Skip to content

Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 12202012 pages

Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2020 REKENINGKUNDE V2 BESTUURSREKENINGKUNDE, INTERNE OUDIT EN BEHEER PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, ʼn 1 bladsy-formuleblad en ʼn 10 bladsy-antwoordeboek. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com 2 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. ʼn FORMULEBLAD met finansiële aanwysers is by die vraestel aangeheg. Jy mag dit gebruik indien nodig. 4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD (Minute) 1 Rekonsiliasie 34 25 2 BTW en Voorraadwaardasie 40 30 Vervaardiging en 3 50 45 Kosteberekeninge 4 Vaste Bates 26 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) REKENINGKUNDE V2 3 VRAAG 1: REKONSILIASIE EN DEBITEURE-OUDERDOMSONTLEDING (34 punte; 25 minute) 1.1 BANKREKONSILIASIE Die boekhouer van Mercure Beperk het die Bankstaat op 31 Julie 2020 ontvang en met die Kontantjoernale vir Julie 2020 vergelyk. GEVRA: Gebruik die nodige inligting en voltooi die Bankrekonsiliasiestaat op 31Julie 2020. Bereken ook die korrekte saldo vir die Bankrekening in die Algemene Grootboek. ’n Bankrekening word nie vereis nie. (8) INLIGTING: A. Op 31 Julie 2020 toon die Bankstaat ’n gunstige saldo van R3 600. B. Item op die Bankstaat vir Julie 2020 wat NIE in die Kontantjoernale voorkom nie: ’n Deposito van R3 800. Dit het aan die lig gekom dat Mercure Beperk se rekening verkeerdelik gekrediteer is. Die bank sal die fout in Augustus 2020 regstel. C. Items in die Kontantontvangste- en Kontantbetalings-joernale wat nie op die Bankstaat voorkom nie:  Deposito op 29 Julie 2020, R15 200  Tjeks: Nr. 231 R2 020 (gedateer 26 Julie 2020) Nr. 235 R1 570 (gedateer 31 Augustus 2020) D. Ongemerkte item in die Bankrekonsiliasiestaat vir Junie 2020: Tjek nr. 156, R2 860 (gedateer 5 Januarie 2020) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) 1.2 DEBITEURE-OUDERDOMSONTLEDING Jy word voorsien van die ouderdomsontleding van debiteure op 31 Mei 2020. Voorwaardes vir debiteure:  Alle rekeninge moet binne 30 dae betaal word en 2% korting sal toegestaan word.  Indien enige rekening nie binne 60 dae betaal word nie, sal 5% rente gehef word.  Indien ʼn rekening nie binne 90 dae betaal word nie, sal die rekening oorhandig word. NAAM >90 dae 90 dae 60 dae 30 dae Lopend D Daydream 90 G Goodfella 1 550 4 200 H Hastie 3 250 P Platsak 4 250 S Skinflint 880 3 500 1 525 2 185 TOTAAL 4 250 970 3 500 3 075 9 635 1.2.1 Hoe is die opstel van die Debiteure-ouderdomsontleding van hulp wanneer dit kom by beheer oor debiteure? (3) 1.2.2 Hoeveel is debiteure op 31 Mei 2020 verskuldig? (2) 1.2.3 Vir watter debiteur sal jy graag ’n kredietverwysing wil gee? (2) 1.2.4 Watter debiteur gaan ‘oorhandig word’ en wat beteken dit? (3) 1.3 KREDITEURE-REKONSILIASIE Dolphins Diving Equipment het ’n groot personeelomset in hul rekeninge- afdeling gehad wat daartoe gelei het dat onervare boekhouers die Krediteurekontrolerekening, sowel as die Krediteurelys, moes opstel. Jy word gevra om te help. 1.3.1 Wat is die doel van die rekonsiliasie van die saldo van die Krediteurekontrole-rekening met die totaal van die Krediteurelys in die Krediteuregrootboek? Gee TWEE punte. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) REKENINGKUNDE V2 5 1.3.2 Bereken die korrekte saldo van die Krediteurekontrolerekening en die korrekte totaal van die Krediteurelys. Voorlopige saldo vir die Krediteure-kontrolerekening is R74 715 en die totaal vir die Krediteurelys is R32 595. ’n Ondersoek het die volgende foute en weglatings uitgelig. A. Die totaal van die Krediteurelys is met R900 te min opgetel. B. Kredietaankope van Micro Bpk. vir R3 720 is in geen joernaal aangeteken nie. C. Handelsvoorraad teruggestuur aan Epress Bpk., R720, is korrek aangeteken in die KAJ, maar as R270 na die krediteur se rekening oorgeboek. D. Die boekhouer het die totaal van die Krediteurekontrolekolom in die KBJ, R16 400, na die kredietkant van die Krediteurekontrolerekening oorgeboek. E. Makro & Kie het Dolphins Diving Equipment met R43 rente belas omdat hul rekening nie betyds betaal is nie. Die boekhouer het nie geweet hoe om dit aan te teken nie. F. ’n Faktuur vir R8 870 vir voorraad op rekening aangekoop van Mini Mark, is korrek aangeteken in die KJ, maar is nie na hul rekening oorgeboek nie. . (12) 34 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 2: BTW EN VOORRAADWAARDASIE (40 punte; 30 minute) 2.1 BTW-BEGRIPPE Verander die onderstreepte gedeeltes in die volgende sinne om die stellings WAAR te maak. Skryf die antwoord teenoor die vraagnommers (2.1.1–2.1.2) in die ANTWOORDEBOEK. 2.1.1 BTW is betaalbaar aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank. (1) 2.1.2 BTW word teen 14% op vrugte en groente gehef. (1) 2.2 BTW-BEREKENINGE Peter Handelaars is ’n besigheid wat geregistreer is vir BTW. Die standaardkoers vir BTW is 15%. GEVRA: Bereken die korrekte bedrag BTW wat die besigheid moet betaal. Toon ALLE berekeninge. (12) INLIGTING: John, die boekhouer, het die BTW-kontrolerekening vir die belastingperiode wat eindig op 31 Mei 2020 voorberei, en die BTW-bedrag betaalbaar as R43 820 bereken. Die interne ouditeur het egter die volgende foute en weglatings geïdentifiseer en dit moet nog in berekening gebring word om die korrekte bedrag BTW betaalbaar te bereken.. A Verkoopfakture weggelaat uit die Debiteurejoernaal, BTW ingesluit R10 833 B Beskadigde goedere teruggestuur aan verskaffers, BTW uitgesluit 18 600 C BTW op diverse besigheidsuitgawes uitgelaat 6 818 D BTW op korting ontvang van verskaffers 756 E BTW op oninbare skuld ingevorder 112 F BTW op oninbare skuld is aan die verkeerde kant van die BTW-kontrolerekening aangeteken 92 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) REKENINGKUNDE V2 7 2.3 VOORRAADWAARDASIE Joker Winkels verkoop dames- en manshorlosies.  Dameshorlosies word vanaf Duitsland ingevoer.  Manshorlosies word plaaslik vervaardig. Die finansiële jaar eindig op 31 Augustus 2020. GEVRA: 2.3.1 Bereken die volgende met betrekking tot die dameshorlosies op 31 Augustus 2020: (a) Waarde van eindvoorraad (5) (b) Koste van verkope (5) (c) Voorraadhoudingsperiode (in dae), deur gemiddelde voorraad te gebruik (4) 2.3.2 Bereken die volgende met betrekking tot die manshorlosies op 31 Augustus 2020: (a) Waarde van eindvoorraad (7) (b) Verkope (3) 2.3.3 Verduidelik waarom die besigheid verskillende metodes gebruik om elk van die tipes horlosies te waardeer. Gee EEN geldige punt. (2) INLIGTING: A.  Die besigheid gebruik die volgende metodes om die horlosievoorraad te waardeer: o Dameshorlosies – spesifieke identifikasie o Manshorlosies – geweegde gemiddelde  Geen horlosies het verlore geraak of is gesteel gedurende die afgelope finansiële jaar nie. B. Inligting rakende dameshorlosies: EEN- EENHEIDS TOTALE EENHEDE TOTALE HEDE -PRYS BEDRAG VERKOOP VERKOPE Beginsaldo 12 R6 500 R78 000 11 R125 125 Aankope: 35 R252 000 September 2019 15 R6 800 R102 000 10 R119 000 Januarie 2020 12 R7 300 R87 600 10 R127 750 April 2020 8 R7 800 R62 400 5 R68 250 47 R330 000 36 R440 125  Die kosprys van dameshorlosies sluit vervoerkoste en doeaneregte in.  Hierdie horlosies word teen ’n winsgrens van 75% op kosprys verkoop. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) C. Inligting rakende manshorlosies: EENHEDE EENHEIDS- TOTALE PRYS BEDRAG Beginsaldo 95 R340 R32 300 Aankope: 675 R259 900 September 2019 320 R375 R120 000 Januarie 2020 210 R390 R81 900 April 2020 145 R400 R58 000  Manshorlosies word teen ’n vaste verkoopprys van R520 elk verkoop.  Koste van vervoer van manshorlosies vanaf plaaslike verskaffers beloop R11 950 vir die finansiële jaar en is nie in die bogenoemde bedrae ingesluit nie.  Op 31 Augustus 2020 was daar 92 manshorlosies in voorraad. 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) REKENINGKUNDE V2 9 VRAAG 3: VERVAARDIGING EN KOSTEBEREKENINGE (50 punte; 45 minute) 3.1 BEGRIPPE Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ teenoor die vraagnommers (3.1.1–3.1.2) in die ANTWOORDEBOEK. 3.1.1 Vraggeld op grondstowwe aangekoop verhoog die koste van grondstowwe uitgereik vir produksie. (1) 3.1.2 Kommissie op verkope vorm deel van administratiewe koste. (1) 3.2 PRODUKSIEKOSTESTAAT Die volgende inligting is geneem uit die rekeningkundige rekords aan die einde van die 2020 finansiële jaar. GEVRA: 3.2.1 Voltooi die Nota vir Direkte Materiaalkoste. (7) 3.2.2 Voltooi die Produksiekostestaat op 29 Februarie 2020. (15) 3.2.3 Voltooi die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 29 Februarie 2020. (11) INLIGTING: A. Spoorvrag op grondstowwe aangekoop, R180 000. B. Salarisse en lone beloop R724 160 vir die finansiële jaar. 50% hiervan is lone vir werkers wat direk aan die produkte gewerk het. Die res word gelykop verdeel tussen fabrieksbokoste en administratiewe koste. C. 96 000 klaarprodukte is gedurende die finansiële jaar vervaardig. Die kosprys van klaarprodukte was R20 elk. D. Verkope vir die jaar is R3 804 000. Goedere word verkoop teen ’n winsopslag van 100% op kosprys. E. Verkoops- en verspreidingskoste beloop R594 860. F. Administratiewe koste is R 571 100. Dit sluit nie lone en salarisse in nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) 3.3 KOSTEBEREKENINGE Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Leef Gesond, die vervaardigers van een soort ontbytpap. Die finansiële jaar eindig op 31 Augustus 2020. GEVRA: 3.3.1 Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 31 Augustus 2020. (4) 3.3.2 Behoort die besigheid tevrede te wees met die aantal eenhede wat hulle gedurende die huidige finansiële jaar vervaardig en verkoop het? Verduidelik. Haal syfers aan. (3) 3.3.3 Gee TWEE moontlike redes vir die styging in direkte materiaalkoste per eenheid in die huidige finansiële jaar. (4) 3.3.4 In ’n poging om die finansiële resultate vir die volgende finansiële jaar te verbeter, het Tyler, die eienaar, voorgestel dat die hoeveelheid ontbytpap per houer met 10% verminder moet word terwyl die verkoopprys dieselfde bly. Gee TWEE geldige redes waarom hy dit nie moet doen nie. (4) INLIGTING: Die volgende inligting is uit die rekeningkundige rekords geneem: 31 AUGUSTUS 2020 31 AUGUSTUS 2019 PER PER TOTAAL TOTAAL EENHEID EENHEID Verkope R1 792 000 R28,00 R1 794 000 R23,00 Veranderlike koste R1 024 000 R16,00 R975 000 R12,50 Vaste koste R736 000 R11,50 R630 000 R8,08 Direkte materiaalkoste R656 000 R10,25 R592 800 R7,60 Gelykbreekpunt 60 000 ? eenhede Aantal eenhede vervaardig en 64 000 78 000 verkoop eenhede eenhede 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) REKENINGKUNDE V2 11 VRAAG 4: FINANSIЁLE EN INTERNE BEHEER (26 punte; 20 minute) 4.1 BEGRIPPE Kies ʼn beskrywing in KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommers (4.1.1–4.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 4.1.1 Professionele liggaam A Die aantal eenhede wat vervaardig is het aansienlik toegeneem teenoor die vorige jaar en sal tot ’n wins bydra 4.1.2 Kommissie van Maatskappye B Vergelyking van werklike met begrote en Intellektuele Eiendom syfers 4.1.3 Produktiwiteit C Handhaaf die integriteit van die professie en pas dissiplinêre stappe toe teen diegene wat nie by standaarde hou nie 4.1.4 Interne beheer D Registrasie van maatskappye E Die aanstelling van ’n professionele persoon met integriteit in ’n produktiewe posisie (4 x 1) (4) 4.2 BATEBESTUUR EN BEHEER Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Sharks Bpk. INLIGTING: A. Uittreksel van inligting uit die 31 Augustus 31 Augustus Balansstaat 2020 2019 Grond en geboue 2 587 750 4 050 250 Toerusting teen kosprys 1 500 000 1 200 000 Opgehoopte waardevermindering op toerusting ? 540 000 B. Al die toerusting (aangekoop op 31 Augustus 2016) is op 29 Februarie 2020 vir R600 000 ingeruil. Nuwe toerusting is op hierdie datum aangekoop. Toerusting word teen 15% p.j. op kosprys verminder. C. Geen nuwe grond en geboue is aangekoop gedurende hierdie jaar nie. GEVRA: 4.2.1 Voltooi die Bateverkoperekening in die Algemene Grootboek.. (10) 4.2.2 Voltooi die Nota vir Vaste Bates in die Finansiële State op 31 Augustus 2020. (12) 26 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100 Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope . Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Koste van verkope 1 Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 (*Sien nota hieronder) Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100 Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1 Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100 Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1 Totale vaste koste . Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid NOTA: * In hierdie geval, indien daar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ʼn finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all