Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENINGKUNDE V1
NOVEMBER 2021
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye,
'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 324.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 2 DBE/November 2021
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy al die vrae moet
beantwoord.
3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
beantwoord.
6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
7. Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat
aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van
hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Staat van Finansiële Posisie 55 45
Aandelekapitaal, Finansiële Aanwysers
2 35 25
en Kontantvloeistaat
3 Vertolking van Finansiële Inligting 40 30
4 Korporatiewe Bestuur 20 20
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 3 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 1: STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE (55 punte; 45 minute)
JIMO BEPERK
Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2021. Die onderneming
verkoop formele klere vir mans en vroue.
GEVRA:
1.1 Verwys na Inligting B.
Bereken die waarde van die eindvoorraad van die formele pakke wat op
30 Junie 2021 uit die voorraadrekords gelaat is. (5)
1.2 Verwys na Inligting C.
Gebruik die tabel wat verskaf is om die korrekte netto wins na belasting vir die
jaar geëindig 30 Junie 2021 te bereken. Dui '+' vir toename en '-' vir afname
aan. (12)
1.3 Verwys na Inligting A–H.
Voltooi die volgende op 30 Junie 2021:
Behoue-inkomste-nota (5)
Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) (33)
LET WEL:
Aansuiwerings van Inligting C raak ook die Staat van Finansiële Posisie
(Balansstaat).
Toon bewerkings. Sekere syfers word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.
Syfers word NIE in die gearseerde gedeeltes vereis NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 4 DBE/November 2021
NSS
INLIGTING:
A. Lys van saldo's, voor al die aansuiwerings hieronder in ag geneem is:
30 Junie 2021 30 Junie 2020
(R) (R)
Gewone aandelekapitaal ? ?
Behoue inkomste 3 240 000
Verbandlening: Best Bank 3 755 000 4 175 000
Handelsvoorraad 4 198 500
SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belasting) 1 200 000
Netto handelsdebiteure 3 668 810
Oortrokke bankrekening ?
Kleinkas en wisselgeld ?
Krediteurekontrole 1 253 000
Opgelope inkomste/Inkomste ontvangbaar 8 000
Aandeelhouers vir dividende 1 170 000 821 700
B. Die rekenmeester het die eindvoorraadsyfer van formele pakke uit die
handelsvoorraadsaldo, verskaf in Inligting A, uitgelaat.
LET WEL:
Die eerste-in-eerste-uit(EIEU)-metode word gebruik om die waarde van die
voorraad formele pakke te bepaal.
Alle ander relevante inskrywings is korrek geboekstaaf.
Die inligting met betrekking tot die voorraad formele pakke is soos volg:
Saldo's: TOTALE
HOEVEELHEID EENHEIDSPRYS
WAARDE
1 Julie 2020 110 R1 900 R209 000
30 Junie 2021 240 ? ?
Aankope: 760 R1 943 500
14 Nov. 2020 360 R2 350 R846 000
10 Feb. 2021 170 R2 600 R442 000
18 Mei 2021 230 R2 850 R655 500
Terugsendings:
25 Mei 2021 24 R2 850 R68 400
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 5 DBE/November 2021
NSS
C. Die netto wins voor belasting, R4 918 950, is bereken voordat die volgende in
berekening gebring/reggestel is:
(i) Ouditfooie sluit R123 600 in wat vir die volgende finansiële jaar vooruit
betaal is.
(ii) Die terugbetalings op die lening is 'n vaste bedrag van R35 000 per maand
(gekapitaliseerde rente ingesluit).
Die saldo's volgens die leningstaat is soos volg:
1 Julie 2020, R4 175 000
30 Junie 2021, R4 028 000
Maak voorsiening vir rente op lening.
(iii) Huurinkomste:
Huur van R74 000 is van 'n huurder vir die periode 1 Julie 2020 tot
31 Augustus 2021 ontvang. Dit is geboekstaaf. Hierdie bedrag sluit 'n
vermindering van R750 per maand vanaf 1 Mei 2021 in. Die jaareind-
aansuiwering is nog nie gedoen nie.
(iv) Nadat alle regstellings hierbo in ag geneem is, is daar vasgestel dat 'n
addisionele R85 250 nog aan SAID ten opsigte van inkomstebelasting vir
die jaar verskuldig is.
D. Aandele en dividende:
26 000 aandele is op 1 Julie 2020 teen R3,00 bo die gemiddelde aandeleprys
teruggekoop.
Die onderneming het nie gedurende die 2021 finansiële jaar interim dividende
betaal nie.
'n Finale dividend van 65 sent per aandeel is op 30 Junie 2021 verklaar.
1 800 000 aandele is reeds op 30 Junie 2021 uitgereik.
E. Debiteure met kredietsaldo's met 'n totaal van R11 000 moet na die
Krediteuregrootboek oorgedra word.
F. Op 30 Junie 2021 het Jimo Bpk. 10 damesjasse aan die verskaffer, Bargain
Groothandelaars, teruggestuur. Die verkoopprys was R1 750 elk. Die winsopslag
was 25% op kosprys. Geen inskrywing is gemaak nie.
G. 'n Vaste maandelikse paaiement van R35 000 (om leningterugbetalings en rente
te dek) moet vir die volle tydperk van die lening betaal word. Die rente sal egter
gedurende die leningstydperk verminder. Die rente op die lening, begroot vir die
volgende finansiële jaar, is R234 000.
H. Die volgende finansiële aanwysers is op 30 Junie 2021 bereken:
Vuurproefverhouding 1,2 : 1
Netto batewaarde per aandeel (NBW) 540 sent
55
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 6 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 2: AANDELEKAPITAAL, FINANSIËLE AANWYSERS EN
KONTANTVLOEISTAAT (35 punte; 25 minute)
Die inligting het betrekking op Brewer Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2021.
GEVRA:
2.1 Stel die Gewone-aandelekapitaal-nota op 28 Februarie 2021 op. (6)
2.2 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2021:
% bedryfsuitgawes op verkope (2)
Dividend per aandeel (4)
% opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (5)
2.3 Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021. Sekere
syfers is in die ANTWOORDEBOEK verskaf. (18)
INLIGTING:
A. Aandele en dividende:
DATUM BESONDERHEDE VAN AANDELE
1 Maart 2020 800 000 reeds uitgereik
30 Junie 2020 100 000 nuwe aandele uitgereik
1 Januarie 2021 30 000 aandele teruggekoop teen R1,20 meer as die
gemiddelde aandeleprys
28 Februarie 2021 ? aandele reeds uitgereik
Interim dividend van R162 000 is op 30 September 2020 betaal.
'n Finale dividend van 22 sent per aandeel is op 28 Februarie 2021 verklaar.
B. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die
jaar geëindig 28 Februarie 2021:
Verkope R7 293 000
Koste van verkope 4 862 000
Bedryfsuitgawes 1 458 600
Netto wins voor belasting 1 350 000
Netto wins na belasting 985 500
C. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) op:
28 Feb. 2021 29 Feb. 2020
R R
Kleinkas en wisselgeld ? 20 000
Gewone aandeelhouersbelang 8 038 100 6 450 000
Gewone aandelekapitaal 7 395 000 6 400 000
Behoue inkomste 643 100 50 000
Lening: Sharks Bank 1 650 000 2 200 000
SAID: Inkomstebelasting 29 100 Dt. 35 900 Kt.
Aandeelhouers vir dividende 191 400 115 300
Oortrokke bankrekening 0 95 200
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 7 DBE/November 2021
NSS
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 8 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING (40 punte; 30 minute)
3.1 Kies 'n kategorie van aanwysers uit KOLOM B wat by die beskrywing in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
3.1.1 Die voordeel wat aandeelhouers A likiditeit
ontvang om in 'n maatskappy te belê
B finansiële hefboom
3.1.2 Die vermoë van 'n onderneming om
C solvensie
sy korttermynskuld af te betaal
D opbrengs op ekwiteit
3.1.3 Die mate waartoe 'n maatskappy deur
geleende kapitaal (lenings)
gefinansier word
3.1.4 Die vermoë van 'n onderneming om
al sy skuld te vereffen deur
bestaande bates te gebruik
(4 x 1) (4)
3.2 FLEXI BPK. EN BROOM BPK.
Die inligting het op twee maatskappye betrekking.
AGTERGRONDINLIGTING:
Beide maatskappye doen sake in die modeklere-bedryf. Die finansiële jaar
eindig elke jaar op die laaste dag van Februarie.
Bob Yates besit aandele in beide maatskappye. Op 1 November 2020 het hy
die direksie van Flexi Bpk. oortuig om 150 000 van sy aandele terug te koop.
Hy het die geld wat hy ontvang het, gebruik om addisionele aandele in Broom
Bpk. te koop.
LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, haal finansiële
aanwysers, syfers en tendense aan om jou antwoord te staaf.
GEVRA:
3.2.1 Winsgewendheid:
Haal aan en verduidelik TWEE finansiële aanwysers om te toon watter
maatskappy sy uitgawes meer doeltreffend beheer en daardeur meer
winsgewend is. (4)
3.2.2 Dividende, verdienste en opbrengste:
Lewer kommentaar op die dividend-uitbetalingsbeleid van Flexi
Bpk. Verduidelik waarom dit 'n onverantwoordelike verandering in
beleid is. Verskaf TWEE punte. (4)
Lewer kommentaar op die % opbrengs op aandeelhouersbelang
van ELKE maatskappy. (4)
'n Aandeelhouer voel dat die verdienste per aandeel (VPA) in
Broom Bpk. beter as dié in Flexi Bpk. is. Verduidelik hoekom jy met
hom saamstem. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 9 DBE/November 2021
NSS
3.2.3 Aandeelhouding van Bob Yates in beide maatskappye:
Lewer kommentaar op die prys wat deur Flexi Bpk. vir die
teruggekoopte aandele betaal is. Verskaf TWEE punte. (4)
Bereken die aantal aandele wat Bob in Broom Bpk. gekoop het met
die geld wat hy uit die terugkoop by Flexi Bpk. ontvang het. (2)
Verduidelik die uitwerking van die terugkoop van aandele op die %
aandelehouding van Bob Yates in ELKE maatskappy. (4)
3.2.4 Finansieringstrategieë en finansiële hefboom:
Die direkteure van elke maatskappy het doelbewuste besluite geneem
wat in hulle Kontantvloeistate weerspieël word.
Verduidelik die besluite wat die direkteure van Broom Bpk. geneem
het, en hoe dit die maatskappy sal bevoordeel. (4)
Verduidelik hoe die besluite wat deur Flexi Bpk. geneem is, die risiko en
finansiële hefboom van die onderneming beïnvloed het. Haal TWEE
finansiële aanwysers aan. (6)
INLIGTING:
A. Uittreksels uit rekeningkundige rekords aan die einde van elke jaar:
FLEXI BPK. BROOM BPK.
Feb. 2021 Feb. 2020 Feb. 2021 Feb. 2020
Getal aandele reeds uitgereik 700 000 850 000 1 500 000 1 100 000
Fondse gebruik om aandele terug te koop R1 980 000
Terugkoopprys R13,20
Toename in aandelekapitaal 0 R2 640 000
Uitreikprys van addisionele aandele R6,60
Vaste bates gekoop R1 000 000 R2 200 000
Toename (afname) in lening R4 500 000 (R400 000)
B. Finansiële aanwysers, rentekoers en markprys van aandele:
FLEXI BPK. BROOM BPK.
Feb. 2021 Feb. 2020 Feb. 2021 Feb. 2020
% bedryfsuitgawes op verkope 17,5% 14,6% 13,6% 17,0%
% bedryfswins op verkope 18,2% 21,9% 24,2% 20,5%
% netto wins op verkope 13,8% 18,0% 19,6% 16,0%
Skuld-ekwiteit-verhouding 1,1 : 1 0,4 : 1 0,2 : 1 0,4 : 1
% opbrengs op kapitaal aangewend 10,2% 16,1% 17,2% 14,7%
% opbrengs op aandeelhouersbelang 7,6% 12,2% 14,1% 10,7%
Netto batewaarde per aandeel 1 081 sent 1 128 sent 632 sent 609 sent
Markprys van aandele 990 sent 1 130 sent 660 sent 615 sent
Rentekoers op lenings 13% 13% 13% 13%
Verdienste per aandeel 80 sent 138 sent 72 sent 65 sent
Dividend per aandeel 92 sent 82 sent 48 sent 70 sent
Dividend-uitbetalingskoers 115% 59% 67% 108%
C. Aandeelhouding van Bob Yates in beide maatskappye
FLEXI BPK. BROOM BPK.
2021 2020 2021 2020
Aandele in elke maatskappy 283 500 433 500 ? 460 000
% aandeelhouding in elke maatskappy ? 51,0% ? 41,8%
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 10 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR (20 punte; 20 minute)
4.1 Verduidelik waarom 'n weerhouding-van-mening-ouditverslag vir 'n
maatskappy se reputasie sleg sou wees. Verskaf TWEE punte. (4)
4.2 Een van die belangrikste besluite wat aandeelhouers op die algemene
jaarvergadering (AJV) moet neem, is om direkteure aan te stel wat op die raad
moet dien.
Verduidelik waarom hierdie verantwoordelikheid aan die aandeelhouers
gegee is. (2)
As jy 'n aandeelhouer was, watter faktore of eienskappe sou jy wou uitvind
oor die direkteure vir wie jy sou stem? Verduidelik TWEE punte en gee 'n
rede vir ELK. (6)
4.3 'n Onlangse nuusberig het aangedui dat 'n tender om toerusting ter waarde
van R20 m. aan 'n groep privaat hospitale te verskaf, aan 'n groot maatskappy,
Baxco Bpk., toegeken is. Die verslag beskuldig die HFB (hoof finansiële
beampte) van daardie maatskappy dat hy R2 m. kontant aan die HUB van die
hospitaalgroep betaal het.
Verduidelik wat jy, as 'n aandeelhouer, op die AJV sou sê. Verskaf TWEE
punte. (4)
4.4 'n Groot Suid-Afrikaanse maatskappy het die volgende op hulle webtuiste en in
hul Direkteursverslag genoem.
Ons het vir werknemers en eksterne belanghebbendes maniere daargestel om
onetiese gedrag en insidente aan te meld waar individue nie die maatskappy
se etiese beleid nakom nie.
Ons het 'n inbelsentrum ingestel wat deur 'n onafhanklike diensverskaffer
beheer word.
Alle inligting sal as vertroulik hanteer word. Fluitjieblasers (informante) wat
werklike inligting verskaf, sal beskerm word en anoniem bly.
Na jou mening, verduidelik waarom hierdie groot maatskappy dit nodig gevind
het om hierdie beleid te implementeer. Verskaf TWEE punte. (4)
20
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 DBE/November 2021
NSS
GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope .
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(*Sien nota hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal
uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC November 2021 Addendum (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Sesotho)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum