Skip to content

Accounting Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 12202011 pages

Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENINGKUNDE V1 NOVEMBER 2020(2) PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye, 'n formuleblad en 'n 9 bladsy-antwoordeboek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V1 2 DBE/November 2020(2) NSS HOU HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V1 3 DBE/November 2020(2) NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy al die vrae moet beantwoord. 3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing. 7. Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE Vaste Bates en Staat van Omvattende 1 60 45 Inkomste Finansiële Aanwysers en 2 40 35 Kontantvloeistaat 3 Vertolking van Finansiële State 35 30 4 Korporatiewe Bestuur 15 10 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V1 4 DBE/November 2020(2) NSS VRAAG 1: VASTE BATES EN STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE (60 punte; 45 minute) Die inligting het betrekking op Robbie Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021. GEVRA: 1.1 Verwys na INLIGTING B(a) vir vaste bates. Bereken die volgende: 1.1.1 Die ontbrekende bedrae deur (i) tot (iii) op die Vastebatenota aangedui (11) 1.1.2 Wins/Verlies met die verkoop van toerusting op 1 Oktober 2020 (2) 1.2 Verwys na INLIGTING B(e) vir handelsvoorraad. Bereken die handelsvoorraadtekort. (4) 1.3 Stel die Staat van Omvattende Inkomste vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021 op. (43) INLIGTING: A. Uittreksel uit die Vooraansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2021: R Verbandlening: Sufi Bank 1 005 500 Debiteurekontrole 123 000 Handelsvoorraad ? Voorsiening vir oninbare skulde (1 Maart 2020) 7 030 Verkope ? Koste van verkope 6 966 000 Salarisse en lone 1 468 120 Direkteursfooie 3 330 000 Ouditfooie 91 000 Herstelwerk 476 000 Huurinkomste 173 000 Rente-inkomste 25 000 Rente op lening ? Oninbare skulde 19 200 Advertensies 25 680 Diverse uitgawes 452 310 Gewone aandeledividende 86 400 B. Aansuiwerings en addisionele inligting: (a) Vaste bates: Voertuie:  Die onderneming besit op 28 Februarie 2021 twee voertuie. Die tweede voertuig is op 1 November 2020 aangekoop.  Die waarde van voertuie word teen 15% p.j. op kosprys verminder. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V1 5 DBE/November 2020(2) NSS Toerusting:  Waardevermindering is 20% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode.  Ongebruikte toerusting is op 1 Oktober 2020 vir R40 000 verkoop. Opgehoopte waardevermindering op die toerusting verkoop, was op 1 Maart 2020 R36 600. Uittreksel uit die Vastebatenota: VOERTUIE TOERUSTING Kosprys (1 Mrt. 2020) 460 000 360 000 Opgehoopte waardevermindering (1 Mrt. 2020) (396 750) (187 595) DRAWAARDE (1 Maart 2020) (i) 172 405 Toevoegings (teen kosprys) 510 000 0 Verkope (teen drawaarde) 0 (iii) Waardevermindering (ii) (31 281) DRAWAARDE (28 Februarie 2021) Kosprys (28 Feb. 2021) 970 000 285 000 Opgehoopte waardevermindering (28 Feb. 2021) (b) Die onderneming handhaaf 'n winsopslag van 120% op kosprys. Let daarop dat handelskortings van R648 000 aan spesiale kliënte toegestaan is. (c) Die rekening van debiteur B Melta, R800, moet afgeskryf word. (d) Voorsiening vir oninbare skulde moet tot 5% van uitstaande debiteure aangepas word. (e) Handelsvoorraad word volgens die geweegdegemiddelde-metode gewaardeer. Die Grootboekrekening en rekords toon dat 280 eenhede voorhande behoort te wees. Die fisiese voorraadopname toon egter dat slegs 262 eenhede voorhande is. Die voorraadrekords is soos volg: EENHEDE EENHEIDSPRYS TOTAAL Voorraad aan begin van jaar 200 R3 600 R720 000 Aangekoop gedurende die jaar 1 840 R4 100 R7 544 000 Terugsendings: beskadigde eenhede 40 R4 100 R164 000 Beskikbaar vir verkope 2 000 R8 100 000 Voorraad-eenhede per rekords 280 ? ? (f) 30% van die ouditfooie is nog uitstaande. (g) Die maandelikse huurinkomste was onveranderd gedurende die jaar. Die huurder het gedurende Februarie 2021, R9 000 vir herstelwerk aan die perseel betaal en het dit van sy huur vir Februarie 2021 afgetrek. Herstelwerk is die maatskappy se verantwoordelikheid en is nie geboekstaaf nie. Die huur vir Maart 2021 is vooruit ontvang. (h) Die maatskappy het vier direkteure wat dieselfde geld verdien. Een direkteur het op 31 Mei 2020 bedank en het sy geld tot op datum ontvang. 'n Ander direkteur se geld vir Januarie en Februarie 2021 is nog aan hom verskuldig. (i) Advertensies bestaan uit 'n kontrak met 'n koerant vir die hele finansiële jaar. Betalings is maandeliks; paaiemente is egter slegs vir 11 maande betaal. LET WEL: Die maandelikse tarief is vanaf 1 November 2020 met R240 verminder. (j) Die netto wins na belasting is akkuraat bereken op R1 054 000. Die inkomstebelastingkoers is 32%. 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V1 6 DBE/November 2020(2) NSS VRAAG 2: FINANSIËLE AANWYSERS EN KONTANTVLOEISTAAT (40 punte; 35 minute) 2.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 2.1.1 Die (direkteursverslag/ouditverslag) gee 'n verduideliking van die bedrywighede van die maatskappy gedurende 'n finansiële jaar. 2.1.2 Die (onafhanklike/interne) ouditeure is verantwoordelik vir die gereelde monitering van die finansiële beheermaatreëls van 'n maatskappy. 2.1.3 In die geval van bankrotskap is die aandeelhouers nie gewoonlik vir die skulde van die onderneming verantwoordelik nie. Dit is as gevolg van (beperkte/onbeperkte) aanspreeklikheid. (3 x 1) (3) 2.2 USANDA BEPERK Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2021 geëindig. GEVRA: 2.2.1 Bereken die volgende syfers vir die 2021-Kontantvloeistaat:  Inkomstebelasting betaal (4)  Dividende betaal (4) 2.2.2 Stel die volgende afdelings van die Kontantvloeistaat op:  Kontantgevolge vir finansiële aktiwiteite (11)  Netto verandering in kontant en kontantekwivalente (4) 2.2.3 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021:  % bedryfswins op verkope (2)  Vuurproefverhouding (4)  % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB) (4)  Dividenduitbetalingkoers (%) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V1 7 DBE/November 2020(2) NSS INLIGTING: A. Uittreksel: Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021: Verkope R17 800 000 Bedryfswins 2 262 100 Rente op lening (gekapitaliseer) 270 000 Netto wins voor belasting 1 777 000 Netto wins na belasting 1 243 900 B. Uittreksel: Staat van Finansiële Posisie: 28 Februarie 2021 29 Februarie 2020 Vaste bates (drawaarde) R13 650 600 R13 590 000 Bedryfsbates 659 500 1 067 500 Voorrade 276 500 373 200 Handels- en ander ontvangbare bedrae 262 300 539 600 Kontant en kontantekwivalente 120 700 154 700 Aandeelhouersbelang 9 891 400 11 985 000 Gewone aandelekapitaal 9 555 000 11 220 000 Behoue inkomste 336 400 765 000 Lening: VBC Bank (sien E) ? 2 080 000 Bedryfslaste 611 900 592 500 Handels- en ander betaalbare bedrae 252 100 185 700 Oortrokke bankrekening 0 90 000 SAID: Inkomstebelasting 19 800 69 300 Aandeelhouers vir dividende 340 000 247 500 C. Aandelekapitaal: GETAL BESONDERHEDE VAN DATUMS AANDELE AANDELE 1 Maart 2020 1 650 000 Reeds uitgereik 30 Oktober 2020 50 000 Addisionele aandele uitgereik 27 Februarie 2021 335 000 Aandele teruggekoop teen R9,50 elk 28 Februarie 2021 1 365 000 Reeds uitgereik D. Dividende en verdienste:  'n Interim/Tussentydse dividend is op 31 Augustus 2020 betaal.  'n Finale dividend van 20 sent per aandeel is op 28 Februarie 2021 verklaar.  Totale dividende vir die jaar beloop R835 000.  Verdienste per aandeel (VPA) op 28 Februarie 2021 was 74 sent. E. Lening: VBC Bank  Die saldo op 1 Maart 2020 was R2 080 000.  Maandelikse terugbetalings van R35 000, rente ingesluit, is betaal.  Gekapitaliseerde rente het R270 000 beloop. 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V1 8 DBE/November 2020(2) NSS VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE (35 punte; 30 minute) 3.1 Kies die vraag uit KOLOM B wat by 'n kategorie finansiële aanwysers in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 3.1.1 Likiditeit A Bestuur die onderneming uitgawes effektief om winsgewendheid te verhoog? 3.1.2 Risiko en finansiële hefboom B Is die belegging in die maatskappy beter as 'n belegging in 'n vaste deposito? 3.1.3 Opbrengs aan aandeelhouers C Sal die maatskappy in staat wees om sy huidige skuld te betaal? 3.1.4 Bedryfsdoeltreffendheid D Sal die maatskappy in staat wees om al sy skuld af te betaal deur bestaande bates te gebruik? E Hoe bestuur die maatskappy lenings of geleende kapitaal? (4 x 1) (4) 3.2 SCI-FI GEEKS BPK. Die onderneming dryf handel met elektroniese toerusting wat vanuit China aangekoop word. Die inligting het betrekking op die afgelope twee finansiële jare, geëindig 31 Maart. Die COVID-19-grendeltyd het verkope gedurende die huidige finansiële jaar negatief beïnvloed. GEVRA: 3.2.1 Likiditeit: Die direkteure is tevrede met die verbetering in die bedryfsverhouding en die vuurproefverhouding. Verduidelik waarom jy van hulle sal verskil. Haal TWEE finansiële aanwysers in jou antwoord aan. (6) 3.2.2 Dividende: Die direkteure het die dividendbeleid vir die huidige finansiële jaar verander.  Lewer kommentaar op die dividend per aandeel oor die afgelope twee jaar. Haal syfers aan. (2)  Verduidelik die verandering in die dividenduitbetalingkoers en gee 'n rede vir hierdie verandering. Haal syfers aan. (4)  'n Aandeelhouer voel dat hulle tevrede moet wees met die dividende wat hulle ontvang het, aangesien dit beter as verlede jaar is. Verduidelik waarom jy met hom saamstem. Haal syfers aan. (3) 3.2.3 Lewer kommentaar op die risiko en finansiële hefboom vir albei jare. Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V1 9 DBE/November 2020(2) NSS 3.2.4 Bestaande aandeelhouers is ontevrede dat die nuwe aandele wat op 1 April 2020 uitgereik is, aan die HUB, Ida Shark, verkoop is. Gee TWEE redes waarom jy dink dat hulle gevoelens geregverdig is. Haal syfers aan. (6) 3.2.5 Die Kontantvloeistaat het 'n positiewe verandering van R980 000 getoon. Verskaf TWEE punte waarom dit steeds 'n bekommernis vir die direkteure behoort te wees. Haal syfers aan. (4) INLIGTING: A. Finansiële aanwysers en addisionele inligting: 2021 2020 Winsopslag % behaal 60% 60% % netto wins voor belasting op verkope 13,9% 20,3% Bedryfsverhouding 2,4 : 1 1,1 : 1 Vuurproefverhouding 1,0 : 1 0,4 : 1 Voorraadhoudingstydperk 102 dae 32 dae Gemiddelde debiteure-invorderingstydperk 46 dae 31 dae Gemiddelde krediteure-betalingstydperk 60 dae 60 dae Verdienste per aandeel 58 sent 130 sent Dividende per aandeel 72 sent 90 sent Dividenduitbetalingkoers 136,5% 69% Skuld-ekwiteit-verhouding 0,4 : 1 0,3 : 1 Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang 17,7% 31,6% Opbrengs op totale kapitaal aangewend 23,2% 39% Netto batewaarde per aandeel 332 sent 409 sent Markprys van aandele op aandelebeurs 410 sent 540 sent Rentekoers op lenings 13,5% 13,5% Rentekoers op vaste deposito's 6,8% 7,8% B. Aandelekapitaal:  Op 1 April 2020 het die maatskappy 'n addisionele 250 000 aandele uitgereik.  Op 31 Maart 2021 is 1 250 000 aandele reeds uitgereik. C. Uittreksel uit Kontantvloeistaat op 31 Maart: 2021 2020 Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite (148 080) 910 000 Kontant gegenereer uit bedrywighede 1 281 620 Rente betaal (232 000) Belasting betaal (272 700) Dividende betaal (925 000) Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite 101 580 (300 000) Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite 1 026 500 (100 000) Verkoop van aandele 375 000 0 Verandering in lening 651 500 (100 000) Kontant en kontantekwivalente: Netto verandering 980 000 510 000 Begin (330 000) (840 000) Einde 650 000 (330 000) 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V1 10 DBE/November 2020(2) NSS VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR (15 punte; 10 minute) Aandeelhouers en werknemers verbonde aan 'n maatskappy sal veral daarin belangstel of die maatskappy deur die direkteure goed beheer en bestuur word. Die aandeelhouers sal by die AJV twee tipes direkteure verkies:  Uitvoerende direkteure: Hulle woon raadsvergaderings by en werk voltyds by die maatskappy.  Nie-uitvoerende direkteure: Hulle woon raadsvergaderings by en werk NIE by die maatskappy NIE. Jy word van vier aspekte van korporatiewe bestuur voorsien wat vir die aandeelhouers van belang is. GEVRA: 4.1 Ouditverslag: Verduidelik waarom 'n gekwalifiseerde ouditverslag nie 'n goeie weerspieëling van 'n maatskappy is nie. Verskaf TWEE punte. (4) 4.2 Die Direksie: Verduidelik waarom dit vir 'n maatskappy belangrik is om nie-uitvoerende sowel as uitvoerende direkteure by die Direksie in te sluit. (4) 4.3 Die Vergoedingskomitee: Volgens die Maatskappywet, 2008 (Wet 71 van 2008) moet 'n maatskappy 'n Vergoedingskomitee hê. Verduidelik die rol/verantwoordelikheid van hierdie komitee en gee 'n rede waarom hierdie komitee noodsaaklik is. (3) 4.4 Direkteure kom gereeld met kliënte in aanraking in 'n poging om oor kontrakte te onderhandel en om verkope en dienste te verbeter. Verduidelik waarom daar 'n maatskappybeleid moet wees dat direkteure alle geskenke, donasies of gunste deur hulle van kliënte ontvang, aan die Direksie moet verklaar. Verskaf TWEE punte. (4) 15 c TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V1 DBE/November 2020(2) NSS GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100 Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope . Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Koste van verkope 1 Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 (*Sien nota hieronder) Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100 Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1 Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100 Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1 Totale vaste koste . Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid LET WEL: * In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik. Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all