Skip to content

Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2014 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 920148 pages

Grade 9 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the November EC 2014, 8 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

November EC 2014

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V3 MEMORANDUM PUNTE: 60 Hierdie memorandum bestaan uit 8 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2014) AFDELING A: SKRYFWERK VRAAG 1: OPSTELLE Die vraag word uit 20 geassesseer. Die leerder mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf en hy/sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe sy/hy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is watter een die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: BYVOORBEELD IBF – K4 = 6 TSR – K2 = 3 TOT. =9 Dui dan die totale punt van die opstel onder die opstel aan. Dra die totaal uit 20 oor na die BEGIN van die vraag. LET WEL: Indien die punt 9½ sou wees, dra dit dan as 10 oor. RIGLYNE Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Die leerder bied die soort opstel aan volgens die voorskrifte. SOORTE OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie of gebeurtenis (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte:  Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word – dus ʼn storie of gebeurtenis.  ʼn Sterk storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.  Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.  Die verlede tyd word gebruik, maar die teenwoordige tyd kan ook gebruik word om ʼn gevoel van die hede te skep.  Die inleidingsparagraaf moet boeiend wees.  Die verhaal kan uit eie ervaring geskryf word, of dit kan fiktief wees.  ʼn Verrassende slot.  Beskrywende elemente moet gebruik word.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dit is moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte:  Waarneming met al vyf sintuie (sig, klank, gehoor, smaak en aanraking) en ʼn goeie woordeskat word vereis.  Skep dus ʼn prentjie in woorde.  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ʼn oorspronklike wyse aangewend.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. [40] ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het ʼn spesifieke mening/opinie daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Die skrywer se mening moet deurgaans duidelik wees. Dit is ʼn subjektiewe (eensydig) opstel waarin die skrywer probeer om die leser te oortuig om sy/haar perspektief te deel. Hou die volgende in gedagte:  Begin met die skrywer se standpunt oor die onderwerp op ʼn oorspronklike en treffende wyse.  Gee ʼn verskeidenheid argumente ter ondersteuning en uitbouing van ʼn standpunt.  Fokus op punte vir of teen ʼn stelling.  Druk subjektiewe en sterk menings uit.  Gebruik ʼn verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke.  Gebruik gevoelstaal wat emosioneel kan wees, maar nie kru taal nie.  Sluit af met ʼn sterk slot, duidelike en oortuigende stelling wat die skrywer se mening reflekteer.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2014) BEREDENERENDE OPSTEL Dit is objektief en probeer ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn argument gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings, onpartydig aan. Die skrywer mag tot ʼn spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd wees. Hou die volgende in gedagte:  Die opstel handel oor ʼn onderwerp waaroor reeds standpunt ingeneem word tydens die inleiding.  BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.  ʼn Gevolgtrekking wat aansluit by die inleiding word in die slotparagraaf bereik.  Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.  Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. [40] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Hier moet die formaat oorwegend korrek wees. Die opdrag moet uitgevoer word. Die vraag word uit 10 geassesseer word verwerk na 20. NASIENRIGLYNE: Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: BYVOORBEELD IBF – K5 = 4 TSR – K3 = 2 TOT. 6 x 2 = 12 Dui dan die totale punt vir die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks) aan. Dra die totaal uit 20 oor na die BEGIN van die vraag. LET WEL: Indien die punt 6½ sou wees, dra dan die punt as 7 oor. DAGBOEKINSKRYWING  Dagboekinskrywings is aantekeninge in ʼn dagboek van dinge wat gebeur het, of van ervarings wat opgedoen is, of van gevoelens wat ervaar is, wat mens nie wil vergeet nie.  Dit word geskryf vanuit die skrywer se perspektief; die eerstepersoonsvertelling is meer gepas.  Die taalkeuse is eenvoudig en tot die punt.  Die toon kan bepaal word deur die aard van die inskrywing. [20] E-pos  Die e-posadres van die ontvanger.  Die e-posadres van die sender.  Die onderwerp waaroor die e-pos handel.  Geen komma na die aanhef nie.  Die boodskap.  Laat ʼn reël oop na elke paragraaf.  Geen leestekens in die slot nie [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2014) DIALOOG  Dit is ʼn verslag van spreekbeurte tussen twee of meer mense in die orde waarin die gesprek gevoer word.  Die name van die sprekers moet aan die linkerkant geskryf word.  Gebruik ʼn dubbelpunt na die naam van elke spreker.  Begin elke spreekbeurt op ʼn volgende reël.  Sub-newetekste moet tussen hakies, direk voor die spreker se woorde geskryf word. [20] TOTAAL AFDELING B: 20 GROOTTOTAAL: 60 VERWERKTE TOTAAL (60 2) 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7 AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL HUISTAAL: (20 x 2) VRAAG 1 Prestasie- Kode 7 Kode 6 Kode 5 Kode 4 Kode 3 Kode 2 Kode 1 aanduiders Uitmuntende Verdienstelike Beduidende Voldoende Matige prestasie Basies prestasie Ontoereikende 20 punte prestasie prestasie prestasie prestasie prestasie 80 – 100% 70 – 79% 60 – 69% 50 – 59% 40 – 49% 30 – 39% 0 – 29% 10 – 12 8½ – 9½ 7½ – 8 6–7 5 – 5½ 4 – 4½ 1 – 3½ Inhoud en  Uitgebreide,  Baie goeie kennis  Redelike kennis  Voldoende kennis  Matige kennis van  Elementêre kennis  Geen kennis van beplanning gespesialiseerde van formaat van van vereistes van van vereistes van vereistes van teks. van vereistes van vereistes van teks. kennis van vereistes teks. teks. teks. Respons op teks. Respons op  Toon geen tekens 12 punte van teks  Toon breë  Toon ’n algemene  Toon enkele geskrewe teks geskrewe teks van bewustheid  Toon grondige bewustheid van bewustheid van tekens van toon beperkte toon beperkte van wyer konteks bewustheid van wyer wyer konteks in wyer konteks in bewustheid van fokus. fokus. in skryfwerk konteks in skryfwerk. skryfwerk. skryfwerk. wyer konteks in  Toon beperkte  Toon beperkte  Skryfwerk wyk van  Skryf gedissiplineerd  Skryf  Skryfwerk behou skryfwerk tekens van tekens van onderwerp af, –behou fokus, geen gedissiplineerd – fokus, min  Skryfwerk wyk van bewustheid van bewustheid van betekenis plek-plek afwykings van behou fokus, geen afwykings van onderwerp af, wyer konteks in wyer konteks in onduidelik. skryfwerk skryfwerk formaat. afwykings van formaat. maar dit belemmer  Inhoud en idees  Inhoud en idees formaat.  Inhoud en idees nie algehele  Skryfwerk wyk van  Skryfwerk wyk van nie koherent, baie algeheel koherent en  Inhoud en idees koherent en betekenis onderwerp af, onderwerp af, min details hoogs uitgebreid, alle koherent en baie uitgebreid, meeste  Inhoud en idees betekenis plek- betekenis plek- ondersteun details onder- steun goed uitgebreid, details ondersteun voldoende plek vaag plek onduidelik. onderwerp. onderwerp. alle details onder- onderwerp koherent,  Idees en inhoud  Inhoud en idees  Beplanning en/of  Bewyse van steun onderwerp  Bewyse van sommige details matig koherent, nie altyd koherent, eerste poging beplanning en/of  Bewyse van beplanning en/of ondersteun onder- sommige details baie min details onvoldoende. werp. ondersteun onder- steun eerste poging lei tot beplanning en/of eerste poging lei  Swak aanbieding. feitlike foutlose, eerste poging lei tot goeie, gepaste  Bewyse van onderwerp. onderwerp gepaste aanbieding. tot goed aanbieding. beplanning en/of  Bewyse van  Onvoldoende vir  Formaat van teks nie  Formaat hoogs saamgestelde,  Nodige reëls vir eerste poging lei beplanning en/of Huistaalvlak t.s.v. toegepas/ontoereik geskik/uitmuntend. gepaste formaat van teks tot bevredigende, eerste poging lei beplanning en/of end. aanbieding. toegepas/verdiens gepaste tot matige, eerste poging,  Nodige reëls vir telik. aanbieding gepaste en swak aanbieding. formaat van teks  Vereistes van koherente  Het vae idee van baie goed formaat voldoende aanbieding. formaat van teks – toegepas/verdienst toegepas  Het matige idee kritiese, nalatige elik. van formaat van foute/elementêr. teks – sommige kritiese, nalatige foute.
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2014) ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE: (10 x 2) VRAAG 2 6½ – 8 5½ – 6 5 4 – 4½ 3½ 2½ – 3 0–2 Taal. styl en  Grammatikaal  Baie goed  Goed saamgestel  Samestelling  Samestellig  Swak saamgestel  Swak saamgestel redigering akkuraat en saamgestel en en lees maklik. voldoende, foute basies. Verskeie en moeilik om te en baie moeilik om briljant akkuraat.  Woordeskat belemmer nie foute. volg. te volg. 8 punte saamgestel.  Woordeskat baie geskik vir doel, vloei van teks.  Woordeskat  Woordeskat  Woordeskat  Woordeskat geskik vir doel, gehoor en  Woordeskat beperk en nie baie benodig benodig ernstige hoogs geskik vir gehoor en opdrag inhoud. voldoende vir geskik vir doel, remediëring en is remediëring en is doel, gehoor en (inhoud)  Styl, toon, doel, gehoor en gehoor en inhoud. nie geskik vir doel, nie geskik vir doel, opdrag (inhoud)  Geskikte styl, toon, register meestal inhoud.  Styl, toon en gehoor en inhoud. gehoor en inhoud  Styl, toon, register register vir geskik.  Styl, toon, register register pas nie  Styl, toon en  Styl, toon en hoogs geskik. vereistes van teks.  Meestal foutvry redelik geskik. altyd by register nie register kom nie  Feitlik foutvry na  Grootliks foutvry na na proeflees en  ’n Paar foute na onderwerp nie. geskik. met onderwerp proeflees en proeflees en redigering. proeflees en  Verskeie foute na  Besaai met foute ooreen. redigering. redigering.  Lengte korrek. redigering. proeflees en na proeflees en  Besaai met foute  Lengte korrek  Lengte korrek.  Lengte amper redigering. redigering. en verwar leser na korrek.  Lengte – te  Lengte – te proeflees. lank/kort. lank/kort. -  Lengte ver te lank/kort. 4 3½ 3 2½ 2 1½ 1 Taal. styl en  Grammatikaal  Baie goed  Goed saamgestel  Samestelling  Samestellig  Swak saamgestel  Swak saamgestel redigering akkuraat en saamgestel en en lees maklik. voldoende, foute basies. Verskeie en moeilik om te en baie moeilik om briljant akkuraat.  Woordeskat belemmer nie foute. volg. te volg. 4 punte saamgestel.  Woordeskat baie geskik vir doel, vloei van teks.  Woordeskat  Woordeskat  Woordeskat  Woordeskat geskik vir doel, gehoor en  Woordeskat beperk en nie baie benodig benodig ernstige hoogs geskik vir gehoor en opdrag inhoud. voldoende vir geskik vir doel, remediëring en is remediëring en is doel, gehoor en (inhoud)  Styl, toon, doel, gehoor en gehoor en inhoud. nie geskik vir doel, nie geskik vir doel, opdrag (inhoud)  Geskikte styl, toon, register meestal inhoud.  Styl, toon en gehoor en inhoud. gehoor en inhoud  Styl, toon, register register vir geskik.  Styl, toon, register register pas nie  Styl, toon en  Styl, toon en hoogs geskik. vereistes van teks.  Meestal foutvry redelik geskik. altyd by register nie register kom nie  Feitlik foutvry na  Grootliks foutvry na na proeflees en  ’n Paar foute na onderwerp nie. geskik. met onderwerp proeflees en proeflees en redigering. proeflees en  Verskeie foute na  Besaai met foute ooreen. redigering. redigering.  Lengte korrek. redigering. proeflees en na proeflees en  Besaai met foute  Lengte korrek  Lengte korrek.  Lengte amper redigering. redigering. en verwar leser na korrek.  Lengte – te  Lengte – te proeflees. lank/kort. lank/kort. -  Lengte ver te lank/kort. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 9 Afrikaans HL

View all