Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 12201414 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2014, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2014

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 NOVEMBER 2014 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/November 2014 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1) (30) AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 2) (10) AFDELING C: TAAL (VRAAG 3, 4 en 5) (40) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy. 4. Trek ʼn streep na elke afdeling. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat ʼn reël oop na ELKE antwoord. 7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/November 2014 NSS AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL Lees die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord die vrae. KLEIN HATICE MAAK GROOT NAAM Een-en-twintig jaar lank het haar maats haar gespot, maar nou het die wiel vir die wêreld se kortste vroutjie gedraai. Die 21-jarige Hatice en haar kat [Uit: www.google.com] 1 Elke skooldag was vir Hatice Kocaman, ʼn dwergie van Turkye, ʼn nagmerrie. Die skoolkinders het haar eindeloos oor haar lengte geterg. Selfs volwassenes het dikwels in haar teenwoordigheid grappies oor dwergies gemaak. As gevolg van Hatice se klein liggaamsbou het die skoolkinders en volwassenes haar ook soos ’n kind of iemand van die plaaslike sirkus behandel! 2 Maar die wiel het uiteindelik gedraai! Nuus oor die kort vroutjie het oor die jare versprei en toe het Kelly Garrett van Guinness World Records die Kocaman-gesin besoek. Hatice het skielik wêreldberoemd geword. Kort daarna het Hatice en haar ma ʼn uitnodiging ontvang om Istanboel toe te gaan, waar Hatice amptelik as die kortste vrou ter wêreld aangewys is. Sy is in die wolke, want sy spog nou met ʼn inskrywing in die Guinness World Records. 3 Die 21-jarige Hatice, wat sonder skoene net 71 sentimeter lank is, weeg minder as ʼn baba van ʼn jaar oud. “Ek het altyd gehoop die wêreld sal my eendag erkenning gee,” sê die fyn vroutjie wat in ʼn arm deel van Turkye woon. “Dit was moeilik toe ek ʼn kind was, want my klasmaats het my oor my lengte gespot. Nou is ek beroemd, juis omdat ek so kort is en dit laat my sommer voel asof ek baie langer is.” 4 Hatice ly aan dwergisme. Iemand wat aan dwergisme ly, is gewoonlik korter as 147 sentimeter. Hatice is nou die tweede kortste mens ter wêreld, want ʼn 18-jarige seun van Nepal, Khagendra Thapa, klop haar met 4 sentimeter. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/November 2014 NSS 5 Noudat Hatice ʼn ster is, hoop sy om die wêreld plat te reis. Sy wil ook ʼn draai maak by die wêreld se langste man, die 27-jarige Sultan Kose wat haar landgenoot is. Dié hemelbesem is 2,47 meter lank en spog ook met die wêreldrekord vir die grootste hande en voete. Sy hande is 27,5 sentimeter en sy voete is 36,5 sentimeter lank. 6 Hatice aanvaar haar voorkoms. “God het my so gemaak en ek is trots daarop.” Hatice was in ʼn spesiale skool en kon tot nou toe nog nie werk kry nie. Sy woon by haar ouers. Haar ma sê hulle was opgewonde toe Hatice gebore is. “Hatice het by geboorte 1,64 kilogram geweeg. Ons het nie besef sy ly aan dwergisme nie.” 7 Toe Hatice een jaar oud was, het haar ouers besef dat sy stadiger as ander babas gegroei het. Hatice het net soos ander kinders leer stap en praat, maar sy wou net nie groei nie. “Teen die tyd dat sy vier was, het dit gelyk asof sy opgehou groei het. Die dokters kon nie veel doen nie,” vertel haar ma. Elke paar jaar het die ouers mediese toetse laat doen. Die dokters het Hatice geweeg en gemeet, maar daar was steeds nie vordering nie. 8 Hatice sukkel ook met ʼn rugprobleem waarvoor sy nooit mediese hulp gekry het nie. Die Kocaman-gesin woon in ʼn klein huisie en het nie ʼn motor of die geld om hulp vir hul dogter te kry nie. Die dokters in hulle eie woongebied het nie die nodige kennis om haar te opereer nie. 9 Hatice wil graag dinge vir haarself doen. “Ek kan klein goedjies optel en ʼn bietjie skoonmaak as ek my ma in die kombuis help,” vertel sy. “Ek bly lekker saam met my gesin. Ek sal net graag sterker wil wees sodat ek meer dinge self kan doen.” 10 Hatice hoop dat sy eendag iemand sal ontmoet wat vir haar lief gaan wees. Sy wil mos ook graag eendag voor die kansel staan as sy natuurlik die regte man ontmoet. 11 Regoor die wêreld word mense met dwergisme gebore. Die lewe is moeilik vir hulle. Mense staar heeltyd na hulle. Om inkopies te doen, is ʼn uitdaging, want items op winkelrakke is soms te hoog. Ten spyte hiervan, probeer hulle positief bly. [Verwerk uit: Huisgenoot, 23 Desember 2010 en http://wol.jw.org] 1.1 Waarom was elke skooldag vir Hatice ʼn nagmerrie? (1) 1.2 “Selfs volwassenes het dikwels in haar teenwoordigheid grappies oor dwergies gemaak.” (Paragraaf 1) Wat kan jy hieruit oor die volwassenes aflei? (1) 1.3 Waarom is Hatice na Istanboel uitgenooi? (1) 1.4 Wat impliseer die skrywer met die woord “uiteindelik” in paragraaf 2? (1) 1.5 “Sy is in die wolke ...” (Paragraaf 2) 1.5.1 Word hierdie uitdrukking letterlik of figuurlik bedoel? (1) 1.5.2 Verduidelik in jou EIE woorde wat hierdie uitdrukking beteken. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/November 2014 NSS 1.6 Waarom, dink jy, word Hatice se lengte sonder skoene gemeet? (Paragraaf 3) (1) 1.7 “... ʼn 18-jarige seun van Nepal, Khagendra Thapa, klop haar met 4 sentimeter.” (Paragraaf 4) Sê IN JOU EIE WOORDE wat jy hieruit oor Khagendra se lengte kan aflei. (1) 1.8 Watter TWEE ooreenkomste is daar tussen Hatice en Sultan? (2) 1.9 Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. ʼn “Hemelbesem” (paragraaf 5) verwys na iemand wat ... A baie lank is. B baie godsdienstig is. C besems maak. D hemel toe gaan. (1) 1.10 Noem enige TWEE wêreldrekords wat Sultan Kose hou. (2) 1.11 Hatice se ouers het van haar geboorte af geweet dat sy aan dwergisme ly. Haal EEN SIN uit paragraaf 6 aan wat bewys dat hierdie stelling ONWAAR is. (1) 1.12 Dink jy Hatice se ouers kon meer gedoen het om mediese hulp vir Hatice se rugprobleem te kry? Motiveer jou antwoord. (1) 1.13 Hoekom, dink jy, sal dit vir Hatice moeilik wees om werk te kry? Lei jou antwoord uit paragraaf 9 af. (1) 1.14 Verduidelik in watter TWEE opsigte Hatice dieselfde drome vir die toekoms het as ander jongmense. (2) 1.15 Hoe word Hatice se kort lengte in die foto beklemtoon? (1) 1.16 Verwys na die titel: “KLEIN HATICE MAAK GROOT NAAM”. 1.16.1 Verduidelik die uitdrukking “GROOT NAAM”. (1) 1.16.2 Hoekom is die gebruik van die woorde “KLEIN” en “GROOT” in die titel funksioneel? (2) 1.17 “Regoor die wêreld word mense met dwergisme gebore.” (Paragraaf 11) Waarom, dink jy, verwys die skrywer na dwergies regoor die wêreld? (1) 1.18 Watter les wil die skrywer met hierdie leesstuk leer? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/November 2014 NSS TEKS B: BESTE BESTUURDERS VOLGENS NAVORSING Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Navorsers groepeer die beste motorbestuurders in die tabelle hieronder volgens die soort motors wat hulle bestuur, ouderdom, rookgewoontes en geslag. Beste bestuurders volgens die soort motor wat hulle bestuur 1 Hyundai 2 Honda 3 Opel 4 Toyota 5 Nissan 6 Ford Volks- 7 wagen Mercedes- 8 Benz 9 BMW 10 Audi Beste bestuurders volgens ouderdom 1 2 3 4 60+ jaar 36–60 jaar 26–35 jaar 18–25 jaar Beste bestuurders volgens: Rookgewoontes Geslag [Verwerk uit: www.grafika24.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/November 2014 NSS 1.19 In die teks word die bestuurders volgens die motors waarin hulle ry, gegroepeer. Rangskik die volgende motors vanaf beste bestuurders tot swakste bestuurders: Ford; Opel; Nissan (1) 1.20 Op watter manier dui die teks aan dat Hyundai-bestuurders die beste is? Noem TWEE maniere. (2) 1.21 Kies die veiligste bestuurder uit die volgende: A ʼn 45-jarige man wat rook en wat ʼn Toyota bestuur B ʼn 62-jarige man wat rook en wat ʼn Honda bestuur (1) 1.22 Wat beteken die volgende simbool binne die konteks van die teks? (1) 1.23 Vrouebestuurders word gewoonlik as “swak bestuurders” gestereotipeer. Motiveer uit die teks waarom dié stereotipering ONWAAR is. (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/November 2014 NSS AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die onderstaande teks deur en voer die instruksies uit. INSTRUKSIES 1. Som die SEWE wenke wat sal verseker dat mense van jou sal hou, op. 2. Skryf die wenke PUNTSGEWYS neer. 3. Nommer die wenke van 1 tot 7. 4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. 5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan. TEKS C: WENKE OM TE VERSEKER DAT MENSE VAN JOU SAL HOU Is jy alleen, eensaam en sonder vriende? Jy wil graag hê dat mense van jou hou. Maar hoe doen jy dit? Hier volg ʼn paar wenke wat jou kan help. Mense se name is belangrik. Sommige mense word kwaad as hul name verkeerd uitgespreek word. Die verkeerde uitspraak van ʼn naam kan die betekenis daarvan verander. Vir baie mense verteenwoordig hul name wie hulle is. Dit is dus belangrik dat jy mense se name korrek uitspreek, veral wanneer jy met hulle praat. Wie hou van onvriendelike mense? Onvriendelike mense skrik ander af. Die ideale manier om grense tussen oud en jonk, man en vrou en verskillende tale af te breek, is ʼn vriendelike glimlag. Terselfdertyd oefen jy jou gesigspiere! Mense gesels graag oor die dinge waarin hulle belangstel soos hul werk, sport, kos en stokperdjies. Dit werk wonderlik as jy met mense gesels oor die dinge waarin hulle geïnteresseerd is. In sekere gevalle is konfrontasies onvermydelik, maar probeer sover moontlik om moeilike situasies wat tot argumente kan lei, te vermy. Hierdie vermoë word deur baie mense bewonder. Jy moet ook leer om nie so maklik ander mense se gedrag te kritiseer nie, want mense kritiseer gewoonlik omdat hulle nie ander mense se optrede verstaan nie. Jy wil ook graag vriende maak en mense nader trek – wees dus ʼn positiewe persoon. ʼn Uitstekende voorbeeld van iemand met ʼn positiewe persoonlikheid was Suid-Afrika se voormalige president, Nelson Mandela. Almal begaan foute. Wanneer jy verkeerd is, vra onmiddellik om verskoning. Dit help om enige moeilike situasie te red. [Verwerk uit: http://www.pitkos.co.za] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/November 2014 NSS AFDELING C: TAAL VRAAG 3: ADVERTENSIE TEKS D • Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande advertensie gebaseer. • Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet word. • Opsetlike taalfoute kom voor. SO, JY HET GEDINK DIS NET ’N TOWNSHIP-PROBLEEM? As ʼn mens dink dat elektrisiteitsdiefstal net in townships plaasvind, moet (3.3) (ʼn mens) weer dink. Dit vind orals plaas, selfs in (3.4) (ryk) voorstede. Diefstal lei tot hoër elektrisiteitspryse. Dit het ook ʼn (3.5) (negatief) effek op ons ekonomie. Dit is tyd om NEE te sê vir onwettige elektrisiteitsverbruik! Laat Suid-Afrika van krag tot (3.6) (...) gaan! SMS 32211. Rapporteer elektrisiteitsdiefstal nou! (3.7) (...) ʼn SMS aan Operasie Khanyisa. Die krag is in jou hande. [Verwerk uit: Huisgenoot, Desember 2010] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/November 2014 NSS 3.1 Noem TWEE maniere waarop die adverteerder “gevaar” beklemtoon. (2) 3.2 “So, jy het gedink ...?” Waarom is dit effektief dat die adverteerder die woord “jy” gebruik? (1) 3.3 Vervang die woorde tussen hakies met die korrekte VOORNAAMWOORD. As ʼn mens dink dat elektrisiteitsdiefstal net in townships plaasvind, moet (ʼn mens) weer dink. (1) 3.4 Gee die INTENSIEWE VORM van die vetgedrukte woord. Dit gebeur orals, selfs in ryk voorstede. (1) 3.5 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. Dit het ook ʼn (negatief) effek op ons ekonomie. (1) 3.6 Kies die antwoord wat die idioom KORREK sal voltooi. Laat Suid-Afrika van krag tot ... gaan! A sterkte B aksie C mag D krag (1) 3.7 Voltooi die onderstaande sin met die ontbrekende WERKWOORD. ... ʼn SMS aan Operasie Khanyisa. (1) 3.8 “Die krag is in jou hande.” Wat is die DENOTATIEWE betekenis van die woord “krag” in die konteks van die advertensie? (1) 3.9 Sal hierdie advertensie jou beïnvloed om tot aksie oor te gaan? Motiveer jou antwoord. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/November 2014 NSS VRAAG 4: STROKIESPRENT TEKS E • Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer. • Voer die instruksies by elke vraag uit. Oubaas se Honne en Kasper deur Marthinus en Theuns Kirsten Raampie 1 Raampie 2 Raampie 3 [Verwerk uit: Huisgenoot, 21 November 2013] 4.1 Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Die woorde “per ongeluk” word tussen aanhalingstekens geskryf, omdat ... A die kat die woorde sagter sê. B dit die kat se direkte woorde is. C die kat die woorde anders bedoel. D die kat iemand anders se woorde aanhaal. (1) 4.2 Die woord kies (raampie 1) beteken “aan die binnekant van jou mond”. Gebruik die HOMONIEM van kies in ʼn volsin sodat dit ʼn ander betekenis het. (1) 4.3 Wat word oor die vorige kat geïmpliseer? (1) 4.4 Watter aanduiding is daar in raampie 2 dat die kat geskrik het? (1) 4.5 Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE. Die hond sê: “Jy sal net soos die vorige kat verdwyn!” Begin jou antwoord só: Die hond sê vir die mannetjiekat dat ... (2) 4.6 Voltooi die ontbrekende woord deur die ANTONIEM van die vetgedrukte woord te gee. In raampie 1 kyk die kat regs na die hond, maar in raampie 3 kyk hy ... na die eend. (1) 4.7 Hoe word die kat se woorde in raampie 3 beklemtoon? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 DBE/November 2014 NSS 4.8 Hoe weet jy dat die eendjies in raampie 1 en 2 nie stilstaan nie? (1) 4.9 Waarom pas die IDIOOM “om soos kat en hond te lewe” nie by hierdie strokieskarakters nie? (1) [10] VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT 5.1 TEKS F • Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer. • Opsetlike taalfoute kom voor. • Voer die instruksies by elke vraag uit. DIE RENOSTERMEISIE In Junie 2013 (5.1.1) is mejuffrou Amina Patel deur Rhino SA as die Rhino Kampioen gekies. (5.1.2) Sy was toe net 15 jaar oud. (5.1.3) Amina sê dat sy die renostermeisie by die skool is. Sy is ook die voorsitster van die skool se Natuurklub. Sy knip gereeld prente van renosters uit en wys dit vir haar (5.1.4) onderwyser. (5.1.5) “Daar moet renosters in die toekoms wees. (5.1.6) Dit is wereldwyd die jeug se plig om renosters te probeer red. (5.1.7) Renosters kan self praat. Ek het al foto’s gesien waar renosterhorings afgesny is. (5.1.8) ʼn Bloeiende renoster maak my hartseer.” Amina is deel van Rhino SA se brieweveldtog wat deur ʼn (5.1.9) (Amerika) begin is. Kinders van alle lande word aangemoedig om aan die president te skryf. (5.1.10) Amina het vir die eerste keer ʼn renoster gesien. Sy was twee jaar oud. (5.1.11) Haar gesin het dikwels die Krugerwildtuin besoek. (5.1.12) Sy het onmiddellik gedink renosters is oulike diere. “Ek praat gereeld by skole om kinders meer van dié wonderlike diere te vertel. Ek beskou renosters as my spesiale vriende. My boodskap aan Suid-Afrikaners? Praat met mense wat vir renosters omgee. Ons kan saam die probleem (5.1.13) …” [Verwerk uit: Huisgenoot, 17 Oktober 2013] 5.1.1 Skryf die AFKORTING van die vetgedrukte woord. In Junie 2013 is mejuffrou Amina Patel deur Rhino SA as die Rhino Kampioen gekies. (1) 5.1.2 Skryf die vetgedrukte getal as ʼn WOORD neer. Sy was toe net 15 jaar oud. (1) 5.1.3 Skryf die sin oor in die DIREKTE REDE. Amina sê dat sy die renostermeisie by die skool is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 DBE/November 2014 NSS 5.1.4 Gee die TEENOORGESTELDE GESLAG van die vetgedrukte woord. Sy knip gereeld prente van renosters uit en wys dit vir haar onderwyser. (1) 5.1.5 Skryf die sin oor in die INFINITIEF. Daar moet renosters in die toekoms wees. Begin die sin só: Daar BEHOORT … (1) 5.1.6 Verbeter die SPELFOUT in die onderstaande sin. Dit is wereldwyd die jeug se plig om renosters te probeer red. (1) 5.1.7 Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM. Renosters kan self praat. (1) 5.1.8 Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD. ʼn Bloeiende renoster maak my hartseer. (1) 5.1.9 Vorm ʼn PERSOONSNAAM van die vetgedrukte woord. Ek is deel van Rhino SA se brieweveldtog wat deur ʼn Amerika begin is. (1) 5.1.10 Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies. Amina het vir die eerste keer ʼn renoster gesien. Sy was twee jaar oud. (toe) Begin die sin só: Amina het vir die eerste keer ʼn renoster gesien toe … (1) 5.1.11 Skryf die sin oor in die LYDENDE/PASSIEWE vorm. Haar gesin het dikwels die Krugerwildtuin besoek. (1) 5.1.12 Skryf die volgende sin oor en begin die sin met die vetgedrukte woord. Sy het onmiddellik gedink renosters is oulike diere. (1) 5.1.13 Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Ons kan saam die probleem … A skep. B oplos. C ignoreer. D vererger. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 DBE/November 2014 NSS 5.2 TEKS G Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande prent gebaseer. “Tot siens, Skat. Ek ry nou. Wat maak jy vir aandete?” [Verwerk uit: www.google.com] Gebruik die woorde in die lys hieronder om die sinne (5.2.1–5.2.6) te voltooi. voorgrond; besem; stofsuier; inspuiting; stoom; rook; agtergrond; spuitkannetjie; vadoek; verestoffer; grassnyer; voorskoot 5.2.1 Die ... om die man se lyf wys dat hy die huis gaan skoonmaak. (1) 5.2.2 Aan die man se lyfband hang ʼn ... waarmee hy die meubels gaan afstof. (1) 5.2.3 Die man stoot die ... met sy regterhand. (1) 5.2.4 Die man hou ʼn ... in sy linkerhand vas. (1) 5.2.5 Daar trek ... uit die koppie koffie in die vrou se hand. (1) 5.2.6 Die vrou staan in die ... van die prent. (1) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all