Skip to content
Question paper

Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Agricultural SciencesGrade 12201916 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2019 LANDBOUWETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur *AGRSA2* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Toon ALLE bewerkings, insluitende formules, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Die volgende is kenmerke van gekontroleerde bemarkingskonsepte, behalwe … A subsidies. B produksiekwotas. C enkelkanaal-bemarking. D stimuleer entrepreneurskap. 1.1.2 ʼn Tipe koper wat nie bang is om ʼn nuwe produk te probeer nie, maar wat eers navorsing daaroor sal doen word na verwys as ʼn … A tradisionalis. B aanpasser. C innoveerder. D vroeë meerderheid. 1.1.3 Die voordele van koöperatiewe bemarking is … (i) laer bemarkingskoste per eenheid (ii) meer bedingingsmag (iii) outokratiese lidbeheer (iv) voldoen aan die markvereistes vir volume en konstante voorsiening Kies die korrekte kombinasie: A (i), (ii) en (iii) B (i), (iii) en (iv) C (i), (ii) en (iv) D (ii), (iii) en (iv) 1.1.4 ʼn Kontantvloeibegroting word gebruik om … A die winsgewendheid van ʼn spesifieke besigheidsonderneming te skat. B die plaas se bates te bestuur. C vir moontlike lenings te beplan. D die winsgewendheid van die hele plaas te skat. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 1.1.5 Werkers wat gedurende piek arbeidsperiodes in diens geneem word, soos oestyd, staan as … bekend. A permanente werkers B seisoenale werkers C informele werkers D tydelike werkers 1.1.6 ʼn Besigheid se totale bates is R325 500 werd en die laste is ʼn totaal van R400 000. Die nettowaarde van hierdie besigheid is … A R74 500. B R725 500. C -R74 500. D R325 500. 1.1.7 … is ʼn voorbeeld van ʼn interne oorsaak van variasie. A Herkombinasie van gene B Siektes C Klimaat D Voeding 1.1.8 … is ʼn voorbeeld van ʼn poligeniese eienskap. A Melkopbrengs B Pelskleur in korthoringbeeste C Ekstra tone by perde D Gestreepte haarloosheid by Holstein-beeste 1.1.9 Mendel se wet van onafhanklike sortering is van toepassing op … A monohibriede oorerwing. B kodominansie. C onvolledige dominansie. D dihibriede oorerwing. 1.1.10 … is die seleksie van individue gebaseer op die kwaliteit van hul nageslag. A Familie-seleksie B Stamboom-seleksie C Massaseleksie D Nageslagseleksie (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5 1.2 Kies ʼn term/frase vanuit KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Die effektiewe kombinasie en A Prosessering koördinering van menslike, fisiese en finansiële hulpbronne om wins te maksimeer 1.2.2 Die metode om risiko te verminder wat B Spesialisasie deur prysskommelinge veroorsaak word 1.2.3 ʼn Onderneming wat ʼn produk van sy C Oorerwingskrag natuurlike vorm verander na ʼn vorm wat kliënte se behoeftes bevredig 1.2.4 Die kruising van ouers met hul eie D Verskansing nageslag 1.2.5 Die mate waartoe ʼn eienskap deur E Inteling genetiese faktore, eerder as omgewingsfaktore bepaal word F Oorerflikheid G Bestuur H Beheer (5 x 2) (10) 1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK. 1.3.1 ʼn Kruising tussen individue van dieselfde ras van spesies wat nie naby verwant is nie 1.3.2 Die pad wat gevolg word deur ʼn landbouproduk van die boer na die verbruiker 1.3.3 Die verhouding tussen verandering in prys en verandering in aanvraag of aanbod 1.3.4 ʼn Bestuurstrategie waarin die koste van die gevolge van risiko onder verskeie aandeelhouers versprei word 1.3.5 Algemene uitgawes wat nie aan ʼn spesifieke onderneming gekoppel kan word nie (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORDE in elk van die volgende stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK. 1.4.1 Mark-intelligensie is die proses om die mark te verdeel in kleiner groepe kopers met soortgelyke eienskappe. 1.4.2 Die gebruik van etikette op produkte om hulle as omgewingsvriendelik te bevorder, word groen-etikettering genoem. 1.4.3 Bemarkingstrategie is die kombinasie van produk, prys, plasing en promosie. 1.4.4 Konseptuele vaardighede stel ʼn mens in staat om inligting te verwerk en te analiseer. 1.4.5 DNA/DNS wat verander word deur gene van ʼn ander organisme te ontvang word transgeniese DNA/DNS genoem. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7 AFDELING B VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING Begin die vraag op ʼn NUWE bladsy. 2.1 Die grafiek hieronder toon die effek van prys op vraag en aanbod. A B P1 Price PRYS P2 P3 HOEVEELHEID 2.1.1 Identifiseer die letter wat die vraagkurwe voorstel. (1) 2.1.2 Beskryf wat op die mark sal gebeur indien produkte teen pryse P1 en (2) P3 onderskeidelik verkoop word. 2.1.3 Stel TWEE strategieë voor wat boere kan gebruik om die situasie P1 (2) in VRAAG 2.1.2 hierbo te hanteer. 2.1.4 Noem enige TWEE faktore wat die vorm van kurwe B sal beïnvloed. (2) 2.2 Suid-Afrikaanse boere het hul mielies deur middel van ʼn regering gereguleerde enkelkanaalbemarkingstelsel bemark, maar deesdae is daar geen ingrype nie en die mielieprys word geheel en al volgens die wette van vraag en aanbod in die mark bepaal. Alle deelnemers, beide kopers en verkopers, word dus beïnvloed deur prysbewegings en baie onbekendes wat die aard van die vryemark is. 2.2.1 Identifiseer die TWEE bemarkingstelsels wat in die gedeelte hierbo bespreek word. (2) 2.2.2 Vanuit die bogenoemde gedeelte, lei EEN nadeel van ʼn vryemark af. (1) 2.2.3 Verskaf TWEE voordele van ʼn vryemarkstelsel. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 2.3 Jy het pas ʼn agri-besigheidsgeleentheid in jou gemeenskap geïdentifiseer. As ʼn Landbouwetenskappe-student wat entoesiasties oor entrepreneurskap is, het jy besluit om die geleentheid aan te gryp. 2.3.1 Lys, in chronologiese volgorde, die VIER fases wat in die entrepreneuriese reis gevolg moet word. (4) 2.3.2 Omskryf DRIE vrae wat gevra moet word om die lewensvatbaarheid van die besigheidsidee te evalueer. (3) 2.3.3 Beskryf TWEE maniere waarop ʼn sakeplan nuttig sal wees in die entrepreneurskapsproses. (2) 2.3.4 Beskryf TWEE maniere waarop ʼn sakeplan opgestel kan word deur van elektroniese hulpbronne gebruik te maak. (2) 2.3.5 Vanuit die bogenoemde gedeelte, lei TWEE entrepreneuriese kwaliteite af. (2) 2.4 Die tabel hieronder toon die bemarkingsbenaderings van twee boere. BOER A BOER B Beperkte kapitaal Groot kapitaaluitgawe Het ʼn unieke produk Het ʼn verskeidenheid konvensionele produkte Gerig op ʼn klein deel van die mark Gerig op alle voornemende kopers in die mark 2.4.1 Beveel die toepaslike bemarkingsbenadering aan vir BOER A en BOER B hierbo. (2) 2.4.2 Stel TWEE metodes voor wat deur BOER B gebruik kan word om die produkte wat in die tabel hierbo beskryf word, te adverteer. (2) 2.4.3 Noem TWEE voordele van die benadering wat vir BOER A aanbeveel word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9 2.5 Volhoubare bemarking is ʼn vinnig groeiende bemarkingsbenadering. Dit behels die aanpassing van aktiwiteite op elke vlak van organisasie om ekologies vriendelik en veilig te wees, sowel as sosiaal aanvaarbaar en gesond. 2.5.1 Toon aan hoe boere volhoubare bemarking in die volgende boerderyaktiwiteite kan implementeer: (a) Produksieproses (1) (b) Verpakking (1) 2.5.2 Verskaf TWEE nadele van die volhoubarebemarkings-benadering. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE Begin die vraag op ʼn NUWE bladsy. 3.1 Die onderstaande grafiek toon die wet van dalende opbrengste soos dit van toepassing in boerdery is. A B C Opbrengs Yield Aanwending van kunsmis 3.1.1 Identifiseer die deel van die grafiek A, B of C wat dalende opbrengste toon. (1) 3.1.2 Lewer kommentaar op die effek van insetaanwendings-koerse op ondernemingwinsgewendheid in stadium B van die grafiek. (3) 3.1.3 Daar word dikwels na grond as die primêre produksiefaktor verwys. Regverdig hierdie stelling deur TWEE ekonomiese funksies van grond te verskaf. (2) 3.2 Die Suid-Afrikaanse arbeidsmark word deur verskeie Wette van die Parlement gereguleer, wat die volgende insluit: A. Die Wet op Arbeidsverhoudinge (Wet 66 van 1995 B. Wet op Basiese Diensvoorwaardes (Wet 75 van 1997) C. Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (Wet 85 van 1993) D. Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (Wet 130 van 1993) E. Vaardigheidsontwikkelingswet (Wet 97 van 1998) Kies die wetgewing hierbo wat in elk van die volgende gevalle van toepassing is. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.4) neer. 3.2.1 Boere is opgelei om gevaarlike chemikalieë te gebruik. (1) 3.2.2 ʼn Plaaswerker wat beseer is nadat hy in die nag ʼn trekker gery het sonder ligte, neem die boer hof toe. (1) 3.2.3 Werkers wil graag by ʼn vakbond aansluit. (1) 3.2.4 Plaaswerkers het ʼn arbeidsooreenkoms onderteken (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11 3.3 Om suksesvol te wees, moet boere goeie produsente wees. Boere moet ook finansiële bestuurders wees; dit beteken om akkurate boerderyrekords te hou en ʼn akkurate rekordhoudingstelsel te vestig en te onderhou. Deur die plaas se boeke op datum te hou, word plaasbestuur makliker gemaak en deurlopende winsgewendheid word verbeter. 3.3.1 Vanuit die gedeelte hierbo, lei TWEE voordele van rekordhouding op plase af. (2) 3.3.2 Stel TWEE rekords voor wat gebruik kan word om elk van die volgende te bestuur: (a) Bates (1) (b) Vee/voorraad (1) 3.4 Die tabel hieronder toon ʼn voorbeeld van ʼn begroting wat deur boere gebruik word. KONTANTINVLOEI 1ste 2de 3de 4de KWARTAAL KWARTAAL KWARTAAL KWARTAAL Gewasverkope 150 000 80 000 50 000 Veeverkope 250 000 100 000 Totale invloei 250 000 150 000 180 000 50 000 KONTANTUITGAWES Saad 30 000 25 000 30 000 Kunsmis 35 000 10 000 15 000 Voer 25 000 20 000 15 000 Prosessering 8 000 300 000 Bemarking 2 000 32 000 Totale uitgawe 55 000 65 000 50 000 377 000 Openingsbalans 10 000 205 000 290 000 A Kwartaallikse netto 195 000 130 000 B 85 000 kontantvloei Kumulatiewe netto 205 000 290 000 420 000 kontantvloei 3.4.1 Identifiseer die begroting hierbo getoon. (1) 3.4.2 Bepaal die bedrag by A. (1) 3.4.3 Bereken bedrag B en toon alle berekeninge. (3) 3.4.4 Lei af die kwartaal waartydens die boer geld sal moet leen, en verskaf ʼn rede vir jou antwoord. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 3.5 Twee boere het aansoek gedoen vir lenings van ʼn plaaslike bank sodat hulle beesvleisproduksie-ondernemings kan begin. Hulle het R200 000 elk ontvang. Boer A het R150 000 gebruik om teelverse en ʼn bul te koop. Die res is oorgehou vir die aankoop van voer en middels. Boer B het R160 000 in ʼn bakkie belê en die res gebruik om teeldiere, voer en middels te koop. 3.5.1 Identifiseer die boer wat sy onderneming oorgekapitaliseer het. (1) 3.5.2 Motiveer die antwoord op VRAAG 3.5.1 kortliks. (2) 3.5.3 Identifiseer EEN voorbeeld van roerende kapitaal en EEN voorbeeld van drywende kapitaal uit die gedeelte hierbo. (2) 3.5.4 Voorspel TWEE uitdagings wat die boere hierbo mag hê weens die bron van kapitaal wat hulle gebruik het. (2) 3.6 Die foto hieronder toon ʼn droogte-geteisterde boerdery in Suid-Afrika. 3.6.1 Klassifiseer die bron van risiko hierbo getoon. (1) 3.6.2 Stel TWEE risikobestuurstrategieë voor wat die boer kon neem om finansiële verliese te voorkom. (2) 3.6.3 Lei af of die risiko ʼn interne of eksterne krag is. (1) 3.6.4 Lys die DRIE hoofbestuursbeginsels. (3) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13 VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA Begin die vraag op ʼn NUWE bladsy. 4.1 ʼn Plantkundige kruis twee camellia-plante: een het wit blomme en die ander rooi blomme voortgebring, wat blomme met wisselende kolle van rooi en wit tot gevolg het. 4.1.1 Identifiseer die tipe dominansie wat in die gedeelte hierbo beskryf word. (1) 4.1.2 Regverdig die antwoord in VRAAG 4.1.1 hierbo. (2) 4.1.3 R verteenwoordig die rooiblomgeen en W verteenwoordig die witblomgeen. Gebruik ʼn Punnett-vierkant om die kruising te toon wat in die gedeelte hierbo beskryf word. (3) 4.1.4 Voorspel die fenotipiese verhouding wat geproduseer gaan word indien die plantkundige die nakomelinge van die kruising van VRAAG 4.1.3 hierbo self bestuif het. (1) 4.2 Die prente hieronder toon twee beesrasse. A B ʼn Boer het ʼn trop diere wat in prent B gewys word, wat nie baie goed geproduseer het nie. Die boer word deur ʼn plaaslike landbou-adviseur aangeraai om bul A te koop en te gebruik om sy koeie te dek om die produksie te verbeter. 4.2.1 Identifiseer die teelmetode wat vir die boer aangeraai is. (1) 4.2.2 Motiveer jou antwoord tot VRAAG 4.2.1 hierbo. (2) 4.2.3 Stel TWEE voordele van hierdie teelmetode aan gemeenskaplike (2) boere voor. 4.2.4 Lys enige ander TWEE teelmetodes wat boere kan gebruik om (2) produktiwiteit te verhoog. 4.2.5 Gee EEN nadeel van elke teelmetode wat in VRAAG 4.2.4 hierbo genoem is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 4.3 Die tabel hieronder toon die speengewig van kalwers op ʼn plaas. SPEENGEWIG-REEKS (kg) AANTAL DIERE 80–90 14 91–100 17 101–110 25 111–120 19 121–130 12 4.3.1 Toon die inligting in die tabel hierbo in die vorm van ʼn staafgrafiek. (6) 4.3.2 Lei die tipe variasie wat in die grafiek getoon word af. (1) 4.3.3 Bereken die totale aantal kalwers wat die boer hierbo het en toon alle bewerkings. (2) 4.4 Die diagram hieronder toon twee tegnieke wat by plantverbetering gebruik word. A Agrobacterium Plasmied Plantsel Geengeweer B Goudpartikel Veranderde plantsel Plantregenerasie Plantakklimatisering 4.4.1 Identifiseer tegnieke A en B soos in die diagram hierbo getoon. (2) 4.4.2 Gee DRIE voordele van moderne plantverbeteringsmetodes vir planttelers soos die een hierbo getoon. (3) 4.4.3 Noem DRIE sosiale bekommernisse rakende genetiese gemodifiseerde gewasse (GMO’s). (3) 4.4.4 Gee TWEE implikasies van die gebruik van GMO-tegnologie vir die verbetering van plante in Suid-Afrika. (2) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com 

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Agricultural Sciences

View all