Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
GRONDSLAGFASE
GRAAD 3
NOVEMBER 2011
AFRIKAANS HUISTAAL GELETTERDHEID
Naam van leerder:
Naam van skool:
Naam van distrik:
PUNTE: 25
TYD: Die tydsduur van die toets is 60 minute.
Nota: Leerlinge moet onafhanklik werk. Leerlinge mag na 30 minute ʼn 10 minute pouse
neem onder toesig van die onderwyser/es. Die volgende 30 minute volg na die pouse.
Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
Skip to contentAll 2011 papers 





View all
Afrikaans Grade 3 November Common Test 2011 Question Paper
Grade 3 Afrikaans question paper from the November Common Test 2011, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans · Grade 3 · November Common Test · 2011. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans
- Grade
- Grade 3
- Document type
- Question paper
- Year
- 2011
- Exam period
- November Common Test
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 226.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
November Common Test 2011
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL GELETTERDHEID (NOVEMBER 2011)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees alle instruksies sorgvuldig.
2. Beantwoord al die vrae.
3. Skryf netjies en duidelik.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011) AFRIKAANS HUISTAAL GELETTERDHEID 3
Lees die storie en beantwoord VRAAG 1 tot VRAAG 6.
Len voel bang. Dit is die eerste dag van die nuwe skooljaar. Juffrou Bosman was sy
Graad 2-juffrou. Sy was gaaf. Hierdie jaar is Juffrou Pieterse sy Graad 3-juffrou. Sy broer
het vertel dat sy baie kwaai is!
Die kinders speel op die speelgrond. Toe die skoolklok lui, hardloop Len na waar Juffrou
Pieterse vir hulle wag. Sy gaan hulle na hulle nuwe klas neem.
Juffrou Pieterse glimlag en wys vir almal waar hulle moet sit. Toe vra sy almal se name.
Terwyl Juffrou Pieterse die kinders ontmoet, kyk Len rond in die klas. Daar is geen prente
teen die mure nie. Die klas lyk vaal. Juffrou Pieterse klap skielik haar hande en sê: “Ons
eerste taak is om die klas te versier. Hoe dink julle moet ons klas lyk?" Len is bly. Dit klink
na pret! Die meeste van die kinders steek hulle hande op en sê hoe hulle dink die klas
versier kan word.
"Len, wat dink jy?" vra Juffrou Pieterse. Len glimlag. Hy hou van Juffrou Pieterse en is
nie meer bang nie.
1. Kies die beste naam vir die storie.
Omkring die letter met die beste antwoord.
A Len se eerste dag in Graad 2.
B Ek hou van skool.
C Len se vriende.
D Len se nuwe juffrou.
2. Wat was Len se twee juffrouens se name?
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL GELETTERDHEID (NOVEMBER 2011)
3. Beantwoord die vraag.
Waar het die kinders gespeel?
Die kinders het
4. Wys die korrekte volgorde van gebeure in die storie.
Nommer die sinne (1 − 4) in die blokkies, om die korrekte volgorde te wys.
Die kinders moet die klas versier.
Len glimlag vir sy juffrou.
Juffrou Pieterse klap haar hande.
Len voel bang.
5. Omkring die letter met die korrekte antwoord.
Hulle eerste taak was ...
A om die juffrou te ontmoet.
B om ʼn klastoets te skryf.
C om die klas te versier.
D om te speel.
6. Merk (√) net die regte antwoord in die blokkie.
Wat leer ons uit hierdie storie?
Ek moet nie mense oordeel voordat ek hulle ken nie.
Ek moet altyd na my juffrou luister.
Ek moet hard werk by die skool.
Ek moet skool toe gaan.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011) AFRIKAANS HUISTAAL GELETTERDHEID 5
7. Kyk na die prent en beantwoord vraag 7 − 12.
Omkring die letter met die korrekte antwoord.
7.1 Die kinders ... huis toe na skool.
A spring
B kruip
C loop
D skaats
Kyk na die prentjie.
7.2 Die skoolklok lui om ...
A 7 uur.
B 3 uur.
C 9 uur.
D 1 uur.
8. Skryf die sinne oor en begin met die woord wat gegee word.
8.1 Verlede tyd
Die skoolklok lui aan die einde van die dag.
Gister
8.2 Toekomende tyd
Die kinders dra hulle skooltasse.
Môre
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL GELETTERDHEID (NOVEMBER 2011)
9. Omkring die korrekte woord (voornaamwoord) in die sin.
Die seun dra (sy, hulle, ons) kosblik.
10. Skryf die meervoud (baie) van die onderstreepte woord in die sin.
Die kind skop die bal met sy voet.
Die kinders skop die bal met hulle ...............................
11. Kyk na die prent van die skool.
Omkring die korrekte woord (voorsetsel) in die sin.
Die juffrou loop (onder, agter, bo, voor) die kinders.
12. Omkring die doenwoord (werkwoord) in die sin:
Die kinders dra hulle tasse.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011) AFRIKAANS HUISTAAL GELETTERDHEID 7
13. Lees die tabel en beantwoord VRAE 13 en 14.
HUISWERK
Taal Wiskunde
Dag Sport
(Geletterdheid) (Gesyferdheid)
Maandag Lees en skrif Tel Netbal
Kombinasies van
Dinsdag Lees en skrif Rugby
getalle
Kombinasies van
Woensdag Spelling en skrif Rugby
getalle
Donderdag Spelling en skrif Tel Rugby en netbal
Omkring die letter met die korrekte antwoord.
13.1 Op watter dag lees en tel die kinders?
A Maandag
B Dinsdag
C Woensdag
D Donderdag
13.2 Watter sport word op Dinsdag en Woensdag gespeel?
A geen sport
B net netbal
C net rugby
D netbal en rugby
13.3 Watter soort huiswerk kry die kinders elke dag?
A tel
B skrif
C kombinasies van getalle
D lees
14. Omkring die letter met die korrekte antwoord.
14.1 Op watter twee dae moet die kinders tel?
A Maandag en Dinsdag
B Maandag en Vrydag
C Maandag en Donderdag
D Maandag en Woensdag
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL GELETTERDHEID (NOVEMBER 2011)
14.2 Op watter twee dae het die seuns dieselfde sport en gesyferdheid
huiswerk, maar verskillende geletterheid huiswerk?
A Maandag en Woensdag
B Dinsdag en Woensdag
C Dinsdag en Donderdag
D Maandag en Dinsdag
15. Skryf ten minste 2 paragrawe (6 tot 8 sinne) oor ʼn dag op skool.
Gebruik die korrekte punktuasie, taal en spelling.
ʼn Dag op skool
Einde van Taak
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans Grade 3 November Common Test 2011 Memo (English)

Question paper
Afrikaans Grade 3 ANA 2011 Question Paper

Question paper
Afrikaans Grade 3 June Common Test 2011 Question Paper

Memorandum
Afrikaans Grade 3 ANA 2011 Memo

Memorandum
Afrikaans Grade 3 June Common Test 2011 Memo

Question paper





