You're offline
Skip to content
Document

Agricultural Technology PAT GR 12 2021 Afr hlayiso.com

Subject: Agricultural TechnologyGrade 12202124 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com LANDBOUTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2021 Hierdie riglyne bestaan uit 24 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 2 DBE/PAT 2021 NSS INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 3 2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS 4 2.1 Praktiese Assesseringstaak (PAT) vir 2021 4 2.2 Hoe om die PAT te administreer 4 2.3 Fases in die ontwikkeling van die PAT-projek 6 2.3.1 Fase 1: Ontwerpportefeulje 6 2.3.2 Fase 2: Vervaardigingsproses 7 2.3.3 Fase 3: Finale produk 7 2.4 Kriteria en riglyne vir PAT-assessering 7 2.4.1 Kriteria en riglyne om die ontwerpportefeulje te assesseer 8 2.4.2 Kriteria en riglyne om die vervaardigingsproses te assesseer 8 2.4.3 Kriteria en riglyne om die gehalte van die finale produk te assesseer 8 2.5 Moderering van die PAT 8 3. RIGLYNE VIR LEERDERS 9 3.1 Inleiding 9 3.2 Illustrasie van die PAT 9 3.3 Verbruikbare materiaal, masjiene en gereedskap om die projek te vervaardig 9 3.4 Prosedures om in die proses te volg 10 3.5 Veiligheid 13 3.6 Alternatiewe ontwerpe 13 4. GEVOLGTREKKING 14 5. ASSESSERINGSRUBRIEKE 15 5.1 Assesseringsrubriek vir die ontwerpportefeulje BYLAE A 15 5.2 Assesseringsrubriek vir die vervaardigingsproses BYLAE B 17 5.3 Assesseringsrubriek vir die gehalte van die finale produk BYLAE C 18 5.4 Verklaring van Egtheid BYLAE D 19 5.5 Eksterne/Interne modereringsinstrument vir PAT BYLAE E 20 5.6 Nasienskedule BYLAE F 23 5.7 Konsolidasievorm BYLAE G 24 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 3 DBE/PAT 2021 NSS 1. INLEIDING Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke (KABV) wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe, Tegniese Wiskunde  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 4 DBE/PAT 2021 NSS 2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS 2.1 Praktiese Assesseringstaak (PAT) vir 2021 Die doel van die PAT is om leerders te leer om tegnologiese probleme in die landbou-omgewing met gebruik van kritiese, innoverende en denkvaardighede op te los. Die PAT bestaan uit 'n ontwerpkomponent, vervaardigingskomponent en 'n finale produk. Die PAT lei die leerder om die produk te ontwerp en te ontwikkel volgens tegnologiese prosesse. Skole sal aan die begin van Kwartaal 4 van die graad 11-jaar oor die graad 12-projek ingelig word om die onderwyser en leerder geleentheid te gee om vooraf te beplan. Hieronder volg 'n scenario en 'n volledige uitleg van die voorbeeldmodel wat as die PAT vir 2021 gebruik kan word. SCENARIO: 'n Boer het 'n bouerstaander/-bok ('builder's trestle') nodig wat gebruik kan word wanneer hy wildsheinings oprig en ook wanneer hy moeilik bereikbare plekke verf. Ontwerp 'n praktiese bouerstaander/-bok wat doeltreffend in hierdie situasie gebruik kan word. Die stuk toerusting moet meerdoelig wees sodat dit in verskillende omstandighede of toestande gebruik kan word. Dit moet lig, eenvoudig en maklik hanteerbaar wees, maar stewig genoeg om swaar laste te dra. Die bouerstaander/-bok moet nie omkantel wanneer dit gebruik word nie. Gebruik verskillende tegnologiese prosesse om jou met die ontwerp en vervaardiging van hierdie stuk toerusting te help, bv. beplanning, ondersoek, navorsing en verskillende praktiese vaardighede. 2.2 Hoe om die PAT te administreer Die onderwyser moet hierdie PAT-dokument gebruik as 'n riglyn om die PAT te doen. Die leerder, onder leiding van die onderwyser, moet die hele PAT self ontwerp en beplan. Die onderwyser sal slegs die probleemstelling aan die leerders verskaf. Die ideaal is dat die leerders almal verskillende PAT-ontwerpe moet hê. Die onderwyser moet die praktiese toepaslikheid van die leerder se ontwerp evalueer en voorstelle maak voordat die leerder die finale ontwerpportefeulje indien. Indien die skool/leerders besluit om 'n alternatiewe PAT te doen, moet daardie PAT voldoen aan die voorgeskrewe standaarde wat deur hierdie PAT-riglyndokument uiteengesit is. Dit sal bewyse van die ontwerpportefeulje, werksprosedure, rubrieke en bewyse van die finale produk insluit. Die kriteria en formaat om die ontwerpportefeulje, vervaardigingsproses en finale produk te assesseer, moet dieselfde as dié van die voorgeskrewe PAT wees. Die projek moet uit ten minste SEWE van die gegewe kriteria, soos op bladsy 46–47 in die Landboutegnologie: Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring (KABV) aangedui, bestaan. Die model moet funksionele waarde hê en moet in werklike plaas- en werkswinkelsituasies bruikbaar wees. Die leerders moet met die assesseringskriteria vertroud wees voordat hulle met die taak begin. Die PAT moet onder toesig van die aangewese onderwyser gedoen word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 5 DBE/PAT 2021 NSS Die praktiese assesseringstaak in graad 12 word ekstern opgestel, intern geassesseer en ekstern gemodereer. Die PAT word onder gekontroleerde toestande voltooi en met behulp van 'n rubriek geassesseer. Die promosiepunt van Landboutegnologie bestaan uit 'n PAT-komponent van 100 punte (25%), 'n skoolgebaseerde-assesserings(SGA)-komponent van 100 punte (25%) en 'n eindeksamenkomponent van 200 punte (50%). Die PAT dra 25% tot die totale promosiepunt (400) in graad 12 by. Die PAT is 100 punte en bestaan uit 'n ontwerpportefeulje (25 punte), 'n vervaardigingsproses (50 punte) en die finale produk (25 punte). Voordat 'n leerder met die vervaardigingsproses kan begin, moet die ontwerpportefeulje voltooi en deur die onderwyser geassesseer word. Die rede hiervoor is dat die onderwyser ontwerpfoute vir die leerder moet identifiseer, wat hy/sy moet korrigeer. Die ontwerpportefeulje en finale produk moet vir monitering en moderering beskikbaar wees. Die PAT moet deur die onderwyser geëvalueer, nagegaan en gewaarmerk word voordat dit as die leerder se finale bewys van prestasie voorgelê word. Die onderwyser se PAT-lêer moet bewyse bevat van: (a) Die PAT-opdrag (b) 'n Volledige assesseringsrekord wat te alle tye vir moniterings- en modereringsdoeleindes beskikbaar moet wees Eksterne moderering sal deur die onderskeie provinsiale moderators en die Nasionale Departement van Basiese Onderwys (DBE) gedoen word. Geen leerder word toegelaat om sy/haar projek huis toe te neem voordat finale moderering afgehandel is nie. Indien 'n onderwyser sou versuim om 'n rekord van die PAT-assessering te hou, is dit wangedrag en dit sal volgens paragraaf 5(3) van die beleidsdokument, Nasionale Beleid oor die Afneem, Administrasie en Bestuur van die Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Vlak 4-kwalifikasie op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR), of ander gepaste maatreëls, hanteer word. Die afwesigheid van punte vir die PAT in graad 10–12, sonder 'n geldige rede, sal daartoe lei dat die kandidaat wat vir die spesifieke vak geregistreer is, onvolledige uitslae sal kry. Die kandidaat sal drie weke voor die begin van die finale jaareindeksamen gegee word om die uitstaande PAT voor te lê. Indien die kandidaat sou versuim om die PAT voor te lê, sal hy/sy ingelig word dat hy/sy nie aan die minimum vereistes vir promosie voldoen het nie en dat hy/sy die vak die volgende jaar moet herhaal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 6 DBE/PAT 2021 NSS 2.3 Fases in die ontwikkeling van die PAT-projek Die projek moet in die volgende drie fases voltooi word: 2.3.1 Fase 1: Ontwerpportefeulje Leerders moet die probleem of behoefte in hulle gekose projek identifiseer. Hy/Sy moet die projek ook ondersoek, idees skep en moontlike ontwerpoplossings vind om die model te maak, te evalueer en 'n oplossing vir die probleem of behoefte oor te dra. Die bewyse vir hierdie fase word in die ontwerpportefeulje geplaas wat aan die begin van die laaste kwartaal van die graad 11-jaar kan begin en voortduur tot die einde van Januarie in graad 12. In hierdie fase moet die leerder aangemoedig word om kreatief te wees en inisiatief te toon. 'n Verklaring van Egtheid (BYLAE D) moet voor finale moderering deur elke leerder voltooi word. Die ontwerpportefeulje moet bewyse bevat van hoe die ontwikkeling van die produk benader is, soos hieronder aangetoon.  Analisering/Ontleding en beplanning van die opdrag  Verband tussen tegnologie, die samelewing en omgewing  Sketse, diagramme of berekenings  Materiaal gebruik  Gereedskap gebruik  Algemene veiligheidsmaatreëls van toepassing  Vergelyking van prosesse en gereedskap wat gebruik moet word  Kosteberekening en materiaallys  Kennis en vaardighede vereis in die vervaardigingsproses  Vervaardigingsprosesse wat gevolg is  Tydsbeplanning van die begin tot by die finale produk  Navorsing of ondersoeke onderneem  Enige ander inligting met betrekking tot die projek Formaat van die ontwerpportefeulje: Voorblad: Naam van leerder Graad Skool Eksamennommer Jaar Inhoud: Opdrag Beplanning en navorsing Ontwerpsketse Materiaallys Gereedskap benodig en relevante veiligheidsmaatreëls Vergelykings van prosesse en gereedskap wat gebruik gaan word Kosteberekeninge Bronnelys Stappe wat gevolg moet word Enige bykomende inligting Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 7 DBE/PAT 2021 NSS 2.3.2 Fase 2: Vervaardigingsproses Leerders begin met die konstruksie van die werklike model aan die begin van Februarie in Kwartaal 1 van graad 12, of sodra die leerder die ontwerpportefeulje voltooi het en dit deur die onderwyser goedgekeur is. Die leerder begin dan met Fase 2. Die model moet teen die middel van Kwartaal 3 in graad 12 voltooi wees. Daar word van die leerder verwag om die model in die skool se werkswinkel te vervaardig, onder streng toesig van die onderwyser. Prosesse wat nie deur die leerder uitgevoer is nie, kan nie as deel van die leerder se werk geassesseer word nie. Die model moet 'n aantal praktiese vaardighede insluit, maar neem in ag dat die model aan die minimum aantal vaardighede moet voldoen, soos deur die vak se KABV-dokument voorgeskryf. Die onderwyser moet deurlopende assessering tydens die vervaardigingsproses doen om sekere vaardighede en prosesse met behulp van die gegewe rubriek te evalueer en te assesseer. 2.3.3 Fase 3: Finale produk Leerders moet die modelle vir assessering teen die middel van Kwartaal 3 indien. Die beplanning gedoen in Fase 1 (ontwerpportefeulje) moet ook vir assessering van die finale produk ingedien word. Vir finale assessering moet die model voltooi word en funksioneel wees. Die finale produk moet met die beplanning in Fase 1 ooreenstem. 2.4 Kriteria en riglyne vir PAT-assessering Die PAT bestaan uit DRIE fases. Elke fase moet deur die onderwyser, met behulp van die aangehegte rubrieke, geassesseer word.  Die ontwerpportefeulje moet nie later as die einde van Kwartaal 1 voltooi en nagesien wees nie. Sodra 'n leerder klaar is met die ontwerpportefeulje en dit deur die onderwyser geassesseer en goedgekeur is, kan hy/sy met Fase 2 voortgaan. Die onderwyser moet die rubriek (BYLAE A) gebruik om die ontwerpportefeulje te assesseer.  Die vervaardigingsproses is 'n deurlopende proses en die verskillende vaardighede moet voortdurend deur die onderwyser geassesseer word wanneer die verskillende vaardighede toegepas word. Die rubriek (BYLAE B) moet gebruik word.  Die finale produk moet volgens die rubriek (BYLAE C) geëvalueer en geassesseer word.  BYLAE D is 'n Verklaring van Egtheid en moet deur elke leerder voltooi word.  BYLAE E moet deur die onderwyser gebruik word om te verseker dat die Landboutegnologie-werkswinkel en -geriewe vir eksterne moderering op standaard is.  BYLAES F en G is voorbeelde van nasienskedules wat gebruik kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 8 DBE/PAT 2021 NSS 2.4.1 Kriteria en riglyne om die ontwerpportefeulje te assesseer (25 punte)  Ontleding van probleem  Verwantskap tussen tegnologie, die samelewing en die omgewing  Vermoë om idees te ontwikkel  Gee 'n oplossing  Sketswerk (maatskrywing, sweis-, skaal- en projeksiesimbole)  Materiaal, gereedskap en toerusting  Algemene veiligheidsmaatreëls  Kosteberekening en materiaallys  Bewyse van vergelykings tussen verskillende prosesse en vaardighede  Portefeulje-aanbieding 2.4.2 Kriteria en riglyne om die vervaardigingsproses te assesseer (sigmoderering) (50 punte)  Veilige hantering en instandhouding van gereedskap en toerusting  Vaardighede wat verband hou met die behoorlike gebruik en instandhouding van gereedskap en toerusting  Kennis van materiaal om probleme op te los  Toepassing van verskillende tegnieke en prosesse  Vaardighede getoon in die toepassing van prosesse 2.4.3 Kriteria en riglyne om die gehalte van die finale produk te assesseer (25 punte):  Die produk voldoen aan die doel waarvoor dit ontwerp is en toon innovering wat toepaslik is vir die probleem  Afmetings en mates van die finale produk  Voorkoms: Afwerking sluit vyl, slyp, skuur en verf in  Verseker dat die produk behoorlik funksioneer  Tydsbestuur: Gaan die volledigheid van die produk na 2.5 Moderering van die PAT  Interne moderering (departementshoof) Die onderwyser en leerder se PAT-portefeuljes moet deur die departementshoof of senior onderwyser van die vak by die skool gemodereer word.  Eksterne moderering (vakspesialis) Die vakspesialis moet EEN KEER PER KWARTAAL eksterne moderering doen. Die vakspesialis moet aan die einde van Kwartaal 1 die ontwerpportefeulje modereer. Die werklike vervaardigingsproses deur die leerder moet in Kwartaal 2 deur die vakspesialis gemodereer word. Die finale produk asook die finale PAT- punt moet in Kwartaal 3 gemodereer word.  Eksterne moderering (nasionale paneel) 'n Paneel moderators wat deur die DBE aangestel is, sal die PAT en praktiese werkswinkel modereer. BYLAE E is die modereringsinstrument wat deur die nasionale paneel vir moderering by skole gebruik sal word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 9 DBE/PAT 2021 NSS 3. RIGLYNE VIR LEERDERS 3.1 Inleiding Die model wat die leerders moet maak, moet die prosesse insluit wat deur die jare vanaf graad 10 in die teoretiese werk geleer is. Hierdie prosesse is deel van verskillende take wat op 'n plaas verrig kan word. Die leerders gebruik hulle vaardighede en kennis wat in Landboutegnologie verkry is om hierdie projek te voltooi. 3.2 Illustrasie van die PAT Die foto hieronder toon 'n bouerstaander/-bok ('builder's trestle') wat die boer kan gebruik om wildsheinings op die plaas op te rig en wat hom ook kan help om moeilik bereikbare plekke te verf. Jy kan een bou en dit as 'n trapleer gebruik, of jy kan twee bou, soos hieronder getoon. Jy kan dit op vyf verskillende hoogtes stel met 'n traphoogte van 250 mm. 3.3 Verbruikbare materiaal, masjiene en gereedskap om die projek te vervaardig GEREEDSKAP BENODIG Metaalsnymasjien Verstekhaak/Winkelhaak Plat en ronde vyl Boormasjien Ystersaag Persoonlike beskermingsklere Plasma-/Oksiasetileensnyer Kraspen Besem Oksiasetileen-verwarmings- Maatband Klampe toerusting Buigmasjien Senterpons Verfkwas Sweismasjien Moersleutels Hamer Werkstafel Tang Hoeksnymasjien VERBRUIKBARE MATERIAAL Staalboortjie Ø 13 mm Ystersaaglemme Amarilskuur/Snylemme/Plasmasnyer- Terpentyn benodigdhede (spuitstukke, invoegings, Potlood spasieerstukke) Roes-oleum-hoë-temperatuur-spuitverf Handskoonmaakmiddel MIG-draad en -gas/Boogsweisstafies Onderlaagverf Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 10 DBE/PAT 2021 NSS 3.4 Prosedures om in die proses te volg VOORGESTELDE WERK-/TYDSKEDULE Datum voorspel Ongeveer 2 ure per week word vir die PAT benodig, soos in die KABV-dokument voorgeskryf. Ongeveer 18 weke (36 ure) is vir die vervaardigingsproses beskikbaar. A. ONTWERPPORTEFEULJE (25 punte) 1. PAT-probleemstelling/taak moet aan die leerders uitgedeel word. Week 1 Die onderwyser moet die probleemstelling/taak aan die leerders verduidelik. Leerders het DRIE weke om die ontwerpportefeulje te voltooi. 2. Die onderwyser moet aktief betrokke wees en ondersteuning aan die Week 2 leerders tydens die ontwerpproses bied. 3. Die onderwyser moet die voltooide portefeuljes inneem, evalueer, assesseer Week 3 en terugvoering aan die leerders gee voordat die leerders met die vervaardigingsproses kan begin. 4. Die leerders moet die verbeteringe aan die ontwerpportefeulje aanbring, waar nodig. 5. Die onderwyser moet die punte van die ontwerpportefeulje op die SBA-puntestaat aanteken. B. VERVAARDIGINGSPROSES (50 punte) (Die onderwyser moet die volledige vervaardigingsproses monitor en evalueer). LET WEL: Die leerders moet 'n skaaltekening met byskrifte van die bouerstaander/-bok maak. ITEM- HOEV. BESKRYWING LENGTE KOSTE NR. 1. 4 25 mm x 25 mm vierkantige 4 x 1 300 mm R160,00 buisstaal 2. 6 25 mm x 25 mm vierkantige 6 x 500 mm R90,00 buisstaal 3. 2 Soliede platstaal 200 mm x 2 x 200 mm R20,00 50 mm x 5 mm 4. 2 Soliede platstaal 80 mm x 2 x 80 mm R10,00 30 mm x 5 mm 5. 4 Staalpyp 48 mm x 50 mm 4 x 50 mm R30,00 6. 16 5 mm x 25 mm selftappers R20,00 7. 2 Boute en moere 12 mm x R10,00 50 mm 8. 4 Buiteband of voerband 4 x 50 mm x R15,00 150 mm 9 1 25 mm x 4 mm ketting 1 x 600 mm R15,00 R370,00 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 11 DBE/PAT 2021 NSS Stap 1: Sny item 1. Vierkantige buisstaal 1 300 mm x 25 mm x 25 mm. Sny 4, soos in die Week prentjie getoon. 5–6 Stap 2: Sny item 2. Vierkantige buisstaal 500 mm x 25 mm x 25 mm. Sny 6, soos in die Week prentjie getoon. 7–8 Stap 3: Sweis items 1 en 2 aan mekaar vas, soos in die prentjie getoon. Week 9–10 Stap 4: Sny items 3 en 4. Buig en sweis in posisie, soos getoon. Week 11–12 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 12 DBE/PAT 2021 NSS Stap 5: Boor gate en heg aan mekaar. Week 13–14 Jy kan die ontwerp van die stut volgens jou eie ontwerp verander.  Sny die stutte volgens jou ontwerp met enige van die volgende: hoekslypmasjien, plasmasnyer of oksiasetileen  Werk al die rante af voordat jy sweis.  Sweis soos op jou skets aangedui. Stap 6: Sny item 5. Sweis die staalpype in posisie, soos in die prentjie getoon. Week 15–16 Jy kan die ontwerp van die stut volgens jou eie ontwerp verander.  Sny die stutte volgens jou ontwerp met enige van die volgende apparaat: hoekslypmasjien, plasmasnyer of oksiasetileen  Werk al die rante af voordat jy sweis.  Sweis soos op jou skets aangedui. Stap 7: Sny item 8 (die wand van 'n buiteband of 'n voerband kan gebruik word) en heg dit Week aan die pyp, soos hierbo getoon. 17–18 Stap 8: Verf grondlaag en verf die gesweiste raam om roes te voorkom. Laat die verf toe Week om behoorlik droog te word. 19–20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 13 DBE/PAT 2021 NSS Voltooide bouerstaander/-bok Indien jy twee wil bou, moet jy die materiaal met twee vermenigvuldig. C. FINALE PRODUK (25 punte)  Die onderwyser moet die finale produk evalueer en die PAT-punte vir die jaar finaliseer.  Punte moet op die SGA-puntestate aangeteken word. 3.5 Veiligheid  'n Veilige werkwyse op die werktafel op 'n verantwoordelike manier sal die kans op ongelukke of beserings verlaag.  Dra altyd gepaste veiligheidstoerusting en -klere vir sweiswerk en metaalwerk. Klere moet van vuurbestande katoen of wol gemaak wees, en nooit van sintetiese materiaal wat kan smelt nie.  Dra altyd 'n helm wanneer jy sweis en 'n volgesigskerm wanneer jy 'n slypmasjien gebruik.  Dra ook leersweishandskoene om jou teen brandwonde te beskerm.  Jy moet altyd in 'n goed geventileerde area werk. 3.6 Alternatiewe ontwerpe Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 14 DBE/PAT 2021 NSS 4. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie Downloaded from hlayiso.com 15 DBE/PAT 2021 NSS 5. ASSESSERINGSRUBRIEKE BYLAE A Naam van leerder: ______________________ Skool: _________________Graad:_____________ Datum: _______________ ONTWERP- VERVAARDIGINGS- GEHALTE VAN TOTAAL HANDTEKENING VAN HANDTEKENING VAN PORTEFEULJE PROSES PRODUK ONDERWYSER EKSTERNE MODERATOR /25 /50 /25 /100 5.1 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE ONTWERPPORTEFEULJE MOONTLIKE PUNT KRITERIA 0 1 2 3 4 5 PUNT BEHAAL Beplannings- Geen poging is Toon 'n beperkte Toon 'n poging om Identifiseer die Ontleed die gegewe Identifiseer die gegewe vaardighede: aangewend nie poging om relevante inligting te gegewe probleem probleem korrek en probleem/behoefte korrek Analise/ en geen inligting te identifiseer en in te korrek en samel toon bewyse van die en gebruik 'n Ontleding en bewyse gevind identifiseer en in samel, om die relevante inligting in gebruik van 'n wye verskeidenheid diagnose om te te samel om die gegewe probleem/ om die gegewe reeks inligting om die ondersoekstrategieë om 5 assesseer nie. gegewe behoefte mee te probleem/behoefte probleem/behoefte te relevante inligting te bekom probleem/ ontleed. mee te ontleed. verstaan. wat gehelp het met die behoefte mee te ontwikkeling en ontwerp ontleed. van innoverende idees. Onderlinge Geen poging is Wend geen Bewustheid van die Bewustheid en kennis Toepassing en kennis Toepassing en kennis van verband aangewend nie poging aan om onderlinge verband van die onderlinge van aspekte van die aspekte van die onderlinge tussen en geen die onderlinge is getoon. verband is getoon. onderlinge verband. verband en die 5 tegnologie, die bewyse gevind verband te implementering van samelewing om te oorweeg nie. voorkomingsmaatreëls. en omgewing assesseer nie. Ontwikkel Geen poging is Noem 'n paar Toon geringe Bied 'n paar Gebruik oorspronklike Ontwikkel 'n uitstekende idees aangewend nie idees. bewustheid van alternatiewe idees met en kreatiewe idees en verskeidenheid en geen alternatiewe idees beperkte beredenering kies die geskikste alternatiewe en bewyse gevind van keuses aan. opsie. innoverende idees. 5 om te Die voorkeuropsie is goed assesseer nie. gemotiveer met duidelike skakels met die ontwerp. Oplossing Geen poging is Pogings om met Pogings om met Verskaf ontwerpsketse Verskaf uitstekende Verskaf uitstekende aangewend nie beperkte ontwerp- ontwerpsketse, en 'n verskeidenheid ontwerpsketse en 'n lys innoverende en geen sketse en 'n paar spesifikasies en spesifikasies en relevante spesifikasies ontwerpsketse wat uiters bewyse gevind spesifikasies beperkinge t.o.v. die beperkinge rakende en beperkinge t.o.v. die goed geformuleer is en 5 om te vorendag te kom. gegewe probleem die gegewe probleem. gegewe probleem. definieer die behoefte assesseer nie. Beperkinge t.o.v. vorendag te kom. volgens die gegewe die gegewe probleem. probleem. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie Downloaded from hlayiso.com 16 DBE/PAT 2021 NSS MOONTLIKE PUNT KRITERIA 0 1 2 3 4 5 PUNT BEHAAL Sketswerk Geen poging is Verskaf Verskaf 'n paar Verskaf relevante Verskaf sketse met Verskaf uitstekende aangewend nie irrelevante sketse relevante sketse met sketse met korrekte korrekte lyne en sketse volgens die en geen wat beperkte verkeerde lyne en/of lyne en simbole. simbole wat met die gegewe probleem; 5 bewyse gevind tekenvaardighede verkeerde simbole. gegewe probleem oorweeg moontlike om te demonstreer. verband hou. oplossings. assesseer nie. Materiaal-, Geen poging is Poog om party Verskaf 'n verkeerde Verskaf 'n lys van Verskaf 'n lys met 'n Verskaf 'n lys van die gereedskap- aangewend nie van die materiaal, of onvoldoende lys relevante materiaal, verskeidenheid mees relevante en toerusting- en geen gereedskap en van materiaal, gereedskap en relevante materiaal, materiaal, gereedskap en 5 lys bewyse gevind toerusting te gereedskap en toerusting. gereedskap en toerusting benodig in 'n om te noem. toerusting. toerusting benodig. kreatiewe formaat. assesseer nie. Algemene Geen poging is Poog om Toon 'n mate van Toon bewustheid, Toon bewustheid, Toon bewustheid, kennis veiligheid aangewend nie veiligheids- bewustheid van kennis en toepassing kennis en toepassing en toepassing van en geen regulasies in ag veiligheids- van van veiligheidsregulasies bewyse gevind te neem. regulasies. veiligheidsregulasies. veiligheidsregulasies rakende alle toestande 5 om te rakende verskeie en neem assesseer nie. situasies. voorkomingsmaatreëls in ag. Koste- Geen poging is Verskaf 'n Poog om koste- Verskaf koste- Verskaf Verskaf berekeninge aangewend nie materiaallys met berekening te doen berekeninge met kosteberekeninge met kosteberekeninge met en en geen geen berekeninge deur verkeerde gebruik van korrekte gebruik van korrekte gebruik van korrekte materiaallys bewyse gevind nie. eenhede, data en eenhede en data eenhede en data eenhede en data 5 om te materiaallys te ingesamel, sonder om ingesamel en neem ingesamel en neem assesseer nie. gebruik. beperkinge in ag te beperkinge in ag. relevante beperkinge neem. in ag. Vergelykings Geen poging is Geen Swak vergelyking Vergelyking van 'n Deeglike vergelyking 'n Deeglike vergelyking aangewend nie vergelykings nie. van een proses. verskillende prosesse, van verskillende van verskillende en geen vaardighede en prosesse, vaardighede prosesse, vaardighede 5 bewyse gevind materiaal. en materiaal. en materiaal en kom tot om te 'n gevolgtrekking assesseer nie. Portefeulje- Geen poging is Die portefeulje is Die portefeulje is Die portefeulje is Die portefeulje is Die voltooide portefeulje- aanbieding aangewend nie onvolledig en voltooi, maar swak voltooi en voldoende voltooi en goed aanbieding toon 'n hoë en geen swak georden en georden en georden en voorberei. aangebied. vlak van innovering en 5 bewyse gevind voorberei. voorberei. kreatiwiteit. om te assesseer nie. TOTALE PUNT 50÷2 = 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie Downloaded from hlayiso.com 17 DBE/PAT 2021 NSS 5.2 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE VERVAARDIGINGSPROSES BYLAE B MOONTLIKE PUNT KRITERIA 1 2 3 4 5 PUNT BEHAAL Veilige Geen poging is Toon bewustheid Toon bewustheid en Toon genoeg kennis Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis hantering van aangewend nie van veiligheids- kennis van 'n paar en bewustheid van en bewustheid van alle en bewustheid van alle gereedskap/ en geen maatreëls. veiligheidsmaatreëls. toepaslike veiligheids- toepaslike veiligheids- toepaslike veiligheids- 5 toerusting bewyse gevind maatreëls. maatreëls. maatreëls en pas (sig- om te voorkomingsmaatreëls moderering) assesseer nie. toe. Vaardighede Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie Toon genoeg kennis Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis met aangewend nie kennis en kennis en en vaardighede wat en vaardighede wat en vaardighede wat betrekking tot en geen vaardighede van vaardighede wat verband hou met verband hou met verband hou met die hantering bewyse gevind toerusting wat verband hou met die gereedskap en gereedskap en gereedskap en toerusting van om te verband hou met gereedskap en toerusting gebruik en toerusting gebruik en gebruik en uitstekende 5 gereedskap assesseer nie. die gereedskap toerusting gebruik bewyse van goeie huishouding. huishouding. en toerusting gebruik. en huishouding. huishouding. (sig- moderering) Kennis van Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie Toon genoeg kennis Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis materiaal aangewend nie agtergrondkennis kennis van materiaal van materiaal en die van materiaal en die van materiaal en die en geen van materiaal en die eienskappe eienskappe en eienskappe, konsepte eienskappe, konsepte en 5 bewyse gevind gebruik. daarvan. konsepte daarvan. en beginsels daarvan. beginsels daarvan om om te probleme op te los. assesseer nie. Proses- Geen poging is Toon 'n bietjie Toon beperkte Toon genoeg kennis Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis tegnieke aangewend nie kennis van kennis van tegnieke van korrek oor hoe om relevante van korrek geselekteerde en geen onvanpaste gebruik. geselekteerde tegnieke korrek te en toegepaste tegnieke, 5 bewyse gevind tegnieke gebruik. tegnieke. selekteer en toe te pas. en neem moontlike om te beperkinge in ag. assesseer nie. Vaardighede Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie Toon genoeg kennis Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis gebruik in aangewend nie kennis van kennis van van vaardighede van vaardighede van vaardighede benodig prosesse en geen vaardighede vaardighede benodig. benodig en neem 'n en neem relevante 5 (sig- bewyse gevind benodig. benodig. paar beperkinge in ag. beperkinge in ag. moderering) om te assesseer nie. TOTALE PUNT 25x2 = 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie Downloaded from hlayiso.com 18 DBE/PAT 2021 NSS 5.3 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE GEHALTE VAN DIE FINALE PRODUK BYLAE C MOONTLIKE PUNT KRITERIA 0 1 2 3 4 5 PUNT BEHAAL Ondersoek/ Geen poging is Die produk is Die produk is klaar, Die produk is klaar en Die produk voldoen Die produk voldoen aan Bekyk die aangewend nie onvolledig. maar ondersoek/ ondersoek/bekyk die aan die doel waarvoor die doel waarvoor dit probleem/ en geen Die voltooide bekyk glad nie die probleem of behoefte dit ontwerp is en toon ontwerp is en toon behoefte bewyse gevind produk het 'n probleem of gedeeltelik. geen werklike bewyse innovering wat pas by om te tekort aan detail behoefte nie. van innovering in die die probleem of 5 assesseer nie. en maak oplossing van die behoefte geïdentifiseer. interpretasie geïdentifiseerde moeilik. probleem of behoefte nie. Afmetings en Geen poging is Afmetings verskil Afmetings verskil Party afmetings verskil Afmetings verskil Maatskrywing en mates van die aangewend nie heeltemal van van oorspronklike van die oorspronklike effens van afmetings kom finale produk en geen oorspronklike ontwerp, maar doen tekenontwerp. oorspronklike ontwerp. heeltemal met bewyse gevind ontwerp. 'n bietjie moeite om Meer akkuraatheid en Toon baie meer oorspronklike ontwerp om te Toon geen moeite korrekte afmetings moeite om korrekte akkuraatheid en moeite ooreen. 5 assesseer nie. om korrekte te maak. afmetings te maak. om korrekte afmetings afmetings te maak te maak. nie. Voorkoms: Geen poging is Geen afwerking Produk se voorkoms Produk se voorkoms Produk se voorkoms Produk se voorkoms is Afwerking, aangewend nie nie. is nie aanvaarbaar aanvaarbaar as gevolg meer aanvaarbaar baie aanvaarbaar en vyl, skuur, en geen Geen vylwerk, nie aangesien van party van die aangesien afwerking toon 'n hoë vlak van slyp en verf bewyse gevind verf of skuurwerk sommige van die afwerkingsmetodes wat gedoen is, maar geen innovering en om te nie. afwerkingsmetodes gebruik is. verfwerk is gedoen nie. kreatiwiteit. 5 assesseer nie. Toon min moeite nie gevolg is nie. om die voorkoms aanvaarbaar te maak. Funksionaliteit Geen poging is Die produk is Die produk is voltooi, Die produk is klaar en dit Die produk is klaar, Die produk is voltooid, van die finale aangewend nie onvolledig en maar dit werk glad werk, maar toon geen werk goed en toon 'n werk baie goed en toon produk en geen werk glad nie. nie en toon geen nuwe verbeterings nie en paar nuwe baie nuwe verbeterings Werk die bewyse gevind nuwe verbeterings min innovering. verbeterings en en 'n baie hoë vlak van 5 produk om te nie. innovering. innovering. behoorlik? assesseer nie. Tydsbestuur Geen poging is Baie min bewyse Toon 'n beperkte Bewyse van realistiese Bestuur tyd goed Bestuur tyd uitstekend aangewend nie van tydsbestuur. gevoel van tydsbestuur in volgens die deur alternatiewe in ag en geen tydsbestuur, maar beplanning, maar hou oorspronklike plan. te neem volgens die bewyse gevind beplanning is nie by die beplanning oorspronklike plan. 5 om te onrealisties. nie. assesseer nie. TOTALE PUNT 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 19 DBE/PAT 2021 NSS 5.4 Verklaring van Egtheid BYLAE D VERKLARING VAN EGTHEID Die ONTWERPPORTEFEULJE is volgens een van die volgende metodes aangebied: bronboek, werkboek of lêer. Dit is deel van die vakportefeulje. Die ONTWERPPORTEFEULJE moet voor die aanvang van vervaardigingsproses voltooi word. Die volgende is by die ONTWERPPORTEFEULJE ingesluit:  Ontleding/Analisering van die probleem  Onderlinge verband tussen tegnologie, die samelewing en die omgewing  Vermoë om idees te ontwikkel  Verskaf 'n oplossing  Sketswerk (afmetings, sweissimbole, skale en projeksiesimbole)  Materiaal, gereedskap en toerusting  Algemene veiligheidsmaatreëls  Kosteberekening en materiaallys  Bewys van vergelykings tussen verskillende prosesse en vaardighede  Portefeulje-aanbieding Die hele PAT is onder toesig van die aangewese onderwyser en sonder die hulp van iemand anders gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat al die werk wat aangebied word, die oorspronklike en eie werk van die leerder is. Prosesse wat nie deur die leerder uitgevoer is nie, is nie as deel van die leerder se werk geassesseer nie. Leerder Skool Distrik Handtekening Datum Leerder Onderwyser Skoolhoof Skoolstempel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 20 DBE/PAT 2021 NSS 5.5 Eksterne/Interne modereringsinstrument vir PAT BYLAE E LANDBOUTEGNOLOGIE SKOOL:________________________________ EMIS-nr: _______________ ONDERWYSER:__________________________ GRAAD: _______________ VAKSPESIALIS:_______________ DATUM: _______________ GETAL LEERDERS IN GRAAD:___________ GETAL LEERDERS WAT DIE VAK IN GRAAD 10–12 NEEM:______ 1. TOESTAND VAN DIE GOED AANVAARBAAR SWAK KOMMENTAAR WERKSWINKEL    Vensters Plafon Vloer Oliebestande vloerverf Mure Ligte Genoeg elektriese muurproppe Elektriese muurproppe in werkende toestand Ventilasie Diefwering 2. ONDERWYSER JA NEE Voorbereidingslêer:  PAT-riglyndokument  Puntestaat  Rubrieke vir leerders  Verwysingsmateriaal (bykomende inligting en bronne wat onderwyser aan leerders gee) Veiligheid:  Veiligheidskerms/-toestelle  Veiligheid van asetileen-/gassilinders  Sweisareas goed afgeskerm  Area om gevaarlike masjiene met geel lyne op die vloer afgebaken  Brandblusser wat gediens is  Noodhulpkassie  Veiligheidsplakkate  Veiligheidstekens  Toepaslike BGV-Wette ('OHS Acts') in die werkswinkel geïmplementeer  Getal leerders per sessie in die werkswinkel nie meer as 15 nie, soos deur die BGV-Wet voorgeskryf Gereedskap en toerusting:  Volledig toegeruste werkswinkel  Basiese gereedskap en toerusting  Beskadigde en gebreekte toerusting  Skaduborde is teen die mure of mobiele eenhede Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 21 DBE/PAT 2021 NSS Werkswinkelatmosfeer:  Plakkate  Uitstallings  Veilige uitleg  Werkswinkel is doelgebou Netheid van stoorkamer:  Stoorkamer goed georganiseer  Stoorkamer skoon Netheid van werkswinkel:  Werkswinkel skoon 3. LEERDERS SE PAT-PROJEKLÊERS JA NEE Leerders het die voorgeskrewe PAT gevolg. Indien nie, is die PAT-projek van dieselfde of 'n hoër standaard as die voorgeskrewe PAT? Al die leerders het PAT-portefeuljelêers. Al die leerders het 'n voltooide leerderpunt-opsommingstaat. Al die leerders het die Verklaring van Egtheid (bl. 19) onderteken. Al die leerders het afskrifte van die Ontwerpprojek (bl. 9 tot 14) in hul PAT-lêers. Leerders het die volgende fases van die PAT bevredigend voltooi:  Ontwerp  Vervaardiging Daar is bewyse dat al die take deur die onderwyser geassesseer is. Al die rubrieke is voltooi en die totale is korrek na die puntestaat oorgedra. Die assessering wat die onderwyser gedoen het, kom regverdig en betroubaar voor. Die puntetoekenning en die prestasievlak kom ooreen met die res van die provinsie. 'n Aanpassing van die gemiddeld moet gemaak word. 4. ALGEHELE GEHALTE VAN DIE PROJEK JA NEE Al die leerders het die projek voltooi. Al die leerders se werk is intern gemodereer. Die finale projekte kom ooreen met die ontwerpe in die portefeulje. Die punte wat deur die onderwyser met gebruik van die rubrieke gegee is, kom ooreen met die beskikbare bewyse in die leerderportefeuljes. 5. INTERNE/EKSTERNE MODERERING JA NEE Daar is bewyse van interne moderering deur die departementshoof. Daar is bewyse van interne moderering deur die vakspesialis. 6. INTERNE/EKSTERNE MODERERING JA NEE Daar is bewyse van interne monitering deur die departementshoof. Daar is bewyse van interne monitering deur die adjunkhoof. Daar is bewyse van interne monitering deur die vakspesialis. 7. Bykomende inligting. Heg getikte lyste met die volgende inligting aan: Voeg lys by van toerusting wat in die Landboutegnologie-werkswinkel benodig word. Voeg lys by van toerusting wat in die Landboutegnologie-werkswinkel oortollig is. Voeg lys by van toerusting wat nie meer herstel kan word nie en wat in die Landboutegnologie- werkswinkel afgeskryf moet word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 22 DBE/PAT 2021 NSS Samevattende opmerkings: Handtekening: Datum Handtekening: Datum Onderwyser Departementshoof Handtekening: Datum Handtekening: Datum Vakadviseur Skoolhoof Skoolstempel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie Downloaded from hlayiso.com 23 DBE/PAT 2021 NSS 5.6 Nasienskedule BYLAE F LANDBOUTEGNOLOGIE-PAT SKOOL: _____________________________ SENTRUMNR.: ____________________________ EMIS-NOMMER: ___________________ STREEK: ____________________________ DISTRIK: _____________________________ JAAR:_____________ NR. LEERDER ONTWERPPORTEFEULJE VERVAARDIGINGSPROSES GEHALTE VAN DIE FINALE PRODUK Vaardighede betrokke by die hantering Onderlinge verband tussen tegnologie, Veilige hantering van gereedskap en Vaardighede gebruik in die prosesse Materiaal, gereedskap en toerusting Kosteberekening en materiaallys Funksionaliteit van die finale produk Beplanningsvaardighede: Ondersoek/Bekyk die probleem/ TOTAAL: 25 (50/2 = 25) TOTAAL: 50 (25 x 2 = 50) TOTAAL: A + B + C = 100 van gereedskap en toerusting Ontwikkeling van idees. Algemene veiligheid Aanbied van portefeulje Kennis van materiale Afmetings en mates Voorkoms en afwerking Ontleding/Analise en diagnose samelewing en omgewing. Tekeninge/Sketse toerusting (sigmoderering) Proses tegnieke (sigmoderering) behoefte TOTAAL: 25 Oplossing Vergelykings (sigmoderering) Tydsbestuur 5 5 5 5 5 5 5 5 5 5 25 5 5 5 5 5 50 5 5 5 5 5 25 1. 2. Totaal: Totaal: Totaal: Gemiddeld : Gemiddeld : Gemiddeld : ONDERWYSER: _____________________ HANDTEKENING VAN ONDERWYSER: ____________________ DATUM: _______________ SKOOLHOOF: _____________________ HANDTEKENING VAN SKOOLHOOF: ____________________ DATUM: _______________ MODERATOR: _____________________ HANDTEKENING VAN MODERATOR: ____________________ DATUM: _______________ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie Downloaded from hlayiso.com 24 DBE/PAT 2021 NSS 5.7 Konsolidasievorm BYLAE G LANDBOUTEGNOLOGIE SKOOL: ________________________________ SENTRUMNOMMER: _________________ EMIS-NOMMER: ___________________ STREEK : ________________________________ DISTRIK: ___________________________ JAAR:_____________________________ Vervaardiging van die produk Gehalte van die finale produk Gemodereerde punt KANDIDAAT-SE Ontwerpportefeulje KANDIDATE TOTAAL EKSAMENNOMMER 25 50 25 100 100 1. 2. Totaal: Gemiddeld: ONDERWYSER: _____________________ HANDTEKENING VAN ONDERWYSER: _____________________ DATUM: _______________ SKOOLHOOF: _____________________ HANDTEKENING VAN SKOOLHOOF: _____________________ DATUM: _______________ MODERATOR: _____________________ HANDTEKENING VAN MODERATOR: _____________________ DATUM: _______________ Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Agricultural Technology

Explore more published documents in this catalogue.

View all