Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENINGKUNDE V2
NOVEMBER 2023
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye,
'n formuleblad en 'n 11 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 706.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 2 DBE/November 2023
NSS
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 3 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeuring.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. 'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie
vraestel aangeheg.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Rekonsiliasies 40 30
2 Kosterekeningkunde 35 30
3 Begrotings 40 30
4 Voorraadwaardasie en Vaste Bates 35 30
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 4 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 1: REKONSILIASIES (40 punte; 30 minute)
1.1 BANKVERSOENING
Die inligting het betrekking op Mango Handelaars vir Junie 2023. Die besigheid
gebruik die amptelike bankstaat wat elke maand op die 26ste ontvang word.
GEVRA:
1.1.1 Bereken die volgende op 30 Junie 2023:
Korrekte totale vir die Kontantjoernale. Gebruik die tabel wat in die
ANTWOORDEBOEK voorsien is. (12)
Bankrekeningsaldo in die Algemene Grootboek van die besigheid (4)
1.1.2 Stel die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2023 op. (8)
1.1.3 Verduidelik TWEE strategieë wat die besigheid kan gebruik om die
probleem van kontant wat vermis raak, op te los. (4)
INLIGTING:
A. Die Bankversoeningstaat op 31 Mei 2023 het die volgende getoon:
Gunstige saldo op die Bankstaat R 27 600
Uitstaande deposito's:
18 Mei 2023 30 000
30 Mei 2023 18 200
Uitstaande EFO's:
EFO 816 (aan Ace Skryfbehoeftes) 7 400
EFO 817 (aan Spark Groothandelaars) 19 300
Gunstige saldo op die Bankrekening in die Grootboek 49 100
LET WEL: Die kassiere het aangemeld dat die kontant wat op 18 Mei
gedeponeer moes word, op pad bank toe gesteel is. Hierdie
bedrag moet afgeskryf word.
B. Totale van die Kontantjoernale op 30 Junie 2023 voordat die
Bankstaat ontvang is:
Kontantontvangstejoernaal Kontantbetalingsjoernaal
R81 300 R80 620
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 5 DBE/November 2023
NSS
C. Uittreksel uit die Junie-bankstaat:
BESONDERHEDE DEBIET KREDIET
Ace Skryfbehoeftes (EFO 816) 4 700
Spark Groothandelaars (EFO 817) 19 300
BK Bouers (EFO 792) 6 200
Deposito (30 Mei) 18 200
Kontantdepositofooi 320
Direkte deposito: G Glen 14 600
VX Garage (EFO 818) 3 780
Rente 240
Transaksiefooie 540
Transaksiefooie 540
EFO 816 (aan Ace Skryfbehoeftes) is korrek op die Bankstaat.
EFO 792 (aan BK Bouers) is verkeerdelik in die Junie-
Kontantontvangste-joernaal (KOJ) geboekstaaf.
Die direkte deposito deur G Glen was vir maandelikse huur.
EFO 818 (aan VX Garage) was vir herstelwerk aan die maatskappy-
voertuig. Die eienaar het nagelaat om die transaksiestrokie aan die
boekhouer te oorhandig. Geen inskrywing is in die boeke gemaak nie.
Die maandelikse transaksiefooie is op die bankstaat gedupliseer.
D. Inskrywings in die Kontantjoernale vir Junie 2023 wat nie met die
Junie-bankstaat ooreenstem nie:
Deposito op 27 Junie: R31 500
EFO 944: R9 700
EFO 945: R13 300
E. Die eienaar het R11 000 by 'n OTM onttrek om lone op 29 Junie 2023 te
betaal, maar hy het nie die boekhouer hieroor ingelig nie.
F. Bankstaatsaldo op 30 Junie 2023: R?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 6 DBE/November 2023
NSS
1.2 KREDITEURE-VERSOENING
Die inligting het betrekking op SEB Handelaars vir Augustus 2023.
GEVRA:
1.2.1 Met inagneming van die foute en weglatings, bereken die korrekte
saldo vir die Krediteurekontrolerekening en die Krediteurelys. Dui
veranderinge met 'n '+' vir 'n vermeerdering en 'n '–' vir 'n vermindering
aan. (9)
1.2.2 SEB Handelaars beplan om op 31 Augustus 2023 die rekening van
Phuto Handelaars ten volle te vereffen. Bereken die bedrag wat aan
hulle verskuldig is. (3)
INLIGTING:
A. Saldo's en totale op 31 Augustus 2023 (voordat die foute en
weglatings gekorrigeer word)
Krediteurekontrolerekening-saldo R175 940
Krediteurelys-totaal in die Krediteuregrootboek R186 350
LYS VAN KREDITEURE
Phuto Groothandelaars R64 950
Planet Verskaffers R27 200
Mish Handelaars R51 800
Arial Verskaffers R42 400
B. Foute en weglatings:
(i) Die Krediteure-afslagjoernaal(KAJ)-totaal is R3 600 te laag opgegee.
(ii) 'n Betaling van R14 250 aan Phuto Groothandelaars is foutiewelik as
R15 240 na die Krediteuregrootboek-rekening oorgeboek. Die
oorboeking na die Algemene Grootboek was korrek.
(iii) 'n Faktuur ontvang van Planet Verskaffers, R9 540, en in die
Krediteurejoernaal (KJ) geboekstaaf, is foutiewelik na die rekening
van Phuto Groothandelaars in die Krediteuregrootboek oorgeboek.
(iv) Goedere aan Mish Handelaars teruggestuur, R7 500, en in die KAJ
ingeskryf, is na hulle rekening in die Krediteuregrootboek as 'n
faktuur oorgeboek.
(v) SEB Handelaars het 'n aankoop van R13 280 van Arial Verskaffers
in die KJ opgeteken nadat 20%-handelskorting afgetrek is. Arial
Verskaffers het hulle egter laat weet dat die handelskorting waarop
ooreengekom is, slegs 10% was.
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 7 DBE/November 2023
NSS
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 8 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE (35 punte; 30 minute)
2.1 T2FIT-VERVAARDIGERS
Die besigheid, waarvan Mark Fit die eienaar is, vervaardig T-hemde. Die
finansiële jaar het op 28 Februarie 2023 geëindig.
GEVRA:
2.1.1 Verwys na Inligting A.
Bereken die direkte materiaalkoste. (4)
2.1.2 Verwys na Inligting B.
Bereken die fabrieksbokoste vir die jaar deur die tabel in die
ANTWOORDEBOEK te voltooi. (7)
2.1.3 Berei die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023
voor. (5)
2.1.4 Bereken die koste van die vermorsing van grondstowwe. (4)
2.1.5 Mark is bekommerd oor die verhoging in die koste van grondstowwe
gedurende die finansiële jaar. Verskaf TWEE strategieë wat Mark kan
gebruik om die probleem van vermorsing op te los. (2)
INLIGTING:
A. Voorraadrekords:
(i) Grondstowwe (materiaal om T-hemde te vervaardig):
Materiaal word uit die stoorkamer na die fabriek vir vervaardiging
uitgereik.
Die geweegdegemiddelde-metode word gebruik om die waarde
van die materiaal te bepaal.
LET WEL: 1,2 meter materiaal word benodig om een T-hemp te
maak.
Die volgende inligting is uit die rekords geneem:
BEDRAG
METER
R
Voorraadsaldo op 1 Maart 2022 1 600 m 64 800
Aankope 18 800 m 894 000
April 2022 6 400 m 288 000
Augustus 2022 7 000 m 336 000
Januarie 2023 5 400 m 270 000
Beskikbaar vir gebruik 20 400 m 958 800
Grondstowwe aan die fabriek uitgereik 18 900 m ?
Voorraadsaldo op 28 Februarie 2023 1 500 m ?
(ii) Goedere-in-bewerkingvoorraad:
28 Feb. 2023 1 Mrt. 2022
Saldo 235 500 0
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 9 DBE/November 2023
NSS
B. Fabrieksbokoste:
Die boekhouer het die fabrieksbokoste as R600 000 bereken. Hy het
egter die volgende foute begaan wat reggestel moet word.
(i) Die eindvoorraad van die fabriek se indirekte materiaal, R7 000, is
weggelaat.
(ii) Die totale water-en-elektrisiteitskoste vir die jaar, R84 000, is in die
fabrieksbokoste ingesluit. Dit moet soos volg toegeken word:
Kantoor 15%
Verkoop en verspreiding 25%
Fabriek 60%
(iii) Fabrieksversekering, R45 000, is toegeken volgens die ou
verhouding van 3 : 1 : 2 vir die fabriek, verkope en kantoor
onderskeidelik. Dit behoort volgens die vloerspasie, soos volg
toegeken te word:
Fabriek Verkope Kantoor
1 500 m2 300 m2 600 m2
C. Addisionele inligting:
(i) Direkte arbeidskoste, R408 600
(ii) Getal T-hemde vervaardig, 15 000 eenhede
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 10 DBE/November 2023
NSS
2.2 LIGHTING KINGS (EDMS.) BPK.
Die besigheid vervaardig gloeilampe. Richard Smith, die HUB (hoof-
uitvoerende beampte), het beplan om die produksiekoste van die Orion-
gloeilampe te verminder as gevolg van tegnologiese veranderinge en om die
nuwe Starlet-gloeilampe in omloop te bring deur 'n nuwe fabriek op die been te
bring.
GEVRA:
2.2.1 Doen 'n berekening wat bevestig dat die 2023-gelykbreekpunt van
149 145 eenhede vir die Orion-gloeilampe korrek is. (3)
2.2.2 Identifiseer en verduidelik TWEE koste-items (met bedrae) wat
moontlik tot die toename in die koste van produksie per eenheid
bygedra het. Verskaf 'n rede in elke geval. Let op dat die huidige
inflasiekoers 7% is. (6)
2.2.3 Verduidelik of die nuwe Starlet-gloeilampe 'n goeie idee was of nie.
Verskaf TWEE punte. Haal syfers aan. (4)
INLIGTING:
FABRIEK A FABRIEK B
ORION STARLET
2023 2022 2023
Getal eenhede vervaardig en verkoop 163 000 198 860 225 000
Totale produksiekoste per eenheid R36,00 R28,54 R49,04
Gelykbreek-eenhede 149 145 124 808 122 104
R R R
Totale verkope 7 498 000 8 352 120 15 300 000
Verkoopprys per eenheid 46,00 42,00 68,00
Veranderlike koste per eenheid 26,00 18,10 40,90
Direkte materiaal 10,60 10,20 22,50
Direkte arbeid 11,20 6,70 14,80
Verkoop en verspreiding 4,20 1,20 3,60
Totale vaste koste 2 982 900 2 982 900 3 309 000
Vaste koste per eenheid 18,30 15,00 14,71
Fabrieksbokoste 2 314 600 2 314 600 2 640 700
Fabrieksbokoste per eenheid 14,20 11,64 11,74
Administrasiekoste 668 300 668 300 668 300
Administrasiekoste per eenheid 4,10 3,36 2,97
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 11 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 3: BEGROTINGS (40 punte; 30 minute)
Die inligting het betrekking op Sunday Winkels (Edms.) Bpk. Adam Stevens is die
eienaar van die besigheid.
GEVRA:
3.1 Verwys na Inligting B.
Identifiseer:
TWEE items wat foutiewelik in die Kontantbegroting ingeskryf is. (2)
TWEE items in die Kontantbegroting wat NIE in 'n Geprojekteerde Staat van
Omvattende Inkomste sal verskyn NIE. (2)
3.2 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Desember 2023. (8)
3.3 Verwys na Inligting A en B.
Bereken die bedrae wat deur (i) tot (iv) aangedui is. (12)
3.4 Verwys na Inligting G (begrote en werklike syfers).
3.4.1 Om verkope te verhoog, het Adam besluit om die manier waarop
verkoopspersone maandeliks betaal word, vanaf 1 November 2023 te
verander. Die verkoopspersone het die verandering aanvaar.
Verduidelik die veranderinge wat Adam gemaak het. (2)
Verduidelik waarom sommige verkoopspersone spyt was oor hulle
besluit om hierdie veranderinge te aanvaar. Haal syfers aan of toon
berekeninge. (3)
Adam is van mening dat die besluit die maatskappy bevoordeel
het, terwyl die verkoopsbestuurder, Milly, bekommerd is dat dit nie
die maatskappy bevoordeel het nie. Verskaf EEN punt (met syfers
of berekeninge) om ELK van hierdie opinies te ondersteun. (4)
3.4.2 Adam is bekommerd oor die stygende huuruitgawes en beplan om die
eiendom te koop.
Bereken die netto effek van hierdie aankoop op die ontvangste en
betalings in die Kontantbegroting. (5)
Gee EEN rede waarom Adam besluit het om met hierdie aankoop
voort te gaan. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 12 DBE/November 2023
NSS
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste:
OKT. 2023 NOV. 2023 DES. 2023
Verkope R1 067 500 R1 085 000 R1 137 500
Koste van verkope (620 000)
Huuruitgawes 31 640
Korting toegestaan (i) 13 650
Waardevermindering 13 300 13 300 13 300
Oninbare skulde 12 000 12 180 10 710
B. Uittreksel uit die Kontantbegroting wat deur die boekhouer opgestel is:
NOV. 2023 DES. 2023
ONTVANGSTE R R
Kontantverkope 434 000
Kontant van debiteure 610 470 ?
Rente op spaarrekening 1 200 (ii)
Rente op vaste deposito 7 500 7 500
Korting ontvang 5 200 6 700
BETALINGS
Betalings aan krediteure 580 000 (iii)
Salarisse van verkoopspersone 72 000 72 000
Huuruitgawe (iv) 31 640
Afleweringsuitgawes 43 400 43 400
Voertuiginstandhouding 16 800 16 800
Ouditfooie 72 000 0
Oninbare skulde 12 180 ?
Waardevermindering 13 300 13 300
C. Verkope en invordering vanaf debiteure:
Kredietverkope beloop 60% van die totale verkope.
Debiteure betaal volgens die volgende tendense:
40% word ingevorder in die maand van verkope. Hulle ontvang 'n 5%-
korting.
50% word ingevorder in die maand wat volg op die maand van verkope.
8% word ingevorder twee maande ná verkope.
2% word afgeskryf as oninbaar in die derde maand ná verkope.
D. Voorraadaankope en betalings aan krediteure:
Die winsopslag is 75% op kosprys.
Voorraad word vervang in die maand van verkope. 'n Basisvoorraad word
gehandhaaf.
Alle voorraadaankope is op krediet.
Krediteure word twee maande ná aankope ten volle betaal.
E. Huuruitgawes sal na verwagting vanaf 1 Desember 2023 met 13% verhoog.
F. Die spaarrekening sal op 1 Desember 2023 met R84 000 verhoog word. Rente
teen 4% p.j. word nie gekapitaliseer nie en is aan die einde van elke maand
ontvangbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 13 DBE/November 2023
NSS
G. Begrote en werklike syfers vir November 2023:
BEGROOT WERKLIK
Gemiddelde getal klante 480 640
Kontantverkope R434 000 R341 800
Kredietverkope 651 000 1 068 700
Totale verkope 1 085 000 1 410 500
Salarisse: Verkoopspersone 165 000 20 000
Kommissie: Verkoopspersone 0 141 050
Afleweringsuitgawes 43 400 79 300
H. Inligting ten opsigte van die aankoop van die eiendom:
Adam beplan om die aankoop van die eiendom te finansier deur 'n lening aan
te gaan en die vaste deposito wat verval, te gebruik.
Kosprys van die eiendom R 2 500 000
Vaste deposito wat op 1 Januarie 2024 verval 1 000 000
Nuwe lening by BK Bank op 1 Januarie 2024 1 500 000
Rente op lening vir Januarie 2024 18 750
Maandelikse instandhouding, eiendomsbelasting en versekering 12 500
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 14 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 4: VOORRAADWAARDASIE EN VASTE BATES (35 punte; 30 minute)
4.1 Kies die korrekte kostebegrippe uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
4.1.1 Die (periodieke/deurlopende) voorraadstelsel boekstaaf die koste van
goedere wat by die verkooppunt verkoop word.
4.1.2 Die (eerste-in-eerste-uit/geweegdegemiddelde)-metode is meer geskik
vir lae-koste-voorraaditems wat op 'n meer gereelde basis aangekoop
word.
4.1.3 Die (eerste-in-eerste-uit/geweegdegemiddelde)-voorraadwaardasie-
metode sal eindvoorraad teen die mees onlangse voorraadpryse
waardeer. (3 x 1) (3)
4.2 VOORRAADWAARDASIE
Clearview Elektronika se eienaar is Sipho Cossa. Die besigheid verkoop twee
drukkermodelle, Hawi en Yama. Die spesifieke identifikasiemetode word gebruik
om hulle voorraad te waardeer. Hulle finansiële jaar het op 28 Februarie 2023
geëindig. Goeie interne beheermaatreëls het verseker dat daar geen
voorraadtekorte was nie.
GEVRA:
4.2.1 Bereken die waarde van die eindvoorraad op 28 Februarie 2023. Gebruik
die spesifieke identifikasiemetode. (6)
4.2.2 Bereken hoe lank (in dae) dit sal neem om die Hawi-drukkers se
eindvoorraad te verkoop. (4)
4.2.3 Verduidelik of Sipho oor die voorraadhoudingsperiodes van die Hawi- en
Yama-drukkers bekommerd behoort te wees. Haal syfers aan. Gee
moontlike redes vir die verskil in voorraadhoudingsperiodes van die twee
modelle. (6)
INLIGTING:
Voorraad- Eenhede
Model Kosprys Totaal
rekords aangekoop
Beginvoorraad Hawi 90 R3 800 R342 000
835 R3 969 950
Aankope Hawi 340 R3 800 R1 292 000
Yama 495 R5 410 R2 677 950
Terugsendings Hawi 5 R3 800 R19 000
Drukkerverkope en voorraadhoudingsperiodes:
Eenhede Voorraadhoudings-
Model Verkoopprys
verkoop periode
Hawi 300 R5 700 ?
Yama 430 R7 300 55,2 dae
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 15 DBE/November 2023
NSS
4.3 VASTE BATES
Die inligting het betrekking op vaste/tasbare bates van Thembeka (Edms.) Bpk.
Lee Klou is die HUB. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2023 geëindig.
4.3.1 Bereken die volgende:
Kosprys van voertuie op 1 Maart 2022 (3)
Inruilwaarde ontvang vir die voertuig wat op 1 Junie 2022 van die
hand gesit is (5)
4.3.2 Die boekhouer het die waardevermindering van die rekenaars soos volg
bereken:
R300 000 x 25% = R75 000
Verduidelik aan hom waarom sy metode verkeerd is en verskaf 'n
berekening om jou verduideliking te ondersteun. (4)
4.3.3 Die HUB, Lee Klou, wil die maatskappy se beeld verbeter deur die ou
rekenaars in Maart 2023 aan 'n plaaslike skool te skenk. Hy beplan ook
om die sagteware van hierdie rekenaars teen 'n ekstra koste van
R20 000 op te gradeer. Die aandeelhouers is van mening dat die ou
rekenaars teen 'n wins verkoop behoort te word.
Verduidelik TWEE moontlike punte wat die HUB kan aanvoer om sy
besluit te ondersteun. (4)
INLIGTING:
A. Waardeverminderingsbeleid:
Voertuie: 20% p.j. op die verminderdesaldo-metode
Rekenaars: 25% p.j. op kosprys
B. Saldo's:
2023 2022
R R
Voertuie 930 000 ?
Rekenaars 300 000 300 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie ? 275 000
Opgehoopte waardevermindering op rekenaars ? 262 500
C. 'n Voertuig is op 1 Junie 2022 ingeruil vir 'n nuwe een wat R260 000
gekos het. Die uittreksel uit die Vastebateregister toon die volgende:
Bate Hyundai XL
Aankoopdatum: 1 Maart 2020
Kosprys: R180 000
Waardeverminderingkoers: 20% p.j. op die verminderdesaldo-metode
Waarde- Opgehoopte
Datum
vermindering waardevermindering
28 Februarie 2021 R36 000 R36 000
28 Februarie 2022 R28 800 R64 800
1 Junie 2022 R? R?
LET WEL: Die wins op die verkoop van hierdie voertuig was R5 560.
35
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 DBE/November 2023
NSS
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
(Sien Nota 1 hieronder)
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
(Sien Nota 2 hieronder)
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(Sien Nota 3 hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL: 1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis
word.
2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees
mits voorraad konstant bly).
3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is,
word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2023 Question Paper

Question paper
Accounting Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC November 2023 Addendum (English)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum