Proef
hlayiso mock exams
Oefenreeks:
Graad 9 eksamenvoorbereiding
WWW.HLAYISO.COM
SENIOR FASE
EINDEJAARSEKSAMEN
GRAAD 9
AFRIKAANS HUISTAAL V2
NOVEMBER 2026 (PROEF)
PUNTE: 50
TYD: 1½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2026 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 9 P2 November Mock 2026 Question Paper
Grade 9 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the November Mock Exam 2026, 5 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 9 · November Mock Exam · 2026 · Afrikaans. Question paper, 5 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 9
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2026
- Exam period
- November Mock Exam
- Paper
- 2
- Publisher
- Hlayiso
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 5
- File size
- 142.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 5
This exam
November Mock Exam 2026
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Huistaal/V2 2 Hlayiso/Proef 2026
Senior Fase Proef
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: Kreatiewe teks (Opstel) (30)
AFDELING B: Transaksionele teks (20)
2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.
3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
4. Voer die opdrag by elke vraag wat jy kies, noukeurig uit.
5. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.
6. Jy moet jou werk beplan (bv. ’n breinkaart, diagram, vloeidiagram of kernwoorde),
proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. Dui
jou beplanning duidelik met die woord BEPLANNING aan en trek dit daarna netjies
deur.
7. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
8. Voorsien elke skryfstuk van ’n gepaste titel/opskrif.
9. Skryf die getal woorde wat jy gebruik het, tussen hakies onder elke skryfstuk neer. Die
titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE.
10. Jy moet jou tyd soos volg bestee:
AFDELING A: ongeveer 55 minute
AFDELING B: ongeveer 35 minute
11. Skryf netjies en leesbaar in swart of blou ink.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 3 Hlayiso/Proef 2026
Senior Fase Proef
AFDELING A: KREATIEWE TEKS (OPSTEL)
VRAAG 1
Kies EEN van die onderwerpe hieronder en skryf ’n OPSTEL van 250 tot 300 woorde daaroor.
Skryf die vraagnommer en die titel van jou opstel neer.
Hou die volgende puntetoekenning in gedagte:
Inhoud en beplanning 18
Taal, styl en redigering 9
Struktuur 3
1.1 Die dag toe die krag vir ’n week uitgegaan het [30]
OF
1.2 Voltooi die verhaal wat so begin: [30]
Die laaste ding wat ek verwag het toe ek die klaskamerdeur daardie oggend
oopmaak, was …
Vertel die verhaal volledig. Gebruik die sin as die eerste sin van jou opstel. Gee
jou opstel ’n gepaste titel.
OF
1.3 Lees die menings van twee graad 9-leerders: [30]
A: “My selfoon is my woordeboek, my sakrekenaar en my studiehulp. As
onderwysers dit reg bestuur, kan ons in die klas baie meer leer.”
B: “In ons klas kyk almal heeltyd na hul skerms. Ons kan nie konsentreer nie,
en sommige leerders boelie ander selfs aanlyn terwyl die les aangaan.”
Wat is jou standpunt? Jy mag saamstem of verskil. Skryf ’n argumenterende of
beredeneerde opstel met die titel:
Selfone hoort nie in die klaskamer nie.
OF
1.4 Saterdagoggend in my dorp/stad [30]
Beskryf ’n besige plek in jou omgewing (bv. ’n mark, ’n taxistaanplek, ’n
winkelsentrum of ’n sportveld) op ’n Saterdagoggend. Gebruik al VYF jou sintuie
in jou beskrywing.
OF
1.5 Die mens wat ek oor tien jaar wil wees [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 4 Hlayiso/Proef 2026
Senior Fase Proef
OF
1.6 Kies EEN van die volgende visuele prikkels en skryf ’n opstel daaroor. Gee jou opstel
’n gepaste titel. Skryf die vraagnommer (1.6.1 OF 1.6.2) en jou eie titel neer.
1.6.1 [30]
?
?
[Eksaminator se eie tekening]
OF
1.6.2 [30]
[Eksaminator se eie tekening]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 5 Hlayiso/Proef 2026
Senior Fase Proef
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 2
Kies EEN van die onderwerpe hieronder en skryf ’n teks van 100 tot 110 woorde daaroor.
Skryf die vraagnommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.
Hou die volgende puntetoekenning in gedagte:
Inhoud, beplanning en formaat 12
Taal, styl en redigering 8
2.1 INFORMELE BRIEF
Volgende jaar begin jy in graad 10 en jy moet binnekort jou vakke kies. Jou ouer
neef/niggie het verlede jaar matriek geslaag en studeer nou aan ’n universiteit of
kollege.
Skryf ’n VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan jou neef/niggie waarin jy vertel watter vakke jy
oorweeg en waarom, EN vra hom/haar om raad. [20]
OF
2.2 DAGBOEKINSKRYWING
Vandag het jy jou laaste eksamenvraestel van die jaar geskryf. Dit was ’n jaar vol
hoogtepunte en laagtepunte.
Skryf ’n DAGBOEKINSKRYWING op die aand van die laaste eksamendag waarin jy
oor die jaar terugdink EN sê waarna jy uitsien. [20]
OF
2.3 TOESPRAAK
Jy is gekies om namens die graad 9-leerders ’n kort toespraak by die graad
9-afskeidsfunksie te lewer. Party van jou maats gaan volgende jaar na ander skole
of kolleges.
Skryf die TOESPRAAK wat jy by die funksie gaan lewer. [20]
OF
2.4 ADVERTENSIE
Die graad 9-klasse hou op Saterdag 21 November ’n markdag op die skoolterrein om
geld vir ’n skooluitstappie in te samel. Daar sal kosstalletjies, speletjies en vermaak
wees.
Ontwerp ’n ADVERTENSIE vir die skoolkoerant om mense na die markdag te lok.
Jou advertensie moet ook 100 tot 110 woorde bevat.
LET WEL: Geen punte word vir tekeninge of versierings toegeken nie. [20]
TOTAAL AFDELING B: 20
GROOTTOTAAL: 50
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 1 November Mock 2026 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 ANA 2014 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 ANA Exemplars 2014 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 ANA 2013 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 ANA Exemplars 2013 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 ANA 2012 Question Paper
More from Grade 9 Afrikaans HL

CAPS document
CAPS SP HOME AFRIKAANS GR 7 9 web

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 GEC Test 2023 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 GEC Test 2022 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2019 Memo

Memorandum