Skip to content

Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2017 QP

Question paperAfrikaans SALGrade 12201711 pages

Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC November Exams 2017, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2017 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2017 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Opstel (40) AFDELING B: Lang transaksionele teks (20) AFDELING C: Kort transaksionele teks (20) 2. Beantwoord EEN vraag in ELKE afdeling. 3. Skryf in die taal wat geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. BEPLANNING, REDIGERING EN PROEFLEES: • Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. • Gebruik 'n kopkaart, vloeidiagram, sleutelwoorde, ens. vir jou beplanning. • Doen elke keer beplanning VOORDAT jy die finale produk skryf. • Dui die beplanning duidelik aan. • TREK 'N STREEP DEUR DIE BEPLANNING NADAT JY DIE FINALE PRODUK GESKRYF HET. 6. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 60 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 30 minute 7. Nommer elke skryfstuk soos wat dit in die vraestel genommer is. 8. Skryf die vraagnommer en die titel neer. 9. Skryf jou eie titel neer as jy oor 'n prent in VRAAG 1.5 skryf. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2017 NSS AFDELING A: OPSTEL • Skryf 'n opstel van 200–250 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe. • Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan. VRAAG 1 1.1 DIE MENSE IN MY STRAAT Daar bly baie mense in jou straat. Almal verskil van mekaar. Skryf 'n opstel en vertel van die mense wat in jou straat bly. Dink aan die volgende: [Bron: www.worldpress.com] • In watter straat bly jy? • Watter ander mense bly in jou straat? • Watter verskillende dinge doen die mense wat in jou straat bly? • Hoe voel jy oor die mense wat in jou straat bly? [40] 1.2 MY 67 MINUTE VIR MANDELA Suid-Afrikaners doen elke jaar op Mandela-dag goeie dinge om mekaar te help. Skryf 'n opstel en vertel wat jy vanjaar in jóú 67 minute gedoen het om ander mense te help. minute vir Mandela [Bron: www.spice4life.com] Dink aan die volgende: • Wat het jy vanjaar op Mandela-dag gedoen? • Waar en vir wie het jy dit gedoen? • Hoekom het jy dit gedoen? • Hoe het dit ander mense gehelp? [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2017 NSS 1.3 DIT IS MY TALENT Mense is nie dieselfde nie. Elke mens het 'n spesiale talent. Skryf 'n opstel en vertel van jou spesiale talent. Dink aan die volgende: • Wat is jou spesiale talent? • Wat doen jy om hierdie talent te ontwikkel? • Hoe kan hierdie talent jou in die toekoms help? • Hoe gebruik jy hierdie talent om ander mense te help? [40] 1.4 MY DROME VIR DIE TOEKOMS Almal het drome vir die toekoms. Mense se drome is nie dieselfde nie. Skryf 'n opstel en vertel van jou drome vir die toekoms. Dink aan die volgende: • Wat is jou drome vir die toekoms? • Hoe wil jy hierdie drome laat waar word? • Watter ander mense is deel van hierdie drome? • Waarom is hierdie drome vir jou belangrik? [Bron: www.worldsartsme.com] [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2017 NSS 1.5 Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel daaroor. Skryf die VRAAGNOMMER van die opstel neer en gee jou opstel 'n TITEL. Jou opstel moet met die prent verband hou. 1.5.1 [Bron: www.pipesmagazine.co.za] [40] 1.5.2 [Bron: www.edgalary.com] [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2017 NSS 1.5.3 [Bron: www.travelnation.co.za] [40] 1.5.4 [Verwerk uit www.edgalary.co.za] [40] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2017 NSS AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS • Skryf 80–100 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe. • Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan. VRAAG 2 2.1 FORMELE BRIEF Julle skool se kinders gebruik Vukani Busdiens se busse om by die skool te kom. Julle is ontevrede met die busbestuurders. Skryf 'n formele brief aan die eienaar, mnr. Vukani, waarin jy oor die busbestuurders kla. Gebruik die volgende adres: Die Eienaar Vukani Busdiens Vukani Busdiens Posbus 1479 Durban 0003 [Verwerk uit www.clipartix.com] Dink aan die volgende: • Wat doen die busbestuurders wat jou ongelukkig maak? • Hoekom maak dit jou ongelukkig? • Wat wil jy hê moet die eienaar, mnr. Vukani, doen om die probleem op te los? • Waarom is dit belangrik dat die probleem dadelik opgelos moet word? [20] 2.2 VRIENDSKAPLIKE BRIEF Jy het in die Septembervakansie by 'n maat gekuier. Skryf 'n brief aan jou maat waarin jy vir hom/haar dankie sê vir 'n baie lekker vakansie. Dink aan die volgende: • Wanneer het jy by jou maat gekuier? • Waar het julle gekuier? [Bron: www.clipart.com] • Wat het julle alles gedoen? • Hoekom was die vakansie vir jou so lekker? [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2017 NSS 2.3 DIALOOG Jy het vergeet dat jy na skool 'n ekstra klas het. Jou selfoon se battery was pap en daarom kon jy nie jou ma laat weet nie. Toe jy baie laat by die huis kom, was jou ma baie kwaad vir jou. Skryf die gesprek tussen jou en jou ma neer. Begin die gesprek só: Ma: Waar kom jy nou vandaan? Ek: Hallo, Ma. Ek is jammer ek is so laat. Ma: ... Ek: ... [Bron: www.canstockphoto.com] LET WEL: Laat 'n reël ná elke spreekbeurt oop. [20] 2.4 INFORMELE TOESPRAAK Baie tieners sukkel om "nee" te sê as hulle in 'n groep is wat verkeerde dinge wil doen. Ons noem dit groepsdruk ("peer pressure"). Groepsdruk veroorsaak baie keer dat tieners in die moeilikheid beland. Die skoolhoof het jou gevra om met die ander leerders oor groepsdruk te praat. Skryf die toespraak neer wat jy vir die leerders sal lewer. Dink aan die volgende: [Bron: www.brainpop.com] • Watter tipes groepsdruk is daar in tieners se lewens? • Hoe reageer tieners op hierdie groepsdruk? • Wat gebeur as tieners groepsdruk nie reg hanteer nie? • Wat kan tieners doen om groepsdruk reg te hanteer? [20] TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2017 NSS AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS • Skryf 50–70 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe. • Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan. VRAAG 3 3.1 PLAKKAAT 'n Kollege naby jou skool wil 'n uitstalling oor beroepe by jou skool hou. Maak 'n plakkaat om die leerders van hierdie uitstalling te vertel. Dink aan die volgende: • Waar en wanneer word die uitstalling gehou? • Wie gaan die uitstalling aanbied? [Bron: www.icss.org] • Wat gaan alles by die uitstalling gebeur? • Waarom is dit belangrik vir leerders om die uitstalling by te woon? LET WEL: Punte word vir inhoud toegeken, NIE vir versierings NIE. [20] 3.2 DAGBOEKINSKRYWING Jy het vandag iets verkeerds gedoen en was in die moeilikheid daaroor. Skryf in jou dagboek. Vertel wat gebeur het en hoe jy daaroor voel. [Bron:www.clipartkid.com] Dink aan die volgende: • Wat het jy verkeerd gedoen? • Hoekom was jy in die moeilikheid daaroor? • Wat het daarna gebeur? • Hoe voel jy oor dit wat gebeur het? [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2017 NSS 3.3 INSTRUKSIES Jou ma vra jou om vir die nuwe kinderoppasser instruksies neer te skryf oor hoe om te sorg dat jou boetie of sussie veilig sal wees. Skryf die instruksies in volsinne en puntsgewys neer. Jy kan die prentjies hieronder gebruik om jou te help. Voorbeeld: [Bron: www.clipartbest.com] 1. Moenie dat Boetie/Sussie met nat hande aan muurproppe vat nie. 2. ... 3. ... .. ... .. ... 1. Moenie dat Boetie/Sussie met nat hande aan muurproppe vat nie. 2. 3. 4. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2017 NSS 5. 6. 7. 8. 9. 10. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans SAL

View all