Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENINGKUNDE
FEBRUARIE/MAART 2015
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 17 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 




%20Answer%20Book%202015%20Prepartory%20Examination%20Answer%20Book_hlayiso.com_--1504bb7f-526b-44e4-991e-b308973bbfca/v1-83e418f7e37de78d5a9e/card.webp)
View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)
Grade 12 Accounting question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 391.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC Supplementary Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy ALLE vrae moet
beantwoord.
3. Toon bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
beantwoord.
6. Waar van toepassing moet berekeninge tot een desimale punt bereken word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
7. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n gids wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.
VRAAG 1: 35 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Versoening van 'n Krediteuregrootboekrekening met 'n
Begrippe en Rekonsiliasie rekeningstaat en Bankversoening
Bestuur van hulpbronne
Interne beheerprosesse
VRAAG 2: 35 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuur van hulpbronne
Voorraadwaardasie en Interne
Beheer Voorraadwaardasie (EIEU)
Interne beheerprosesse
VRAAG 3: 75 punte; 45 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Finansiële State: Balansstaat Balansstaat en notas
en Notas, Oudit Ontleding en vertolking van finansiële inligting
Ouditverslag
VRAAG 4: 75 punte; 45 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Vaste bates, Kontantvloeistaat
Kontantvloeistaat, Ontleding Ontleding en vertolking van finansiële inligting
en Vertolking Bestuur van hulpbronne
Bestuur van vaste bates
VRAAG 5: 45 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Produksiekostestaat en notas
Ontleding en vertolking van eenheidskoste en
Kosteberekeninge
gelykbreekpunt
Bestuur van hulpbronne
Interne beheerprosesse
VRAAG 6: 35 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Kontantbegroting – ontleding en vertolking
Begroting
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer en interne oudit
Etiese gedrag in 'n finansiële omgewing
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 1: BEGRIPPE EN REKONSILIASIE (35 punte; 25 minute)
1.1 BEGRIPPE
Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n term uit die lys
hieronder te kies. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.4) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
uitstaande deposito; geweierde tjek; debietorder;
verouderde tjek; oortrokke bankrekening; uitstaande tjek
1.1.1 'n Fasiliteit waar die onderneming meer geld kan gebruik as wat
hulle in hulle lopende bankrekening het
1.1.2 'n Item wat as 'n 'onbetaalde' tjek op die Bankstaat aangedui word,
sal as 'n … beskou word.
1.1.3 Toestemming verleen aan 'n derde party om outomaties
maandelikse betalings uit die lopende rekening van 'n onderneming
te ontvang
1.1.4 'n Tjek wat ouer as ses maande is, sal nie deur die bank uitbetaal
word nie, want dit is 'n … (4)
1.2 BANKVERSOENING
As die interne ouditeur word jy voorsien van inligting oor die
Bankversoeningstaat van Manto Handelaars. Die eienaar is Roy Pollus. Hulle
finansiële jaar eindig op 31 Oktober 2014.
GEVRA:
1.2.1 Verwys na die syfer van R24 000 in Inligting A.
Die bank het geen bewys dat die R24 000 ooit gedeponeer is nie.
Hierdie geld kan nie gevind word nie.
• Verduidelik hoe hierdie verlies in die boeke hanteer sal word. (2)
• Verduidelik hoe Roy so 'n verlies in die toekoms kan vermy.
Verskaf TWEE punte. (2)
1.2.2 Verwys na Inligting A en B:
Die Bankrekening in die boeke van Manto Handelaars toon 'n
debietsaldo van R16 160 op 31 Oktober 2014 voordat enige
aansuiwerings in ag geneem is.
Bereken die korrekte saldo in die Bankrekening op 31 Oktober 2014. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.2.3 Gee 'n gepaste rede vir die volgende inskrywing uit die
Bankversoeningstaat:
Kredietbedrag foutiewelik gedebiteer, R2 500. (2)
1.2.4 Die kantoorassistent van Manto Handelaars neem geld uit die
kasregister om betalings vir besigheidsuitgawes te maak.
Verduidelik waarom dit slegte rekeningkundige praktyk is en
verskaf EEN punt van advies aan Roy. (4)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 31 Oktober 2014:
Deposito's nog nie geboekstaaf nie:
12 Oktober 2014 24 000
30 Oktober 2014 12 760
Uitstaande tjeks:
Nr. 713 24 Oktober 2014 7 880
Nr. 738 15 Desember 2014 15 400
Kredietbedrag foutiewelik gedebiteer 2 500
Saldo volgens Bankstaat ?
B. Die volgende inligting het op die Bankstaat verskyn, maar die boekhouer
het dit nie in ag geneem toe die saldo van die bankrekening bereken
is nie:
• Die Bankstaat toon 'n onbetaalde tjek vir R2 710 wat van 'n debiteur
ontvang is
• 'n Aftrekorder, R1 650, vir versekering
• Die Bankstaat toon tjeknr. 688 as R4 270 (die korrekte bedrag). Dit
het foutiewelik as R4 720 in die betrokke Kontantjoernaal verskyn.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.3 KREDITEUREVERSOENING
NKOMAZI HANDELAARS
'n Rekeningstaat wat op 25 September 2014 van ML Verskaffers ontvang is,
toon dat Nkomazi Handelaars hulle R40 271 skuld. Die
Krediteuregrootboekrekening van ML Verskaffers in die boeke van Nkomazi
Handelaars toon 'n uitstaande saldo van R47 064.
GEVRA:
1.3.1 Bereken die korrekte saldo vir ML Verskaffers in die
Krediteuregrootboek van Nkomazi Handelaars. Gebruik R47 064
as jou beginpunt. (8)
1.3.2 Stel 'n Krediteureversoeningstaat op 30 September 2014 op. (7)
INLIGTING:
A. KREDITEUREGROOTBOEK VAN NKOMAZI HANDELAARS
ML VERSKAFFERS (KG7)
DATUM BESONDERHEDE FOL DEBIET KREDIET SALDO
2014
Sept
1 Rekening gelewer 34 920
5 Faktuurnr. 346 11 808 46 728
7 Debietnotanr. 69 816 45 912
13 Tjeknr. 207 22 788 23 124
Korting 3 532 19 592
14 Faktuurnr. 135 6 929 26 521
23 Faktuurnr. 378 7 188 33 709
24 Faktuurnr. 396 8 829 42 538
30 Faktuurnr. 407 4 526 47 064
B. Rekeningstaat ontvang van ML Verskaffers:
ML VERSKAFFERS
REKENINGSTAAT
Mainweg 20 Tel: 013 809 4467
Komatipoort Faks: 086 789 3567
1234 Datum: 25 September 2014
REKENING VAN: Nkomazi Handelaars REKENINGNR: NKZ 689
DATUM BESONDERHEDE DEBIET (+) KREDIET(-) SALDO
2014
SEPT 1 Saldo 34 920
5 Faktuurnr. 346 10 296 45 216
7 Kredietnotanr. 109 816 46 032
13 Kwitansienr. 5140 22 788 23 244
23 Faktuurnr. 378 7 188 30 432
24 Faktuurnr. 396 9 810 40 242
25 Rente op oortrokke rekening 29 40 271
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
C. ADDISIONELE INLIGTING:
Met die vergelyking van die staat ontvang van ML Verskaffers en die
rekening in die Krediteuregrootboek, is die volgende opgemerk:
(a) Faktuurnr. 346 op 5 September 2014 was korrek volgens die
staat van ML Verskaffers ontvang.
(b) ML Verskaffers het 'n fout begaan met die inskrywing van die
goedere teruggestuur op 7 September 2014.
(c) Nkomazi Handelaars het gekwalifiseer vir 'n korting op vroeë
vereffening met die betaling op 13 September 2014.
ML Verskaffers het slegs 'n korting van R2 532 toegestaan. Hulle
het onderneem om dit op die staat van die volgende maand te
toon.
(d) Faktuurnr. 135 vir R6 929 is foutiewelik in die Krediteure-
grootboekrekening van ML Verskaffers getoon. Hierdie aankope
was van Mandla Verskaffers.
(e) 'n Handelskorting van 10% is op faktuurnr. 396 afgetrek. ML
Verskaffers het dit nie in berekening geneem nie. ML Verskaffers
sal hierdie fout volgende maand regstel.
(f) Faktuurnr. 407 het nie op die staat wat van ML Verskaffers
ontvang is verskyn nie, aangesien hierdie transaksie na die
datum van die staat plaasgevind het.
(g) ML Verskaffers het korrek die rekening met R29 rente belas.
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 2: VOORRAADWAARDASIE EN INTERNE (35 punte; 20 minute)
BEHEER
Jankjies Elektronika verkoop LCD-platskermtelevisiestelle. Jane Jankjies is die eienaar
van die onderneming. Aangesien sy ander ondernemings besit, kan sy nie dikwels by
die winkel wees nie. Marlan Miller is in haar diens om die winkel te bestuur. Die
onderneming gebruik die periodieke voorraadstelsel en die eerste-in-eerste-uit (EIEU)
-metode om voorraad te waardeer. Die finansiële jaareinde is op 28 Februarie 2015.
GEVRA:
2.1 Bereken die waarde van die eindvoorraad van 145 televisiestelle op
28 Februarie 2015 deur die EIEU-metode te gebruik. (7)
2.2 Bereken die volgende:
• Koste van verkope (6)
• Gemiddelde winsopslag % vir die jaar behaal (4)
2.3 Verwys na Inligting D.
Verskaf 'n berekening om te bewys of die inligting wat die skoonmaker
gegee het, waar is of nie. (6)
2.4 Jane is bekommerd dat die finale voorraad van 145 televisiestelle nie geskik
vir haar onderneming is nie. Verskaf 'n berekening of syfers om haar
mening te staaf, en verduidelik. (4)
2.5 Jane het die verkooppryse gedurende die jaar aangepas om nuwe klante te
lok. Lewer kommentaar of hierdie strategie voordelig vir die besigheid was
of nie. Verskaf syfers om jou antwoord te staaf. (4)
2.6 Verskaf TWEE punte om Jane te help om die interne beheer van die
besigheid te verbeter. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo's:
GETAL EENHEIDS- TOTAAL
EENHEDE PRYS
(vraggeld
ingesluit)
1 Maart 2014
70 5 500 385 000
(vervoerkoste ingesluit)
28 Februarie 2015 145 ? ?
B. Aankope van televisiestelle gedurende die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2015:
GETAL EENHEIDS- VRAG- TOTAAL
EENHEDE PRYS GELD
Mei 2014 150 R5 000 R18 750 R768 750
Augustus 2014 120 R4 750 R15 000 R585 000
Desember 2014 90 R4 450 R11 250 R411 750
TOTAAL 360 R45 000 R1 765 500
C. Terugsending na verskaffers:
Drie televisiestelle van die Augustus 2014-aankope was beskadig. Die
televisiestelle is aan die verskaffers teruggestuur. Die verskaffers het ook
die vraggeld op hierdie items teruggeskryf.
D. Moontlike diefstal van televisiestelle:
'n Skoonmaker het Jane vertel dat hy Marlan daarvan verdink dat hy
televisiestelle aan sy familie en vriende weggee.
E. Verkope vir die jaar is soos volg:
Verkoopprys Hoeveel- Totaal
heid
Maart tot Julie 2014 R9 100 80 eenhede R728 000
Augustus tot November 2014 R9 800 30 eenhede R294 000
Desember 2014 R7 500 150 eenhede R1 125 000
Januarie tot Februarie 2015 R9 800 16 eenhede R156 800
276 eenhede R2 303 800
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 3: FINANSIËLE STATE: BALANSSTAAT EN NOTAS, OUDIT
(75 punte; 45 minute)
3.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term/begrip in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
3.1.1 Kommissie vir A riglyne vir die opstel van finansiële
Maatskappye en state om konsekwentheid te
Intellektuele Eiendom verseker
3.1.2 Direkteur B verantwoordelik vir die
instandhouding van rekords en
3.1.3 IFVS ('IFRS') beheer van nuwe en bestaande
3.1.4 Beperkte aanspreeklik- maatskappye
heid C die onderneming is vir sy eie
3.1.5 Onafhanklike ouditeur skulde verantwoordelik en die
eienaars is beperk tot die bedrae
deur hulle belê
D verantwoordelik vir die uitspreek
van 'n mening oor die finansiële
state van 'n maatskappy
E 'n verkose lid van die raad wat
verantwoordelik is vir die bestuur
van die onderneming en vir die
implementering van beleid (5)
3.2 Bargain Handelaars Bpk. is 'n publieke maatskappy wat op die JEB gelys is.
Die onderneming het 'n gemagtigde aandelekapitaal van 1 000 000 gewone
aandele.
GEVRA:
3.2.1 Stel die volgende notas tot die Balansstaat op:
(a) Gewone aandelekapitaal (7)
(b) Behoue inkomste (10)
(c) Handels- en ander ontvangbare bedrae (10)
3.2.2 Voltooi die Balansstaat op 30 Junie 2014. Waar notas nie gevra
word nie, toon ALLE bewerkings tussen hakies om deelpunte te
verdien. (28)
3.2.3 Bereken die netto batewaarde (NBW) per aandeel op
30 Junie 2014. (3)
3.2.4 Lewer kommentaar oor die prys aangebied vir die terugkoop van
aandele. Haal toepaslike finansiële aanwysers (werklike
syfers/verhoudings/persentasies) aan om jou antwoord te staaf. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
3.2.5 Die HUB (hoof uitvoerende beampte), Kyle Mason, het die maatskappy
oortuig om 'n verdere 90 000 aandele gedurende die volgende finansiële
jaar op 31 Augustus 2014 terug te koop. Kyle Mason besit tans 315 000
aandele wat 45% van die uitgereikte aandele beloop.
• Bereken Kyle Mason se persentasie aandeelhouding na die
voorgestelde terugkoop van aandele op 31 Augustus 2014. (3)
• As 'n aandeelhouer, verduidelik jou kommer oor die voorgestelde
terugkoop van aandele. Verskaf TWEE vrae wat jy vir die direkteure
op die algemene jaarvergadering sal vra. (6)
INLIGTING:
A. Op 1 Julie 2013 het uitgereikte aandelekapitaal uit 850 000 gewone aandele
bestaan.
B. Die volgende totale is uit die boeke op 30 Junie 2014 geneem:
Vaste/Tasbare bates (drawaarde) ?
Vaste deposito: Swan Bank 120 000
Gewone aandelekapitaal (850 000 aandele) 5 737 500
Behoue inkomste (1 Julie 2013) 181 900
Bank 351 200
Lening: Drake Bank 295 000
Handelsvoorraad 355 700
Netto handelsdebiteure (na aftrek van voorsiening vir oninbare skuld) 118 370
Krediteurekontrole 197 000
SAID: Inkomstebelasting (voorlopige betalings) 320 900
Dividende op gewone aandele (tussentydse dividende) 315 000
C. Geen inskrywings is vir die terugkoop van aandele gemaak nie. Op
1 Oktober 2013 het die onderneming 150 000 gewone aandele teruggekoop
by sekere aandeelhouers. Alhoewel die markprys van die aandele R9,25 is,
het hulle R7,40 per aandeel aanvaar. Hierdie aandeelhouers is nie op
tussentydse dividende geregtig nie.
D. Die volgende aansuiwerings is nog nie ag geneem nie:
• Versekering sluit 'n jaarlikse polis van R29 832 in wat op
1 Desember 2013 betaal is.
• Die voorsiening vir oninbare skuld moet met R6 100 verhoog word.
• Ongebruikte verpakkingsmateriaal beloop R9 500.
• 'n Debiteur met 'n kredietsaldo van R11 700 moet na die Krediteure-
grootboek oorgeplaas word.
• Die bankversoeningstaat het 'n vooruitgedateerde tjek van R33 000,
gedateer 31 Augustus 2014, getoon.
• Die staat van Drake Bank ontvang in verband met die lening het rente
gekapitaliseer van R31 200 getoon. Maandelikse terugbetalings is
R10 800 insluitend rente. Hierdie terugbetalings sal in 2017 eindig.
• Op 30 Junie 2014 is 'n finale dividend van 40 sent per aandeel verklaar.
E. Netto wins na belasting, nadat die bostaande aansuiwerings in ag geneem
is, is as R813 600 bereken. Die inkomstebelastingkoers is 28% van die netto
wins voor belasting.
75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 4: VASTE BATES, KONTANTVLOEISTAAT, ONTLEDING EN
VERTOLKING (75 punte; 45 minute)
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële
jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële
jaar uitgereik.
GEVRA:
4.1 Wat is die hoofdoel van 'n Kontantvloeistaat? (2)
4.2 Verwys na die vastebate-nota onder Inligting C.
Bereken die ontbrekende bedrae (aangedui deur a, b, c en d) in die
Vaste/Tasbarebate-nota vir die jaar geëindig 31 Oktober 2014. (9)
4.3 Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 31 Oktober 2014. Toon
ALLE bewerkings tussen hakies. (24)
4.4 Die direkteure het meer aandele uitgereik en vaste bates verkoop om die
kontantvloei te verbeter. 'n Aandeelhouer, John Meanwell, het hierdie besluite
gekritiseer.
In elke geval:
• Verskaf 'n rede om John se opinie te ondersteun.
• Behalwe om die kontantvloei te verbeter, verskaf 'n rede om die direkteure
se besluit te ondersteun. (8)
4.5 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 31 Oktober 2014:
• Vuurproefverhouding (4)
• Verdienste per aandeel (3)
• Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (5)
• Skuld-ekwiteit-verhouding (3)
4.6 Die direkteure stel voor dat die besigheidsbedrywighede in die nuwe
finansiële jaar uitgebrei moet word. Een van die direkteure het voorgestel dat
die uitbreidings deur 'n lening van R1 000 000 gefinansier word, in plaas van
die uitreik van aandele aan die publiek. Haal aan en verduidelik TWEE
finansiële aanwysers om sy mening te staaf. (6)
4.7 Bongani is 'n aandeelhouer in Classico Beperk. Hy besit 32 000 aandele wat
hy twee jaar gelede teen R4,75 elk aangekoop het.
4.7.1 Bereken die bedrag dividende wat Bongani vir die finansiële jaar
geëindig 31 Oktober 2014 sal verdien. (3)
4.7.2 Behoort Bongani met die dividendbeleid van Classico Beperk
tevrede te wees? Haal aan en verduidelik toepaslike finansiële
aanwysers om jou antwoord te staaf. (4)
4.7.3 Bongani wil sy aandele in Classico Bpk. verkoop en sy fondse in 'n
alternatiewe belegging belê. Jy stem nie met hom saam nie. Haal
aan en verduidelik EEN toepaslike finansiële aanwyser, behalwe
dividende, om hom te ontmoedig om sy aandele te verkoop. Jou
antwoord moet die werklike syfer/verhouding/persentasie insluit. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 13 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
INLIGTING:
A. Die volgende inligting is uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig
31 Oktober 2014 geneem:
Rente op lening (alles gekapitaliseer) 175 500
Inkomstebelasting 375 000
Netto wins na belasting 975 000
B. Inligting uit die Balansstaat geneem:
31 Oktober 31 Oktober
2014 2013
Bedryfsbates 4 804 000 2 820 000
Voorrade 1 437 500 1 656 250
Handels- en ander ontvangbare bedrae (sien D) 1 075 000 956 250
Kontant en kontantekwivalente 2 291 500 207 500
Gewone aandeelhouersbelang 4 450 000 4 000 000
Gewone aandelekapitaal (sien F) 3 450 000 3 150 000
Behoue inkomste 1 000 000 850 000
Lening: Freeport Bank (12% p.j.) 2 000 000 1 375 000
Bedryfslaste 1 450 000 1 262 500
Handels- en ander betaalbare bedrae (sien E) 1 450 000 1 262 500
C. Vaste/Tasbare bates:
Grond en
Voertuie Toerusting
geboue
Drawaarde aan die begin van die
3 000 000 660 000 ?
finansiële jaar
Kosprys 3 000 000 900 000 ?
Opgelope waardevermindering 0 (240 000) (52 500)
Bewegings
Toevoegings teen kosprys 0 0 48 000
Verkope teen drawaarde (a) (c) 0
Waardevermindering 0 (b) (55 500)
Drawaarde aan die einde van die
2 500 000 446 000 (d)
finansiële jaar
Kosprys 2 500 000 750 000 258 000
Opgelope waardevermindering 0 (304 000) ?
Addisionele inligting met betrekking tot vaste bates:
• 'n Voertuig is teen sy drawaarde op die LAASTE dag van die
finansiële jaar verkoop. Waardevermindering op voertuie word teen
20% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode afgeskryf.
• Grond en geboue is teen kosprys gedurende die finansiële jaar
verkoop.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 14 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
D. Handels- en ander ontvangbare 31 Oktober 31 Oktober
bedrae sluit in: 2014 2013
SAID: Inkomstebelasting R22 500 0
E. Handels- en ander betaalbare 31 Oktober 31 Oktober
bedrae sluit in: 2014 2013
SAID: Inkomstebelasting 0 R27 500
Aandeelhouers vir dividende R450 000 R385 000
F. Besonderhede van die gewone aandelekapitaal:
• Gewone aandelekapitaal aan die begin van die 2014-finansiële jaar
het uit 700 000 gewone aandele bestaan, met 'n totale waarde van
R3 150 000.
• Op 1 November 2013 is 50 000 addisionele gewone aandele
uitgereik teen R6,00 elk.
• Daar was geen ander veranderinge aan die aandelekapitaal nie.
G. Die dividende (tussentyds en finaal) vir die finansiële jaar geëindig
31 Oktober 2014 beloop R825 000.
H. Finansiële aanwysers vir die afgelope twee finansiële jare:
31 Oktober 31 Oktober
2014 2013
Bedryfsverhouding 3,10 : 1 2,23 : 1
Vuurproefverhouding ? 0,92 : 1
Verdienste per aandeel ? 94 sent
Dividende per aandeel 110 sent 75 sent
Opbrengs op gemiddelde ? 15%
aandeelhouersbelang
Skuld-ekwiteit-verhouding ? 0,34 : 1
Opbrengs op gemiddelde kapitaal 26% 18%
aangewend
Netto batewaarde per aandeel 593 sent 571 sent
Prys van Classico Bpk.-aandele op 950 sent 725 sent
JEB
Rente op vaste deposito 5,5% 5,5%
Rentekoers op lenings 12% 12%
75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 15 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 5: KOSTEBEREKENINGE (45 punte; 25 minute)
5.1 PRINCESS BIN-FABRIEK
Princess Bin-fabriek vervaardig een soort huishoudelike blik. Die finansiële
jaar eindig op 28 Februarie 2015.
GEVRA:
5.1.1 Stel die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig
28 Februarie 2015 op. (16)
5.1.2 Stel die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015 op. (13)
INLIGTING:
A. Die volgende inligting is uit die finansiële rekords op 28 Februarie 2015
geneem:
Administrasiekoste R 62 930
Grondstof/Direkte materiaalkoste ?
Fabrieksbokoste 256 270
Verkoops- en verspreidingskoste 127 100
Direkte arbeidskoste: Normale tyd 452 000
Primêre koste 1 308 500
Goedere-in-bewerkingvoorraad (1 Maart 2014) 58 500
Goedere-in-bewerkingvoorraad (28 Februarie 2015) ?
Verkope 2 180 000
Koste van verkope ?
B. Die volgende inligting is nie in berekening gebring nie:
• Die fabriek het ses werkers in diens. Elke werker verdien R19 000
oortyd per jaar.
• Ongebruikte indirekte materiaal, R4 500.
• Advertensies (verkoop en verspreiding) sluit R3 720 in vir 'n drie-
maande-kontrak wat op 31 Maart 2015 eindig.
• Huuruitgawe is by die syfers hierbo uitgelaat. Totale huur betaal
beloop R91 020. Die huur vir Februarie 2015 is nog nie betaal nie.
Huur is op 1 Januarie 2015 met R820 per maand verhoog. 75% van
hierdie uitgawe moet aan die fabriek toegewys word en die verskil
moet na die Administrasiekoste-rekening oorgeplaas word.
C. 46 500 blikke is gedurende die finansiële jaar teen 'n eenheidskoste van
R35 vervaardig.
D. Die onderneming gebruik 'n winsopslagpersentasie van 60% op kosprys.
Handelskortings van R60 000 is gedurende die finansiële jaar aan
kontantkliënte gebied.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 16 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
5.2 ROB SE POTLODE
Rob Lambert is die eienaar van Rob se Potlode, 'n vervaardigings-
onderneming wat een soort potlood produseer. Die finansiële jaar eindig op
30 Junie 2014.
Produksie is gebaseer op bestellings ontvang, dus is daar geen goedere-in-
bewerkingsaldo's nie.
GEVRA:
5.2.1 Lewer kommentaar op die vaste koste per eenheid. Neem kennis
dat vaste koste van R236 800 in 2013 tot R238 000 in 2014
toegeneem het. (2)
5.2.2 Rob wil weet of die vlak van produksie vir hierdie finansiële jaar
bevredigend was.
• Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 30 Junie 2014. (4)
• Beskou jy die vlak van produksie as bevredigend of nie? Haal
syfers aan en verduidelik om jou mening te staaf. (4)
5.2.3 Rob is bekommerd oor die bestuur van die veranderlike koste
• Identifiseer EEN probleem met die veranderlike koste. Haal
toepaslike syfers aan om jou antwoord te staaf.
• Maak TWEE voorstelle wat hy kan gebruik om die
geïdentifiseerde probleem op te los. (6)
INLIGTING:
Finansiële inligting geneem uit die rekords van Rob se Potlode:
30 JUNIE 2014 30 JUNIE 2013
TOTAAL EENHEIDS- TOTAAL EENHEIDS-
(R) KOSTE (R) (R) KOSTE (R)
Vaste koste 238 000 2,80 236 800 3,20
Veranderlike koste: 998 750 11,75 732 600 9,90
Direkte materiaalkoste 467 500 5,50 296 000 4,00
Direkte arbeidskoste 391 000 4,60 318 200 4,30
Verkoops- en
140 250 1,65 118 400 1,60
verspreidingskoste
Verkoopsprys per eenheid R14,50 R13,50
Aantal eenhede 85 000 74 000
geproduseer en verkoop
Gelykbreekpunt (eenhede) ? 65 778
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 17 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 6: BEGROTING (35 punte; 20 minute)
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Brakpan Skryfbehoeftewinkel. Die
onderneming behoort aan Vukile Radebe en sy vrou, Lydia. Die winkel word bestuur
deur Alvin Alberts. Hy het egter 'n werksaanbod van 'n mededinger teen 'n verhoogde
salaris ontvang.
GEVRA:
6.1 Verduidelik die belangrikheid daarvan om begrote syfers met werklike syfers
vir dieselfde tydperk behaal, te vergelyk. (2)
6.2 Bereken die ontbrekende bedrae (aangedui deur a, b en c) in die Debiteure-
invorderingskedule vir die begrote tydperk Maart tot Mei 2015. (4)
6.3 Bereken die volgende begrote syfers:
6.3.1 Totale verkope vir Maart 2015 (2)
6.3.2 Bedrag vir betalings aan krediteure gedurende Mei 2015 (4)
6.3.3 Salarisse van die winkelassistente vir April 2015 (3)
6.3.4 Die persentasie verhoging in die salaris van die bestuurder wat in
Mei 2015 verwag word (3)
6.3.5 Die bedrag van die addisionele lening wat na verwagting op
1 April 2015 verkry sal word (3)
6.4 'n Beampte van die plaaslike munisipaliteit het aangebied om Brakpan
Skryfbehoeftewinkel aan te beveel vir die verskaffing van skryfbehoeftes ter
waarde van R500 000. Hy sal dit egter slegs doen as Vukile hom R20 000
kontant betaal.
Gee Vukile raad in die verband. Noem TWEE punte. (4)
6.5 Vukile se vrou is woedend omdat hy nie by die kontantbegroting hou nie.
Vukile sê hy het doelbewus nie by die begroting gehou nie in 'n poging om die
algehele resultate van die onderneming te verbeter.
• Identifiseer DRIE oorbetalings vir April. Verskaf syfers om jou antwoord te
staaf. Verskaf 'n geldige rede vir elke oorbetaling om Vukile se besluit te
ondersteun. (6)
• Verduidelik hoe hierdie meningsverskil met sy vrou in die toekoms
voorkom kan word. (2)
• Noem TWEE ander strategieë wat Vukile en sy vrou in die toekoms kan
oorweeg om die resultate van die onderneming te verbeter. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 18 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
INLIGTING
A. Verkope en debiteure-invordering:
• Die TOTALE verkope vir April 2015 en Mei 2015 word soos volg
geskat:
April 2015 70 000
Mei 2015 78 750
• 80% van alle verkope is vir kontant. Die res is op krediet.
• Daar word verwag dat debiteure soos volg sal betaal:
60% in dieselfde maand as verkope, onderhewig aan 'n 4%-
korting
38% in die maand wat op die maand van verkope volg
2% van die skuld word afgeskryf in die tweede maand wat op die
maand van verkope volg
• Debiteure-invorderingskedule
KREDIET- 2015 2015 2015
VERKOPE MAART APRIL MEI
R R R R
Februarie 31 500 11 970
Maart 10 500 (a) 3 990
April 14 000 8 064 (b)
Mei (c)
18 018 12 054
B. Aankope van handelsvoorraad en die betaling aan krediteure:
• Die onderneming werk op 'n vastevoorraadbasis waar voorraad wat
gedurende 'n maand verkoop is, aan die einde van daardie maand
vervang word.
• Die onderneming gebruik 'n winsopslag van 75% op kosprys.
• 70% van alle voorraad word op krediet aangekoop.
• Krediteure word ten volle betaal in die maand wat op die maand van
aankope volg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 19 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
C. Salarisse:
Winkelassistente
• Die onderneming het 12 winkelassistente wat ewe veel betaal word
in Maart 2015. Nege van die winkelassistente is gedurende
April 2015 geregtig op 'n bonus gelykstaande aan 80% van die
maandelikse salaris.
• Alle winkelassistente sal 'n algemene verhoging in Mei 2015
ontvang.
D. Lening:
'n Addisionele lening sal op 1 April 2015 by Atlantic Bank geneem word
teen 14% p.j. rente.
E. Uittreksel uit die Kontantbegroting vir die drie maande geëindig
31 Mei 2015:
MAART APRIL MEI
ONTVANGSTE Begroot Begroot Werklike Begroot
Kontantverkope van 42 000 56 000 59 200 63 000
goedere
Invordering van debiteure 18 018 12 054 12 800 ?
Huurinkomste 5 600 6 160 6 160 6 160
Addisionele lening bekom 0 ? ? 0
BETALINGS
Kontantaankope van 9 000 12 000 28 000 13 500
goedere
Betalings aan krediteure 58 500 21 000 21 000 ?
Salarisse van 102 000 ? ? 110 160
winkelassistente
Salaris van bestuurder 16 000 16 000 40 000 19 200
Rente op lening (14% p.j.) 6 300 7 175 7 175 7 175
Afleweringskoste (vir 9 200 9 200 0 9 200
aflewerings aan kliënte)
Versekering (jaarliks betaal) 0 27 000 27 000 -
Donasie 0 0 0 20 000
Aankoop van voertuig 0 0 180 000 0
Voertuiguitgawes 0 0 4 000 4 000
Diverse uitgawes 5 300 5 300 5 300 5 800
35
TOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 NSC June 2015 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Accounting Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)
%20Answer%20Book%202015%20Prepartory%20Examination%20Answer%20Book_hlayiso.com_--1504bb7f-526b-44e4-991e-b308973bbfca/v1-83e418f7e37de78d5a9e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2015 Addendum (English)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum