Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 9
NOVEMBER 2018
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NASIENRIGLYN
PUNTE: 45
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2018 Memo
Grade 9 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the November EC 2018, 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 9 · November EC · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 9
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- November EC
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 541.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
November EC 2018
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Luister en Praat / Listening & Speaking
- Question 1.2Luister en Praat / Listening & Speaking
- Question 1.3Luister en Praat / Listening & Speaking
- Question 1.4Luister en Praat / Listening & Speaking
- Question 1.5Skryf en Aanbied / Writing & Presenting30 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied / Writing & Presenting120 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2018)
Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van
skryfwerk ter wille van eenvoud en eenvormigheid.
SIMBOOL BESKRYWING VERDUIDELIKING
0 Sirkel Punktuasiefout
Dubbelstrepie onder Spelfout
ʼn woord
Lang streep onder ʼn Foutiewe woordgebruik
woord
Sirkel met pyltjie Woordorde
/\ Weglaatteken Woord weggelaat
T Hoofletter T in Tye verwar
kantlyn
H Dubbele hh Herhaling van gedagtes
VR Vraestel Dele saamgeflans met vraestel
gebruik
? Vraagteken Baie verwarrend/sukkel om te
verstaan wat leerder skryf
[ Enkel hakie Nuwe paragraaf
E Letter “e” bo woord Engelse woord gebruik
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 30 geassesseer. Die
kandidaat mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag
enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp
interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel
nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die punte soos volg aan:
VOORBEELD:
Inhoud, beplanning en formaat: IBF – K4 = 8
Taal, styl en redigering: TSR – K4 = 8
TOT. = 16
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).
Dra die punt uit 30 oor na die BEGIN van die vraag (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
LET WEL: Indien die punt 9½ sou wees, dra dit dan as 10 oor.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp
bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te
wees.
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne
gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter
ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer.
Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die
hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer
se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn
verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die
opstel saam, terwyl ʼn argumenterende en beredeneerde opstel se
slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede
(onderstaande nasienriglyn) mag nie as bindend beskou word nie. Die
kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:
1.1 Dit is goed om op skool ʼn vaste verhouding op skool te hê ... of nie?
Hierdie onderwerp leen hom tot die skryf van ʼn argumenterende of
beredeneerde opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek of dit
goed/nadelig is om ʼn vaste verhouding op skool te hê of nie. In ʼn
beskrywende opstel kan die kandidaat gebeure beskryf/vertel waarom
hy/sy ʼn mening daaroor het. [30]
1.2 Aanhaling oor taal
Hierdie onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere
verhalend of beskrywend kan wees. Die kandidaat kan enige prikkel in
die aanhaling neem en daarop fokus. Verskeie maniere kan beskryf word
hoe om die taal te bewaar of ʼn liefde vir die taal uit te beeld. Hierdie
onderwerp leen hom ook tot die skryf van ʼn argumenterende of
beredeneerde opstel waar die kandidaat bv. oor die
voor-/nadele van Kaaps Afrikaans kan skryf. [30]
1.3 Vertel die verhaal volledig na aanleiding van die gegewens.
ʼn Verhaal sal op hierdie onderwerp as tema fokus. Die onderwerp kan
ook tot ʼn spannende verhaal lei. Indien die kandidaat skryf oor die
belewing van die persoon, kan dit as ʼn beskrywende opstel aanvaar word. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2018)
1.4 Waarom hierdie op my wenslys is …
Die kandidaat kan dit wat op sy/haar wenslys is, beskryf en motiveer
waarom hy/sy dit graag wil hê. Die wenslys kan letterlike asook figuurlike
aspekte insluit. ʼn Blote opnoem van verskeie dinge is nie aanvaarbaar nie. [30]
1.5 Die dorp/stad/woonbuurt waar ek bly, is voorwaar ʼn lekker plek.
As verhaal kan die kandidaat skryf oor spesifieke gebeure wat die
dorp/stad/woonbuurt ʼn lekker plek maak. As beskrywende opstel
kan die kandidaat moontlike redes gee oor hoekom dit ʼn lekker plek
is deur byvoorbeeld na die mense, vriende, besienswaardighede,
goeie skole, die natuur ens. te verwys; hoe die ruimte ʼn verskil in
sy/haar lewe gemaak het [30]
1.6 1.6.1 Hart-hangertjie
Die kandidaat kan ʼn verhalende opstel skryf waarin hy/sy vertel
van ʼn ervaring waar die hangertjie ter sprake is of gebeurtenis
waar dit as ʼn geskenk ontvang is. In ʼn beskrywende opstel kan
die kandidaat skryf oor verskillende soorte harte, (letterlik en
figuurlik). As beredenende opstel kan die kandidaat besin oor
die waarde van liefde of verhoudings. Die kandidaat kan ook
oor die waarde van harte/liefde om jou lewensuitkyk te
verbreed, redeneer/argumenteer. [30]
1.6.2 Olifante
Die kandidaat kan ʼn verhalende opstel skryf waarin hy/sy vertel
van ʼn spesifieke gebeurtenis met ʼn olifant. In ʼn beskrywende
opstel kan die kandidaat na die eienskappe en gewoontes van
olifante verwys of ʼn wildkykrit beskryf waar olifante en ander diere
besigtig is. Die kandidaat kan ook oor bv. die waarde van
wildparke redeneer/argumenteer of bespiegel oor die abstrakte
uitkyk oor die lewe deur na die groter geheel te kyk of om op die
spesifieke te fokus. [30]
1.6.3 Twee hande
As ʼn kandidaat ʼn beskrywende opstel aanpak, kan handelinge of
gebeure, wat die prikkel uitbeeld, beskryf word. ʼn Verhaal waarin
die hande ʼn rol speel, kan aangebied word. Die kandidaat kan
oor vriendskaplike/romantiese/enige ander verhoudings
argumenteer of na begrippe soos bv.ondersteuning verwys. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
SOORTE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie of gebeurtenis (gewoonlik uit
die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word − dus ʼn storie of
gebeurtenis.
ʼn Sterk storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig. Dit is opreg
en met entoesiasme geskryf.
Die verlede tyd word gebruik, maar die teenwoordige tyd kan ook
gebruik word om ʼn gevoel van die hede te skep.
Die inleidingsparagraaf moet boeiend wees.
Die verhaal kan uit eie ervaring geskryf word, of dit kan fiktief wees.
ʼn Verrassende slot is effektief.
Beskrywende elemente moet gebruik word.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
aandag geniet.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dit is moeilik om
iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in
staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te
beleef.
Hou die volgende in gedagte:
Waarneming met al vyf sintuie (sig, klank, gehoor, smaak en
aanraking) en ʼn goeie woordeskat word vereis.
Skep dus ʼn prentjie in woorde.
Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ʼn oorspronklike wyse
aangewend.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
aandag geniet.
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het ʼn spesifieke mening/opinie daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer. Die skrywer se mening moet deurgaans duidelik wees. Dit is ʼn
subjektiewe (eensydige) opstel waarin die skrywer probeer om die leser te
oortuig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2018)
Hou die volgende in gedagte:
Begin met die skrywer se standpunt oor die onderwerp op ʼn
oorspronklike en treffende wyse.
Gee ʼn verskeidenheid argumente ter ondersteuning en uitbouing van ʼn
standpunt.
Fokus op punte vir of teen ʼn stelling.
Druk subjektiewe en sterk menings uit.
Gebruik ʼn verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke.
Gebruik gevoelstaal wat emosioneel kan wees, maar nie kru taal nie.
Sluit af met ʼn sterk slot, duidelike en oortuigende stelling wat die
skrywer se mening reflekteer.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
aandag geniet.
BEREDENERENDE OPSTEL
Dit is objektief en probeer ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn
argument gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings, onpartydig aan. Die skrywer mag tot
ʼn spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die
argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd wees.
Hou die volgende in gedagte:
Die opstel handel oor ʼn onderwerp waaroor reeds standpunt
ingeneem word tydens die inleiding.
BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
ʼn Gevolgtrekking wat aansluit by die inleiding word in die
slotparagraaf bereik.
Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
aandag geniet.
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 15 geassesseer. Slegs EEN
teks word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is,
word die eerste teks nagesien. Hier moet die formaat oorwegend korrek
wees. Die opdrag moet uitgevoer word.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die punte soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: IBF − K5 = 7
Taal, styl en redigering: TSR = K3 = 2
TOT. 9
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die
teks). Dra die punt uit 15 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort
by die beplanningsgedeelte te wees).
LET WEL: Indien die punt 6½ sou wees, dra dan die punt as 7 oor.
VRAAG 2
2.1 INFORMELE BRIEF
FOKUS: Die kandidaat moet sy gedrag verduidelik oor hoekom sy/haar
ouers hom/haar so ervaar het dat die ouer ʼn opmerking maak
en moedeloos klink. ʼn Kort verskoning moet aangebied word.
TEKSSTRUKTUUR:
Die skrywer se adres verskyn bo regs.
Die datum waarop die brief geskryf word, word voluit geskryf
en nie numeries nie.
Na die skrywer se adres volg ʼn informele aanhef aan die
linkerkant.
Daar moet ʼn inleiding, liggaam en ʼn slot wees.
Die taal, toon en styl is informeel van aard.
Geen leestekens in die adresse, aanhef en slot nie.
Sluit die brief informeel af en word gevolg deur die skrywer
naam. [15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2018)
2.2 PLAKKAAT
FOKUS: Die kandidaat moet ʼn plakkaat maak om haar-/homself te
bemark om ekstra klasse aan te bied.
TEKSSTRUKTUUR:
Die opskrif moet duidelik uitstaan met die fokus op ekstra
klasse.
Die styl kan kort en kripties wees; volsinne is nie verpligtend
nie.
Die volgende inligting is noodsaaklik:
Die vakke waarmee gehelp gaan word;
Hoeveel die klasse gaan kos;
Watter tye dit aangebied gaan word;
Waar die aanbieding gaan plaasvind;
Kontakpersoon se naam en telefoonnommer/adres.
Die taal, styl en register kan formeel/informeel wees.
Sinstruktuur (indien volsinne), spelling, leestekens en
taalgebruik moet aandag geniet. [15]
2.3 INFORMELE TOESPRAAK/MONDELINGE AANBIEDING
FOKUS: Die kandidaat moet namens sy/haar ouma en familie sy
oupa, wat sewentig jaar word, geluk wens.
TEKSSTRUKTUUR:
Die openingsin is baie belangrik en moet die gehoor
onmiddellik boei.
Gee ʼn kort oorsig oor die oupa se lewe. Deel herinneringe,
noem hoogtepunte/mooi eienskappe en beskryf sy rol in die
familie se lewe.
Bedank ook die oupa vir sy goedheid en omgee/noem waarom
hy so spesiaal is.
ʼn Treffende slot - noem ook bv. dat die oupa sy
verjaardaggeleentheid moet geniet.
Die taal, styl en register kan formeel/informeel wees.
Sinstruktuur, spelling, leestekens taalgebruik en paragrafering
moet aandag geniet. [15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9
2.4 DAGBOEKINSKRYWING
FOKUS: Die kandidaat beskryf ʼn dag waarop hy/sy geboelie is en
gee ook sy/haar emosies oor die gebeure. Detail oor wat
gebeur het, kan beskryf word.
TEKSSTRUKTUUR:
ʼn Dagboek moet van ʼn datum voorsien word.
Liewe Dagboek is opsioneel.
Dit word in die eerstepersoon geskryf.
Die dagboek word aan die einde van die dag geskryf – verlede
tyd word vir die gebeure wat reeds plaasgevind het, gebruik.
Die teenwoordige tyd kan vir die emosies wat ondervind word,
gebruik word.
Die taal, styl en register is informeel.
Sinstruktuur, spelling, leestekens en taalgebruik moet
aandag geniet.
Een paragraaf is aanvaarbaar. [15]
TOTAAL AFDELING B: 15
GROOTTOTAAL: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 1: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [30]
Prestasie Kode 7 Kode 6 Kode 5 Kode 4 Kode 3 Kode 2 Kode 1
aanduiders Uitmuntende Verdienstelike Beduidende Voldoende Matige prestasie Basiese Ontoereikende
40−49% prestasie prestasie
prestasie prestasie prestasie prestasie
30 PUNTE 80−100% 70−79% 60−69% 50−59% 30−39% 0−29%
16−18 13−15 10−12 8−9 6−7 4−5 1−3
- Uitgebreide, gespesialiseerde - Baie goeie kennis van - Redelike kennis van - Voldoende kennis van - Matige kennis van vereistes - Elementêre kennis - Geen kennis van
Inhoud en kennis van vereistes van teks. formaat van teks. vereistes van teks. vereistes van teks. van teks. Respons op van vereistes van vereistes van
beplanning - Toon grondige bewustheid van - Toon breë bewustheid van - Toon ’n algemene - Toon enkele tekens van geskrewe teks toon beperkte teks. teks.
wyer konteks in skryfwerk. wyer konteks in skryfwerk. bewustheid van wyer bewustheid van wyer fokus. - Respons op - Toon geen tekens
- Skryf gedissiplineerd – behou - Skryf gedissiplineerd – konteks in skryfwerk. konteks in skryfwerk. - Toon beperkte tekens van geskrewe teks toon van bewustheid
18 PUNTE fokus, geen afwykings van behou fokus, geen - Skryfwerk behou fokus, - Skryfwerk wyk van bewustheid van wyer konteks beperkte fokus. van wyer konteks
formaat. afwykings van formaat. min afwykings van onderwerp af, maar dit in skryfwerk - Toon beperkte in skryfwerk
- Inhoud en idees algeheel - Inhoud en idees koherent formaat. belemmer nie algehele - Skryfwerk wyk van tekens van - Skryfwerk wyk
koherent en hoogs uitgebreid; en baie goed uitgebreid, - Inhoud en idees koherent betekenis onderwerp af, betekenis bewustheid van wyer van onderwerp af,
alle details ondersteun alle details ondersteun en uitgebreid, meeste - Inhoud en idees plekplek vaag. konteks in skryfwerk betekenis plek-
onderwerp. onderwerp details ondersteun voldoende koherent, - Idees en inhoud matig - Skryfwerk wyk van plek onduidelik.
- Bewyse van beplanning en/of - Bewyse van beplanning en/of onderwerp sommige details koherent, sommige details onderwerp af, - Inhoud en idees
eerste poging lei tot feitlike eerste poging lei tot goed - Bewyse van beplanning ondersteun onderwerp. ondersteun onderwerp. betekenis plek-plek nie koherent, baie
foutlose, gepaste aanbieding. saamgestelde, gepaste en/of eerste poging lei tot - Bewyse van beplanning - Bewyse van beplanning onduidelik. Inhoud min details
- Formaat hoogs aanbieding. goeie, gepaste en/of eerste poging lei tot en/of eerste poging lei tot en idees nie altyd ondersteun
geskik/uitmuntend. - Nodige reëls vir formaat van aanbieding. bevredigende, gepaste matige, gepaste en koherent, baie min onderwerp.
teks baie goed - Nodige reëls vir formaat aanbieding koherente aanbieding. details ondersteun - Beplanning en/of
toegepas/verdienstelik. van teks - Vereistes van formaat - Het matige idee van formaat onderwerp eerste poging
toegepas/verdienstelik. voldoende toegepas. van teks – sommige kritiese, - Onvoldoende vir onvoldoende.
nalatige foute. Huistaalvlak t.s.v. - Swak aanbieding.
beplanning en/of Formaat van teks
eerste poging, swak nie toegepas/
aanbieding. Het vae Ontoereikend
idee van formaat van
teks – kritiese,
nalatige
foute/elementêr.
11−12 10 9 7−8 5−6 3−4 . 1−2
- Grammatikaal akkuraat en - Baie goed saamgestel en - Goed saamgestel en lees - Samestelling voldoende, - Samestellig basies. Verskeie - Swak saamgestel - Swak saamgestel
Taal, styl en briljant saamgestel.
- Woordeskat hoogs geskik vir
akkuraat.
- Woordeskat baie geskik vir
maklik.
- Woordeskat geskik vir doel,
foute belemmer nie vloei foute. en moeilik om te en baie moeilik om
van teks. - Woordeskat beperk en nie volg. te volg.
redigering doel, gehoor en opdrag doel, gehoor en opdrag gehoor en inhoud. Styl, - Woordeskat voldoende vir baie geskik vir doel, gehoor - Woordeskat benodig - Woordeskat
(inhoud) (inhoud). toon, register meestal doel, gehoor en inhoud. en inhoud. remediëring en is benodig ernstige
- Styl, toon, register hoogs - Geskikte styl, toon, register vir geskik. - Styl, toon, register redelik - Styl, toon en register pas nie nie geskik vir doel, remediëring en is
12 PUNTE geskik. vereistes van teks. - Meestal foutvry na geskik. altyd by onderwerp nie. gehoor en inhoud. nie geskik vir doel,
- Feitlik foutvry na proeflees en - Grootliks foutvry na proeflees proeflees en redigering. - ’n Paar foute na proeflees - Verskeie foute na proeflees - Styl, toon en gehoor en inhoud
redigering. en redigering. - Lengte korrek en redigering. en redigering. register nie geskik. - Styl, toon en
- Lengte korrek. - Lengte korrek. Lengte amper korrek. - Lengte – te lank/kort. - Besaai met foute na register kom nie
proeflees en met onderwerp
redigering. ooreen.
- Lengte – te lank/kort - Besaai met foute
en verwar leser na
proeflees.
- Lengte ver te
lank/kort
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2018)
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V3 11
VRAAG 2: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [15]
Prestasie
aanduiders Kode 7 Kode 6 Kode 5 Kode 4 Kode 3 Kode 2 Kode 1
15 PUNTE
Uitmuntende Verdienstelike Beduidende Voldoende Matige prestasie Basiese Ontoereikende
prestasie prestasie prestasie prestasie prestasie prestasie
80−100% 70−79% 60−69% 50−59% 40−49% 30−39% 0−29%
9 8 7 6 5 4 1–3
Inhoud en - Uitgebreide, gespesialiseerde - Baie goeie kennis van - Redelike kennis van - Voldoende kennis van - Matige kennis van vereistes - Elementêre kennis van - Geen kennis van vereistes van
kennis van vereistes van teks formaat van teks. vereistes van teks. Toon vereistes van teks. van teks. Respons op vereistes van teks. teks.
beplanning - Toon - Toon breë bewustheid van ’n algemene bewustheid - Toon enkele tekens geskrewe teks toon - Respons op geskrewe - Toon geen tekens van bewustheid
grondige bewustheid van wyer wyer konteks in skryfwerk. van wyer konteks in van bewustheid van beperkte fokus. teks toon beperkte van wyer konteks in skryfwerk
konteks in skryfwerk. - Skryf gedissiplineerd – skryfwerk. wyer konteks in - Toon beperkte tekens van fokus. - Skryfwerk wyk van onderwerp af,
9 PUNTE - Skryf gedissiplineerd – behou behou fokus, geen - Skryfwerk behou fokus, skryfwerk bewustheid van wyer - Toon beperkte tekens betekenis plek-plek onduidelik.
fokus, geen afwykings van afwykings van formaat. min afwykings van - Skryfwerk wyk van konteks in skryfwerk. van bewustheid van Inhoud en idees nie koherent,
formaat. - Inhoud en idees koherent formaat. onderwerp af, maar dit - Skryfwerk wyk van wyer konteks in baie min details ondersteun
- Inhoud en idees algeheel en baie goed uitgebreid, - Inhoud en idees koherent belemmer nie algehele onderwerp af, betekenis skryfwerk. onderwerp.
koherent en hoogs uitgebreid, alle details ondersteun en uitgebreid, meeste betekenis plek-plek vaag. Idees en - Skryfwerk wyk van - Beplanning en/of eerste poging
alle details ondersteun onderwerp details ondersteun - Inhoud en idees inhoud matig koherent, onderwerp af, onvoldoende.
onderwerp. - Bewyse van beplanning onderwerp voldoende koherent, sommige details ondersteun betekenis plek-plek
- Bewyse van beplanning en/of en/of eerste poging lei tot - Bewyse van beplanning sommige details onderwerp. onduidelik. Inhoud en
eerste poging lei tot feitlike goed saamgestelde, en/of eerste poging lei tot ondersteun onderwerp. - Bewyse van beplanning idees nie altyd
foutlose, gepaste aanbieding. gepaste aanbieding. goeie, gepaste aanbieding. - Bewyse van beplanning en/of eerste poging lei tot koherent, baie min
- Formaat hoogs - Nodige reëls vir formaat - Nodige reëls vir formaat van en/of eerste poging lei matige, gepaste en details ondersteun
geskik/uitmuntend. van teks baie goed teks toegepas/verdienstelik tot bevredigende, koherente aanbieding. onderwerp.
toegepas/verdienstelik. gepaste aanbieding. - Het matige idee van - Onvoldoende vir
- Vereistes van formaat formaat van teks – sommige Huistaalvlak t.s.v.
voldoende toegepas. kritiese, nalatige foute. beplanning en/of eerste
poging, swak
aanbieding.
Het vae idee van
formaat van teks –
kritiese, nalatige
foute/elementêr.
6 5 4 3 2 1½ 1
Taal, styl en - Grammatikaal akkuraat en - Goed saamgestel en lees - Samestelling - Swak saamgestel en
briljant saamgestel.
- Baie goed saamgestel en maklik. voldoende, foute
- Samestellig basies. moeilik om te volg.
- Swak aanbieding. Formaat van
redigering akkuraat. Verskeie foute. teks nie
- Woordeskat hoogs geskik vir - Woordeskat geskik vir doel, belemmer nie vloei van - Woordeskat benodig
toegepas/ontoereikend.
doel, gehoor en opdrag - Woordeskat baie geskik vir gehoor en inhoud. Styl, teks. - Woordeskat beperk en nie remediëring en is nie
- Swak saamgestel en baie
(inhoud) doel, gehoor en opdrag toon, register meestal - Woordeskat voldoende baie geskik vir doel, gehoor geskik vir doel, gehoor
moeilik om te volg.
6 PUNTE - Styl, toon, register hoogs (inhoud) geskik. vir doel, gehoor en en inhoud. en inhoud nie.
- Woordeskat benodig ernstige
geskik. - Meestal foutvry na proeflees inhoud. - Styl, toon en register
- Feitlik foutvry na proeflees en
- Geskikte styl, toon, register en redigering. - Styl, toon, register
- Styl, toon en register pas nie geskik.
remediëring en is nie geskik vir
vir vereistes van teks. nie altyd by onderwerp nie. doel, gehoor en inhoud nie.
redigering. - Lengte korrek. redelik geskik. - Besaai met foute na
Verskeie foute na proeflees - Styl, toon en register kom nie
- Lengte korrek - Grootliks foutvry na - ’n Paar foute na
en redigering. proeflees met onderwerp ooreen.
proeflees en redigering. proeflees en redigering. en redigering. - Besaai met foute en verwar
- Lengte korrek. - Lengte amper korrek - Lengte – te lank/kort. Lengte – te lank/kort. leser na proeflees.
- Lengte ver te lank/kort.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2018 Question Paper

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2014 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2018 Question Paper
More from Grade 9 Afrikaans HL

CAPS document
CAPS SP HOME AFRIKAANS GR 7 9 web

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 P1 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 P2 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 GEC Test 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 GEC Test 2022 Question Paper

Question paper