Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
REKENINGKUNDE V2
2023
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye,
'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 698.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 2 DBE/2023
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. 'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie
vraestel aangeheg.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Bankversoening 30 25
2 Voorraadwaardasie 35 30
3 Kosterekeningkunde 45 35
4 Begrotings 40 30
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 3 DBE/2023
SS/NSS
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 4 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 1: BANKVERSOENING (30 punte; 25 minute)
1.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK.
1.1.1 'n Kredietsaldo op die Bankstaat beteken dat die onderneming 'n
positiewe saldo in die bank het.
1.1.2 'n Debietkaart kan gebruik word om kontant by 'n OTM te onttrek.
1.1.3 'n Bankoortrekking is 'n korttermynlening wat in die besigheid se
lopende bankrekening oorgeplaas word. (3)
1.2 VIOLET WINKELS
Die inligting is geneem uit die boek van die onderneming vir April 2023.
Violet gebruik die amptelike Bankstaat wat op die 25ste van elke maand
beskikbaar is om die maandelikse versoeningsproses te voltooi.
Sy gebruik ook haar EFO-transaksierekords (hernommer) om die
Kontantbetalingsjoernaal te voltooi.
GEVRA:
1.2.1 Dateer die totale vir die Kontantontvangste- en Kontantbetalings-
joernale vir April 2023 op. Gebruik die tabel wat in die
ANTWOORDEBOEK verskaf word. (10)
1.2.2 Bereken die korrekte Bankrekeningsaldo op 30 April 2023. (4)
1.2.3 Stel die Bankversoeningstaat op 30 April 2023 op. (9)
1.2.4 Violet het probleme met die deponering van kontant opgemerk.
Verduidelik TWEE maatreëls wat sy kan gebruik om hierdie probleme
op te los. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 5 DBE/2023
SS/NSS
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 31 Maart 2023:
Gunstige saldo soos op die Bankstaat R12 200
Deposito's nie op die Bankstaat nie: 18 Maart 2023 23 600
28 Maart 2023 37 200
Uitstaande EFO's: EFO 768 5 480
EFO 769 17 800
Gunstige saldo soos op die bankrekening 49 720
Die uitstaande deposito op 18 Maart 2023 het in die Bankstaat van
April 2023 verskyn.
Die deposito op 28 Maart 2023 het as R22 200 verskyn. 'n Ondersoek
het getoon dat die kassiere met die uitstaande bedrag verdwyn het.
Daar is besluit om die uitstaande bedrag af te skryf.
Albei die EFO's was op die April-bankstaat, maar EFO 768 het met die
korrekte bedrag van R4 580 verskyn.
B. Die voorlopige totale in die Kontantjoernale voordat die Bankstaat
ontvang is:
Kontantontvangstejoernaal: R115 600 Kontantbetalingsjoernaal: R217 800
C. Inligting op die Bankstaat van April 2023
Geeneen van hierdie items was op April se Kontantjoernale ingesluit
nie:
Debietorder: Brylet Munisipaliteit R2 880
Kontanthanteringsfooie R220
Deposito: Y Marigold R8 400
Deposito: Bentley Mikrolenings R65 000
Kontantonttrekking R740
Belegging verval R18 300
EFO-transaksiefooie R360
EFO-transaksiefooie R360
D. Addisionele inligting:
Die debietorder aan Brylet Munisipaliteit was vir water en elektrisiteit.
Y Marigold, die huurder, het die maandelikse huur gedeponeer.
Die deposito van Bentley Mikrolenings het nie betrekking op die
onderneming gehad nie. Die bank is van hierdie fout in kennis gestel.
Die kontantonttrekking van R740 was vir brandstof vir die eienaar se
voertuig.
Die EFO-transaksiefooie is foutiewelik op die Bankstaat gedupliseer.
E. Die Kontantjoernale het die volgende inskrywings getoon wat nie op
die Bankstaat van April 2023 verskyn het nie:
Deposito van R22 500 op 30 April 2023
EFO 883 vir R9 520 vir skryfbehoeftes aangekoop
EFO 884 vir R12 530 vir herstelwerk aan geboue
F. Bankstaatsaldo op 30 April 2023: R?
30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 6 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 2: VOORRAADWAARDASIE (35 punte; 30 minute)
Mandie Jones is die eienaar van TV City wat TV-stelle verkoop en het twee takke
(winkels) in KZN. Die periodieke voorraadstelsel word gebruik. Geen vermiste items is
vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023 opgeteken nie.
2.1 Howick-tak
Hierdie tak verkoop Arctic TV-stelle.
2.1.1 Bereken die waarde van die slotvoorraad van die Arctic TV-stelle op
28 Februarie 2023 deur die eerste-in-eerste-uit(EIEU)-metode te
gebruik. (5)
2.1.2 Bereken die voorraadhoudingsperiode (in dae) met gebruik van die
slotvoorraadsyfer (3)
KOSPRYS PER TOTALE
ARCTIC TV-STELLE EENHEDE
EENHEID BEDRAG
Beginvoorraad (1 Maart 2022) 280
Aankope: 1 600 6 310 000
Mei 2022 500 R3 800 R1 900 000
Augustus 2022 400 3 950 1 580 000
September 2022 400 4 000 1 600 000
Januarie 2023 300 4 100 1 230 000
Terugsendings 60 4 100 (246 000)
Slotvoorraad: 28 Februarie 2023 270 ?
Koste van verkope R6 010 000
Verkope 1 550 R5 000 R7 750 000
2.2 Durban-tak
Hierdie tak verkoop Pacific en Caspian Smart TV-stelle.
Mandie is bekommerd oor die volgende kwessies:
Die Caspian Smart TV-stelle kan dalk te duur vir haar klante wees.
Hoë voorraadvlakke in al haar produkte kan haar besigheid negatief
beïnvloed.
Mandie verwag om 1 000 Pacific TV-stelle in die 2023 finansiële jaar te verkoop.
Sy het daarom die verkoopprys van die Pacific TV-stelle in September
aangepas en die boekhouer versoek om 'n ontleding van kwartaalverkope en
voorraadhoudingsperiodes te verskaf.
Verwys na Inligting A en B.
2.2.1 Bereken die waarde van die slotvoorraad van die Pacific TV-stelle op
28 Februarie 2023 deur die spesifieke identifikasiemetode te gebruik. (4)
2.2.2 Bereken die bruto wins verdien op die verkope van die nuwe soort
Caspian Smart TV-stelle. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 7 DBE/2023
SS/NSS
2.2.3 Lewer kommentaar op die kwartaalverkope van die Pacific TV-stelle en
verduidelik of Mandie se aanpassing van die verkoopprys 'n wyse
besluit was, of nie. Haal syfers of berekeninge aan. (4)
2.2.4 Lewer kommentaar op die voorraadhoudingsperiodes van die Pacific
en Caspian TV-stelle. (4)
Verduidelik hoe die verskillende houdingsperiodes die onderneming
finansieel beïnvloed. (4)
Verduidelik wat hierdie periodes aandui oor die voorkeure van
klante. Haal syfers of berekeninge aan. (4)
2.2.5 Verskaf TWEE punte van advies aan Mandie oor hoe sy die hoë
voorraadvlakke van sommige van haar produkte kan regstel sonder om
pryse vir klante aangebied, verder te verminder. (4)
INLIGTING:
A. Durban-tak-voorraadrekords
TV-STELLE PACIFIC CASPIAN SMART
Kosprys R9 300 R10 200
% winsopslag op kosprys Wisselend 60%
TOTAAL TOTAAL
Voorraadrekords EENHEDE EENHEDE
(R) (R)
Voorraad op 1 Maart 2022 350 3 255 000
Aankope 800 7 440 000 800 8 160 000
Mei 2022 400 3 720 000
Augustus 2022 400 3 720 000
September 2022* 800 8 160 000
Verkope 765 9 408 500 670 10 934 400
*Die tak het die nuwe Caspian Smart TV-stelle vanaf 1 September 2022 begin
verkoop.
B. Kwartaalverkope
Die boekhouer het die volgende ontleding van kwartaalverkope en voorraad-
houdingsperiodes aan Mandie verskaf:
PACIFIC CASPIAN SMART
VERKOPE
VERKOOP-
PER EEN- TOTALE TOTALE
KWARTAAL PRYS EENHEDE
HEDE VERKOPE VERKOPE
PER TV
Mrt.–Mei 250 R13 500 R3 375 000 -
Junie–Aug. 245 13 500 3 307 500 -
Sep.–Nov. 160 10 300 1 648 000 340 R5 548 800
Des.–Feb. 110 9 800 1 078 000 330 5 385 600
Voorraadhou-
184 dae 71 dae
dingsperiode
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 8 DBE/2023
SS/NSS
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 9 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 3: KOSTEREKENINGKUNDE (45 punte; 35 minute)
3.1 LADOO VERVAARDIGERS
Die onderneming vervaardig leerbeursies. Die finansiële jaar het op
28 Februarie 2023 geëindig.
GEVRA:
3.1.1 Verwys na Inligting C.
Bereken die fabrieksbokoste. (8)
3.1.2 Stel die Produksiekostestaat op 28 Februarie 2023 op. (10)
INLIGTING:
A. Goedere-in-bewerking-voorraadsaldo op 1 Maart 2022 was R542 000.
B. Besonderhede van die produksiewerkers:
Getal werkers 40
Basiese (normale) loonkoers R60 per uur
Gewone tyd deur elke werker gewerk 1 920 ure
Oortyd (in totaal) R1 142 000
C. Die boekhouer het die fabrieksbokoste op R2 638 600 bereken.
Die volgende koste is weggelaat en moet nog in berekening gebring
word:
Versekering is 'n vaste maandelikse premie vir die volle finansiële
jaar. Die bedrag betaal, R235 950, sluit die premie vir Maart 2023 in.
2
/3 van hierdie uitgawe is op die fabriek van toepassing.
Water en elektrisiteit aan die kantoor toegedeel, was R69 200.
Let daarop dat water en elektrisiteit soos volg volgens vloerspasie
gedeel word:
Fabriek Verkope Kantoor
560 m2 240 m2 160 m2
Die volgende inskrywing moet reggestel word:
Huur van R316 000 is in die fabrieksbokoste opgeteken. Die boekhouer
het egter die foutiewe verhouding van 2 : 5 : 1 vir Fabriek, Verkope en
Kantoor gebruik. Die korrekte verhouding is onderskeidelik 5 : 2 : 1.
D. Totale primêre koste vir die jaar het R12 500 000 beloop.
E. Totale produksie vir die jaar, 33 500 eenhede, is teen 'n koste van
R475 per eenheid vervaardig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 10 DBE/2023
SS/NSS
3.2 STYLZ MAKER
Die onderneming vervaardig ontwerpershemde. Die finansiële jaar eindig
jaarliks op 30 April. Lez Styles is die eienaar van die onderneming.
GEVRA:
LET WEL: Verskaf bewyse in die vorm van syfers of berekeninge om die
kommentaar en verduidelikings hieronder gevra, te ondersteun.
3.2.1 Gelykbreekpunt, produksie en wins:
Doen 'n berekening wat sal bevestig dat die 2023-gelykbreekpunt
korrek is. (3)
Lewer kommentaar op die produksievlak en die gelykbreekpunt vir
die afgelope twee jaar. Verduidelik of Lez Styles met die tendense
in hierdie resultate en die wins wat hy verdien, tevrede sal wees.
Verskaf syfers of berekeninge. (4)
3.2.2 Vaste koste:
Verduidelik waarom Lez nie bekommerd is oor die styging in vaste
koste in 2023 tot R6,1 m. nie. Haal syfers aan. (4)
3.2.3 Verkoops- en verspreidingskoste:
Identifiseer hoe die verkoops- en verspreidingskoste in totaal en per
eenheid oor die afgelope twee jaar verander het. (2)
Verduidelik TWEE redes waarom Lez doelbewus hierdie koste wou
aanpas. (2)
3.2.4 Direkte materiaal en direkte arbeid: Verwys na Inligting A en C.
Lez het spesifieke besluite geneem om die onderneming en hulle
produk te verbeter.
Verduidelik hoe die besluite wat hy geneem het, die onderneming
bevoordeel het deur die volgende te verskaf:
TWEE verskillende punte met betrekking tot die grondstowwe (6)
TWEE verskillende punte met betrekking tot die direkte arbeid (6)
INLIGTING:
A. Lez se algemene strategiese besluite geldig vanaf 1 Mei 2023:
Lez het besluit om die gehalte van die hemde te verbeter om meer
mededingend te wees en om na kleinhandelaars in ander lande uit te voer.
Hy het na 'n nuwe verskaffer van die materiaal (grondstowwe) oorgeskakel en
het 'n paar hoogs geskoolde en kreatiewe werkers in diens geneem om die
werkers wat bedank of afgetree het, te vervang.
Fabrieksbokoste vir 2023 het 'n opleidingsprogram vir fabriekswerkers
(R600 000) en die huur van toerusting met die jongste tegnologie, R1,4 m. per
jaar, ingesluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 11 DBE/2023
SS/NSS
B. Produksie en koste
2023 2022
Getal eenhede vervaardig en
10 500 hemde 6 500 hemde
verkoop
Verkoopprys R1 830 R1 430
Gelykbreekpunt 4 815 hemde 4 267 hemde
2023 2022
TOTAAL PER TOTAAL PER
EENHEID EENHEID
R R R R
VERANDERLIKE KOSTE 5 916 000 563 3 047 500 469
Direkte materiaalkoste 3 780 000 360 1 787 500 275
Direkte arbeidskoste 936 000 89 960 000 148
Verkoops- en verspreidingskoste 1 200 000 114 300 000 46
VASTE KOSTE 6 100 000 581 4 100 000 631
Fabrieksbokoste 5 600 000 533 3 600 000 554
Administrasiekoste 500 000 48 500 000 77
TOTALE PRODUKSIEKOSTE 12 016 000 1 144 7 147 500 1 100
C. Lez het 'n kort kursus oor bestuursrekeningkunde voltooi om hom in staat te stel
om maandeliks die produksiekoste meer doeltreffend te ontleed. Hy het die
volgende produksiekoste ontleed:
Grondstowwe: 2023 2022
Materiaalkoste per meter R200 R110
Meter materiaal per hemp (vermorsing ingesluit) 1,8 meter 2,5 meter
Materiaal gebruik in meter 43 200 meter 44 000 meter
Direkte werkers:
Getal direkte werkers 12 werkers 15 werkers
Gemiddelde lone per werker p.j. R78 000 R64 000
Ure per werker per jaar 1 920 ure 1 920 ure
Ure deur alle werkers gewerk 23 040 ure 28 800 ure
Gemiddelde getal hemde per werker vervaardig 875 hemde 433 hemde
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 12 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 4: BEGROTINGS (40 punte; 30 minute)
4.1 Toon die bedrae vir die volgende transaksies in die toepaslike kolomme vir die
Kontantbegroting en die Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste in die
ANTWOORDEBOEK:
4.1.1 'n Rekenaar wat R26 400 kos, sal op 1 Julie 2023 kontant aangekoop
word. Waardevermindering sal R550 per maand beloop.
4.1.2 'n Vaste deposito van R90 000 sal op 1 Julie 2023 belê word. Rente
teen 9% p.j. sal aan die einde van elke maand in die onderneming se
bankrekening gedeponeer word. (6)
4.2 ALICE MEUBILEERDERS (EDMS.) BPK.
Die inligting het betrekking op die begrotingsperiode eindigende Julie 2023.
GEVRA:
4.2.1 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Julie 2023. (7)
4.2.2 Bereken ontbrekende syfers (i) tot (iii) op die Kontantbegroting verskaf. (8)
4.2.3 Werkers se salarisse:
Bereken die % verhoging wat werkers in Julie 2023 sal ontvang. (3)
Gee TWEE redes waarom jy dink die werkers behoort met hierdie
verhoging tevrede te wees. (2)
4.2.4 Advertensies en afleweringsuitgawes: Verwys na Inligting F.
Lewer kommentaar op die doeltreffendheid van die advertensies.
Verskaf syfers of berekeninge. (4)
Alice is tevrede met die beheer oor afleweringsuitgawes. Verskaf
syfers of berekeninge om haar gevoel te motiveer. (2)
Alice is egter bekommerd oor die beheer oor elke voertuig.
Identifiseer 'n ander kwessie (probleem) vir ELKE voertuig wat haar
kommer bevestig. Verskaf syfers of berekeninge om haar gevoel te
motiveer. (4)
Maak TWEE voorstelle oor hoe Alice die gebruik of doeltreffendheid
van die voertuie kan verbeter. (4)
INLIGTING:
A. Verkope en koste van verkope:
APRIL MEI JUNIE JULIE
Verkope 1 260 000 1 274 000 1 316 000 1 330 000
Koste van verkope 900 000 910 000 940 000 950 000
B. Kredietverkope beloop 70% van totale verkope. Debiteure betaal volgens
die volgende neiging:
20% betaal in die maand van verkope en ontvang 7,5% korting.
55% betaal in die maand wat volg op die maand van verkope.
22% betaal twee maande ná die maand van verkope.
Die saldo word daarna afgeskryf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 13 DBE/2023
SS/NSS
C. Verkoopte voorraad word in die maand van verkope vervang. 'n Basis-
voorraad word gehandhaaf. 80% van voorraad word op krediet aangekoop
en krediteure word twee maande (60 dae) ná die maand van verkope
betaal.
D. Addisionele inligting:
Die onderneming beplan om op 30 Junie 2023 'n lening uit te neem. Dit is
teen 11% p.j. rente met die bank onderhandel, betaalbaar aan die einde
van elke maand en sal op 31 Julie 2023 begin.
E. Uittreksel uit die Kontantbegroting:
JUNIE 2023 JULIE 2023
ONTVANGSTE (R) (R)
Kontantverkope 394 800 (i)
Invorderings van debiteure 854 952 ?
Kommissie-inkomste 131 600 133 000
Lening: Cheetah Bank (ii)
BETALINGS
Kontantaankope van voorraad 188 000 190 000
Betalings aan krediteure 720 000 (iii)
Direkteursgelde (twee direkteure) 52 000 49 600
Salarisse van werkers (drywers ingesluit) 172 000 182 320
Advertensies 39 480 39 900
Afleweringsuitgawes 65 800 66 500
Verpakkingsmateriaal 78 960 79 800
Rente op lening - 5 500
Munisipale dienste
Diverse uitgawes
F. Advertensies en afleweringsuitgawes:
Die onderneming het twee afleweringsvoertuie en bied 'n gratis
afleweringsdiens aan klante.
Die begroting vir afleweringsuitgawes is op 5% van die begrote verkope
vasgestel, op 'n gemiddelde afstand van 2 000 km wat afgelê moet word.
Werklike en begrote syfers vir Mei 2023:
BEGROOT/ VOERTUIG VOERTUIG
WERKLIK
VERWAG 1 2
Verkope 1 274 000 1 082 900
Advertensies 38 220 36 820
Drywers se salarisse 30 000 30 000 15 000 15 000
Afleweringsuitgawes 63 700 54 100 35 500 18 600
Petrol/Brandstof 47 700 40 000 26 000 14 000
Instandhouding 16 000 14 100 9 500 4 600
Kilometer afgelê 2 000 km 1 800 km 1 260 km 540 km
Datum aangekoop 1 Mrt. 2018 1 Mrt. 2022
40
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 DBE/2023
SS/NSS
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
(Sien Nota 1 hieronder)
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
(Sien Nota 2 hieronder)
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(Sien Nota 3 hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL: 1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word AS dit in 'n vraag vereis
word.
2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees
mits voorraad konstant bly).
3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is,
word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2023 Question Paper

Addendum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Addendum (Eng)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 MP Prelim 2023 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 MP Prelim 2023 Memo
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum