Skip to content

Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2018 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 920187 pages

Grade 9 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the November EC 2018, 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

November EC 2018

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com - NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 9 NOVEMBER 2018 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 45 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (Opstel) (30 punte) AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE (15 punte) 2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 4. Voer die opdrag by elke vraag wat jy kies noukeurig uit. 5. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 6. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart/ diagram/ vloeidiagramme/ kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet voor die finale produk gedoen word. 7. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Voorsien elke skryfstuk van ʼn gepaste titel/opskrif. 9. Skryf die getal woorde wat jy gebruik het onder die skryfstuk neer. 10. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 11. Jy moet jou tyd soos volg bestee: AFDELING A: ongeveer 55 minute AFDELING B: ongeveer 35 minute 12. Skryf netjies en leesbaar in swart of blou ink. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL) VRAAG 1 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 250–300 woorde. 1.1 A: “Die ergste is die eensaamheid wat volg. Die goeie ding is dat jy weer nuwe verhoudings kan begin” B: “Wanneer twee mense se paaie skei, word hulle blootgestel aan nuwe wêrelde met nuwe uitdagings – dis die goeie deel. Die ergste is om terug te dink aan die goeie tye en dan te besef dat altwee saam met ander mense goeie tye sal beleef.” Dit is die mening van verskillende jong tieners in jou graad oor die beëindiging van ʼn verhouding. Wat is jou siening oor romantiese verhoudings op skool? TITEL: Dit is goed om op skool ʼn vaste verhouding te hê … of nie? [30] OF 1.2 Marius Tinus (digter): “die beste manier ommie taal te bewaar is: Liessit, prattit, skryffit, ontginnit en bedryffit …” [30] OF 1.3 As ek elke dag by my venster uitkyk, sit daar ʼn donkerkop man met ʼn lang baard op ʼn bankie. Hy wil vir my bekend lyk, maar ook nie … Ek roep na hom … Vertel die verhaal volledig. [30] OF 1.4 WAAROM HIERDIE OP My WEnslys Is … [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2018) OF 1.5 Die dorp/stad/woonbuurt waar ek bly, is voorwaar ʼn lekker plek. [30] OF 1.6 Kies EEN van die onderstaande visuele prikkels en skryf ʼn opstel daaroor. Voorsien jou opstel van ʼn gepaste titel. 1.6.1 [Bron: Google images] [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 1.6.2 [Bron: Google Images] [30] OF 1.6.3 [Bron: Google images] [30] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2018) AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 100–110 woorde oor elk. Skryf die nommers neer. 2.2 INFORMELE BRIEF “Ek is so moeg vir jou gekla,” sê haar/sy pa vies. “Elke dag hoor ek net ‘ek wil nie’ of ‘ek is nie lus nie’ of sommer net ‘nee’. Jy moet ʼn bietjie aan jou houding begin werk, jong dame/heer, of jy gaan van my ook net ‘nee’ kry.”. (Verwerk uit die AWS 2017) Skryf ʼn vriendskaplike brief aan jou pa/ma waarin jy jou gedrag verduidelik oor hoekom jou ma/pa jou so ervaar. Vra ook vir hom/haar verskoning. [15] OF 2.2 PLAKKAAT Jy het besluit om die gr.9-leerders by julle skool met hulle skoolwerk te help aangesien jy die werk goed verstaan en graag ekstra sakgeld wil verdien. Die hoof het vir jou toestemming gegee om plakkate in die skoolgebou op te sit sodat jy jou dienste kan adverteer. Maak ʼn plakkaat wat jy in die gebou kan opsit. [15] OF 2.3 INFORMELE TOESPRAAK/MONDELINGE AANBIEDING Jou oupa raak sewentig. Jy is die oudste kleinseun/-dogter. Jou ouma het vir jou gevra om vir jou oupa namens haar en die familie met sy verjaardag geluk te wens. Bedank hom ook vir al sy goedheid en omgee deur die jare. Skryf die toespraak vir jou oupa wat jy tydens sy verjaardaggeleentheid gaan lewer. [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7 2.4 DAGBOEKINSKRYWING GISTER ... VANDAG WEER ... WAT VAN MôRE? EK WEET NIE MEER NIE ... HOE LANK KAN EK NOG UITHOU? Jy word elke dag geboelie en weet nie meer hoe om dit te hanteer nie. Maak ʼn dagboekinskrywing aan die einde van die dag waarin jy beskryf wat daardie dag gebeur het en al die emosies wat jy ervaar het. [15] TOTAAL AFDELING B: 15 GROOTTOTAAL: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 9 Afrikaans HL

View all