You're offline
Skip to content
Question paper

Afrikaans FAL P3 Nov 2022 MG_hlayiso.com_.pdf

Subject: Afrikaans FalGrade 12202223 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRADE 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2022 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye en 3 rubrieke. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne ALGEMEEN 1. Gebruik die rubrieke soos volg: AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL AFDELING B: VRAAG 2.1 INFORMELE BRIEF VRAAG 2.2 INFORMELE VERSLAG VRAAG 2.3 HULDEBLYK VRAAG 2.4 DIALOOG AFDELING C: VRAAG 3.1 PLAKKAAT VRAAG 3.2 KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp) VRAAG 3.3 INSTRUKSIES 2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is. 3. As 'n onderwerp misgetas is, word die kandidaat se antwoordeboek na die senior nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud aangeslaan word. Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan, moet dit ook met die senior nasiener bespreek word. 4. Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer hierdie dele volgens die laagste vaardigheidsvlak. 5. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) by die nasien van 'n skryfstuk gebruik. 6. Vraag 1.6, 1.7 en 1.8:  Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.  Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.  Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd of argumenterend wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word: VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde ( ) Hakies en pyltjie Spelfout = Twee kort strepies onder 'n woord Woordkeuse / Haal met 'n streep deur Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep Paragraaf is een lang, lomp sin [ Begin van 'n nuwe sin Woorde uit ander tale/ X Trek 'n X bo die verkeerde woord. nie-funksionele/vreemde woorde: - Standaardafrikaans bly die norm. - Gebruiksafrikaans moet vermy word. - Aanvaar terminologie waarvoor Afrikaans nog nie ekwivalente het nie. Erkenning van taaljuweeltjies  (bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of uitdrukkings. Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r Punktuasie O Omkring NEERSKRYF VAN PUNTE 1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk. 2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens: AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte) AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte) AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 3.  Bepaal eers in watter vaardigheidsvlak die skryfstuk val, bv. KNAP.  Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val, bv. KNAP hoog.  Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer, bv. uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir Inhoud en Beplanning.  In Afdeling A word dieselfde werkswyse by Taal, Styl en Redigering sowel as Struktuur gevolg.  In Afdeling B en C word dieselfde werkswyse by Inhoud, Beplanning en Formaat sowel as Taal, Styl en Redigering gevolg. 4. Hou die puntetoekenning by die onderskeie vaardigheidsvlakke in gedagte. Dis 'n hulpmiddel. 5. Let daarop dat AFDELING B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlakke nie. 6. Skryf die punte soos volg neer: AFDELING A Kode Punt IB Knap + 22 AFDELING B Kode Punt TSR Uitsonderlik - 13 IBF Gemiddeld 9 S Knap 4 TSR Elementêr 5 TOTAAL: 39 TOTAAL: 14 AFDELING C Kode Punt IBF Gemiddeld 7 TSR Elementêr 3 TOTAAL: 10 TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED Hierdie nasienriglyne moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings- rubrieke vir AFDELING A, B en C gebruik word. LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die rubrieke maak daarvoor voorsiening. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: OPSTEL 1.1 DIT WAS DIE GELUKKIGSTE DAG VAN MY LEWE  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse van die gelukkigste dag van sy/haar lewe; dinge wat hulle gelukkig maak. (Voorbeelde: 'n nuwe foon/kar/klere/verhoudings/werksaanbieding/'n dag tydens 'n familie- vakansie/iemand wat trou, ens.) o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat die gelukkigste dag van sy/haar lewe op 'n lewendige wyse.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.2 DIS LEKKER OM 'N TIENER TE WEES  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse dat dit lekker is om 'n tiener te wees; dinge wat tieners graag doen/gevoelens van tieners, ens. o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat van 'n interessante insident(e)/ verhouding(s) wat hom/haar laat besef het dat dit lekker is om 'n tiener te wees; oor wat in tieners se lewens gebeur; humoristies oor hoe jy as tiener met dinge kan wegkom, ens. o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor tiener-wees; die lewe van ‘n tiener (vry/sonder letsels), ens. o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat die gedagte dat dit lekker is om 'n tiener te wees in 'n gebalanseerde opstel. Die kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem/die lewe van ‘n tiener (vry/sonder letsels) teenoor ouers (skuld, probleme,ens.). Die kandidaat kan die positiewe of negatiewe aspekte van tienerwees beredeneer. o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n standpunt in, nl. dat dit lekker is om 'n tiener te wees óf nie lekker is om 'n tiener te wees nie en motiveer die standpunt.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 1.3 VERANDERING IS 'N GOEIE DING  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n standpunt in, nl. dat verandering 'n goeie ding is óf nie 'n goeie ding is nie en motiveer die standpunt. (Voorbeelde: verandering van onderwys/in die huis tussen gesinslede/verhoudings/onderwysers/studies/trek en woon 'n nuwe skool by/fisiese veranderinge soos gesond eet/oefen, ens.) o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde opstel of verandering 'n goeie ding is. Die kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem. o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van sy/haar ervaringe wat hom/haar laat voel dat verandering 'n goeie ding is. (Voorbeelde: verandering van onderwys/in die huis tussen gesinslede/ verhoudings/onderwysers/studies/trek en woon nuwe skool by/fisiese veranderinge soos gesond eet/oefen, ens.) o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse sekere veranderinge wat hom/haar oortuig het dat verandering 'n goeie ding is. (Voorbeelde: veranderinge van sosiale media/wat Covid gebring het, ens.) o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die waarde van verandering. (Voorbeelde: iets wat eers 'n negatiewe verandering was en sien toe dat dit eintlik goed was, soos egskeiding/verhuising/vriende, ens.)  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.4 WATER IS BELANGRIKER AS ELEKTRISITEIT  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af standpunt in, nl. dat water belangriker as elektrisiteit is óf dat elektrisiteit belangriker as water is en motiveer die standpunt. o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde opstel of water wel belangriker as elektrisiteit is. Die kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem. o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van sy/haar ervaring rondom water wat hom/haar laat besef dat water belangriker as elektrisiteit is of andersom. o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse 'n insident(e) rondom water wat hom/haar laat besef dat water belangriker as elektrisiteit is of andersom.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 1.5 RESPEK  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die waarde van respek. o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse 'n insident(e) wat hom/haar laat besef dat respek belangrik is. (Voorbeeld: hoe die kandidaat respek vir iemand gekry/verloor het/hoe gebrek aan respek tot verbrokkeling van gemeenskappe/skole lei, ens.) o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van dinge/ervaringe wat hom/haar laat besef het dat respek belangrik is. (Voorbeeld: hoe gebrek aan respek tot verbrokkeling van gemeenskappe/skole lei, ens.)  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] VISUELE PRIKKELS  Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir 'n verskeidenheid interpretasies. Die kandidaat se perspektief moet by assessering oorweeg word, maar slegs wanneer dit by die prikkel aansluit.  Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.  'n Opstel kan elemente van verskillende tipes opstelle bevat. 1.6 PRENTJIE: KINDERS  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Letterlike interpretasie: (Voorbeelde: kinders wat sang geniet/kinders wat gelukkig is as hulle sing/deelname aan koor/musiek/sangkompetisies/kulturele diversiteit in sang/sing van die volkslied by sport- en kultuur gebeurtenisse/kinders wat 'n kompetisie wen/Kerstyd/familiebyeenkoms/weeshuis/verhoudings of stories in 'n musiekgroep/kinderjare/konsert/Trots Suid-Afrikaans/hand op die bors/liefde vir iets of iemand/vreugde/herinneringe van positiewe kinderdae/vriende/kinderregte, ens.)  Figuurlike interpretasie: (Voorbeelde: musiek bring mense saam/musiek, die taal van my hart/eerbied/samehorigheid/afwagting/kinderlike onskuld/ons is net by feeste trots op ons taal/kultuur anders word dit weggebêre/vryheid van kindwees/jou drome, ens.)  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 1.7 PRENTJIE: STOP DINK DOEN  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Letterlike interpretasie: (Voorbeelde: bestuur met veiligheid/padtekens/padreëls/die woorde: stop, dink en doen/toekomsplanne/wenke vir die skryf van ‘n eksamen/hoe om konflik te hanteer/bestuurs-/leerlinglisensie/leer bestuur/bedelaars by verkeersligte/verkeerstekens en die belangrikheid daarvan/beskryf elke teken en hoe jy dit op jou lewenspad moet oorweeg/die stopteken staan uit weens donkerder agtergrond en jou dwing om te dink voor jy doen/die invloed van tekens by insidente in jou lewe soos dwelms wat vir jou aangebied word/vriende wat jou nie positief beïnvloed nie, ens.)  Figuurlike interpretasie: (Voorbeelde: die goue reël: stop, dink en doen/wenk vir die lewe/lewensfilosofie/uitdagings/padtekens op jou lewensweg, ens.)  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.8 PRENTJIE: VOËLKOUTJIE MET EEN VOËL BINNE EN EEN VOËL WAT UITVLIEG  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Letterlike interpretasie: (Voorbeelde: troeteldiere/as die koutjie se deurtjie oop is, vlieg die voëls weg/die koutjie is die huis of die bekende/afskeid/diere in ‘n hok/die aanhou van diere wat nie ‘n keuse het nie/verlaat die huis/keuses/my eie voëltjie wat wegvlieg/lewensmaats, ens.)  Figuurlike interpretasie: (Voorbeelde: vasgevangenheid/vryheid/gedwonge aanhouding/afskeid/neem jou eie besluite/om nie vry te wees nie/wegvlug van probleme/onder ouers se vlerk uit/om te laat gaan/nuwe plekke om te ontdek/bly jy of gly jy/dis tyd om die nes te verlaat/wilskrag om weg te breek/sprei jou vlerke/ geestesgesondheid/ons gemeenskappe se gesindheid/idees hou ons gevange/dit is moeilik om te vlug en laat ons magteloos voel/bevry van nuttelose idealisme/politieke terugslae/daar is altyd ‘n oop deur uit jou omstandighede/ vryheid gekoppel aan verantwoordelikheid/depressie of probleme wat jou vashou/ verbrokkelde verhoudings, ens.)  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS 2.1 INFORMELE BRIEF FOKUS Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar maat om te vertel wat die kandidaat ná sy/haar graad 12-jaar wil doen. KENMERKE  Die informele brief het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel.  Die doel van die brief moet duidelik wees, nl. om vir die kandidaat se maat te vertel wat die kandidaat ná sy/haar graad 12-jaar wil doen.  Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.  Die brief behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die brief moet die fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.  Gepaste detail brei die idees uit.  'n Gepaste groet. FORMAAT Die formaat van die brief moet korrek wees. Leestekens  Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie. Die adres en datum  Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.  Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie. Toegewing: 'n Reël mag tussen die datum en aanhef oopgelaat word of nie.  Die datum word voluit geskryf: 15 November 2022.  Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word. Die aanhef, doel, afsluiting en slot  Aanhef: "Beste" of "Liewe" word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn geskryf.  Groete/Liefdegroete kry 'n punt aan die einde.  Daar word nie 'n reël tussen byvoorbeeld Jou maat/vriend/vriendin en die naam oopgelaat nie.  Die omskrywing, bv. Jou maat/vriend/vriendin voor die briefskrywer se naam is opsioneel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Die paragrawe  'n Reël word tussen elke paragraaf oopgelaat.  Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat die briefskrywer vir die maat wil vertel wat hy/sy ná sy/haar graad 12-jaar wil doen.  Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer vertel in detail wat hy/sy ná sy/haar graad 12-jaar wil doen.  Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees. Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word. Voorbeelde van die briefskrywer se adres: Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588 Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam Kode Kode Kode Kode Rusthof Sewende laan 10/Sewende Laan 10/Sewendelaan 10 Pleknaam Westdene Kode Kode Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling van TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam en 'n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017, bl. 173) Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word aanvaar nie. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die taal en styl van die brief is informeel en gemaklik.  Die toon is vriendelik.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat die skryfstuk vereis.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 2.2 INFORMELE VERSLAG FOKUS Die kandidaat skryf 'n informele verslag oor hoe hy/sy gesien het hoe een van die klasmaats 'n venster van die skoolhoof se motor stukkend geslaan het. KENMERKE  Die informele verslag het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel, dog saaklik.  Die doel van die verslag moet duidelik wees, nl. om verslag te lewer oor dit wat die kandidaat gesien het.  Die skrywer lewer objektief verslag oor wat hy/sy gesien het.  Die verslag word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die insident verwys word.  Die verslag word in die eerste persoon gedoen.  Feite of inligting moet korrek wees.  Dit is kort en bondig.  Die informele verslag behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die informele verslag moet die fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.  Die idees/inligting is logies en betroubaar en duidelik uiteengesit.  Bondige, gepaste detail brei die idees uit: o Wie was betrokke? o Wat het gebeur? o Wanneer het dit gebeur? o Waar het dit gebeur? FORMAAT  Die verslag moet 'n opskrif hê.  Die meeste feite word in die eerste paragraaf gegee: Wie, wat, waar, wanneer?  Die verslag kan in paragrawe aangebied word.  Die wie, wat, waar en wanneer word in opeenvolgende paragrawe uitgebrei.  Die slot vat die verslag saam.  Die verslag word onderteken en van 'n datum voorsien. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die taal en styl van die informele verslag is hoofsaaklik informeel.  Die toon is saaklik en informatief.  Die kandidaat kan die bedrywende en lydende vorm in die verslag gebruik.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat die skryfstuk vereis.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. [30] 2.3 HULDEBLYK FOKUS Die kandidaat skryf 'n huldeblyk vir die skool se sekuriteitswag wat oorlede is. KENMERKE  Die huldeblyk het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is formeel en waarderend.  Die doel van die huldeblyk moet duidelik wees, nl. om hulde te bring aan die sekuriteitswag wat jare lank by die skool gewerk het.  Die huldeblyk moet in die verlede tyd geskryf word en die vertroosting/bemoediging in die teenwoordige of toekomende tyd.  Die mense wat die gedenkdiens bywoon, moet 'n geheelbeeld van die sekuriteitswag kry.  Die huldeblyk behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die huldeblyk moet die fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.  Gepaste detail brei die idees uit: o Bekendstelling van die sekuriteitswag o Oorsig oor die jare wat hy/sy by die skool gewerk het. o Enkele staaltjies uit die tyd toe hy/sy die skool se sekuriteitswag was o Waardering vir die sekuriteitswag se bydrae oor die jare o Die familie moet bemoedig word.  Kultuurkontekste moet in ag geneem word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne FORMAAT  Opskrif Die huldeblyk moet 'n opskrif hê en dit mag 'n subopskrif insluit.  Inleidende paragraaf Die inleidende sin is baie belangrik. Die huldeblyk word met die groet ingelei en die aanwesiges se aandag word vasgevang. Die spreker gee die rede vir die samekoms.  Paragraaf 2 Die volgende besonderhede van die sekuriteitswag kan gegee word: naam en van, jare diens en oorsig oor sy/haar jare by die skool.  Paragraaf 3 en verder Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure en staaltjies van die sekuriteitswag se lewe bevat. Dit word in verskillende daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik) oor 'n nuwe feit/gedagte. Die spreker bemoedig hier of in die slotparagraaf die sekuriteitswag se familie.  Slotparagraaf In die slot kan die spreker waardering uitspreek vir die sekuriteitswag se bydrae oor die jare. Die spreker moet hier of in een van die ander paragrawe die sekuriteitswag se familie bemoedig. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is formeel, dog vriendelik, waarderend, liefdevol, vertroostend, bemoedigend en taktvol.  Die taal en styl van die huldeblyk stem met die toon ooreen.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat die huldeblyk vereis.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 2.4 DIALOOG FOKUS Die kandidaat skryf 'n dialoog tussen hom/haar en sy/haar ma oor die swak maniere van party leerders by die skool. KENMERKE  Die dialoog het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel.  Die doel van die dialoog is om te gesels oor party leerders se swak maniere by die skool.  Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog.  Die taal en styl is informeel en gemaklik.  Die dialoog behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die dialoog moet die fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word duidelik uiteengesit.  Gepaste detail dra by tot die ontwikkeling van die gesprek: o Wat leerders doen o Waarom hulle so optree o Die kandidaat en die ma se opinie oor die saak  Kultuurverskille moet te alle tye in ag geneem word. FORMAAT  Die name van die sprekers word netjies onder mekaar geskryf, teenaan die linkerkantlyn.  Die kandidaat se naam kan met "Ek" vervang word.  Daar kom 'n dubbelpunt na elke naam.  Geen aanhalingstekens word gebruik nie.  Laat 'n reël na elke spreekbeurt oop.  Spreekbeurte is in blokvorm.  Die kandidaat behoort 'n konteks te skep voordat die dialoog geskryf word.  Ekstra inligting word tussen hakies en direk voor die spreker se woorde geskryf, waar dit toepaslik is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 15 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon getuig van eerlikheid en openhartigheid.  Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik, dog hoflik.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat hierdie dialoog vereis.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks. o Vermy slordige taal, sleng en sms-taal. [30] ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word. TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3 3.1 PLAKKAAT FOKUS Die kandidaat ontwerp 'n plakkaat om sy/haar dienste om na mense se huise en diere te kyk, te adverteer. KENMERKE  Die plakkaat het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is oorredend/manipulerend.  Die doel van hierdie plakkaat is om mense te oorreed om die kandidaat se dienste te gebruik.  Daar is 'n definitiewe teikenmark, nl. mense wat met vakansie is en/of diere het.  Die nodige inligting word in die plakkaat gegee.  Die krag van 'n plakkaat lê in sy eenvoud.  Die leser moet die plakkaat maklik verstaan.  Hierdie plakkaat berus op die sogenaamde ABBA-beginsel: o Dit moet die leser se aandag trek deur verskillende lettertipes en lettergroottes. o Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van interessante inhoud en uitleg. o Hierdie plakkaat moet 'n begeerte by die leser wek om die kandidaat se dienste te gebruik. o As die plakkaat in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en die kandidaat se dienste gebruik. Die plakkaat moet hierdie aksie vergemaklik deur volledige inligting soos bv. kontaknommers, ens. te verskaf.  Die plakkaat behoort 80–100 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die plakkaat moet die fokus ondersteun.  Die volgende inligting behoort in die plakkaat gegee te word: o Wie is die teikengroep? o Wie lewer die diens? o Wat sluit die dienste in? o Wanneer is die dienste beskikbaar? o Hoeveel kos die dienste? o Kontakbesonderhede? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 17 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne FORMAAT  Die plakkaat moet die indruk van 'n advertensie skep.  Verskillende lettertipes (fonts) word gebruik.  Verskillende lettergroottes word gebruik.  Die belangrikste inligting trek dadelik die leser se aandag.  Geen omslagtige paragrawe nie.  Inligting kan puntsgewys gegee word. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is oorredend en spreek die leser direk aan.  Die taal en styl is informeel en gemaklik.  Die woordkeuse, styl en register is slim en oorredend van aard en getuig van goeie woordeskat.  Die grammatika en spelling geniet aandag: o Sinsbou is funksioneel. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling van woorde is korrek. o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks. [20] 3.2 KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp) FOKUS Die kandidaat skryf 'n kort teksboodskap aan die maat waarin die kandidaat sy/haar opinie in reaksie op die maat se boodskap gee. KENMERKE  Die kort teksboodskap het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel. Sms-taal word nie aanvaar nie.  Die doel van die kort teksboodskap moet duidelik wees, nl. om die kandidaat se opinie te verwoord.  Die kort teksboodskap behoort 80–100 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die kort teksboodskap moet die fokus ondersteun.  Die inhoud is persoonlik van aard.  'n Verskeidenheid interessante idees word gegee. Die kandidaat se opinie moet duidelik wees.  Gevoelens en gedagtes word beskryf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 18 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne FORMAAT  Dit is beleefd om eers te groet voordat jy die boodskap skryf.  Die uiteensetting mag in paragraafvorm wees.  Die tyd wanneer die boodskap gestuur is, word in die laaste reël of onderaan in die regterkantste hoek geskryf. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is persoonlik.  Die styl is informeel.  Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om sy/haar gedagtes en emosies met min woorde te beskryf.  Beskrywende woorde word fyn gekies.  Die persoon skryf in die teenwoordige/toekomende tyd.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. o Vermy sms-taal en afkortings. [20] 3.3 INSTRUKSIES FOKUS Die kandidaat gee vir graad 8-leerders instruksies hoe om 'n suksesvolle skoolloopbaan te hê. KENMERKE  Hierdie instruksies het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel en informatief.  Die doel van hierdie instruksies is om raad/advies/leiding te gee.  Die instruksies se doel is om te verduidelik wat gedoen moet word.  Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.  In hierdie instruksies kan tipiese bevelsinne gegee word. Dit kan met stelsinne afgewissel word.  Die instruksies behoort 80–100 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die instruksies moet die fokus ondersteun.  'n Reeks verskillende idees word gegee.  Hierdie teks leen hom nie tot uitbreiding van idees met onnodige detail nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 19 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne FORMAAT  Die instruksies kan genommer word, met kolpunte aangedui word of slegs as sinne geskryf word. LET WEL: Deel van die opdrag by hierdie vraag is dat kandidate die instruksies puntsgewys, onder mekaar en in volsinne moet neerskryf.  Die instruksies moet in volsinne aangebied word. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is verduidelikend/informatief.  Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.  Instruksies word in die teenwoordige tyd geskryf.  Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om met die gebruik van min woorde inligting te gee. Omdat daar nie te veel detail gegee kan word nie, moet die kandidaat hier bewys lewer dat hy/sy met gepaste bywoorde/byvoeglike naamwoorde kan werk.  Grammatika en spelling geniet aandag: o Sinne begin gewoonlik met 'n werkwoord (bevelsin) of ''Julle moet ...'' of ''Onthou om ...'' o Persoonlike voornaamwoorde word in plaas van eiename gebruik. o Lydende vorm mag gebruik word. o Spelling moet korrek wees. o Taalstrukture en -konvensies moet korrek wees. [20] ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 Downloaded from hlayiso.com 20 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne LET WEL:  Gebruik altyd dié rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0–50 is in VYF vaardigheidsvlakke verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vaardigheidsvlakke in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant Respons en idees en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, baie oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp vir beplanning volwasse en interessant en lewer -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie Hoë vlak Bewustheid van doel, stem leser tot bewys van en redelik organisasie en -Vaag en herhalend gehoor en konteks nadenke volwassenheid samehangend, samehang -Geen organisasie nie -Uitsonderlike -Organisasie baie insluitend inleiding, en is onsamehangend 30 PUNTE organisasie en goed en liggaam en samehang, insluitend samehangend, samevatting/slot inleiding, liggaam en insluitend inleiding, samevatting/slot liggaam en samevatting/slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie Lae vlak -Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant en volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van ontoepaslik -Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 Downloaded from hlayiso.com 21 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, styl, register -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat gepas en woordeskat minder woordeskat nie gepas Toon, register, styl en gepas vir doel, gepas vir doel, vir doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor vir doel, gehoor en woordeskat is geskik vir gehoor en konteks gehoor en konteks konteks en konteks konteks nie Hoë vlak doel/effek en konteks -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie -Taal onverstaanbaar Woordkeuse van vertroue, -Grammatika en om betekenis oor te basies -Woordeskat so beperk Taalgebruik en indrukwekkend spelling grootliks dra -Woordkeuse skaars dat dit onmoontlik is om konvensies, punktuasie, -Grammatika en foutvry -Retoriese middele toepaslik sin te maak grammatika en spelling spelling feitlik foutvry -Baie goed gedoen gebruik om betekenis -Baie beperkte -Knap gedaan te versterk woordeskat 15 PUNTE 13 10 7 4 -Toon, register, styl -Toon gepas en -Toon oor die -Taalgebruik en woordeskat is effektief algemeen gepas en onvoldoende effektief -Taalgebruik toepaslik beperkte gebruik van -Weinig indien enige Lae vlak -Taalgebruik en oor die algemeen retoriese middele sinsverskeidenheid uitstekend effektief -Voldoende -Woordeskat baie -Grammatika en -Enkele foute in taalgebruik, maar beperk spelling feitlik foutvry grammatika en teenstrydighede word -Baie goed tot knap spelling opgemerk gedaan -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 -Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige detail -Noodsaaklike detail Kenmerke van teks ontwikkeling van van relevante detail ontwikkel relevant ontbreek Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sommige sinne en -Sinne en paragrawe en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer paragrawe foutief foutief gekonstrueer -Sinne en paragrawe logies en toon -Opstel maak nog sin gekonstrueer -Opstel maak nie meer 5 PUNTE uitsonderlik variasie -Opstel maak nog sin nie gekonstrueer effens sin Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 22 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4 BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die soort verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die teks nie Respons en idees -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik met Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking beplanning, doel, gehoor, -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees kenmerke, konvensies kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings en inhoud nie en konteks soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp 18 PUNTE fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail nie toegepas nie en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die -Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan formaat TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat woordeskat stem nie Toon, register, styl en geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir ooreen met doel, gehoor en woordeskat geskik vir doel gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en konteks nie en konteks -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en Taalgebruik en konvensies, akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend woordkeuse, punktuasie en gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig 12 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 23 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die verwagting goeie kennis van kennis van kenmerke van kenmerke van soort teks nie Respons en idees -Idees intelligent en kenmerke van die van die soort teks die soort teks -Betekenis onduidelik met Organisering van idees volwasse soort teks -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking vir beplanning, doel, -Grondige kennis van -Behou fokus – geen gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees gehoor, kenmerke, kenmerke van die afwyking nie afwykings afwykings en inhoud nie konvensies soort teks -Samehang in inhoud -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun en konteks -Skryfwerk behou en idees; baie goed in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp fokus uitgebrei met detail -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat 12 PUNTE -Samehang in inhoud wat die onderwerp ondersteun die -Min detail nie toegepas nie en idees ondersteun onderwerp ondersteun die -Idees behoorlik -Gepaste formaat -Formaat oorwegend onderwerp uitgebrei met detail met onbeduidende gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp foute. enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute formaat begaan TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en -Toon, register, styl -Toon, register, styl en en woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat is geskik en woordeskat woordeskat stem nie Toon, register, styl en geskik vir doel, geskik vir doel, vir doel, gehoor en minder geskik vir ooreen met doel, gehoor woordeskat geskik vir gehoor en konteks gehoor en konteks konteks doel, gehoor en en konteks nie doel en konteks -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en Taalgebruik en akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend konvensies, gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir woordkeuse, punktuasie -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie en spelling woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer 8 PUNTE Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Fal

Explore more published documents in this catalogue.

View all