Downloaded from hlayiso.com
2
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
NOVEMBER 2018
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC November Exam 2018
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)30 marks
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5.1Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)14 marks
- Question 5.2Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/November 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taal (40)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin elke afdeling op 'n NUWE bladsy.
4. Trek 'n streep na elke afdeling.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na ELKE antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/November 2018
NSS
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1: TYDSKRIFARTIKEL
Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
HUGH MASEKELA
"My grootste obsessie is om vir die mense van Afrika en die wêreld te wys
wie die mense van Afrika regtig is." – Hugh Masekela
[Bron: albertonrecord.co.za]
1 Hugh Ramapolo Masekela is op 4 April 1939 op Witbank in Mpumalanga
gebore. Sy pa was 'n beeldhouer en sy ma was 'n maatskaplike werkster. Hugh
het egter by sy ouma grootgeword. Toe hy 14 jaar oud was, het hy die film
Young Man with a Horn gesien. Dit het hom gemotiveer om te begin trompet
speel. As kind het hy toe reeds daarvan gehou om te sing en klavier te speel. 5
2 Aartsbiskop Trevor Huddlestone het vir Hugh sy eerste trompet gegee en gereël
dat hy trompetlesse neem. Hugh het dié instrument sommer gou baasgeraak.
Sy vriende het toe ook begin belangstel om musiekinstrumente te speel en dit
het gelei tot die begin van Suid-Afrika se eerste jeugorkes, die Huddlestone
Jazz-orkes. 10
3 Hugh was aan die begin van 1959 deel van die orkes vir die musiekblyspel King
Kong. Dit was een van Suid-Afrika se suksesvolste musiekvertonings en vir 'n
jaar lank was elke vertoning uitverkoop. Miriam Makeba het die vroulike hoofrol
gespeel. Hugh en Miriam is later getroud, maar hulle huwelik het net twee jaar
geduur. 15
4 Hugh het Suid-Afrika in 1960 as gevolg van politiek verlaat. Weer was dit
Trevor Huddlestone wat hom gehelp het – hierdie keer om die land te verlaat.
Hugh was eers in Londen waar hy musiek studeer het. Toe ontvang hy 'n beurs
en hy verhuis na die VSA. Daar het hy tussen 1960 en 1964 verder studeer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/November 2018
NSS
5 Hierdie jare was die goue jare vir jazzmusiek regoor die wêreld. Jazzmeester 20
Louis Armstrong het vir Hugh aangemoedig om nie Amerikaanse jazz te speel
nie, maar om sy eie unieke styl – eie aan Afrika – te ontwikkel. Dit was goeie
raad, want sy debuutalbum Trumpet Africane (1963) was 'n groot sukses.
Vyf jaar later, in 1968, het hy die nommer 1-posisie op die Amerikaanse
treffersparade met sy solosnit Grazing in the Grass behaal. Meer as 4 miljoen 25
kopieë is wêreldwyd verkoop. Dit het van Hugh Masekela 'n internasionale ster
gemaak.
6 Hugh se trompetspel en sy passie vir musiek het mense wat lief was vir jazz,
regoor die wêreld na sy konserte laat stroom. In Suid-Afrika het Hugh geweier
om meer as 'n minimale toegangsfooi vir sy konserte te vra. Hy wou hê elke 30
Suid-Afrikaner moes sy vertonings kon bywoon.
7 Hugh was 'n man met baie talente. Buiten trompet kon hy ook tromboon speel.
Hy was onder andere deel van die span wat die musiek vir Sarafina geskryf het
en hy was ook in die dokumentêre film Amandla. Sy groot liefde was egter altyd
om jazzmusiek te maak en in sy loopbaan van sestig jaar het hy meer as veertig 35
jazz-albums uitgegee. Hy was 'n mentor vir baie jong kunstenaars. Sy hart het
warm geklop vir projekte om minderbevoorregtes te help. Hy was die direkteur
van die Lunchbox Fund wat kos vir leerders by skole in Soweto gegee het.
8 Hugh Masekela het nie net in Suid-Afrika jazz bevorder nie. Hy het ook in
verskeie Afrikalande gewerk. Hy het byvoorbeeld in Botswana 'n internasionale 40
musiekskool gestig waar hy werkswinkels aangebied het. Hierdie werkswinkels
word steeds elke jaar gehou.
9 Hugh se outobiografie, Still Grazing: The Musical Journey of Hugh Masekela, is
in 2004 uitgegee. In hierdie boek leer ons die mens, Hugh Masekela, ken. Hy
skryf oor sy swaarkry onder apartheid, hoe hy moes stry teen alkoholisme en sy 45
passie vir Afrika.
10 In 2010 was Hugh saam met sy seun, Selema, in 'n reeks video's wat tydens die
FIFA-Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika vertoon is. Umlando – Through My
Father's Eyes het oor Hugh en Selema se reise deur Suid-Afrika gehandel.
Hugh het vir sy seun die plekke gaan wys waar hy grootgeword het. 50
11 Hugh het deur die jare verskeie pryse en toekennings ontvang. Een hiervan is
die Orde van Ikhamanga. Dit word toegeken aan 'n Suid-Afrikaanse burger wat
op kuns-, kultuur-, of musiekgebied uitblink. Hy het ook eredoktorsgrade van
verskeie universiteite ontvang.
12 Bra Hugh, internasionale ster en die vader van Suid-Afrikaanse jazz, is op 55
28 Januarie 2018 oorlede. Hy het prostaatkanker gehad. Met sy dood het sy
trompet stil geraak, maar as kunstenaar sal hy voortleef in die harte van die
mense van Suid-Afrika.
[Verwerk uit Wikipedia, Maart 2018]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/November 2018
NSS
LET WEL:
• Beantwoord AL die vrae.
• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.
1.1 Op watter dorp is Hugh Masekela gebore? (1)
1.2 Watter tipe kuns het Hugh se pa beoefen? (1)
1.3 Waarom kan die film Young Man with a Horn gesien word as die begin van
groot dinge vir Hugh Masekela? (1)
1.4 Na wie is Suid-Afrika se eerste jeugorkes vernoem? (1)
1.5 Hugh het gesukkel om trompet te leer speel.
Haal EEN sin uit paragraaf 2 aan om hierdie stelling ONWAAR te maak. (1)
1.6 Hugh Masekela het nie op sy eie sukses behaal nie.
1.6.1 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.
Uit paragrawe 2 tot 5 lei ons af dat Trevor Huddlestone (een van die
persone/die enigste persoon) was wat 'n positiewe bydrae tot Hugh
se sukses gelewer het. (1)
1.6.2 Motiveer jou antwoord met 'n feit of feite uit die leesstuk. (1)
1.7 "Hierdie jare was die goue jare vir jazzmusiek ..." (Reël 20)
1.7.1 Watter jare vorm, volgens die leesstuk, die "goue jare" van jazz? (1)
1.7.2 Wat is die figuurlike betekenis van "goue" in die aanhaling hierbo? (1)
1.8 Waaruit lei 'n mens af dat dit vir Hugh se musiekloopbaan goed was om na
Louis Armstrong se raad te luister? (1)
1.9 Waarom kan 'n mens sê dat dit nooit Hugh se doel was om geld uit sy
bewonderaars in sy eie land te maak nie? (1)
1.10 Haal TWEE agtereenvolgende woorde uit paragraaf 7 aan wat aandui dat
Hugh Masekela verskillende dinge goed kon doen. (1)
1.11 Hoe verskil Hugh se rol in die musiekblyspel King Kong van sy rol in
Sarafina? (2)
1.12 Hugh Masekela het prostaatkanker gehad. Watter ander probleem het Hugh
se gesondheid beïnvloed? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/November 2018
NSS
1.13 Wat beteken dit as 'n mens sê dat Hugh 'n mentor vir jong kunstenaars was? (1)
1.14 Is die titel Umlando – Through My Father's Eyes gepas vir die reeks video's
oor Hugh en Selema se reise deur Suid-Afrika?
Motiveer jou antwoord. (1)
1.15 Dink jy Hugh het verdien om die Orde van Ikhamanga te ontvang?
Motiveer jou antwoord. (1)
1.16 Die skrywer sê dat Hugh Masekela ná sy dood in die harte van mense sal bly
voortleef.
Wat kan Suid-Afrikaners doen om seker te maak dat Hugh nie vergeet
word nie? (1)
1.17 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.17) neer.
Uit paragraaf 11 kan ons aflei dat Hugh Masekela se goeie werk in SA ... is.
A erken
B vergeet
C vergoed
D gekritiseer (1)
1.18 Hugh Masekela se lewe was vol hoogtepunte.
Kies 'n gebeurtenis in KOLOM B wat by die datum in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.18.1 tot 1.18.3) neer,
bv. 1.18.4 F.
KOLOM A KOLOM B
1.18.1 1959 A Hugh se boek oor sy eie lewe verskyn.
1.18.2 1963 B Hugh gaan in Londen studeer.
1.18.3 2004 C Hugh se eerste album word vrygestel.
D Hugh is deel van 'n baie suksesvolle
musiekblyspel.
(3 x 1) (3)
1.19 Lees weer die subopskrif.
Het Hugh Masekela aan hierdie woorde getrou gebly?
Motiveer jou antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/November 2018
NSS
SPOTPRENT
Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS B: TERUG SKOOL TOE
[Verwerk uit Die Burger, 17 Januarie 2018]
1.20 Wat bedoel die seuntjie as hy sê dat hulle eerste skooldag nie juis 'n groot
tranedal agterlaat nie? (1)
1.21 Op watter TWEE maniere versterk die ma die seuntjie se woorde? (2)
1.22 Gee EEN rede waarom ons kan sê dat hierdie kinders heel moontlik nie hulle
dae voor die TV omsit nie. (1)
1.23 Die kinders se pa voel nie soos die ma oor die kinders se eerste skooldag
nie.
Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
1.24 Is dit korrek om die afleiding uit die spotprent hierbo te maak dat kinders
gewoonlik na die begin van 'n nuwe skoolkwartaal uitsien?
Motiveer jou antwoord. (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/November 2018
NSS
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.
INSTRUKSIES
1. Som die SEWE dinge wat jy moet doen om 'n gemeenskapstuin te begin, in
jou EIE VOLSINNE op.
2. Skryf die hoofgedagtes puntsgewys neer.
3. Nommer die hoofgedagtes van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
GEMEENSKAPSTUINE: GROENTE VIR 'N GOEIE DOEL
Daar is baie mense wat deesdae sonder werk is en honger ly. Jy kan iets aan hierdie
probleem doen. 'n Groentetuin kan help om vir mense werk te gee en om die
gemeenskap van kos te voorsien. Hier is 'n paar wenke om mense te help om
groentetuine te begin.
As almal in die gemeenskap weet wat aangaan, sal hulle met mekaar saamwerk.
Vertel dus vir almal wat jy beplan. Kies 'n komitee wat die tuin sal beplan en bestuur.
Hierdie komitee moet besluit wat geplant gaan word en wie in die tuin gaan werk.
Om 'n groentetuin te begin en aan die gang te hou, is mense nodig wat sekere dinge
kan doen, bv. iemand wat water na die tuin kan aanlê. Maak 'n lys van mense in die
gemeenskap wat die verskillende take kan verrig.
Niks kan gedoen word as daar nie geld daarvoor is nie. Daarom moet 'n begroting
opgestel word om seker te maak dat daar geld vir die tuin is.
Nou kan die werk begin. Kry die beste stuk grond wat vir die tuin beskikbaar is. Begin
dan met die voorbereiding van die grond deur kompos mooi in die grond in te werk.
Die tuin moet kos aan die gemeenskap voorsien, maar dit moet ook geld maak. Dit is
dus baie belangrik dat die groentetuin bemark moet word. Dan kan mense van buite
ook die tuin ondersteun.
[Verwerk uit Weg! Platteland, Herfs 2018]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/November 2018
NSS
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
• Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
• Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord
moet word.
• Voer die instruksie by elke vraag uit.
TEKS D
[Verwerk uit Weg, Januarie 2018]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/November 2018
NSS
3.1 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
letter (A–D) langs die vraagnommer (3.1) neer.
Hoe maak die adverteerder die opskrif persoonlik?
Die adverteerder ...
A druk die opskrif boaan die advertensie.
B gebruik verskillende lettergroottes.
C werk met verskillende lettertipes.
D begin met 'n algemene vraagsin. (1)
3.2 Kies die KORREKTE VOORNAAMWOORD uit dié tussen hakies.
Jy is dalk iemand (wat/wie) 'n vakansie nodig het. (1)
3.3 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.
'n (goedkoop) vakansie (1)
3.4 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.
Ons sal selfs jou troeteldiere (welkom). (1)
3.5 Hoe word die volgende sinne in die advertensie met prente voorgestel?
3.5.1 Hoor jy vakansie? (1)
3.5.2 Hier by ons het jy rede om van oor tot oor te glimlag. (1)
3.6 Watter VOORSETSEL word deur @ voorgestel? (1)
3.7 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
Die S-alliterasie in die naam van die vakansieoord skep 'n gevoel van
(ongemak/rustigheid). (1)
3.8 Wat doen die adverteerder om die leser te manipuleer om
See-en-Sandvakansieoord te kies? Noem EEN tegniek. (1)
3.9 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.
Dit is 'n (rolstoelvriendelik) vakansieoord. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 4: STROKIESPRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
• Voer die instruksie by elke vraag uit.
TEKS E
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3
Ma Hammie En hoe doen Nè! Miskien kan jy
Hy doen
probeer sy bes hy dit? jou kamer gaan
presiés wat
om my te skoonmaak.
ek doen! Hoe kan ek
irriteer.
hom kry om
op te hou?
[Verwerk uit Die Burger, 8 Februarie 2018]
4.1 Skryf die dogtertjie se woorde in RAAMPIE 1 oor en vul die ontbrekende
KOMMA op die KORREKTE plek in. (1)
4.2 Kies 'n SINONIEM vir ''irriteer'' in RAAMPIE 1 uit die lys hieronder. Skryf net
die vraagnommer (4.2) en die antwoord neer
pla; help; verveel (1)
4.3 Hoe word die dogtertjie se woorde in RAAMPIE 2 beklemtoon? (1)
4.4 Waarom is die dogtertjie in RAAMPIE 2 se mond so groot oop? (1)
4.5 Skryf die dogtertjie se woorde in RAAMPIE 3 in die INDIREKTE REDE.
Die dogtertjie vra: "Hoe kan ek hom kry om op te hou?" (1)
4.6 Wat IMPLISEER die ma se woorde in RAAMPIE 3? Noem TWEE dinge. (2)
4.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
letter (A–D) langs die vraagnommer (4.7) neer.
As die dogtertjie met haar boetie raas, sal sy sê: ...
A "Ophou om te doen presies wat ek doen."
B "Hou op om presies te doen wat ek doen."
C "Ophou doen presies wat ek doen."
D "Hou op presies te doen wat ek doen." (1)
4.8 Skryf die ma se woorde in RAAMPIE 3 as 'n BEVELSIN. (1)
4.9 Skryf 'n TUSSENWERPSEL uit die strokiesprent neer. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die koerantartikel (TEKS F) en die prent (TEKS G)
hieronder gebaseer.
• Opsetlike taalfoute kom voor.
• Voer die instruksie by elke vraag uit.
5.1 Lees die koerantartikel en beantwoord die vrae.
TEKS F: KOERANTARTIKEL
LAERSKOOL BLOMVLEI – DIE TROTS VAN HANOVERPARK
Hanoverpark is een van Kaapstad se woonbuurte waar daar baie probleme
(5.1.1) (as gevolg van) bendes is. Laerskool Blomvlei lê in die middel van
Hanoverpark en is 'n (5.1.2) (goed) voorbeeld vir ander skole. Hulle het gewys
dat toewyding tot sukses (5.1.3) (lei).
(5.1.4) Dawn Petersen is die afgelope tien jaar die prinsipaal van Laerskool
Blomvlei. Voor Dawn was daar nege ander (5.1.5) (skoolhoof). Onder hulle
leiding was die skool een van die (5.1.6) (swak) skole in die Wes-Kaap.
Vandag is Blomvlei 'n skool waar leerders skool geniet en weet dat hulle veilig
is.
Dawn het aan die einde van 2017 'n toekenning vir (5.1.7) (...) uitstekende
werk ontvang. Die leerders se veiligheid is 'n prioriteit. Wanneer daar
probleme is, werk almal saam (5.1.8) (seker maak) dat kinders veilig tuiskom.
Hulle het die ''lopende bus''-projek, wat beteken dat (5.1.9) (volwassenes)
saam met die kinders huis toe stap.
(5.1.10) (Dawn sê dat dit belangrik is dat onderwysers op gehalte-onderrig
fokus). Die skool het onlangs 'n (5.1.11) (ou) biblioteek gekry. (5.1.12)
(Onderwysers motiveer leerders om dit te gebruik.)
Die mense van Hanoverpark is baie trots (5.1.13) (...) Laerskool Blomvlei.
Hulle weet dat elkeen se bydrae en (5.1.14) (help) aan die skool waardeer
word.
[Verwerk uit www.news24.com]
5.1.1 Skryf die AFKORTING van die woorde tussen hakies.
Hanoverpark is een van Kaapstad se woonbuurte waar daar baie
probleme (as gevolg van) bendes is. (1)
5.1.2 Gee die korrekte vorm van die BYVOEGLIKE NAAMWOORD
tussen hakies.
Laerskool Blomvlei lê in die middel van Hanoverpark en is 'n (goed)
voorbeeld vir ander skole. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 DBE/November 2018
NSS
5.1.3 Gebruik die HOMOFOON van lei in 'n sin sodat die betekenis
duidelik blyk.
(1)
Hulle het gewys dat toewyding tot sukses lei.
5.1.4 Skryf die TELWOORD in die sin neer.
Dawn Petersen is die afgelope tien jaar die prinsipaal van
Laerskool Blomvlei. (1)
5.1.5 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.
Voor Dawn was daar nege ander (skoolhoof). (1)
5.1.6 Skryf die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies
neer.
Onder hulle leiding was die skool een van die (swak) skole in die
Wes-Kaap. (1)
5.1.7 Vul die korrekte ontbrekende VOORNAAMWOORD in.
Dawn het aan die einde van 2017 'n toekenning vir ... uitstekende
werk ontvang. (1)
5.1.8 Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF.
Wanneer daar probleme is, werk almal saam (seker maak) dat
kinders veilig tuiskom. (1)
5.1.9 Verdeel die woord tussen hakies in LETTERGREPE.
Hulle het die ''lopende bus''-projek, wat beteken dat (volwassenes)
saam met die kinders huis toe stap. (1)
5.1.10 Skryf die sin in die DIREKTE REDE.
Dawn sê dat dit belangrik is dat onderwysers op gehalte-onderrig
fokus. (1)
5.1.11 Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies.
Die skool het onlangs 'n (ou) biblioteek gekry. (1)
5.1.12 Skryf die sin in die LYDENDE VORM.
Onderwysers motiveer leerders om dit te gebruik. (1)
5.1.13 Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.
Die mense van Hanoverpark is baie trots ... Laerskool Blomvlei. (1)
5.1.14 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.
Hulle weet dat elkeen se bydrae en (help) aan die skool waardeer
word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 DBE/November 2018
NSS
5.2 Kyk na die prent en beantwoord die vrae.
TEKS G: PRENT
[Bron: www.nalibali.org]
5.2.1 Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.
Hy het nie sy (klere/kleure) gebêre nie. (1)
5.2.2 Skryf die sin in die ONTKENNENDE VORM.
Die gordyne is toegetrek. (1)
5.2.3 Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.
Daar is 'n klein (venster) in die kamer. (1)
5.2.4 Vul die ONTBREKENDE WOORD in die sin hieronder in.
Daar is 'n prent van 'n musiekinstrument op die plakkaat teen die
muur. Hierdie musiekinstrument noem ons 'n ... (1)
5.2.5 Vorm 'n SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.
Die (kind + kamer) is slordig. (1)
5.2.6 VOLTOOI die sin hieronder.
Aan die dak hang 'n apparaat wat 'n mens koel waai. Ons noem
dit 'n ... (1)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper