Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
REKENINGKUNDE V1
2023
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye,
'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 637.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 2 DBE/2023
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. 'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie
vraestel aangeheg.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
Staat van Omvattende Inkomste en
1 60 45
Bedryfsbates
Behoue-inkomste-nota, Kontantvloeistaat
2 35 25
en Finansiële Aanwysers
3 Vertolking van Finansiële Inligting 40 35
4 Korporatiewe Bestuur 15 15
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 3 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 1: STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE EN BEDRYFSBATES
(60 punte; 45 minute)
1.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Onafhanklike ouditeur A belegging soos 'n vaste deposito oor 'n
drie-jaar-periode
1.1.2 Kapitaal aangewend
B skuld wat binne 12 maande vereffen moet
1.1.3 Bedryfslas word
1.1.4 Finansiële bate C 'n personeellid van 'n maatskappy wat
doeltreffende interne beheermaatreëls
instel
D totaal van Gewone Aandeelhouers-
belang en Niebedryfslaste
E gee 'n onpartydige mening oor die
betroubaarheid van die finansiële state
(4 x 1) (4)
1.2 STARLIGHT BPK.
Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023.
Die maatskappy dryf handel in elektriese items.
GEVRA:
1.2.1 Verwys na Inligting B (i).
Bereken die waarde van die slotvoorraad van gloeilampe op
28 Februarie 2023. Gebruik die geweegdegemiddelde-metode. (4)
1.2.2 Verwys na Inligting B (ii).
Bereken:
Wins of verlies met verkoop van die voertuig (5)
Totale waardevermindering vir die jaar (7)
1.2.3 Voltooi die volgende:
Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
28 Februarie 2023 (29)
Bedryfsbates-afdeling van die Staat van Finansiële Posisie (11)
LET WEL: Sommige bedrae is in die ANTWOORDEBOEK ingeskryf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 4 DBE/2023
SS/NSS
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Vooraansuiweringsproefbalans op 28 Februarie:
Balansstaatrekeninge-afdeling 2023 2022
Lening: Pearl Bank 524 400 690 000
Voertuie ? 1 250 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie ? 420 000
Toerusting 822 000 774 000
Opgehoopte waardevermindering op toerusting ? 360 000
Vaste deposito: Pearl Bank 320 000
Handelsvoorraad 2 969 800
Debiteurekontrole 645 250
Voorsiening vir oninbare skulde ? 21 020
Bank (Dt) ?
SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belasting- 875 000
betalings)
Nominalerekeninge-afdeling
Verkope 17 850 000
Koste van verkope 10 200 000
Salarisse en lone ?
Kommissie-inkomste 85 900
Huurinkomste 89 700
Ouditfooie 155 200
Direkteursgelde 2 015 000
Diverse uitgawes 219 760
Oninbare skulde 16 200
Rente op vaste deposito ?
Bateverkope (kontant ontvang vir verkoop van voertuig) 91 500
B. Aansuiwerings en addisionele inligting:
(i) 'n Fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2023 het uitgewys dat
R2 774 800 se voorraad voorhande is. Hierdie syfer sluit egter die
slotvoorraadsyfer vir gloeilampe uit. Let daarop dat die gloeilampe
gewaardeer word deur die geweegdegemiddelde-metode te
gebruik.
Besonderhede van die gloeilampe is soos volg:
EENHEIDS- TOTAAL
EENHEDE PRYS (R)
(R)
Voorraad op 1 Mrt. 2022 8 000 52 416 000
Aankope 47 000 74 3 478 000
Beskikbaar vir verkoop 55 000 3 894 000
Vraggeld op aankope 27 500
Voorraad op 28 Feb. 2023 1 700 ? ?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 5 DBE/2023
SS/NSS
(ii) Vaste bates en waardevermindering:
Voertuie:
'n Ou voertuig is op 30 November 2022 vir R91 500 verkoop.
Die bedrag ontvang, is opgeteken, maar geen ander
inskrywings is gemaak nie.
Besonderhede van die verkoopte voertuig:
Drawaarde op 1 Maart 2022 R104 000
Waardevermindering: 20% p.j. volgens die verminderdesaldo-
metode
Waardevermindering op die oorblywende voertuie: R145 200
Toerusting:
Toerusting se waarde word teen 15% p.j. op kosprys verminder.
Nuwe toerusting is op 31 Julie 2022 aangekoop.
(iii) R38 800 is nog aan die ouditeure vir die huidige finansiële jaar
verskuldig.
(iv) R9 000 is uit die insolvente boedel van debiteur Billy Croon ontvang.
Sy boedel betaal 80 sent in die rand op sy uitstaande saldo. Die
geld ontvang, is opgeteken. Die saldo van sy rekening moet nog
afgeskryf word.
(v) Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot R25 720 verhoog word.
(vi) Direkteursgelde:
Die maatskappy het twee direkteure wat in 2019 aangestel is.
'n Derde direkteur is op 1 Oktober 2022 aangestel.
Die direkteure verdien almal dieselfde maandelikse gelde.
Direkteursgelde gedurende die finansiële jaar betaal, is
opgeteken, maar een direkteur is reeds vir Maart en April 2023
betaal.
(vii) Huurinkomste sluit die huur vir Maart 2023, wat van die huurder
ontvang is, in. Die maandelikse huur het op 1 Januarie 2023 met
R1 170 toegeneem.
(viii) Lening: Pearl Bank
Rente op die lening gekapitaliseer, is nog nie opgeteken nie.
Vaste maandelikse terugbetalings (rente ingesluit) is betaal en
korrek vir die finansiële jaar opgeteken.
Rente op die lening beloop 60% van die maandelikse
terugbetalings.
(ix) Inkomstebelasting vir die jaar is op R858 140 bereken.
60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 6 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 2: BEHOUE-INKOMSTE-NOTA, KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE
AANWYSERS (35 punte; 25 minute)
Die inligting het betrekking op Swallows Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2023.
GEVRA:
2.1 Stel die Behoue-inkomste-nota vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023 op. (9)
2.2 Bereken die volgende bedrae vir die 2023 Kontantvloeistaat:
Verandering in lening (2)
Opbrengs uit aandele uitgereik (3)
2.3 Voltooi die Kontantgevolge van Bedryfsaktiwiteite-afdeling van die
Kontantvloeistaat. (10)
2.4 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2023:
Bedryfsverhouding (2)
Netto batewaarde (4)
% opbrengs op totale kapitaal aangewend (OOTKA)
LET WEL: Die gemiddelde kapitaal aangewend is R20 343 500. (5)
INLIGTING:
A. Uittreksel: Staat van Omvattende Inkomste op 28 Februarie 2023
Verkope R12 754 500
Waardevermindering 316 500
Rente op lening 648 000
Netto wins na belasting (belastingkoers: 30% op netto wins) 1 526 000
B. Uittreksel: Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie
2023 2022
Gewone aandelekapitaal R13 959 500 R12 312 500
Behoue inkomste ? 237 400
Lening: Daisy Bank 6 348 000 7 200 000
Totale bedryfsbates 1 479 600 2 342 000
Totale bedryfslaste 822 000 976 000
Aandeelhouers vir dividende 575 400 475 000
SAID: Inkomstebelasting 23 600 (Dt) 42 100 (Kt)
C. Aandelekapitaal
1 250 000 Aandele voorhande op 1 Maart 2022
180 000 Aandele teruggekoop op 1 Mei 2022. Hulle kwalifiseer nie vir dividende
nie. 'n EFO van R1 989 000 is vir die terugkoop uitgereik.
? Aandele uitgereik op 1 Oktober 2022 teen R11,40 per aandeel
1 370 000 Aandele voorhande op 28 Februarie 2023
D. Dividende
'n Tussentydse dividend van 32c per aandeel is op 31 Augustus 2022 betaal.
'n Finale dividend is op 28 Februarie 2023 verklaar.
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 7 DBE/2023
SS/NSS
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 8 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING (40 punte; 35 minute)
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Qumbu Bpk. vir die jaar geëindig
28 Februarie 2023.
GEVRA:
LET WEL: Verskaf finansiële aanwysers met syfers en tendense om jou kommentaar
of verduidelikings (waar van toepassing) te staaf.
3.1 Likiditeit
Verduidelik of die maatskappy hulle bedryfskapitaal doeltreffend bestuur, of nie.
Haal TWEE finansiële aanwysers aan. (5)
3.2 % aandeelhouding
Denise Taylor, die HUB, het op 1 Maart 2022 540 000 aandele in die
maatskappy besit. Sy het voortgegaan om addisionele aandele op verskillende
tye gedurende die jaar op die JSE te koop. Op 28 Februarie 2023 het Denise
die meerderheidsaandeelhouer geword omdat sy 51% van die uitgereikte
aandele besit het.
Bereken die totale getal addisionele aandele wat Denise aangekoop het. (4)
Gee EEN moontlike rede waarom Denise vasbeslote was om die
meerderheidsaandeelhouer te word. (2)
3.3 Besluite deur direkteure, risiko en finansiële hefboom
3.3.1 Die Kontantvloeistaat toon besluite wat deur die direkteure geneem is.
Identifiseer TWEE belangrike besluite wat die direkteure in 2023
geneem het wat verskil van hulle besluite die vorige jaar.
Gee EEN rede vir hierdie besluite. (6)
3.3.2 Verduidelik die uitwerking van hierdie besluite op die graad van
finansiële risiko oor die twee jaar. Haal EEN finansiële aanwyser aan. (3)
3.3.3 Verduidelik hoe hierdie besluite die hefboomfinansiering van die
maatskappy beïnvloed het. Haal EEN finansiële aanwyser aan. (4)
3.4 Dividende en verdienste
3.4.1 Sekere aandeelhouers het hulle kommer uitgespreek oor die
verandering in die dividenduitbetalingsbeleid. Verduidelik TWEE punte
om hulle mening te ondersteun. (4)
3.4.2 Verduidelik of die aandeelhouers met die tendens in die % opbrengs en
verdienste van die maatskappy tevrede sal wees, asook die dividende
wat hulle verdien het. Haal TWEE finansiële aanwysers aan. (6)
3.5 Kommentaar by die algemene jaarvergadering
Sommige aandeelhouers is woedend oor die tendense van die volgende
kwessies met betrekking tot die maatskappy se prestasie:
Kontant en kontantekwivalente aan die einde van die jaar
Die markprys van die aandele op die JSE
Verskaf in ELKE geval bewyse vir die aandeelhouers se kommer oor hierdie
tendense, en verduidelik waarom hulle oor die toekomstige vooruitsigte vir die
maatskappy bekommerd sou wees. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 9 DBE/2023
SS/NSS
INLIGTING:
A. Finansiële aanwysers en addisionele inligting op 28 Februarie:
2023 2022
% bedryfsuitgawes op verkope 14,1% 12,0%
% bedryfswins op verkope 14,5% 16,5%
% netto wins op verkope 10,4% 10,9%
Skuld-ekwiteit-verhouding 0,1 : 1 0,4 : 1
Bedryfsverhouding 0,9 : 1 1,3 : 1
Vuurproefverhouding 0,3 : 1 0,6 : 1
Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode 42,4 dae 30,8 dae
Verdienste per aandeel 60 sent 74 sent
Dividende per aandeel 64 sent 50 sent
Dividenduitbetalingskoers 106,7% 67,6%
% opbrengs op gemiddelde ekwiteit 5,7% 7,2%
% opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend 9,0% 11,4%
Netto batewaarde per aandeel 1 007 sent 980 sent
Markprys van aandele op die JSE 850 sent 1 020 sent
Rentekoers op lenings 13% 13%
Rentekoers op vaste deposito’s 7% 7%
B. Aandelekapitaal en % aandeelhouding:
Op 1 Maart 2022 het die maatskappy 'n addisionele 300 000 aandele
uitgereik.
Op 28 Februarie 2023 is 1 500 000 aandele reeds uitgereik.
C. Uittreksel uit die Kontantvloeistaat op 28 Februarie:
2023 2022
R R
Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite (1 890 000) (652 000)
Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite
Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite 1 950 000 3 250 000
Aandele 3 750 000 (250 000)
Lenings (1 800 000) 3 500 000
Netto verandering in kontant en
(836 000) 2 200 000
kontantekwivalente
Kontant en kontantekwivalente aan begin 1 914 000 (286 000)
Kontant en kontantekwivalente aan einde 1 078 000 1 914 000
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 10 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR (15 punte; 15 minute)
4.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
woord(e) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.3) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
4.1.1 Die ouditverslag wat in die jaarverslag verskyn, is aan die
(direkteure/aandeelhouers) van 'n maatskappy gerig.
4.1.2 'n (Gekwalifiseerde/Ongekwalifiseerde) ouditverslag sal tot 'n gunstige
beeld van die maatskappy bydra.
4.1.3 'n (Gekwalifiseerde/Weerhouding-van-mening-) verslag word ontvang
wanneer die eksterne ouditeur weier om 'n mening te gee oor die
geloofwaardigheid van die finansiële state. (3)
4.2 MBOMBELA BPK.
Verwys na die uittreksel hieronder.
Aandeelhouers van die maatskappy was ongelukkig oor die verslag oor die
hoof- finansiële beampte (HFB) en het die direksie genader vir 'n spesiale
vergadering om hulle griewe te bespreek.
GEVRA:
Verduidelik DRIE vrae wat die aandeelhouers met die direksie by die
vergadering sal wil bespreek.
NOTAS VAN DIE DIREKTEURS SE RAADSVERGADERINGS
Die HFB, Nestor Donald, het op 1 Mei 2018 met 'n jaarlikse salaris van
R1,8 miljoen by Mbombela Bpk. begin werk, gebaseer op sy kwalifikasies van 'n
meestersgraad in Rekeningkundige Wetenskap en 'n doktorsgraad by
internasionale universiteite.
In September 2022 het Donald die direksie ingelig dat hy 'n pakket van
R3,4 miljoen deur Rose Bpk., 'n mededinger, aangebied is. In reaksie hierop het
Mbombela Bpk. se direksie besluit om 'n teenaanbod aan Donald, gelykstaande
aan Rose Bpk. se aanbod, te maak.
'n Fluitjieblaser (informant) het die hoof- uitvoerende beampte (HUB) ingelig dat
Donald geen nagraadse kwalifikasies het nie. Dit het later aan die lig gekom dat
hy ook oor die werksaanbod van Rose Bpk. gelieg het. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 11 DBE/2023
SS/NSS
4.3 NEPTUNE BPK.
Verwys na die inligting wat deur die eksterne ouditeure voorgelê is.
Kommer is uitgespreek oor die besigheid se produktiwiteit en die vergoeding
(gelde en salarisse) van direkteure en werknemers.
GEVRA:
Verskaf EEN punt van moontlike wanbestuur of korrupsie onder ELK van die
volgende subopskrifte. Haal toepaslike syfers aan om jou antwoord in ELKE
geval te ondersteun.
Betaling van direkteursgelde (3)
Salarisse van ander werknemers (3)
Inligting op 30 April deur eksterne ouditeure geïdentifiseer:
LET WEL: Randbedrae is in miljoene uitgedruk.
% 2023 2022
verandering Bedrag Bedrag
Getal Getal
R R R
Algemene inligting:
Bruto wins + 8,1% 335 m. 310 m.
Bedryfswins – 4,7% 101 m. 106 m.
Netto wins – 3,0% 96 m. 99 m.
Direkteursgelde: + 37,6% 11 90,8 m. 8 66 m.
Hoof- uitvoerende beampte + 44,4% 1 26,0 m. 1 18 m.
Hoof- finansiële beampte + 5,0% 1 12,6 m. 1 12 m.
Ander voltydse direkteure + 45,0% 9 52,2 m. 6 36 m.
Gemiddelde gelde
- 3,3% 5,8 m. 6 m.
(per ander direkteure)
Ander werknemers:
Salarisse + 29,7% 275 91,3 m. 220 70,4 m.
Gemiddelde salaris
+ 3,8% 332 000 320 000
(per werknemer)
15
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 DBE/2023
SS/NSS
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
(Sien Nota 1 hieronder)
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
(Sien Nota 2 hieronder)
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(Sien Nota 3 hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL: 1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis
word.
2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees
mits voorraad konstant bly).
3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is,
word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Memo (English)

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC November 2023 Addendum (English)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum