Skip to content

Mathematics Grade 9 November EC 2010 Question Paper (Afr)

Question paperMathematicsGrade 9201012 pages

Grade 9 Mathematics question paper from the November EC 2010 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2010 AFRIKAANS HUISTAAL TAAL EN SKRYFWERK PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2010) ALGEMENE INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings AFDELING A: Leesbegrip (20 punte) AFDELING B: Opsomming (10 punte) AFDELING C: Poësie/Gedig (10 punte) AFDELING D: Taal in konteks (20 punte) AFDELING E: Skryfwerk (40 punte) 1. Beantwoord AL die vrae 2. Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur. 3. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is. 5. Laat ʼn reёl tussen die antwoorde oop. 6. Skryf netjies met blou of swart ink. 7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2010) AFRIKAANS HUISTAAL 3 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1: RUBRIEK Lees die onderstaande rubriek en beantwoord die daaropvolgende vrae: Vincent Arthur Kennard deur Teresa Coetzee 1. Vincent is ʼn vurige aktivis vir die beskerming en voortbestaan van wolwe. Hy is die stigter van die Suid-Afrikaanse tak van The Wolf Army, maar het ook al ʼn boek of twee geskryf, skilder graag en is ʼn rekenmeester. 2. Wat is dit met jou en die wolwe? Wolwe is eenvoudig fantastiese diere. Suid-Afrika het ongeveer 300 wolwe en die teling van wolfhonde neem daagliks toe. Ek het al verskeie wolwe ingeneem; hulle is nie honde nie … En as jy ʼn wolf of half-wolf in jou lewe inneem, verander jou idée oor die verhouding tussen mens en dier vir altyd. ʼn Aanhaling wat baie waar is, is dié van Henry Beston: “Wolwe is nie ons broers nie; hulle is ook nie ons ondergeskiktes nie. Hulle is eerder ʼn ander tipe nasie; vasgevang net soos ons in die komplekse web van tyd en lewe.” 3. Wat wil jy regkry met jou army? Ek het The Wolf Army gestig om mense aan te spoor om van wolwe te leer en om teen die jag van wolwe te betoog. Binne vier maande het die ledetal tot byna 8 000 gegroei. The Wolf Army het verlede jaar twee protesoptogte georganiseer, een in Stockholm in Swede en een in Londen. Ons beplan ook een in Amerika waar die probleem van jag op wolwe hoogty vier. 4. Jy het al ʼn boek gepubliseer … Ek het al vier boeke geskryf waarvan twee in die vorm van een boek, The Wolf Chronicles, uitgegee is. Dis ʼn fantasie oor weerwolwe en wolwe en dit beeld die storie oor die ewige stryd tussen die mens en die natuur uit. Ek het nog twee eg-Suid- Afrikaanse verhale ook geskryf en soek nog ʼn uitgewer om my laaste boek te publiseer. 5. Jou lewensfilosofie? Dit is om dit wat jy begin het, klaar te maak, al vat dit jou ʼn leeftyd. 6. Wat maak jou gelukkig? Om in my ateljee te wees, met ʼn glasie rooiwyn, Puccini of Nightwish oor die radio, my wolwe by my en ʼn skilderkwas in my hand. 7. Wat maak jou kwaad? Naweek-skieters wat sê hulle jag en spog dat hulle verantwoordelik is en dink dat ons nog so baie diere oor het. O ja, en quadbikes. Ek is mal oor motorfietse, maar daai vierwielspeelgoed vir grootmense dryf my tot raserny.
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2010) 8. Is jy ʼn “bunnyhugger”? Ek glo nie. Ja, ek hug my wolwe, my katte en ek is seker ek sal ʼn bunny ook hug, maar ʼn bunnyhugger is ʼn woord wat naweek-skieters en sogenaamde jagters uitgedink het om mense met ʼn liefde vir diere te verkleineer. Ek sou veel eerder my seun leer om klein diertjies te troetel as om hulle met ʼn .303 te skiet. Vir te veel mense is meelewing ʼn vloekwoord, terwyl dit ʼn belangrike deel van menswees behoort te wees. En nie net sover dit mense aangaan nie. Realisme en die waarheid is my grootste kompas in die lewe. Wanneer mense daardie skille van selfleuens afskil om die werklike “jy” te ontbloot, is baie mense vreesbevange oor die resultaat. [Uit: My Tyd, Rapport: 1 Augustus 2010] 1.1 Skryf twee beroepe neer wat deur Vincent Arthur beoefen word. (2) 1.2 Die stigting van The Wolf Army. 1.2.1 Skryf EEN doelstelling/oogmerk van die The Wolf Army neer. (1) 1.2.2 Is The Wolf Army slegs ʼn Suid-Afrikaanse organisasie? Antwoord slegs JA of NEE. (1) 1.3 Die teling van wolwe het toegeneem. 1.3.1 Is die bostaande stelling WAAR of ONWAAR? (1) 1.3.2 Motiveer jou antwoord met ʼn bewys uit die teks. (1) 1.4 “Realisme en waarheid is my grootste kompas in die lewe.” Voltooi: Die woord “kompas” word (letterlik/figuurlik) in die teks gebruik. (1) 1.5 Word die woord “bunnyhuggers” positief of negatief in die teks gebruik? Motiveer jou antwoord deur ʼn aanhaling uit die teks. (2) 1.6 Haal ʼn ander woord uit paragraaf 7 aan wat min of meer dieselfde betekenis as “quadbikes” het. (1)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2010) AFRIKAANS HUISTAAL 5 1.7 Kies die korrekte antwoord en skryf net die vraagnommer en die korrekte letter neer. “…waar die probleem van jag op wolwe hoogty vier.” Die uitdrukking “hoogty vier” beteken: A. Jag vind veral in hoë gebiede plaas B. Jag vind baie gereeld hier plaas C. Jag vind tydens sekere getye plaas (1) 1.8 Dink jy dat baie mense teen die jag van wolwe gekant is? Motiveer jou antwoord. (2) [13] VRAAG 2 Dit word osoon genoem, en behalwe vir die o-stap- filtrasieproses waardeur ons water gesuiwer word, is dit juis dit wat Oasis Water van ander water onderskei. Osoon is ʼn “oorversadigde” vorm van suurstof. Dit word ingespruit in elke druppel Oasis Water en stimuleer die vorming van anti-oksidante, verbeter bloedsomloop en reguleer die immuunstelsel. Met meer as 100 franchises landwyd, waarom stel jy nie die skoon, vars smaak van Oasis Water vandag op die proef nie? Vir jou naaste verskaffer of as jy nog inligting omtrent ander produkte van die Oasis Watermaatskappy verlang, besoek www.oasiswater.co.za of skakel 0861 762 747 2.1 Wat is die “IETS” wat in die water is? (1) 2.2 Noem TWEE voordele van die “IETS”. (2) 2.3 Noem EEN tegniek wat gebruik word om die “IETS” en “IN DIE WATER” uit te laat staan. (1) 2.4 Daar is verskillende maniere hoe die verskaffer van die produk gekontak kan word. Skryf slegs EEN manier neer. (1) 2.5 Skryf in woorde: “80c/l” (1) 2.6 Wie het die advertensie geplaas? (1) [7] TOTAAL AFDELING A: 20
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2010) AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 3: RUBRIEK Lees die onderstaande berig uit die Jong Burger (30 Oktober 1995) aandagtig deur en voer dan die opdrag uit. VERDUIDELIK IN SEWE SINNE HOE LEERLINGE SE STREWE NA GEWILDHEID HULLE KAN BENADEEL.  Skryf jou SEWE sinne puntsgewys onder mekaar neer.  Jy moet een sin oor elke feit skryf.  Skryf sover moontlik in jou eie woorde.  Jou opsomming mag nie meer as 80 woorde wees nie.  Dui die getal woorde aan die einde van jou opsomming aan.  Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 80 woorde skryf of as jy nie die getal woorde aandui nie. Slaggate van die in-groep Het jy al dikwels die gewilder leerlinge by jou skool beny en gewens dat jy deel van hul “in- groepie” kan wees? As die antwoord ja is, lees gerus verder, want om deel van die “in-groepie” te wees, het sy nadele. Volgens ʼn kindersielkundige met wie Jong Burger gesels het, beland talle jong mense in hul strewe om deel van die gewilde “in-groep” te wees in die verkeerde sirkels. Van die probleme waarmee hulle gekonfronteer word, is dat hulle vriende maak met mense – nie omdat hulle van die betrokke mens hou nie – maar omdat hulle voel hulle moet. Talle bevind hulle weer in ongemaklike situasies met lede van die teenoorgestelde geslag, maar om aanvaar te word, gaan hulle dikwels teen hul sin saam met die groep. Sommige se skoolwerk ly daaronder. Omdat die ander lede van die groep skoolwerk as minder belangrik ag, neem die nuwe lede ook daardie houding in. Onder die kermende geneul van groepsdruk is sekere groeplede ook meer geneig om byvoorbeeld met alkohol en dwelms te eksperimenteer. Lede van die “in-groep” aan die verkeerde kant van die lyn kan mekaar só beïnvloed dat hulle ʼn persoonlikheidsverandering ondergaan en dikwels twee verskillende mense kan wees – die publieke persoonlikheid en die werklike persoonlikheid. Om in te voel, wil die leerlinge ook ʼn kas duur klere – wat nes die res van die groep sʼn lyk – hê. Omdat die ouers dit nie kan bekostig nie, veroorsaak dit konflik tussen ouer en kind. In die meeste gevalle moet nuwe lede selfs al hul sakgeld op die groep spandeer ten einde aanvaarbaar te wees. Hulle besef nie dat geld nie vriendskap kan koop nie. Verwerk en aangepas uit: Die Burger, 30 Oktober 1995 TOTAAL AFDELING B: 10
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2010) AFRIKAANS HUISTAAL 7 AFDELING C: POËSIE/GEDIG (Ongesiene gedig) VRAAG 4 Lees die onderstaande gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. SLAAP deur D.F. Malherbe 1. Wat is die slaap ʼn wondersoete ding! 2. Sag op haar bloue oë daal die vaak 3. soos maneskyn diep waterkuile raak 4. om daar te droom in silwer skemering. 5. Vir laas beef oor haar lippe ʼn fluistering: 6. “Nag, Pappie.” Ek merk hoe langsaam hy genaak, 7. wat drome soet tot werklikhede maak: 8. in vaderarms rus my lieweling. 9. Sluit so my oë, God, wanneer vir my 10. u Engel wenk ter laaste, lange rus 11. en ek van wilde woeling hier moet skei; 12. dat my dan stille drome huis toe sus 13. en sterke Hand deur duisternisse lei. 14. Sluit so my oë, God, as ek gaan rus. 4.1 Wie is die spreker in die gedig? Motiveer jou antwoord met ʼn aanhaling uit die teks. (2) 4.2 Voltooi die onderstaande sin deur die korrekte antwoord te kies. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte letter (A – C) neer. Die hoofgedagte in versreëls 1 – 8 is ʼn beskrywing van hoe die spreker se dogter ... A. na die maanskyn kyk. B. aan die slaap raak. C. oor die maanskyn droom. (1) 4.3 Kies die korrekte antwoord: Die beeldspraakvorm wat in versreëls 2 en 3 voorkom, is ʼn ... A. metafoor. B. vergelyking. C. personifikasie. (1) 4.4 Daar kom ʼn duidelike verandering/wending in die gedig. Skryf die eerste VIER woorde neer waarmee hierdie verandering ingelei word. (1) 4.5 Na watter soort “rus” word daar in versreëls 10 en 14 verwys? (1) 4.6 Skryf die rymskema van die eerste vier versreëls neer en benoem ook die tipe rymskema. (2) 4.7 Wat is die funksie van die uitroepteken in versreël 1? (1)
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2010) 4.8 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en jou antwoord neer. “en ek van wilde woeling hier moet skei” Die klankverskynsel wat in die bostaande versreël voorkom, is ʼn voorbeeld van (alliterasie/assonansie/paarrym). (1) TOTAAL AFDELING C: 10 AFDELING D: TAAL IN KONTEKS VRAAG 5 Lees die onderstaande teks deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Koebaai Citi, viva die Vivo 1. Volkswagen Suid-Afrika het vir die tweede keer in 25 jaar goedkeuring van sy moedermaatskappy verkry om ʼn unieke model vir Suid-Afrikaners te vervaardig. 2. Die Polo Vivo mag effens duurder wees as die Citi, sy voorganger in die intreemark, maar die verwagting is dat dit steeds belangstelling sal wek – baie mense slyp al klaar hul tande vir die nuweling en kan nie wag dat hy sy opwagting maak nie. 3. Geskoei op dieselfde sakemodel as die Citi, is die Vivo hoofsaaklik die ou model Polo met ʼn paar kostebesparings hier en daar. 4. Dis ʼn Suid-Afrikaans vervaardigde motor wat deur Suid-Afrikaners vir die plaaslike mark ontwikkel is. 5. En soos met die Citi, is dit onwaarskynlik dat die Vivo se “dop” enigsins gaan verander. Wat jy nou sien is wat jy waarskynlik reeds oor ʼn paar jaar gaan kry. 6. Die ou Polo, waarop die Vivo geskoei is, is intussen deur ʼn nuwe Polo vervang en mnr. David Powels, besturende direkteur van Volkswagen, glo die nuwe Polo sal ondanks die goedkoper prys van die Vivo, skoonskip maak wat verkope betref. 7. Powel voorspel dat mense na die motor as slegs Vivo sal verwys, terwyl Polo die Polo sal bly. Die Vivo-eienaar sal meer pryssensitief wees en goeie waarde vir geld soek, terwyl die Polo-koper weer ʼn heel ander profiel gaan hê. 8. Powel sê dat dis onwaarskynlik dat die bekendmaking van die Vivo ʼn groot impak op die nuwe of die ou Polo se herverkoopwaarde sal hê. Die vraag is, het jy al ooit ʼn Polo besit? As die antwoord nee is, is die kans goed dat jy ʼn Vivo gaan verkies. Baie sal seker die mode volg. 9. Mnr. Mike Von Hone van Transunion sê dat gebruikte Polos se verkope het vinnig gegroei in Duitsland verlede jaar. Hy sê dit gaan moeilik vir die nuwe Vivo wees om die Polo te klop.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2010) AFRIKAANS HUISTAAL 9 5.1 Die onderstaande woorde is albei verkeerd gespel. Korrigeer dit soos aangedui tussen hakies. 5.1.1 Polos (paragraaf 9) (Verbeter deur korrekte skryfteken.) (1) 5.1.2 Mnr. Mike Von Hone (paragraaf 9) (Verbeter deur korrekte hoofletters.) (1) 5.2 Verklaar die betekenis van die idiomatiese uitdrukking in paragraaf 6: “skoonskip maak wat verkope betref”. (1) 5.3 Kyk na die woord “voorganger” in paragraaf 2. 5.3.1 Dis die afgeleide persoonsnaam van die woord voorgaan. Skryf nou die afgeleide persoonsnaam van die woord “motor” in paragraaf 4 neer. (1) 5.3.2 Gee ook die antoniem(woord met die teenoorgestelde betekenis) van die woord “voorganger”. (1) 5.4 Gee die meervoud van die woord “mark” in paragraaf 4. (1) 5.5 Bring die ontbrekende leesteken in die onderstaande sin aan: Wat jy nou sien is wat jy waarskynlik reeds oor ʼn paar jaar gaan kry. (1) 5.6 “… glo die nuwe Polo sal ondanks die goedkoper prys van die Vivo, skoonskip maak wat verkope betref. Skryf die onderstreepte woord met die korrekte aksentteken sodat die woord beklemtoon kan word. (1) 5.7 “Die vraag is, het jy al ooit ʼn Polo besit?” Verander die onderstreepte gedeelte in die ontkennende vorm. Begin die sin soos volg: Het jy … (1) 5.8 Skryf die vergrotende trap van die woord “goed” in paragraaf 8 neer. (1) 5.9 Die woordorde in die onderstaande sin is nie korrek nie. Korrigeer dit deur die sin korrek oor te skryf. Mnr. Mike Von Hone van Transunion sê dat gebruikte Polos se verkope het vinnig gegroei in Duitsland verlede jaar. (2)
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2010) 5.10 Lees die onderstaande grappie wat in die Rapport verskyn het deur en beantwoord dan die vrae wat volg: 5.10.1 Benoem die onderstreepte sinsdele (voorwerp/gesegde/onderwerp/bywoordelike en byvoeglike bepalings): Ek het haar regtig nie geknyp nie. (2) 5.10.2 Skryf die onderstaande sin oor in die lydende vorm: Ek het haar regtig nie geknyp nie. (2) 5.10.3 Skryf die volgende sin oor in die indirekte rede: “Toe maar,” sê sy vrou, “ek weet jy het nie.” (2) 5.10.4 Watter woordsoort is “gedagtes” in die tweede sin? (1) 5.10.5 Gee die antoniem (teenoorgestelde betekenis) van die woord “blondine”. (1) TOTAAL AFDELING D: 20
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2010) AFRIKAANS HUISTAAL 11 AFDELING E: SKRYFWERK 1. Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 250 – 300 woorde. 2. Jy moet jou werk BEPLAN, REDIGEER en jou skryfstuk PROEFLEES. Die beplanning moet voor die skryfstuk gedoen word. 3. Dui jou beplanning duidelik aan met die woord BEPLANNING sodat daar nie verwarring kan ontstaan tussen jou beplanning en finale skryfstuk nie. 4. Nommer die skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Voorsien die skryfstuk van ʼn gepaste titel/opskrif. LET WEL: Die titel/opskrif word nie in aanmerking geneem as die woorde getel word nie. 6. Skryf netjies en leesbaar. VRAAG 6 6.1 Skryf ʼn opstel waarin jy vertel hoedat jou geheue jou in die steek gelaat het en jou in ʼn lelike verleentheid geplaas het. [40] OF
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2010) 6.2 Skryf ʼn opstel waarin jy vertel van een van jou ouers se onkunde ten opsigte van die nuwe tegnologiese toestelle. Hierdie toestel kan enige iets wees bv. ʼn selfoon, mikrogolfoond ens. [40] OF 6.3 dis mos iets om oor te jubel !!! [40] OF 6.4 Daar sal ek graag wil woon … [40] OF 6.5 Gebruik die volgende visuele prikkel en besluit self wat die tema van jou opstel moet wees. ONTHOU!!! Die opstel moet oor iets handel wat jy in die prentjie sien. [40] TOTAAL AFDELING E: 40 GROOTTOTAAL: 100

Study this subject

More from Grade 9 Mathematics

View all