Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2
NOVEMBER 2017
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 80
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 14 bladsye en 3 rubrieke.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC November Exams 2017 Memo
Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 memorandum from the NSC November Exams 2017, 17 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exams · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans SAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exams
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 486.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
LEERUITKOMS 3: SKRYF EN AANBIED
ALGEMEEN
1. Gebruik die rubrieke in die assesseringsriglyne.
AFDELING A VRAAG 1.1–1.5 OPSTEL
AFDELING B VRAAG 2.1 FORMELE BRIEF
VRAAG 2.2 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
VRAAG 2.3 DIALOOG
VRAAG 2.4 INFORMELE TOESPRAAK
AFDELING C VRAAG 3.1 PLAKKAAT
VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWING
VRAAG 3.3 INSTRUKSIES
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
beplanning, redigering en formaat by die rubrieke ingesluit is.
3. As 'n onderwerp misgetas is, word die kandidaat se antwoordeboek na die
senior nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op
inhoud aangeslaan word.
4. Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.
5. Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel word net so oorgeskryf, ontvang die kandidaat geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien
dele van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer hierdie dele
volgens die laagste omskrywing.
6. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die
nasien van 'n skryfstuk. Moenie net strepe onder die foute trek nie.
7. By skryfstukke wat te lank is, word die hele skryfstuk nagesien en bepunt.
8. By VRAAG 1.5:
- Die titel en die kern van die prent behoort by mekaar aan te sluit.
- Indien die titel nie by die kern van die prent pas nie, maar die inhoud
spreek steeds die kern van die prent aan, word die titel geïgnoreer.
- Die onderwerpe kan verhalend of beskrywend wees. Die prente dien
slegs as prikkels.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word.
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde (...) Hakies/pyltjie
Spelfout = Twee kort strepies onder 'n woord
Woordkeuse / Haal met 'n streep deur
Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat ^ Weggelaatteken
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Taalfoute ______ Enkelstreep onder die taalfout
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Paragraaf is een, lang, lomp sin [ Begin van nuwe sin
Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V; kleinletter r
Punktuasie o Omkring
Erkenning van taaljuweeltjies Regmerkie bo goeie taalgebruik,
idees of uitdrukkings.
Woorde uit ander tale/*nie- X Trek 'n X oor die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde
• Standaardafrikaans bly die norm.
• Gebruiksafrikaans moet vermy word.
• Aanvaar terme waarvoor Afrikaans nog
nie ekwivalente het nie.
• Aanvaar ook gemotiveerde Afrikaanse
streekswoorde/-uitdrukkings.
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf
KATEGORIEË volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (24 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (12 punte) en STRUKTUUR (4 punte).
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte).
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte).
3. Evalueer hoe uitsonderlik, gemiddeld of onvoldoende die kandidaat binne
daardie kategorieë tussen die gegewe punte is, bv. uit 'n gegewe punt van
12-14 uit 40, moet die nasiener kan assesseer watter punt die skryfstuk
verdien. Indien die punt vir Inhoud & Beplanning (Afdeling A) in die
UITSONDERLIK of KNAP kategorie val, moet die nasiener bepaal of die punt
in die hoë of lae subkategorie val. Skryf net EEN punt neer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
4. Hou die omskrywing (UITSONDERLIK/GEMIDDELD/ONVOLDOENDE) by
die kategorieë in gedagte. Dis 'n hulpmiddel.
5. Skryf die punt soos volg neer:
AFDELING A Omskrywing Punt AFDELING B en C Omskrywing Punt
I/B K- 17 I/B/F K 9
T/S/R E 3 T/S/R K 5
S K 3 TOTAAL: 14
TOTAAL: 23
Let wel:
Indien die punt vir Inhoud & Beplanning (Afdeling A) in die UITSONDERLIK of KNAP
kategorie val, word die punt in die hoë subkategorie met 'n + aangedui en in die lae
subkategorie met 'n -.
AFDELING A: OPSTELTIPES
VERHALENDE OPSTEL (Generies)
Dis 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se), gewoonlik uit die verlede.
Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
• Hierdie opstel gaan oor iets wat gebeur het en oorvertel word ('n storie of
gebeurtenis).
• Dit word opreg en met entoesiasme geskryf.
• Die inhoud is boeiend, interessant en samehangend.
• Die vertel-/storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf of kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• Die kandidaat moet 'n treffende inleiding skryf wat die leser boei.
• Daar moet ’n verrassende slot wees.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
BESKRYWENDE OPSTEL (Generies)
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
• Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
• Insig, begrip, eie belewing en sinvolheid geniet aandag. (Dit is meer as net die
opnoem van waarnemings.)
• Tekste kan varieer van realisties na ’n verdieping in die aanbieding.
• Eie gevoelens oor die beskrywing kan gegee word.
• Plekke, gebeure en karakters word presies en akkuraat beskryf.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ’n oorspronklike wyse aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
Die formaat van die opstel
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word.
Dit behoort treffend, relevant, kort en saaklik te wees.
Liggaam: Dit het verskeie paragrawe waarvan een sin per paragraaf dan gewoonlik
die hoofgedagte bevat.
Die ander sinne in die paragraaf is ter ondersteuning van die hoofgedagtes
en/of mening van die skrywer.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die gebeure in die opstel saamvat.
WENKE AAN NASIENERS:
Die riglyne wat by die vrae gegee is, hoef nie gevolg te word nie.
Die vraag is of die kandidaat wel oor die onderwerp geskryf het.
1.1 DIE MENSE IN MY STRAAT
• Die kandidaat moet 'n opstel skryf waarin hy/sy vertel van die mense wat
in sy/haar straat bly.
• Die opstel kan in die teenwoordige tyd geskryf word.
• Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
- In watter straat die kandidaat bly.
- Watter ander mense in die kandidaat se straat bly.
- Watter dinge die mense wat in die kandidaat se straat bly, doen.
- Hoe die kandidaat voel oor die mense wat in sy/haar straat bly. [40]
1.2 MY 67 MINUTE VIR MANDELA
• Die kandidaat moet 'n opstel skryf waarin hy/sy vertel wat hy/sy hierdie
jaar met sy/haar 67 minute gedoen het om ander mense te help.
• Die opstel moet in die verlede tyd geskryf word.
• Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
- Wat die kandidaat hierdie jaar op Mandeladag gedoen het.
- Waar en vir wie die kandidaat dit gedoen het.
- Hoekom die kandidaat dit gedoen het.
- Hoe dit ander mense gehelp het. [40]
1.3 DIT IS MY TALENT
• Die kandidaat moet 'n opstel skryf waarin hy/sy vertel wat sy/haar talent
is.
• Die opstel kan in die teenwoordige tyd geskryf word.
• Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
- Wat die kandidaat se spesiale talent is.
- Wat die kandidaat doen om hierdie talent te ontwikkel.
- Hoe hierdie talent die kandidaat in die toekoms kan help.
- Hoe die kandidaat hierdie talent gebruik om ander mense te help. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
1.4 MY DROME VIR DIE TOEKOMS
• Die kandidaat moet 'n opstel skryf waarin hy/sy van sy/haar drome vir die
toekoms vertel.
• Die opstel moet in die toekomende tyd geskryf word.
• Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
- Wat die kandidaat se drome vir die toekoms is.
- Hoe die kandidaat hierdie drome wil laat waar word.
- Watter ander mense deel van die kandidaat se drome is.
- Waarom hierdie drome vir die kandidaat belangrik is. [40]
1.5 1.5.1 – PRENTE
1.5.4
• Die opstel kan verhalend of beskrywend wees.
• Kandidate se eie gepaste interpretasie van prente word aanvaar.
• Die kandidaat moet die opstel 'n titel gee.
• Die kandidaat se opstel moet direk by die prent aansluit.
• Die prent kan beskryf word of iets uit die kern van die prent kan
'n storie begin.
• Let daarop dat 'n prent ook figuurlik geïnterpreteer kan word, bv.
by VRAAG 1.5.4 (die pyltjies). [40]
ONTLEDING VAN MOONTLIKE OPSTELTIPES PER VRAAG
• Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat 'n persoonlike inkleding
van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word. Waar
VRAAG 1.5.1–1.5.4 beantwoord word, moet die opstel verband hou met die prent.
• Die opstel wat geskryf word, kan dus enige een van die twee tipes opstelle wees
soos hierbo uiteengesit. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Die riglyne wat by die vrae gegee is, hoef nie gevolg te word nie.
Die vraag is of die kandidaat wel die opdrag uitgevoer het.
2.1 FORMELE BRIEF
FOKUS: (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n formele brief aan die eienaar, mnr. Vukani skryf waarin
hy/sy oor die busbestuurders kla.
VEREISTES VIR HIERDIE SKRYFSTUK:
• Getal woorde: 80–100 woorde.
• Die formele brief se taalgebruik en styl moet formeel en saaklik wees.
• Die brief spreek die teikenpersoon (eienaar) formeel aan, bv.
Meneer/Geagte Heer/Geagte mnr. Vukani.
• Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy.
• Die toon en register moet pas by die verhouding tussen die kandidaat en
die eienaar (ontvanger).
• Die klagte moet duidelik wees.
INHOUD:
• Die kandidaat kan oor die volgende skryf:
- Wat die bestuurders doen wat die kandidaat ongelukkig maak.
- Hoekom dit die kandidaat ongelukkig maak.
- Wat die kandidaat wil hê die eienaar moet doen om die probleem op te
los.
- Waarom dit belangrik is dat die probleem dadelik opgelos moet word.
FORMAAT:
• Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van afsender, datum,
adres van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, paragrawe en afsluiting.
• Die adres van die afsender kom regs boaan in blokvorm.
• Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
Omdat sekere handboeke wel die reël ooplaat, moet ons hier 'n toegewing
maak en leerders nie penaliseer nie.
• Die datum word voluit geskryf: 23 Oktober 2017.
• Die adres van die ontvanger van die brief is links in blokvorm.
• Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
• Hierdie formele brief word aan die eienaar van Vukani Busdiens gerig.
• Laat 'n reël oop tussen die twee adresse.
• Laat 'n reël oop tussen die adres van die ontvanger en die aanhef.
• Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in
kleinletters geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die essensie
van die brief saamvat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Redes vir die skryf van die brief word gegee.
• Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie.
• Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig,
onderteken. Korrespondente kan ook hul noemname en vanne gee.
• Die korrespondent se voorletters en van kan onder die handtekening
uitgeskryf word, indien dit onleesbaar is.
STYL:
• Die brief moet kort en bondig wees.
• Die taal en styl is formeel.
• Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie.
• Die lengte van die skryfstuk moet korrek wees. [20]
2.2 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
FOKUS: (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n vriendskaplike brief aan sy/haar maat skryf waarin
hy/sy die maat bedank vir/vertel van ’n baie lekker vakansie.
VEREISTES VIR HIERDIE SKRYFSTUK:
• Getal woorde: 80–100 woorde.
• Die vriendskaplike brief is persoonlik, openhartig en vriendelik.
• Die doel hiervan is om met 'n maat te kommunikeer.
• In hierdie vriendskaplike brief bedank die kandidaat sy/haar maat vir/
vertel van ’n baie lekker vakansie.
• Die vriendskaplike brief spreek die ontvanger direk aan.
• Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy.
• Die toon en register moet pas by die vriendskaplike verhouding tussen die
kandidaat en die maat (ontvanger van die brief).
INHOUD:
• Die kandidaat kan oor die volgende skryf:
- Wanneer die kandidaat by sy/haar maat gekuier het.
- Waar hulle gekuier het.
- Wat hulle alles gedoen het.
- Hoekom die vakansie vir die kandidaat so lekker was.
FORMAAT:
• Die kort inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, nl. dat die
kandidaat sy/haar maat vir die lekker vakansie wil bedank/daarvan wil
vertel.
• Die liggaam van die brief brei uit oor die rede vir die brief: die kandidaat
vertel van alles wat hulle gedurende die vakansie gedoen het en waarom
dit vir hom/haar so lekker was.
• Die slotparagraaf moet die brief saamvat en dalk ook 'n uitnodiging aan
die maat rig om die volgende vakansie by die kandidaat te kom kuier.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Die formaat van die brief moet korrek wees: adres, datum, aanhef,
paragrawe en afsluiting.
• Geen leestekens word in die adres gebruik nie.
• Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
Omdat sekere handboeke wel die reël ooplaat, moet ons hier 'n toegewing
maak en kandidate nie penaliseer nie.
• Die datum word voluit geskryf: 23 Oktober 2017.
• Adres:
Posbus 88 Huis 342 Kerkstraat 1 Sesde Laan/laan 10
Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Kode Kode Kode Kode
• Aanhef: “Beste” of “Liewe” of enige aanvaarbare aanspreekvorm word
gebruik en dit word teen die linkerkantlyn geskryf.
• 'n Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
• Groete/Liefdegroete/Mooi wense, ens. is die laaste paragraaf van die brief
en daarom is daar 'n punt aan die einde.
• Daar word nie 'n reël in die afsluiting van die brief oopgelaat nie.
• Die omskrywing “Jou vriend/vriendin/maat” is opsioneel.
STYL:
• Dit word in 'n meer informele styl as 'n opstel geskryf.
• Dit moet lewendig en interessant wees.
• Die lengte van die skryfstuk moet korrek wees. [20]
2.3 DIALOOG
FOKUS: (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n dialoog tussen hom/haar en sy/haar ma skryf, oor
waarom hy/sy so laat by die huis opgedaag het.
VEREISTES VIR HIERDIE SKRYFSTUK:
• Getal woorde: 80–100 woorde.
• Aanspreekvorm moet informeel, maar hoflik wees; dus geskik vir 'n
dialoog tussen die kandidaat en sy/haar ma.
• Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy.
• Die toon en register moet by die verhouding tussen die kandidaat en
sy/haar ma pas (vertel van iets wat gebeur het).
INHOUD:
Die kandidaat moet:
• die gesprek tussen hom/haar en sy/haar ma neerskryf.
• vir sy/haar ma vertel waarom hy/sy laat huis toe gekom het.
• vir sy/haar ma verduidelik waarom hy/sy haar nie laat weet het dat hy/sy
laat huis toe sou kom nie.
• begin soos op die vraestel aangedui.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
FORMAAT:
• Die sprekers se name staan teen die linkerkantste kantlyn.
• Daar is ’n dubbelpunt na die naam.
• Daar word geen aanhalingstekens gebruik nie.
• 'n Reël word na elke spreker (spreekbeurt) oopgelaat.
• Ekstra inligting word tussen hakies geskryf.
• Leestekens word gebruik om emosie aan te dui of om sekere dinge te
beklemtoon.
STYL:
• Die taal en styl moet pas by die situasie waar ’n kind met ’n ouer praat.
• Die styl behoort informeel, maar hoflik te wees om by die situasie te pas.
• Die lengte van die skryfstuk moet korrek wees. [20]
2.4 INFORMELE TOESPRAAK
FOKUS: (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n informele toespraak oor die korrekte hantering van
groepsdruk onder tieners, lewer.
VEREISTES VIR HIERDIE SKRYFSTUK:
• Getal woorde: 80–100 woorde.
• Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy.
• Die inligting moet korrek wees.
• Die taal en styl moet pas by die inhoud en doel van die toespraak.
INHOUD:
Die kandidaat behoort oor die volgende te praat:
• Watter tipes groepsdruk daar in tieners se lewens is.
• Hoe tieners op hierdie groepsdruk reageer.
• Wat die gevolge vir tieners is as hulle groepsdruk nie reg hanteer nie.
• Wat tieners kan doen om groepsdruk reg te hanteer.
FORMAAT:
• Paragrawe moet logies op mekaar volg om by die situasie te pas.
• Adjektiewe kan gebruik word om die toespraak interessant/treffend te
maak.
• Skryf ’n bondige, interessante inleiding wat die gehoor se belangstelling
by die toespraak wek.
• Verskaf kortliks inligting oor die vorme van groepsdruk en hoe tieners dit
hanteer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Brei dan uit op die inligting deur te wys op die gevolge vir tieners as hulle
groepsdruk nie reg hanteer nie.
• Skryf ’n treffende slot om aan tieners raad te gee oor hoe om groepsdruk
reg te hanteer.
STYL:
• Die toespraak moet kort en bondig wees.
• Die taal en styl moet pas by die konteks van die toespraak, nl. 'n nugtere
bewusmaking van groepsdruk onder tieners.
• Die lengte van die skryfstuk moet korrek wees. [20]
ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 12 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
Die riglyne wat by die vrae gegee is, hoef nie gevolg te word nie.
Die vraag is of die kandidaat wel die opdrag uitgevoer het.
3.1 PLAKKAAT
FOKUS: (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n plakkaat maak om die leerders te vertel van ’n
uitstalling oor beroepe.
VEREISTES VIR HIERDIE SKRYFSTUK:
• Getal woorde: 50–70 woorde.
• Die plakkaat word geskep vir ’n spesifieke groep mense, nl. die leerders in
die kandidaat se skool.
• Die plakkaat moet die leerders inlig dat daar ’n uitstalling oor beroepe
gehou gaan word.
• Die inligting moet duidelik wees.
• Die krag van 'n plakkaat lê in sy eenvoud.
• Dit moet onmiddellik die leser se aandag trek.
• Moenie te veel woorde gebruik nie.
• Die leser moet die plakkaat maklik verstaan.
• Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy.
INHOUD:
• Die kandidaat moet:
- die ander leerders vertel dat daar ’n uitstalling oor beroepe gehou
gaan word.
- verduidelik wat alles by die uitstalling gaan gebeur.
- motiveer waarom dit belangrik is vir leerders om die uitstalling by te
woon.
- aandui wie vir meer inligting gekontak kan word.
FORMAAT:
• Lettergroottes, lettertipes en uitleg (plasing van die woorde) is baie
belangrik.
• Dit moet al die inligting oor die uitstalling gee.
• Die plakkaat berus op die sogenaamde ABBA-beginsel. ’n Plakkaat moet
die leerders se aandag trek. Die leerders se belangstelling vir die
uitstalling moet gewek word. Dit moet die leerders se behoefte
aanspreek. As die plakkaat in sy doel slaag, sal die leerders tot aksie
oorgaan.
STYL:
• Die taal en styl moet by die plakkaat pas. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 13 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
3.2 DAGBOEKINSKRYWING
FOKUS: (OPDRAG)
Die kandidaat moet in sy/haar dagboek vertel van iets wat hy/sy verkeerd
gedoen het en waaroor hy/sy in die moeilikheid beland het.
VEREISTES VIR HIERDIE SKRYFSTUK:
• Getal woorde: 50–70 woorde.
• Die dagboekinskrywing moet die kandidaat se gedagtes en emosies oor
die verkeerde daad verwoord.
• Daar hoef nie met “Liewe Dagboek” begin te word nie.
• Skryf in die eerste persoon.
• Verwys na “vandag” en skryf in die verlede tyd (die verkeerde ding wat die
kandidaat gedoen het).
• Gebruik adjektiewe, leestekens en hoofletters om oortuigend te skryf.
• Noem familie en vriende op die naam.
• Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy.
INHOUD:
• Die inhoud is persoonlik van aard.
• Die kandidaat vertel van die verkeerde ding wat hy/sy gedoen het en skryf
hoe hy/sy daaroor voel en/of wat sy/haar gedagtes daaroor is.
FORMAAT:
• Die dag en datum word boaan geskryf.
• Die inhoud kan soos ’n opstel in paragrawe geskryf word.
STYL:
• Die taal en styl moet by die dagboekinskrywing pas.
• Die lengte van die skryfstuk moet korrek wees. [20]
3.3 INSTRUKSIES
FOKUS: (OPDRAG)
Die kandidaat moet instruksies vir die nuwe kinderoppasser skryf om te
verduidelik hoe om sy/haar bababoetie of -sussie veilig te hou.
VEREISTES VIR HIERDIE SKRYFSTUK:
• Getal woorde: 50-70 woorde.
• Nie alle instruksies hoef met 'n werkwoord te begin nie.
• Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 14 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
INHOUD:
• Die kandidaat verduidelik vir die kinderopasser hoe om kinders veilig in en
om die huis te hou.
FORMAAT:
• Die instruksies moet puntsgewys neergeskryf word.
STYL:
• Die taal en styl moet by die instruksies pas.
• Die lengte van die skryfstuk moet korrek wees. [20]
ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2
Downloaded from hlayiso.com 15 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 2; Afdeling A).
• Die punte (0-40) vir die nasien van die opstel is in vyf kategorieë verdeel.
• Die kriteria vir INHOUD is verder by Uitsonderlik en Knap in ’n hoë en lae subkategorie verdeel. In elke sub-kategorie word die verspreiding van punte aangedui.
• Die verdeling van punte in ’n hoë en lae subkategorie beïnvloed nie die punt wat vir TAAL & STYL en STRUKTUUR toegeken word nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) TWEEDE ADDISIONELE TAAL [40 PUNTE]
KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O)
INHOUD & BEPLANNING 22-24 18 12-16 7-11 0-6
- Respons is uitsonderlik, treffend - Respons is baie goed; getuig - Respons is bevredigend. - Samehang in respons is - Respons is nie meer relevant
Hoë subkategorie
Respons op opdrag en bo verwagting. van vaardigheid. - Idees is redelik same- wisselvallig. nie.
Idees in teks - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, hangend en oortuigend. - Idees is onsamehangend en - Idees is deurmekaar en nie op
Organisering van idees stem leser tot nadenke. interessant en gee aanduiding - Redelike organisasie onduidelik; nie meer oorspronklik onderwerp gefokus nie. Dis
Bewus van: - Uitsonderlike organisasie van volwassenheid. (inleiding, liggaam en nie. vaag en herhalend.
• doel, (inleiding, liggaam en - Organisasie (inleiding, liggaam samevatting/slot) en - Min bewys van organisasie - Geen organisasie; skryfstuk is
• gehoor samevatting/slot) en samehang. en samevatting/slot) is baie samehang. (inleiding, liggaam en onsamehangend.
• konteks van opdrag goed en samehangend. samevatting/slot) en samehang.
19-21 17
24 PUNTE - Respons is uitmuntend, maar - Respons is goed; getuig van
Lae subkategorie
uitsonderlik treffende eienskappe vaardigheid.
ontbreek. - Idees is relevant, interessant.
- Idees is intelligent en volwasse. - Organisasie (inleiding, liggaam
- Baie knap organisasie (inleiding, en samevatting/slot) is goed en
liggaam en samevatting/slot) en samehangend.
samehang.
TAAL, STYL & REDIGERING 10-12 8-9 6-7 4-5 0-3
- Taalgebruik is uitmuntend. - Taalgebruik is baie gepas en - Taalgebruik is voldoende; - Taalgebruik is basies. - Taalgebruik is onverstaanbaar.
Toon, register, styl en woordeskat is geskik vir doel - Toon, styl en register is retories doeltreffend. hier en daar wisselvallig. - Toon, styl en register is - Toon, styl en register is
en konteks effektief. - Toon, styl en register is gepas - Toon, styl en register is oor elementêr. onvoldoende.
Woordkeuse - Woordeskat is uitsonderlik. en effektief. die algemeen gepas. - Woordeskat is baie basies. - Woordeskat uiters beperk;
Taalgebruik en konvensies - Grammatika, spelling en - Woordeskat is knap. - Woordeskat is gemiddeld. - Heelwat grammatika-, spel- en maak selfs begrip onmoontlik.
Punktuasie punktuasie is feitlik foutvry. - Min grammatika-, spel- en - Grammatika, spelling en punktuasiefoute. - Grammatika-, spel- en
Grammatika - Uitsonderlik gedoen. punktuasiefoute. punktuasie is gemiddeld. - Min of geen sinsverskeidenheid. punktuasiefoute belemmer
Spelling - Knap gedaan. - Beperkte gebruik van betekenis.
retoriese middele.
12 PUNTE
STRUKTUUR 4 3 2 1 0
- Uitsonderlike ontwikkeling van - Logiese, samehangende - Gemiddelde ontwikkeling van - Basiese ontwikkeling van - Onvoldoende ontwikkeling van
Kenmerke van teks onderwerp. ontwikkeling van onderwerp. onderwerp. onderwerp. onderwerp.
Paragraafontwikkeling en sinskonstruksie - Uitsonderlike detail. - Genoegsame detail. - Relevante detail. - Sommige relevante detail. - Nodige detail ontbreek.
- Uitsonderlike vaardigheid in sins- - Sins- en paragraafbou is logies - Gemiddelde sins- en - Sins-en paragraafbou is foutief. - Sins-en paragraafbou is
4 PUNTE en paragraafbou. en getuig van variasie. paragraafbou. - Opstel maak tog sin t.s.v. baie foutief.
foute. - Opstel maak nie sin nie.
HOOG GEMIDDELD LAAG
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2
Downloaded from hlayiso.com 16 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK LANG TRANSAKSIONELE TEKS (AFDELING B) TWEEDE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O)
INHOUD, BEPLANNING & 10-12 8-9 6-7 4-5 0-3
FORMAAT - Grondige kennis van - Goeie kennis van - Toon voldoende kennis van - Toon elementêre kennis - Toon weinig, indien enige
kenmerke van teks. kenmerke van teks. kenmerke van teks. van kenmerke van teks. kennis van kenmerke van
Kenmerke van teks - Respons is uitsonderlik, - Respons is baie goed. - Respons is voldoende. - Respons is basies. teks.
Respons op opdrag treffende en bo verwagting. - Inhoud en idees - Inhoud en idees redelik - Inhoud en idees nie - Respons toon weinig,
Idees in teks - Idees is intelligent en samehangend. samehangend. meer altyd samehangend indien enige verband met
Organisering van idees volwasse. - Behou fokus. - Nie meer heeltemal nie. opdrag.
Konvensies en konteks - Inhoud en idees is - Idees is baie goed gefokus nie; enkele - Aanduiding van fokus; - Geen samehang in idees
samehangend. uitgebrei met detail afwykings. met afwykings. en inhoud nie.
12 PUNTE - Behou fokus. wat die onderwerp - Sommige detail ondersteun - Min detail ondersteun die - Fokus onvoldoende en
- Idees is behoorlik uitgebrei met ondersteun. die onderwerp. onderwerp. onvanpas.
detail wat die onderwerp - Gepaste formaat; - Formaat oorwegend gepas, - Noodsaaklike reëls van - Baie min indien enige
ondersteun. onbeduidende foute. maar met foute. die formaat is vaagweg detail ondersteun die
- Gepaste en akkurate formaat. toegepas. Kritiese foute is onderwerp.
egter begaan. - Noodsaaklike reëls van die
formaat is nie toegepas
nie.
7-8 5-6 4 3 0-2
TAAL, STYL & - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en
REDIGERING woordeskat is hoogs geskik vir woordeskat is baie geskik woordeskat is geskik vir woordeskat is minder woordeskat is nie meer
doel, gehoor en konteks. vir doel, gehoor en konteks. doel, gehoor en konteks. geskik vir doel, gehoor en geskik vir doel, gehoor en
Toon, styl, register en - Baie goeie woordeskat. - Knap woordeskat. - Woordeskat is voldoende. konteks. konteks nie.
woordeskat is geskik vir - Toon goeie taalkonstruksie. - Toon oor die algemeen - Toon gemiddelde - Basiese woordeskat. - Woordeskat is
doel/effek en konteks - Grammatika is akkuraat. goeie taalkonstruksie. taalkonstruksie. - Toon basiese onvoldoende.
Woordkeuse - Baie min spel- en - Grammatika is oor die - Enkele grammatikafoute. taalkonstruksie. - Toon feitlik geen
Taalgebruik en konvensies punktuasiefoute. algemeen korrek. - Spel- en punktuasiefoute - Grammatika is nie meer taalkonstruksie nie.
Punktuasie - Min spel- en belemmer nie betekenis akkuraat nie. - Grammatikafoute
Grammatika punktuasiefoute. nie. - Etlike spel- en belemmer betekenis.
Spelling punktuasiefoute wat - Besaai met spel- en
betekenis belemmer. punktuasiefoute;
8 PUNTE belemmer betekenis.
HOOG GEMIDDELD LAAG
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2
Downloaded from hlayiso.com 17 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK KORT TRANSAKSIONELE TEKS (AFDELING C) TWEEDE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O)
INHOUD, BEPLANNING & 10-12 8-9 6-7 4-5 0-3
FORMAAT - Grondige kennis van - Goeie kennis van - Toon voldoende kennis van - Toon elementêre kennis - Toon weinig, indien enige
kenmerke van teks. kenmerke van teks. kenmerke van teks. van kenmerke van teks. kennis van kenmerke van
Kenmerke van teks - Respons is uitsonderlik, - Respons is baie goed. - Respons is voldoende. - Respons is basies. teks.
Respons op opdrag treffende en bo verwagting. - Inhoud en idees - Inhoud en idees redelik - Inhoud en idees nie - Respons toon weinig,
Idees in teks - Idees is intelligent en samehangend. samehangend. meer altyd samehangend indien enige verband met
Organisering van idees volwasse. - Behou fokus. - Nie meer heeltemal nie. opdrag.
Konvensies en konteks - Inhoud en idees is - Idees is baie goed gefokus nie; enkele - Aanduiding van fokus; - Geen samehang in idees
samehangend. uitgebrei met detail afwykings. met afwykings. en inhoud nie.
12 PUNTE - Behou fokus. wat die onderwerp - Sommige detail ondersteun - Min detail ondersteun die - Fokus onvoldoende en
- Idees is behoorlik uitgebrei met ondersteun. die onderwerp. onderwerp. onvanpas.
detail wat die onderwerp - Gepaste formaat; - Formaat oorwegend gepas, - Noodsaaklike reëls van - Baie min indien enige
ondersteun. onbeduidende foute. maar met foute. die formaat is vaagweg detail ondersteun die
- Gepaste en akkurate formaat. toegepas. Kritiese foute is onderwerp.
egter begaan. - Noodsaaklike reëls van die
formaat is nie toegepas
nie.
7-8 5-6 4 3 0-2
TAAL, STYL & - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en
REDIGERING woordeskat is hoogs geskik vir woordeskat is baie geskik woordeskat is geskik vir woordeskat is minder woordeskat is nie meer
doel, gehoor en konteks. vir doel, gehoor en konteks. doel, gehoor en konteks. geskik vir doel, gehoor en geskik vir doel, gehoor en
Toon, styl, register en - Baie goeie woordeskat. - Knap woordeskat. - Woordeskat is voldoende. konteks. konteks nie.
woordeskat is geskik vir - Toon goeie taalkonstruksie. - Toon oor die algemeen - Toon gemiddelde - Basiese woordeskat. - Woordeskat is
doel/effek en konteks - Grammatika is akkuraat. goeie taalkonstruksie. taalkonstruksie. - Toon basiese onvoldoende.
Woordkeuse - Baie min spel- en - Grammatika is oor die - Enkele grammatikafoute. taalkonstruksie. - Toon feitlik geen
Taalgebruik en konvensies punktuasiefoute. algemeen korrek. - Spel- en punktuasiefoute - Grammatika is nie meer taalkonstruksie nie.
Punktuasie - Min spel- en belemmer nie betekenis akkuraat nie. - Grammatikafoute
Grammatika punktuasiefoute. nie. - Etlike spel- en belemmer betekenis.
Spelling punktuasiefoute wat - Besaai met spel- en
betekenis belemmer. punktuasiefoute;
8 PUNTE belemmer betekenis.
HOOG GEMIDDELD LAAG
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 1 NSC November Exams 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 1 NSC November Exams 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 1 NSC November Exams 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 1 NSC November Exams 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 1 NSC November Exams 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 1 NSC November Exams 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans SAL

Annual teaching plan
Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023 24

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper