Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
REKENINGKUNDE V1
FINANSIËLE VERSLAGDOENING EN EVALUERING
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye, insluitend ʼn formuleblad
en ʼn antwoordeboek van 11 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 


%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)


View all
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)



ACCOUNTING GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Pages
- 11
- File size
- 208.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 11
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENINKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin AL die vrae beantwoord
moet word.
3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
7. ʼn FORMULEBLAD met Finansiële Aanwysers is by hierdie vraestel aangeheg.
Jy mag dit gebruik indien nodig.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. ʼn Uiteensetting van die vrae word voorsien Probeer om by die voorgestelde tyd
vir elke vraag te hou. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
TYD
VRAAG ONDERWERP PUNTE
(MINUTE)
1 Korporatiewe bestuur en ouditverslag 15 10
2 Staat van omvattende inkomste 30 25
Staat van Finansiële Posisie en
3 30 25
aandelekapitaal-nota
Kontantvloeistaat en Finansiële
4 40 35
Aanwysers
5 Vertolking van Maatskappy-inligting 35 25
TOTAAL: 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENINGKUNDE V1 3
VRAAG 1: KORPORATIEWE BESTUUR EN OUDITVERSLAG
(15 punte; 10 minute)
1.1 Kies ʼn verduideliking in KOLOM B wat by `n begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A‒D) langs die vraagnommer (1.1.1‒1.1.4) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 King Kode A Impak van bedryfsaktiwiteite op die wins,
sowel as die uitwerking op die omgewing en
sosiale kwessies
1.1.2 Drievoudige-slotreël B Verduidelik die prestasie van die
onderneming en die belangrikste besluite
wat geneem is
1.1.3 Direkteursverslag C Hersien en monitor die fooiebeleid om te
verseker dat dit billik is
1.1.4 Vergoedingskomitee D Hierin word die etiese en effektiewe
leierskap van maatskappye uiteengesit
(4 x 1) (4)
1.2 OUDITVERSLAG
ʼn Uittreksel van die Ouditverslag van More Beperk word voorsien.
GEVRA:
1.2.1 Waar, waarom en wanneer word verwag dat hierdie ouditverslag
aangebied word? (3)
1.2.2 Verskaf TWEE punte waarom die onafhanklike ouditeure na bladsye
12‒30 van die Jaarverslag verwys. (4)
1.2.3 Verduidelik TWEE punte oor die impak van hierdie verslag op die
maatskappy. (4)
INLIGTING:
Uittreksels van die Ouditverslag:
Aan aandeelhouers:
Ons het die finansiële state soos op bladsy 12–30 uiteengesit, geouditeer …
Opinie:
Ons kon nie voldoende ouditbewyse verkry oor belangrike aangeleenthede wat
in die paragraaf “basis vir mening” geïdentifiseer en beskryf is nie; as sodanig
kan ons nie ʼn mening oor die betroubaarheid van die finansiële state uitspreek
nie.
15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENINKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 2: STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE (30 punte; 25 minute)
Die volgende inligting het betrekking op Stad Handelaars Bpk. vir die finansiële jaar
geëindig op 30 Junie 2020.
GEVRA:
Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar geëindig
30 Junie 2020. (30)
INLIGTING
A Uittreksel van Voor-aansuiweringsproefbalans op 30 Junie 2020.
Verkope 6 720 000
Huur-inkomste 153 120
Direkteursfooie ?
Salarisse en lone 812 000
Werkgewersbydrae 22 080
Advertensies 11 650
Ouditfooie 120 000
Waardevermindering 340 000
Diverse uitgawes 432 110
B Die Huurinkomste vir Julie 2020 is reeds ontvang. Let daarop dat die
maandelikse huur met 8% p.j. effektief vanaf 1 Mei 2020 verminder is.
C Die maatskappy het drie direkteure. Twee van die direkteure ontvang ʼn
jaarlikse fooi van R192 000 elk. Die derde direkteur ontvang 10% minder as die
ander direkteure. Al drie direkteure het die volle bedrag vir die jaar ontvang en
die boekhouer het die bedrag verkeerdelik in die salaris- en lonerekening
aangeteken.
Die derde direkteur het egter besluit om te bedank en dit is op 30 Mei 2020
goedgekeur. Hy het belowe om die fooie wat hy ontvang het, terug te gee vir
die tydperk wat hy nie die maatskappy sou dien nie.
D Een werknemer is uit die Salarisjoernaal vir Junie 2020 terwyl sy met
kraamverlof was, weggelaat. Haar salaris is soos volg:
Aftrekkings Werkgewersbydrae Netto
LBS Mediesefonds Mediesefonds Salaris
2 050 970 1 920 6 700
E Advertensies sluit 'n bedrag van R7 500 uit wat betaal is vir die periode
1 Mei tot 30 September 2020. ʼn Vaste koers word maandeliks toegepas.
F Rente op belegging is ontvang en aangeteken. Dit is die balanserende syfer.
G Leningstaat ontvang toon rente gekapitaliseer van R36 000.
H Inkomstebelasting beloop R272 700. Dit is 30% van die netto wins.
30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENINGKUNDE V1 5
HOU HIERDIE BLADSY
OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENINKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 3: STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE EN AANDELEKAPITAAL-NOTA
(30 punte; 25 minute)
BABI BPK.:
Die inligting voorsien is vir die jaar geëindig op 31 Augustus 2020.
GEVRA:
3.1 Voltooi die Gewone Aandelekapitaal-Nota. (9)
3.2 Voltooi die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) op 31 Augustus 2020. (21)
INLIGTING:
A. Die volgende is op 31 Augustus 2020 uit die rekords gehaal.
Vaste Bates (drawaarde) R8 121 090
Vaste Deposto: Zako Bank 830 200
Voorrade (verwys na Inligting C) ?
Handels en ander ontvangbares (balanserende syfer) ?
Bank (gunstig) 864 800
Wisselgeld 3 000
SAID Inkomstebelasting (Voorlopige belasting) 560 000
Gewone Aandelekapitaal ?
Behoue Inkomste 14 960
Lening: Tambo Bank ?
Handels en ander betaalbares 463 840
B. Aandelekapitaal en dividende:
Gemagtigde aandele bestaan uit 3 000 000 aandele.
Op 1 September 2019 is 1 800 000 aandele in uitreik.
Op 1 Julie 2020 het die maatskappy 120 000 aandele teen R7,20 elk
teruggekoop, dit is 20% bo die gemiddelde aandeleprys. Hierdie
aandele kwalifiseer nie vir finale dividende nie.
20% van die onuitgereikte aandele op 1 September 2019 is teen R6,60
per aandeel op 25 Augustus 2020 uitgereik.
ʼn Finale dividend van 22 sent per aandeel is op 31 August 2020
verklaar.
C. Voorrade:
Die onderneming verkoop satellietdekodeerders.
Eindvoorraad van 1 260 eenhede moet volgens die eerste-in-eerste-uit-
metode gewaardeer word. Twee groepe voorraad is gedurende die jaar
aangekoop. Daar was geen vermiste items nie.
AANTAL KOSPRYS PER TOTALE KOSTE
EENHEDE EENHEID R
Beginvoorraad 1 500 R1 600 2 400 000
Aankope:
Groep 1 (Nov. 2019) 1 800 R1 750 3 150 000
Groep 2 (Junie 2020) 1 200 R1 950 2 340 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENINGKUNDE V1 7
D. Leningstaat van Tambo Bank
Saldo 1 September 2019 1 840 000
Rente gekapitaliseer vir die jaar 130 800
Jaarlikse terugbetaling (rente ingesluit) 307 200
Die kapitaalgedeelte vir die terugbetaling van die lening in die volgende
finansiële jaar bly dieselfde as die huidige finansiële jaar.
E. Bedrag verskuldig aan SAID op 31 Augustus 2020 is ʼn balanserende
syfer.
30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENINKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 4: KONTANTVLOEISTAAT, FINANSIËLE AANWYSERS
(40 punte, 35 minute)
4.1 BEGRIPPE
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAAR is. Skryf slegs 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (4.1.1‒4.1.3) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
4.1.1 % bedryfsuitgawes op verkope is ʼn finansiële aanwyser vir die beheer
oor verkope.
4.1.2 Bedryfsaktiwiteite verwys na alle aktiwiteite in 'n onderneming wat
verband hou met die bestuur en administrasie van die onderneming
om wins te maak.
4.1.3 Aandeelhouers vir dividende verwys na dividende betaal aan aan-
deelhouers van die maatskappy, aan die einde van die finansiële jaar. (3)
4.2 WILD COST BPK.
Die inligting voorsien is vir die jaar geëindig op 29 Februarie 2020.
GEVRA:
4.2.1 Voltooi die nota vir KONTANT UIT BEDRYWIGHEDE GEGENEREER. (9)
4.2.2 Stel die KONTANTGEVOLGE UIT FINANSIERINGSAKTIWITEITE-
afdeling van die Kontantvloeistaat op. (7)
4.2.3 Bereken die volgende bedrae vir die Kontantvloeistaat:
Inkomstebelasting betaal (4)
Dividende betaal (7)
Opbrengs op vaste bates verkoop (4)
4.2.4 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 29 Februarie 2020:
% Opbrengs op gemiddelde Aandeelhouersbelang (4)
Netto batewaarde per aandeel (2)
INLIGTING:
A. Uittreksel van Inkomstestaat op 29 Februarie 2020.
Koste van verkope R5 468 750
Waardevermindering 390 000
Rente uitgawe 452 000
Inkomstebelasting 420 000
Netto wins na belasting 980 000
B. Uittreksel van Balansstaat op 29 Februarie 2020.
2020 2019
Vaste bates 12 750 000 13 995 000
Handels en ander ontvangbares (Nota 1) 305 800 401 500
Aandeelhouersbelang 11 161 200 13 168 000
Behoue inkomste 1 700 700 1 239 200
Gewone aandelekapitaal 9 460 500 11 925 000
Lening: J.J. Bank 3 850 000 3 080 000
Handels en ander betaalbares (Nota 2) 640 800 1 173 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENINGKUNDE V1 9
Nota 1:
Handels en ander ontvangbares 2020 2019
Debiteurekontrole 292 400 332 200
SAID (Inkomstebelasting) - 69 300
Opgelope inkomste 13 400 -
305 800 401 500
Nota 2:
Handels en ander betaalbares 2020 2019
Krediteurekontrole 621 000 963 000
SAID (Inkomstebelasting) 19 800
Aandeelhouers vir dividende ? 210 000
640 800 1 173 000
D. Vaste bates:
Vaste bates is teen drawaarde verkoop.
Daar is geen addisionele vaste bates aangekoop nie.
E. Aandelekapitaal en dividende:
Gemagtigde aandelekapitaal: 2 500 000 gewone aandele.
1 Maart 2019: 60% van die aandele is in uitreik.
1 Junie 2019: R397 500 is ontvang vir 50 000 addisionele aandele
uitgereik.
30 Augustus 2019: 360 000 aandele is teruggekoop teen R162 000
bo die gemiddelde aandeelprys van R7,95.
Interim dividende is gedurende die jaar betaal.
Op 29 Februarie 2020 is ʼn finale dividend van R130 900 op
1 190 000 aandele verklaar.
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENINKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 5: VERTOLKING VAN MAATSKAPPY-INLIGTING
(35 punte; 25 minute)
Jy word voorsien van finansiële inligting van twee maatskappye wat in dieselfde
industrie en van dieselfde grootte is, vir die jaar geëindig 29 Februarie 2020.
GEVRA:
LET WEL: Verskaf syfers, finansiële aanwysers of berekeninge in ELKE geval
om jou kommentaar en verduidelikings te ondersteun.
5.1 Vergelyk die likiditeitsposisie van albei maatskappye en lewer kommentaar op
die maatskappy wat die korttermynbates meer doeltreffend bestuur. (6)
5.2 Vergelyk die dividenduitbetalings-beleid van elke maatskappy. (4)
Verskaf TWEE moontlike redes waarom een maatskappy besluit het om hul
beleid te verander. (4)
5.3 Lock Bpk. het besluit om hul lenings gedurende die huidige finansiële jaar te
verhoog, terwyl Down Bpk. besluit het om hul bestaande lenings te handhaaf.
Lewer kommentaar op die besluite van beide maatskappye. Verwys na die
graad van risiko en hefboomfinansiering. (8)
5.4 'n Aandeelhouer van Down Bpk. is bekommerd oor die daling in die markprys
van die aandele. Verduidelik waarom hy so voel.
Verskaf TWEE punte. (4)
5.5 M. Mtolo besit 576 000 aandele in Down Bpk. wat 48% van die totale
uitgereikte aandele uitmaak. Hy wil nog 25 000 aandele koop.
5.5.1 Doen ʼn berekening om aan te toon hoe dit sy % aandeelhouding in
die maatskappy sal verander. (5)
5.5.2 Verskaf TWEE redes waarom jy dink hy spesifiek belangstel om sy
aandeelhouding in Down Bpk. te verhoog. (4)
INLIGTING:
LOCK BPK. DOWN BPK.
2020 2019 2020 2019
Bedryfskapitaalverhouding 1,9 : 1 2,1 : 1 3,6 : 1 2,8 : 1
Vuurproefverhouding 1,3 : 1 1,4 : 1 1,5 : 1 1,5 : 1
Dividende per aandeel 45 sent 65 sent 60 sent 62 sent
Verdienste per aandeel 86 sent 80 sent 70 sent 72 sent
% opbrengs op gemiddelde ekwiteit 13% 11% 11,6% 12%
% opbrengs op gemiddelde kapitaal
15% 12% 11,7% 13%
aangewend
Skuld/ekwiteitsverhouding 0,6 : 1 0,3 : 1 0,4 : 1 0,4 : 1
Netto batewaarde per aandeel 642 sent 630 sent 610 sent 618 sent
Markprys per aandeel 645 sent 622 sent 582 sent 615 sent
Rentekoers op lenings 13% 13%
35
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENINGKUNDE V1 11
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates: Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad): Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope .
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(*Sien nota hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ʼn
finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
ACCOUNTING P1 GR12 QP JCT 2025 AFR D_watermark.pdf
Question paper
Accounting P2 Nov 2024 MG Afr.pdf
Question paper
ACCOUNTING P1 GR12 QP JUNE 2023_Afrikaans.pdf

Question paper
Accounting P1 May-June 2023 MG Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Accounting P2 May-June 2023 MG Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Accounting P1 Nov 2023 Eng_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
Question paper
Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
ACCOUNTING P1 GR12 ANSBK SEPT 2021 Afrikaans D_hlayiso.com_.pdf
Question paper
ACCOUNTING P1 GR12 QP JUNE 2022 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
KZN 2020 June P2 QP_hlayiso.com_.pdf

Question paper
2020 KZN Prelim P1 QP_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Accounting P2 Nov 2020 Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Accounting
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
Acc P2 Memo ENg_watermark.pdf
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers.pdf

Memorandum
Accounting-Grade-12-NSC-MEMO-P1-May-June-2025-Limpopo.pdf

Addendum
Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr.pdf
Memorandum
Accounting P1 May-June 2025 MG Afr.pdf

Memorandum