Downloaded from hlayiso.com
JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING
GRAAD 1
WISKUNDE
STEL 1: 2012 MODELVRAE
You're offline
Skip to contentQuestion paper 
--585ef226-2dc9-48a4-ba4b-a0c54bc555ec/v1-3214c8c183a666c70d55/card.webp)




Afrikaans Grade 1 (1).pdf
Mathematics · Grade 1 · ANA Exemplars · 2012 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematics
- Grade
- Grade 1
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- ANA Exemplars
- Pages
- 21
- File size
- 1.5 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 21
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA)
1. Algemene oorsig
Die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) is 'n summatiewe assessering van die verwagte kennis en
vaardighede wat leerders aan die einde van graad 1 tot 6 en graad 9 moes ontwikkel het. As hulpmiddel vir
die skoolgebaseerde assessering en om te verseker dat leerders die nodige selfvertroue ontwikkel om
suksesvol deel te neem aan eksterne assessering, het opvoedkundige panele en vakspesialiste
voorbeeldvraestelle vir Taal- en Wiskunde-onderrig saamgestel. Die voorbeeldvraestelle is op die
kurrikulum gebaseer en strek oor die eerste drie kwartale van die skooljaar. Daar is ook 'n volledige
Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets (ANA). Die voorbeeldvraestelle, insluitend die modeltoets, is
slegs aanvullend tot die skoolgebaseerde assessering wat leerders deurgaans moet voltooi en vervang nie
die skoolgebaseerde assessering nie.
2. Die struktuur van voorbeeldvraestelvrae
Die voorbeeldvraestelle is ontwerp om verskillende tegnieke of style te illustreer om dieselfde vaardighede
en/of kennis te assesseer. Sommige van die inhoudkennis of 'n vaardigheid kan byvoorbeeld geassesseer
word deur 'n meervoudigekeuse-vraag (waar leerders die beste antwoord uit die gegewe opsies kies) of 'n
stelling (wat van die leerder vereis om 'n kort antwoord of 'n paragraaf te skryf) of ander soorte vrae (wat
leerders vra om gegewe woorde/stellings met lyne te verbind, om gegewe sinne of patrone te voltooi, om
hulle antwoorde met tekeninge of sketse te toon, ens.). Indien onderwysers en leerders dus 'n aantal
voorbeeldvraestelvrae kry wat verskillend gestruktureer is, maar dieselfde ding vra, moet hulle verstaan dat
dit opsetlik is en leerders moet op al die voorbeeldvraestelvrae reageer. Blootstelling aan 'n groot
verskeidenheid vraagstellingstegnieke of -style gee leerders die nodige selfvertroue om toetse te
konfronteer.
3. Verband met ander leer- en onderrigbronmateriaal
Sommige teksgedeeltes en vrae word doelbewus vir integrering met die graadverwante werkboeke verbind.
Die voorbeeldvraestelle voldoen ook aan die vereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) vir
graad R tot 12, die bepalings van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV) vir
die onderskeie grade en die Nasionale Protokol vir Assessering. Saam vorm hierdie dokumente, sowel as
ander dokumente wat deur die skool voorsien kan word, 'n ryk bron van bronmateriaal wat onderwysers in
staat stel om lesse te beplan en om formele assessering uit te voer (assessering van leer).
4. Hoe om die voorbeeldvraestelle te gebruik
Alhoewel die voorbeeldvraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel saamgestel is,
beteken dit nie dat die onderwyser die hele stel net so aan die leerders moet gee om binne een sessie af te
handel nie. Die onderwyser moet toepaslike voorbeeldvrae kies wat deel vorm van die beplande les. Kies
sorgvuldig die afsonderlike voorbeeldvrae van die betrokke les of 'n hanteerbare hoeveelheid vrae en
gebruik dit tydens die verskillende stadiums van die onderrig- en leerproses soos volg:
4.1 Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te stel. Die
diagnose moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet ontwikkel word
om aandag te gee aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte uit te bou. Die
diagnostiese toets kan as tuiswerk gegee word om nie onderrigtyd te verloor nie.
1
Downloaded from hlayiso.com
4.2 Gedurende die les as 'n kort informatiewe toets om te assesseer of leerders die veronderstelde kennis
en vaardighede ontwikkel soos wat die les ontwikkel en verloop en om seker te maak dat geen
leerder agter raak nie.
4.3 By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of leerders
voldoende begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan toepas.
Spoedige terugvoer aan leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel of daar dele van
die les(se) is wat weer behandel moet word om spesifieke kennis en vaardighede vas te lê.
4.4 Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te stel, bv.
hoe om meervoudigekeuse-vrae (MK) te beantwoord, oop vrae of vryeresponsvrae, kortvrae, ens.
Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die summatiewe
toets heelwat meer vrae insluit om 'n volwaardige toets te wees, afhangend van die hoeveelheid werk wat
reeds teen 'n sekere tyd behandel is. Dit is egter belangrik om seker te maak dat leerders uiteindelik
genoeg oefening kry in 'n volwaardige toets, soortgelyk aan dié van die Jaarlikse Nasionale
Assesseringsmodeltoets.
5. Memorandum of riglyne vir antwoorde
'n Tipiese voorbeeld van die verwagte respons (memorandum) word by elke voorbeeldtoets en Jaarlikse
Nasionale Assesseringsmodeltoets-antwoorde gegee. Onderwysers moet in gedagte hou dat die
memorandum geensins rigied is nie. Die memorandum gee slegs breë riglyne ten opsigte van verwagte
response en onderwysers moet aanvaarbare moontlikhede ondersoek en ander aanvaarbare response van
die leerders aanvaar.
6. Kurrikulumdekking
Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die
voorbeeldvraestelle vir elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is slegs 'n
voorbeeld van belangrike kennis en vaardighede en slegs van toepassing op die werk wat in die eerste
drie kwartale van die skooljaar behandel word. Die tempo waarteen die werk in sekere kwartale behandel
moet word, is vervat in die betrokke Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV).
7. Gevolgtrekking
Die doelwit van die Departement is om die vlak en kwaliteit van leerderprestasie in die kritiese
grondslagvaardighede van gesyferdheid en geletterdheid te verbeter. Die Jaarlikse Nasionale
Assesseringsmodeltoets is een instrument wat die Departement gebruik om vas te stel of leerderprestasie
verbeter, dieselfde bly of verswak. Daar word van distrikte en skole verwag om onderwysers te ondersteun
en om die nodige hulpmiddels daar te stel om die effektiwiteit van onderrig en leer in skole te verbeter. Deur
van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoetse gebruik te maak as deel van die
onderwyshulpmiddels, sal onderwysers leerders help om vertroud te raak met verskillende vorms en
tegnieke van assessering. Indien die voorbeeldvraestelle behoorlik aangewend word, sal dit help dat
leerders die toepaslike kennis en vaardighede bekom om effektief te leer en om beter te vaar in
toekomstige Jaarlikse Nasionale Assesseringstoetse.
2
Downloaded from hlayiso.com
GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE.
1. Tel die appels en skryf die getalsimbool neer.
___________________
2. Tel die stoeltjies en skryf die getalnaam.
__________________
3. Skryf die aantal skoene in die blokkie. Die eerste ry is vir jou
gedoen.
2
3
Downloaded from hlayiso.com
4. Hoeveel sye het hierdie vorm?
_____________
5. Kyk na die aantal sirkels in die eerste raam en teken net soveel
in die tweede raam.
6. Vul die ontbrekende getalle in.
a.
1 4 5
b. 1, 2, _______, _______, 5
c. 5, 4, _______, ________, 1
d.
5 3 1
4
Downloaded from hlayiso.com
7. Trek ‘n lyn om die aantal voëls met die ooreenstemmende
getalsimbool te verbind.
2
9
6
4
5
Downloaded from hlayiso.com
8. Kyk na die prentjie.
Omkring die getal wat by die aantal artikels in elke groep pas.
1 2 3 4 5
1 2 3 4 5
1 2 3 4 5
1 2 3 4 5
1 2 3 4 5
9. Trek ‘n reguit lyn om die getalsimbole wat dieselfde is te
verbind.
8 7 5
5 8 7
6
Downloaded from hlayiso.com
10. Kopieer die gegewe getalsimbole in elke sirkel.
5
2
11. Skryf die getalsimbool vir die ooreenstemmende getalnaam in
elke blokkie.
Vier sterre
Twee blomme
Een hasie
7
Downloaded from hlayiso.com
12. Voltooi die onderstaande tabel.
Voorwerp Getalsimbool Getalnaam
________ Vier
2 ________
________ Vyf
3 ________
1 ________
13. Skryf die getalname vir die volgende getalsimbole.
5
1
3
4
2
8
Downloaded from hlayiso.com
14. Verbind die getalsimbool met die regte getalnaam.
3 Een
2 Twee
1 Vier
4 Drie
5 Vyf
15. Kyk na die kruisies en kolletjies. Voltooi dan die sinne deur die
woorde “meer” of “minder” in te vul.
X X X
Daar is _______ kruisies as kolletjies.
Daar is _______ kolletjies as kruisies.
9
Downloaded from hlayiso.com
16. Kyk na die prentjies en beantwoord dan die vrae.
a
bok hen
Die __________ het meer bene as die ___________.
b.
motor fiets
Die __________ het minder wiele as die _________.
c.
vierkant driehoek
Die __________ het meer sye as die ____________.
10
Downloaded from hlayiso.com
17. Rangskik die volgende getalle van die kleinste tot die grootste.
5, 3, 2, 4, 1
_______________________________________________
18. Skryf die volgende getalle, van groot na klein, op die vlaggies.
2, 1, 4, 5, 3
19. Skryf die getalle 3, 2, 1, 4, 5 van klein na groot in die sirkels. Die
grootte van die getal moet pas by die grootte van die sirkel .
11
Downloaded from hlayiso.com
20. Skryf die getalle van 1 tot 5 op die regte plekke op die getallelyn.
Een getal is vir jou ingevul.
0 3
21. Vul die ontbrekende getal op die getallelyn in.
0 1 2 4 5
12
Downloaded from hlayiso.com
PROBLEEMOPLOSSING
22. Anna het 3 piesangs en Theo het 2 piesangs.
Hoeveel piesangs het Anna en Theo altesaam?
________________________
23. Ntombi pluk 2 blomme en Sara pluk 2 blomme.
Hulle pluk saam _________ blomme.
24. Phuti het 1 koekie en Pat het 2 koekies.
Phuti en Pat het _______ koekies altesaam.
25. 2 lemoene en 3 lemoene is altesaam ________ lemoene.
26. 4 wortels neem weg 1 wortel laat ______ wortels.
27. Thabo het 3 lekkers. Tumi vat vir hom 2 van die lekkers.
Hoeveel lekkers het Thabo nou?
______________________
13
Downloaded from hlayiso.com
28. 2 appels minder as 4 appels is _____appels.
29. Chantel het 5 albasters. Sy gee vir Mary 3 albasters.
Chantel het __________ albasters oor.
30. ‘n Boer het 4 koeie. Hy verkoop 2 koeie.
Hy het _______ koeie oor.
14
Downloaded from hlayiso.com
BEWERKINGS – OPTELLING EN AFTREKKING.
31. Kyk na die prentjies en beantwoord vrae a tot c.
a.
1 en 1 is _________ appels.
2 en 1 is _________ appels.
2 en 3 is _________ appels.
b.
2 en 2 is ________ voëls.
3 en 1 is _________ voëls.
2 en 3 is ________ voëls.
c.
4 skoene neem weg 2 skoene is _________ shoes.
3 skoene neem weg 1 skoen is _________ skoene.
15
Downloaded from hlayiso.com
PATRONE, FUNKSIES EN ALGEBRA
32. Voltooi die patroon.
__________ ______________
33. Teken die volgende 2 voorwerpe in die patroon.
________ ________
34. Teken die volgende 2 stelle kolletjies in die patroon.
___________
16
Downloaded from hlayiso.com
RUIMTE EN VORM
35. Kyk na die prentjie hieronder. Omkring die letter van die
sin wat die prentjie beskryf.
A. Die bal is op die boks.
B. Die bal is onder die boks.
36. Onderstreep die woord “regs” of “links” om die sin waar te
maak .
Die boom is regs/links van die kat.
17
Downloaded from hlayiso.com
37. Is die vorm van die gesig ’n bal of ‘n boks?
Die vorm is ‘n _______________________
38. Verbind die prentjie met die regte vorm.
18
Downloaded from hlayiso.com
METING.
39. Omkring die word wat verband hou met die prentjie.
oggend/aand
40. Maak ‘n “X” bokant die langste voorwerp.
41. Omkring die kortste voorwerp.
19
Downloaded from hlayiso.com
42. Omkring die swaarste dier.
43. Maak ‘n “X” bokant die ligste voorwerp.
44. Onderstreep die swaarste dier
20
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
2014 ANA Grade 1 Afrikaans Mathematics.pdf

Question paper
ANATest+Grade+1+Afrikaans-Mathematics+2013+Test.pdf
Question paper
2013+Grade+1+Afrikaans+Mathematics+Exemplar.pdf
Question paper
Afrikaans HL Graad 1 2012.pdf
Question paper
Mathematics Grade 1 Afrikaans 2012.pdf
Question paper
Numeracy Afrikaans Grade 1.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
--585ef226-2dc9-48a4-ba4b-a0c54bc555ec/v1-3214c8c183a666c70d55/card.webp)
Memorandum
Afrikaans Grade 1 Memo (1).pdf

Memorandum
2013+Grade+1+Afrikaans+Mathematics+Exemplar+Memo.pdf
CAPS document
CAPS MATHS AFRIKAANS GR 1-3 FS.pdf

Memorandum
2014 ANA Grade 1 Afrikaans Mathematics memo.pdf

Memorandum
ANATest+Grade+1+Afrikaans-Mathematics+2013+Memo.pdf

Memorandum