Skip to content

Agricultural Technology Grade 12 2021 Guideline (Afr)

Exam guidelineAgricultural TechnologyGrade 12202112 pages

Grade 12 Agricultural Technology exam guideline from the Agricultural Technology 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com LANDBOUTEGNOLOGIE EKSAMENRIGLYNE GRAAD 12 2017 Hierdie riglyne bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 2 DBE/2021 Eksamenriglyne INHOUDSOPGAWE Bladsy 1. Inleiding 3 2. Assessering in Graad 12 4 2.1 Eksterne Assessering in Graad 12 4 2.2 Kognitiewe Vlakke 5 2.3 Assesseringsprogram vir Graad 12 6 3. Uitbreiding van die Inhoud vir Graad 12 (KABV) 6 4. Algemene Inligting 8 4.1 Hoeveelhede, Simbole en Eenhede 8 4.2 Aanbevole Hulpbronne 9 5. Slot 9 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 3 DBE/2021 Eksamenriglyne 1. INLEIDING Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Landboutegnologie gee 'n uiteensetting van die aard en doel van die vak Landboutegnologie. Dit lei die filosofie wat onderliggende is tot die onderrig en assessering van die vak in graad 12. Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:  Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Landboutegnologie geassesseer gaan word  Bystand te verleen aan onderwysers om leerders voldoende vir die eksamen voor te berei Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamen. Dit behandel nie die skoolgebaseerde assessering ('SBA'), praktiese assesseringstake (PAT'e) of finale eksterne praktiese eksamen nie aangesien dit in 'n aparte PAT-dokument, wat jaarliks bygewerk word, hanteer word. Hierdie Eksamenriglyne moet saam met die volgende gelees word:  Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV): Landboutegnologie  Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R tot 12)  Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale Kurrikulumstelling, graad R tot 12 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 4 DBE/2021 Eksamenriglyne 2. ASSESSERING IN GRAAD 12 2.1 Eksterne assessering in Graad 12 Die eksterne eksamen vir Landboutegnologie graad 12 sal uit een vraestel bestaan wat ses vrae bevat en 200 punte tel. Die tydsduur van die vraestel is 3 uur. Al die vrae is VERPLIGTEND. Die indeling van vrae is soos volg: VRAE BEGRIPPE GEDEK PUNTE V1 Meervoudigekeuse-vrae kan alle inhoud dek (10 x 2) 20 Een-woord/-konsep (5 x 2) 10 Kolom A/Kolom B (5 x 2) 10 V2 Strukturele materiaal en tekeninge, afmetings en veiligheid 35 V3 Elektriese energie en verwante gereedskap, materiaal en veiligheid 20 V4 Vaardighede en konstruksieprosesse en verwante gereedskap, 35 materiaal, tekeninge, afmetings en veiligheid V5 Gereedskap, implemente en toerusting en verwante gereedskap, 40 materiaal, tekeninge, kalibrering en veiligheid V6 Besproeiing en watervoorsiening. Verwante gereedskap, materiaal, 30 tekeninge en metings en kommunikasie TOTAAL 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 5 DBE/2021 Eksamenriglyne 2.2 Kognitiewe vlakke KATEGORIEË BESKRYWING ENKELE VOORBEELDE GEWIGS- VAN VAN TOEKENNING KOMPLEKSITEIT KATEGORIEË Onthou Onthou inligting Herken, maak 'n lys, beskryf, herwin, benoem, vind, gee byskrifte en noem of ± 40% identifiseer funksies, prosesse, meganismes, ens. Begrip en Gebruik inligting Implementeer, voer uit, gebruik, verrig, toepassing in 'n ander, interpreteer, som op, parafraseer, bekende klassifiseer en verduidelik prosesse, situasie. meganismes; maak direkte afleidings Verduidelik uit data wat gegee word; doen idees of berekeninge, interpreteer data; konsepte. verduidelik aanpassings of omgewingsfaktore wat doeltreffendheid ± 40% beïnvloed; teken vloeidiagramme of breinkaarte om prosesse of meganismes te illustreer; die skep van tabelle en grafieke om data te organiseer en aan te bied; maak sketse om begrippe te ondersoek; kommunikeer bevindinge en pas formules toe Skep, evalueer en Genereer nuwe Ontwerp, konstrueer, beplan, analiseer idees. produseer, dink uit, gaan na, vorm 'n Regverdig 'n hipotese, lewer kritiek, eksperimenteer, besluit of beoordeel, vergelyk, organiseer, handeling. dekonstrueer, uitvra en vind ±20% Breek inligting in dele op om begrip en verwantskappe te ondersoek. TOTAAL 100% Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 6 DBE/2021 Eksamenriglyne 2.3 Program van Assessering vir Graad 12 Die assesseringsprogram het ten doel om 'n eweredige verspreiding van formele assesseringstake vir al die vakke in die skool gedurende 'n kwartaal te verseker. FORMELE ASSESSERING: GRAAD 12 (SES TAKE) KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 SERTIFISERINGSPUNT 1. Navorsingstaak: 3. Junie-toets: 4. Voorbereidings- SGA: Intern 25% 100% eksamen: 100% Kwartaal 1: 100 Kwartaal 2: 100 2. Kontroletoets: Kwartaal 3: 100 75% Totaal: 300/12 = 25% 5. PAT: Ontwerp: 25 Konstruksieproses: 50 Finale produk: 25 Totaal: 100/4 = 25% 6. Finale Eksamen: Ekstern Totaal: 200/4 = 50% 100 100 100 Totaal sertifiseringspunt: 100%  Intern opgestel PAT  Intern geassesseer  Intern opgestel  Ekstern gemodereer  Intern geassesseer  Aangeteken op gerekenariseerde SGA-puntestate wat deur die  Ekstern gemodereer provinsiale assesseringsliggaam voorsien word  Aangeteken op gerekenariseerde PAT- puntestate wat deur die provinsiale assesseringsliggaam voorsien word November-eksamen  Ekstern opgestel  Ekstern geassesseer  Ekstern gemodereer  Ekstern aangeteken Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 7 DBE/2021 Eksamenriglyne VOORBEELDE VAN ASSESSERINGSTAKE IN LANDBOUTEGNOLOGIE Kontroletoetse  Die kontroletoetse in Landboutegnologie moet substantief wees ten opsigte van tyd en punte.  Minimum 75–100 punte met 'n tydsduur van 2 uur.  Toetse moet die teorie van die tegnologiese proses, beginsels en konsepte en die toepassing daarvan in die produksie van produk/artefak insluit. Navorsingstaak  Hierdie taak moet gebaseer wees op aktiwiteite soos navorsing, gevallestudie, projekte, simulasies, modellering, bou, vervaardiging en demonstrasie en moet fokus op 'n verskeidenheid tegnologiese temas wat met 'n landboukonteks verband hou.  Minimum punte vir die navorsingstaak is 100 punte.  Take soos simulasies gebruik teoretiese kennis op 'n praktiese wyse en vereis gewoonlik nie gevolgtrekkings nie.  Simulasies sal dus nie uitgebreide werkkaarte en gevolgtrekkings insluit nie, maar eerder riglyne en kriteria lewer wat benodig word. Voorbeelde van Navorsingstake: Graad 12  Navorsing oor die instandhouding van 'n elektriese heining  Opstel van 'n kleinskaalse sonpaneelstelsel op die plaas  Navorsing oor 'n spilpuntbesproeiingstelsel Voorbereidingseksamen Graad 12  Die voorbereidingseksamen vir graad 12 moet uit een vraestel met ses vrae bestaan en sal 200 punte tel.  Die voorgestelde duur van die vraestel is 3 uur. AL die vrae is VERPLIGTEND.  Die voorbereidingseksamen moet nou verband hou met die finale eksamen ten opsigte van tydstoedeling, uitleg van die vraestel en vakvereistes. Eksterne Assessering in Graad 12 Die eksterne assesseringstaak in graad 12 bestaan uit 'n eksterne vraestel (50%) en 'n PAT (25%). November Eksterne Eksamen NSS  Die eksterne eksamen vir Graad 12 sal uit een vraestel bestaan wat ses vrae bevat en 200 punte tel.  Die tydsduur vir die vraestel is 3 uur. AL die vrae is VERPLIGTEND.  Die eksamenvraestelle moet die kennis en vaardighede wat in Landboutegnologie gedek word, toets. EKSAMENRIGLYNE VIR LANDBOUTEGNOLOGIE Algemene opmerkings: Hierdie riglyne is van toepassing op Graad 12 Landboutegnologie. Spesifikasies Een vraestel Graad 12 Voorbereidingseksamen Tydsduur 3 uur Punte: 200  Al die vrae moet beantwoord word.  Sketse moet netjies wees.  Al die berekeninge en eenhede moet aangetoon word.  Die vrae sal nie noodwendig dieselfde tel nie aangesien die verskillende afdelings van die werk verskillende gewigwaardes het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 8 DBE/2021 Eksamenriglyne 3. UITBREIDING VAN DIE INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV) Die finale eksamen vir Landboutegnologie graad 12 sal die kennis en vaardighede soos hieronder uiteengesit, dek. Veiligheid Veiligheidsgevare: drie stappe van 'n gevaarbeheerstelsel Wet op BGV: plaasveiligheidsregulasies volgens die Wet op BGV vir:  Gevare wat met die plaasomgewing verband hou  Trekkerveiligheid  Geraasbesoedeling  Basiese, algemene veiligheidsregulasies Strukturele Metaalallooie materiaal Sintetiese materiaal Elektriese heinings Energie Alternatiewe energie:  Windenergie  Sonenergie  Geotermiese energie  Bio-energie Konstruksie- Gevorderde sweistegnieke: prosesse  CO2-sweiswerk  Gevorderde sweislasse en hulle toepassings  Oksiasetileen-snytegnieke  Plasma-sny Gereedskap en Oes-implemente/-toerusting/-masjiene: toerusting Trekkerstelsels  Trekker hidrouliese stelsels  Drie-punt-/Skakelpunt-koppeling van 'n trekker  Massaverplasing en die trekkrag van 'n trekker  Aandrywingstelsels  Komponente van die aandrywingstelsel van 'n voertuig  Pneumatiese en hidrouliese gereedskap: identifiseer en funksies  Ekonomie wat met trekkers, toerusting en gereedskap verband hou Besproeiing en Oorhoofse besproeiingstelsels (makro-besproeiingstelsels): watervoorsiening  Besproeiingskedulering  Watermetingstegnieke en -toestelle wat saam met doeltreffende waterskedulering gebruik word Afvalwaterverwydering:  Dreineringstelsels wat gebruik word om van water rondom plaasgeboue ontslae te raak Watersuiwering/-versagting Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 9 DBE/2021 Eksamenriglyne Kommunikasie Rekenaarbeheerprogramme:  Besproeiingsbeheerstelsels  Rekenaarbeheer en monitering van enjins, implemente en toerusting  Rekenaartegnologie-inligting  Globale posisioneringstelsel (GPS)  Geografiese Inligtingstelsel (GIS)  Veranderliketempo-tegnologie (VTT)  Afstandbeheerstelsels Verskillende soort kommunikasiestelsels Bronne van kennis, vaardighede en inligting Uitstallings, seminare, landbou-unies, besprekingsgroepe Tekeninge Vryhand-ontwerptekeninge van die strukture, geboue of implemente Stel leerders bekend aan en maak hulle vertroud met die basiese sagtewareprogramme vir die ontwerp van geboue, strukture of masjienonderdele Meting, Probleemoplossing uit data wat ingesamel is: berekeninge en  Gebruik data wat uit afmetings en kosteberekeninge versamel is in kalibrering doelgemaakte vervaardiging  Effektiewe gebruik van gereedskap, toerusting en implemente deur korrekte afmetings, kalibrering en verstellings toe te pas Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 10 DBE/2021 Eksamenriglyne 4. ALGEMENE INLIGTING 4.1 Hoeveelhede, simbole en eenhede Die algemeenste hoeveelhede, simbole en SI-eenhede wat in inleidende fisika gebruik word, word hieronder getoon. 'n Hoeveelheid moenie verwar word met die eenheid waarin dit gemeet word nie. 4.1.1 Formules  Die bepaling van die spoed van 'n katrol Na X Da = Ng X Dg Na = spoed van die dryfkatrol Da = diameter van die dryfkatrol Ng = spoed van die gedrewe katrol Dg = diameter van die gedrewe katrol Voorbeeld Die skets hieronder toon 'n elektriese motor wat met 'n waaierband aan 'n katrol verbind is. Die diameter van die katrol op die elektriese motor is 70 mm en die draaispoed is 4 000 omwentelinge per minuut. Die pomp wat aan die gedrewe katrol verbind is, benodig 'n spoed van 2 000 omwentelinge per minuut. Bereken die diameter van die gedrewe katrol deur die formule hieronder te gebruik. Toon ALLE berekeninge. Na x Da = Ng x Dg Waar: Na = Spoed van dryfkatrol D = Diameter van dryfkatrol a Ng = Spoed van gedrewe katrol Dg = Diameter van gedrewe katrol Na x Da = Ng x Dg 4 000 x 70 = 2 000 x Dg Dg = 4 000 x 70 2 000 Gedrewekatrol-diameter Dg = 140mm (5 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 11 DBE/2021 Eksamenriglyne  Die bepaling van die spoedverhoudings van katrolle  Verhouding = Dryfrat Gedrewe rat Voorbeeld: Bereken die ratverhouding indien die groot dryfrat 54 tande en die klein gedrewe rat 18 tande het. (Toon ALLE berekeninge.) Ratverhouding = Dryfrat Gedrewe rat = 54 18 Die ratverhouding is 1:3 (3 punte)  Bereken die vloeitempo in 'n waterstelsel Vloeitempo = Inhoud Tyd Voorbeeld: Berekening van die vloeitempo (liter per minuut) deur de volgende data te gebruik: (Toon alle berekeninge) Die kapasiteit van die tenk is 20 kℓ Dit het 40 minute geneem die tenk tot bo vol te maak. Vloeitempo = kapasiteit Tyd = 20 x 1000 40 = 20000 40 = 500 ℓ/minuut (4 punte) 4.1.2 Eenhede en hul simbole Metale  Koper Cu  Tin Sn  Sink Zn  Geelkoper Cu Zn  Brons Cu Sn Sintetiese materiale  Glasvesel  Vesconite)  Teflon Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 12 DBE/2021 Eksamenriglyne 4.2 Aanbevole hulpbronne Goedgekeurde handboeke Graad 10 Notas van die Departement van Basiese Onderwys Graad 11 Notas van die Departement van Basiese Onderwys Graad 12 Notas van die Departement van Basiese Onderwys 4. SLOT Dit word in die vooruitsig gestel dat hierdie Eksamenriglyne-dokument as 'n instrument sal dien om onderwysers te versterk en te bemagtig om geldige en betroubare assesseringsitems in al hul klaskameraktiwiteite op te stel. Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV- dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV- dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie. Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie. Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Agricultural Technology

View all