JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING
GRAAD 3
AFRIKAANS HUISTAAL
2012 MODELVRAE TOETS
Skip to contentAll 2012 papers 

View all
Afrikaans Grade 3 ANA Exemplars 2012 Question Paper
Grade 3 Afrikaans question paper from the ANA Exemplars 2012, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans · Grade 3 · ANA Exemplars · 2012 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans
- Grade
- Grade 3
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- ANA Exemplars
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 227.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
ANA Exemplars 2012
- Other filesQuestion paperQuestion paper (2)MemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Lees die storie en beantwoord dan vrae 1 tot 6.
“Waar is Kietsie?” vra Anna vir haar Mamma. Kietsie slaap altyd op Anna se bed.
Vanoggend was Kietsie nie daar nie. “Ek weet nie,” sê Mamma. “Miskien kruip hy
iewers weg.” “Sê nou maar net hy is bang?” vra Anna bekommerd. “Ek moet haar
vind.”
Anna het orals in die huis gesoek na Kietsie. Sy het onder die beddens gekyk. Sy
het agter die deure gekyk. Sy het tot binne-in die kaste gekyk.
“Ek kry Kietsie nêrens nie.” sê Anna. Anna kyk deur die venster. Sy sien hoe haar
maats op en af spring op die hope blare. “Miskien speel Kietsie ook buite,” sê Anna.
“Miskien,”sê Mamma. “Ek het vroeër die agterdeur oopgelos. Ek is buitentoe om die
blare te hark.”
Anna hardloop by die agterdeur uit. Sy stop by die hoop rooi en oranje blare. ‘n
Oranje katjie lê bo-op en slaap. “Kietsie!” roep Anna. Anna gooi nog blare om
Kietsie. “Jy was nie bang nie. Jy wou net jou eie bed hê!”
1. Ek dink die naam van die storie is ...
...................................................................................................................
2. Omkring die letter met die korrekte antwoord.
Die storie gaan oor ‘n dogtertjie en haar kat. Wat is hulle name?
A Anna en Kietsie
1
B Anna en Mietsie
C Marie en Kietsie
D Anna en Johan
3. Omkring die letter met die korrekte antwoord.
Waar was Mamma en Anna toe Kietsie verdwaal het?
A By die skool
B In die huis
C By die winkels
D By die troeteldierwinkel
4. Plaas die gebeure van die storie in die regte volgorde. Nommer dit van
1 tot 4.
Anna het vir Kietsie onder ‘n hoop blare gevind.
Anna het die huis deursoek.
Mamma is buitentoe om blare te hark.
Kietsie het weggeraak.
5. Anna was bekommerd oor Kietsie want…
A sy was siek en moes medisyne kry.
B sy het nie haar ontbyt geëet nie.
C sy wou haar saamvat skool toe.
D sy kon haar nêrens kry nie.
6. Waarom dink jy het Kietsie buitentoe gehardloop?
……………………………………………………………………………………………
……………………………………………………………………………………………
…………………………………………………………………………………………
2
……………………………………………………………………………………………
Kyk na die prentjie en beantwoord dan vrae 7 .1 – 7. 2
7. Omkring waar doen die tannie haar inkopies?
7.1 Waar doen die tannie haar inkopies?
A By die veearts.
B By die troeteldierwinkel.
C By die kruidenierswinkel.
D By die klerewinkel.
7.2 Wat noem ons die persoon wat met die kasregister werk?
A dokter
B kassiere
C skrynwerker
D polisieman
8. Skryf die volgende sin:
3
8.1 In die verlede tyd.
Mamma koop kruideniersware by die winkel.
.......................................................................................
.........................................................................................
8.2 Skryf die sin oor in die toekomstige tyd. Begin met die woord “Môre.”
Die melk is op uitverkoping.
Môre ...............................................................................................
..................................................................................................................
9. Omkring die letter met die korrekte woord.
Die kassier geniet dit om ... werk te doen.
A sy
B haar
C hom
D hulle
10. Skryf die meervoud van die onderstreepte woord in die sin neer.
Die kassier verpak die kruideniersware in sak …………………......
11. Voeg die korrekte voorsetsel in.
Die dame hou die geld ……….. haar hand vas.
12. Kies die korrekte werkwoord om die sin te voltooi.
Die kasregister ……………………………… die betaalstrokie.
(druk,drukker,gedruk)
4
Lees die onderstaande tabel en beantwoord vrae 13.1-13.5
Huiswerk
Dag Afrikaans Wiskunde Sport
Maandag Skryf en spel Groepe van 10 Rugby
Dinsdag Lees en skryf Groepe van 10 Rugby
Woensdag Lees en skryf Telwerk Netbal
Donderdag Skryf en spel Telwerk Rugby en netbal
13. Omkring die letter met die korrekte antwoord.
13.1 Op watter dag doen die leerders lees en telwerk?
A Maandag
B Dinsdag
5
C Donderdag
D Woensdag
13.2 Watter sport word op ‘n Maandag en Dinsdag gespeel?
13.3 Watter huiswerk is elke dag dieselfde?
A Ttelwerk
B Lees
C Skryf
D Spel
13.4 Op watter twee dae het die leerders telwerk om te doen vir huiswerk?
A Woensdag en Donderdag
B Maandag en Woensdag
C Dinsdag en Donderdag
D Maandag en Woensdag
13.5 Omkring die letter met die korrekte antwoord.
Op watter twee dae doen die twee seuns diesefde sport en het hulle ook
Wiskunde huiswerk, maar verskillende Afrikaanse huiswerk?
6
A Woensdag en Donderdag
B Maandag en Woensdag
C Dinsdag en Donderdag
D Maandag en Dinsdag
14. Skryf ‘n paragraaf van 6 – 8 sinne oor jou juffrou.
Maak gebruik van die korrekte leestekens,
taal en spelling.
My Juffrou.
...........................................................................................................................
.............................................................................................................................
............................................................................................................................

TOTAAL :25
7
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans Grade 3 ANA Exemplars 2012 Question Paper

Memorandum
Afrikaans Grade 3 ANA Exemplars 2012 Memo

Memorandum
Afrikaans Grade 3 ANA Exemplars 2012 Memo

Question paper
Afrikaans Grade 3 ANA 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans Grade 3 ANA Exemplars 2013 Question Paper

Memorandum