Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
SENIOR CERTIFICATE
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V1
NOVEMBER 2019
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 640.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
NSC November Exam 2019
Questions in this paper
- Question 1.1Animal nutrition20 marks
- Question 1.2Animal reproduction10 marks
- Question 1.3Animal reproduction20 marks
- Question 1.4Animal reproduction5 marks
- Question 2.1Animal nutrition7 marks
- Question 2.2Animal nutrition6 marks
Show all 23 questions
- Question 2.3Animal nutrition7 marks
- Question 2.4Animal nutrition5 marks
- Question 2.5Animal nutrition5 marks
- Question 2.6Animal nutrition6 marks
- Question 3.1Animal production and housing7 marks
- Question 3.2Animal production and housing8 marks
- Question 3.3Animal production and housing2 marks
- Question 3.4Animal health and protection7 marks
- Question 3.5Animal health and protection8 marks
- Question 3.6Animal health and protection4 marks
- Question 4.1Animal reproduction8 marks
- Question 4.2Animal reproduction5 marks
- Question 4.3Animal reproduction6 marks
- Question 4.4Animal reproduction4 marks
- Question 4.5Animal reproduction4 marks
- Question 4.6Animal reproduction4 marks
- Question 4.7Animal reproduction4 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/November 2019
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.
1.1.1 Die hoeveelheid voer wat geabsorbeer is (in kg) nadat 'n dier 15 kg
hooi as droë materiaal gevoer is en 6 kg droë materiaal in die mis
uitgeskei het:
A 9 kg
B 7 kg
C 21 kg
D 13 kg
1.1.2 Die onoplosbare komponente van ruvesel:
A Hemisellulose, galaktose en laktose
B Sellulose, hemisellulose en lignien
C Lignien, suikers en stysel
D Sellulose, hemisellulose en stikstofvrye ekstrak
1.1.3 … is spysverteringsappe wat in die dunderm afgeskei word.
A Gal en soutsuur
B Pankreassap en maagsap
C Succus entericus en pankreassap
D Duodenumsap en pepsiensap
1.1.4 Die volgende vind tydens absorpsie in die villi plaas:
(i) Bloedkapillêre absorbeer aminosure.
(ii) Limfvate absorbeer vetsure en gliserol.
(iii) Limfvate absorbeer koolhidrate en proteïene.
(iv) Mikro-villi vergroot die oppervlakte vir absorpsie.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.5 EEN van die volgende is NIE 'n faktor wat produksie by 'n intensiewe
produksiestelsel verhoog NIE:
A Gebalanseerde voeding
B Behoorlike omgewing
C Onvoldoende skuiling
D Die teel van bestande diere
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/November 2019
NSS
1.1.6 Die volgende is basiese riglyne wat in gedagte gehou moet word
wanneer plaasdiere vervoer word.
(i) Moenie diere te lank voor vertrek laai nie.
(ii) Moenie diere 12 uur voordat hulle gelaai word, voer nie.
(iii) Vervoer beeste, skape en bokke op dieselfde vragmotor.
(iv) Groepeer diere voordat hulle gelaai word sodat sosiale groepe
gevorm kan word.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.7 'n Voorkomende maatreël om die verspreiding van lewerslak in 'n
groot trop beeste te beheer:
A Gebruik mediese behandeling met gereelde tussenposes.
B Kamp moerasagtige en nat gebiede van die res van die
weiding af.
C Verwyder gereeld besmette mis uit die weidings.
D Verdeel die weiding in kampe.
1.1.8 Soönotiese siektes ...
A kan van diere na mense oorgedra word.
B word deur voedingstekorte veroorsaak.
C is nie aansteeklik nie.
D kan nie behandel word nadat dit gediagnoseer is nie.
1.1.9 Die skrotum omsluit die primêre manlike voortplantingsorgaan
wat …
A die draervloeistof vir spermatosoë produseer.
B as 'n kopuleerorgaan dien.
C spermatosoë en testosteroon produseer.
D testosteroon en seminale vloeistof afskei.
1.1.10 'n Voorbeeld van aangebore defekte in koeie:
A Kriptorkidisme
B Sistiese eierstokke
C Impotensie
D Dubbelserviks (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/November 2019
NSS
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is
op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items
in KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs
die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Keratomalasie
Diere kou aan droë bene
B: Pika
1.2.2 A: Aktiewe opname Die beweging van glukosemolekules en
aminosure oor die membraan teen die
B: Passiewe opname konsentrasiegradiënt
1.2.3 A: Varkpes
Geklassifiseer as 'n aanmeldbare siekte
B: Bek-en-klouseer
1.2.4 A: Bestaansboerdery
Boerderystelsel wat gevorderde
Inheemse landboutegnologie gebruik
B:
boerdery
1.2.5 A: Vesikulêre Klier wat 'n klewerige, gelerige vloeistof
B: Bulbo-uretraal met 'n hoë proteïenkonsentrasie afskei
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 'n Plan waar die boer seker maak dat die diere se voedingsbehoeftes
deur die hele produksiesiklus nagekom word
1.3.2 Pluimvee-toerusting in 'n braaikuikenhok wat selfs in die nag
maksimum voerverbruik verseker
1.3.3 Parasiete wat gewoonlik binne-in die spysverteringskanaal van 'n dier
leef
1.3.4 'n Dragtigheidsprobleem wat deur die oormatige versameling van
vloeistof in die weefsel of tussen die fetale membrane veroorsaak
word
1.3.5 Die proses om ova by koeie te vorm (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/November 2019
NSS
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Mineraallek is die mineraalaanvullingsmetode waar 'n dier soveel
minerale inneem as wat benodig word.
1.4.2 Beddegoed in 'n intensiewe produksiestelsel verminder die uitwerking
van sonbestraling asook hitteverlies in die huis.
1.4.3 Estrogeen lei tot verhoogde bloedtoevoer na die baarmoeder en berei
dit vir implantasie voor.
1.4.4 Parturisie is die vroeë beëindiging van dragtigheid met 'n sigbare
uitwerping van 'n nie-lewensvatbare fetus.
1.4.5 Die middelstuk van 'n spermsel fasiliteer penetrasie in die ovumwand.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/November 2019
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die diagramme hieronder toon die spysverteringskanale van plaasdiere.
DIAGRAM A DIAGRAM B
2.1.1 Klassifiseer die TWEE diere wat deur DIAGRAM A en DIAGRAM B
onderskeidelik voorgestel word. (2)
2.1.2 Noem TWEE aanpassingskenmerke van die dier in DIAGRAM A wat
dit in staat stel om hoofsaaklik op hooi te oorleef. (2)
2.1.3 Gee 'n rede waarom die dier in DIAGRAM B nie 'n rantsoen wat hoog
in ruvesel is, gevoer kan word nie. (1)
2.1.4 Verduidelik hoe die dier in DIAGRAM A voordeel trek uit die verbruik
van 'n nie-proteïn-stikstofhoudende bestanddeel soos ureum. (2)
2.2 Die inligting hieronder toon die samestelling van die rantsoen vir plaasdiere:
Mieliemeel = 12%
Sonneblom-oliekoekmeel = 18%
Lusernhooi = 60%
Hawerhooi = 10%
2.2.1 Uit die inligting hierbo, identifiseer die voer wat 'n voorbeeld van ELK
van die volgende is:
(a) Koolhidraatryke ruvoer (1)
(b) Proteïenryke konsentraat (1)
2.2.2 Waarom word die rantsoen in VRAAG 2.2 NIE as die enigste
voedselbron vir lammers jonger as twee weke aanbeveel NIE? (2)
2.2.3 Noem EEN belangrike punt oor grashooi in volwasse ooie se
rantsoen. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/November 2019
NSS
2.3 TWEE voere (mieliemeel en sonneblom-oliekoekmeel) word gemeng om 'n
rantsoen met die verlangde proteïeninhoud te verkry.
Voer A: 37% 8 dele
17%
Voer B: 9% 20 dele
2.3.1 Dui die dele van die rantsoen aan wat die mieliemeel en sonneblom-
oliekoekmeel verteenwoordig. (2)
2.3.2 Bereken die persentasie van voer B in die rantsoen. Toon ALLE
berekeninge. (3)
2.3.3 Bereken die hoeveelheid mieliemeel (in kg) in 'n 250 kg-mengsel.
Toon ALLE berekeninge. (2)
2.4 Die tabel hieronder toon laboratoriumresultate van twee voere.
VOER TVV (%) VP (%) VV
A 75 15 1: 4
B 80 7 ______
2.4.1 Bereken die voedingsverhouding (VV) van voer B. Toon ALLE
berekeninge, die formule ingesluit. (3)
2.4.2 Regverdig die geskiktheid van voer A en voer B vir groeiende diere
gebaseer op hulle voedingsverhoudinge (VV). (2)
2.5 Die diagram hieronder toon die energiewaardes van 'n voer.
Bruto Verteerbare A C
energie energie (VE)
(BE) 19 J
Energieverlies deur B
Energieverlies deur
urine en fermentasie-
mis (7 J) gasse (4 J)
2.5.1 Bereken die energiewaarde verteenwoordig deur A. Toon ALLE
berekeninge. (2)
2.5.2 Identifiseer die energieverlies in B. (1)
2.5.3 Gee TWEE redes waarom energie in C vir plaasdiere belangrik is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/November 2019
NSS
2.6 Die tabel hieronder toon die hoeveelheid minerale in drie verskillende
rantsoene wat vir diere voorberei is.
RANTSOEN Ca (mg/kg) P (mg/kg) Mg (mg/kg)
A 7,0 4,5 6,5
B 0,5 1,5 3,0
C 3,5 5,0 2,0
Teken 'n gekombineerde staafgrafiek van die verskillende hoeveelheid
minerale in die drie verskillende rantsoene. (6)
[35]
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die grafiek hieronder toon die laagste kritieke temperatuur en hitteproduksie
deur verskillende plaasdiere.
Lowest criticalkritieke
Laagste temperature and heat
temperatuur enproduction by deur
hitteproduksiedifferent
farm animals
verskillende plaasdiere
°
60
Laagste kritieke temperatuur ( C)
Laagste kritieke
Lowest criticaltemperatuur
temperature Hitteproduksie
Heat production
50
OC)
critical temperature
LowestHitteproduksie (
40
(MJ)
30
20
Heat production (MJ)
10
0
Melkkoeie
Dairy cattle Varkies
Piglets Dagoudkuikens
Day old chickens Lêhenne
Laying hens
Farm animals
Plaasdiere
3.1.1 Gebaseer op die grafiek hierbo, identifiseer TWEE plaasdiere wat in
'n intensiewe produksiestelsel aangehou moet word. (2)
3.1.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.1.1. (1)
3.1.3 Identifiseer 'n plaasdier wat sonder enige beskuttingsgeriewe die
ekonomieste sal wees om aan te hou. (1)
3.1.4 Gebaseer op die grafiek hierbo, gee TWEE redes vir die antwoord op
VRAAG 3.1.3. (2)
3.1.5 Dui die impak van 'n temperatuurverlaging tot onder 25 °C op die
voerinname van klein varkies aan. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/November 2019
NSS
3.2 Die prente hieronder toon verskillende fasiliteite wat in produksiestelsels gebruik
word.
PRENT A PRENT B
PRENT C PRENT D
3.2.1 Identifiseer die produksiestelsel in prent C. (1)
3.2.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.2.1. (2)
3.2.3 Skryf die letter van die prent neer wat ELK van die volgende voorstel:
(a) Voerstoor (1)
(b) Houkraal (1)
3.2.4 Onderskei tussen die fasiliteite in prent A en prent D ten opsigte van
hulle doel. (2)
3.2.5 Identifiseer die rol van toerusting E in prent D. (1)
3.3 Noem TWEE basiese riglyne vir die hantering van groot plaasdiere. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/November 2019
NSS
3.4 Die prente hieronder toon parasiete wat plaasdiere beïnvloed.
PARASIET A PARASIET B PARASIET C
3.4.1 Klassifiseer parasiet A volgens sy lewensiklus. (1)
3.4.2 Noem die protosoönsiekte wat deur die parasiet in VRAAG 3.4.1
oorgedra word. (1)
3.4.3 Skryf neer die letter van die parasiet waarop ELK van die stellings
hieronder van toepassing is:
(a) Die besmetting kan beheer word deur die slak te vernietig. (1)
(b) Dit kan opgeblaaste mae (boepens) by jong diere veroorsaak. (1)
3.4.4 Noem TWEE vereistes van die gebruik van medikasie by plaasdiere. (2)
3.5 Die tabel hieronder toon simptome van verskillende siektes by plaasdiere.
DIER 1 DIER 2 DIER 3
Bloederige Veloppervlak en Aggressie gekoppel
SIMPTOME afskeiding by die wol het rowe of met oormatige
mond en rektum 'n kors speekselafskeiding
3.5.1 Identifiseer die siektes wat dier 1, dier 2 en dier 3 aantas. (3)
3.5.2 Identifiseer die dier met 'n dodelike bakteriese siekte. (1)
3.5.3 Noem die patogeen wat die siekte by dier 2 veroorsaak. (1)
3.5.4 Noem EEN voorsorgmaatreël wat 'n boer kan tref om die verspreiding
van die siekte by dier 3 te voorkom. (1)
3.5.5 Noem TWEE rolle van die staat om die verspreiding van die siekte by
dier 1 te beheer. (2)
3.6 Soute kan vir plaasdiere toksies wees. Voorsorg moet getref word om die
risiko van soutvergiftiging tot 'n minimum te beperk.
3.6.1 Gee TWEE simptome van soutvergiftiging by plaasdiere. (2)
3.6.2 Noem TWEE maniere waarop 'n boer 'n dier met soutvergiftiging kan
behandel. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die prent hieronder toon die reproduksiesiklus van beeste.
B
Laktasie
C
A Paring
Speen
Estrus
4.1.1 Identifiseer die hormone wat paring deur dier A en dier B veroorsaak
het. (2)
4.1.2 Gee 'n funksie van ELKE hormoon in VRAAG 4.1.1 wat deur dier A
en dier B afgeskei word. (2)
4.1.3 Identifiseer die volgende reproduktiewe prosesse:
(a) C na die suksesvolle aksie deur dier A en dier B (1)
(b) Tussen C en laktasie (1)
4.1.4 Noem die hormoon wat melklating veroorsaak. (1)
4.1.5 Dui aan hoe die hormoon in VRAAG 4.1.4 tydens melklating
funksioneer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/November 2019
NSS
4.2 Die prente hieronder toon die morfologie van spermselle.
SPERMSEL A SPERMSEL B SPERMSEL C
4.2.1 Noem die proses waartydens die spermselle hierbo gevorm word. (1)
4.2.2 Identifiseer 'n hoë-kwaliteit-spermsel. (1)
4.2.3 Noem die instrument wat gebruik word om die spermselle hierbo
tydens 'n semenondersoek te evalueer. (1)
4.2.4 Verduidelik hoe spermsel B en spermsel C die vermoë van 'n bul om
'n koei te bevrug, kan beïnvloed. (2)
4.3 Die regte tegniek moet tydens kunsmatige inseminasie (KI) gebruik word om
die risiko van beserings tot 'n minimum te beperk.
Hieronder is die stappe wat tydens kunsmatige inseminasie gevolg moet
word:
Die insemineerder steek sy/haar hand versigtig by die rektum in om te
voel vir abnormaliteite en of die koei nie reeds dragtig is nie.
Die pistolette word versigtig deur die vulva, vagina tot in die serviks
gestuur.
Die koei word beskut en kalm gehou.
Oortollige mis word verwyder.
4.3.1 Herrangskik die stappe hierbo in die regte volgorde sodat die proses
suksesvol uitgevoer kan word. (4)
4.3.2 Noem TWEE nadele van kunsmatige inseminasie vir die boer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/November 2019
NSS
4.4 Die diagram hieronder toon die verskillende lae wat die fetus gedurende
dragtigheid omring.
A
B
C
D
4.4.1 Noem die stadium van dragtigheid in die diagram hierbo. (1)
4.4.2 Skryf die letter van die membraan neer wat vir ELK van die volgende
verantwoordelik is:
(a) Heg die fetus aan die baarmoeder (1)
(b) Versamel die urine van die ongebore kalf (1)
(c) Beskerm die ongebore kalfie teen beserings (1)
4.5 Probleme kom gewoonlik voor by verse wat vir die eerste keer geboorte
skenk.
4.5.1 Noem TWEE gedragstekens van 'n dier wat op die punt staan om
geboorte te skenk. (2)
4.5.2 Noem TWEE oorsake van probleme by verse tydens geboorte. (2)
4.6 Noem die belangrikheid van ELK van die aspekte hieronder by embrio-
oordrag:
4.6.1 Superovulasie (1)
4.6.2 Embrio-spoeling (1)
4.6.3 Skenkerkoei (1)
4.6.4 Ontvangerkoei (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 15 DBE/November 2019
NSS
4.7 Tydens kernoordrag (kloning) word die kern van 'n somatiese sel van 'n
meerderwaardige dier na 'n ontkernde eiersel oorgedra.
4.7.1 Noem die belangrikheid van kernoordrag vir die volgende:
(a) Boer (1)
(b) Veeartsenykundige dienste (1)
4.7.2 Noem TWEE nadele van kernoordrag. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL : 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2015 QP (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum