Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
SENIOR FASE
GRAAD 9
NOVEMBER 2010
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
TAAL EN SKRYFWERK
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2010 papers 





View all





Mathematics Grade 9 November EC 2010 Question Paper (Afr)
Grade 9 Mathematics question paper from the November EC 2010 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Mathematics · Grade 9 · November EC · 2010. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematics
- Grade
- Grade 9
- Document type
- Question paper
- Year
- 2010
- Exam period
- November EC
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 320.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (NOVEMBER 2010)
ALGEMENE INLIGTING
Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings
AFDELING A: Leesbegrip (20 punte)
AFDELING B: Opsomming (10 punte)
AFDELING C: Taal (30 punte)
AFDELING D: Skryfwerk (40 punte)
INSTRUKSIES BY AFDELINGS A-C
1. Beantwoord AL die vrae
2. Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur.
3. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is.
5. Laat ʼn reёl tussen die antwoorde oop.
6. Skryf netjies met blou of swart ink.
7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 3
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1: KOERANTBERIG
Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord die daaropvolgende vrae:
Baaise ‘rubbermeisie’ wil Suid-Afrika verstom met talent
1. Sy het nog nooit ʼn gimnastiek-, ballet- of dansklas gehad nie, maar Caylan
Witbooi (13) van Cleary Park se talent verstom almal.
2 Dié leerder van die Laerskool Fontein wil wys hoekom almal haar maar die
Baai se rubbermeisie kan noem. Sy gaan aan ʼn oudisie vir die TV-program
SA’s Got Talent deelneem. Caylan het gesê sy voel positief oor die oudisie
en hoop regtig sy kan vir haarself ʼn plekkie losdans.
3 Caylan se talent is by ʼn skoolkonsert vir Mandela-dag raakgesien. Bellino,
die kulkunstenaar, het gesê hy was stomgeslaan toe hy hoor Caylan het nooit
formele onderrig in gimnastiek gehad nie. “Sy is fantasties. Sy spring
agteroor, loop op haar hande en doen die split, net soos die beste gimnaste.”
4 Caylan vertel hoe sy ses jaar oud was toe sy agtergekom het sy kan agteroor
spring – dit nogal oor ʼn koffietafel. Van toe af het sy amper elke dag ʼn nuwe
toertjie probeer aanleer. “Dit maak nie seer terwyl ek dit doen nie, behalwe
as ek te lank in een posisie bly, dan is dit nogal seer.
5 “Ek gaan eendag net soos die popsangeres Shakira dans, of selfs ʼn gimnas
word. “Maar ek hou ook van hip-hop en break dancing. Daar is so baie
dinge wat ek nog wil doen.”
6 Me. Tessa Witbooi, Caylan se ma het gesê haar dogter verras haar elke dag.
“Ek wens ek kan haar vir dans- of gimnastiekklasse stuur, maar die geld knyp
ʼn bietjie. Ek is so trots op my meisiekind, sy gaan nog ver kom. Ek weet nie
waar haar talent vandaan kom nie, want nie ek of haar pa kan dans nie.”
[Uit: Die Burger, 29 Julie 2010]
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (NOVEMBER 2010)
1.1 Hoekom word “rubbermeisie” in die opskrif tussen aanhalingstekens geplaas? (1)
1.2 Wat maak volgens paragraaf 1, Caylan se talent so uniek? (1)
1.3 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die korrekte letter
neer.
Watter EEN van die volgende is ʼn gepaste omskrywing van ʼn oudisie?
(paragraaf 2)
A ʼn plek waar ʼn mens kyk hoe mense aan items deelneem
B ʼn toets om te kyk of jy ʼn rubberlyf het
C ʼn toets om te kyk hoe goed ʼn deelnemer is
D ʼn plek waar danskompetisies gehou word (1)
1.4 “Bellino, die kulkunstenaar, het gesê hy was stomgeslaan toe hy hoor Caylan
het nooit formele onderrig in gimnastiek gehad nie.” (paragraaf 3)
Verduidelik in jou eie woorde wat die donkergedrukte woord binne hierdie
konteks beteken. (1)
1.5 Hoe is Caylan se talent ontdek? (1)
1.6 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die korrekte letter
neer.
Wat is ʼn kulkunstenaar (paragraaf 3)?
A iemand wat toertjies doen waardeur die toeskouer mislei word
B iemand wat geld/beursies uit mense se sakke steel
C iemand wat handsakke, ens. steel en daarmee weghardloop
D iemand wat towerkuns beoefen en daarvoor betaal word (1)
1.7 Hoe oud was Caylan toe sy vir die eerste keer agtergekom het dat sy talent
het? (1)
1.8 Caylan het elke dag ʼn nuwe toertjie probeer aanleer. (paragraaf 7)
1.8.1 Is die stelling WAAR of ONWAAR? (1)
1.8.2 Motiveer jou antwoord deur net EEN WOORD aan te haal. (1)
1.9 Wat is Caylan is toekomsdrome? Noem TWEE van haar drome. (2)
1.10 Wat kan Caylan doen as sy voel sy kry seer as sy op ʼn sekere manier sit of
buig? (1)
1.11 “Caylan se nuwe toertjies is niks nuuts vir haar ma nie.
1.11.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
1.11.2 Motiveer jou antwoord uit die leesstuk. (1)
1.12 Wat bedoel Caylan se ma as sy sê: “...die geld knyp ʼn bietjie.”? (1)
[15]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 5
EN
VRAAG 2: ADVERTENSIE
Bestudeer die onderstaande advertensie en beantwoord die vrae wat daarop
gebaseer is:
Van skoolwerk tot nuwe giere, speletjies tot snaakse diere,
eksperimente bou tot bekendes dophou, word HOEZIT! elke kind se eie
wêreld.
Dié cool maandelikse tydskrif praat kinders se taal. Dit handel oor wat
vandag se jonges dink, doen en voel. Hoezit! se inhoud is
opvoedkundig, maar dit het ook die nuutste inligting oor flieks, TV-
programme en musiek. Dis ʼn tydskrif met ʼn lekker houding!
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (NOVEMBER 2010)
2.1 Hoe kry die adverteerder dit reg om jong lesers se aandag te trek met hierdie
advertensie? Noem TWEE dinge. (2)
2.2 Van skoolwerk tot nuwe giere,
speletjies tot snaakse diere,
eksperimente bou tot bekendes dophou, word HOEZIT! elke kind se eie
wêreld.
Sê hoe die adverteerder dit regkry dat die woorde hierbo met ʼn lekker ritme
lees. (1)
2.3 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die korrekte letter
neer.
Jongmense sal nie die tydskrif wil lees as dit net oor skoolwerk handel nie.
Daarom word dit geadverteer as:
A Hoezit! se inhoud is opvoedkundig.
B Hoezit! is ʼn boek met breinkrag.
C Jy kan dit by ʼn goeie boekwinkel koop.
D Dis ʼn pretboek met breinkrag. (1)
2.4 Die advertensie noem dat Hoezit! ʼn tydskrif is met ʼn lekker houding.
Watter woord in die advertensie beskryf daardie houding die beste in
tienertaal? (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 20
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 7
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 3: DINGE WAT JY NIE MOET DOEN NIE AS JY VEILIG WIL WEES
Instruksies: Noem SEWE dinge wat jy nie moet doen nie as jy veilig wil wees.
Som die WENKE in SEWE goeie sinne op.
Skryf jou SEWE sinne puntsgewys onder mekaar neer.
Jy moet een sin oor elke feit skryf.
Laat ʼn reёl tussen jou sinne oop.
Jou opsomming mag nie meer as 70 woorde wees nie.
Dui die getal woorde aan die einde van jou opsomming aan.
Jy sal gepenaliseer word as jy baie meer as 70 woorde skryf of as jy nie die getal
woorde aandui nie.
DINGE WAT JY NIE MOET DOEN NIE AS JY VEILIG WIL WEES
Rowers hou van winkels waar hulle maklik van die parkeerterrein af tot by die winkel kan
kom. Dan kan hulle weer maklik uitglip.
Rowers hou veral van Sondagmiddae, omdat daar ná ʼn naweek baie geld in die winkels is.
Die meeste rooftogte vind net voor oopmaaktyd en net na toemaaktyd plaas. Wees
versigtig gedurende hierdie tye.
Hou jou oë en ore oop. Jy moenie toelaat dat rowers sien wat jy gekoop het nie. Vrouens
moet seker maak dat hulle handsakke reg toegemaak is. Moenie ʼn handsak oor ʼn stoel
hang of ʼn selfoon op ʼn tafel voor jou sit terwyl jy in ʼn restaurant eet nie.
Twee belangrike dinge: moet nooit met ʼn rower praat nie en moet hom nooit in die oë kyk
nie! Dit is baie belangrik om nie terug te baklei as ʼn rower jou aanval nie. Gee hom wat hy
vra. Niks wat jy het, is belangriker as jou lewe nie. ʼn Rower gee nie om of jy leef of sterf nie.
In 22% van alle rooftogte word iemand beseer en dis nooit die rower nie!
Die tweede ding is: Val dadelik plat as jy iemand hoor skiet en bly op die grond tot jy seker
is dat alle gevaar verby is. Onthou, jy is nie Superman of Superwoman nie!
[Verwerk uit: Huisgenoot, 17 November 2005]
TOTAAL AFDELING B: 10
EN
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (NOVEMBER 2010)
AFDELING C: TAALKUNDE
VRAAG 4: Woordstrukture
Lees die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.
Groot soektog nadat (4.1) tier uit (4.2) bakkie ontsnap
Gloria Edwards
Groblersdal
4.1 Gee die meervoud van tier (opskrif). (1)
4.2 Gebruik bakkie (opskrif) in ʼn
duidelike sin in ʼn ander betekenis as
in die opskrif. (1)
Nou hoop hulle maar net (4.3) dié kat 4.3 Voltooi die volgende idiomatiese
kom weer. uitdrukking: As die kat weg is, ...
(Skryf die hele sin neer.) (1)
ʼn Tier van (4.4) 17 maande oud het
almal bang gemaak nadat hy 4.4 Skryf die getal 17 uit in woorde. (1)
(4.5) Maandagaand stilletjies uit sy
eienaars se bakkie gekom het en nou
iewers tussen Groblersdal en Delmas 4.5 Gee die afkorting vir Maandag. (1)
rondloop.
(4.6) Helikopters en honde is gebruik 4.6 ʼn Persoon wat helikopters vlieg word
(1)
om Panjo [(4.7) Italiaans vir “spelerig”] ʼn ... genoem.
te probeer opspoor.
4.7 Wat noem ons die inwoners van
(1)
Italië?
Maar Panjo het (4.8) op vrye voet 4.8 Wat beteken: “op vrye voet”? (1)
gebly.
Sy (4.9) eienaar, hoop hy sal gou by hul 4.9 Gee die vroulike vorm van: eienaar. (1)
kleinhoewe by Endicott naby Springs
opdaag.
Die tier het êrens langs die (4.10) 4.10 Kies die korrekte spelling van die
(pad/pat) uitgespring. woord tussen hakies. (1)
(4.11) Mnr. Fernandes sê: “Ek weet nie 4.11 Skryf die sin in die indirekte rede. (2)
hoe Panjo die kap van die bakkie kon
oopmaak nie.”
Hy vertel die tier is (4.12) baie mak. 4.12 Gee die intensiewe vorm van : baie
mak (1)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 9
(4.13) Me. Wendy Wilson van die (4.14) 4.13 Sê wat Wendy Wilson se
Dierebeskermingsvereniging het gesê huwelikstatus is. Kies een van die
dit is ʼn tier se (4.15) (natuurlik) instink volgende antwoorde:
om huis toe te gaan. A getroud
B ongetroud
C huwelikstatus word nie aangedui
nie (1)
4.14 Gee die korrekte afkorting vir:
Dierebeskermingsvereniging. (1)
4.15 Gee die korrekte vorm van die woord
tussen hakies. (1)
(4.16) Die Dierebeskermingseenheid 4.16 Skryf in die lydende vorm:
het die tier gered. (2)
[18]
VRAAG 5:
Lees die onderstaande strokies uit: www.litnet.co.za deur en beantwoord die vrae wat
daarop gebaseer is.
5.1
Skryf die volgende sinne oor en begin soos aangedui.
5.1.1 Skryf die sin in die ontkennende vorm:
Meester wil hê ek moet ekstra-Wiskundeklasse neem. (Raam 1) (1)
5.1.2 Skryf die sin oor in die verlede tyd.
Juffrou Strydom sê ek moet operette oefen. (Raam 2) (2)
5.1.3 Skryf die sin in die toekomende tyd.
Neelsie gaan nêrens heen nie. (1)
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (NOVEMBER 2010)
5.2
5.2.1 Kosie sê: “Meneer, ons het oral gesoek.(Raam 1)
Kosie sê vir Meneer dat ... (2)
5.2.2 Voltooi die volgende sin deur die korrekte antwoord in te vul. Skryf net
die vraagnommer en die letter neer.
Ai tog! is ʼn voorbeeld van ʼn ...
A stelsin.
B vraagsin.
C bevelsin.
D uitroepsin. (1)
5.3
5.3.1 Verbind die volgende sinne met die woord tussen hakies.
Die selfoon kan ʼn e-pos stuur. Dit kan ook op die internet gaan. (dus) (1)
[8]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 11
VRAAG 6: Kritiese taalbewustheid
6.1 Kies elke keer die korrekte antwoord.
As iemand jou vra hoe dit met jou gaan, is die beste antwoord om te gee:
A Baie dankie
B Goed dankie
C Tot siens
D Goeienaand (1)
6.2 By watter voorbeeld kan jy “En met jou?” voeg?
A Môre! Goed dankie ...
B Hallo! Hoe gaan dit?
C Goeie middag, gaan dit goed?
D Môre! Hoe gaan dit? (1)
6.3 Met watter woorde praat jy ʼn vriend moed in?
A Ek weet jy kry swaar, maar moenie nou moed opgee nie.
B Ek weet jy kry swaar, maar moenie dink dit sal gou verbygaan nie.
C Dit lyk my jy het moed opgegee. Dis beter so.
D Ek wens jy wil nie so moedeloos lyk nie.
E Ander mense hanteer so ʼn probleem maklik. (1)
6.4 Watter voorbeeld is nie gepas om die skoolhoof mee te groet nie?
A Môre, Meneer.
B Goeiemôre, Meneer.
C Ek groet u, Meneer.
D Hoezit! (1)
[4]
TOTAAL AFDELING C: 30
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (NOVEMBER 2010)
AFDELING D SKRYFWERK
VRAAG 7 DIALOOG OF OPSTEL
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord EEN vraag uit hierdie Afdeling.
2. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
3. Die uiteensetting van jou skryfstuk is baie belangrik.
3.1 Beplan jou skryfstuk voor jy begin skryf. Skryf “Beplanning” boaan.
3.2 Skryf nou die Finale Produk. Onthou om die vraagnommer en
onderwerp boaan te skryf (indien van toepassing).
Kies VRAAG 7.1 OF 7.2
7.1
[Image Library]
Jy het swak gedoen in een of meer vakke in die Junie-eksamen. Jy voel baie
sleg daaroor en probeer aan jou pa verduidelik hoekom dit nie goed gegaan
het nie. Skryf die gesprek tussen jou en jou pa in dialoogvorm.
(100 – 120 woorde)
(20x2) [40]
OF
7.2
Skryf ʼn opstel (100 – 120 woorde) waarin jy vertel wat julle huisgesin sal doen
as julle vyf miljoen rand met die Nasionale Lotery wen. (20x2) [40]
TOTAAL: 40
GROOTTOTAAL: 100
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Mathematics Grade 9 November EC 2010 Question Paper (Afr)

Question paper
Mathematics Grade 9 November EC 2010 Question Paper (Eng)

Memorandum
Mathematics Grade 9 November EC 2010 Memo

Memorandum
Mathematics Grade 9 November EC 2010 Memo

Question paper
Mathematics Grade 9 November EC 2019 Question Paper

Question paper
Mathematics Grade 9 November EC 2018 Question Paper (Afr)
More from Grade 9 Mathematics

CAPS document
CAPS SP MATHEMATICS GR 7 9

Memorandum
Mathematics Grade 9 P2 November Mock 2026 Memo (English)

Question paper and memo
Mathematics Grade 9 P2 Free State November 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Mathematics Grade 9 KZN March Test 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Mathematics Grade 9 NSC June 2025 Paper & Memo

Memorandum