Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LANDBOUWETENSKAPPE V1
2017
TOTAAL: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2017 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 881.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC June Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1.1Animal nutrition4 marks
- Question 1.2Animal reproduction10 marks
- Question 1.3Animal reproduction20 marks
- Question 1.4Animal reproduction5 marks
- Question 2.1Animal nutrition6 marks
- Question 2.2Animal nutrition7 marks
Show all 19 questions
- Question 2.3Animal nutrition7 marks
- Question 2.4Animal nutrition7 marks
- Question 2.5Animal nutrition8 marks
- Question 3.1Animal production and housing7 marks
- Question 3.2Animal production and housing7 marks
- Question 3.3Animal production and housing9 marks
- Question 3.4Animal health and protection6 marks
- Question 3.5Animal health and protection6 marks
- Question 4.1Animal reproduction6 marks
- Question 4.2Animal reproduction7 marks
- Question 4.3Animal reproduction8 marks
- Question 4.4Animal reproduction7 marks
- Question 4.5Animal reproduction7 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/2017
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules insluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/2017
SSE
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n
kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
VOORBEELD:
1.1.11 A B C D
1.1.1 Die afbreek van voedsel in kleiner dele deur die kouproses:
A Chemiese vertering
B Biologiese vertering
C Fisiese vertering
D Metaboliese vertering
1.1.2 Oplosbare koolhidrate, soos stysel en suiker, is 'n aanduiding van …
A stikstofvrye ekstrak.
B ruproteїen.
C eterekstrak.
D ruvesel.
1.1.3 Die diagram hieronder verteenwoordig die proses wat help met die
vertering van voedsel. Tydens hierdie proses gebeur die volgende:
Voedsel
Spiere
trek saam
Spiere
verslap
(i) Die spier bokant die bolus trek saam om die voedsel afwaarts
te druk.
(ii) Die spier onder die bolus ontspan om die voedsel opwaarts
te druk.
(iii) Indien die tempo van die proses afneem, sal die voedsel stadig
beweeg en hardlywigheid veroorsaak.
(iv) Die spier onder die bolus ontspan om die voedsel afwaarts
te laat beweeg.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (ii), (iii), en (iv)
B (i), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/2017
SSE
1.1.4 Die hoeveelheid voer (kg) wat deur EEN dier per dag benodig
word, word as die … beskou.
A voervloei-eenheid
B voeromsettingsverhouding
C voerformuleringstempo
D voereenheid
1.1.5 Watter EEN van die volgende stellings is KORREK ten opsigte van
die hantering van groot diere, soos beeste?
A Skree op diere sodat hul vorentoe kan beweeg.
B Gebruik flappende voorwerpe om plaasdiere te laat beweeg.
C Laat diere in die rigting van 'n staande hanteerder aan die
einde van die drukgang beweeg.
D Moet nie diere van agter nader nie.
1.1.6 'n …-inspuiting word in die uierkanaal toegedien om mastitis
te behandel.
A Intrauterien
B Tussenuier
C Onderhuidse
D Binneaarse
1.1.7 Die volgende moet oorweeg word wanneer behuising vir varke
ontwerp word:
(i) Maklike toegang tot watersproeiers vir afkoeling
(ii) Behuising van geskikte grootte om oorbevolking te vermy
(iii) Gebou moet teen 'n effense helling opgerig word om
voorsiening te maak vir dreinering en die wegdoen van mis
(iv) Gebou moet op 'n plat oppervlak opgerig word
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.8 Inenting van plaasdiere help om siektes …
A uit te roei.
B te behandel.
C te voorkom.
D te verleng.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/2017
SSE
1.1.9 EEN van die volgende stellings is NIE 'n nadeel van kunsmatige
inseminasie NIE:
A Semen van meerderwaardige bulle word gebruik.
B Ongewenste eienskappe word na die nageslag oorgedra.
C Toets, stoor van semen en inseminasie is duur.
D Hitteopsporing is moeilik onder ekstensiewe boerdery-
toestande.
1.1.10 'n Sigbare teken dat 'n koei op die punt staan om geboorte te skenk:
A Spring op ander koeie.
B Vreet konsentrate.
C Bly by die ander koeie.
D Urineer en mis gereeld. (10 x 2) (20)
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassings is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Saamgestelde Hierdie tipe maag by plaasdiere is geskik
B: Enkel vir aanvulling met nie-proteïenstikstof
1.2.2 A: Selenium Verantwoordelik vir die vergroting van
B: Kobalt die skildklier
1.2.3 A: Endemiese siekte 'n Siekte wat volgens wet gerapporteer
B: Aanmeldbare siekte moet word indien dit waargeneem word
1.2.4 A: Hooi en strooi Gebruik in hokke om vog te absorbeer en
B: Gras en saagsels koue sementvloere te isoleer
1.2.5 A: Pedometer 'n Hitteopspoorder wat om 'n koei se been
geplaas word om haar beweging waar te
B: Kamarwaarnemer neem en te registreer
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 Die verwydering van gasse uit die rumen deur die slukderm om
opgeblaasheid te voorkom
1.3.2 'n Fasiliteit wat spesiaal ontwerp is om 'n moedersog te huisves
sodat sy op haar sy kan lȇ en haar varkies voed
1.3.3 Die periode van melkproduksie in melkkoeie vanaf kalwing tot en
met opdroog
1.3.4 Uitspoel van bevrugte ova met gebruik van gespesialiseerde
toerusting
1.3.5 Die volume spermselle in een milliliter ejakulaat (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/2017
SSE
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 'n Kruipvoer is 'n rantsoen met 'n hoë energiewaarde wat aan
plaasdiere gegee word vir vinnige groei en gewigstoename ter
voorbereiding vir die mark.
1.4.2 Die laagste kritieke temperatuur is die geskikste temperatuur vir
plaasdiere om te produseer.
1.4.3 Die hormoon verantwoordelik vir die vrystelling van melk uit die
uier, word insulien genoem.
1.4.4 Enkel geboortes kom voor wanneer meer as een nakomeling uit
'n enkele dragtigheid gebore word.
1.4.5 Retensie is die proses waartydens die blastosist aan die wand van
die baarmoeder vasheg. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/2017
SSE
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die diagram hieronder verteenwoordig die spysverteringkanaal van
pluimvee.
A
B
D
C
E
2.1.1 Identifiseer die letters (A–E) van TWEE dele wat bykliere in die
diagram hierbo voorstel. (2)
2.1.2 Noem die funksies van deel B en C. (2)
2.1.3 Gebruik die diagram hierbo en bepaal die strukturele verskil tussen
die dikderm van pluimvee en dié van beeste. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/2017
SSE
2.2 Die diagram hieronder is 'n skematiese voorstelling van die energie-
verspreiding in 'n diereliggaam.
BE VE A NE
Energieverlies Energieverlies deur C
deur B urine en
gistingsgasse
2.2.1 Identifiseer A, B en C. (3)
2.2.2 Waarvoor staan VE? (1)
2.2.3 Noem DRIE belangrike gebruike van netto energie deur plaasdiere. (3)
2.3 Die tabel hieronder gee inligting oor 'n rantsoen vir skape.
VOERKOMPONENT SAMESTELLING
(%)
Mieliemeel 35
Lusernhooi 45
Kalsiumfosfaat 5
Sout 2
Ureum 13
2.3.1 Identifiseer die voerkomponent wat die volgende aan skape
verskaf:
(a) Natuurlike proteїen
(b) Energie
(c) 'n Goedkoop proteїenaanvulling (3)
2.3.2 Bereken die totale hoeveelheid minerale (in persentasie) wat die
rantsoen hierbo aan 'n plaasdier kan verskaf. (3)
2.3.3 Gee 'n rede waarom sout by lekke ingesluit word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/2017
SSE
2.4 Die tabel hieronder toon die samestelling van twee voere.
KOMPONENT VOER A VOER B
Verteerbare proteїen (VP) 8% 12%
Koolhidrate 50% 40%
Vette 22% 5%
TVV – 57%
VV – 1:4
2.4.1 Gebruik 'n formule om die voedingsverhouding (VV) van VOER A
te bereken. (3)
2.4.2 Identifiseer die VOER (A of B) wat die geskikste is vir die vetmaak
van beeste. (1)
2.4.3 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.4.2. (1)
2.4.4 Onderskei tussen 'n nou en 'n wye voedingsverhouding. (2)
2.5 Die grafiek hieronder verteenwoordig die produksie van lusern in kg DM/Ha
vir 'n tydperk van een jaar.
Die produksie van lusern
vir 'n tydperk van een jaar
Hoeveelheid (kg DM/Ha)
Jan Feb Maart April Mei Junie Julie Aug Sep Okt Nov Des
Maande van die jaar
2.5.1 Identifiseer die maande met die laagste lusernproduksie
gedurende die jaar in die grafiek hierbo. (2)
2.5.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.5.1. (1)
2.5.3 Stel TWEE maatreëls voor wat 'n boer kan tref om die lae
produksie wat in VRAAG 2.5.1 geïdentifiseer is, te oorbrug. (2)
2.5.4 Bereken die lusernproduksie vanaf Augustus tot Desember in ton. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/2017
SSE
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 'n Boer moet speenkalwers en koeie na die mark vervoer. Die bakkie is te
klein om almal gelyk te vervoer. Die boer kan 'n kontrakteur huur of die diere
kan padlangs tot by die mark aangejaag word.
3.1.1 Maak 'n lys van DRIE basiese riglyne vir voertuie wat plaasdiere
vervoer. (3)
3.1.2 Noem TWEE belangrike aspekte om in gedagte te hou wanneer
plaasdiere op openbare paaie aangejaag word. (2)
3.1.3 Dui TWEE riglyne aan om in gedagte te hou wanneer koeie met
kalwers van een kamp na 'n volgende op die plaas verskuif word. (2)
3.2 Die diagram hieronder illustreer 'n fasiliteit wat in 'n diereproduksiestelsel
gebruik word.
B
A
3.2.1 Gee die rede waarom die fasiliteit in struktuur A en B hierbo,
gebruik word om plaasdiere te hanteer. (2)
3.2.2 Dui TWEE basiese ontwerpkenmerke van hanteringsfasiliteit A
hierbo aan. (2)
3.2.3 Dui DRIE gevolge van die verkeerde hantering van skape aan. (3)
3.3 Die tabel hieronder verteenwoordig besoeke deur varke aan voer- en
waterbakke teen verskillende temperature.
BESOEKE AAN BESOEKE AAN TEMPERATUUR
WATERBAKKE VOERBAKKE (°C)
1 10 5
2 8 10
4 7 15
5 6 20
7 4 25
10 3 30
12 2 35
15 1 40
3.3.1 Teken 'n staafgrafiek wat die getal besoeke aan voer- en
waterbakke teen verskillende temperature toon. (6)
3.3.2 Dui die tendens aan in die grafiek in VRAAG 3.3.1. (2)
3.3.3 Stel 'n maatreël voor wat die boer kan tref om die gevolge van
wisselende temperature te verminder. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/2017
SSE
3.4 Die prentjie hieronder verteenwoordig die lewensiklus van 'n inwendige
parasiet in plaasdiere. Die parasiet benodig 'n sekondêre gasheer om sy
lewensiklus te voltooi.
3.4.1 Klassifiseer die parasiet hierbo voorgestel volgens die lewensiklus
daarvan. (1)
3.4.2 Identifiseer die TWEE gashere wat hierdie parasiet benodig om sy
lewensiklus te voltooi. (2)
3.4.3 Noem DRIE simptome wat deur 'n besmetting van hierdie parasiet
veroorsaak word. (3)
3.5 Vee-eienaars moet weet watter uitwendige parasiete algemeen in hulle eie
streke voorkom. Hulle moet kennis dra van die bestuurspraktyke om die
verspreiding van hierdie parasiete te beheer asook die ernstige gevolge
daarvan. Party van die bestuurspraktyke wat deur hierdie vee-eienaars
gebruik word, is:
(a) Die aanhou van voëls en pluimvee om die krale en waterpunte
(b) Los 'n paar bosluise op diere tussen dipsessies
(c) Verander die aanteelvee van uitheems na inheems
3.5.1 Identifiseer die bestuurspraktyke wat deur vee-eienaars in (a), (b)
en (c) hierbo gebruik word. (3)
3.5.2 Dui DRIE ekonomiese gevolge van hierdie parasiete aan. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/2017
SSE
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die diagram hieronder verteenwoordig die reproduksiekanaal van 'n bul.
A
G
B
C
D
E
F
4.1.1 Identifiseer deel A en B. (2)
4.1.2 Noem EEN funksie van deel G. (1)
4.1.3 Dui die rol van die hormoon aan wat in deel E afgeskei word. (1)
4.1.4 Gee 'n rede waarom deel F buite die liggaam van die bul geleë is. (1)
4.1.5 Noem die proses waartydens deel E by jong bulletjies verwyder
word. (1)
4.2 Alhoewel bulle semen produseer en gesond en normaal voorkom, kan die
koei nie 'n nageslag voortbring nie.
4.2.1 Gee 'n term wat na die toestand hierbo verwys. (1)
4.2.2 Dui DRIE oorsake van die toestand aan waarna in VRAAG 4.2.1
verwys word. (3)
4.2.3 Noem DRIE eienskappe van goeie gehalte semen wat onder
'n mikroskoop waargeneem kan word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/2017
SSE
4.3 Die sukses van enige inseminasieproses hang, onder meer, van die gebruik
van skoon semen af. Vee-eienaars moet proaktief optree en die nodige
stappe doen om die oordra van siektes by bulle en ramme te voorkom.
Hierdie siektes kan ernstige gevolge inhou, soos die verlies van die hele
kudde, indien dit nie beheer word nie.
4.3.1 Noem EEN metode wat deur vee-eienaars gebruik kan word om
die teenwoordigheid van siektes in semen op te spoor. (1)
4.3.2 Noem TWEE vereistes van suksesvolle kunsmatige inseminasie. (2)
4.3.3 Toerusting wat tydens die proses van kunsmatige inseminasie
gebruik word, is hieronder beskryf. Gee die naam van ELKEEN:
(a) 'n Rektumstif met 'n aantal lineêr gestreepte elektrodes wat
aan 'n reëlbare stroom en spanningsbron gekoppel is (1)
(b) 'n Houer om semen vir etlike jare teen -196 °C te bêre (1)
(c) Polivinieltoerusting wat semen bevat en waarin dit geberg
word (1)
4.3.4 Stel TWEE nadele van kunsmatige inseminasie in teenstelling met
natuurlike paring voor. (2)
4.4 Die skematiese voorstelling hieronder stel 'n reproduksieproses voor.
Sigoot B Fetus Lam
A
4.4.1 Identifiseer A en B. (2)
4.4.2 Noem die gedeelte in die reproduksiekanaal van 'n vroulike dier
waar die volgende aangetref word:
(a) Fetus (1)
(b) Sigoot (1)
(c) Corpus luteum (1)
4.4.3 Dragtigheid kan tydens stadium B beëindig word, voor die einde
van die normale dragtigheidstydperk.
(a) Gee 'n term wat gebruik word om die beëindiging van
dragtigheid in plaasdiere aan te dui. (1)
(b) Noem EEN oorsaak van die probleem waarna in
VRAAG 4.4.3(a) verwys is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/2017
SSE
4.5 Die diagram hieronder verteenwoordig embrio-oorplanting (EO).
Foley-kateter in
Epidurale baarmoeder
verdowing
Spoel-
middel
Serviks
Lug-
toevoer
4.5.1 Identifiseer die tipe koei waar die prosedure hierbo gevolg sal word. (1)
4.5.2 Motiveer die antwoord op VRAAG 4.5.1. (1)
4.5.3 Definieer die term ontvangerkoei. (2)
4.5.4 Noem TWEE nadele van embrio-oorplanting. (2)
4.5.5 Gee die hoofrede vir embrio-oorplanting. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2017 Memo (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum