Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENINGKUNDE V1
NOVEMBER 2023
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye,
'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 632.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 2 DBE/November 2023
NSS
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 3 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. 'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie
vraestel aangeheg.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Maatskappy Finansiële State 55 45
2 Kontantvloeistaat en Finansiële Aanwysers 35 25
3 Vertolking van Finansiële Inligting 45 35
4 Korporatiewe Bestuur 15 15
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 4 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 1: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE (55 punte; 45 minute)
BUHLE BEPERK
Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig op 28 Februarie 2023.
Die besigheid verkoop fietse.
GEVRA:
1.1 Verwys na Inligting B (ii).
Bereken die waarde van die fietse se eindvoorraad deur die EIEU-metode te
gebruik. (6)
1.2 Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
28 Februarie 2023. (24)
1.3 Voltooi die Staat van Finansiële Posisie soos op 28 Februarie 2023. (25)
LET WEL: Sommige bedrae word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.
Bedrae word NIE in die gekleurde gedeeltes vereis NIE.
INLIGTING:
A. Uittreksel: Saldo's en totale uit die rekords op 28 Februarie 2023:
R
Gewone aandelekapitaal 20 000 000
Behoue inkomste ?
Lening: Uhlula Bank ?
Debiteurekontrole 483 110
Vaste deposito 1 500 000
Handelsvoorraad 2 125 380
SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belastingbetalings) 1 049 000
Bank (gunstig) 629 000
Krediteurekontrole 523 890
Verkope 21 017 200
Koste van verkope ?
Kommissie-inkomste 277 000
Fooi-inkomste 303 000
Huuruitgawes ?
Direkteursgelde 1 610 000
Dividende op gewone aandele 990 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 5 DBE/November 2023
NSS
B. Aansuiwerings en addisionele inligting:
(i) Die besigheid gebruik 'n winsopslagpersentasie van 120% op fietse se
kosprys. Handelskorting, R336 000 in totaal, is toegestaan en opgeteken.
(ii) Die volgende inligting is ná die fisiese voorraadopname verkry:
Die eerste-in-eerste-uit(EIEU)-metode word gebruik om die voorraad van
fietse te waardeer.
Aankope vir die jaar was soos volg:
GETAL WAARDE PER TOTALE WAARDE
EENHEDE EENHEID R
AANKOPE 5 040 10 094 050
Junie 2022 2 085 R1 950 4 065 750
September 2022 2 215 R2 020 4 474 300
Januarie 2023 740 R2 100 1 554 000
LET WEL:
Daar was 1 009 fietse voorhande op 28 Februarie 2023.
40 fietse, in Januarie 2023 aangekoop, is aan die verskaffer
teruggestuur as gevolg van fabrieksfoute wat geïdentifiseer is.
'n Aantal fietse is gesteel en moet as 'n verlies opgeteken word.
(iii) Kommissie-inkomste, R41 000, is aan die besigheid verskuldig.
(iv) Fooi-inkomste sluit R47 150 vir Februarie en Maart 2023 in.
LET WEL: Fooi-inkomste het op 1 Maart 2023 met 5% verhoog.
(v) Buhle Bpk. huur vanaf 1 Mei 2022 150 vierkante meter ruimte van
Prime Opberging teen 'n maandelikse bedrag van R330 per vierkante meter.
Die maatskappy het die gehuurde ruimte op 1 November 2022 met
25 vierkante meter verhoog. Huur is tot 30 April 2023 betaal.
(vi) Voorsien vir die direkteursgelde verskuldig.
Die maatskappy se twee direkteure, Brenda en Johan, is vanaf 2020 in diens
geneem.
Brenda verdien R10 000 per maand meer as Johan, maar sy is nog nie vir
Februarie 2023 betaal nie.
Johan het vir die laaste drie maande van die finansiële jaar onbetaalde
verlof geneem.
(vii) Dra 'n debiteur se debietsaldo, R2 700, vanaf die Debiteuregrootboek na sy
rekening in die Krediteuregrootboek oor.
(viii) Die maatskappy het in drie vaste deposito's van gelyke waarde belê. Een van
die vaste deposito's sal op 31 Mei 2023 verval.
(ix) 'n Bedrag vir belasting is nog op 28 Februarie 2023 aan SAID verskuldig.
(x) Dividende:
Tussentydse dividende betaal R990 000
Finale dividende nog verskuldig R2 640 000
(xi) Die skuld-ekwiteitverhouding is 0,2 : 1 op 28 Februarie 2023.
55
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 6 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
(35 punte; 25 minute)
Die inligting het betrekking op Sherbiz Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2023.
GEVRA:
2.1 Stel die Gewone-aandelekapitaal-nota op. (7)
2.2 Voltooi die volgende afdelings van die Kontantvloeistaat:
Kontantvloei van bedryfsaktiwiteite (10)
Kontantvloei van finansieringsaktiwiteite (6)
2.3 Bereken die volgende finansiële aanwysers:
Netto batewaarde per aandeel (3)
Dividenduitbetalingskoers (5)
% opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 7 DBE/November 2023
NSS
INLIGTING:
A. Aandelekapitaal en dividende:
1 Maart 2022 1 200 000 uitgereikte aandele
30 Junie 2022 'n Addisionele 300 000 aandele is uitgereik.
1 Desember 2022 90 000 aandele is van 'n afgetrede aandeelhouer teruggekoop.
Hy is R0,80 meer as die gemiddelde aandeleprys betaal en sal
nie meer vir dividende kwalifiseer nie.
B. Inligting uit die Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie:
2023 2022
R R
Gewone aandeelhouersbelang 10 200 000 7 985 500
Gewone aandelekapitaal 9 306 000 7 200 000
SAID: Inkomstebelasting 27 800 (Kt.) 42 500 (Dt.)
Aandeelhouers vir dividende 282 000 ?
C. Leningstaat van Megan Bank:
Die jaarlikse leningstaat vir 2023 toon die volgende:
Saldo op 28 Februarie 2023: R1 678 600
Rente vir die finansiële jaar gekapitaliseer: R117 600
Maandelikse terugbetalings, rente ingesluit: R22 750
D. Netto wins en inkomstebelasting:
Netto wins na belasting het R912 500 beloop.
Inkomstebelasting word teen 27% van die netto wins bereken.
E. Dividende en verdienste per aandeel:
Finale dividende per aandeel op 28 Februarie 2022 24,0 sent
Tussentydse dividende per aandeel op 31 Augustus 2022 betaal 30,0 sent
Finale dividende per aandeel op 28 Februarie 2023 ?
Verdienste per aandeel op 28 Februarie 2023 66,2 sent
LET WEL: Alle aandeelhouers in die aandeleregister aan die einde van die
finansiële jaar kwalifiseer vir finale dividende.
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 8 DBE/November 2023
NSS
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 9 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING (45 punte; 35 minute)
GUARDIAN BPK. EN NAVARRA BPK.
Die inligting het betrekking op TWEE maatskappye.
GEVRA:
LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:
Finansiële aanwysers en tendense met syfers aanhaal
'n Rede of verduideliking vir die aangehaalde finansiële aanwysers
gee
3.1 Kies 'n verduideliking uit KOLOM B wat by die individu of term in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
3.1.1 Direkteur A geen mening is oor die finansiële posisie
van die maatskappy uitgespreek nie
3.1.2 Ongekwalifiseerde
ouditverslag B die persoon wat fondse in 'n maatskappy
belê
3.1.3 Aandeelhouer C bestuur die bedryfs-, finansierings- en
beleggingsaktiwiteite van 'n maatskappy
D die finansiële state gee 'n billike
weergawe van die finansiële posisie van
die maatskappy
(3 x 1) (3)
3.2 Likiditeit:
Identifiseer die maatskappy wat sy bedryfskapitaal goed bestuur. Haal TWEE
finansiële aanwysers aan. (5)
3.3 Finansieringstrategieë en finansiële hefboom: Guardian Bpk.
Wat was die oorsake van die verandering in die skuld-ekwiteitverhouding?
Verskaf TWEE oorsake met syfers. (4)
Verduidelik waarom dit vir die maatskappy raadsaam was om meer van
lenings gebruik te maak. Haal aan en verduidelik EEN ander finansiële
aanwyser wat hierdie mening ondersteun. (4)
3.4 Dividende, verdienste en opbrengs: Navarra Bpk.
Verduidelik EEN finansiële aanwyser wat daarop dui dat 'n bekommerde
aandeelhouer nie met die verandering in die dividendbeleid van die
maatskappy tevrede behoort te wees nie. (3)
Verduidelik of die aandeelhouers tevrede behoort te wees met die
verdienste en opbrengs van die maatskappy. Haal TWEE finansiële
aanwysers aan. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 10 DBE/November 2023
NSS
3.5 Aandeelhouding van Nathan Crewe in Navarra Bpk.:
Identifiseer die effek wat die terugkoop van Nathan se aandele op sy
% aandeelhouding gehad het. (2)
Verduidelik hoe die maatskappy in staat was om ongeveer R4,4 miljoen te
verkry om die terugkoop van aandele en die dividende wat aandeelhouers
verdien het, te finansier. Verskaf TWEE punte. (4)
Gee TWEE redes waarom die besluit om Nathan se aandele terug te koop,
as onverantwoordelik beskou moet word. (4)
3.6 Direkteurskap:
'Die HFB (hoof- finansiële beampte) het 'n noemenswaardige invloed op 'n
maatskappy se sukses.'
Verduidelik waarom jy met hierdie stelling sal saamstem. (2)
Verduidelik of die direkteure tevrede behoort te wees, of nie, met die
aandeelpryse van die maatskappye aan die einde van die finansiële jaar.
Haal in ELKE geval TWEE finansiële aanwysers aan. (6)
Die HUB (hoof- uitvoerende beampte) van Guardian Bpk. beplan om die
vakante HFB-pos in Maart 2023 vir Nathan Crewe aan te bied. Verduidelik
EEN punt van advies aan die HUB. (2)
INLIGTING:
A. Agtergrondinligting:
Navarra Bpk. se finansiële state is nog nie geoudit nie.
Sheryl Mabaso is die HFB van Guardian Bpk. en Nathan Crewe is die HFB
van Navarra Bpk. Sheryl sal in Maart 2023 aftree.
B. Uittreksels uit die rekords vir die finansiële jaar geëindig op 28 Februarie:
GUARDIAN BPK. NAVARRA BPK.
2023 2022 2023 2022
Getal uitgereikte aandele aan
1 200 000 1 200 000
begin van jaar
Nuwe aandele op
31 Augustus 2022 uitgereik/ 800 000 (300 000)
teruggekoop
Getal uitgereikte aandele teen
2 000 000 900 000
einde van jaar
Uitreikprys van nuwe aandele R11,20
Terugkoopprys van aandele R11,50
R R R R
Gewone aandelekapitaal 20 960 000 12 000 000 9 000 000 12 000 000
Verbandlening 5 000 000 3 600 000 6 500 000 3 000 000
Bank (gunstig) 850 000 250 000 380 000
Bank (oortrokke) 3 200 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 11 DBE/November 2023
NSS
C. Uittreksels uit die Aandeleregisters:
Terugkoop van aandele:
Nathan het die ander direkteure van Navarra Bpk. oortuig dat die maatskappy op
1 September 2022 300 000 van sy aandele vir R3 450 000 moet terugkoop. Let
daarop dat tussentydse dividende op 31 Augustus 2022 betaal is.
Aandeelhouding van HFB's:
GUARDIAN BPK. NAVARRA BPK.
2023 2022 2023 2022
Sheryl Mabaso 350 000 350 000
Nathan Crewe 362 000 662 000
% aandeelhouding 17,5% 29,2% 40,2% 55,2%
D. Finansiële aanwysers, markpryse van aandele en rentekoerse:
GUARDIAN BPK. NAVARRA BPK.
28 Feb. 28 Feb. 28 Feb. 28 Feb.
2023 2022 2023 2022
Dividenduitbetalingskoers 46,7% 33,0% 103,8% 34,8%
Verdienste per aandeel 150c 106c 80c 115c
Dividende per aandeel 70c 35c 83c 40c
Tussentydse dividende per
45c 65c
aandeel
Finale dividende per aandeel 25c 18c
Bedryfsverhouding 1,7 : 1 1,5 : 1 0,9 : 1 2,5 : 1
Vuurproefverhouding 1,2 : 1 1,0 : 1 0,2 : 1 1,4 : 1
Debiteure-invorderingsperiode 19 dae 22 dae 45 dae 40 dae
Krediteure-betalingsperiode 50 dae 48 dae 55 dae 60 dae
Skuld-ekwiteit-verhouding 0,2 : 1 0,3 : 1 0,6 : 1 0,2 : 1
% opbrengs op kapitaal aangewend 16,6% 13,5% 11,3% 14,8%
% opbrengs op
12,1% 10,5% 6,4% 11%
aandeelhouersbelang
Netto batewaarde per aandeel 1 230c 1 110c 992c 1 095c
Rentekoers op lening 14% 13% 14% 13%
Rentekoers op vaste deposito 9% 8% 9% 8%
Markprys per aandeel 1 350c 1 150c 400c 1 800c
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 12 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR (15 punte; 15 minute)
Jy word voorsien van 'n artikel oor 'n interne ouditeur wat haar werk verloor het. Gebruik
die inligting wat verskaf is en jou kennis oor maatskappye om die vrae te beantwoord.
GEVRA:
4.1 Ouditering:
Verduidelik EEN plig van 'n interne ouditeur. (2)
Gee EEN rede waarom die rekeningkundige rekords van 'n genoteerde
maatskappy deur 'n eksterne ouditeur geoudit moet word. (2)
4.2 Fluitjieblasers (Informante):
Wat sal jy vir Sally sê met betrekking tot haar stelling in die eerste paragraaf
oor fluitjieblasers wat nie bereid is om 'n standpunt teen korrupsie in te neem
nie? Verduidelik EEN punt. (2)
4.3 Aandeelhouers se menings en bekommernisse:
As 'n aandeelhouer, verduidelik DRIE punte wat jou bekommerd maak oor die
optrede van die direksie van Monaco Bpk. Gee in ELKE geval 'n toepaslike
rede vir jou kommer. (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 13 DBE/November 2023
NSS
INLIGTING:
MONACO BPK.: 'N FLUITJIEBLASER SE STORIE
Agt maande gelede het Sally Bolden, die interne ouditeur van Monaco Bpk., met skok
verneem dat sy uit haar goedbetaalde pos in die maatskappy afgedank is. Sy het
ongemagtigde betalings van R3 500 miljoen deur haar hoofde, die nuwe direksie-
voorsitter, Glen Turner, en hoof- finansiële beampte (HFB), Rachel Donovan, aan
maatskappye wat met die twee verbind kan word, aan die lig gebring. Sally is steeds
werkloos en sukkel om haar gesin te onderhou. Sy en ander fluitjieblasers is nou spyt dat
hulle 'n standpunt teen korrupsie ingeneem het.
Sally se implementering van nuwe interne beheermaatreëls en haar rol in die vervanging
van swak presterende verskaffers van goedere en dienste met bekwame en betroubare
verskaffers het tot groot voordeel van die maatskappy gestrek. 'n Verlies van
R500 miljoen in 2021 is in 2022 in 'n wins van R280 miljoen omgeskakel.
Sally se probleme het egter begin toe 'n nuwe direksie, onder voorsitterskap van Turner,
aangestel is.
Toe Turner vir kommentaar genader is, het hy gesê dat Sally Bolden se dienste beëindig
is omdat sy die maatskappy se beeld skade berokken het. Hy het bygevoeg dat die
direksie 'n ondersoek gaan instel om die ander fluitjieblasers te identifiseer.
In onlangse verwikkelinge het die eksterne ouditeure van Monaco Bpk. gevind dat 'n
verdere R200 miljoen aan individue, wat met Turner en Donovan verbind word, betaal is
vir onreëlmatige verskaffingsooreenkomste en dat hulle (Turner en Donovan) na
bewering maatskappybeleid gemanipuleer het om hulle vriende op die nuwe direksie aan
te stel.
15
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 DBE/November 2023
NSS
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
(Sien Nota 1 hieronder)
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
(Sien Nota 2 hieronder)
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(Sien Nota 3 hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL: 1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis
word.
2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees
mits voorraad konstant bly).
3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is,
word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC November 2023 Addendum (English)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Memo (English)

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC November 2021 Addendum (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum