Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LANDBOUWETENSKAPPE V2
2017
TOTAAL: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2017 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 562.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC June Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1.1Agricultural production factors20 marks
- Question 1.2Agricultural marketing10 marks
- Question 1.3Basic agricultural genetics10 marks
- Question 1.4Basic agricultural genetics5 marks
- Question 2.1Agricultural marketing7 marks
- Question 2.2Agricultural marketing5 marks
Show all 24 questions
- Question 2.3Agricultural marketing9 marks
- Question 2.4Agricultural marketing8 marks
- Question 2.5Agricultural entrepreneurship3 marks
- Question 2.6Agricultural entrepreneurship3 marks
- Question 3.1Agricultural production factors9 marks
- Question 3.2Agricultural production factors3 marks
- Question 3.3Agricultural production factors3 marks
- Question 3.4Agricultural production factors3 marks
- Question 3.5Agricultural production factors2 marks
- Question 3.6Agricultural production factors6 marks
- Question 3.7Agricultural production factors4 marks
- Question 3.8Agricultural production factors3 marks
- Question 3.9Agricultural production factors2 marks
- Question 4.1Basic agricultural genetics7 marks
- Question 4.2Basic agricultural genetics10 marks
- Question 4.3Basic agricultural genetics11 marks
- Question 4.4Basic agricultural genetics4 marks
- Question 4.5Basic agricultural genetics5 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 2 DBE/2017
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2 3 DBE/2017
SSE
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak
'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
VOORBEELD:
1.1.11 A B C D
1.1.1 Die proses waarvolgens produkte vanaf die plaas na die verbruiker
beweeg:
A Gradering
B Prosessering
C Koop/Aankope
D Bemarking
1.1.2 EEN van die volgende faktore sal beide die vraag en die aanbod
van 'n produk beïnvloed:
A Verhoging in die aanbod van 'n produk
B Reeks beskikbare produkte
C Prys van 'n produk
D Gesindheid en waardes van verbruikers
1.1.3 'n Swak punt wat 'n entrepreneur in gedagte moet hou wanneer 'n
boerdery-onderneming met 'n SWOT-ontleding geëvalueer word:
A Sterk finansiële posisie
B Gebruik ouderwetse masjinerie met hoë onderhoudkoste
C Nuwe markte geskep om die produkte te verkoop
D Gebruik 'n opgeleide werksmag
1.1.4 EEN van die volgende is NIE 'n entrepreneurs-suksesfaktor NIE:
A Innovasie
B Toewyding
C Uithouvermoë
D Inkonsekwent
1.1.5 Die ekonomiese eienskap van grond waarna as 'n vaste
produksiefaktor verwys word:
A Aangetref op 'n spesifieke plek
B Onbeperk indien dit reg gebruik word
C Moet met ander faktore gekombineer word vir produksie
D Verskaf grondstowwe
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2 4 DBE/2017
SSE
1.1.6 Rekords van die plaas se bates word in die … aangeteken.
A onderneming se Begroting
B Balansstaat
C Inventaris
D Kontantvloeibegroting
1.1.7 Die Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998) handel
oor die volgende aspekte in die landboubedryf:
(i) Regstellende aksie in die werksplek
(ii) Slegs manlike werkers behoort as trekkerbestuurders aangestel
te word
(iii) Mans en vrouens moet gelyke verteenwoordiging hê
(iv) Gelyke behandeling van alle werkers ongeag geslag, ras of
ekonomiese agtergrond
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.8 'n Interne krag wat die boerdery-onderneming beïnvloed:
A Politieke deelname van die boer
B Wetgewing wat arbeidspraktyke reguleer
C Verbruikerbehoeftes
D Finansiële posisie van die boer
1.1.9 Die gedeelte van die waarneembare verskille tussen individue wat
deur gene veroorsaak word:
A Atavisme
B Poligene
C Mutasie
D Oorerflikheid
1.1.10 DNA gewysig deur die invoeging van 'n geen vanaf 'n ander
organisme:
A Mutante DNA
B Nuutgekruisde DNA
C Geneties gemodifiseerde DNA
D Geneties veranderde DNA (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2 5 DBE/2017
SSE
1.2 Kies 'n term/frase uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 'n Toestand in 'n mark waarvolgens A bederfbaarheid
die hoeveelheid aangebied minder
as die hoeveelheid aangevra is B seleksie
1.2.2 Landbouprodukte het 'n groot C oorkapitalisering
volume per eenheidsmassa
D seisoenswerker
1.2.3 Koop nog trekkers wat nie produktief
aangewend word nie E tekort
1.2.4 Werker word in diens geneem slegs F onderkapitalisering
om vrugte te oes
G oorskot
1.2.5 Kies 'n dier met voortreflike
eienskappe om 'n nageslag te lewer H intelingsagteruitgang
I los werker
J lywigheid
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 Die toestand waar die prys van 'n produk dieselfde gehou word
ongeag die produksiekoste
1.3.2 'n Produksiefaktor wat die effektiewe kombinasie en koördinasie van
alle hulpbronne insluit om wins te maksimaliseer
1.3.3 Tipe mutasie waar 'n stukkie van 'n chromosoom omkeer voordat dit
weer met die res van die chromosome verenig
1.3.4 Tipe oorerflikheid waar twee of meer gene 'n invloed op die fenotipe
van 'n organisme het
1.3.5 Kruising van 'n lyngeteelde plaasdier met 'n ander dier van 'n
onverwante ras (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2 6 DBE/2017
SSE
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORDE in elk van die volgende
stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 'n Bemarkingsketting is die proses waar die mark in kleiner groepe
kopers met gemeenskaplike eienskappe en behoeftes verdeel
word.
1.4.2 Uitgawes verwys na die hoeveelheid kontant wat aan die einde van
elke maand beskikbaar is wat uit die beginsaldo plus die wins
bestaan.
1.4.3 Die tipe variasie waar 'n volledige reeks eienskappe van een
uiterste tot 'n volgende voorkom, word nie-kontinue variasie
genoem.
1.4.4 Erfdwang is die gebruik van statistiek om die genetiese data van
'n individu te analiseer om teelwaarde te bepaal.
1.4.5 Oorerflikheid veroorsaak 'n groot toename in die groei en
produktiwiteit van die nageslag wat voortgebring word deur die
kruising van geneties verskillende ouers. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2 7 DBE/2017
SSE
AFDELING B
VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die prentjie hieronder toon die funksies van bemarking.
A
D
C
B
2.1.1 Identifiseer ELK van die funksies in die prentjie hierbo. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer ((a)–(d)) neer.
(a) Produkte word in houers verpak en in 'n pakhuis gestoor (1)
(b) Produkte word gepreserveer vir 'n langer rakleeftyd (1)
(c) Produkte word van hulle rou stadium na 'n stadium verander wat
makliker is om te gebruik (1)
(d) Produkte word na die mark gestuur (1)
2.1.2 Noem DRIE voordele van die prosessering van landbouprodukte. (3)
2.2 Pas die bemarkingskanale hieronder by EEN term in die lys hieronder. Skryf
slegs die term langs die vraagnommer (2.2.1–2.2.5) neer.
Internetbemarking; varsproduktemark; veeveiling;
bemarking deur kontrakte; plaashekbemarking
2.2.1 'n Boer verkoop kool direk vanaf die plaas (1)
2.2.2 Bokke, skape en beeste word op 'n vendusie aan die hoogste bieër
verkoop (1)
2.2.3 'n Ooreenkoms deur die boer om direk aan groothandelaars te
verkoop (1)
2.2.4 Mango's en appels word gegradeer en geweeg. Alles word verkoop
en onmiddellik aan die markte gelewer. (1)
2.2.5 Goedere word elektronies geadverteer en verkoop (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2 8 DBE/2017
SSE
2.3 Die grafiek hieronder toon die ewewigsprys vir 'n spesifieke landbouproduk.
Prys
Kurwe A Kurwe B
E
P
B A
Hoeveelheid
Q
2.3.1 Identifiseer kromme A en B. (2)
2.3.2 Noem DRIE faktore wat kromme A beïnvloed. (3)
2.3.3 Definieer die term wat deur E verteenwoordig word. (2)
2.3.4 Verduidelik die verwantskap tussen die prys en die hoeveelheid
aangevra. (2)
2.4 Die tabel hieronder toon die getal sakkies met aartappels wat per week teen
verskillende pryse by 'n plaaslike winkel gekoop is.
PRYS (RAND PER SAKKIE) GETAL SAKKIES
10 400
20 300
30 250
40 200
50 150
60 100
70 50
2.4.1 Gebruik die data in die tabel hierbo en teken 'n lyngrafiek om die getal
sakkies met aartappels wat teen verskillende pryse gekoop is, te toon. (6)
2.4.2 Verwys na die lyngrafiek en identifiseer die prys waarteen die meeste
sakkies met aartappels gekoop is. (1)
2.4.3 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.4.2. (1)
2.5 Noem enige DRIE probleme wat ondervind kan word tydens die opstel van
'n besigheidsplan. (3)
2.6 Noem enige DRIE elemente van die SWOT-ontleding. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2 9 DBE/2017
SSE
VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die tabel hieronder toon die begroting van 'n opkomende boer vir 'n jaar.
ITEM KOSTE (R) ITEM INKOMSTE (R)
Elektrisiteit R12 000 Verkope aan plaaslike mark R200 000
Water R500 Verkope aan koshuise R120 000
Arbeid R20 000
Saailinge R5 000
Lening (Trekker) R205 000
Plaagdoders en R10 000
kunsmis
Totale koste Totale inkomste
3.1.1 Identifiseer EEN koste-item wat oor 'n tydperk van vyf jaar terugbetaal
kan word. (1)
3.1.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.1.1. (1)
3.1.3 Verwys na die data hierbo en bereken die hoogste inkomste wat
gegenereer is. (2)
3.1.4 Dui TWEE probleme in die begroting hierbo aan wat met hierdie
mediumtermynbate geassosieer kan word. (2)
3.1.5 Gebruik 'n formule om die wins van hierdie onderneming te bereken.
Toon ALLE berekeninge. (3)
3.2 Identifiseer die wetgewing wat ELK van die volgende reguleer:
3.2.1 Werksomstandighede van plaaswerkers (1)
3.2.2 Opleiding van werkers (1)
3.2.3 Hantering van gevaarlike chemikalieë en toerusting (1)
3.3 'n Boer het vier permanente arbeiders vir die daaglikse take in diens.
Gedurende die oestyd word tien ekstra arbeiders vir 'n tydperk van 'n maand
in diens geneem.
3.3.1 Watter tipe tydelike arbeiders is vir 'n tydperk van 'n maand in diens
geneem? (1)
3.3.2 Onderskei tussen die tipe arbeiders in VRAAG 3.3.1 genoem en 'n
permanente werker ten opsigte van die indiensnemingstydperk. (2)
3.4 Noem DRIE uitdagings wat met arbeid as 'n produksiefaktor geassosieer
word. (3)
3.5 Bereken die loon van 'n arbeider vir werk op een openbare vakansiedag
indien hy/sy R150 per dag verdien. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2 10 DBE/2017
SSE
3.6 Die skematiese voorstelling hieronder stel die hoofbestuursbeginsels voor.
A B
Vergelyk prestasie met Organiseer en
verwagte resultate, koördineer
evalueer en verfyn die plaasaktiwiteite
plan
C
Ontwikkel lang- en
korttermynplanne
gebaseer op die
beskikbare hulpbronne
3.6.1 Watter bestuursbeginsels word deur A, B en C verteenwoordig? (3)
3.6.2 Noem DRIE besigheidsbestuursvaardighede wat die plaasbestuurder
in staat sal stel om die take by C te verrig. (3)
3.7 Identifiseer die metode om grondproduktiwiteit te verhoog wat deur ELK van
die stellings hieronder voorgestel word:
3.7.1 Om een landery te hê wat groot genoeg is om met 'n trekker te bewerk
eerder as om 'n aantal klein landerytjies te hê wat met die hand
bewerk moet word (1)
3.7.2 Kombineer graan- en peulgewasse (1)
3.7.3 Bou kontoerwalle om verdere erosie te voorkom (1)
3.7.4 Verminder die spoed en beweging van water deur 'n opvangsgebied
te bou. (1)
3.8 Verduidelik, met behulp van 'n voorbeeld, die wet van afnemende
meeropbrengste. (3)
3.9 Noem TWEE funksies van grond as 'n produksiefaktor. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2 11 DBE/2017
SSE
VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 'n Plant met geel blomme (Y) word met 'n plant met wit blomme (y) gekruis.
Die kruising van die F 1 - en F 2 -generasies word hieronder getoon.
P1 ♂ ♀
Geel blom (YY) x Wit blom (yy)
Gamete: Y Y y y
F 1 -generasie:
Fenotipe: 100% geel blomme
Genotipe: (a) …
F2 ♂ ♀
Fenotipe: (b) … blomme x geel blomme
Genotipe: Yy (c) …
F 2 -generasie:
Fenotipiese verhouding: (d) …
Genotipiese verhouding: (e) …
4.1.1 Identifiseer (a), (b), (c), (d) en (e). (5)
4.1.2 Dui die tipe dominansie in die kruising hierbo aan. (1)
4.1.3 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.1.2. (1)
4.2 Die tabel hieronder toon inligting van twee verskillende kruisings in die
F 1 -generasie.
EERSTE KRUISING TWEEDE KRUISING
Genotipe van ouers (a) … BB x bb
Fenotipe van ouers (B) Swart (b) wit (B) Swart (b) wit
% genotipe van die 50% Bb
nageslag 50% bb (b) …
4.2.1 Dui aan of die kruisings in die tabel hierbo monohibried of dihibried is. (1)
4.2.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.2.1. (1)
4.2.3 Voorspel die genotipe van die ouers in die eerste kruising (a). (2)
4.2.4 Gebruik die Punnet-vierkantmetode om die genotipiese persentasie
van die nageslag in die tweede kruising te bepaal. (4)
4.2.5 Bereken die fenotipiese persentasie van die nageslag in die tweede
kruising (b). (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 12 DBE/2017
SSE
4.3 'n Katoenboer besef dat produksie jaarliks afneem as gevolg van bolwurm-
besmetting. Die gewas word ten minste ses keer 'n seisoen vir bolwurm
bespuit. Die boer word aangeraai om geneties gemodifiseerde (GM) saad as
alternatief te gebruik. Gevolglik neem die bespuiting van bolwurm af tot een
bespuiting per seisoen en die opbrengs verdubbel met die eerste oes.
4.3.1 Verwys na die scenario hierbo en identifiseer die voordeel van die
gebruik van geneties gemodifiseerde (GM) saad bo die gebruik van
tradisionele saad. (1)
4.3.2 Noem TWEE moontlike tegnieke wat gebruik word om die katoensaad
te modifiseer. (2)
4.3.3 Noem TWEE ekonomiese voordele van die gebruik van geneties
gemodifiseerde (GM) katoensaad in die scenario hierbo. (2)
4.3.4 Noem TWEE gevolge van die gebruik van geneties gemodifiseerde
katoensaad met betrekking tot ELK van die volgende:
(a) Invloed op die omgewing (2)
(b) Negatiewe ekonomiese invloed vir boere (2)
4.4 Dui die teelstelsel aan wat op ELK van die situasies hieronder van
toepassing is:
4.4.1 Dit lei tot 'n groot verbetering van die prestasie van die nageslag (1)
4.4.2 Lei tot 'n geleidelike verswakking van die prestasie van die nageslag
van generasie tot generasie (1)
4.4.3 Nuwe ras word geleidelik in 'n nuwe omgewing ingebring met minder
aanpassingsprobleme (1)
4.4.4 Lewer 'n onvrugbare nageslag op (1)
4.5 'n Bul het 'n teelwaarde (TW) van +16 vir speenmassa; 'n koei het 'n TW
van + 6. Hierdie ouers sal elk die helfte van hul eienskappe aan die nageslag
oordra.
4.5.1 Bereken die speenmassa van die nageslag in kilogram.
Toon ALLE berekeninge. (3)
4.5.2 Interpreteer die syfer in VRAAG 4.5.1 met verwysing tot die
gemiddeld van die kudde. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL : 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2017 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2021 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2019 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2019 QP (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum