Downloaded from hlayiso.com
LANDBOUTEGNOLOGIE
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2020
Hierdie riglyne bestaan uit 25 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentDocument 











View all
Agricultural Technology PAT GR 12 2020 Afr hlayiso.com
Agricultural Technology · Grade 12 · 2020 · Afrikaans. Practical assessment task, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Document
- Year
- 2020
- Pages
- 25
- File size
- 683.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 25
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 2 DBE/PAT 2020
NSS
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS 4
2.1 Praktiese Assesseringstaak (PAT) vir 2020 4
2.2 Hoe om die PAT te administreer 4
2.3 Fases in die ontwikkeling van die PAT-projek 6
2.3.1 Fase 1: Ontwerpportefeulje 6
2.3.2 Fase 2: Vervaardigingsproses 6
2.3.3 Fase 3: Finale produk 7
2.4 Kriteria en riglyne vir PAT-assessering 7
2.4.1 Kriteria en riglyne om die ontwerpportefeulje te assesseer 8
2.4.2 Kriteria en riglyne om die vervaardigingsproses te assesseer 8
2.4.3 Kriteria en riglyne om die gehalte van die finale produk te assesseer 8
2.5 Moderering van die PAT 8
3. RIGLYNE VIR LEERDERS 9
3.1 Inleiding 9
3.2 Illustrasie van die PAT 9
3.3 Lys van gereedskap en verbruikbare materiaal 9
3.4 Stappe om in die vervaardigingsproses te volg 10
3.5 Veiligheid 14
3.6 Alternatiewe ontwerpe 14
4. GEVOLGTREKKING 15
5. ASSESSERINGSRUBRIEKE 16
5.1 Assesseringsrubriek vir die ontwerpportefeulje BYLAE A 16
5.2 Assesseringsrubriek vir die vervaardigingsproses BYLAE B 18
5.3 Assesseringsrubriek vir die gehalte van die finale produk BYLAE C 19
5.4 Verklaring van Egtheid BYLAE D 20
5.5 Eksterne/Interne modereringsinstrument vir PAT BYLAE E 21
5.6 Puntestaat BYLAE F 24
5.7 Konsolidasievorm BYLAE G 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 3 DBE/PAT 2020
NSS
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke (KABV) wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke
is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek,
Visuele Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie,
Tegniese Wetenskappe
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het
en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT
word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in
verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT
opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende
die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering
van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens,
geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die
leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te
verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die
beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 4 DBE/PAT 2020
NSS
2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS
2.1 Praktiese Assesseringstaak (PAT) vir 2020
Die doel van die PAT is om leerders te leer om tegnologiese probleme in die
landbou-omgewing met gebruik van kritiese, innoverende denkvaardighede op te los.
Die PAT bestaan uit 'n ontwerpkomponent, vervaardigingskomponent en 'n finale
produk. Die PAT lei die leerder om die produk te ontwerp en te ontwikkel volgens
tegnologiese prosesse.
Skole sal in Kwartaal 4 van die graad 11-jaar oor die graad 12-projek ingelig word
om die onderwyser en leerder geleentheid te gee om vooraf te beplan.
Hieronder volg 'n scenario en 'n volledige uitleg van die voorbeeldmodel wat as die
PAT vir 2020 gebruik kan word.
SCENARIO:
'n Boer benodig 'n roldomkrag ('trestle jack') wat hy op die plaas kan gebruik om die
asse van sleepwaens op te domkrag en te ondersteun terwyl daar aan die wiel
gewerk word.
Ontwerp 'n praktiese domkrag wat doeltreffend in hierdie situasie gebruik kan word.
Die roldomkrag moet meerdoelig wees sodat dit in verskillende omstandighede of
toestande gebruik kan word. Dit moet lig, eenvoudig en maklik hanteerbaar wees,
maar stewig genoeg om swaar gewig te dra. Die roldomkrag moet nie maklik kan
omkantel wanneer dit gebruik word nie.
Gebruik verskillende tegnologiese prosesse om jou met die ontwerp en
vervaardiging van hierdie stuk toerusting te help, bv. beplanning, ondersoek,
navorsing en verskillende praktiese vaardighede.
2.2 Hoe om die PAT te administreer
Die onderwyser moet hierdie PAT-dokument gebruik as 'n riglyn om die PAT te doen.
Die leerder, onder leiding van die onderwyser, moet die hele PAT self ontwerp en
beplan. Die onderwyser sal slegs die probleemstelling aan die leerders verskaf. Die
ideaal is dat die leerders almal verskillende PAT-ontwerpe moet hê. Die onderwyser
moet die praktiese toepaslikheid van die leerder se ontwerp evalueer en voorstelle
maak voordat die leerder die finale ontwerpportefeulje indien.
Indien die skool/leerders besluit om 'n alternatiewe PAT te doen, moet daardie PAT
voldoen aan die voorgeskrewe standaarde wat deur hierdie PAT-riglyndokument
uiteengesit is. Dit moet bewyse van die ontwerpportefeulje, werksprosedure, rubrieke
en bewyse van die finale produk insluit. Die kriteria en formaat om die
ontwerpportefeulje, vervaardigingsproses en finale produk te assesseer, moet
dieselfde as dié van die voorgeskrewe PAT wees.
Die projek moet uit ten minste SEWE van die gegewe kriteria, soos op bladsy 46–47
in die Landboutegnologie: Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring (KABV)
aangedui, bestaan.
Die model moet funksionele waarde hê en moet in werklike plaas- en
werkswinkelsituasies bruikbaar wees. Die leerders moet met die assesseringskriteria
vertroud wees voordat hulle met die taak begin. Die PAT moet onder toesig van die
aangewese onderwyser gedoen word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 5 DBE/PAT 2020
NSS
Die praktiese assesseringstaak in graad 12 word ekstern opgestel, intern
geassesseer en ekstern gemodereer. Die PAT word onder gekontroleerde toestande
voltooi en met behulp van rubrieke geassesseer.
Die promosiepunt van Landboutegnologie bestaan uit 'n PAT-komponent van
100 punte (25%), 'n skoolgebaseerde-assesserings(SGA)-komponent van 100 punte
(25%) en 'n eindeksamenkomponent van 200 punte (50%).
Die PAT dra 25% tot die totale promosiepunt (400) in graad 12 by. Die PAT is
100 punte en bestaan uit 'n ontwerpportefeulje (25 punte), 'n vervaardigingsproses
(50 punte) en die finale produk (25 punte).
Voordat 'n leerder met die vervaardigingsproses kan begin, moet die
ontwerpportefeulje voltooi en deur die onderwyser geassesseer word. Die rede
hiervoor is dat die onderwyser ontwerpfoute vir die leerder moet identifiseer, wat
hy/sy moet korrigeer.
Die ontwerpportefeulje en finale produk moet vir monitering en moderering
beskikbaar wees. Die PAT moet deur die onderwyser geëvalueer, nagegaan en
gewaarmerk word voordat dit as die leerder se finale bewys van prestasie voorgelê
word.
Die onderwyser se PAT-lêer moet bewyse bevat van:
(a) Die PAT-opdrag
(b) 'n Volledige assesseringsrekord wat te alle tye vir moniterings- en
modereringsdoeleindes beskikbaar moet wees
Die ontwerpportefeulje en finale produk moet gedurende die hele skooljaar vir
monitering en moderering by die skool beskikbaar wees. Eksterne moderering sal
deur die onderskeie provinsiale moderators en die Nasionale Departement van
Basiese Onderwys gedoen word. Geen leerder word toegelaat om sy/haar projek
huis toe te neem voordat finale moderering afgehandel is nie.
Indien 'n onderwyser sou versuim om 'n rekord van die PAT-assessering te hou, is
dit wangedrag en dit sal volgens paragraaf 5(3) van die beleidsdokument, Nasionale
Beleid oor die Afneem, Administrasie en Bestuur van die Nasionale Senior
Sertifikaat: 'n Vlak 4-kwalifikasie op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR), of
ander gepaste maatreëls, hanteer word.
Die afwesigheid van punte vir die PAT in graad 10–12, sonder 'n geldige rede, sal
daartoe lei dat die kandidaat wat vir die spesifieke vak geregistreer is, onvolledige
uitslae sal kry. Die kandidaat sal drie weke voor die begin van die finale
jaareindeksamen gegee word om die uitstaande PAT voor te lê. Indien die kandidaat
sou versuim om die PAT voor te lê, sal hy/sy ingelig word dat hy/sy nie aan die
minimum vereistes vir promosie voldoen het nie en dat hy/sy die vak die volgende
jaar moet herhaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 6 DBE/PAT 2020
NSS
2.3 Fases in die ontwikkeling van die PAT-projek
Die projek moet in die volgende drie fases voltooi word:
2.3.1 Fase 1: Ontwerpportefeulje
Leerders moet die probleem of behoefte in hulle gekose projek
identifiseer. Hy/Sy moet die projek ook ondersoek, idees skep en
moontlike ontwerpoplossings vind om die model te maak, te evalueer en 'n
oplossing vir die probleem of behoefte oor te dra. Die bewyse vir hierdie
fase word in die ontwerpportefeulje geplaas wat aan die begin van die
laaste kwartaal van die graad 11-jaar kan begin en voortduur tot die einde
van Januarie van die graad 12-jaar. In hierdie fase moet die leerder
aangemoedig word om kreatief te wees en inisiatief te toon.
'n Verklaring van Egtheid (BYLAE D) moet voor finale moderering deur
elke leerder voltooi word.
Die ontwerpportefeulje moet bewyse bevat van hoe die ontwikkeling van
die produk benader is, soos hieronder aangetoon:
Analisering/Ontleding en beplanning van die opdrag
Verband tussen tegnologie, die samelewing en omgewing
Sketse, diagramme of berekenings
Materiaal gebruik
Gereedskap gebruik
Algemene veiligheidsmaatreëls van toepassing
Vergelyking van prosesse en gereedskap wat gebruik moet word
Kosteberekening en materiaallys
Kennis en vaardighede vereis in die vervaardigingsproses
Vervaardigingsprosesse wat gevolg is
Tydsbeplanning van die begin tot by die finale produk
Navorsing of ondersoeke onderneem
Enige ander relevante inligting rakende die projek
Formaat van die ontwerpportefeulje:
Voorblad: Naam van leerder
Graad
Skool
Eksamennommer
Jaar
Inhoud: Opdrag
Beplanning en navorsing
Ontwerpsketse
Materiaallys
Gereedskap benodig en relevante veiligheidsmaatreëls
Vergelykings van prosesse en gereedskap benodig
Kosteberekeninge
Bronnelys
Stappe wat gevolg moet word
Enige bykomende inligting
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 7 DBE/PAT 2020
NSS
2.3.2 Fase 2: Vervaardigingsproses
Leerders begin met die konstruksie van die werklike model aan die begin
van Februarie in Kwartaal 1 in graad 12, of sodra die leerder die
ontwerpportefeulje voltooi het en dit deur die onderwyser goedgekeur is.
Die leerder begin dan met Fase 2. Die model moet teen die middel van
Kwartaal 3 in graad 12 voltooi wees.
Daar word van die leerder verwag om die model in die skool se
werkswinkel te vervaardig, onder streng toesig van die onderwyser.
Prosesse wat nie deur die leerder uitgevoer is nie, kan nie as deel van die
leerder se werk geassesseer word nie.
Die model moet 'n aantal praktiese vaardighede insluit, maar neem in ag
dat die model aan die minimum aantal vaardighede moet voldoen, soos
deur die vak se KABV-dokument voorgeskryf.
Die onderwyser moet deurlopende assessering tydens die
vervaardigingsproses doen om sekere vaardighede en prosesse met
behulp van die gegewe rubriek te evalueer en te assesseer.
2.3.3 Fase 3: Finale produk
Leerders moet die modelle teen die einde van Kwartaal 3 vir assessering
indien. Die beplanning gedoen in Fase 1 (ontwerpportefeulje) moet ook vir
assessering van die finale produk ingedien word. Vir finale assessering
moet die model voltooi word en funksioneel wees. Die finale produk moet
met die beplanning in Fase 1 ooreenstem.
2.4 Kriteria en riglyne vir PAT-assessering
Die PAT bestaan uit DRIE fases. Elke fase moet deur die onderwyser, met behulp
van die aangehegte rubrieke, geassesseer word.
Die ontwerpportefeulje moet nie later as die einde van Kwartaal 1 nie, voltooi en
nagesien wees. Sodra 'n leerder klaar is met die ontwerpportefeulje en dit deur
die onderwyser geassesseer en goedgekeur is, kan hy/sy met Fase 2 voortgaan.
Die onderwyser moet die rubriek op BYLAE A gebruik om die ontwerpportefeulje
te assesseer.
Die vervaardigingsproses is 'n deurlopende proses en die verskillende
vaardighede moet voortdurend deur die onderwyser geassesseer word wanneer
die verskillende vaardighede toegepas word. Die rubriek op BYLAE B moet
gebruik word.
Die finale produk moet volgens die rubriek op BYLAE C geëvalueer en
geassesseer word.
BYLAE D is 'n Verklaring van Egtheid en moet deur elke leerder voltooi word.
BYLAE E moet deur die onderwyser gebruik word om te verseker dat die
Landboutegnologie-werkswinkel en -geriewe vir eksterne moderering op
standaard is.
BYLAE F en G is voorbeelde van puntestate wat gebruik kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 8 DBE/PAT 2020
NSS
2.4.1 Kriteria en riglyne om die ontwerpportefeulje te assesseer
(25 punte)
Ontleding van probleem
Verwantskap tussen tegnologie, die samelewing en die omgewing
Vermoë om idees te ontwikkel
Gee 'n oplossing
Sketswerk (maatskrywing, sweis-, skaal- en projeksiesimbole)
Materiaal, gereedskap en toerusting
Algemene veiligheidsmaatreëls
Kosteberekening en materiaallys
Bewyse van vergelykings tussen verskillende prosesse en
vaardighede
Portefeulje-aanbieding
2.4.2 Kriteria en riglyne om die vervaardigingsproses te assesseer
(sigmoderering) (50 punte)
Veilige hantering en instandhouding van gereedskap en toerusting
Vaardighede wat verband hou met die behoorlike gebruik en
instandhouding van gereedskap en toerusting
Kennis van materiaal om probleme op te los
Toepassing van verskillende tegnieke en prosesse
Vaardighede getoon in die toepassing van prosesse
2.4.3 Kriteria en riglyne om die gehalte van die finale produk te assesseer
(25 punte):
Die produk voldoen aan die doel waarvoor dit ontwerp is en toon
innovering wat toepaslik is vir die probleem
Afmetings en mates van die finale produk
Voorkoms: Afwerking sluit vyl, slyp, skuur en verf in
Verseker dat die produk behoorlik funksioneer
Tydsbestuur: Gaan die volledigheid van die produk na
2.5 Moderering van die PAT
Interne moderering (departementshoof)
Die onderwyser en leerder se PAT-portefeuljes moet deur die departementshoof
of senior onderwyser van die vak by die skool gemodereer word.
Eksterne moderering (vakspesialis)
Die vakspesialis moet EEN KEER PER KWARTAAL eksterne moderering doen.
Die vakspesialis moet aan die einde van Kwartaal 1 die ontwerpportefeulje
assesseer. Die werklike vervaardigingsproses deur die leerder moet gedurende
Kwartaal 2 gemodereer word. Die finale produk asook die finale PAT-punt moet
in Kwartaal 3 gemodereer word.
Eksterne moderering (nasionale paneel)
'n Paneel moderators wat deur die Nasionale Departement van Basiese
Onderwys aangestel is, sal die PAT en praktiese werkswinkel modereer.
BYLAE E is die modereringsinstrument wat deur die nasionale paneel vir
moderering by skole gebruik sal word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 9 DBE/PAT 2020
NSS
3. RIGLYNE VIR LEERDERS
3.1 Inleiding
Die model wat die leerders moet maak, moet die prosesse insluit wat deur die jare
vanaf graad 10 in die teoretiese werk geleer is. Hierdie prosesse is deel van
verskillende take wat op 'n plaas verrig kan word. Die leerders gebruik hulle
vaardighede en kennis wat in Landboutegnologie verkry is om hierdie projek te
voltooi.
3.2 Illustrasie van die PAT
Die foto hieronder toon 'n roldomkrag wat die boer op die plaas kan gebruik om die
asse van sleepwaens op te lig en te ondersteun.
3.3 Lys van gereedskap en verbruikbare materiaal
GEREEDSKAP BENODIG
Metaalsnymasjien Verstekhaak/Winkelhaak Vyle
Boormasjien Ystersaag Persoonlike
beskermingsklere
Plasma-/Oksiasetileensnyer Kraspen Besem
Oksiasetileen-verwarmings- Maatband Klampe
uitrusting
Buigmasjien Senterpons Verfkwas
Sweismasjien Moersleutels Hamer
Werkstafel Tang Hoeksnymasjien
VERBRUIKBARE MATERIAAL
Staalboortjie Ø 12 mm Ystersaaglemme
Amarilskuur/Snylemme Terpentyn
Hittebestande spuitverf Handskoonmaakmiddel
MIG-draad-/gas-/boogsweisstafies Onderlaag en finale laag verf
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 10 DBE/PAT 2020
NSS
3.4 Stappe om in die vervaardigingsproses te volg
VOORGESTELDE WERK-/TYDSKEDULE Datum
voorspel
Ongeveer 2 ure per week word benodig vir die PAT soos in die KABV-dokument
voorgeskryf. Ongeveer 18 weke (36 ure) is vir die vervaardigingsproses
beskikbaar.
A. ONTWERPPORTEFEULJE (25 punte)
1. PAT-probleemstelling/taak moet aan leerders uitgedeel word. Week 1
Die onderwyser moet die probleemstelling/taak aan die leerders verduidelik.
Leerders het DRIE weke om die ontwerpportefeulje te voltooi.
2. Die onderwyser moet aktief betrokke wees en ondersteuning aan die Week 2
leerders tydens die ontwerpproses bied.
3. Die onderwyser moet die voltooide portefeuljes inneem, evalueer, assesseer
en terugvoering aan die leerders gee voordat die leerders met die
vervaardigingsproses kan begin. Week 3
4. Die leerders moet verbeteringe aan die ontwerpportefeulje aanbring, waar
nodig.
5. Die onderwyser moet die punte van die ontwerpportefeulje op die
SBA-puntestaat aanteken.
B. VERVAARDIGINGSPROSES (50 punte)
(Die onderwyser moet die vervaardigingsproses monitor en evalueer).
ITEM- HOEV. BESKRYWING LENGTE KOSTE
NR.
1. 1 Naatlose staalpyp 60 mm x 3 mm 1 x 260 mm R60,00
2. 1 Soliede platstaal 100 mm x 5 mm 1 x 250 mm R30,00
3. 1 Soliede platstaal 100 mm x 5 mm 1 x 150 mm R25,00
4. 2 Soliede platstaal 100 mm x 5 mm 2 x 515 mm R100,00
5. 1 Staalpyp 48 mm x 3 mm 1 x 260 mm R15,00
6. 1 Staalpyp 42 mm x 3 mm 1 x 70 mm R5,00
7. 4 Boute en moere 8 mm x 30 mm R5,00
8. 1 20 mm bout & moer of 20 mm ronde staalpen 1 x 20 mm x 80 R10,00
R250,00
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 11 DBE/PAT 2020
NSS
Stap 1:
Sny item 4. Soliede platstaal 100 mm x 5 mm x 515 mm, twee stukke, soos in die Week
skets getoon. 4–6
Stap 2:
Buig en sweis soos getoon. Dit vorm die basisplaat van die roldomkrag. Maak Week
seker die twee basisplate is op dieselfde vorm gebuig. 7–9
Stap 3:
Sny item 1. Naatlose staalpyp 60 mm x 3 mm x 260 mm. Jy kan die lengte van die Week
pyp aanpas by die hoogte van jou sleepwa se as. 10–13
Boor 'n 21 mm gat 50 mm vanaf die bokant van die pyp.
Meet en merk die posisie van die pyp op die basisplaat.
Stap 4:
Sweis items 1 en 4 aan mekaar vas, soos in die skets getoon. Week
14–16
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 12 DBE/PAT 2020
NSS
Stap 5:
Sny item 2. Stut. Soliede platstaal 100 mm x 5 mm x 260 mm. Week
17–20
Meet die plaat soos hieronder getoon en sny. Jy kan die ontwerp van die stut
volgens jou eie ontwerp verander.
Sny die stut volgens jou ontwerp met enige van die volgende:
Hoekslypmasjien, plasma of gas
Werk al die snywerk af voordat jy dit sweis.
Sweis soos in die skets aangedui.
Stap 6:
Sny item 3. Stut. Soliede platstaal 100 mm x 5 mm x 150 mm. Week
21–23
Meet die plaat soos hieronder getoon en sny. Jy kan die ontwerp van die stut
volgens jou eie ontwerp verander.
Sny die stut volgens jou ontwerp met enige van die volgende:
Hoekslypmasjien, plasmasnyer of oksiasetileen
Werk al die snywerk af voordat jy dit sweis.
Sweis soos in die skets aangedui.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 13 DBE/PAT 2020
NSS
Stap 7:
Sny item 5. Staalpyp 48 mm 3 mm x 260 mm. Week
24–26
Meet en boor 21 mm gate, soos in die skets hieronder getoon.
Stap 8:
Sny item 6. Staalpyp 42 mm x 3 mm x 70 mm.
Ontwerp jou eie bokant en sweis dit bo-op die stutpyp. Gebruik 'n stuk pyp. Jy kan
ook platstaal buig.
Stap 9:
Gebruik 'n 20 mm x 80 mm soliede ronde staalpen en vervaardig 'n sluitpen. Week
27
Stap 10:
Verf die gesweiste raam met onderlaag (grondlaag) en bolaag vir beskerming teen Week
roes. Maak seker dat die verf heeltemal droog is. 28–30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 14 DBE/PAT 2020
NSS
Stap 11:
Gebruik 'n ou buiteband en monteer dit aan die onderkant van die basisplaat om te Week
voorkom dat dit gly. Jy kan dit met kontakplatkopboute vasmaak of met kontakgom 32
en klinknaels.
Die domkrag is nou voltooid!
C. FINALE PRODUK (25 punte)
Die onderwyser moet die finale produk evalueer en die PAT-punte vir die jaar Week
finaliseer. 33
Punte moet op die SGA-puntestate aangeteken word.
3.5 Veiligheid
'n Veilige werkwyse en die verantwoordelike gebruik van die werktafel sal die
kans op ongelukke of beserings verlaag.
Dra gepaste veiligheidstoerusting en -klere vir sweiswerk en metaalwerk. Klere
moet van vuurbestande katoen of wol wees, en nooit van sintetiese materiaal
wat kan smelt nie.
Dra altyd 'n helm wanneer jy sweis en 'n volgesigskerm wanneer jy 'n
slypmasjien gebruik.
Dra ook leersweishandskoene om jou teen brandwonde te beskerm.
Jy moet altyd in 'n goed geventileerde area werk.
3.6 Alternatiewe ontwerpe
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 15 DBE/PAT 2020
NSS
4. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om
hulle begrip van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en
redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en
uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se
lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings
betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 16 DBE/PAT 2020
NSS
5. ASSESSERINGSRUBRIEKE BYLAE A
Naam van kandidaat: ______________________ Skool: _________________Graad:_____________ Datum: _______________
ONTWERP- VERVAARDIGINGS- GEHALTE VAN DIE TOTAAL HANDTEKENING VAN HANDTEKENING VAN
PORTEFEULJE PROSES PRODUK ONDERWYSER EKSTERNE MODERATOR
/25 /50 /25 /100
5.1 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE ONTWERPPORTEFEULJE
KRITERIA MOONTLIKE PUNT
0 1 2 3 4 5
PUNT BEHAAL
Beplannings- Geen poging is Toon 'n beperkte Toon 'n poging om Identifiseer die gegewe Ontleed die gegewe Identifiseer die gegewe
vaardighede: aangewend nie poging om relevante inligting te probleem korrek en probleem korrek en toon probleem/behoefte korrek
Analise/ en geen inligting te identifiseer en in te samel relevante inligting bewyse van die gebruik en gebruik 'n
Ontleding en bewyse gevind identifiseer en in samel, om die in om die gegewe van 'n wye reeks verskeidenheid
diagnose om te te samel om die gegewe probleem/ probleem/behoefte mee inligting om die ondersoekstrategieë om
5
assesseer nie. gegewe behoefte mee te te ontleed. probleem/behoefte te relevante inligting te
probleem/ ontleed. verstaan. bekom wat gehelp het
behoefte mee te met die ontwikkeling en
ontleed. ontwerp van innoverende
idees.
Onderlinge Geen poging is Wend geen Bewustheid van die Bewustheid en kennis Toepassing en kennis Toepassing en kennis van
verband aangewend nie poging aan om onderlinge verband van die onderlinge van aspekte van die aspekte van die
tussen en geen die onderlinge is getoon. verband is getoon. onderlinge verband. onderlinge verband en die
5
tegnologie, die bewyse gevind verband te implementering van
samelewing om te oorweeg nie. voorkomingsmaatreëls.
en omgewing assesseer nie.
Ontwikkel Geen poging is Noem 'n paar Toon geringe Bied 'n paar alternatiewe Gebruik oorspronklike Ontwikkel 'n uitstekende
idees aangewend nie idees. bewustheid van idees met beperkte en kreatiewe idees en verskeidenheid
en geen alternatiewe idees beredenering van keuses kies die geskikste opsie. alternatiewe en
bewyse gevind aan. innoverende idees. 5
om te Die voorkeuropsie is goed
assesseer nie. gemotiveer met duidelike
skakels met die ontwerp.
Oplossing Geen poging is Pogings om met Pogings om met Verskaf ontwerpsketse Verskaf uitstekende Verskaf uitstekende
aangewend nie beperkte ontwerp- ontwerpsketse, en 'n verskeidenheid ontwerpsketse en 'n lys innoverende
en geen sketse en 'n paar spesifikasies en spesifikasies en relevante spesifikasies ontwerpsketse wat uiters
bewyse gevind spesifikasies beperkinge t.o.v. die beperkinge rakende die en beperkinge t.o.v. die goed geformuleer is en
5
om te vorendag te kom. gegewe probleem gegewe probleem. gegewe probleem. definieer die behoefte
assesseer nie. Beperkinge t.o.v. vorendag te kom. volgens die gegewe
die gegewe probleem.
probleem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 17 DBE/PAT 2020
NSS
KRITERIA MOONTLIKE PUNT
0 1 2 3 4 5
PUNT BEHAAL
Sketswerk Geen poging is Verskaf Verskaf 'n paar Verskaf relevante sketse Verskaf sketse met Verskaf uitstekende
aangewend nie irrelevante sketse relevante sketse met met korrekte lyne en korrekte lyne en simbole sketse volgens die
en geen wat beperkte verkeerde lyne en/of simbole. wat met die gegewe gegewe probleem;
5
bewyse gevind tekenvaardighede verkeerde simbole. probleem verband hou. oorweeg moontlike
om te demonstreer. oplossings.
assesseer nie.
Materiaal-, Geen poging is Poog om party Verskaf 'n verkeerde Verskaf 'n lys van Verskaf 'n lys met 'n Verskaf 'n lys van die
gereedskap- aangewend nie van die materiaal, of onvoldoende lys relevante materiaal, verskeidenheid relevante mees relevante
en toerusting- en geen gereedskap en van materiaal, gereedskap en materiaal, gereedskap materiaal, gereedskap en
5
lys bewyse gevind toerusting te gereedskap en toerusting. en toerusting benodig. toerusting benodig in 'n
om te noem. toerusting. kreatiewe formaat.
assesseer nie.
Algemene Geen poging is Poog om Toon 'n mate van Toon bewustheid, kennis Toon bewustheid, kennis Toon bewustheid, kennis
veiligheid aangewend nie veiligheids- bewustheid van en toepassing van en toepassing van en toepassing van
en geen regulasies in ag veiligheids- veiligheidsregulasies. veiligheidsregulasies veiligheidsregulasies
bewyse gevind te neem. regulasies. rakende verskeie rakende alle toestande 5
om te situasies. en neem
assesseer nie. voorkomingsmaatreëls in
ag.
Koste- Geen poging is Verskaf 'n Poog om koste- Verskaf koste- Verskaf Verskaf
berekeninge aangewend nie materiaallys met berekening te doen berekeninge met gebruik kosteberekeninge met kosteberekeninge met
en en geen geen berekeninge deur verkeerde van korrekte eenhede en gebruik van korrekte gebruik van korrekte
materiaallys bewyse gevind nie. eenhede, data en data ingesamel, sonder eenhede en data eenhede en data 5
om te materiaallys te om beperkinge in ag te ingesamel en neem ingesamel en neem
assesseer nie. gebruik. neem. beperkinge in ag. relevante beperkinge in
ag.
Vergelykings Geen poging is Geen Swak vergelyking Vergelyking van 'n Deeglike vergelyking 'n Deeglike vergelyking
aangewend nie vergelykings nie. van een proses. verskillende prosesse, van verskillende van verskillende
en geen vaardighede en prosesse, vaardighede prosesse, vaardighede
5
bewyse gevind materiaal. en materiaal. en materiaal en kom tot
om te 'n gevolgtrekking
assesseer nie.
Portefeulje- Geen poging is Die portefeulje is Die portefeulje is Die portefeulje is voltooi Die portefeulje is voltooi Die voltooide portefeulje-
aanbieding aangewend nie onvolledig en voltooi, maar swak en voldoende georden en goed aangebied. aanbieding toon 'n hoë
en geen swak georden en georden en en voorberei. vlak van innovering en
5
bewyse gevind voorberei. voorberei. kreatiwiteit.
om te
assesseer nie.
TOTALE PUNT 50÷2 = 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 18 DBE/PAT 2020
NSS
5.2 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE VERVAARDIGINGSPROSES BYLAE B
MOONTLIKE PUNT
KRITERIA 1 2 3 4 5
PUNT BEHAAL
Veilige Geen poging is Toon bewustheid Toon bewustheid en Toon genoeg kennis en Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis
hantering van aangewend nie van veiligheids- kennis van 'n paar bewustheid van en bewustheid van alle en bewustheid van alle
gereedskap/ en geen maatreëls. veiligheidsmaatreëls. toepaslike veiligheids- toepaslike veiligheids- toepaslike veiligheids-
5
toerusting bewyse gevind maatreëls. maatreëls. maatreëls en pas
(sig- om te voorkomingsmaatreëls
moderering) assesseer nie. toe.
Vaardighede Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie Toon genoeg kennis en Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis
met aangewend nie kennis en kennis en vaardighede wat verband en vaardighede wat en vaardighede wat
betrekking tot en geen vaardighede van vaardighede wat hou met gereedskap en verband hou met verband hou met
die hantering bewyse gevind toerusting wat verband hou met die toerusting gebruik en gereedskap en toerusting gereedskap en toerusting
van om te verband hou met gereedskap en bewyse van huishouding. gebruik en goeie gebruik en uitstekende 5
gereedskap assesseer nie. die gereedskap toerusting gebruik huishouding. huishouding.
en toerusting gebruik. en huishouding.
(sig-
moderering)
Kennis van Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie Toon genoeg kennis van Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis
materiaal aangewend nie agtergrondkennis kennis van materiaal materiaal en die van materiaal en die van materiaal en die
en geen van materiaal en die eienskappe eienskappe en konsepte eienskappe, konsepte en eienskappe, konsepte en
5
bewyse gevind gebruik. daarvan. daarvan. beginsels daarvan. beginsels daarvan om
om te probleme op te los.
assesseer nie.
Proses- Geen poging is Toon 'n bietjie Toon beperkte Toon genoeg kennis van Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis
tegnieke aangewend nie kennis van kennis van tegnieke korrek geselekteerde oor hoe om relevante van korrek geselekteerde
en geen onvanpaste gebruik. tegnieke. tegnieke korrek te en toegepaste tegnieke,
5
bewyse gevind tegnieke gebruik. selekteer en toe te pas. en neem moontlike
om te beperkinge in ag.
assesseer nie.
Vaardighede Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie Toon genoeg kennis van Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis
gebruik in aangewend nie kennis van kennis van vaardighede benodig. van vaardighede benodig van vaardighede benodig
prosesse en geen vaardighede vaardighede en neem 'n paar en neem relevante
5
(sig- bewyse gevind benodig. benodig. beperkinge in ag. beperkinge in ag.
moderering) om te
assesseer nie.
TOTALE PUNT 25x2 = 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 19 DBE/PAT 2020
NSS
5.3 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE GEHALTE VAN DIE FINALE PRODUK BYLAE C
MOONTLIKE PUNT
KRITERIA 0 1 2 3 4 5
PUNT BEHAAL
Ondersoek/ Geen poging is Die produk is Die produk is klaar, Die produk is klaar en Die produk voldoen aan Die produk voldoen aan
Bekyk die aangewend nie onvolledig. maar ondersoek/ ondersoek/bekyk die die doel waarvoor dit die doel waarvoor dit
probleem/ en geen Die voltooide bekyk glad nie die probleem of behoefte ontwerp is en toon geen ontwerp is en toon
behoefte bewyse gevind produk het 'n probleem of gedeeltelik. werklike bewyse van innovering wat pas by
om te tekort aan detail behoefte nie. innovering in die die probleem of behoefte 5
assesseer nie. en maak oplossing van die geïdentifiseer.
interpretasie geïdentifiseerde
moeilik. probleem of behoefte
nie.
Afmetings en Geen poging is Afmetings verskil Afmetings verskil Party afmetings verskil Afmetings verskil effens Maatskrywing en
mates van die aangewend nie heeltemal van van oorspronklike van die oorspronklike van oorspronklike afmetings kom heeltemal
finale produk en geen oorspronklike ontwerp, maar doen tekenontwerp. ontwerp. met oorspronklike
bewyse gevind ontwerp. 'n bietjie moeite om Meer akkuraatheid en Toon baie meer ontwerp ooreen.
om te Toon geen moeite korrekte afmetings moeite om korrekte akkuraatheid en moeite 5
assesseer nie. om korrekte te maak. afmetings te maak. om korrekte afmetings te
afmetings te maak maak.
nie.
Voorkoms: Geen poging is Geen afwerking Produk se voorkoms Produk se voorkoms Produk se voorkoms Produk se voorkoms is
Afwerking, aangewend nie nie. is nie aanvaarbaar aanvaarbaar as gevolg meer aanvaarbaar baie aanvaarbaar en
vyl, skuur, en geen Geen vylwerk, nie aangesien van party van die aangesien afwerking toon 'n hoë vlak van
slyp en verf bewyse gevind verf of skuurwerk sommige van die afwerkingsmetodes wat gedoen is, maar geen innovering en
om te nie. afwerkingsmetodes gebruik is. verfwerk is gedoen nie. kreatiwiteit. 5
assesseer nie. Toon min moeite nie gevolg is nie.
om die voorkoms
aanvaarbaar te
maak.
Funksionaliteit Geen poging is Die produk is Die produk is voltooi, Die produk is klaar en dit Die produk is klaar, werk Die produk is voltooid,
van die finale aangewend nie onvolledig en maar dit werk glad werk, maar toon geen goed en toon 'n paar werk baie goed en toon
produk en geen werk glad nie. nie en toon geen nuwe verbeterings nie en nuwe verbeterings en baie nuwe verbeterings
Werk die bewyse gevind nuwe verbeterings min innovering. innovering. en 'n baie hoë vlak van 5
produk om te nie. innovering.
behoorlik? assesseer nie.
Tydsbestuur Geen poging is Baie min bewyse Toon 'n beperkte Bewyse van realistiese Bestuur tyd goed volgens Bestuur tyd uitstekend
aangewend nie van tydsbestuur. gevoel van tydsbestuur in die oorspronklike plan. deur alternatiewe in ag te
en geen tydsbestuur, maar beplanning, maar hou neem volgens die
bewyse gevind beplanning is nie by die beplanning oorspronklike plan. 5
om te onrealisties. nie.
assesseer nie.
TOTALE PUNT 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 20 DBE/PAT 2020
NSS
5.4 Verklaring van Egtheid BYLAE D
VERKLARING VAN EGTHEID
Die ONTWERPPORTEFEULJE is volgens een van die volgende metodes aangebied: bronboek,
werkboek of lêer. Dit is deel van die vakportefeulje. Die ONTWERPPORTEFEULJE moet voltooi word
voor die aanvang van vervaardigingsproses
Die volgende is by die ONTWERPPORTEFEULJE ingesluit:
Ontleding/Analisering van die probleem
Onderlinge verband tussen tegnologie, die samelewing en die omgewing
Vermoë om idees te ontwikkel
Verskaf 'n oplossing
Sketswerk (afmetings, sweissimbole, skale en projeksiesimbole)
Materiaal, gereedskap en toerusting
Algemene veiligheidsmaatreëls
Kosteberekening en materiaallys
Bewys van vergelykings tussen verskillende prosesse en vaardighede
Portefeulje-aanbieding
Die hele PAT is onder toesig van die aangewese onderwyser en sonder die hulp van enigiemand
anders gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat al die werk wat aangebied word, die oorspronklike en
eie werk van die leerder is. Prosesse wat nie deur die leerder uitgevoer is nie, is nie as deel van die
leerder se werk geassesseer nie.
Leerder
Skool
Distrik
Handtekening Datum
Leerder
Onderwyser
Hoof
Skoolstempel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 21 DBE/PAT 2020
NSS
5.5 Eksterne/Interne modereringsinstrument vir PAT BYLAE E
LANDBOUTEGNOLOGIE
SKOOL:________________________________ EMISnr: _______________
ONDERWYSER:__________________________ GRAAD: _______________
VAKSPESIALIS:_______________ DATUM: _______________
GETAL LEERDERS IN GRAAD:___________
GETAL LEERDERS WAT DIE VAK NEEM IN GRAAD 10–12:______
1 TOESTAND VAN DIE GOED AANVAARBAAR SWAK KOMMENTAAR
WERKSWINKEL
Vensters
Plafon
Vloer
Oliebestande vloerverf
Mure
Ligte
Genoeg elektriese
muurproppe
Elektriese muurproppe in
werkende toestand
Ventilasie
Diefwering
2 ONDERWYSER JA
NEE
Voorbereidingslêer:
PAT-riglyndokument
Puntestaat
Rubrieke vir leerders
Verwysingsmateriaal (bykomende inligting en bronne wat onderwyser aan
leerders gee)
Veiligheid:
Veiligheidskerms/-toestelle
Veiligheid van asetileen-/gassilinders
Sweisareas goed afgeskerm
Area om gevaarlike masjiene met geel lyne op die vloer afgebaken
Brandblusser wat gediens is
Noodhulpkassie
Veiligheidsplakkate
Veiligheidstekens
Toepaslike BGV-Wette ('OHS Acts') in die werkswinkel geïmplementeer
Getal leerders per sessie in die werkswinkel nie meer as 15 nie, soos deur die
BGV-Wet voorgeskryf
Gereedskap en toerusting:
Volledig toegeruste werkswinkel
Basiese gereedskap en toerusting
Beskadigde en gebreekte toerusting
Skaduborde teen die mure of mobiele eenhede
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 22 DBE/PAT 2020
NSS
Werkswinkelatmosfeer:
Plakkate
Uitstallings
Veilige uitleg
Werkswinkel is doelgebou
Netheid van stoorkamer:
Stoorkamer goed georganiseer
Stoorkamer skoon
Netheid van werkswinkel:
Werkswinkel skoon
3 LEERDERS SE PAT-PROJEKLÊERS JA
NEE
Leerders volg die voorgeskrewe PAT
Indien nie, is die PAT-projek van dieselfde of 'n hoër standaard as die voorgeskrewe
PAT?
Al die leerders het PAT-portefeuljelêers.
Al die leerders het 'n voltooide leerderpunt-opsommingstaat.
Al die leerders het die Verklaring van Egtheid (bl. 20) onderteken.
Al die leerders het afskrifte van die ontwerpprojek (bl. 9 tot 14) in hul PAT-lêers.
Leerders voltooi die volgende fases van die PAT bevredigend:
Ontwerp
Vervaardiging
Daar is bewyse dat al die take deur die onderwyser geassesseer is.
Al die rubrieke is voltooi en die totale is korrek na die puntestaat oorgedra.
Die assessering wat die onderwyser gedoen het, kom regverdig en betroubaar voor.
Die puntetoekenning en die prestasievlak kom ooreen met die res van die provinsie.
'n Aanpassing van die gemiddeld moet gemaak word.
4 ALGEHELE GEHALTE VAN DIE PROJEK JA
NEE
Al die leerders het die projek voltooi.
Al die leerders se werk is intern gemodereer.
Die finale projekte kom ooreen met die ontwerpe in die portefeulje.
Die punte wat deur die onderwyser met gebruik van die rubrieke gegee is, kom ooreen
met die beskikbare bewyse in die leerderportefeuljes.
5 INTERNE/EKSTERNE MODERERING JA
NEE
Daar is bewyse van interne moderering deur die departementshoof.
Daar is bewyse van interne moderering deur die vakspesialis.
6 INTERNE/EKSTERNE MODERERING JA
NEE
Daar is bewyse van interne monitering deur die departementshoof.
Daar is bewyse van interne monitering deur die adjunkhoof.
Daar is bewyse van interne monitering deur die vakspesialis.
7 Bykomende inligting. Heg getikte lyste met die volgende inligting aan:
Voeg lys by van toerusting benodig in die Landboutegnologie-werkswinkel.
Voeg lys by van toerusting wat oortollig is in die Landboutegnologie-werkswinkel.
Voeg lys by van toerusting wat nie meer herstel kan word nie en wat afgeskryf moet word in die
Landboutegnologie-werkswinkel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 23 DBE/PAT 2020
NSS
Samevattende opmerkings:
Handtekening: Datum: Handtekening: Datum:
Onderwyser Departementshoof
Handtekening: Datum: Handtekening: Datum:
Vakadviseur Skoolhoof
Skoolstempel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 24 DBE/PAT 2020
NSS
5.6 Puntestaat BYLAE F
LANDBOUTEGNOLOGIE-PAT
SKOOL: _____________________________ SENTRUMNR.: ____________________________ EMIS-NOMMER: ___________________
STREEK: ____________________________ DISTRIK: _____________________________ JAAR:_____________
NR. LEERDER ONTWERPPORTEFEULJE VERVAARDIGINGSPROSES GEHALTE VAN DIE FINALE PRODUK
Vaardighede betrokke by die hantering
Onderlinge verband tussen tegnologie,
Veilige hantering van gereedskap en Vaardighede gebruik in die prosesse
Materiaal, gereedskap en toerusting Kosteberekening en materiaallys Funksionaliteit van die finale produk
Beplanningsvaardighede: Ondersoek/Bekyk die probleem/
TOTAAL: 25 (50/2 = 25) TOTAAL A + B + C = 100
van gereedskap en toerusting
TOTAAL (25 x 2 = 50)
Ontwikkeling van idees. Algemene veiligheid Aanbied van portefeulje Kennis van materiale Afmetings en mates Voorkoms en afwerking
Ontleding/Analise en diagnose samelewing en omgewing. Tekeninge/Sketse toerusting (sigmoderering) Proses tegnieke (sigmoderering) behoefte TOTAAL 25
Oplossing Vergelykings (sigmoderering) Tydsbestuur
5 5 5 5 5 5 5 5 5 5 25 5 5 5 5 5 50 5 5 5 5 5 25
1.
2.
Totaal: Totaal: Totaal:
Gemiddeld : Gemiddeld : Gemiddeld :
ONDERWYSER: _____________________ HANDTEKENING VAN ONDERWYSER: ____________________ DATUM: _______________
SKOOLHOOF: _____________________ HANDTEKENING VAN SKOOLHOOF: ____________________ DATUM: _______________
MODERATOR: _____________________ HANDTEKENING VAN MODERATOR: ____________________ DATUM: _______________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 25 DBE/PAT 2020
NSS
5.7 Konsolidasievorm BYLAE G
LANDBOUTEGNOLOGIE
SKOOL: ________________________________ SENTRUMNOMMER: _________________ EMIS-NOMMER: ___________________
STREEK : ________________________________ DISTRIK: ___________________________ JAAR:_____________________________
Vervaardiging van die produk Gehalte van die finale produk
Gemodereerde punt
KANDIDAAT-SE
Ontwerpportefeulje
KANDIDATE TOTAAL
EKSAMENNOMMER
25 50 25 100 100
1.
2.
Totaal:
Gemiddeld:
ONDERWYSER: _____________________ HANDTEKENING VAN ONDERWYSER: _____________________ DATUM: _______________
SKOOLHOOF: _____________________ HANDTEKENING VAN SKOOLHOOF: _____________________ DATUM: _______________
MODERATOR: _____________________ HANDTEKENING VAN MODERATOR: _____________________ DATUM: _______________
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2022 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2021 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2019 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2018 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2017 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2016 Afr hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Agricultural Technology May June 2025 MG Afr

Memorandum
Agricultural Technology May June 2024 MG Afr

Question paper
Agricultural Technology May June 2024 Afr

Memorandum
Agricultural Technology Nov 2020 Memo Eng hlayiso.com

Memorandum
Agricultural Technology Nov 2020 Memo Afr hlayiso.com

Question paper
Agricultural Technology Nov 2020 Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Agricultural Technology
Explore more published documents in this catalogue.





