JUNIE EKSAMEN
GRAAD 12
2025
LANDBOUWETENSKAPPE
TYD: 2½ uur
PUNTE: 150
15 bladsye
Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers %20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)





View all





Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2025 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences question paper from the Gauteng June Exam 2025 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 1.8 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Gauteng June Exam 2025
- Paper 1Memo
- Other filesQuestion paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
LANDBOUWETENSKAPPE
GR12 0625 2
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK.
3. Lees die vrae aandagtig deur.
4. Beantwoord SLEGS wat gevra word.
5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
7. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
8. Toon ALLE berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Blaai om asseblief
LANDBOUWETENSKAPPE
GR12 0625 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.11 A.
1.1.1 Meganiese vertering van voedsel in 'n hoender vind plaas in die:
A Krop
B Cloaca
C Proventrikulus
D Ventrikulus
1.1.2 ’n Koste-effektiewe proteïenaanvulling vir ’n herkouerdier is:
A Vismeel
B Katoensaadoliekoekmeel
C Ureum
D Karkasmeel
1.1.3 Die verhouding van mieliemeel tot sonneblommeel is 22 : 7. Die
persentasie mieliemeel in hierdie mengsel is:
A 24,1%
B 67,8%
C 75,9%
D 7,59%
1.1.4 Dit is belangrik om ruvoer aan 'n volgroeide herkouer te voer omdat dit:
(i) Die ophoping van gasse voorkom wanneer op lusern gewei word
(ii) Die ontwikkeling van die rumen stimuleer
(iii) Volume aan die rantsoen verleen
(iv) Verseker dat vertering behoorlik plaasvind.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (i), (ii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (ii), (iii) en (iv)
1.1.5 Die vlugsone van 'n bul verwys na die ruimte:
A Nader aan die drukgang
B Tussen twee hekke
C Langs die sy van die bul
D Voor die bul se kop
Blaai om asseblief
LANDBOUWETENSKAPPE
GR12 0625 4
1.1.6 Die volgende moet in ag geneem word wanneer behuising vir ʼn
melkplaas ontwerp word:
(i) Die gebruik van duursame materiale in die konstruksie van die
gebou
(ii) Die belangrikheid van behoorlike ventilasie
(iii) Die ras van die melkbees
(iv) Die beskikbaarheid van geld
Kies die regte kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (ii) en (iv)
C (i), (iii) en (iv)
D (ii), (iii) en (iv)
1.1.7 Die prent hieronder illustreer ... as 'n rede vir die hantering van
plaasdiere.
[Bron: https://www.agriculture.com/
family/living-the-country-life/docking-
lamb-tails]
A weeg
B kastrasie
C snoei
D stert afsit
1.1.8 Die uitwerking van uitwendige parasiete kan verminder word deur:
A Minder gekonsentreerde plaagbeheermiddels gereeld toe te dien
B Gereelde dosering van diere deur kleiner dosisse te gebruik
C Die diere aan die parasiet bloot te stel om weerstand te ontwikkel
D Die sterkte van die plaagdoder te verminder om geld te bespaar
1.1.9 Die volgende is voorbeelde van protosoë siektes, behalwe:
A Miltsiekte
B Anaplasmose
C Rooiwater
D Koksidiose
Blaai om asseblief
LANDBOUWETENSKAPPE
GR12 0625 5
1.1.10 ʼn Tweeling wat uit twee verskillende eierselle ontwikkel en deur
twee verskillende spermatozoa bevrug word, word genoem:
A Monosigoties
B Disigoties
C Maserasie
D Kween
(10 x 2) (20)
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B of GEENEEN langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1. A: Hawerstrooi Hoë ruveselinhoud
B: Tefhooi
1.2.2. A: VV van 1 : 6 Die voerverhouding geskik vir die groei van
B: VV van 1 : 10 plaasdiere
1.2.3 A Ken-en-bal-merker Die metode wat melkboere kan gebruik om
B: Podometer te help met die identifisering van koeie op
hitte
1.2.4. A: Onderhuids Die inspuit van diere tussen die lae van die
B: Intradermaal vel
1.2.5. A: FSH Die hormoon wat deur die corpus luteum
B: Progesteroon vrygestel word om die serviks ryp te maak
en die bekkenligamente vir geboorte te
verslap
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK
neer.
1.3.1 Die ritmiese sametrekking en ontspanning van die spiere in die
spysverteringskanaal vir die beweging van voedsel
1.3.2 ʼn Plan waar ʼn boer verseker dat daar regdeur die produksiesiklus aan die
veevoervereistes voldoen word
Blaai om asseblief
LANDBOUWETENSKAPPE
GR12 0625 6
1.3.3 ʼn Neiging by diere om op warm dae nader aan mekaar te beweeg in ʼn
poging om skadu te soek
1.3.4 Die toestand waar die testes van manlike diere binne die buikholte bly
1.3.5 Die ophoping van vloeistof in en om die brein van ʼn fetus wat ʼn moeilike
geboorte veroorsaak (5 x 2) (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende stellings
om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
(1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDBOEK neer.
1.4.1 Pepsien is ʼn ensiem in die speeksel van varke wat stysel in maltose
verander.
1.4.2 ʼn Minerale lek is die metode om minerale aan te vul waar ʼn dier soveel
minerale inneem as wat nodig is.
1.4.3 Slenkdalkoors is ʼn virussiekte wat blaasagtige letsels op die tong en lippe
veroorsaak.
1.4.4 Maserasie is die verharding en uitdroging van ʼn dooie fetus nadat die skelet
gevorm is.
1.4.5 ʼn Verdunningsmiddel is ʼn gelerige, souterige, romerige vloeistof wat tydens
bevalling uit die melkkliere afgeskei word en teenliggaampies verskaf.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Blaai om asseblief
LANDBOUWETENSKAPPE
GR12 0625 7
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die diagram hieronder toon die pad in die maag van ʼn plaasdier.
Slukderm
C
B
A
Dunderm
[Bron: GDE Agricultural Sciences 2017, Animal Nutrition worksheets]
2.1.1 Noem die plaasdier wat die maag het wat aangedui word in die bostaande
(1)
diagram.
2.1.2 Dui die prosesse aan wat onderskeidelik deur pyle A, B en C geïllustreer
word. (3)
2.1.3 Die proses wat deur pyl B geïllustreer word, hou voordele in vir hierdie
plaasdier. Motiveer hierdie stelling deur TWEE voordele te noem. (2)
Blaai om asseblief
LANDBOUWETENSKAPPE
GR12 0625 8
2.2 Die skematiese voorstelling hieronder toon die komponente van voer.
Voer
Water A
Organiese materiaal B
Koolhidrate Proteïene Lipiede C
2.2.1 Identifiseer die stowwe wat deur A, B en C voorgestel word. (3)
2.2.2 Onderskei tussen ʼn olie en ʼn vet. (2)
2.2.3 Noem die eindproduk van die vertering van die volgende voedingstowwe
by varke:
(a) Koolhidrate (1)
(b) Proteïene (1)
2.2.4 Noem TWEE funksies van water tydens die vertering van voer. (2)
Blaai om asseblief
LANDBOUWETENSKAPPE
GR12 0625 9
2.3 Die tabel hieronder toon minerale en vitamiene en hul tekortsimptome.
MINERAAL/VITAMIEN TEKORTSIMPTOOM
A growwe, dik vel en haarverlies, veral by varke
Selenium B (tekort by dragtige koeie)
Vitamien E C (tekort by lammers)
2.3.1 Verwys na die tabel hierbo en skryf die ontbrekende inligting neer by A, B
en C. (3)
2.3.2 Dui die metode aan om elk van die volgende aan te vul:
(a) Vitamien A (1)
(b) Oplosbare minerale (1)
2.4 Die voginhoud van hooi vir beeste in ʼn voerkraal is 8%. ʼn Trop beesspeenkalwers
verbruik gemiddeld 30 kg hooi en skei elke dag 12 kg droë mis uit.
2.4.1 Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van die voer. (5)
2.4.2 Verduidelik die implikasie van die berekende voer in VRAAG 2.4.1. (2)
2.5 ʼn Koei is ʼn voer gegee met ʼn totale verteerbare voedingswaarde (TVV) van 75%
en ʼn verteerbare proteïenwaarde (VP) van 20%. Bereken die volgende:
2.5.1 Die persentasie verteerbare nie-stikstofhoudende stowwe van hierdie voer (2)
2.5.2 Die voedingsverhouding (VV) van hierdie voer (3)
2.6 Plaasdiere het sekere voerbehoeftes in verskeie fisiologiese en produksiestadiums.
Die tabel hieronder verteenwoordig voerbehoeftes en hulpbronne beskikbaar oor ʼn
twaalf maande tydperk.
LAASTE 6
EERSTE 6
MAANDE
ITEM MAANDE TOTAAL
(DROË
(REËNSEISOEN)
SEISOEN)
Behoefte per koei per dag 12 kg 15 kg
Voervereistes oor 6 maande 108 000 kg … …
415 800
Hulpbronne beskikbaar per maand 1,5 ton/ha 0,15 ton/ha
kg per jaar
Totale oppervlakte vir kampe (ha) 42 42 42
Aantal diere 50 30
Bereken die totale voer wat die diere vir ʼn jaar benodig. Toon ALLE berekeninge. (3)
[35]
Blaai om asseblief
LANDBOUWETENSKAPPE
GR12 0625 10
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die prent hieronder toon ʼn produksiestelsel.
[Bron: Agricultural Sciences Answer series. Pg 51]
3.1.1 Identifiseer die tipe pluimveeproduksiestelsel hierbo wat normaalweg deur
landelike gemeenskappe gebruik word. (1)
3.1.2 Noem TWEE voordele van die produksiestelsel in VRAAG 3.1.1. (2)
3.1.3 Noem TWEE probleme wat met hierdie tipe produksiestelsel geassosieer
kan word. (2)
3.2 ʼn Boer het ʼn braaikuikeneenheid opgerig wat toegerus is met die volgende
gespesialiseerde toerusting vir omgewingsbeheer:
A Voetbaddens by al die ingange
B Opvoubare symure
C Elektriese verwarmers
D Waaiers in die dak en mure
E Isolasiemateriaal op die dak
Pas die bogenoemde toerusting by die mees geskikte stelling hieronder. Skryf
SLEGS die letter (A – E) langs die vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.4) in die
ANTWOORDBOEK neer.
3.2.1 Om die temperatuur binne die braaikuikeneenheid dag en nag konstant
te hou (1)
3.2.2 Om die temperatuur binne die braaikuikeneenheid te verhoog tydens ʼn
skielike daling in die omgewingstemperatuur (1)
3.2.3 Om die temperatuur in die braaikuikeneenheid op ʼn baie warm dag te
verlaag (1)
3.2.4 Om die moontlikheid te verminder om patogene in die braaikuikeneenheid
in te bring (1)
Blaai om asseblief
LANDBOUWETENSKAPPE
GR12 0625 11
3.3 Die diagramme hieronder illustreer die hantering van groot plaasdiere.
DIAGRAM A DIAGRAM B
[Bron: https:/agricultural.vikaspedia.in/view content]
3.3.1 Identifiseer die hanteringstoerusting wat in DIAGRAM A en DIAGRAM B
gebruik word. (2)
3.3.2 Noem die doel van die hantering van die dier soos geïllustreer in
DIAGRAM A. (1)
3.3.3 Noem die deel van die kop wat gebruik word om die dier vas te gryp
geïllustreer in DIAGRAM B. (1)
3.4 Die tabel hieronder verteenwoordig die temperatuurverskille in plaasdiere en hulle
verwagte groeikoerse uitgedruk as gemiddeldes vir hulle bevolking.
GROEITEMPO TEMPERATUUR
(% soos vergelyk met die gemiddeld) (°C)
Koeie Varke
110 130 35
100 90 25
90 50 15
80 25 5
70 5 0
3.4.1 Gebruik die data in die tabel hierbo hierbo en teken ʼn lyngrafiek om die
groeitempo van koeie en varke volgens die temperatuurverskille te
vergelyk. (6)
3.4.2 Kies die tipe plaasdier, uit die tabel hierbo, wat meer
omgewingsbeheermaatreëls in koue klimaatstoestande sal vereis. Motiveer
jou antwoord. (2)
Blaai om asseblief
LANDBOUWETENSKAPPE
GR12 0625 12
3.5 Voltooi die tabel hieronder deur SLEGS die ontbrekende inligting neer te skryf vir
A, B, C, D en E.
PATOGENIESE HOOF
SIEKTE VEKTOR
ORGANISME SIMPTOME
Mastitis A ontsteking van uier vlieë
lug, water en
Bek-en-klouseer virus B gekontamineerde
voorwerpe
senuweeagtigheid,
Hartwater C skuim uit die mond en D
neus
haarverlies, jeukende
E swam vlieë
grys-wit skurwe kolle
(5)
3.6 Die diagram hieronder dui verskeie stadiums van die lewensiklus van ʼn parasiet aan.
F
A
E
B
C
D
[Aangepas uit https://www.researchgate.net]
3.6.1 Identifiseer en dui die tipe parasiet aan wat hierbo voorgestel word. (2)
3.6.2 Klassifiseer die parasiet volgens sy lewensiklus soos in die diagram hierbo
aangedui. (1)
3.6.3 Noem TWEE ekonomiese implikasies van hierdie parasiet vir die boer. (2)
3.7 Sout is ʼn noodsaaklike mineraal vir diere, maar die verbruik van groot hoeveelhede
kan dodelik wees vir vee.
3.7.1 Dui TWEE simptome van soutvergiftiging aan. (2)
3.7.2 Stel TWEE maatreëls voor wat ʼn boer kan tref om diere met
soutvergiftiging te behandel. (2)
[35]
Blaai om asseblief
LANDBOUWETENSKAPPE
GR12 0625 13
VRAAG 4: DIEREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die diagram hieronder illustreer die voortplantingstelsel van ʼn koei.
J
A
B
C
D
E
I
F
G
H
[Bron: https://link.springer.com]
4.1.1 Identifiseer die dele van die voortplantingstelsel gemerk A, C, E en F. (4)
4.1.2 Skryf die letter (A – J) van die deel in die diagram hierbo neer wat met ELK
van die volgende funksies geassosieer word:
(a) Dien as die geboortekanaal (1)
(b) Plek van bevrugting (1)
(c) Orgaan wat nie direk by voortplanting betrokke is nie (1)
(d) Afsetting van semen tydens kunsmatige inseminasie (1)
4.2 In dierereproduksie is die bul nodig om spermselle te produseer om ʼn koei te bevrug.
As die bul nie in staat is om ʼn koei te bevrug nie, kan dit óf steriel óf onvrugbaar
wees.
4.2.1 Onderskei tussen steriliteit en onvrugbaarheid. (2)
4.2.2 Noem TWEE aangebore defekte wat tot steriliteit by bulle kan lei. (2)
4.2.3 Noem TWEE toestande wat kan verhoed dat ʼn bul kopuleer. (2)
Blaai om asseblief
LANDBOUWETENSKAPPE
GR12 0625 14
4.3 Die diagram hieronder toon ʼn proses wat algemeen gebruik word in die
reproduksie van plaasdiere.
Somatiese sel
B
D E
A F
C
[Aangepas uit https://en.m.wikipedia.org]
4.3.1 Identifiseer die proses wat in die diagram hierbo geïllustreer word. (1)
4.3.2 Identifiseer A, B en D in die diagram hierbo. (3)
4.3.3 Noem die TWEE verskillende tipes prosesse wat in die diagram hierbo
getoon word. (2)
4.4 Moeilike geboortes verg meer arbeid en aandag. Dit kan lei tot plasenta-retensie
en die dood van beide die koei en die kalf. Dit is ʼn oorerflike eienskap wat meer
gereeld by verse met bulkalwers voorkom. Behoorlike bestuur kan help om hierdie
probleem te voorkom en reg te stel.
4.4.1 Gee ʼn gepaste term wat algemeen gebruik word vir moeilike geboortes. (1)
4.4.2 Verduidelik DRIE redes vir moeilike geboortes by verse. (3)
4.4.3 Dui TWEE bestuursmaatreëls aan om die waarskynlikheid van moeilike
geboortes te verminder. (2)
4.4.4 Definieer die term plasenta-retensie. (2)
Blaai om asseblief
LANDBOUWETENSKAPPE
GR12 0625 15
4.5 Die grafiek hieronder toon ʼn normale laktasiekurwe van ʼn melkkoei.
Hoeveelheid melk per dag
Hoë vlakke van
melkproduksie
Persentasie
Bottervet bottervet (%)
Melk
0 8 42
Weke na kalf
[Bron: https://studyx.ai/quenstions/4lo0ict/4-5-1]
4.5.1 Identifiseer die week wanneer die koei haar maksimum melkproduksie
bereik het vanaf die laktasiekurwe hierbo. (1)
4.5.2 Dui TWEE voordele aan van die melk wat binne die eerste 3 dae van
geboorte vir die kalf geproduseer word. (2)
4.5.3 Verduidelik die verwantskap tussen die persentasie bottervetinhoud en die
hoeveelheid melk geproduseer, soos in die kurwe getoon. (2)
4.5.4 Noem die tydperk by lakterende koeie wat na 42 weke volg. (1)
4.5.5 Noem die belangrikheid van hierdie tydperk vir die koei. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 EC June 2021 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Eng)

Memorandum