Downloaded from hlayiso.com
SENIOR FASE
GRAAD 9
NOVEMBER 2019
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NASIENRIGLYN
PUNTE: 30
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 8 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2019 Memo
Grade 9 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the November EC 2019, 8 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 9 · November EC · 2019. Memorandum, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 9
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- November EC
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 349.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
November EC 2019
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019)
Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille van eenvoud
en eenvormigheid.
SIMBOOL BESKRYWING VERDUIDELIKING
0 Sirkel Punktuasiefout
________ Dubbelstrepie onder ʼn Spelfout
________ woord
_________________ Lang streep onder ʼn woord Foutiewe woordgebruik
Sirkel met pyltjie Woordorde
/\ Weglaatteken Woord weggelaat
T Hoofletter T in kantlyn Tye verwar
H Dubbele hh Herhaling van gedagtes
VR Vraestel Dele saamgeflans uit vraestel
? Vraagteken Baie verwarrend/sukkel om te verstaan
wat leerder skryf
[ Enkel hakie Nuwe paragraaf
E Letter “e” bo woord Engelse woord gebruik
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 20 geassesseer. Die leerder mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die
finale poging is, word die eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = KL = 12
Taal, styl en redigering: T = KL = 6
Struktuur: S=G= 2
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 14
(onder die opstel).
Dra die punt uit 20 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort
treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat.
Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die
skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende opstel vat die slot die skryfstuk
saam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyne) mag nie as
bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:
1.1 Ek is jammer oor alles, Alice!
Indien die leerder die opstel as ’n verhalende skryfstuk aanbied, sal die fokus
terugskouend op dit wees waaroor daar spyt is. In ʼn beskrywende opstel sal die
leerder op gevoelens ten opsigte van dit wat skeefgeloop het, fokus. [20]
1.2 Die vreemde busbestuurder …
Die opstel sal hoofsaaklik beskrywend aangebied word. Die kandidaat sal fokus
op die vreemdheid van die busbestuurder. Hierdie onderwerp leen hom ook tot
ʼn verhalende opstel, veral waar die kandidaat ‘n storie oor sy vreemdheid vertel. [20]
1.3 Opwindende gebeurtenis
Die onderwerp leen hom suiwer tot ʼn beskrywende opstel, Die kandidaat moet al
vyf die sintuie in die beskrywing gebruik. [20]
1.4 Slagoffer van boeliery
Die leerder kan die opstel as ʼn beskrywende opstel aanbied en ̓n beskrywing van
die emosies wat hy/sy ervaar het, gee. Of hy/sy kan ook die boelie beskryf.
Hierdie onderwerp leen hom ook tot ʼn verhalende opstel waar die leerder sy/haar
verhaal vertel. [20]
1.5 ʼn Dag in die skoene van ̓n onderwyser
ʼn Beskrywende opstel kan die dag van die onderwyser beskryf. Indien ʼn
verhalende opstel aangebied word, sal die fokus op die gebeure val wat die
onderwyser beleef. [20]
1.6 1.6.1 Seuntjie met draadkar
Indien die opstel as ʼn verhalende skryfstuk aangebied word, sal die fokus
op die speel met die draadkar val. By ʼn beskrywende inhoud kan die
kandidaat die seun en sy draadkar beskryf en/of die gevoelens wat
daardeur opgeroep word. Die seun/draadkar kan selfs ook die spreker
wees. [20]
1.6.2 Ma en dogter
Hierdie prikkel leen hom tot verskeie interpretasies. Die kandidaat kan ’n
verhalende opstel oor ʼn gesprek/argument tussen ’n ma en dogter skryf.
ʼn Beskrywende opstel kan die handelinge of gebeure wat deel van die
oorsaak van die argument is/die argument self beskryf. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019)
1.6.3 Rugby
Die kandidaat kan ʼn verhalende opstel aanbied oor ʼn rugbywedstryd. Die
opstel kan beskrywend aangebied word wanneer die kandidaat die
wedstryd beskryf. [20]
TOTAAL AFDELING A: 20
SOORT OPSTELLE
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede).
Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie of gebeurtenis).
ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
ʼn Treffende inleiding boei die leser en ʼn verrassende slot rond die inhoud af.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.
Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die
opnoem van waarnemings).
Tekste kan varieer van meer realisties tot ʼn verdieping in die aanbieding.
Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
Stylfigure kan gebruik word.
TOTAAL AFDELING A: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKS
AFDELING B word volgens die rubriek uit 10 geassesseer. Slegs EEN teks word
nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks
nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: I=K=6
Taal, styl en redigering: T= G = 4
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 10
Dra dan die punt uit 10 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
VRAAG 2
2.1 VRIENDSKAPLIKE/INFORMELE BRIEF
Die kandidaat skryf aan ʼn vriend/-in waarin hy/sy die geheim deel EN ook
raad vra hoe om die situasie te hanteer.
Hou die volgende in gedagte:
Gebruik informele taal, register en styl.
Die skrywer moet die geheim met die vriend/in deel.
Die skrywer moet ook raad vra hoe om die situasie te hanteer.
Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
Skryf logies en volgens ʼn spesifieke doel.
Daar moet ʼn inleiding, liggaam en slot wees.
Die adres en datum moet boaan verskyn.
Na die skrywer se adres volg ʼn informele aanhef.
Sluit die brief informeel/semiformeel af, gevolg deur die skrywer se
naam. [10]
2.2 INSTRUKSIES
Instruksies verduidelik die hoe die troeteldier stapsgewys versorg moet word.
Verskaf ook die stappe hoe om te maak wanneer die troeteldier verlang.
Hou die volgende in gedagte:
Verduidelik stap-vir-stap hoe om die troeteldier te versorg.
Verduidelik ook stap-vir-stap hoe jy hom gaan laat ophou verlang.
Elke reël van die instruksie begin met ’n werkwoord. [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019)
2.3 FORMELE VERSLAG
Die kandidaat skryf ’n ooggetuieverslag aan die polisie.
Hou die volgende in gedagte:
Die verslag word in die eerste persoon gedoen. (Toe ek om 13:30 daar
aankom, het ek gesien ...)
Dit wat beskryf word, moet in fyn detail gedoen word.
Feite moet gegee word.
Die ooggetuie moet dit wat hy-/sy gesien het, weergee.
Die verslag word saaklik geskryf.
Emosioneel gelaaide woorde is ontoepaslik.
Taal en styl moet by die formele verslag pas.
Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees.
Paragraaf 1: Persoonlike inligting (Volle name, identiteitsnommer,
adres en kontaknommer.)
Paragraaf 2: Besonderhede van gebeure: (datum, tyd, plek)
Paragraaf 3: Uitbreiding van besonderhede.
Paragraaf 4: Samevatting of gevolgtrekking.
Die verslag word laastens onderteken en van ’n datum voorsien.
Dit is kort en bondig. [10]
2.4 DAGBOEKINSKRYWING
Dagboekinskrywings is aantekeninge in ̓n dagboek van dinge wat gebeur het,
of van ervarings wat opgedoen is, of van gevoelens wat ervaar is, wat mens nie
wil vergeet nie. Die kandidaat maak TWEE dagboekinskrywings: een oor die
dag waarop hy/sy gevra is vir ‘n dans/fliek en een op die dag daarna.
Hou die volgende in gedagte:
Daar hoef nie met “Liewe Dagboek” begin te word nie.
Die dag en datum word boaan geskryf.
Dagboekinskrywings word soos ’n opstel in paragrawe geskryf.
Skryf altyd in die eerste persoon.
Skryf in die verlede tyd oor dinge wat in die verlede tyd plaasgevind het.
Gebruik woorde soos “vandag”, “gister” en “môre.”
Gevoelens wat nou ondervind word, kan in die teenwoordige tyd geskryf
word.
Gebruik adjektiewe, leestekens, en hoofletters om oortuigend te skryf.
Vrae en wense is ’n doeltreffende manier om gevoelens oor te dra. [10]
TOTAAL AFDELING B: 10
GROOTTOTAAL: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KREATIEWE TEKS (OPSTEL) – 20 PUNTE
Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
12–10 9–8 7–5 4–3 2–0
INHOUD EN - Respons is uitsonderlik - Respons is goed en - Respons is redelik en taamlik - Respons is swak en - Respons is uiters swak en
BEPLANNING en baie oorspronklik. oorspronklik. oorspronklik. onoorspronklik. onoorspronklik.
- Idees is uitgebreid en - Idees is interessant en - Idees is redelik interessant en - Idees is onduidelik en - Idees is deurmekaar en
stem die leser tot relevant. relevant. nie heeltemal relevant nie relevant nie.
Organisering van idees nadenke. - Goeie beplanning lei tot - ʼn Mate van beplanning lei tot nie. - Geen bewyse van
vir beplanning; - Goeie beplanning lei die aanbieding van ʼn die aanbieding van‘n redelike - Min bewyse van beplanning lei tot die
Bewustheid van doel, tot die aanbieding van knap opstel. opstel. beplanning lei tot die aanbieding van ʼn power
gehoor en konteks. ʼn goeie tot briljante - Opstel is samehangend - Opstel is redelik same- aanbieding van ʼn swak opstel.
opstel. - Inleiding, liggaam en hangend. opstel. - Opstel is onsamehang-
- Goeie samehang. slot. - Inleiding, liggaam en slot. - Opstel is onsamehang- end.
12 PUNTE - Inleiding, liggaam en end. - Paragrafering ontbreek.
slot. - Paragrafering
ontbreek.
6–5 4 3 2 1–0
TAAL, STYL EN - Toon, styl en woorde- - Toon, styl en woorde- - Toon, styl en woordeskat is - Toon, styl en woorde- - Toon, styl en woordeskat
REDIGERING skat is uitsonderlik. skat is baie gepas. gepas. skat is minder gepas. is nie gepas nie.
- Woordkeuse is gevor- - Woordkeuse is gepas by - Woordkeuse is redelik gepas - Woordkeuse is beperk. - Woordkeuse is nie geskik
Toon, styl en derd en uitgebrei. die teks. by die teks. - Taalgebruik en punktu- nie.
woordeskat is geskik; - Taalgebruik en - Taalgebruik en punktu- - Taalgebruik en punktuasie is asie is vol foute. - Taalgebruik en punktu-
Woordkeuse; punktuasie word asie is meestal korrek. eenvoudig. - Geen gepaste asie is uiters swak.
Taalgebruik en effektief gebruik. - Soms word gepaste - Weinig gepaste figuurlike taal figuurlike taalgebruik. - Figuurlike taal ontbreek.
konvensies, - Gebruik gepaste figuurlike taal gebruik. gebruik. - Grammatika en - Grammatika en spelling
Punktuasie, figuurlike taal. - Grammatika en spelling - Grammatika en spelling het spelling wemel van die feitlik onverstaanbaar.
Grammatika, - Grammatika en is meestal foutvry. foute. foute.
Spelling spelling is feitlik
6 PUNTE foutvry.
2 1½ 1 ½ 0
Downloaded from hlayiso.com
STRUKTUUR - Uitstekende ontwikke- - Logiese ontwikkeling van - Relevante ontwikkeling. - Onderwerp nie deur- - Onderwerp misgetas.
ling van onderwerp. onderwerp. - Sinne en paragrawe is plek- gaans aangespreek - Geen samehang.
2 PUNTE - Wisselende sins- en - Wisselende sins- en plek foutief, maar opstel nie. - Opstel maak nie sin nie.
paragraaflengtes. paragraaflengtes. maak nog sin. - Basiese konstruksie
van sinne en
paragrawe.
8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – 10 PUNTE
Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
6–5 4½–4 3½–3 2½–2 1½–0
INHOUD, - Respons is uitsonderlik - Respons is goed en - Respons is redelik en - Respons is swak en - Respons is uiters swak en
BEPLANNING EN en baie oorspronklik. oorspronklik. taamlik oorspronklik. onoorspronklik. onoorspronklik.
FORMAAT - Idees is uitgebreid en - Idees is interessant en - Idees is redelik - Idees is onduidelik en - Idees is deurmekaar en
stem die leser tot relevant. interessant en nie heeltemal relevant nie relevant nie.
Organisering van idees nadenke. - Redelike kennis van relevant. nie. - Geen bewyse van die
vir beplanning; - Goeie kennis van die die kenmerke van die - ʼn Mate van kennis. - Min kennis. van die kenmerke van die soort
Bewustheid van doel, kenmerke van die soort teks. van die kenmerke van kenmerke van die teks nie.
gehoor, konteks en soort teks. - Goeie samehang. die soort teks. soort teks. - Geen samehamg nie.
kenmerke. - Baie goeie samehang. - Behou fokus – geen af- - Redelike samehang. - Nie altyd - Groot afwykings.
- Idees behoorlik uitge- wyking nie. - Nie heeltemal gefokus samehangend nie.
6 PUNTE brei met detail wat die nie – enkele afwyking - Nie heeltemal gefokus
onderwerp steun. nie. nie – enkele afwyking
nie.
4 3½–3 2½–2 1½–1 ½–0
TAAL, STYL EN - Toon, styl en woorde- - Toon, styl en woorde- - Toon, styl en woorde- - Toon, styl en woorde- - Toon, styl en woordeskat
REDIGERING skat is uitsonderlik. skat is baie gepas. skat is gepas. skat is minder gepas . is nie gepas nie.
- Woordkeuse is gevor- - Woordkeuse is gepas - Woordkeuse is redelik - Woordkeuse is beperk. - Woordkeuse is nie geskik
Toon,styl en woordeskat derd en uitgebrei. by die teks. gepas by die teks. - Taalgebruik en punktu- nie.
is geskik; - Taalgebruik en punktu- - Taalgebruik en punktu- - Taalgebruik en punktu- asie is vol foute. - Taalgebruik en punktu-
Woordkeuse; asie word effektief ge- asie is meestal korrek. asie is eenvoudig. - Geen gepaste asie is uiters swak.
Taalgebruik en bruik. - Soms word gepaste - Weinig gepaste figuurlike taal gebruik. - Figuurlike taal ontbreek.
konvensies, - Gebruik gepaste figuurlike taal gebruik. figuurlike taal gebruik. - Grammatika en - Grammatika en spelling
Punktuasie, figuurlike taal - Grammatika en - Grammatika en spelling wemel van die feitlik onverstaanbaar.
Spelling - Grammatika en spelling is meestal spelling het foute. foute.
spelling is feitlik foutvry.
4 PUNTE foutvry.
Downloaded from hlayiso.com
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2019 Question Paper

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2014 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2019 Question Paper
More from Grade 9 Afrikaans HL

CAPS document
CAPS SP HOME AFRIKAANS GR 7 9 web

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 P1 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 P2 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 GEC Test 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 GEC Test 2022 Question Paper

Question paper