Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
REKENINGKUNDE
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en ’n 16 bladsye-antwoordeboek.
Skip to contentAll 2017 papers 


%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)


View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)

%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)



Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
Grade 12 Accounting question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 462.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ’n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag ’n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Alle bewerkings moet tot EEN desimale plek getoon word, waar van toepassing.
7. ’n Uiteensetting van die vrae word voorsien. Jy moet probeer om by die
voorgestelde tyd vir elke vraag te hou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) REKENINGKUNDE 3
VRAAG 1: 40 punte; 25 minute
Hoof onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Begrippe, Debiteure- en Krediteurerekonsiliasie
Rekonsiliasies
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer en etiek
VRAAG 2: 40 punte; 25 minute
Hoof onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Bestuur van hulpbronne
Voorraadwaardasie Begrippe, berekening en vertolking van voorraadinligting
Interne beheer
VRAAG 3: 50 punte; 30 minute
Hoof onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Begrippe, Balansstaat en notas
Finansiële state van maatskappye
Bestuur van hulpbronne
Finansiële verslagdoening en etiek
VRAAG 4: 70 punte; 45 minute
Hoof onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Finansiële state, Kontantvloei en
Begrippe, Kontantvloeistaat berekeninge, Ontleding van
vertolking
verhoudings en vertolking van finansiële inligting
VRAAG 5: 60 punte; 30 minute
Hoof onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Berekeninge vir die Produksiekostestaat
Kosteberekeninge en Vaste bates Eenheidskoste-begrippe; gelykbreekontleding
Bestuur van hulpbronne
Bestuur van vaste bates
VRAAG 6: 40 punte; 25 minute
Hoof onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Voltooiing van Kontantbegroting; Vertolking van begroting
Begroting
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer prosesse
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 1: REKONSILIASIES (40 punte; 25 minute)
1.1 Kies die korrekte antwoord uit die woorde tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
neer langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.4) in die ANTWOORDEBOEK.
1.1.1 ’n Verouderde tjek, wat ouer as 6 maande is, moet in die
(Kontantontvangstejoernaal/kontantbetalingsjoernaal)
gekanselleer word.
1.1.2 ’n (Debiet/Krediet) saldo op die bankstaat dui op ’n oortrokke rekening.
1.1.3 ’n (Debietnota/Kredietnota) is die brondokument vir goedere terug-
gestuur deur ’n debiteur.
1.1.4 (Kontantkorting/Handelskorting) word aangebied wanneer rekeninge
binne ’n sekere tyd betaal word. (4)
1.2 DEBITEUREREKONSILIASIE EN OUDERDOMSANALISE
Die inligting hieronder het betrekking op JT Handelaars vir Junie 2017.
GEVRA:
1.2.1 Bereken die korrekte saldo van Debiteurekontrole op 30 Junie 2017. (4)
1.2.2 Bereken die saldo’s van die debiteure gelys in die ANTWOORDEBOEK. (12)
1.2.3 Verwys na die ouderdomsanalise (Inligting C):
Bereken watter persentasie van die debiteure kom nie die 30 dae
krediettermyn na nie. (3)
Lys TWEE interne beheermaatreëls wat JT Handelaars kan gebruik
om te verseker dat slegs betroubare klante krediet kan bekom. (4)
INLIGTING:
A. Saldo’s op 30 Junie 2017 (voor foute en weglatings):
Debiteurekontrole saldo R74 600
Debiteurelys 70 000
N. Pillai 21 600
Y. Bosman 12 400
C. Tele 24 900
A. Botha ?
B. Foute en weglatings ontdek:
(i) Die Debiteurejoernaal is met R3 500 te veel opgetel.
(ii) ’n Afslag van R800 toegestaan aan Pillai vir beskadigde goedere, is
aan die verkeerde kant van haar rekening ingeskryf.
(iii) Kredietverkope aan Botha vir R6 300, is verkeerdelik in sy rekening as
R3 600 aangeteken. Oorboeking na die Algemene grootboek is korrek.
(iv) ’n Tjek vir R2 500, ontvang van Tele, is verkeerdelik in Bosman se
rekening aangeteken.
(v) ’n Tjek vir R4 230 ontvang van Pillai, is deur die bank teruggestuur,
gemerk “V/T – onvoldoende fondse”. Korting van R270 is toegestaan
toe die tjek ontvang is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) REKENINGKUNDE 5
C. DEBITEURE-OUDERDOMSANALISE
BEDRAG LOPENDE Meer as
30 DAE 60 DAE
VERSKULDIG MAAND 60 DAE
R70 000 12 600 21 000 28 000 8 400
Debiteure word 30 dae toegelaat om hul rekeninge te betaal.
1.3 KREDITEUREREKONSILIASIE
Marge Handelaars koop goedere op krediet van Simpson Verskaffers. Die
inligting voorsien, is vir Julie 2017.
GEVRA:
Rekonsilieer die rekening van Simpson Verskaffers in die Krediteuregrootboek
van Marge Handelaars, met die staat ontvang.
Begin met die openingsaldo’s soos in die ANTWOORDEBOEK gegee. (13)
INLIGTING:
A. Krediteuregrootboek van Marge Handelaars
Simpson Verskaffers (K6)
DATUM BESONDERHEDE FOL DEBIET KREDIET SALDO
Julie 1 Saldo a/b 34 200
5 Faktuurnr. 443 KJ 4 770 38 970
10 Tjeknr. 2810 KBJ 15 000 23 970
Korting KBJ 750 23 220
12 Faktuurnr. 568 KJ 5 640 28 860
18 Debietnota nr. 114 KAJ 980 27 880
28 Faktuurnr. 667 KJ 7 120 35 000
B. Staat ontvang van Simpson Verskaffers
SIMPSON VERSKAFFERS
Nr. A732
REKENINGSTAAT
Klant: Datum van staat:
Willowstraat 112
Willowmore
Marge Handelaars 25 Julie 2017 5 570
DATUM BESONDERHEDE DEBIET KREDIET SALDO
Junie 28 Rekening gelewer 38 830
30 Faktuurnr. 376 3 370 42 200
Julie 1 Kwitansie nr. 1144 8 000 34 200
5 Faktuurnr. 443 7 740 41 940
10 Kwitansie nr. 1328 15 000 26 940
12 Faktuurnr. 568 6 640 33 580
18 Kredietnota nr. 743 980 34 560
22 Faktuurnr. 772 3 860 38 420
Sluit transaksies in tot 25ste van elke maand.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2017)
C. Verskille opgemerk:
(i) Faktuurnr. 443 is verkeerd in die krediteuregrootboek aangeteken.
(ii) Die staat toon nie die korting toegestaan vir vroeë betaling op die
10de nie. Dit sal op die volgende staat reggestel word.
(iii) Daar is ontdek dat Faktuurnr. 568 op die staat goedere ter waarde
van R1 000 insluit wat deur die pakhuisbestuurder bestel is. Daar
gaan dissiplinêr teen die bestuurder opgetree word.
(iv) Goedere ter waarde van R980 is op die 18 de teruggestuur. Dit word
as ’n debietinskrywing getoon in beide die krediteuregrootboek se
rekening en die rekeningstaat.
(v) Faktuurnr. 772 op die staat is vir goedere verkoop aan ’n ander
onderneming. Dit moet op die volgende staat reggestel word.
(vi) Die staat was op 25 Julie 2017 ontvang.
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) REKENINGKUNDE 7
VRAAG 2: VOORRAADWAARDASIE (40 punte; 25 minute)
2.1 Kies die voorraadstelsel/metode van die lys voorsien, wat die beste beskryf word
deur elk van die stellings hieronder. Skryf slegs die voorraadstelsel/metode langs
elke nommer (2.1.1–2.1.5) in die ANTWOORDEBOEK.
Eerste-in-eerste-uit (EIEU); geweegde gemiddelde; deurlopende;
spesifieke identifikasie; periodieke
2.1.1 Lae koste voorraaditems met eenderse waarde, se waarde word bereken
deur die totale koste van die items te deel deur die aantal items beskikbaar
vir verkope.
2.1.2 Die waarde van die eindvoorraad word bereken deur te aanvaar dat die
goedere wat eerste aangekoop is, eerste verkoop word.
2.1.3 Koste van verkope word aangeteken wanneer verkope plaasvind en
voorraadrekords word daarvolgens aangepas.
2.1.4 Die waarde van die eindvoorraad wat gebruik word om die koste van
verkope te bereken, word bepaal deur ’n fisiese voorraadopname aan die
einde van ’n rekeningkundige periode.
2.1.5 Verkope en koste van verkope rekords word gehou vir die individuele items
verkoop, op grond van hierdie items se hoë waarde. (5)
2.2 COMRADES BPK.
Comrades Bpk. verkoop sporttoerusting. Die inligting het betrekking op die
sweetpakke- en sporthemdedepartemente vir die finansiële jaar geëindig
30 April 2017.
GEVRA:
2.2.1 Bereken die verkoopprys per eenheid vir sweetpakke. (2)
2.2.2 Bereken die koste van verkope vir sweetpakke deur die eerste-in-eerste
uit-metode te gebruik. (7)
2.2.3 Bereken die omsetsnelheid van voorraad vir sweetpakke (gebruik
gemiddelde voorraad). (5)
2.2.4 Daar is ontdek dat sporthemde van die Junie 2016 aflewering vermis word.
Bereken die aantal en die waarde van die vermiste sporthemde. (7)
2.2.5 Bereken die Bruto Wins wat die sporthemde-departement gemaak het. Let
daarop dat hierdie departement die geweegde gemiddelde metode gebruik
om voorraad te waardeer. (8)
2.2.6 Die eienaar is nie tevrede met die resultate van die sporthemde-
departement nie. Identifiseer TWEE probleme, behalwe die vermiste
sporthemde, in hierdie departement. Haal syfers aan. Gee in elke geval ’n
oplossing vir die probleem. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2017)
INLIGTING:
SWEETPAKKE SPORTHEMDE
Werksdae per jaar 264 dae 264 dae
Dae gewerk deur
250 dae 172 dae
departement
Voorraad omsetsnelheid 2.2.3 2 keer
Verkope EENHEDE BEDRAG EENHEDE BEDRAG
515 R296 125 298 ?
Verkoopprys per eenheid 2.2.1 R140
EEN- EENHEIDS BEDRAG EEN- EENHEIDS BEDRAG
Voorraad HEDE -PRYS (R) HEDE -PRYS (R)
Aanvangsvoorraad 125 40 000 160 13 760
Aankope: 500 170 450 340 33 740
Junie 2016 120 R330 39 600 75 R92 6 900
Augustus 2016 150 R340 51 000 160 R95 15 200
November 2016 130 R345 44 850 60 R110 6 600
Januarie 2017 100 R350 35 000 45 R112 5 040
Terugsendings 10 eenhede van die Januarie
2017 aankope
Eindvoorraad 96 ? ? 186 ? 17 670
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) REKENINGKUNDE 9
VRAAG 3: OUDITVERSLAE EN FINANSIЁLE STATE VAN MAATSKAPPYE
(50 punte; 30 minute)
3.1 OUDITVERSLAE
Kies die oudit-opsie uit KOLOM B wat die beste beskrywing is van die ouditverslag
in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–C) langs die nommer (3.1.1–3.1.3) in die
ANTWOORDEBOEK. (3)
KOLOM A KOLOM B
3.1.1 Gekwalifiseerde A Ons was nie in staat om voldoende bewyse te kry
ouditverslag om ’n ouditmening te kon uitspreek nie. Daarom
spreek ons nie ’n mening uit oor die finansiële
state van Raman Bpk., vir die jaar geëindig, nie
3.1.2 Ongekwalifiseer- B Behalwe vir die ongemagtigde bonus betaal aan
de ouditverslag die Hoof Uitvoerende Beampte, is die finansiële
state van Wyne Bpk. in alle wesenlike opsigte ’n
redelike weergawe van die finansiële posisie
3.1.3 Weerhouding C Die finansiële state is in alle wesenlike opsigte ’n
redelike weergawe van die finansiële posisie van
Uve Bpk.
3.2 RUHI BPK.
Ruhi Bpk. is ’n genoteerde maatskappy met ’n gemagtigde aandelekapitaal van
800 000 gewone aandele. Die inligting voorsien is vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2017.
GEVRA:
3.2.1 Voltooi die Behoue inkomste nota tot die Balansstaat. (10)
3.2.2 Voltooi die Balansstaat op 28 Februarie 2017. Toon alle bewerkings in
hakies. Sommige bedrae word in jou ANTWOORDEBOEK gegee. (26)
3.2.3 Die HUB, Bakkies Spencer, besit 42% van die uitgereikte aandele op
28 Februarie 2017. Die Raad van Direkteure wil die onuitgereikte aandele
in die volgende finansiële jaar uitreik.
Doen ’n berekening om aan te toon watter aantal aandele Bakkies moet
koop om beheer oor die maatskappy te verkry. (5)
Bakkies wil die aandele aankoop teen die huidige netto batewaarde
sonder om dit aan die publiek te adverteer. Waarom sal jy, as
bestaande aandeelhouer, nie tevrede wees met hierdie reëling nie?
Verduidelik. Verskaf TWEE punte. (4)
3.2.4 Ruhi Bpk. beplan om R300 000 aan personeelontwikkeling en -opleiding te
spandeer oor die volgende twee jaar. Hoe sal hierdie uitgawe in die
gepubliseerde jaarverslag verduidelik word (openbaarmaking)? Verskaf
EEN punt. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2017)
INLIGTING:
A. Die volgende saldo’s/totale is geneem uit die maatskappy se rekords op
28 Februarie 2017:
R
Gewone aandelekapitaal ?
Behoue inkomste (20 Januarie 2017) 7 480
Vaste bates teen drawaarde 4 060 545
Vaste Deposito: Londa Bank 415 000
Lening: Dube Bank 766 400
Voorraad (alles Handelsvoorraad) 222 600
Handels- en ander betaalbares 231 920
SAID: Inkomstebelasting (voorlopige betalings) 280 000
Kontant in bank 212 400
B. Aandelekapitaal en Dividende:
Op 1 Maart 2016 was 80% van die gemagtigde aandelekapitaal uitgereik.
Op 20 Januarie 2017 het die maatskappy 40 000 aandele teen R1,25 bo
die gemiddelde aandeleprys van R6,00, teruggekoop. Hierdie transaksie
is aangeteken.
’n Interim dividend van R179 200 is betaal op 30 Augustus 2016.
’n Finale dividend van R210 000 is verklaar op 28 Februarie 2017.
C. Vaste Deposito:
R165 000 van die vaste deposito verval op 30 Junie 2017. Die balans verval
in 2020.
D. Lening: Dube Bank:
Die leningstaat ontvang, toon die volgende:
Saldo op 1 Maart 2016 R920 000
Totale maandelikse terugbetalings (rente ingesluit) 153 600
Rente gekapitaliseer 65 400
Saldo op 28 Februarie 2017 ?
’n Gedeelte van die lening sal gedurende die volgende finansiële jaar
terugbetaal word.
E. Wins en belasting:
Die netto wins na belasting is R681 720.
Inkomstebelasting word teen 31% van die netto wins bereken.
F. Finansiële aanwysers op 28 Februarie 2017:
Solvensieverhouding 4:1
Bedryfsverhouding 1,5 : 1
Netto batewaarde (NBW) 650 sent
Markprys ( Aandelebeurs) 710 sent
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) REKENINGKUNDE 11
VRAAG 4: FINANSIЁLE STATE, KONTANTVLOEI EN VERTOLKING
(70 punte; 45 minute)
4.1 PAS DIE BEGRIPPE:
Kies ’n rekeningkundige begrip uit KOLOM B wat die beste pas by die vrae in
KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–D) teenoor die nommer (4.1.1–4.1.3) in die
ANTWOORDEBOEK.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Tot watter mate maak die onderneming
A Likiditeit
staat op geleende fondse?
4.1.2 Kan die onderneming al sy skuld betaal? B Solvensie
4.1.3 Is die onderneming in staat om sy kort-
termynskuld te betaal in die volgende C Winsgewendheid
finansiële jaar?
D Risiko en hefboomeffek (3)
4.2 MANI BPK
Inligting vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2017 word voorsien.
GEVRA:
4.2.1 Voltooi die nota tot die Balansstaat, vir Aandelekapitaal op 30 Junie 2017. (10)
4.2.2 Bereken die volgende bedrae soos dit in die Kontantvloeistaat gebruik
moet word. Gebruik hakies om bedrae wat ’n uitvloei is, aan te dui.
Dividende betaal (4)
Inkomstebelasting betaal (4)
Verandering in beleggings (2)
Verandering in lening (2)
4.2.3 Bereken die koste van die addisionele toerusting wat aangekoop is. (6)
4.2.4 Voltooi die netto verandering in kontant en kontantekwivalente-
afdeling van die Kontantvloeistaat. (5)
4.2.5 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 30 Junie 2017:
Bruto wins persentasie (winsopslag persentasie) (4)
Netto batewaarde per aandeel (NBA) (3)
Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersekwiteit (6)
4.2.6 Het die direkteure korrek opgetree deur die lening te verhoog? Verduidelik.
Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan in jou antwoord. (7)
4.2.7 Verduidelik waarom die aandeelhouers nie tevrede is met:
Dividend uitbetalingsbeleid
Hul opbrengs verdien
Haal finansiële aanwysers (met syfers) aan in jou verduideliking. (8)
4.2.8 Lewer kommentaar oor die prys betaal vir aandele teruggekoop op
31 Maart 2017. Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan in jou
kommentaar. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2017)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Inkomstestaat op 30 Junie 2017:
R
Verkope 11 440 000
Bruto wins 4 290 000
Waardevermindering 510 000
Rente-uitgawe 132 000
Netto wins voor inkomstebelasting 1 048 000
Inkomstebelasting 314 400
B. Uittreksel uit die Balansstaat op 30 Junie:
30 JUNIE 2017 30 JUNIE 2016
Vaste bates (drawaarde) 9 806 000 8 410 800
Beleggings 80 000 120 000
Aandeelhouersekwiteit 8 801 400 7 821 800
Gewone aandelekapitaal 8 412 800 ?
Behoue inkomste 388 600 ?
Lening: Viva Bank 1 250 000 950 000
Kontant en kontantekwivalente 2 500 98 500
Oortrokke bank 65 300 -
SAID: Inkomstebelasting 22 300 (Kt) 31 000 (Dt)
Aandeelhouers vir dividende 264 000 320 000
C. Aandelekapitaal:
Die gemagtigde aandelekapitaal bestaan uit 1 200 000 aandele.
Uitgereikte aandelekapitaal bestaan uit 800 000 gewone
1 Julie 2016
aandele
1 Oktober 2016 Addisionele aandele uitgereik teen R9,80 per aandeel
31 Maart 2017 120 000 aandele teruggekoop teen R10,00 per aandeel
30 Junie 2017 Eindsaldo bestaan uit 880 000 gewone aandele
D. Dividende:
Totale dividende vir die jaar is R514 000.
’n Interim dividend is betaal op 1 Desember 2016 en ’n finale dividend is
verklaar op 30 Junie 2017. Slegs aandeelhouers op die aandele-register is
geregtig op dividende.
E. Vaste bates:
Uitbreidings aan die pakhuis is voltooi teen ’n koste van R1 800 000.
Toerusting met ’n drawaarde van R440 400 is verkoop en nuwe toerusting
is aangekoop, om die huidige administrasie-afdeling op te gradeer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) REKENINGKUNDE 13
F. Die volgende finansiële aanwysers is bereken op 30 Junie:
2017 2016
Skuld/ekwiteitsverhouding 0,1 : 1 0,1 : 1
Bedryfsverhouding 1,2 : 1 1,3 : 1
Vuurproefverhouding 0,6 : 1 0,6 : 1
Verdienste per aandeel 80 sent 78 sent
Dividend per aandeel 55 sent 75 sent
Netto batewaarde per aandeel ? 978 sent
Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend 12,5% 11,3%
Opbrengs op gemiddelde ekwiteite ? 7,9%
Markprys van aandele (JSE) 1120 sent 1100 sent
Rentekoers op lenings 13% 13%
Rentekoers op vaste deposito’s 9% 9%
70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 5: KOSTEBEREKENINGE EN VASTE BATES (60 punte; 30 minute)
5.1 Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is. Skryf slegs die antwoord
langs die vraagnommers (5.1.1–5.1.3) in die ANTWOORDEBOEK. (3)
5.1.1 Die salaris van die fabriekskoonmaker word as indirekte arbeid beskou.
5.1.2 Waardevermindering op fabrieksaanleg en toerusting is ’n veranderlike
koste.
5.1.3 Primêre koste word bereken deur direkte materiaalkoste en indirekte
materiaalkoste bymekaar te tel.
5.2 TS FINE-WEAR
Thandi en Sindy besit TS Fine-wear, ’n klere vervaardigingsonderneming wat ʼn
wintersbaadjie in slegs een styl vir skole vervaardig.
GEVRA:
5.2.1 Bereken die direkte arbeidskoste. (7)
5.2.2 Verwys na Inligting C:
Bereken die bedrae verteenwoordig deur (a) en (b) in die nota vir
Fabrieksaanleg en Toerusting. (13)
5.2.3 Voltooi die nota vir Fabrieksbokoste. (12)
5.2.4 Bereken die koste van verkope vir die jaar geëindig 31 Desember 2017. (5)
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo’s:
31 DESEMBER 2017 1 JANUARIE 2017
Grondstof (materiaal) R56 800 R87 400
Goedere-in-bewerking 50 000 20 000
Klaar produkte 41 000 46 000
Verbruiksgoedere vir fabriek 8 760 9 420
B. Besonderhede van fabriekspersoneel:
Fabrieksvoorman en R300 000
Instandhoudingspersoneel Salarispakette sluit byvoordele in.
Produksiewerkers:
Aantal werknemers 5
Gewone tyd 1 800 ure per jaar per werknemer.
Tarief vir gewone tyd R70 per uur
Ure oortyd gewerk ’n Totaal van 660 ure aangeteken in die register
Tarief vir oortyd 1,6 keer die gewone tarief
Die werkgewer se bydrae beloop 9% van basiese loon
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) REKENINGKUNDE 15
C. Fabrieksaanleg en Toerusting
Kosprys (1 Januarie 2017) R420 000
Opgehoopte waardevermindering (1 Januarie 2017) (198 000)
Drawaarde (1 Januarie 2017) 222 000
Bewegings:
Toevoegings 76 000
Bateverkope (a)
Waardevermindering (b)
Drawaarde (31 Desember 2017)
Kosprys (31 Desember 2017) 436 000
Opgehoopte waardevermindering (31 Desember 2017)
Ou toerusting is op 1 September 2017 vir R6 500 kontant verkoop, wat
gelei het tot ’n verlies met verkoop van bate van R2 500.
Nuwe toerusting, om die verkoopte toerusting te vervang, is op
1 Oktober 2017 aangekoop.
Waardevermindering op Toerusting word bereken teen 15% p.a. op
kosprys.
D. Verbruiksgoedere vir die fabriek gebruik, beloop R52 750.
E. Die volgende uitgawe-items het (onder andere) in die vooraansuiwerings-
proefbalans op 31 Desember 2017 verskyn:
Versekering R 32 300
Water en elektrisiteit 98 700
Huur-uitgawe 102 000
Waardevermindering 116 000
Diverse uitgawes vir fabriek 19 150
2/
3 van die water- en elektrisiteit-uitgawes is die fabriek se uitgawes.
Die totaal vir versekering sluit ’n jaarlikse premie in van R4 200 vir ’n
polis wat uitgeneem en ten volle betaal is op 1 September 2017.
60% van die versekering moet aan die fabriek toegedeel word.
Huur-uitgawe word verdeel tussen die fabriek, verkope-afdeling en die
kantore in die verhouding 5 : 2 : 1.
F. Die onderneming het 29 500 baadjies vervaardig teen ’n koste van R60
elk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2017)
5.3 PASS VERVAARDIGERS
PASS Vervaardigers produseer een soort sportbaadjie en pette.
Die eienaar versoek ’n kosteontleding vir die afgelope twee finansiële jare en
voorsien die inligting hieronder.
GEVRA:
5.3.1 Doen ’n berekening om te bewys dat die gelykbreekpunt vir baadjies
in 2017 korrek is. (4)
5.3.2 Lewer kommentaar oor die gelykbreekpunte en die vlak van produksie
vir beide produkte. (4)
5.3.3 Die eienaar het besluit om die verkoopprys van pette in 2017 te verhoog.
Bereken die persentasie verhoging in die verkoopprys. (4)
Gee EEN rede waarom die eienaar kon voel dit was nodig om die
verkoopprys te verhoog. (2)
5.3.4 Identifiseer EEN veranderlike koste vir baadjies en EEN veranderlike
koste vir pette wat nie goed beheer was nie. Haal syfers aan. Verskaf
’n oplossing/advies om die probleem aan te spreek, in elke geval. (6)
INLIGTING:
PETTE
BAADJIES
Eenheidskoste
Eenheidskoste (R)
(R)
2017 2016 2017 2016
Veranderlike koste 73,00 63,90 39,80 33,70
Direkte materiaalkoste 40,00 32,00 15,00 14,00
Direkte arbeidskoste 22,50 21,40 15,50 12,50
Verkoops- en verspreidingskoste 10,50 10,50 9,30 7,20
Vaste koste 41,20 35,30 20,80 20,30
Fabrieksbokoste 26,00 21,80 11,00 10,80
Administrasiekoste 15,20 13,50 9,80 9,50
Eenhede geproduseer en 15 000 15 000 9 500 9 500
verkoop
Gelykbreek in eenhede 14 715 10 362 7 134 9 500
Verkoopprys per eenheid R115,00 R115,00 R67,50 R54,00
60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) REKENINGKUNDE 17
VRAAG 6: BEGROTING (40 punte; 25 minute)
6.1 Verduidelik waarom:
6.1.1 Waardevermindering en Oninbare skuld nie in ’n Kontantbegroting
verskyn nie. (2)
6.1.2 ’n Kontantbegroting van ’n Geprojekteerde inkomstestaat verskil. (2)
6.2 KWT VERSPREIDERS BPK.
Jy word voorsien van inligting vir die begrotingsperiode November en
Desember 2017.
GEVRA:
6.2.1 Voltooi die Debiteure invorderingskedule. (12)
6.2.2 Bereken die ontbrekende bedrae aangedui deur (i) tot (v) in die
Kontantbegroting. (20)
6.2.3 Lewer kommentaar oor die interne beheer rakende die invorderings
vanaf debiteure en die betalings aan krediteure. Voorsien TWEE punte. (4)
INLIGTING:
A. Kontantverkope is 40% van totale verkope.
Die winsopslagpersentasie is 25% op kosprys.
B. Debiteure se krediettermyn is 30 dae. Die werklike invorderings toon die
volgende:
50% van debiteure betaal in die maand van verkope om 5% korting te
ontvang;
30% word ontvang in die maand wat volg op die maand van verkope;
18% word ingevorder in die tweede maand na die verkope;
2% van debiteure word hierna afgeskryf.
C. Voorraad word vervang in die maand van verkope (’n basisvoorraad word
gehandhaaf).
D. Huurinkomste sal in Desember 2017 met 8% verhoog.
E. 80% van voorraad word op krediet aangekoop. Krediteure word ten volle
betaal in die maand wat volg op aankope.
F. Salarisse en lone sal dieselfde vir die begrotingsperiode bly. Personeel
wat gedurende Desember met verlof is, sal hul vergoeding van R35 600
gedurende November ontvang.
G. ’n Lening sal op 1 November 2017 ontvang word van ’n direkteur, Thabo,
teen rente van 13% p.j. Rente word nie gekapitaliseer nie. ’n Vaste
maandelikse paaiement en rente sal aan die einde van elke maand betaal
word.
H. Die maatskappy sal interim dividende gedurende Desember betaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2017)
I. Onvolledige Debiteure-invorderingskedule:
KREDIET-
MAAND NOVEMBER DESEMBER
VERKOPE
September 180 000 ?
Oktober 186 000 55 800 ?
November ? 92 625 ?
Desember 210 000 ?
TOTAAL ? ?
J. Inligting uit die Geprojekteerde inkomstestaat:
NOVEMBER 2017
Verkope 325 000
Koste van verkope 260 000
Kommissie-inkomste 24 800
Waardevermindering 12 600
Rente-uitgawe 1 625
K. Onvolledige Kontantbegroting vir 2017:
ONTVANGSTES NOVEMBER DESEMBER
Kontantverkope 130 000 (i)
Kontant van debiteure
Kommissie-inkomste 24 800 26 000
Huurinkomste (ii) 19 710
Lening van direkteur Thabo 150 000 0
TOTALE ONTVANGSTES
BETALINGS
Kontant aankope van voorraad 52 000 56 000
Betalings aan krediteure (iii) 208 000
Direkteursfooie 20 000 20 000
Salarisse en lone 180 600 (iv)
Paaiement op lening (rente ingesluit) 13 625 (v)
Interim dividend 0 86 500
Diverse uitgawes 15 875 16 510
TOTALE BETALINGS
40
TOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 EC June 2017 Question Paper (English)

Question paper
Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Addendum