Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V1
NOVEMBER 2017
LIMPOPO
PUNTE: 120
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Afrikaans SAL Grade 12 P1 NSC November Exams 2017 QP
Grade 12 Afrikaans SAL Paper 1 question paper from the NSC November Exams 2017, 25 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exams · 2017 · Afrikaans. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans SAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exams
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing) — with minimal Literature exposure33 marks
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 4Lees en Kyk (Reading and Viewing) — with minimal Literature exposure10 marks
- Question 5.1Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)14 marks
- Question 5.2Lees en Kyk (Reading and Viewing) — with minimal Literature exposure6 marks
- Question 6Lees en Kyk (Reading and Viewing) — with minimal Literature exposure40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 2 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (40)
AFDELING D: Letterkunde (40)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
4. Trek 'n streep ná elke afdeling.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.
7. Gee besondere aandag aan spelling en sinsbou.
8. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 20 minute
AFDELING C: 40 minute
AFDELING D: 40 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 3 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1: TYDSKRIFARTIKEL
Lees die tydskrifartikel (TEKS A) hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS A
SUID-AFRIKA SE GROOT VYF
1 Agter op ons geldnote is daar 'n renoster, olifant, leeu, buffel en luiperd. Dit is die
Groot Vyf.
2 Die Groot Vyf is uniek aan Afrika. Suid-Afrika is een van elf Afrikalande waar ons die
Groot Vyf kry. Ons kry hulle ook in lande soos Botswana en Zimbabwe.
3 Grootwildjagters het die naam "Groot Vyf" aan hierdie vyf diere gegee. Hulle word so 5
genoem omdat dit moeilik is om hulle te jag. Die naam het niks te doen met hoe
groot die diere is nie.
4 Die leeu is die "koning van die diere". Leeus is groot en is deel
van die katfamilie. Hulle pels is kort en geelbruin. Die mannetjies
het groot maanhare om hul nek en skouers. Leeus bly in oop 10
gebiede. Dis hoofsaaklik die wyfies wat jag. Hulle jag saans as
'n groep.
5 Met sy logge liggaam en groot, flappende ore, is die olifant die
grootste van die Groot Vyf. Een van die olifant se kenmerke is
die gespierde slurp. Die olifant gebruik dit soos 'n hand om blare, 15
plantwortels, vrugte en water na sy mond te bring. Olifante het
ivoortande wat diep in die kopbeen vassit. Dit is baie groot
snytande wat regdeur die dier se lewe aanhou groei. Daar word
baie geld vir hierdie ivoortande betaal.
6 Renosters is groot diere wat in Afrika se grasvelde 20
en berghange voorkom. Die swartrenoster en die
witrenoster se bekke verskil, maar albei het twee
neushorings en baie dik velle. Renosters word vir hierdie
horings gejag; daarom is daar min renosters oor.
7 Buffels is groot en sterk en eie aan Afrika. 'n Tipiese kenmerk 25
van buffels is die horings wat 'n helm oor hulle voorkoppe vorm
en tot een meter lank kan word. Daar is baie mense wat sê dat
buffels meer jagters in Afrika doodmaak as enige ander dier.
As buffels gewond is, is hulle baie gevaarlik. Hulle lê mense voor
en val hulle aan. Geen wonder onbeskofte en nors mense word 30
buffels genoem nie!
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 4 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
8 Die luiperd is ook lid van die katfamilie. Sy bleekbruin pels het swart
vlekke in die vorm van gebroke sirkels. Party is donkerder van kleur,
terwyl ander heeltemal swart is. Luiperds is goeie klimmers wat
dikwels apies in bome sal bekruip. Luiperds is nagdiere en baie 35
skelm. Daarom is dit moeilik om hulle te jag. Hulle is skrikkerig vir
mense en sal eerder vlug as om aan te val.
9 Dit is gevaarlik om die Groot Vyf te jag. Jagters hou daarvan om hierdie diere te jag,
want dit wys dat hulle goeie jagters is. Hulle het lisensies nodig om hierdie diere te
kan jag, maar baie mense jag onwettig. In Suid-Afrika is veral die stropery 40
("poaching") van renosters 'n groot probleem. Daar word baie geld gebruik om
onwettige jag te stop, maar pogings is nie altyd suksesvol nie. Dikwels word die diere
doodgemaak, die horings word uitgekap en dan word die karkasse net so
agtergelaat.
10 Suid-Afrika en die Groot Vyf is byna sinoniem. Baie buitelandse toeriste kom 45
hierheen om hierdie diere te sien. Ongelukkig is daar al hoe minder olifante,
renosters en leeus. Suid-Afrikaners sal moet saamwerk om te keer dat hierdie diere
heeltemal verdwyn.
[Verwerk uit Mieliestronk.com]
1.1 In hoeveel Afrikalande kry ons die Groot Vyf? (1)
1.2 Waarom is die volgende stelling ONWAAR?
'n Mens kan die Groot Vyf oral in die wêreld sien. (1)
1.3 Watter TWEE diere van die Groot Vyf is lede van die katfamilie? (2)
1.4 Hoe weet ons dat leeus tropdiere is? (1)
1.5 Skryf EEN WOORD uit die teks neer wat sê dat die olifant se liggaam groot is. (1)
1.6 Waarmee word die olifant se slurp in paragraaf 5 vergelyk? (1)
1.7 Watter TWEE soorte renosters kry ons in Afrika? (2)
1.8 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.
Iemand wat 'n buffel genoem word, is iemand wat (mense sleg behandel/
baie groot en sterk is). (1)
1.9 Waarom is die volgende stelling ONWAAR?
Luiperds jag net op die grond. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 5 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
1.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.10) en die
letter (A–D) neer.
Waarom hou jagters daarvan om die Groot Vyf te jag?
A Die jagters kry baie geld vir hierdie diere se velle.
B Dit is vir jagters 'n uitdaging om hierdie diere te jag.
C Ander mense is bang vir jagters wat groot diere skiet.
D Dit is die vyf grootste wilde diere. (1)
1.11 Voltooi die sin hieronder met 'n WOORD uit die teks:
Mense wat onwettig jag, jag sonder ... (1)
1.12 Daar word baie geld gebruik om onwettige jag te stop, maar pogings is nie
altyd suksesvol nie. (Paragraaf 9)
1.12.1 Behalwe om geld te spandeer om stropers te vang, wat kan nóg
gedoen word om die onwettige jag van renosters te stop? (1)
1.12.2 Hoekom, dink jy, hou die stropery nie op nie? (1)
1.13 Lees weer reël 42–44.
Hoe weet ons dat renosterstropers die renosters nie doodmaak omdat hulle
die vleis wil eet nie? (1)
1.14 Kies die inligting in KOLOM B wat by die diere in KOLOM A pas. Skryf net die
vraagnommer (1.14.1–1.14.5) en die letter (A–F) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.14.1 Leeus A Hulle groot snytande hou aan groei.
1.14.2 Olifante B Die twee tipes se bekke lyk nie dieselfde
nie.
1.14.3 Renosters
C Hulle maak baie jagters dood.
1.14.4 Buffels
D By hierdie diere kan 'n mens duidelik die
1.14.5 Luiperds verskil tussen mannetjies en wyfies sien.
E Hierdie diere se sterte het geen hare nie.
F Hulle hou nie van konfrontasie met
mense nie.
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 6 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
1.15 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf die vraagnommer (1.15) en die letter
(A–D) neer.
Hoe bring die Groot Vyf geld vir Suid-Afrika in?
A Die Groot Vyf se vleis word oorsee verkoop.
B Toeriste kom na Suid-Afrika toe om die Groot Vyf te sien.
C Die Groot Vyf se velle, tande en horings word verkoop.
D Televisiekanale betaal geld vir programme oor die Groot Vyf. (1)
1.16 Waarom is dit 'n goeie idee dat die Groot Vyf agter op ons geldnote is? (1)
1.17 Wat het jy uit hierdie artikel geleer? (1)
TEKS B: VISUELE TEKS
Bestudeer die teks (TEKS B) hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS B
Hiervoor het ons water in Suid-Afrika nodig:
Om in myne te gebruik Diere- en
Elektrisiteit
natuurbewaring
Om in
Boerdery fabrieke te gebruik
Om in huise te gebruik Om bome aan te plant
[Verwerk uit Grafika 24]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 7 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
1.18 Waarvoor word die minste water gebruik? (1)
1.19 Wat stel die simbool voor? (1)
1.20 Watter persentasie water word in huise gebruik? (1)
1.21 Wat is die doel van hierdie visuele teks? (1)
1.22 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.22) en die
letter (A–D) neer.
Watter sektor sal die meeste water bespaar as Suid-Afrika gedurende die jaar
goeie reën kry?
A Fabrieke
B Elektrisiteit
C Myne
D Boerdery (1)
1.23 Waarom word hierdie teks 'n visuele teks genoem? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 8 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2: DINGE OM TE ONTHOU AS JY GESOND WIL LEEF
• Som die SEWE dinge wat jy moet onthou as jy gesond wil leef, in SEWE
VOLSINNE op.
• Skryf die volsinne PUNTSGEWYS en in jou EIE WOORDE neer.
• Nommer die volsinne van 1 tot 7.
• Jou opsomming mag nie langer as 60 woorde wees nie.
• Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
Jou liggaam glo wat jy dink. As 'n mens positief is, hou dit jou liggaam
gesond. Fokus dus op positiewe dinge.
Maak seker dat jy elke nag genoeg slaap. Dit sal jou help om beter te
konsentreer. Jy sal ook beter onthou.
Te veel gemorskos en suiker is ongesond vir jou. Gesonde kos voed jou
brein. Daarom moet jy elke dag drie gebalanseerde etes eet.
Gereelde oefening gee jou meer energie. Dit keer ook dat jy vet
word. Dit is dus nodig dat jy gereeld fisiese aktiwiteite doen.
Lees of doen kreatiewe dinge in jou vrye tyd. Dit is beter vir jou as om
te veel televisie te kyk of om op jou selfoon te wees.
Swak higiëne veroorsaak dat siektes versprei. Bad of stort gereeld en
was jou hande voor elke ete. Dit sal help dat jy nie siek word nie.
Dit is baie gevaarlik om drank en dwelms te misbruik. Vermy dit eerder.
Dit kan jou baie siek maak. Jy sal dan ook nie mooi na jouself kyk nie.
[Verwerk uit howtolivewell.co.za]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 9 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Lees en bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS D
Kontak
(3.3) Meneer Botha
by
083 546 7845
BothaK@gmail.com
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 10 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
3.1 Wie is die teikengroep van hierdie advertensie? (1)
3.2 Hoe trek die adverteerder die leser se aandag na die opskrif? (1)
3.3 Gee die AFKORTING van "meneer". (1)
3.4 Maak die spelfout in die sin reg.
Skryf better opstelle! (1)
3.5 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.
Die leesteken aan die einde van die sin is 'n (vraagteken/uitroepteken):
Verbeter jou punte! (1)
3.6 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.
Kry die (hoog) punte in jou klas! (1)
3.7 Die beste onderwyser in die land!
Is hierdie stelling 'n FEIT of 'n MENING?
Motiveer jou antwoord. (1)
3.8 Maak seker dat jy voorbereid vir die eksamen is!
Skryf EEN WOORD neer wat die adverteerder in hierdie sin gebruik om direk
met elke leser te praat. (1)
3.9 Skryf die hele sin in die LYDENDE VORM oor.
Meneer Botha leer baie kinders.
Begin só: Baie kinders ... (1)
3.10
Waarom pas hierdie prent by die advertensie? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 11 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
VRAAG 4: SPOTPRENT
Bestudeer die spotprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS E
Die
matriekuitslae
is bekend.
My boetie
is koel ...
want hy is
deur!
[Verwerk uit Volksblad, 6 Januarie 2016]
4.1 Kies die korrekte UITROEP tussen hakies.
(SIESTOG/HOERA), BOETA IS DEUR!! (1)
4.2 Skryf die sin in die INDIREKTE REDE oor.
Ma sê: "Die matriekuitslae is bekend."
Begin só: Ma sê dat ... (1)
4.3 Boeta is deur!!
Gebruik die woord "deur" in 'n sin sodat dit 'n ANDER BETEKENIS het. (1)
4.4 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.
As Boeta dink, wys hy dat hy (opgewonde is/nie belangstel
nie). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 12 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
4.5 Hoe kan ons uit die spotprent aflei dat die gesin partytjie hou omdat Boeta
geslaag het? Noem TWEE dinge. (2)
4.6 Kyk na die hond. Hoe kan ons aan die hond sien dat hy/sy lekker saam
met die ander dans? (1)
4.7 Skryf EEN WOORD uit die sin neer wat vir ons sê dat Sussie dink haar boetie
is oulik:
My boetie is koel ... want hy is deur! (1)
4.8 VERBIND die sinne met die woord tussen hakies.
Boeta lê op die bank. Die gesin dans. (terwyl) (1)
4.9 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.9) en die
letter (A–D) neer.
Die gesin is in die wolke omdat Boeta matriek geslaag het.
Dit beteken dat die gesin baie ... is.
A bly
B dronk
C vriendelik
D bekommerd (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 13 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
VRAAG 5
5.1 Lees die teks (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS F: LEESTEKS
KINDERS HERWIN EN SPAAR
1 Op Hermanus is daar 'n unieke, klein (5.1.1) winkel by 'n kleuterskool.
2 (5.1.2) (Elke week) maak kinders rommel bymekaar. Hulle
3 (5.1.3) (bere/bêre) dit in swart sakke. Hulle neem dit (5.1.4) (winkel toe)
4 (op 'n Woensdagmiddag) (entoesiasties).
5 Dié projek is (5.1.5) 15 jaar gelede deur mev. Marilyn van Velden begin.
6 Sy het eers uit die kattebak van (5.1.6) (hom/haar/sy) motor gewerk.
7 Nou werk sy uit die kleuterskool se (5.1.7) motor+huis.
8 Die sakke is amper net so (5.1.8) klein soos die kinders, maar hulle
9 sleep dit agter hulle aan. Sonder (5.1.9) ... gevra ... word, staan die
10 kinders dadelik in 'n ry. Hulle wag dat die sakke op 'n skaal
11 (5.1.10) (gemeet/geweeg) word. Die kinders kry dan kaartjies met punte
12 (5.1.11) (met wat/waarmee) hulle iets in die winkel kan koop.
13 Die kinders is nie selfsugtig (5.1.12) ... Hulle koop gewoonlik iets soos
14 (5.1.13) (rys/reis) of seep vir die res van die gesin.
15 Hierdie projek leer kinders van herwinning en om die (5.1.14) omgewing
16 op te pas.
[Verwerk uit Die Burger, 22 Oktober 2016]
5.1.1 Gee die VERKLEININGSVORM van "winkel". (Reël 1) (1)
5.1.2 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies. (Reël 2)
(Elke week) maak kinders rommel bymekaar. (1)
5.1.3 Kies die korrekte SPELLING tussen hakies. (Reël 3)
Hulle (bere/bêre) dit in swart sakke. (1)
5.1.4 RANGSKIK die woorde tussen hakies in die korrekte VOLGORDE.
Skryf die hele sin oor. (Reël 3–4)
Hulle neem dit (winkel toe) (op 'n Woensdagmiddag) (entoesiasties).
Begin só: Hulle neem dit ... (1)
5.1.5 Skryf die GETAL 15 in woorde. (Reël 5) (1)
5.1.6 Kies die korrekte VOORNAAMWOORD tussen hakies. (Reël 6)
Sy het eers uit die kattebak van (hom/haar/sy) motor gewerk. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 14 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
5.1.7 Gee die korrekte SAMESTELLING van "motor+huis". (Reël 7) (1)
5.1.8 Gee die ANTONIEM van "klein". (Reël 8) (1)
5.1.9 Voltooi die INFINITIEF. Skryf die hele sinsdeel oor. (Reël 9)
Sonder ... gevra ... word (1)
5.1.10 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. (Reël 11)
Hulle wag dat die sakke op 'n skaal (gemeet/geweeg) word. (1)
5.1.11 Kies die KORREKTE woord(e) tussen hakies. (Reël 12)
... kaartjies met punte (met wat/waarmee) hulle iets in die winkel
kan koop. (1)
5.1.12 Vul die ONTBREKENDE woord in. (Reël 13)
Die kinders is nie selfsugtig ... (1)
5.1.13 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. (Reël 14)
Hulle koop gewoonlik iets soos (rys/reis) of seep vir die res van
die gesin. (1)
5.1.14 Verdeel die woord "omgewing" volledig in LETTERGREPE. (Reël 15) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 15 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
5.2 Lees die teks (TEKS G) hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS G: PRENT
5.2.2
5.2.4
5.2.1
5.2.5
5.2.6
5.2.3
[Bron: www.nationwideeducation.co.uk]
Kies telkens die KORREKTE antwoord tussen hakies.
5.2.1 Die werkskamer se deur is (oop/toe). (1)
5.2.2 Die (leer/trappies) staan teen die muur. (1)
5.2.3 Daar lê 'n paar (spykers/naalde) op die werkstafel. (1)
5.2.4 Die besem hang (agter/tussen) die tuinskêr en die saag. (1)
5.2.5 Daar staan 'n (beil/byl) langs die deur. (1)
5.2.6 Daar staan baie (emmers/blikke) met verf oral rond. (1)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 16 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
AFDELING D: LETTERKUNDE
Beantwoord SLEGS die vrae oor die boek wat jy behandel het, dit wil sê,
VRAAG 6 OF VRAAG 7.
VRAAG 6: BLADSAK – Lucas Malan
Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.
VERHAAL A: "KONING LEEU SE GESKENKE" (20)
EN
VERHAAL B: "DIE TOWERSAK" (20)
VRAAG 6
VERHAAL A: "KONING LEEU SE GESKENKE" – Pieter W Grobbelaar
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS H
So kom die diere aan. Dis Luiperd en Hasie, en Sebra en Mol, en Olifant en
Muishond en Slang. Bobbejaan is te nuuskierig om weg te bly; Esel is te onnosel.
Daar is Dassie en Seekoei en Koggelmander, en Wolf en Jakkals ook. Ja-nee,
dis 'n party duisend.
6.1 Wie het vir die diere 'n partytjie gehou? (1)
6.2 Die bokvrouens was opgewonde oor die partytjie.
Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
6.3 Hoekom het Koedoe besluit om die partytjie by te woon? (1)
6.4 Voltooi die volgende sin deur 'n woord in die lys hieronder te gebruik. Skryf
net die vraagnommer (6.4) en die ontbrekende woord neer.
dans; eet; praat
Boerbok se vrou wou nie die partytjie mis nie, want sy hou daarvan om te … (1)
6.5 Noem TWEE diere wat nie mooi met Koning Leeu gepraat het nie. (2)
6.6 Dink jy dit was verkeerd van Koning Leeu om vir Boerbok se vrou 'n baard te
gee? Motiveer jou antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 17 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS I
"Stadig nou!" sê Leeu. "Wie gryp, kry niks – en die vraat kry laaste."
Toe gaan dit 'n bietjie beter.
"Julle wat graag horings wil hê," sê Leeu. "Staan eenkant toe!"
"Horings?" sê Koedoe vir sy maats. "Dink julle nie ons sal mooi lyk met horings
nie?" 5
"Ja, ja, ja!" sê die bokke en staan opsy.
"Hier," sê koning Leeu, en sit die horings op. "Maar die vrouens wat weggebly
het, kry niks nie."
***
Leeu stap na die volgende hoop. "Hier is mooi ore!" sê hy.
Nee, die diere is net soos kinders: hulle het nie ore nie, en hulle wil ook nie 10
hê nie.
6.7 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (6.7) en die
letter (A–D) neer.
"… die diere is net soos kinders: hulle het nie ore nie … " is 'n voorbeeld
van …
A 'n metafoor.
B kontras.
C klanknabootsing.
D 'n vergelyking. (1)
6.8 Kies die inligting in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net
die vraagnommer (6.8.1–6.8.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
6.8.1 Koei A … het 'n kalbas veldmedisyne gekry.
6.8.2 Dassie B … het Mevrou Leeu se laventelpotjie gevat.
6.8.3 Muishond C … het by die huis gebly.
6.8.4 Slang D … het die geskenk gaan begrawe.
E … het van die mooi klere weggegee.
(4 x 1) (4)
6.9 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
wat dit in die verhaal gebeur:
• Die diere het stuk-stuk by die partytjie opgedaag.
• Padda se klere is gesteel.
• Die diere is uitgenooi na die partytjie toe.
• Die diere het lekker gedans en geëet. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 18 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
6.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (6.10) en die
letter (A–D) neer.
Die les wat 'n mens uit hierdie verhaal kan leer, is dat jy …
A dankbaar moet wees vir wat jy het.
B skelm maniere moet gebruik om iets kry.
C altyd moet spog oor wat jy het.
D met ander moet baklei om iets te kry. (1)
6.11 Sal jy Koning Leeu se partytjie as 'n sukses beskryf? Motiveer jou antwoord. (1)
6.12 Vrou Koedoe het nie die partytjie bygewoon nie. Waarom, dink jy, moes sy
spyt wees oor haar besluit? (1)
6.13 Watter goeie leierseienskap het Koning Leeu gehad? (1)
EN
VERHAAL B: "DIE TOWERSAK" – Corlia Fourie
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS J
Eendag was daar 'n meisie wat wou loop waar sy wil.
Toe sê haar ma: "My kind, jy is nie 'n seun nie. Jy kan nie loop waar jy wil nie."
Maar haar pa sê …
***
Eers het haar ma daaroor gehuil, maar omdat sy geweet het dis wat haar 5
dogter wil doen, het sy …
6.14 Wat het die muti-vrou vir die ma gegee? (1)
6.15 Noem TWEE dinge wat daarop dui dat die meisie gereed was om te loop
waar sy wou. (2)
6.16 Die meisie se pa was baie beskermend teenoor sy dogter.
Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
6.17 Hoe sou die meisie teenoor haar ma gevoel het as die ma nie na die pa
geluister het nie? (1)
6.18 Wat het die wind in die meisie en jongman se ore gefluister? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 19 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
6.19 Voltooi die volgende sin deur 'n woord in die lys hieronder te gebruik. Skryf
net die vraagnommer (6.19) en die ontbrekende woord neer.
bly; bang; ongelukkig
Die meisie het … gevoel toe sy rondloop en alles bekyk. (1)
6.20 Kies die inligting in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net
die vraagnommer (6.20.1–6.20.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
6.20.1 Die meisie se ma A … het mense se lewens met stories
verander.
6.20.2 Die jongman
B … wou weet wat in die sakkie was.
6.20.3 Die meisie se pa
C … wou meer stories hê.
6.20.4 Die meisie
D … het die muti-vrou se oorpyn laat
weggaan.
E … was nie bekommerd nie.
(4 x 1) (4)
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS K
"Ek het belowe."
Toe vra die jong man elke oggend as hulle hul oë oopmaak. Hy vra wanneer
hulle langs die pad loop en hy vra as hulle rus. Hy vra as hulle bessies van die
bome afpluk en hy vra as hulle mooi blomme diep in die klowe sien.
"Kom ons kyk wat in die sakkie is." 5
6.21 Hoekom kan ons sê dat die meisie ongehoorsaam was? (1)
6.22 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
wat dit in die verhaal gebeur:
• Die meisie het die sakkie op die grond uitgeskud.
• Die meisie het belowe om nie in die sakkie te kyk nie.
• Die meisie het die sakkie vol stories gemaak.
• Die meisie het die buffel met 'n spies doodgegooi. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 20 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
6.23 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (6.23) en die
letter (A–D) neer.
Die meisie het die sakkie oopgemaak en op die grond uitgeskud. Dit het
veroorsaak dat sy …
A gevang is.
B nie stories kon vertel nie.
C haar ouers nooit weer sou sien nie.
D nie meer die beskerming van die sakkie gehad het nie. (1)
6.24 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (6.24) en die
letter (A–D) neer.
Wat is die boodskap van die verhaal?
A Hou mense om jou gelukkig.
B Kom jou beloftes na.
C Luister na ouer mense.
D Dink net aan jouself. (1)
6.25 Hoekom pas die titel so goed by die verhaal? (1)
6.26 Hoekom, dink jy, kan 'n mens sê dat die towersak waardevol was? (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 21 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
VRAAG 7: PERDEKRAG – Cecilia du Toit
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS L
(Die klank van 'n kar wat nadergery kom, toet en stop.) 1
Wilma Dis seker nou hulle. Gaan jy aan. (Wilma regs af. Binki kyk hoe
Wilma wegstap en loop dan vinnig uit die stal. Sy begin weer om die
saal te olie. Wilma op, gevolg deur Lucky.)
Dis nou Lucky. Lucky, dis nou Binki. 5
Lucky (Knik vir Binki.) Jis.
Binki Hallo.
Wilma Jy kan my Wilma noem. Daardie perd is Tinkerbelle. En hierso is
Lady Jane.
Lucky (Hy maak of hy gaap.) Big deal. 10
Wilma Jy moet maar dadelik begin. Gaan hang jou sak in die stoorkamer.
(Sy beduie.) Ek sê, gaan hang jou sak daarso.
(Lucky ignoreer haar, haal sy selfoon uit en begin om daarop te tik.
Binki bly selfbewus besig met die saal.)
***
Lucky Ek gaan flippenwil dood wees voor my tyd om is. 15
Binki Jou tyd?
***
Wilma Hou tog op om so kru te wees. Niemand dink jy is snaaks nie. Praat
van perdemis. Jy kry nie middagete voordat jy nie alles weg het na
die hoop daar anderkant die stalle nie.
7.1 In hierdie toneel bevind Lucky hom by die ryskool. (1)
7.1.1 Wat is die naam van die ryskool waar hierdie toneel afspeel? (1)
7.1.2 Aan wie het hierdie ryskool behoort?
7.1.3 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.
Lucky se (onderwyser/prokureur) het hom by die ryskool afgelaai. (1)
7.1.4 Waarom het hierdie spesifieke persoon vir Lucky by die ryskool
afgelaai? (1)
7.2 Voltooi die volgende sin deur 'n woord in die lys hieronder te gebruik. Skryf
net die vraagnommer (7.2) en die ontbrekende woord neer.
Lucky het gemaak of hy gaap, want hy wou wys dat hy … die situasie was.
moeg vir; verveeld met; opgewonde oor (1)
7.3 Waarom is dit gepas dat Lucky die Engelse woorde "Big deal" gebruik? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 22 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
7.4 "Jy moet maar dadelik begin." (Reël 11)
Noem TWEE dinge wat Wilma vir Lucky gegee het om te doen? (2)
7.5 Waarom was dit verkeerd van Lucky om Wilma te ignoreer? (1)
7.6 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (7.6) en die letter
(A–D) neer.
Binki was selfbewus (reël 14) omdat sy…
A Lucky nie geken het nie.
B nie gewoond was aan die perde nie.
C vir die eerste keer die saals moes skoonmaak.
D nie geweet het hoe om hierdie konfliksituasie te hanteer nie. (1)
7.7 "Ek gaan flippenwil dood wees voor my tyd om is. " (Reël 15)
7.7.1 Na watter tyd het Lucky verwys? (1)
7.7.2 Hoe lank sou hierdie tyd wees? (1)
7.8 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.
As Wilma sê Lucky moet ophou om kru te wees (reël 17), bedoel sy, hy moet
ophou om (lelike woorde te gebruik/die hele tyd te kla). (1)
7.9 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (7.9) en die letter
(A–D) neer.
"Jy kry nie middagete voordat jy nie alles weg het na die hoop daar anderkant
die stalle nie." (Reël 18–19)
Hierdie woorde van Wilma is 'n voorbeeld van …
A stereotipering.
B manipulering.
C partydigheid.
D gevoelstaal. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 23 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
7.10 Kies die inligting in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net
die vraagnommer (7.10.1–7.10.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
7.10.1 Lucky A … is elegant en rustig.
7.10.2 Wilma B … hou nie van kontak met ander
mense nie.
7.10.3 Binki
C … is streng, maar het 'n goeie hart.
7.10.4 Lady Jane
D … is oulik en parmantig.
E … sukkel om na ander te luister.
(4 x 1) (4)
7.11 Dink jy die manier waarop Lucky vir Binki gegroet het (reël 6), wys dat hy
goeie maniere het? Motiveer jou antwoord. (1)
7.12 Lucky wou nie by Wilma-hulle wees nie en het daarom nie die situasie goed
hanteer nie.
Hoe, dink jy, moes Lucky eerder hierdie situasie hanteer het? (1)
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS M
Lucky (Begin om Lady Jane se stal uit te hark.) Die lewe is nie fair nie. 1
Wilma Nee, dit is nie. Maar jy maak jou eie probleme.
Lucky Kyk net hoe stir ek die shit, hoe meng ek die mis.
Wilma Jy is nogal 'n goeie miskruier.
***
Wilma Ek bly besig. 5
Lucky Jy is darem nie so besig soos Binki se ma nie.
Wilma (Lag.) Niemand is so besig soos Binki se ma nie.
Lucky My ma het baie tyd vir my. Dis een ding wat ons armes baie van het.
Tyd. As ons armes maar net ons tyd kon verkoop het. Dit sal nou
regte timeshare wees. (Hulle lag vir sy grap.) Jy het baie tyd vir Binki, 10
nè.
Wilma Dis maklik om vir Binki tyd te hê.
Lucky Jip, dit lyk so. (Aarsel.) Antie? Kan ek jou iets vra?
Wilma Noem my Wilma.
Lucky No way. Ek kan nie. 15
***
Lucky Dis al? Hy val en toe val jy?
Wilma Hy het sy been gebreek. My skouer was uit lit uit. Ons het daar gelê
tot dit lig word. Die val het my nugter geskok, maar hy – Ek het by
hom bly lê. Hy was in verskriklike pyn en angs. Dit het vir ure en ure
en ure aangehou. Die veearts moes hom skiet – maar later eers. 20
Daar was nie genade vir Grace nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 24 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
7.13 "Maar jy maak jou eie probleme." (Reël 2)
Wat het Lucky verkeerd gedoen dat die magistraat hom gestraf het? (1)
7.14 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (7.14) en die
letter (A–D) neer.
"Jy is nogal 'n goeie miskruier." (reël 4) is ʼn voorbeeld van …
A ironie.
B kontras.
C ʼn metafoor.
D ʼn vergelyking. (1)
7.15 Lucky vergelyk sy ma met Binki se ma.
7.15.1 Watter werk het Binki se ma gedoen? (1)
7.15.2 Watter werk het Lucky se ma gedoen? (1)
7.15.3 Noem TWEE dinge van sy ma se werk waaroor Lucky baie
ongelukkig was. (2)
7.16 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (7.16) en die
letter (A–D) neer.
(Lag) in reël 7.
Hierdie woord is skuinsgedruk en tussen hakies, want …
A dit wys vir die gehoor dat hulle moet lag.
B dit beklemtoon die grap wat Lucky gemaak het.
C dit wys wat die karakter op daardie oomblik doen.
D dit maak die gesprek tussen die karakters interessant. (1)
7.17 Waarom kan ons sê dat die verhouding tussen Wilma en Lucky verbeter het? (1)
7.18 Wilma sê: "Dis maklik om vir Binki tyd te hê." (Reël 12)
Wat, dink jy, bedoel Wilma met hierdie woorde? (1)
7.19 Hoekom wou Lucky nie vir Wilma op haar naam noem nie? (1)
7.20 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
wat dit in die verhaal gebeur.
• Die veearts het die perd geskiet.
• Wilma het te veel by 'n partytjie gedrink.
• Die perd het in 'n gat getrap en sy been gebreek.
• Wilma het vinnig met die perd deur die veld gejaag. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 25 DBE/November 2017
NSS (Limpopo)
7.21 "Daar was nie genade vir Grace nie." (Reël 21)
Grace beteken genade.
Waarom kan ons sê dat hierdie naam nie 'n gepaste naam vir die perd was
nie? (1)
7.22 Die titel van hierdie drama pas nie by die drama nie.
Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
7.23 Waarom kan ons sê dat Lucky die lewe by die ryskool vir homself moeilik
gemaak het? (1)
7.24 Dink jy Lucky se naam het by sy omstandighede gepas? Motiveer jou
antwoord. (1)
7.25 Binki het 'n traumatiese ervaring met haar hond en Lucky met die katjies
gehad.
Hoe verskil die twee karakters se optrede teenoor hierdie diere? (2)
[40]
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 120
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P1 NSC November Exams 2017 QP

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P1 NSC November Exams 2017 QP

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P1 NSC November Exams 2017 QP

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P1 NSC November Exams 2017 QP

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P1 NSC November Exams 2017 QP

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 1 NSC November Exams 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans SAL

Annual teaching plan
Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023 24

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum