Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2014
LANDBOUWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*IAGRSA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2014 papers 





View all





Agricultural Sciences Grade 11 P2 2014 QP (Afr)
Grade 11 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2014 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2014. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 1016.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape November 2014
Questions in this paper
- Question 2.1Plant nutrition and water relations10 marks
- Question 2.2Plant nutrition and water relations8 marks
- Question 2.3Mineral nutrition and fertilisers7 marks
- Question 2.4Mineral nutrition and fertilisers6 marks
- Question 2.5Mineral nutrition and fertilisers3 marks
- Question 2.6Mineral nutrition and fertilisers1 marks
Show all 14 questions
- Question 3.1Plant reproduction, protection and resource utilisation6 marks
- Question 3.2Plant reproduction, protection and resource utilisation21 marks
- Question 3.6Plant reproduction, protection and resource utilisation8 marks
- Question 4.1Soil morphology and classification7 marks
- Question 4.2Soil morphology and classification4 marks
- Question 4.3Soil moisture, air and temperature9 marks
- Question 4.4Soil morphology and classification6 marks
- Question 4.5Soil morphology and classification9 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit twee afdelings naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde presies soos die vrae genommer word.
5. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
6. Wys al jou berekeninge.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as antwoorde gegee op die volgende vrae. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 ʼn Eenvoudige klaseksperiment het die spontane beweging van
molekules van ʼn hoë konsentrasiegebied na ʼn lae konsentrasie-
gebied gewys. Dit word … genoem.
A osmose
B plasmolise
C diffusie
D infusie (2)
1.1.2 Die gebruik van tegnologie soos rekenaars, satelliete en
afstandsensors om te monitor of gewasse teen maksimum
effektiwiteit groei is ...
A presisie-boerdery.
B rotasie-boerdery.
C kweekhuisboerdery.
D lugboerdery. (2)
1.1.3 ... is die vergeling (geel wording) van blare as gevolg van nie-
produksie of die afbreek van chlorofil in die plant.
A Fotolise
B Chlorose
C Toksisiteit
D Chloroplas (2)
1.1.4 … verwys na die vervoer van opgeloste minerale en suikers binne
die plant se floëemweefsel.
A Translokasie
B Transpirasie
C Transportasie
D Transverse beweging (2)
1.1.5 Fisies uittrek, skoffel, sny en deklaagbewerking is almal voorbeelde
van ... onkruidbeheermaatreëls.
A chemiese
B voorkomende
C biologiese
D meganiese (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)
1.1.6 Die beste voortplantingsmetode soos gewys in die diagram is ...
A oorplanting.
B verdeling.
C steggies.
D afdeling. (2)
1.1.7 Een van die volgende is nie ʼn voordeel van ʼn hidroponika
produksiesisteem nie:
A ʼn Voordelige klimaat vir plante kan geskep word.
B Dit is baie nodig vir wisselbou.
C Die korrekte en optimale voeding word aan plante ten alle tye
verskaf.
D Sekere eienskappe kan gemanipuleer word om aan die
verbruikers se behoeftes te voldoen. (2)
1.1.8 Graad 11 leerders in ʼn skool was geleer om organiese stowwe soos
saagsels, boombas of hooi oor die bewerkte grond te strooi om wind
erosie en waterverlies te beperk. Hulle het … beoefen.
A skoon bewerking
B groenbemesting
C deklaagbewerking
D hark (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5
1.1.9 Die diagram van die plant hieronder is ʼn voorbeeld van ʼn ...
A bol.
B risoom.
C gerokte knol.
D uitloper. (2)
1.1.10 Belangrike vereistes vir hoë produksie in akwa-kultuurboerdery is:
(i) Beskerming teen predatore.
(ii) Om slegs kouer areas te gebruik wat voordelig vir alle tipes
vis is.
(iii) ʼn Sisteem wat effektiewe oeste sal verseker.
(iv) ʼn Sisteem wat effektiewe voeromsetting sal verseker.
Heer as een van die stellings hierbo is korrek. Kies die
regte kombinasie.
A (i), (iii) en (iv)
B (i), (ii), en (iv)
C (ii), (iii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii) (2)
(20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)
1.2 Kies ʼn woord/term/konsep/frase in KOLOM B wat die beste pas by ʼn
beskrywing in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, voorbeeld 1.2.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Respirasie A Bul/os ploeg
1.2.2 Bepaling van B Lokule en septum
wanneer en
hoeveel om te
besproei
1.2.3 Eensaadlobbige C Septum en helmknop
blomme
1.2.4 Ovarium/saadknop D DC6H1206+602 6CO2+6h2O+Energie
1.2.5 Inheemse kennis E Besproeiingsskedule
F Egploeg
G Lemma en palea
H Grondbesproeiing
I Blomkelk en lemma
J Sonerergie
6CO2+6H20 C6H1206+602
Chlorofil
(5 x 2) (10)
1.3 Skryf die landboukundige term/frase vir elkeen van die volgende beskrywings
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.3.1 Organismes wat hul eie voedsel produseer en nutriënte verkry
1.3.2 Die produksie van vrugte sonder die bevrugting van die saadknop,
wat saadlose vrugte tot gevolg het
1.3.3 Die deel van die nuwe plant wat later die stam en takke word
wanneer enting gedoen is
1.3.4 ʼn Spesiale plat houer, gevul met ʼn vaste hoeveelheid water, wat
gebruik word om die tempo van waterverlies te meet
1.3.5 ʼn Besproeiingstelsel waar ʼn groot hoeveelheid water na die land
gebring word wat grondlangs deur die gewasse vloei
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs
die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.4.1 Koolhidrate, veral glukose (C6H12O6), word deur plante gebruik vir
voortplanting of word gestoor in verskillende dele van die plant vir
gebruik deur ander organismes.
1.4.2 Agrestalisasie is die situasie in plante waar die botsels lewendig is
maar nie aktief groei nie.
1.4.3 In die toets vir suurstof in plante word ʼn deurskynende plastiek- of
sellofaan-sakkie oor die potplant geplaas en om die stam. Dit word
in die son geplaas vir observasie. verseël
1.4.4 Hydroponika is boerdery met see- of varswater-organismes.
1.4.5 Vanaf die wortels bereik die meeste ione die blare van plante deur
die floëemweefsel.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)
AFDELING B
VRAAG 2: PLANTVOEDING
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Vir plante om te oorleef is dit essensieel dat hulle konstante water voorsiening
het en dat waterverlies as gevolg van transpirasie verminder word. Plante in
droër areas het spesiale aanpassings gemaak om waterverlies te beperk en
oorlewing vir ʼn lang tyd te verseker.
2.1.1 Gee DRIE redes wat die onderstreepte stelling in die bostaande
scenario in 2.1 te regverdig. (3)
2.1.2 Gee TWEE spesiale aanpassings van plante om oormatige
waterverlies te verminder. (2)
2.1.3 Noem die deel van die plant waar aktiewe water en nutriënt absorpsie
plaasvind. (1)
2.1.4 Onderskei tussen trekkrag van transpirasie en osmotiese vloei in
plante. (4)
2.2 Die illustrasie hieronder wys die chemiese proses waardeur plante voedsel
produseer vir gebruik en om te stoor. Die proses sluit in ʼn ligfase en ʼn
donkerfase.
2.2.1 Beskryf kortliks DRIE prosesse van die donkerfase van fotosintese. (3)
2.2.2 Noem DRIE belangrike aspekte van fotosintese vir die mens. (3)
2.2.3 Stel TWEE maniere voor hoe om die tempo van fotosintese te
verhoog. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9
2.3 Die verskil tussen mikro-element en makro-elemente is slegs die hoeveelhede
benodig deur plante. Die nutriënt behoeftes verskil tussen die elemente sowel
as tussen plantspesies.
2.3.1 Tabuleer die volgende plant-nutriënte in mikro- en makro-elemente:
Boor
Kalium
Zink
Stikstof (4)
2.3.2 Gee EEN funksie van boor in plante. (1)
2.3.3 Noem TWEE maniere waarop nutriënt minerale deur plante
opgeneem word. (2)
2.4 Organiese bemestingstowwe bestaan uit afgebreekte organiese materiaal
soos plante wat verrot of wat reeds deur diere verteer is. ʼn Debat oor
organiese bemestingstowwe is in jou klas georganiseer, en jy geïdentifiseer
om ten gunste van die gebruik van organiese bemestingstowwe in jou skool
se tuin te argumenteer.
2.4.1 Gee DRIE positiewe redes vir die gebruik van organiese
bemestingstowwe in jul skooltuin soos jy dit in jou argument sal
gebruik. (3)
2.4.2 Stel DRIE eienskappe voor van gewasse wat in groenbemesting
gebruik kan word. (3)
2.5 ʼn Sak kunsmatige bemestingstowwe bevat drie elemente in die volgende
verhouding: 3; 2 ; 5 (45).
2.5.1 Bereken die persentasie fosfor in die mengsel van die bemestingstof. (3)
2.6 Gee EEN gebruik van gypsum vir graanboere. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)
VRAAG 3: PLANTVOORTPLANTING.
3.1 Bye is vlieënde, steekinsekte wat nektar en stuifmeel versamel en heuning en
was produseer. Hulle bly gewoonlik in groot kolonies en vlieg tussen blomme
waar hulle gewoonlik in die lente en somer gevind kan word.
3.1.1 Lei die proses af wat in die beskrywing in 3.1 hierbo genoem word. (1)
3.1.2 Noem TWEE ander agente wat die proses in VRAAG 3.1.1 laat
geskied. (2)
3.1.3 Definieer die proses in VRAAG 3.1.1. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11
3.2 Die illustrasie hieronder wys die lewenssiklus van ʼn insekpes. Dit neem twee
maande om te voltooi afhangende van temperatuur. Die ontwikkeling vanaf
eier na volwassene vereis ongeveer 25 dae onder ideale temperatuur en
vogtige omstandighede.
3.2.1 Identifiseer die pes in 3.2. (1)
3.2.2 Gee DRIE insek-bestuurmetodes om die infestasie van insekte in
gestoorde graan te voorkom. (3)
3.2.3 Stel ʼn ideale temperatuur voor vir die lewensiklus van die insek in 3.2. (1)
3.2.4 Beskryf DRIE implikasies van erge infestasie van die insek in 3.2 in
gestoorde graan in Suid-Afrika. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)
3.3 Nie-seksuele of vegetatiewe voortplanting is baie belangrik vir
gewasproduksie, veral in tuinbou gewasproduksie. Ons kan tussen natuurlike
en kunsmatige vegetatiewe voortplantingmetodes onderskei.
3.3.1 Kategoriseer die volgende in natuurlike en kunsmatige vegetatiewe
voortplantingmetodes:
Uitlopers
Lae-vorming
Enting
Gerokte knolle (4)
3.3.2 Gee TWEE voordele van vegetatiewe voortplanting. (2)
3.4 Die hoofeienskap van GMO’s (Geneties gemodifiseerde organismes) is die
van hul genetiese samestelling. Die GMO’s het sekere ander eienskappe
wanneer hul met konvensionele gewasse vergelyk word.
3.4.1 Gee DRIE belangrike eienskappe van GMO-gewasse. (3)
3.5 Die prentjie hieronder wys ʼn groep organismes.
3.5.1 Gee EEN naam vir die groep organismes in 3.5. (1)
3.5.2 Stel DRIE maniere voor om die verspreiding van die organismes in
plante te verhoed. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13
3.6 Onkruid word algemeen beskryf as enige plant wat in ʼn ongewensde plek
groei. In landbou beteken dit dat onkruidplante is wat nie deur die boer
geplant is nie en wat kompetisie bied vir die aangeplante gewas. Dit
kompeteer vir sonlig, grondnutriënte en spasie. Onkruid kan beheer word
deur baie metodes, naamlik chemiese, meganiese en biologiese asook deur
geïntegreerde beheermetodes.
3.6.1 Gee DRIE maniere waarop aangeplante gewasse met onkruid
kompeteer op ʼn plaas, soos in die scenario genoem. (3)
3.6.2 Stel EEN ander manier voor (nie in die scenario genoem nie) waarop
onkruid met gewasse op ʼn plaas kompeteer. (1)
3.6.3 Differensieer tussen chemiese en meganiese onkruidbeheer. (4)
[35]
VRAAG 4: OPTIMALE HULPBRONBESTUUR.
4.1 ʼn Opkomende boer nader jou vir raad oor die stappe en metodes wat hy moet
neem om die korrekte grond vir besproeiing te identifiseer. Jy het ʼn
grondopname (soil survey) voorgestel. Die opkomende boer het glad nie
geweet wat dit is nie.
4.1.1 Verduidelik die konsep “grondopname” aan die opkomende boer. (2)
4.1.2 Gee TWEE doelwitte van ʼn grondopname om die belangrikheid
daarvan te regverdig. (2)
4.1.3 Gee DRIE stappe wat gevolg word in die fisiese analise van die
grond. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)
4.2 Die diagram hieronder stel van die toerusting voor wat ʼn kommersiële
plaasboer op sy plaas benodig.
4.2.1 Bepaal die tipe boerdery in 4.2. (1)
4.2.2 Stel DRIE doelwitte van die boer voor, vir die aanneem van die
boerderymetode in VRAAG 4.2.1. (3)
4.3 In die droër dele van Suid-Afrika, gebruik boere een of ander vorm van
besproeiing om die reënval aan te vul wanneer gewasse verbou word. In die
natter (moerasagtige) dele doen boere eerder dreinering om landbougrond te
herwin sodat gewasse verbou kan word.
4.3.1 Differensieer tussen dreinering en besproeiing. (4)
4.3.2 Wys op DRIE kriteria wat gebruik word om die kwaliteit van water vir
besproeiing te evalueer. (3)
4.3.3 Wys op TWEE faktore om te oorweeg wanneer ʼn besproeiingsmetode
beplan en aangewend word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) LANDBOUWETENSKAPPE V2 15
4.4 Die illustrasie hieronder wys na ʼn verbouingsisteem wat vir vier groeiseisoene
gevolg is.
PEULGEWASSE ALLIUMS
Boerbone Knoffel
Franse bone Preie
Ertjies Uie
Rankboontjies Salotte
Sprietuie
BRASSICAS WORTELS EN KNOLLE
Brusselse spruite Eiervrug
Kool Beet
Blomkool Wortels
Seldery
Radyse
Aartappels
Rape Soetrissie
Patats
Tamaties
4.4.1 Lei die verbouingsisteem af uit die illustrasie 4.4. (1)
4.4.2 Regverdig jou antwoord in VRAAG 4.4.1 deur te verwys na die data
wat verskaf is. (1)
4.4.3 Stel TWEE faktore voor wat ʼn fundamentele rol speel wanneer ʼn boer
hierdie gewasverbouingsisteem beplan. (2)
4.4.4 Gee TWEE voordele van die verbouingsisteem in 4.4. (2)
4.5 Moderne tegnologie het dit vir boere moontlik gemaak om ander benaderings
tot gewasverbouing te gebruik. Sommige van hierdie innoverings sluit
hidroponika-sisteme, akwakultuur, tonnels en kweekhuise in, vir beide plant-
en visproduksie.
4.5.1 Gee DRIE voordele om ʼn kweekhuis te gebruik vir die produksie van
hoë waarde kontantgewasse. (3)
4.5.2 Definieer die onderstreepte konsep in 4.5. (2)
4.5.3 Noem TWEE groeimediums wat plante ondersteun wat in ʼn
hidroponika-sisteem gebruik kan word. (2)
4.5.4 Gee TWEE faktore wat boere kan verhoed om sekere spesies vis vir
akwakultuurboerdery te kies. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2014 QP (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2014 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2014 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2022 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2022 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2020 QP (Eng)
More from Grade 11 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum