Skip to content

Accounting Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 12202014 pages

Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENINGKUNDE V2 NOVEMBER 2020(2) PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye, 'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 2 DBE/November 2020(2) NSS HOU HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 3 DBE/November 2020(2) NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy al die vrae moet beantwoord. 3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing. 7. Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE 1 BTW en Krediteureversoening 25 20 2 Kosterekeningkunde (Vervaardiging) 50 40 3 Begrotings 40 30 4 Voorraadwaardasie 35 30 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 4 DBE/November 2020(2) NSS VRAAG 1: BTW EN KREDITEUREVERSOENING (25 punte; 20 minute) 1.1 BTW Amahle Handelaars is vir BTW geregistreer. Die standaard-BTW-koers is 15%. GEVRA: 1.1.1 Bereken die bedrae aangedui deur (a) tot (d) in die tabel hieronder. (9) 1.1.2 Die interne ouditeur het uitgevind dat Amahle met elke indieningsdatum die bedrag verskuldig aan SAID ten opsigte van BTW, onderbetaal het. By nadere ondersoek het Amahle gesê dat sy die geld gebruik om besigheidsuitgawes te betaal en dan die betalings later aanpas. Lewer kommentaar op hierdie praktyk en gee Amahle raad. (3) INLIGTING: BTW BTW BTW- UITGESLUIT INGESLUIT BEDRAG Fakture van verskaffers ontvang R78 000 R89 700 (a) Korting van verskaffers ontvang R12 400 (b) Kredietnotas aan kliënte uitgereik (c) R210 Fakture aan kliënte uitgereik R158 700* (d) * Dit sluit verkope van R9 200 in wat teen nulkoers verkoop moes word. Die boekhouer het foutiewelik BTW van R1 200 op hierdie goedere ingesluit. 1.2 KREDITEUREVERSOENING Ekasi Handelaars koop goedere op krediet by Thembeka Verskaffers. GEVRA: 1.2.1 Gebruik die tabel wat verskaf is om veranderinge aan te dui in die:  Krediteuregrootboekrekening in die boeke van Ekasi Handelaars  Krediteureversoeningstaat op 30 April 2021 (9) 1.2.2 Verwys na Inligting C(c) oor Faktuur 395. Dit het aan die lig gekom dat die aankoopbestuurder, Bradley, hierdie goedere vir sy persoonlike spysenieringsonderneming geneem het. Die eienaar beskou Bradley as 'n gewaardeerde personeellid en beskou dit nie as diefstal nie. Wat behoort die eienaar aan Bradley oor hierdie insident te sê? Verduidelik TWEE punte. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 5 DBE/November 2020(2) NSS INLIGTING: A. Krediteuregrootboekrekening in die boeke van Ekasi Handelaars THEMBEKA VERSKAFFERS (CL6) DEBIET KREDIET SALDO 2021 1 Saldo a/b R81 000 April 12 Faktuur 220 97 200 178 200 EFO 40 500 137 700 18 Debietnota 702 10 300 127 400 Faktuur 289 49 100 176 500 Faktuur 333 30 000 206 500 24 Debietnota 877 9 700 216 200 25 Joernaalbewys 585 6 400 209 800 31 Tjek en korting 92 600 117 200 B. Rekeningstaat van Thembeka Verskaffers Ekasi Handelaars Krokodilstraat 225 25 April 2021 DEBIET KREDIET SALDO 2021 1 Saldo R81 000 April 12 Faktuur 220 97 200 178 200 Kwitansie 742 40 500 137 700 18 Kredietnota 791 13 100 124 600 Faktuur 333 30 000 154 600 22 Faktuur 395 12 500 167 100 24 Kredietnota 888 9 700 157 400 C. Foute, weglatings en ander inligting: (a) Faktuur 289 is foutiewelik in die rekening van Thembeka Verskaffers in die Krediteuregrootboek aangeteken. Hierdie goedere is by Thami Verskaffers aangekoop. (b) Kredietnota 791 is foutiewelik op die rekeningstaat aangeteken. Dit hou verband met die korrekte inskrywing vir Debietnota 702 in die Krediteuregrootboek. (c) Faktuur 395 op die rekeningstaat was vir goedere wat deur Ekasi Handelaars bestel is. (d) Thembeka Verskaffers het ook goedere op skuld by Ekasi Handelaars gekoop. Ekasi Handelaars het 'n debietsaldo van die Debiteuregrootboek (Joernaalbewys 585) oorgedra. Thembeka Verskaffers sal dit op die volgende maandstaat insluit. (e) Die transaksie op 24 April 2021 is vir goedere wat aan Thembeka Verskaffers teruggestuur is. (f) Die rekeningstaat toon transaksies tot 25 April 2021. 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 6 DBE/November 2020(2) NSS VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE (VERVAARDIGING) (50 punte; 40 minute) 2.1 PERFECT FIT VERVAARDIGERS Die onderneming vervaardig formele hemde. Die finansiële jaar eindig 28 Februarie 2021. GEVRA: 2.1.1 Stel die Produksiekostestaat op. (14) 2.1.2 Bereken:  Bruto wins verdien met verkoop van hemde (5)  Winsopslag-% op hemde behaal (2) INLIGTING: A. Voorraad voorhande: 28 FEBRUARIE 2021 1 MAART 2020 Goedere-in-bewerking ? R230 000 400 hemde, gewaardeer 900 hemde teen R380 Klaarprodukte deur EIEU-metode = R342 000 te gebruik B. Die boekhouer het die koste hieronder bereken. Enkele foute is gemaak. Direkte materiaalkoste R1 575 000 Verkoop- en verspreidingskoste R385 000 Administrasiekoste R256 400 Direkte arbeidskoste ? Fabrieksbokoste R518 800 C. Foute en weglatings:  Betalings aan Quick Afleweraars, R75 000 vir vraggeld op grondstowwe, is foutiewelik aan verkoop- en verspreidingskoste toegeken.  Die volle versekeringsbedrag van R25 200 is na die Administrasiekoste-rekening oorgedra. Tweederdes (2/3) van hierdie uitgawe behoort aan die fabriek toegeken te word.  Die Fabriekbokoste-rekening het 'n bedrag van R117 600 vir water en elektrisiteit ingesluit. Die boekhouer het hierdie uitgawe foutiewelik aan fabriek, administrasie en verkoop-en-verspreiding in die verhouding 6 : 3 : 1 verdeel. Die korrekte verhouding is 5 : 4 : 1. D. Primêre koste: R2 550 000 (na aansuiwerings) E. Produksie en verkope vir die jaar:  7 600 hemde is teen 'n eenheidskoste van R420 elk gemaak.  8 100 hemde is vir R4 860 000 verkoop. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 7 DBE/November 2020(2) NSS 2.2 LEATHER VERVAARDIGERS Tello Andrews is die eienaar van Leather Vervaardigers. Hulle vervaardig leerbeursies en -baadjies. Die finansiële jaar eindig elke jaar op 28/29 Februarie. GEVRA: BEURSIES 2.2.1 Bereken die gelykbreekpunt vir beursies vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021. (4) 2.2.2 Lewer kommentaar op die vlak van produksie bereik en die gelykbreekpunt vir beursies vir 2021. Haal syfers aan. (4) 2.2.3 Behalwe inflasie en loonverhogings, gee TWEE ander moontlike redes vir die toename in die direkte arbeidskoste per eenheid vir beursies. (4) 2.2.4 Gee TWEE redes vir die vermindering in die direkte materiaalkoste per eenheid vir beursies. (2) BAADJIES 2.2.5 Alhoewel Tello daarvan bewus was dat die invoer van leer vir die baadjies die direkte materiaalkoste per eenheid sou verhoog, het hy gedink dat dit die kwaliteit van die baadjies sou verhoog.  Verduidelik waarom die direkte materiaalkoste per eenheid vir baadjies waarskynlik sou verhoog indien grondstowwe ingevoer sou word. Noem TWEE punte. (2)  Verskaf syfers om te bewys dat Tello reg was oor die uitwerking wat hierdie besluit op die koste van die baadjies sou hê. (2) 2.2.6 Bereken die % toename in die verkoopprys van baadjies. (3) 2.2.7 Verduidelik die impak van die toename in die verkoopprys van baadjies op die verkope en wins. Haal syfers of berekeninge aan. (4) 2.2.8 Tello wil die wins op baadjies met 'n addisionele R250 000 in die volgende finansiële jaar verhoog. Neem aan dat die kostestruktuur dieselfde bly en bereken die totale getal addisionele eenhede wat hy moet vervaardig om hierdie doelwit te bereik. (4) INLIGTING: BEURSIES BAADJIES 2021 2020 2021 2020 Direkte materiaalkoste per eenheid R100 R125 R360 R180 Direkte arbeidskoste per eenheid R135 R105 R280 R240 Verkoop- en verspreidingskoste per eenheid R20 R30 R60 R45 Totale veranderlike koste per eenheid R255 R260 R700 R465 Totale vaste koste R936 000 R836 000 R1 706 250 R2 000 000 Getal eenhede vervaardig en verkoop 24 000 22 000 3 631 6 350 Gelykbreek- getal eenhede ? 20 900 3 750 5 000 Verkoopprys per eenheid R295 R300 R1 170 R780 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 8 DBE/November 2020(2) NSS HOU HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 9 DBE/November 2020(2) NSS VRAAG 3: BEGROTINGS (40 punte; 30 minute) Blossom (Edms.) Bpk. verkoop duur damesrokke van 'n hoë gehalte. Hulle herstel ook rokke vir klante, maar hulle mik om met hierdie diens gelyk te breek. Klante word toegelaat om rokke vir kontant of op krediet te koop, maar daar word van hulle verwag om kontant vir alle herstelwerk te betaal. Die inligting het betrekking op die begrotingsperiode geëindig 31 Mei 2021. GEVRA: 3.1 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Maart tot Mei 2021. (9) 3.2 Bereken die ontbrekende bedrae aangedui deur (a) tot (d) in die Kontantbegroting. (14) 3.3 Verwys na Inligting G en H. Advertensies:  Verduidelik die besluite wat die direkteure met betrekking tot die begrote en werklike uitgawes vir advertensies in Mei 2021 geneem het. Haal syfers of berekeninge aan. (4)  Die direkteure vra jou vir 'n verslag oor die invloed wat die besluite oor advertensies werklik op kliënte en verkope in Mei 2021 gehad het. - Verskaf TWEE punte wat jy by jou verslag sal insluit. Haal syfers of berekeninge aan. (4) - Verduidelik hoe die afname in die nasionale ekonomie die gemiddelde bedrag wat klante in Mei 2021 gespandeer het, gehad het. Haal syfers aan. (3) Verbruiksgoedere: Lewer kommentaar daarop of die verbruiksgoedere goed beheer is, of nie. Haal syfers of berekeninge aan. (2) 3.4 Verwys na Inligting F en H. Verhuring en klante: Die eienaars van die eiendom, Propco Bpk., het die direkteure van Blossom Bpk. in kennis gestel van die beplande verhoging in huur met ingang van 1 April 2021. Die direkteure het die eienaars, Propco Bpk., gevra vir 'n vermindering van die oppervlakte gehuur vanaf 1 Mei 2021 om op huur te bespaar. Propco Bpk. het hierdie versoek goedgekeur. Bereken die vermindering van die oppervlakte gehuur (in vierkante meter). (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 10 DBE/November 2020(2) NSS INLIGTING: A. Totale verkope en koste van verkope: MAART APRIL MEI Verkope R560 000 R630 000 R770 000 Koste van verkope 320 000 360 000 440 000  Goedere word teen 'n winsopslag van 75% op kosprys verkoop.  Kredietverkope sal na verwagting 65% van totale verkope wees. B. Verwagte debiteure-invordering op die verlede gebaseer:  40% ingevorder in die maand van verkope, min 6% korting vir vroeë betaling  50% ingevorder in die maand wat volg op die maand van verkope  8% ingevorder twee maande na die verkope  2% as oninvorderbaar beskou twee maande na die verkope C. Aankope van voorraad:  Alle aankope van voorraad is op krediet.  Handelsvoorraad word in die maand van verkope vervang. 'n Vaste voorraadvlak word gehandhaaf.  Krediteure word ten volle in die maand na aankope van voorraad betaal. D. Lening van Janet Bloom:  Janet Bloom het 'n lening aan die onderneming verskaf teen 'n rentekoers van 9% p.j. Rente word nie gekapitaliseer nie en een derde van die lening word op 31 Desember elke jaar aan haar terugbetaal.  Aangesien die maatskappy steeds kontantvloeiprobleme ervaar het as gevolg van die Koronavirus-grendeltyd in 2020, het Janet ingestem om haar lening aan die onderneming op 1 April 2021 te verhoog. E. Salarisse van verkoopsassistente:  Die verkoopsassistente verdien almal dieselfde maandelikse salaris.  Hulle is 'n 5%-verhoging in hulle salarisse met ingang 1 April 2021 belowe.  Die onderneming het twee verkoopsassistente in Maart in diens geneem en het beplan om 'n addisionele assistent vanaf 1 April 2021 aan te stel. F. Huur en die aantal klante:  Die direkteure het 'n perseel in 'n plaaslike winkelsentrum by Propco Bpk. bekom, groot genoeg om vir die verwagte aantal klante voorsiening te maak.  Huur word per vierkante meter volgens die vloeroppervlakte gehef. Die huur het vanaf 1 April met 11% p.j. verhoog.  Die volgende syfers is vir beplanningsdoeleindes gebruik: MAART APRIL MEI Vloeroppervlakte in vierkante meter (m2) 120 m2 120 m2 ? Huuruitgawe per m2 ? ? ? Verwagte gemiddelde verkope per klant R7 000 R7 000 R7 000 Verwagte aantal klante 80 klante 90 klante 110 klante Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 11 DBE/November 2020(2) NSS G. Uittreksel uit die Kontantbegroting: MAART APRIL MEI ONTVANGSTE R R R Kontantverkope 196 000 (a) 269 500 Kontant van debiteure 278 369 355 992 ? Fooi-inkomste (vir herstelwerk) 15 000 15 000 15 000 Lening van Janet Bloom (sien Inligting D) (b) BETALINGS Betalings aan krediteure 220 000 320 000 360 000 Salarisse van verkoopsassistente (sien Inligting E) 22 400 (c) ? Lone van herstelpersoneel 9 000 10 000 10 000 Verbruiksgoedere (vir herstelwerk) 4 200 4 200 4 200 Rente op lening 1 365 2 625 2 625 Huuruitgawe (sien Inligting F) (d) 39 960 39 960 Advertensies 10 000 12 000 30 000 Ouditfooie 60 000 H. Vergelyking van begrote syfers met werklike syfers vir Mei 2021: BEGROOT WERKLIKE Aantal klante 110 klante 135 klante R R Verkope 770 000 690 000 Fooi-inkomste (hersteldienste) 15 000 21 000 Advertensies 30 000 42 000 Verbruiksgoedere (vir herstelwerk) 4 200 5 520 Lone (vir herstelpersoneel) 12 000 18 000 Ouditfooie 60 000 48 000 Huuruitgawe 39 960 31 968 Salarisse (winkelassistente) 35 280 37 044 Afleweringsuitgawes 6 930 4 850 Verpakkingsmateriaal 19 250 13 480 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 12 DBE/November 2020(2) NSS VRAAG 4: VOORRAADWAARDASIE (35 punte; 30 minute) 4.1 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende stellings. Skryf slegs die woord/ term langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. periodieke stelsel; EIEU; deurlopende stelsel; spesifieke identifikasie; geweegde gemiddeld 4.1.1 Dié metode is die geskikste vir goedkoop goedere wat gereeld aangekoop word. 4.1.2 Die eindvoorraadsaldo word aangeteken teen die mees onlangse pryse betaal. 4.1.3 Individuele voorraaditems word teen die kosprys op die aankoopfaktuur gewaardeer. 4.1.4 Die koste van verkope word vir elke verkooptransaksie geboekstaaf. (4 x 1) (4) 4.2 LOTUS BYKOMSTIGHEDE Die eienaar is Alex Lotus. Die onderneming gebruik die eerste-in-eerste-uit- metode om gaslampe te waardeer. Hulle het besluit om ook gasstowe te verkoop, aangesien hulle 'n aanvraag as gevolg van toenemende beurtkrag verwag. Die spesifieke identifikasiemetode word gebruik om hierdie stowe te waardeer. Die finansiële jaareinde elke jaar is 30 April. GEVRA: 4.2.1 Bereken die volgende vir die gaslampe op 30 April 2021:  Waarde van eindvoorraad (volgens EIEU) (6)  Voorraadhoudingstydperk in dae (gebruik eindvoorraad) (6) 4.2.2 Alex vermoed dat die gaslampvoorraad nie goed beheer word nie. Bereken die aantal gaslampe wat vermis word. (4) 4.2.3 'n Ondersoek het aan die lig gebring dat Alex se broer (in diens van die winkel) gaslampe bestel deur die onderneming se bestelstelsel te gebruik, en dit dan privaat aan sy vriende verkoop. Wat moet Alex aan sy broer sê wanneer hy hierdie aangeleentheid hanteer? Verskaf TWEE punte. (4) 4.2.4 Bereken die waarde van die eindvoorraad vir gasstowe op 30 April 2021 (met gebruik van die spesifieke identifikasiemetode). (5) 4.2.5 Alex dink dat hy die verkoop van gasstowe moet staak aangesien dit likiditeitsprobleme veroorsaak en die winste laag is.  Verskaf syfers om sy mening te staaf. (2)  Verduidelik TWEE punte om hom te oortuig om NIE handel in gasstowe te staak NIE. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 13 DBE/November 2020(2) NSS INLIGTING: A. VOORRAADREKORDS VIR GASLAMPE: EENHEIDS- BEDRAG EENHEDE PRYS (R) (R) Voorraadsaldo op 1 Mei 2020 230 R12 650 Aankope gedurende die jaar: 2 750 R193 500 Julie 2020 650 R60 39 000 September 2020 800 R68 54 400 Januarie 2021 1 100 R75 82 500 Maart 2021 220 R80 17 600 Terugsendings (van Maart 2021) 40 ? ? Beskikbaar vir verkope 2 940 Voorraadsaldo: 30 April 2021 270 ? ? Totale verkope 2 180 R140 R305 200 c B. VOORRAADREKORDS VIR GASSTOWE: AANKOPE: MAAND MODEL EENHEDE EENHEIDS- BEDRAG PRYS Augustus 2020 B-LITE 80 R495 R39 600 B-LITE 80 R495 R39 600 Oktober 2020 SMART 100 R700 R70 000 B-LITE 120 R495 R59 400 Februarie 2021 SMART 60 R700 R42 000 VERKOPE: MODEL EENHEDE VERKOOP VERKOOPPRYS BEDRAG B-LITE 132 R790 R104 280 SMART 54 R980 R52 920 BRUTO WINS EN WINSOPSLAG: MODEL KOSTE VAN VERKOPE BRUTO WINS WINSOPSLAG B-LITE R65 340 R38 940 60% SMART R37 800 R15 120 40% 35 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 DBE/November 2020(2) NSS GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100 Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope . Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Koste van verkope 1 Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 (*Sien nota hieronder) Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100 Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1 Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100 Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1 Totale vaste koste . Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid LET WEL: * In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik. Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all