Downloaded from hlayiso.com
JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING
GRAAD 3
AFRIKAANS HUISTAAL
STEL 1: 2012 MODELVRAE
Skip to contentAll 2012 papers 





View all
Afrikaans Grade 3 ANA Exemplars 2012 Question Paper
Grade 3 Afrikaans question paper from the ANA Exemplars 2012, 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans · Grade 3 · ANA Exemplars · 2012 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans
- Grade
- Grade 3
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- ANA Exemplars
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 1.7 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
ANA Exemplars 2012
- Other filesQuestion paperQuestion paper (2)MemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA)
1. Algemene oorsig
Die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) is 'n summatiewe assessering van die verwagte kennis
en vaardighede wat leerders aan die einde van graad 1 tot 6 en graad 9 moes ontwikkel het. As
hulpmiddel vir die skoolgebaseerde assessering en om te verseker dat leerders die nodige
selfvertroue ontwikkel om suksesvol deel te neem aan eksterne assessering, het opvoedkundige
panele en vakspesialiste voorbeeldvraestelle vir Taal- en Wiskunde-onderrig saamgestel. Die
voorbeeldvraestelle is op die kurrikulum gebaseer en strek oor die eerste drie kwartale van die
skooljaar. Daar is ook 'n volledige Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets (ANA). Die
voorbeeldvraestelle, insluitend die modeltoets, is slegs aanvullend tot die skoolgebaseerde
assessering wat leerders deurgaans moet voltooi en vervang nie die skoolgebaseerde assessering
nie.
2. Die struktuur van voorbeeldvraestelvrae
Die voorbeeldvraestelle is ontwerp om verskillende tegnieke of style te illustreer om dieselfde
vaardighede en/of kennis te assesseer. Sommige van die inhoudkennis of 'n vaardigheid kan
byvoorbeeld geassesseer word deur 'n meervoudigekeuse-vraag (waar leerders die beste
antwoord uit die gegewe opsies kies) of 'n stelling (wat van die leerder vereis om 'n kort antwoord of
'n paragraaf te skryf) of ander soorte vrae (wat leerders vra om gegewe woorde/stellings met lyne
te verbind, om gegewe sinne of patrone te voltooi, om hulle antwoorde met tekeninge of sketse te
toon, ens.). Indien onderwysers en leerders dus 'n aantal voorbeeldvraestelvrae kry wat verskillend
gestruktureer is, maar dieselfde ding vra, moet hulle verstaan dat dit opsetlik is en leerders moet op
al die voorbeeldvraestelvrae reageer. Blootstelling aan 'n groot verskeidenheid
vraagstellingstegnieke of -style gee leerders die nodige selfvertroue om toetse te konfronteer.
3. Verband met ander leer- en onderrigbronmateriaal
Sommige teksgedeeltes en vrae word doelbewus vir integrering met die graadverwante werkboeke
verbind. Die voorbeeldvraestelle voldoen ook aan die vereistes van die Nasionale
Kurrikulumverklaring (NKV) vir graad R tot 12, die bepalings van die Nasionale Kurrikulum- en
Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV) vir die onderskeie grade en die Nasionale Protokol vir
Assessering. Saam vorm hierdie dokumente, sowel as ander dokumente wat deur die skool
voorsien kan word, 'n ryk bron van bronmateriaal wat onderwysers in staat stel om lesse te beplan
en om formele assessering uit te voer (assessering van leer).
4. Hoe om die voorbeeldvraestelle te gebruik
Alhoewel die voorbeeldvraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel
saamgestel is, beteken dit nie dat die onderwyser die hele stel net so aan die leerders moet gee
om binne een sessie af te handel nie. Die onderwyser moet toepaslike voorbeeldvrae kies wat deel
vorm van die beplande les. Kies sorgvuldig die afsonderlike voorbeeldvrae van die betrokke les of
'n hanteerbare hoeveelheid vrae en gebruik dit tydens die verskillende stadiums van die onderrig-
en leerproses soos volg:
4.1 Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te
stel. Die diagnose moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet
ontwikkel word om aandag te gee aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte
uit te bou. Die diagnostiese toets kan as tuiswerk gegee word om nie onderrigtyd te verloor
nie.
1
Downloaded from hlayiso.com
4.2 Gedurende die les as 'n kort informatiewe toets om te assesseer of leerders die veronderstelde
kennis en vaardighede ontwikkel soos wat die les ontwikkel en verloop en om seker te maak
dat geen leerder agter raak nie.
4.3 By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of leerders
voldoende begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan
toepas. Spoedige terugvoer aan leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel
of daar dele van die les(se) is wat weer behandel moet word om spesifieke kennis en
vaardighede vas te lê.
4.4 Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te
stel, bv. hoe om meervoudigekeuse-vrae (MK) te beantwoord, oop vrae of vryeresponsvrae,
kortvrae, ens.
Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die
summatiewe toets heelwat meer vrae insluit om 'n volwaardige toets te wees, afhangend van die
hoeveelheid werk wat reeds teen 'n sekere tyd behandel is. Dit is egter belangrik om seker te maak
dat leerders uiteindelik genoeg oefening kry in 'n volwaardige toets, soortgelyk aan dié van die
Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets.
5. Memorandum of riglyne vir antwoorde
'n Tipiese voorbeeld van die verwagte respons (memorandum) word by elke voorbeeldtoets en
Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets-antwoorde gegee. Onderwysers moet in gedagte hou
dat die memorandum geensins rigied is nie. Die memorandum gee slegs breë riglyne ten opsigte
van verwagte response en onderwysers moet aanvaarbare moontlikhede ondersoek en ander
aanvaarbare response van die leerders aanvaar.
6. Kurrikulumdekking
Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die
voorbeeldvraestelle vir elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is
slegs 'n voorbeeld van belangrike kennis en vaardighede en slegs van toepassing op die werk wat
in die eerste drie kwartale van die skooljaar behandel word. Die tempo waarteen die werk in sekere
kwartale behandel moet word, is vervat in die betrokke Nasionale Kurrikulum- en
Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV).
7. Gevolgtrekking
Die doelwit van die Departement is om die vlak en kwaliteit van leerderprestasie in die kritiese
grondslagvaardighede van gesyferdheid en geletterdheid te verbeter. Die Jaarlikse Nasionale
Assesseringsmodeltoets is een instrument wat die Departement gebruik om vas te stel of
leerderprestasie verbeter, dieselfde bly of verswak. Daar word van distrikte en skole verwag om
onderwysers te ondersteun en om die nodige hulpmiddels daar te stel om die effektiwiteit van
onderrig en leer in skole te verbeter. Deur van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoetse
gebruik te maak as deel van die onderwyshulpmiddels, sal onderwysers leerders help om vertroud
te raak met verskillende vorms en tegnieke van assessering. Indien die voorbeeldvraestelle
behoorlik aangewend word, sal dit help dat leerders die toepaslike kennis en vaardighede bekom
om effektief te leer en om beter te vaar in toekomstige Jaarlikse Nasionale Assesseringstoetse.
2
Downloaded from hlayiso.com
Lees die storie en beantwoord die vrae.
Lauren en Jane was baie opgewonde om op die plaas te gaan kuier. Lauren
se oom was ‘n baie gawe man. Hy was ook bly omdat Lauren haar beste
maatjie saamgebring het om ook op die plaas te kom kuier. Ouma was baie
bly om haar gunstelingkleindogter te sien.
Daar was baie dinge om te doen op die plaas, maar na ‘n week was Lauren
en Jane verveeld. Hulle wou na die rivier gaan waar hulle in die bome kan
klim en hulle wou ook in die rivier swem, maar Ouma het aan hulle gesê om
te wag tot Lauren se oom hulle kon neem. Hulle mag nie alleen na die rivier
toe gaan nie en ongelukkig was haar oom te besig om hulle te neem.
Een oggend het die twee meisies besluit om op hul eie na die rivier te gaan.
Hulle het nie eens vir Ouma of hulle oom vertel nie. Hulle het lekker in die
koue rivier geswem en in die bome geklim en ook op die takke gesit. Hulle kon
baie ver sien vanuit die bome. Toe hulle moes huis toe gaan, het Jane stadig
uit die boom geklim, maar Lauren het uit die boom gespring en het haar
been seergemaak. Sy kon nie loop nie en het heeltyd gehuil.
Jane het huis toe gehardloop om Lauren se oom te gaan roep. Sy het hom
vertel wat gebeur het. Hy het baie vinnig na die rivier gehardloop om
Lauren te gaan help. Hy het haar terug huis toe gedra omdat sy haar
been gebreek het. Die vakansie het op ‘n baie slegte noot geëindig.
3
Downloaded from hlayiso.com
1.1 Omkring die regte antwoord.
A Lauren en Jane is beste maatjies.
B Die storie gaan oor twee slim dogters.
C Lauren en Mary kuier op ‘n plaas.
D Almal het gelukkig op die plaas gewoon.
1.2 Onderstreep die korrekte antwoord.
Lauren en Jane woon in die (bus, trein, stad, boot.)
1.3 Voltooi die volgende sin :
Lauren se oom was bly toe Lauren haar beste maatjie,
....................................... vir die vakansie huis toe bring.
1.4 Gee die beste naam vir die storie.
.........................................................................................
1.5 Wat is die hoofgedagte van die storie. Skryf dit slegs in een sin.
..................................................................................................
2.1 Omkring die letter van die regte antwoord.
A Lauren en Jane is nie beste maatjies nie.
B Hulle wou kerk toe gaan.
C Jane se been was gebreek.
D Lauren het uit die boom gespring en haar been gebreek.
4
Downloaded from hlayiso.com
2.2 Rangskik die gebeure in die korrekte volgorde.
A Lauren het gespring en haar been seergemaak ........
B Sy het heeltyd gehuil. .......
C Sy het haar been gebreek. .......
D Sy kon nie stap nie. .......
2.3 Pas die karakter by die gebeure.
KOLOM A KOLOM B
2.3.1 Lauren A. het huis toe gehardloop om Lauren se oom te
gaan roep.
2.3.2 Jane
B. het geval en het haar been seergemaak.
2.4 Waarheen het die meisies een oggend gegaan?
..................................................................................................................
2.5 Waarom het die ongeluk gebeur?
Die ongeluk het gebeur omdat.........................................
5
Downloaded from hlayiso.com
3. Kyk na die foto en beantwoord die vrae.
3.1 Omkring die letter van die regte antwoord.
Die foto gaan oor ...
A sneeu
B ys
C ‘n rivier
D winter
3.2 Gebruik een woord om die sin te voltooi.
Ek swem in die ............................
3.3 Omkring die letter van die regte antwoord.
Wanneer is die foto geneem?
A Gedurende die somervakansie
B Terwyl ons koek gebak het
C Tydens inkopies
D Terwyl ons geslaap het
6
Downloaded from hlayiso.com
3.4 Onderstreep die regte antwoord.
Water wat van ‘n berg afvloei, word ‘n (rivier, dam, poel,
waterval) genoem.
3.5 Trek ‘n kruis deur die verkeerde woorde.
Kyk na die prentjie. Watter van die volgende kan nie op ‘n rivier
vaar nie?
boot, skip, seiljag, kanoe
4.1 Lees weer die storie oor Lauren en Jane en skryf twee woorde
neer wat moeilik was om te lees.
...........................................................................................
4.2 Wat beteken die volgende woorde?
opgewonde ...........................................................................
gunsteling ..............................................................................
4.3 In die eerste paragraaf van die storie is daar woorde wat
tweeklankkombinasies is. Skryf dit neer.
..............................................................................................
4.4 Soek woorde in die storie wat dieselfde beteken as die
onderstaande woorde. Skryf die woorde op die lyne.
vertel ..................................................................................
ongelukkig ...........................................................................
7
Downloaded from hlayiso.com
4.5 Beantwoord die vraag. Antwoord slegs JA of NEE.
Ouma het geweet dat die meisies na die rivier gegaan het.
..........................................
5.1 Vul die ontbrekende klank in.
Ek gebruik ‘n ..........as om te verf.
Kyk die pragtige ri.......... aan jou vinger.
5.2 Kies die regte spelling van die woord.
A wska
B kwas
C kaws
D skwa
5.3 Onderstreep die korrekte diagraaf in die onderstaande woorde.
vrug rvug
5.4 Bou woorde met die volgende klanke (slegs een woord).
ei ..........................................................................................
ui ..........................................................................................
5.5 Gebruik die woorde by VRAAG 5.4 en maak ‘n sin met elke woord.
................................................................................................
................................................................................................
8
Downloaded from hlayiso.com
6.1 Omkring die korrekte beginklank.
pen p b d n
fee t f h g
6.2 Onderstreep die korrekte woord.
Ek slaap op my ...
deb, bed, bad, dob
6.3 Maak ‘n sin met die volgende woorde.
bed bad
..............................................................................................
..............................................................................................
6.4 Omkring die eindklank van elke woord. Verbind die eindklank met die
prent.
vet
tee
6.5 Vul die ontbrekende klanke in.
Die s......n is warm.
Sy wil graag op die stoel s......t.
9
Downloaded from hlayiso.com
7.1 Lees die sin en omkring die korrekte antwoord.
Die seun dra sy swart ...
A skoene.
B skoone.
C skune.
D skeene.
7.2 Verbind die regte klank met die regte prent.
KOLOM A KOLOM B
7.2.1 A rk
B sk
7.2.2
7.3 Lees die sin en omkring die korrekte klank.
Mamma gaan besoek die ba… om geld te trek.
A ng
B nk
C g
D k
10
Downloaded from hlayiso.com
7.4 Lees die sinne en onderstreep die regte woord.
Ek (wes/wens/weens) ek het ‘n hond.
Ek het my (tant/tan /tand) verloor.
7.5 Trek ‘n kruisie (X) deur die woorde wat verkeerd gespel is.
skyfies, skeifies, skyfeis, skyvies
8.1 Skryf die volgendee woorde in lopende skrif.
gelukkig, gunsteling, kleindogter, Mary, Nana
............................................................................................
8.2 Skryf die sin oor in lopende skrif.
Lauren en Jane was opgewonde om op die plaas te gaan kuier.
..........................................................................................
.........................................................................................
8.3 Omkring die sin met die regte spasiëring.
A Sy het haarbeen gebreek.
B Sy het haar been gebreek.
C Sy het haar been gebreek.
D Sy het haarbeen gebreek.
11
Downloaded from hlayiso.com
8.4 Gebruik die korrekte spasiëring vir die volgende sin. Skryf die sin oor.
LaurenenJanewasbaieopgewondeomopdieplaastegaankuier.
...............................................................................................................
............................................................................................................
9.1 Skryf die volgende letters van die alfabet in lopende skrif.
b f g
....................................................................................................
9.2 Skryf die drie letters in lopende skrif.
C .......................... H............................ E .............................
9.3 Verbind die drukskrif letters met die lopendeskrif letters.
KOLOM A KOLOM B
9.3.1 F A.
D
9.3.2 D B
F
9.4 Skryf die sin in lopende skrif.
Hy is ‘n doelwagter. ......................................................................................
9.5 Skryf die sin in drukskrif.
Sy speel graag netbal.
................................................................................................................
12
Downloaded from hlayiso.com
10.1 Die volgende instruksies kon Jane aan haar maatjie Lauren gegee het,
nadat sy haar been gebreek het. Nommer die instruksies 1 tot 4 in die
spasies om die korrekte volgorde aan te dui.
Roep iemand om die beseerde Lauren te help.
Maak seker Lauren is kalm.
Sê aan Lauren om nie te beweeg voor daar nie hulp opgedaag het nie.
Indien daar bloed is, moenie met jou kaal hande aan die wond vat nie.
13
Downloaded from hlayiso.com
10.2 Dit is jou verjaarsdag. Jy het ‘n paar maats oorgenooi om dit saam
met jou te kom vier by jou huis. Gee die rigtingaanwysings hoe om
vanaf die skool tot by jou huis te kom. Gebruik die spasie onder om
jou rigtingaanwysings neer te skryf.
Die volgende is woorde wat jou kan help met die aanwysings:
draai links draai regs stap reguit loop verby bome af
...........................................................................................................................
...........................................................................................................................
...........................................................................................................................
14
Downloaded from hlayiso.com
10.3 Kies die kolom met die korrekte instruksie.
A B
Moenie oorsteek nie. Kinderoorgang
Hardloop oor die pad. Pasop, skoolkinders voor.
11.1 Onderstreep die werkwoord in die sin.
Hy skop die bal.
11.2 Kies die korrekte werkwoord.
Sy (gan, gaan) skool toe.
Tumi (hardloop, harkloop) skool toe.
11.3 Omkring die werkwoord in die sinne.
Tumi huil elke oggend oor sy pap.
Ek eet elke dag lekkers.
11.4 Onderstreep die werkwoord in die sinne.
Thembi woon naby die skool.
Die meisie speel graag netbal.
15
Downloaded from hlayiso.com
11.5 Vul die werkwoord in die oop spasies in om die sinne te voltooi.
Die seun ................... sy hare elke oggend.
Ek ................... my kos.
12.1 Lees die storie. Skryf jou eie einde vir die storie. Moenie meer as drie
sinne skryf nie.
Sipho se teleurstelling
Sipho hou van sport en veral atletiek. Hy het baie hard geoefen vir
die 2011-atletiekseisoen en ook om die kompetisie te wen. Hy het
homself belowe om die beker vir hulle skool te wen. Sy skool het die
meeste trofeë vir atletiek in die area gewen.
Michael is die beste atleet in die skool. Hy is ook die beste krieketspeler
en het die meeste paaltjies vir die afgelope paar wedstryde geneem.
Hy is ‘n groot, sterk seun en is ook baie fiks.
By die atletiekbyeenkoms het Sipho so vinnig as wat hy kon
gehardloop, maar hy kon nie vir Michael wen nie. Michael het die
trofee vir die beste atleet in die skool gewen.
Sipho was baie hartseer, maar sy vriend, Brian, het gesê hy moenie
bekommerd wees nie, want die trofeë behoort aan die hele skool. Hy
het aan Sipho gesê om ook nie hartseer te wees nie omdat hy baie
hard geoefen het. Brian het aan Sipho gesê hy moet onthou hy was
die beste swemmer van die skool.
12.2 Skryf 8 sinne oor jou naweek.
12.3 Op pad na die atletiekbyeenkoms was daar ‘n ongeluk. Skryf 6 tot 8
sinne oor wat gebeur het.
16
Downloaded from hlayiso.com
12.4 Skryf ‘n storie oor ‘n seun of meisie wat geld in ‘n kompetisie
gewen het.
12.5 Skryf ‘n brief aan jou maat en vertel aan hom of haar hoe jy die
spelkompetisie van julle skool gewen het.
13.1 Skryf die sinne oor en gebruik die nodige leestekens.
die volgende keer as busi ‘n sak sien sal sy dit oopmaak om te kyk
wat daarin is
13.2 Skryf die sin oor en gebruik die korrekte leestekens.
op vrydag was Sandra ‘n 20 jarige meisie van randburg betrokke in
‘n motorongeluk in durban
13.3 Skryf ‘n sin en gebruik die volgende leestekens:
komma, hoofletter, uitroepteken, punt
13.4 Kies die korrekte leesteken vir die onderstaande sin. Vul dit op die
korrekte plek in.
, . ? ! “ “
Hoe laat begin julle skool
13.5 Skryf die sin oor deur die leestekens op die regte plekke te skryf.
waar sal ons vakansie gaan hou vra, susie net nie op die plek nie “ek hou
nie van die geraas wat taxi’s maak nie sê john”
14.1 Kies die korrekte antwoord.
17
Downloaded from hlayiso.com
Lauren en Jane is ...
A mats
B maats
C maat
D maas
14.2 Onderstreep die korrekte woord.
Die (miesies, meisies, meseis, meiseis) swem.
14.3 Omkring die letter met die korrekte antwoord.
Een kind, maar baie ...
A kinds.
B kindes.
C kinders.
D kinnders.
14.4 Pas die enkelvoudvorm by die meervoudsvorm.
KOLOM A KOLOM B
14.4.1 storie A. vrouens
14.4.2 vrou B. stories
18
Downloaded from hlayiso.com
14.5 Kies die korrekte meervoude om die sin te voltooi.
Die kinders lees hulle .......................... (boeke, boek).
Daar is twee .............................. in die stootwa (baba, babas).
15.1 Kies die regte antwoord (verlede tyd) .
Lauren ... die parkie verlede Saterdag besoek.
A het besoek
B het gebesoek
C het
15.2 Vul die ontbrekende woord in (verlede tyd).
Sy ................. ongehoorsaam (is, was).
15.3 Skryf die sin in die toekomende tyd.
Ek eet my kos.
...................................................................................
15.4 Skryf die sin in die verlede tyd. Begin met die woord Gister.
Die meisies swem.
.......................................................................................
15.5 Omkring die korrekte antwoord.
Ek maak mamma se koppie ............................
19
Downloaded from hlayiso.com
A vool.
B half.
C volled.
D vol.
20
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans Grade 3 ANA Exemplars 2012 Question Paper

Memorandum
Afrikaans Grade 3 ANA Exemplars 2012 Memo

Memorandum
Afrikaans Grade 3 ANA Exemplars 2012 Memo

Question paper
Afrikaans Grade 3 ANA 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans Grade 3 ANA Exemplars 2013 Question Paper

Memorandum





