Downloaded from hlayiso.com
SENIOR FASE
GRAAD 9
NOVEMBER 2019
AFRIKAANS HUISTAAL V2
PUNTE: 50
TYD: 2 uur
*9AFHL2*
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2019 Question Paper
Grade 9 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the November EC 2019, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 9 · November EC · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 9
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- November EC
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 509.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
November EC 2019
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: BEGRIPSTOETS (20 punte)
AFDELING B: OPSOMMING (10 punte)
AFDELING C: TAAL IN KONTEKS (40 punte verwerk na 20)
2. Lees ALLE instruksies noukeurig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Trek ʼn streep ná elke afdeling.
6. Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel
genommer is.
7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.
8. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 MINUTE
AFDELING B: 30 MINUTE
AFDELING C: 40 MINUTE
9. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg in EEN
volsin.
TEKS A: ARTIKEL
JOHNNY CLEGG – ODE AAN DIE WIT ZOELOE
1 Die gewilde musikant Johnny Clegg, wat reeds twee jaar teen pankreaskanker veg, 1
is besig met ʼn laaste reeks optredes wêreldwyd.
2 Johnny Clegg (64) se blou oë lyk vandag effens hartseer. Sy kenmerkende bos krul
hare is yler, gryser en vreemd reguit, waarskynlik weens die intensiewe
chemoterapie van die afgelope twee jaar. 5
3 Dis ʼn warm lentedag. Ek en sewe ander joernaliste sit saam met Johnny om ʼn
tafel op die stoep van ʼn Sandtonse hotel. Die okkasie is die aankondiging van
Johnny se laaste wêreldtoer. Dit word The Final Journey genoem. Niemand sê dit
nie, maar ons almal besef ons beleef waarskynlik ʼn stukkie geskiedenis. Sy
publisiteitspan het ons gewaarsku dat die kans skraal is dat die ster ná vandag 10
nog enige perskonferensie sal hou, of persoonlike onderhoude sal toestaan .
Want die geliefde Wit Zoeloe, soos hy die afgelope veertig jaar al bekend staan,
veg die afgelope twee jaar reeds teen pankreaskanker.
4 Na hierdie musikale reis na al die uithoeke van die wêreld, gaan hy uittree. Hy wil
die tyd wat hy oor het aan sy gesin wy en hopelik sy outobiografie skryf. 15
5 Dis duidelik dat vanjaar se tweede rondte intense chemoterapie en ʼn groot
operasie ʼn kwaai fisieke tol geëis het van die man wat byna net so bekend is vir
sy energieke Zoeloe-danse as vir sy musiek. “Dis nou klaar. Hulle kan nie nog
chemo doen nie,” vertel hy sonder om doekies om te draai. “Daarom het ek
besluit om hierdie tyd waarin ek nog goed voel, te gebruik om totsiens te sê 20
aan almal wat my op hierdie musikale reis ondersteun het.”
6 Hy het sy wêreldtoer sedert die begin van die jaar in fases aangepak. “Ek wil niks
doen wat my fisieke toestand kan vererger nie.” Vir Johannesburg het hy ʼn ekstra
konsert bygesit, ʼn klomp vriende genooi om die verhoog met hom te deel én
kaartjiepryse verlaag sodat soveel moontlik aanhangers dit kan bywoon. 25
Onderhandelinge was ook aan die gang om die konsert in die Jabulani-teater in
Soweto te hou. “Dis immers waar hy en Sipho Mchunu en Juluka begin het.”
7 ʼn Jong Zoeloeman,Charlie, wat woonstelle skoongemaak het en naby Johnny se
huis op straat musiek gemaak het, was sy eerste kennismaking met die
Zoeloekultuur. Johnny het leer kitaar speel en gou was die twee beste vriende. 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019)
8 Sipho Mchunu, ʼn Zoeloe-trekarbeider wat net twee jaar ouer as die 16-jarige
Johnny was, het van die wit outjie gehoor en hom vir ʼn kitaarkompetisie
uitgedaag. Dit het gelei tot ʼn jarelange vriendskap en die stigting van die groep
Juluka.
9 Die liedjie Asimbonanga het hulle spesiaal vir Nelson Mandela geskryf. In 1999 35
het hulle in Frankfurt, Duitsland, opgetree.Dit beteken letterlik, “Ons het Mandela
nog nie gesien nie.” Johnny het nie geweet Madiba het net agter die verhoog
gestaan nie. Halfpad deur die liedjie het hy op die verhoog verskyn en sy
kenmerkende dansie gedoen terwyl Johnny gesing het. Dit was die hoogtepunt
van Johnny se lewe. 40
[Verwerk uit Rooi Rose, 8 Aug. 2019]
TEKS B: VISUELE TEKS
[Uit: Die Burger, 18 Maart 2018]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5
VRAE: TEKS A
1.1 Herlees die titel.
Na wie verwys die ‘Wit Zoeloe’? (1)
1.2 Uit paragraaf 1 kan ons twee karaktereienskappe van Johnny Clegg aflei.
Skryf die TWEE eienskappe in jou eie woorde neer. (2)
1.3 Watter fisiese invloed het die siekte op Johnny Clegg as mens gehad? (3)
1.4 Johnny Clegg was ʼn baie gewilde sanger.
Motiveer waarom ons kan sê hierdie stelling is ʼn feit deur ʼn frase uit
paragraaf 3 as antwoord aan te haal. (1)
1.5 Was Johnny se optredes slegs beperk tot Suid-Afrika? Motiveer jou
antwoord. (1)
1.6 As wat sou Johnny Clegg se laaste optrede bekend staan en waarom is dié
naam so gepas? (2)
1.7 Hoe verseker Johnny Clegg dat ál sy aanhangers ʼn laaste optrede van hom
kan bywoon? (1)
1.8 Die bekende sanger was bekend vir sy energieke Zoeloedanse. Wat het
veroorsaak dat hy nie meer hierdie pas kon volhou nie? (2)
1.9 Die Zoeloe-skoonmaker, Charlie, was die oorsprong van Johnny se
loopbaan. Bespreek die korrektheid van hierdie stelling. (3)
VRAE: TEKS B
1.10 Gee TWEE visuele bewyse uit TEKS B om aan te dui in watter ruimte
Johnny Clegg en Madiba hulle tans bevind. (2)
VRAE: TEKS A EN B
1.11 Hoe pas die beskrywing van Johnny Clegg in TEKS B by paragraaf 7 van
TEKS A? (2)
TOTAAL AFDELING A: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019)
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE groot musikale
gebeurtenisse in Johnny Clegg se lewe.
LET WEL:
x Skryf die SEWE volsinne puntsgewys onder mekaar neer.
x Die opsomming moet sover moontlik in jou eie woorde wees.
x Die opsomming moet tussen 70–80 woorde wees.
x Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
’N LEWENSREIS SAAM MET JOHNNY CLEGG
Johnny Clegg se lewe word gekenmerk deur ʼn reeks groot gebeure wat sy lewe
drasties verander het. Dit het ook sy uitkyk op die lewe verander en vir hom geleer
dat alle mense dieselfde behandel moet word, ongeag wie die persoon is. Voordat
Johnny voltyds begin musiek maak het, het hy ʼn Honneursgraad in Antropologie aan
Wits verwerf waar hy klasgegee het. Hy het ook vir vier jaar aan die universiteit van
Natal onderrig gegee. Johnny het saam met verskeie kunstenaars opgetree. Musiek
was sy lewe. Musiek verenig mense en laat hulle van hul verskille vergeet.
Johnny en sy vriende se groep Juluka het sommer gou ʼn platekontrak gekry. Die res
is musiekgeskiedenis. Juluka het ses albums uitgereik en deur Kanada, VSA,
Brittanje, Duitsland en Skandinawië getoer voordat sy vriend, Sipho, in 1985 besluit
het om na Suid-Afrika terug te keer. Hy wou na sy familiegrond in Zoeloeland gaan.
In 1986 het Johnny die groep Savuka saam met Dudu Zulu gestig. Die groep was
gou wêreldberoemd en het binne drie jaar een miljoen kopieë van hul debuutalbum
verkoop. Hulle musiekstyl was ʼn mengsel van Afrika- en Keltiese musiek.
In 1990 het die Franse platebedryf hulle vereer as die groep wat wêreldwyd die
meeste albums oor ʼn tydperk van twee jaar verkoop het. Maar in Suid-Afrika was
hulle musiek nie oor die radio gespeel nie as gevolg van die politiek van daardie tyd.
Die liedjie Asimbonanga is spesiaal vir Nelson Mandela geskryf. Dit het gemaak dat
Johnny Clegg die verhoog in Duitsland met Madiba gedeel het. Hy het gesing en
Madiba het langs hom gedans.
Watter roemryke loopbaan is dit nie!
[Verwerk uit Rooi Rose, Des. 2017]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D
[Verwerk uit Huisgenoot, Maart 2015]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019)
3.1 Die opskrif (reëls 1–3) van die advertensie is geslaagd. Motiveer jou
antwoord met TWEE redes. (2)
3.2 Verduidelik op watter wyse word die omkringde klanke in reël 1 en 4
gevorm. (2)
3.3 Gee die verklaring van die afkorting in reël 2. (1)
3.4 Dieselfde skryfteken word twee keer in reël 4 gebruik, maar die funksie
verskil elke keer. Verduidelik hoe dié skryfteken se gebruik in die woorde
verskil. (2)
3.5 Gebruik die omkringde woord in reël 6 en verduidelik wat ̓n klank- en
lettergreep is. (2)
3.6 Maak ̓n sin met die antoniem van die eerste woord in reël 7. (1)
3.7 Maak ’n sin met die homoniem van die onderstreepte woord in reël 8. (1)
3.8. Verduidelik kortliks die funksie van die kapstokke (kolletjies) in reël 11. (1)
3.9. Gebruik die omkringde byvoeglike naamwoord in reël 12 predikatief in ʼn
goeie verklarende sin. (1)
3.10 Herlees reël 13.
Wat probeer die adverteerder in die omkringde sin bereik deur die gebruik
van twee leestekens na mekaar? (1)
3.11 Herlees reël 15–18.
Verduidelik hoe die leser oortuig word om dié program aan te koop. Haal ’n
sin aan om jou antwoord te staaf. (1)
3.12 Wie dink jy is die teikenmark van die advertensie? (1)
3.13 Verklaar waarom die omkringde woord in reël 16 slegs met een a gespel
word. (1)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9
VRAAG 4: VISUELE TEKSTE
TEKS E: STROKIE
Lees en kyk na die teks en beantwoord die daaropvolgende vrae.
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3
[Verwerk uit Meester – Danie Cronjé]
4.1. Watter funksie het die onderstreepte agtervoegsel in raampie 1? (1)
4.2 Identifiseer ̓n skeibare werkwoord uit raampie 1. (1)
4.3 Gebruik die eerste samestelling in raampie 1 se kern as ’n bepaler in ̓n nuwe
samestelling. (1)
4.4 Vorm die meervoud van die onderstreepte selfstandige naamwoord in
raampie 1. Gee dan ook die rede vir die spelwyse daarvan. (2)
4.5. Skryf ’n tussenwerpsel uit raampie 2 neer. (1)
4.6. Gee EEN visuele bewyse uit raampie 2 dat Meneer bitter ontevrede met
Neelsie is. (1)
4.7. Skryf Meneer se onderstreepte woorde in raampie 2 in die indirekte rede.
Begin jou antwoord met: Meneer sê … (1)
4.8. Benoem die leesteken in reël 1 van raampie 3 en verduidelik of dit gepas is. (2)
4.9. Watter woordsoort is die onderstreepte woord in raampie 3? (1)
4.10 Identifiseer die anglisisme in raampie 3. (1)
4.11 Dink jy Neelsie is tevrede met sy onderwyser se antwoord? Verduidelik jou
antwoord. (1)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 5: ARTIKEL
Lees en kyk na die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS F
TEGNOLOGIE: JOU KIND SE REDDING OF ONDERGANG?
1 Die twee- of driejarige (5.1)__ haar ma se skoot by die tafel langsaan huil
droewig. Die ma sug, neem haar slimfoon by die ouer sussie en druk dit in die
kleintjie se handjies. Sy stop in die middel van ̓n (5.2) hartverskeurende snik.
Ek kyk verstom hoe sy behendig oor die skerm vee en druk om by die speletjie
uit te kom. Tye het verander en hedendaagse kinders se tegnologiese
verwysingsraamwerk verskil hemelsbreed van selfs ̓n (5.4) tydperk van tien
jaar gelede.(5.5) Kinders wat na 2000 gebore is, word nog die Z-generasie
genoem.
2 Daar is wonderlike voordele aan tegnologie, maar (5.6) Prof. Jannie Ferreira
waarsku dat kinders wat te veel tyd op selfone en tablette deurbring,
fisiek agter kan raak en leer- en sigprobleme kan ontwikkel. Daar is kenners
wat ’n algehele verbod op die gebruik van tegnologie by kinders onder twaalf
bepleit omdat hulle meen dit benadeel breinontwikkeling.
3 Prof. Jannie Ferreira, voormalige hoof van Optometrie aan die Universiteit van
Johannesburg, glo rekenaarvaardigheid is. ̓n basiese vereiste, maar die
uitdaging is om die gebruik verantwoordelik te bestuur. Ouers span skerms
maklik as ’n geduldige (5.7) babawagter in, maar baie glo ook dat
tegnologiese kennis kinders ̓n voorsprong gee.
4 Die gebruik van rekenaars, tablette en selfone is nie ’n probleem nie (5.9); dis
die oormatige en onoordeelkundige gebruik daarvan wat tot ̓n reeks probleme
en frustrasies (5.9) kan bydrae. Prof. Ferreira sê die skoolstelsel verander en
(5.10) meer handboeke en leermateriaal word op tablette gelaai, maar dis
belangrik dat skole daarvoor vergoed en ook fokus op aktiwiteite wat kinders
fisiek sal ontwikkel.
[Verwerk uit Rooi Rose, 14 Junie 2015]
5.1 Vul die korrekte voorsetsel in. (1)
5.2 Gee die stam van die vetgedrukte woord in paragraaf 1. (1)
5.3 Haal ’n voorbeeld van ̓n infinitief uit paragraaf 1. (1)
5.4 Gee EEN woord vir die beskrywing. (1)
5.5 Herskryf die sin en skryf die onderstreepte deel in die ontkennende vorm. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11
5.6 Verander die vetgedrukte sin in ’n vraagsin sonder die gebruik van ’n
vraagwoord soos: Hoekom/Wie/Wat? (1)
5.7 Kies die regte antwoord van dié tussen hakies:
Die onderstreepte woord is (volksetimologie, leengoed, nuutskepping). (1)
5.8 Identifiseer die spelfout in paragraaf 4 en skryf slegs die korrekte spelling
van hierdie woord neer. (1)
5.9 Die vetgedrukte woord in paragraaf 4 is ʼn hulpwerkwoord. Watter tipe
hulpwerkwoord is dit? (1)
5.10 Skryf die onderstreepte sin in paragraaf 4 in die bedrywende vorm. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C (40 ÷ 2): 20
GROOTTOTAAL: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2019 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2014 Question Paper

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2018 Memo
More from Grade 9 Afrikaans HL

CAPS document
CAPS SP HOME AFRIKAANS GR 7 9 web

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 1 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 GEC Test 2023 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 GEC Test 2022 Memo

Memorandum