit. Die tafel is afgesny aan die linkerkant van die prentraam. Die paartjie hou hande en glimlag asof hulle vir die kamers poseer. Hulle het oogkontak met die kyker. In die voorgrond op die tafel is twee skemerkelkglase wat 'n feesviering voorstel.  Styl FIGUUR 1a: Impressionisme: Degas gee die indruk van 'n foto (oomblik in tyd vasgevang) deur die foto te raam, sowel as om die die pyp in die man se hand weg te laat – wat die indruk gee dat iemand by 'n naby geleë tafel die 'foto' geneem het. Die skilderagtige styl het duidelike sigbare kwashale, wat tipies is van Impressionisme. . FIGUUR 1b: Die figuratiewe skildery toon Pop-kuns invloede maar in 'n meer kontemporêre wyse. Die helder kleur is aangewend in 'n gestilleerde manier met geen sigbare kwasmerke nie. Die kunstenaar het tonale waardes gebruik om vorms van plat kleur te skep. Stemming FIGUUR 1a: Die melankoliese stemming is totaal ontneem van vreugde, geluk en feesvieringe. Twee mense sit apart van mekaar wat voor hulle staar met geen gesigsuitdrukking nie. FIGUUR 1b: Die paartjie sit na aan mekaar, en hou mekaar vas en die stemming is gelukkig, intiem en feestelik. ONDERWYSERSHULPMIDDEL: Marshall het gepraat van sy simboliese gebruik van kleur, wat in hierdie skildery gevind kan word: 'Die swartheid van my figure is veronderstel om ondubbelsinnig, asoluut en onversoenbaar te wees. Hulle is 'n reaksie op die geneigdheid in die kultuur om ligte voorkoms te bevoordeel. Hoe ligter die vel, hoe meer aanvaarbaar is jy. Hoe donkerder die vel, hoe meer ingegrens word jy. Ek wil demonstreer dat jy skoonheid kan produseer in die konteks van 'n figuur wat daardie soort fluweelagtige swart het. Dit kan gedoen word.' (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 7 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 1.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars bespreek (EEN per kunstenaar) wat hulle bestudeer het wie se werk tonele uitbeeld van hulle alledaagse lewens. Hulle moet die volgende in hulle antwoord insluit:  Onderwerp  Kunselemente  Invloede  Styl en tegniek  Moontlike betekenis en boodskap (12) [20] VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS Suid-Afrikaanse kunstenaars beeld dikwels kuns uit wat inheemse of Afrika-simbole en motiewe bevat om interessante kunswerke te skep. FIGUUR 2a: Speelman Mahlanghu, Geabstraheerde Afrika lewe (Abstracted African life), olie op doek, 2014. FIGUUR 2b: Lucky Sibiya, Vrou en Blom, (Woman and Flower), gesnede en geverfde houtpaneel, 1994. 2.1 Kandidate moet die gebruik van inheemse en/of Afrika-beelde of simbole in FIGUUR 2a and 2b bepreek. Hulle moet die volgende in hulle antwoord gebruik:  Visuele beelde en komposisie FIGUUR 2a: Die komposisie word gedomineer deur 'n groot gestilleerde wit voël met sy vlerke oopgesprei. 'n Ander voël (kop en snawel) is sigbaar aan die linkerkant van die kunswerk. Dit lyk asof die voël aan 'n stukkie draad byt wat 'n takkie van 'n boom kan voorstel. Die komposisie bestaan uit geometriese patroonblokke van kleur deurspek met simbole en fragmente van Afrika. Die gestilleerde beelde sluit in: masker, dromme, doringtak en 'n bul/koei. Die geometriese reghoekige vorms herhaal die vorms van die traliewerk. Die horisontale skildery is kompleks, kompak en besig. Die wit voël in die middel (fokuspunt) verdeel die komposisie in die helfte. Die skildery is gefragmenteerd in reghoeke, wat klein geraamde spasies skep wat patrone, simbole en beelde van diere bevat om 'n ruitagtige komposisie te skep. In die middel van die komposisie is 'n dier met horings wat oorvleuel met die wit roofvoël. Twee gestilleerde koppe met net hulle nekke sigbaar lyk asof hulle in die lug opkyk. Een van die koppe is verbind aan 'n drom en aan 'n dier deur middel van 'n draaiende tou. Beeshorings is sigbaar aan die regterkant van die skildery. 'n Ander voël is sigbaar aan die linkerkant en 'n wurm of stukkie takkie hang uit s bek. Fragmente van 'n drom en etniese patrone is sigaar deur die hele skildery. Vorms en beelde oorvleuel mekaar in die hele skildery. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 8 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne FIGUUR 2b: Die komposisie word gedomineer deur 'n groot vroulike figuur met haar hande in die lug. 'n Langsteel protea kan gesien word teenoor die beeld van 'n son. Sy dra 'n etniese romp en is versier met enkelringe en 'n halssnoer. Balans word geskep deur die insluiting van twee voëls aan beide kante van die figuur. 'n Groot rooi son is sigbaar net bo die protea blom. Die paneel is in vier afdelings of bane verdeel en word deur swart vloeiende lyne geskei. Voor die figuur is 'n langsteel oranje blom. Die bane is deurspek met die voëls, 'n son en patrone.  Simbolisme FIGUUR 2a: Daar is baie verwysings na Afrika simbole en tekens. Die geometriese vorms en teksture kan die vel van 'n slang of die van 'n maasdraad (‘mesh’) wees. Afrika-patrone, maskeragtige gesigte, 'n koei/bul, halssnoere, dromme, horings en voëls is voorbeelde van beeldgebruik in Afrika ontwerpe. Die gebruik van die koei/bul kan die rykdom van die mense van Afrika simboliseer wat bepaal word deur hulle eienaarskap van beeste FIGUUR 2b: Die houding van die vroulike figuur kan simboliseer dat sy gelukkig en vry is. Die kralewerk en ringe wat tipies gedra word deur tradisionele kulture kan rykdom simboliseer. Geometriese kruisarsering afkomstig van Afrika motiewe gee tekstuur aan die werk. Die voëls is gewoonlik simbolies van vrede en vryheid. Die protea blom, die nasionale blom van Suid-Afrika, kan simbolies wees van vroulikheid en breekbaarheid. Die Afrika-son is simbolies van 'n nuwe dag, 'n nuwe begin, hoop lig en warmte.  Media en tegniek in FIGUUR 2b Die kunswerk is uit hout gesny en is getint met verf. Hout is maklik verkrygbaar en 'n relatiewe goedkoop materiaal in vergelyking met olie/akriel op doek. Sibiya gebruik 'n wye verskeidenheid merke en lyne om 'n variasie van tekstuur en skakering/toonwaaardes te skep. Hy gebruik kruisarsering en arsering om tekstuur te skep. Die krom- en vloeiende lyne skep beweging.  Moontlike boodskap en betekenis FIGUUR 2a: Die groot wit roofvoël word die fokuspunt in hierdie abstrakte weergawe van Afrika lewe. Die voël dra 'n boodskap van sterkte en mag. Sy uitgespreide vlerke kan beteken dat hy sy omgewing omarm en beskerm. Die ander kleurvolle voël kan die verskeidenheid van lewe in die natuur voorstel. Die dromme en maskers is 'n direkte verwysing na ons Suid-Afrikaanse erfenis. Die koei/bul verwys na lobola. FIGUUR 2b: Die vroulike figuur met haar arms oopgestrek boots 'n voël na wat kan verwys na 'n moeder figuur wat na haar kinders kyk en hulle beskerm. Die wit duiwe word simbole van vrede en hoop. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 9 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 2.2 Kandidate moet TWEE kunswerke bespreek (EEN kunswerk per kunstenaar) wat 'n Suid-Afrikaanse erfenis/kultuur uitbeeld. Gebruik die volgende in jou antwoord:  Onderwerp  Kunselemente  Invloed van inheemse en/of Afrika-simbole  Styl en tegniek  Moontlike betekenis en boodskap (10) [20] VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN 1980's INGESLUIT Ons land dra die herinneringe aan die veldslae van die verlede. In Terra Incognita (FIGUUR 3a), wat in 1991 net voor Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing geskep is, gebruik Penny Siopis Suid-Afrika se teenstrydige geskiedenis as bronmateriaal. Sy maak ons bewus van ons wandade in die verlede in die stryd om grondbesit. Gegewe inligting: Die figuur en die land is ‘n collage met beelde van die historiese veldslae in Suid-Afrika. FIGUUR 3a: Penny Siopis, Terra Incognita, olie en collage op bord, 1991 3.1 Kandidate moet na die bogenoemde stelling verwys en 'n paragraaf skryf waarin hulle verwys na die volgend:  Hulle interpretasie van die groot kruipende 'meisie-reus' en haar plasing in die komposisie Die groot vroulike figuur domineer die prentoppervlak. Dit vertoon is dubbelsinnig want dit lyk of sy uitstyg bo die probleme van die land en of sy verswelg word deur die gewig van konflik in ons geskiedenis. Dit lyk asof sy kruip in verwoesting en hartseer deur die afval en gemors op haar hande en knieë. Dit lyk asof sy getattoeëer is in bruin en oker patrone/letsels. Sy is omring deur deur klein historiese figure. Dit lyk asof sy oor 'n land kruip wat nog nie aan haar behoort nie en dat sy die gewig van ons verlede wys.  Media en tegniek Die gebruik van collage skep interessante teksture op die vel van die figuur sowel as in die agrtergrond van die komposisie. Dit skep 'n kloustrofobiese gevoel met verskeie beelde wat mekaar oorvleuel. Die olieverf kom voor asof dit dik aangewend is wat 'n impasto tegniek skep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 10 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne  Die gebruik van kleur en tekstuur om stemming te skep Die kleure skep 'n stemming van angstigheid en onheilspellendheid wat verskerp word deur die dreigende storm. Die kleure beklemtoon die gekneusde en beskadigde landskap. Daar is geen ontsnapping van hierdie konflik wat in die getekstureerde oppervlak getoon word nie. Die oog van die kyker het nêrens om te rus nie. Bruine, okers en donkerrooie skep 'n atmosfeer van angs en eensaamheid. Die growwe teksture op haar vel skep 'n pantser wat die idee skep van 'n dik vel wat nodig is in vandag se samelewing. Haar gesig is verskuil in 'n donker skaduwee wat haar identiteitloos maak. Die gladde tekstuur en dowwe geel en blou van die lug kontrasteer met die donker rooie en bruine van die tekstureerde liggaam  Moontlike boodskap en betekenis Sy (uitgeworpene) kruip deur 'n verlate landskap. Sy is die enigste figuur en kon van 'n spesifieke land/area verban gewees het. Die landskap bestaan uit 'n collage vol werkers wat poog om 'n lewe te maak in 'n dorre landskap. Dit is kompak en oorvol en dra 'n boodskap oor van chaos en (8) verwarring. Die stryd vir die land is oorweldigend en elke individu dra die gewig van hierdie geskiedenis. 3.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE kunswerke van TWEE verskillende kunstenaars analiseer wat sosio-politieke kwessies ondersoek in hulle kunswerke deur te verwys na die volgende riglyne:  Onderwerp  Kunselemente  Invloede  Materiaal en tegnieke  Moontlike betekenis en boodskappe (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 11 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE SUID-AFRIKA In die woorde van die kunstenaar, Sophie Peters: 'Vroue is wonderlike krygers aangesien hulle baie swaarkry verdra, maar steeds die struikelblokke wat hulle in die gesig staar, oorkom.' FIGUUR 4a: Sophie Peters, UNITY (EENHEID), linosnee op papier, 2004. 4.1 Kandidate moet 'n paragraaf skryf waarin hulle bespreek hoe die kunstenaar eenheid uitdruk deur die volgende riglyne te gebruik:  Onderwerp en kortlikse beskrywing Daar is 'n kombinasie van beide 'n landelike en stedelike leefstyl. Aan die linkerkant is 'n landery met hutte en windpompe en aan die regterkant is 'n township met pondokke en elektriese kraglyne. Afbeeldings van vroue domineer die prentvlak. 'n Groot engelagtige figuur is uitgebeeld in die agtergrond met gespreide vlerke wat die twee tonele verbind. Vroue staan bymekaar wie die versorgers van 'n gemeenskap is, of dit nou in 'n stad of in 'n landelike gebied is.  Komposisie Die komposise is verdeel in drie afsonderlike vlakke. Die engel in die lug en die vier vroue is naby aan mekaar geplaas wat 'n driehoekige komposisie vorm. Die figuur aan die linkerkant glimlag na die kyker terwyl die sentrale figure weg kyk van die kyker wat die oog lei in die prentvlak. Die figuur aan die regterkant is in profiel. Sy word die fokuspunt aangesien sy in die middel van die komposisie/kunswerk geplaas is. Heuwels kan in die verte gesien word net aan die onderkant van die engel. Al die figure en mensgemaakte voorwerpe plaas klem op die vergrote vrou in die middel. Sy kom voor asof sy die krag van die gemeenskap is. Sy skep eenheid deur almal bymekaar te bring en verenig die wortels van tradisionele – en landelike leefstyle. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 12 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne  Tekstuur en maak van merke Verskeie teksture kan gesien word in die klere, hare en koptooisels van die vroue. Die sink kontrasteer met die gras van die tradisionele hut en die gras in die middelgrond. Tekstuur is ook gewys in die vlerke van die engel deur deur kort lyne te gebruik. Die plat, gladde kleur van die lemme van die windpompe boots metaal na. Die gebrek aan merke gemaak op die linoleum blok skep toonwaardes en diepte in die kunswerk. Fyn gestippelde teksture is verkry deur stippelwerk. Ooreenstemmende teksture en patrone verenig die figure van dieselfde erfenis/kulture.  Gebruik van lyn 'n Verskeidenheid lyne is gebruik in hierdie linosnee. Dit is sigbaar in die vertikale lyne wat die dakke van sinkdakke van die huise en die metaalstruktuur van die windpompe. Kromlynige lyne beeld geploegde landerye uit in die agtergrond. Die geboë lyne in die vlerke van die engel skep beweging. Die diagonale lyne van die landerye en die huise skep diepte. Die verdwyningslyne van die wasgoed en die elektriese drade skep perspektief wat na die engel lei. Die verskillende lyne en teksture skep 'n boodskap van eenheid.  Moontlike boodskap en betekenis Mense van landelike en stedelike areas ia almal gelyk in die teenwoordigheid van God. Ons is aanmekaar verbind deur godsdiens, versorging en saam te werk. Ons onthou ons kultuur en erfenis en erken dat vroue sterk en soos vegters is. Die glimlaggende figuur kan geluk, trots en respek vir haar wortels/erfenis voorstel. (10) 4.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars wat kuns, kunsvlyt en/of geestelike werke van landelike Suid-Afrika skep. Hulle moet na die volgende rigyne verwys:  Invloede  Media en tegniek  Moontlike betekenis/doel/funksie  Hoe dra hierdie kunswerke/kunsvlyt/geestelike werke tot die gemeenskap by? Brei uit. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 13 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA Vivien Kohler gebruik alternatiewe vorms om kommentaar op huidige Suid-Afrikaanse kwessies te lewer. FIGURE 5a: Vivian Kohler, My Ysterlong (My Iron Lung), gevonde metaalvoorwerpe, voegbry (‘grout’) en olie op bord, 2014 Kandidate moet die alternatiewe gebruik van kunsvorme en materiale bespreek deur te verwys na FIGUUR 5a en TWEE Suid-Afrikaanse multimedia en/of nuwe media kunstneaars wie hulle bestudeer het. Kandidate kan enige van die inligting hieronder insluit: 'n Groot manlike figuur is sonder hemp in 'n blou denim langbroek. Hy is uitgebeeld in 'n fetale slapende posisie. Hy is geplaas op 'n tekstureerde karton oppervlak met gevonde voorwerpe naamlik: ou nommerplate, padtekens, gereedskap en muurproppunte. Die gebruik van weggooi materiale toon die lewensomstandighede van die armste mense in stede en lewe op straat aan. Gevonde voorwerpe en afval is maklik verkrygbaar vir die wat in arm omstandighede lewe. Die gebruik van weggooimateriale kan ook besoedeling verteenwoordig. Die figuur is naturalisties in olie geskilder. Die donker skadus rondom die figuur laat die voorkom asof die jong man werklik op die afval lê. Die vorm lyk asof hy op die werklike karton rus, maar eintlik is hy realisties geskilder bo-op die weergawe van die beeldhouwerke van die stad se opbrengs. Al die weggooi materiale is op die bord geplak wat soos 'n collage lyk. Hy gebruik ook voegbry (‘grout’) tussen die voorwerpe om 'n plat oppervlakte te skep om op te skilder. Die figuur is in naturalistiese kleure geverf en die gebruik van tonale variasies skep diepte en skep 'n illusie van 'n regte persoon wat op die stapel gemors lê en slaap. Die kunstenaar se kreatiewe proses behels die gebruik van gevonde voorwerpe. Hy transformeer hierdie oorblyfsels in kragtige uitbeeldings, wat sy karakters se 'n oorwinning oor hulle beperkte omstandighede weergee. Die kartondoos verteenwoordig die polariteit tussen oorvloed en armoede, die twee uiterstes wat voorkom in Suid-Afrika. Die metafoor wat die karton voorstel is tweedelig: op een vlak verteenwoordig kartonbokse ekonomiese potensiaal, wat iets van waarde bevat het. Op 'n ander vlak is die weggegooide karton sinoniem met die verlies van potensiaal en hoop. Net so, bied hulle aan die kykers kragtige beelde in 'n nuwe konteks van die omhulde figure, vorms en materiale wat in die alledaagse lewe mee in aanraking gekom word. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 14 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: POST-1994 DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA Kunstenaars poog om die wêreld as 'n verhoog te ontbloot, en te fokus op hoe voorkoms kan verander, soms deur die waarheid te verdoesel en die individu se ware identiteit te verbloem. 'Contentment'/Tevredenheid: 'n Toestand van geluk en satisfaksie FIGUUR 6a: Angela Banks, Table of Contentment (Tafel van Tevredenheid), olie op doek, 2019. FIGUUR 6b: Kathlego Tlabela, Ikoyi Lagos (studie), Ikoyi Lagos (study), akriel, ink en collage op doek, 2020. 6.1 Kandidate moet die werke in FIGUUR 6a en FIGUUR 6b vergelyk deur te verwys na die volgende:  Waar die toneel afspeel FIGUUR 6a: 'n Jong vrou is bo-op 'n wit antieke/tradisionele eetkamertafel geplaas, in die voorgrond van 'n bosveldlandskap. Verskeie gestrooide voorwerpe, soos die beeldjies van twee bokke, 'n ou kamera, 'n granaat vrug, en 'n speelgoedhuise, sowel as 'n African Grey papegaai wat op 'n droë stomp sit wat wat uit die tafel uit kom, kan gesien word op die oppervlak van die tafel. 'n Groot doringboom is in die middelgrond van die kunswerk aan die regterkant geplaas. In vergelyking hiermee is die interieur van 'n sitkamer uitgebeeld in FIGUUR 6b. Een hoek van die kamer word gesien met 'n venster regs. 'n Hoekbank, stoele, 'n mat, koffietafel, staanlamp, en staander met blompot is gerangskik in die vertrek. Twee kunswerke/familie fotos is agter opgehang teen die groen muur.  Houding en plasing van die figuur Beide kunswerke toon 'n vroulike figuur wat aan die linkerkant van die prentvlak rus. FIGUUR 6a: Die wit jong vroulike figuur is in 'n ontspanne, sittende posisie wat direk na die kyker kyk. Haar hande is op haar bene geplaas. Sy sit bo- op 'n wit tafel met haar bene onder haar romp ingevou FIGUUR 6b: 'n Donker vroulike figuur lê uitgestrek op 'n groot wit sofa terwyl sy in die rigting van die venster kyk. Sy is in 'n ontspanne posisie en is direk onder die ligstrale van die geboë staanlamp geplaas.  Betekenis van die objekte FIGUUR 6a: Die kunstenaar plaas die volgende voorwerpe op 'n wit antieke tafel langs die vroulike figuur regs in die komposisie: 'n ou kamera, granaat, drie klein albasters twee verskillende bokke en 'n beeldjie van 'n klein dubbelverdieping huisie met 'n rooi dak. Deur die African Grey papegaai te gebruik verwys sy na mense/families wat probeer/ verbeel om in te pas in 'n samelewing deur na te doen/mimiek/namaak wat ander doen of wat van hulle verwag word om te doen. Mense neem fotos van bokke en diere wanneer hulle wildreservate besoek. Dit word voorgestel deur die landskap agtergrond met die doringboom. Hulle het dan die bewys van Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 15 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne hulle wat in 'n samelewing leef in 'n spesifieke tyd. Die granaat kan vrugbaarheid verteenwoordig of 'n seksuele konnotasie hê. Die huis verteenwoordig familie en die drie albasters op die tafel kan die speletjies verteenwoordig watkinders speel. Die wit antieke tafel verwys na die familie erfenis/geskeidenis en kan ook die voorgeslagte verteenwoordig. FIGUUR 6b: Moderne interieur toneel van 'n smaakvolle sitkamer in 'n huis verteenwoordig 'n welgestelde familie. Twee prente is geplaas op die agterste muur en kan familie voorstel. 'n Wit hoeksofa en twee stoele is om 'n hout koffietafel geplaas. Op die koffietafel is 'n skootrekenaar, 'n oop boek of tydskrif en blou gedrukte tafeldoek. Dit kan aandui dat die inwoners van die huis professionele mense/besigheidsmense/akademici/studente kan wees. Op die vloer onder die koffietafel is 'n moderne reghoekige mat met swart, wit en blou geometriese patrone – dit kan die invloed van Afrika aandui. Die smaakvolle geboë staanlamp en die stander met die blompot reflekteer hulle goeie smaak. Die dame wat rus op die bank het haar klein ontwerpershandsakkie langs haar geplaas. Dit kan ook aantoon dat sy geld het om op duur bykomstighede te spandeer  Kleur FIGUUR 6a: Die landskap in die agtergrond is 'n naturalistiese toneel met bruin en groen in verskillende toonwaardes. Die rooi kleur word herhaal in die stert van die papegaai, die dak van die huis, granaat, en klein ronde objek langs die meisie. Die meisie dra 'n deftige wit kantbloes en ligblou lang vloeiende romp. Die wit van die bloes is herhaal in die antieke wit kleur van die tafel. FIGUUR 6b: Die mure van die vertek is geverf met 'n helder groen verf terwyl die vloer 'n geel-oker kleur is. Die bruin houtbanke het wit gestoffeerde kussings en die mat het swart, wit en helder blou Afrika, geometriese patrone. Die blou kleur is herhaal in die doek op die koffietafel en die blompot op die staander naby die venster. Die staander en plafon is wit. Die moderne lamp is swart. Die prente/foto's op die muur is multigekleurd. Die minimalistiese gebruik van kleur gee 'n smaakvolle, modern gevoel.  Stemming FIGUUR 6a: Die stemming wat geskep is, is rustig en kalm alhoewel die blik van die meisie uitdagend is. Die agtergrond is kalm en pragtig om na te kyk. Die verskillende objekte is interessant. FIGUUR 6b: Die moderne minimalistiese interieur met interessante meubels en objekte skep 'n elegante en stylvolle atmosfeer. Die modieuse dame dra by tot die deftige styl. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 16 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne  Boodskap en betekenis rakende identiteit FIGUUR 6a: Die kunstenaar kyk na en spot soms stereotipes wat deur die samelewing gevorm is en die maskerades waaragter individue en die samelewing van hou om weg te kruip. Sy lewer kommentaar oor mense wat prober inpas in stereotipiese verwagtinge van die samelewing en hoe mense tot die uiterste sal poog om te doen wat ander doen en wat van hulle verwag word. FIGUUR 6b: Hierdie is 'n verteenwoordiging van 'n moderne interieur en wys welvaart en goeie smaak. Dit wys wat verwag word van jou deur die samelewing en hoe mense sal verander net om in te pas in die samelewing waarin hulle leef. Die patroon op die mat toon die erfenis/geskiedenis. (10) 6.2 Kandidate moet enige TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat die kwessies van identiteit hanteer bespreek. Hulle moet die volgende riglyne gebruik:  Onderwerp  Media en tegniek  Kunselemente  Moontlike boodskappe en betekenis (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 17 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES 'Dis nie alles goud wat blink nie.' Kontemporêre kunstenaars daag vooropgestelde idees van geslag uit. FIGUUR 7a: Devan Shimoyama, Michael, olie, akriel, kleurpotlood, juwele, blinkers, collage en weefstof op doek, 2018 FIGUUR 7b: Wangechi Mutu, Ry die Dood in my Slaap, (Riding Death in my Sleep), ink, collage op papier, 2002. 7.1 Kandidate moet die werke in FIGUUR 7a en FIGUUR 7b bespreek deur die volgende te oorweeg:  Uitbeelding en plasing van die figure FIGUUR 7a: Die kunswerk is 'n badkamer toneel met 'n manlike persoon wat geplaas is in die middel van die komposisie. Die boonste helfte van die figuur is uitgebeeld met sy regter arm wat 'n elektriese skeerder vashou teen sy linker slaap. Sy gesig is effens gedraai na die kyker asof hy poseer vir 'n foto. (Die plasing is op twee derdes in die lengte van die komposisie) FIGUUR 7b: 'n Futuristiese droomagtige toneel van 'n hurkende figuur is op 'n swart agtergrond uitgebeeld. Die rooi tuitlippe, borste en gekurfde vorm van die figuur toon aan dat dit 'n vroulike figuur is. Sy dra ook hoë haakskoene wat met 'n raffia tekstuur versier is. Sy het geen hare nie en haar gladde, ligte kopvel trek jou oog na die middel van die skildery. Die figuur is die fokuspunt en domineer die komposisie. Die figuur het 'n animalistiese, predatoriese houding/plasing asof sy gereed is om aan te val. (Die plasing is in die middel van die komposisie)  Kleur FIGUUR 7a: Die komplementêre kleure van geel en pers in die agtergrond trek jou oog na die figuur toe. Dit maak hierdie 'n helder en kleurvolle kunswerk. Dit is asof hy in 'n helder geel kollig staan as gevolg van die geel hoekige plat vorm agter hom in die agtergrond. Sy liggaam is bedek met patrone van klein blommetjies, kolle en bewegende vorms, kort lyne in pienk, geel, groen, en swart en 'n helder pienk kontoerlyn kan gesien word om die figuur en al die ander voorwerpe. Die helder pers kleur is gebruik as die spieël en hy dra 'n vlootblou broek. Die boonste deel van die wasbak het 'n baie ligte marmer effek en het 'n pienk buitelyn. Roomkleurige en pienk reghoekige teëls word herhaal onderkant die spieël. Die spieël het 'n donkerder, pers kleur met 'n fyn tekstuur. FIGUUR 7b: Warm, naturalistiese aardse kleure soos bruin, oranje, oker room en swart is gebruik saam met grys-blou kleure aan die bokant van haaar arm en lyf. Haar regterbobeen is bedek met groen en geel gespikkelde patrone en dit skep die idee van 'n dier se vel. Haar kop en gesig is uitgebeeld in 'n gladde, bleek toonwaardes. Die kleure is 'n kombinasie an warm en koue kleure wat 'n dieragtige beeld skep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 18 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne  Gebruik van dekoratiewe elemente en teksture FIGUUR 7a: Die herhaling van die groen, pienk en pers blomagtige patroon op sy liggaam skep 'n dekoratiewe effek. Die herhaling van die room en pienk teëls onderkant die spieël skep diepte/perspektief in die prent. Die patroon op sy liggaam skep ook 'n visuele dekoratiewe tekstuur. Die tou van die skeerder is uitgebeeld as 'n wit gespikkelde lyn oor sy arm. Die gebruik van blinkers en materiaal (weefstof) op die doek skep tasbare tekstuur. 'n Gladde tekstuur van die lippe en die gesig kontrasteer met die tekstuur van die hare. FIGUUR 7b: Die beeld het 'n dekoratiewe aanslag. Gegroepeerde sampioene is verspreid gerangskik regoor die voorgrond wat patroon en visuele tekstuur skep. Die liggaam van die figuur is bedek met dierlike spikkels/kolletjies-teksture in verskillende kleure. Die vroulike figuur dra pelsbedekte stewels en dit skep tasbare teksture. Die sampioene is lukraak gerangskik in die voorgrond. Die variasie van die kolle op die sampioene skep patroon en tekstuur. Die gebruik van collage beeldmateriaal (sampioene) gemeng met ink het ook 'n mate van tasbare tekstuur.  Visuele beelde FIGUUR 7a: Die gebruik van blomagtige patrone wat sy liggaam bedek en die pienk en pers kleure kan verwys na sy geluk of homoseksualiteit. Die skeerapparaat, skêr en room toon aan dat hy besig is om homself te versorg en dat hy tyd en geld aan sy fisiese voorkoms spandeer. Die gebruik van helder kleure gee dit 'n gelukkige opgeruimde atmosfeer. FIGUUR 7b: Hierdie is 'n surrealistiese/droomagtige toneel waar die figuur 'n sprongagtige houding in 'n dierevellyfpak aangetrek het. Sy word uitgebeeld as 'n animalistiese kreatuur. Dit kan aandui dat sy haarself sien as 'n magtige wese met wilde kwaliteite. Die sampioene kan aandui dat sy in 'n fantasie feëverhaal leef waar daar sampioenvelde en oop lugruimtes is êrens op 'n ander planeet. Twee hibriede diere/voëls vlieg deur die lug bokant haar. Dit kan aandui dat sy verbeel hierdie wesens is haar troeteldiere in haar eie wêreld. Die naaste vlieënde hibried toon die voorste deel van 'n olifantkop en slurp met vlerke aan die lyf en 'n lang slangagtige gekrulde stert. Verder in die lug is nog 'n vliëende kleiner hibried, 'n gevlerkte kreatuur en 'n hibried insekagtige kreatuur sit op haar skouer. Voor haar, op die swart vlak van die voorgrond is 'n slakagtige wese in 'n skulp, en 'n arendkop is geplaas op twee arend kloue. Dit kan ook aandui dat sy 'n roofdier en jagter is.  Moontlike betekenis en boodskap FIGUUR 7a: Die kunstenaar beeld uit 'n foto oomblik van die dag – 'n manlike persoon wat tyd in die badkamer voor 'n spieël spandeer om homself te versorg. Dit kan 'n boodskap wees aan ander mense wat bevooroordeeld is oor mense wat 'n verskillende seksuele orientasie of uiterlike voorkoms het. Die bygevoegde juwele, blinkers, pêrels verleen 'n vroulikheid aan die werk wat sy seksualiteit reflekteer. Hy is gemaklik met wie hy is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 19 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne FIGUUR 7b: Die kunstenaar het 'n verbeeldingsruimte geskep, gevul met hibriede nagemaakte voorwerpe, plante, voëls en diere. Dit kan beteken dat sy wil vlug van die werklike wêreld soos dit vandag is of dit verander soos wat dit is. Sy mag dalk ook die sosiale orde van die dag uitdaag. Sy word uitgebeeld as 'n magtige en dominante kreatuur wat gereed is om tot aksie oor te gaan. Stereotipies word vroue uitgebeeld as broos en hulpeloos. Sy staar direk na die kyker aangesien sy uitdagend, uitlokkend en konfronterend is. Met verwysing na die titel van die werk, sou sy ook die dood in haar slaap uitdaag en dit kan aandui dat hierdie 'n droom/nagmerrie is. (10) 7.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars bespreek (EEN kunswerk van elke kunstenaar) wie ook die uitdagings van geslagstereoptipes en vooropgestelde idees uitdaag. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 20 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA Die uMkhumbane Kulturele en Erfenis museum is die eerste museum wat oor die afgelope 100 jaar in Durban gebou is. Die museum in Cato Manor, Durban, is ontwerp om die area se ryk kulturele geskiedenis te bewaar, en om 'n plek te bied vir opvoedkundige en ontspanningsgeleenthede. FIGUUR 8a: Choromanski Argitekte, uMkhumbane Kulturele en Erfenis Museum, Cato Manor, Durban, kleisteen, sement, chroom-metaal, circa 2003. 8.1 Kandidate moet FIGUUR 8a in 'n paragraaf bespreek waarin hulle na die volgende verwys:  Kontras van materiale: Die rooi stene kontrasteer met die gekurfde chroomagtige geperforeerde metaal plaat in die interieur en eksterieur van die gebou. Sement is gebruik vir die trappe en interieur aanknooppunte van verskillende ruimtes en sinkplate is gebruik om die mure te bedek. Die verskillende tipes materiale en kleur kontrasteer met mekaar. Die een is blink, koud en reflekteer terwyl die ander dof, warm en aards is.  Vorm Dit is 'n vyfverdieping silo-agtige struktuur wat baie beeldagtig (skulptureel) is. Dit het 'n kromlynige binnelaag van rooi stene aan die een kant en 'n chroomagtige geperforeerde geboë bedekking aan die ander kant. Die metaal bedekking is geheg aan 'n roosteragtige metaal raam. In die interieur, is die loopvlakke en trappe van die struktuur is 'n kombinasie van plat mure teenoor die geskulpturele sement vorms.  Hoe lig in die struktuur ingelaat word Die dak is oop tussen die binneste vorm van die rooi bakstene en die buitenste metaal bedekking. Lig filter/kom in van die oop dak af of deur die opening in die geperforeerde metaal.  Patroon Die herhaling van kleure, vorms en lyne skep verskillende patrone in hierdie struktuur. Die buitenste metaal laag is geperforeer met baie verskillende klein driehoekige openinge. Gedurende die dag word 'n veranderende patroon van skadus op die steenwerk gesien. 'n Rooster metaal raam ondersteun hierdie metaal plaat en dit skep patroon met herhalende diagonale, horisontale en vertikale lyne. (8) 8.2 Kandidate moet enige TWEE geboue/strukture wat hulle inspireer het bespreek deur die volgende te bespreek:  Boumateriale  Invloede  Styl  Perseel/plasing/gebied (12) [20] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all