Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2012
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*AGRSA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitende ʼn antwoordblad.
Skip to contentAll 2012 papers _hlayiso.com_--027ffdd8-252b-422b-9897-77fbcc61d978/v1-cd1fd61c0e795330e548/card.webp)





View all





Agricultural Sciences Grade 11 P1 2012 QP (Afr)
Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2012 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2012. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Eastern Cape November 2012
Questions in this paper
- Question 1.1Soil chemistry and organic matter20 marks
- Question 1.2Soil chemistry and organic matter10 marks
- Question 1.3Soil chemistry and organic matter10 marks
- Question 1.4Soil moisture, air and temperature5 marks
- Question 2.1Soil chemistry and organic matter5 marks
- Question 2.2Organic chemistry in agriculture7 marks
Show all 23 questions
- Question 2.3Bio-molecules10 marks
- Question 2.4Organic chemistry in agriculture4 marks
- Question 2.5Bio-molecules2 marks
- Question 2.6Organic chemistry in agriculture7 marks
- Question 3.1Plant nutrition and water relations6 marks
- Question 3.2Soil physics6 marks
- Question 3.3Soil morphology and classification3 marks
- Question 3.4Soil physics4 marks
- Question 3.5Soil physics2 marks
- Question 3.6Soil morphology and classification5 marks
- Question 3.7Soil physics4 marks
- Question 3.8Soil physics5 marks
- Question 4.1Soil moisture, air and temperature8 marks
- Question 4.2Soil physics7 marks
- Question 4.3Soil moisture, air and temperature6 marks
- Question 4.4Soil chemistry and organic matter6 marks
- Question 4.5Soil chemistry and organic matter8 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2012)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae van BEIDE AFDELINGS A en B.
2. AFDELING A (VRAAG 1) moet op die aangehegte ANTWOORDBLAD
beantwoord word.
3. Plaas jou ANTWOORDBLAD vir AFDELING A (VRAAG 1) aan die binnekant
van jou ANTWOORDEBOEK.
4. AFDELING B (VRAE 2 tot 4) moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord
word.
5. Begin elke vraag uit AFDELING B op ʼn NUWE bladsy.
6. Lees AL die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs dit wat gevra word.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. MOENIE jou antwoorde op die vrae OPBREEK nie.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
gegee. Kies die antwoorde en maak ʼn kruisie (X) in die blokkie (A – D)
langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.10) op die aangehegte
ANTWOORDBLAD. Geen punte sal toegeken word indien meer as een
kruisie (X) per antwoord voorkom nie.
Voorbeeld: 1.1.11 A B C D
1.1.1 Die pH-waarde van suiwer water is …
A 7,0.
B 7,5.
C 6,5.
D 5,0.
1.1.2 Die formule vir die onderstaande organiese verbinding is …
CH2OH
C O
H
H H
C C
OH H
OH OH
C C
H OH
A C5H10O5.
B C12H22H11.
C C6H10O5.
D C6H12O6.
1.1.3 Wanneer grond benat word en lugborrels ontsnap is dit gevolg van ...
A ʼn mengsel van gasse.
B waterstof.
C koolstofdioksied.
D suurstof in die grond.
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2012)
1.1.4 Die deursnit van ʼn kolloïdale partikel varieer tussen …
A 10 en 100 nm.
B 10 en 1 000 nm.
C 1 en 10 nm.
D 1 000 en 10 000 nm.
1.1.5 Die kombinasie tussen ʼn A-horison oor ʼn C-horison verteenwoordig
ʼn…
A volwasse grond.
B jong grond.
C geërodeerde grond.
D nat grond.
1.1.6 Watter van die volgende stellings is ʼn korrekte stelling in verband
met eienskappe van polipeptiedes?
A Polipeptiede is ook vetsure
B Polipeptiedes word ook aminosure genoem wat deur middel
van glikosiede-bindings geheg word
C Die aminosure in die polipeptied word deur peptiedbindings
aanmekaar geheg
D Elke aminosuur in die polipeptied sal uit ʼn aminogroep en ʼn
hidroksielgroep bestaan
1.1.7 Die tipe kleimineraal wat geneig is om ʼn plaatagtige struktuur te
vorm is ...
A montmorilloniet.
B kaoliniet.
C illiet.
D vermikuliet.
1.1.8 In die volgende illustrasie van ʼn watermolekule is een van die
onderstaande antwoorde korrek vir die dele genommer K tot N.
- +
L -+
- +
K M N
- +
K L M N
A suurstof waterstof kohesie waterstof
B waterstof suurstof adhesie suurstof
C suurstof hydrogen waterstofbinding suurstof
D waterstof suurstof waterstofbinding suurstof
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.1.9 Swart brakgrond bevat ʼn oormaat …
A natriumkarbonaat.
B natriumchloried.
C natriumsulfaat.
D kaliumchloried.
1.1.10 Een van die onderstaande diagramme stel ʼn soetgrond voor:
K L M
A M
B K en M
C K
D L (10x2) (20)
1.2 In die tabel hieronder word ʼn stelling en twee moontlike antwoorde gegee.
Besluit of die stelling in KOLOM B verband hou met slegs A, slegs B, beide A
en B of GEENEEN van die antwoorde nie in KOLOM A. Kies die korrekte
antwoord en maak ʼn kruisie (X) in die blokkie langs die vraagnommer (1.2.1 –
1.2.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
Voorbeeld: KOLOM A KOLOM B
A: Vitamiene
1.2.6 Organiese verbindings
B: Vette
Antwoord: Die stelling verwys na:
Slegs A Slegs B A en B Geeneen
1.2.6
A B C D
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Sellulose Disakkaried wat bestaan uit
B: Lignien monosakkariedes
1.2.2 A: O-horison
Vorm bogrond naby aan die oppervlakte
B: A-horison
1.2.3 A: ʼn Series-foto Grondkaart wat tydens bodemopnames
B: ʼn Lugfoto gebruik word
1.2.4 A: Grondvog Beïnvloed grondtemperatuur vir optimum
B: Grondlug gewasproduksie
1.2.5 A: Verwelkingspunt Wanneer al die grondporieë met water en
B: Veldwaterkapasiteit lug gevul is
(5x2) (10)
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2012)
1.3 Gee EEN TERM/FRASE vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die term/frase langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) op die aangehegte
ANTWOORDBLAD neer.
1.3.1 ʼn Swak suur wat gevorm word wanneer koolstofdioksied in water
opgelos het
1.3.2 Die vermoë van grond om ʼn bepaalde hoeveelheid water vas te hou
nadat die grond volledig met water versadig is
1.3.3 Die aantrekking van positiewe katione in grondwater na die negatiewe
kleikolloïede om ʼn neutrale lading te verkry
1.3.4 Die tipe binding wat ontstaan wanneer atome valenselektrone deel
1.3.5 Die verskynsel waar koolstofdioksied as ʼn kweekhuisgas sonstrale
deurlaat in die atmosfeer, maar nie toelaat dat hitte ontsnap en dus
warmer temperature tot gevolg het nie
(5x2) (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORDE in elk van die volgende
stellings om hulle WAAR te maak. Skryf die toepaslike woord langs die
vraagnommer (1.4.1 – 1.4.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer.
1.4.1 Isomere is atome wat dieselfde atoomgetalle het maar verskillende
massagetalle.
1.4.2 Kunsmatige verwydering van oortollige water na swaar reën word
vermorsing genoem
1.4.3 Omdop is die fisiese proses waardeur grond behandel word om beter
toestande vir die groei van plante te verkry
1.4.4 Kondensasie is die chemiese proses wat plaasvind wanneer ʼn suur-
oplossing met ʼn alkaliese oplossing gemeng word
1.4.5 Chitien is ʼn polisakkaried wat in die houtagtige dele van ouer plante
voorkom (5x1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
AFDELING B
BEGIN ELKE VRAAG OP ʼn NUWE BLADSY
VRAAG 2 BASIESE CHEMIE
2.1 Graad 11-leerders het ʼn opdrag gekry om die algemene eienskappe van ʼn
kolloïdale sisteem te ondersoek. Skoon water en grond is goed gemeng in ʼn
glasbeker en daarna gelaat om af te sak. Die gesuspendeerde deeltjies het
na die bodem van die beker afgesak. Die groter deeltjies het eerste uitgesak
en daarna die kleiner deeltjies totdat geen verdere afsakking plaasgevind het
nie. Die water het nog steeds troebel vertoon wat ʼn aanduiding was dat al die
partikels nie uitgesak het nie. Die molekule van ʼn stof wat ʼn oplossing vorm
is homogeen versprei deur die oplossing.
2.1.1 Gee ʼn naam vir die partikels wat groter as molekules is, maar nie
groot genoeg om deur die aarde se aantrekkingskrag aangetrek te
word nie. (1)
2.1.2 Identifiseer die gedeelte in die bostaande gedeelte wat ʼn molekulêre
oplossing beskryf. (2)
2.1.3 Onderskei tussen kolloïdale dispersies en kolloïdale suspensies soos
aangetoon in die leesstuk. (2)
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2012)
2.2 Bestudeer die volgende struktuurformules van verskillende organiese
verbindings en beantwoord dan die volgende vrae:
H H H
P CH3CH3 Q H C C C H
OH OH OH
H O CH3 O
R H N C C N C C OH
H H H H
S
CH2OH
CH2OH
C O
C O
H
H H H H H
C C O C C
OH
OH H OH H OH
C C C C
H OH H OH
2.2.1 Identifiseer verbinding P. (1)
2.2.2 Dui die TWEE funksionele groepe van struktuur R hierbo aan. (2)
2.2.3 Identifiseer die binding wat tussen die dele in struktuur R van die
bogenoemde organiese verbinding voorkom. (1)
2.2.4 Tot watter groep organiese verbinding word struktuur S
geklassifiseer? (1)
2.2.5 Dui die molekulêre formule vir struktuur S aan. (1)
2.2.6 Dui die naam van die organiese verbinding wat deur struktuur Q
gevorm word, aan. (1)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
2.3 Lees die volgende gevallestudie en beantwoord dan die vrae wat volg:
Dit is gevaarlik vir die mens om te veel versadigde vette in te neem aangesien
dit die cholesterolvlak in die bloed verhoog. Om te voorkom dat die
cholesterolvlak styg en moontlik hartaanvalle veroorsaak, word aanbeveel dat
die totale vetinhoud in ʼn dieet verlaag word deur versadigde vette met
onversadigde vette te vervang. Die volgende tabel toon die totale vetinhoud
van verskillende tipes vleis.
Vleis Totale vetinhoud Versadigde vetinhoud
(g/100g) (g/100g)
Varkvleis 2,7 1,1
Varkboud 9,6 4,2
Ekstra laevet
2,2 0,9
beesmaalvleis
Bees kruisskyf 4,1 1,7
Bees binneboud 3,4 1,2
2.3.1 Trek ʼn staafgrafiek om die totale versadigde vetinhoud sowel as die
totale vetinhoud van die verskillende tipe vleis aan te toon (op
dieselfde assestelsel). (6)
2.3.2 Dui TWEE negatiewe effekte van ʼn te hoë vetinname op die mens se
gesondheid aan. (2)
2.3.3 Lipiede verrig belangrike funksies in die menslike liggaam. Regverdig
bogenoemde stelling. (2)
2.4 Alle materie bestaan uit baie klien deeltjies wat atome genoem word. Atome
kan saamgevoeg word om molekule en verbindings te vorm. Onderskei
tussen materie en ʼn atoom. (4)
2.5 Die meeste plaasdiere is afhanklik van ruvesel as ʼn bron van kos. Die
hoofbestanddeel van ruvesel is sellulose. Dui die algemene naam van die
groep diere aan wat in staat is om ruvesel af te breek en energie daaruit op te
bou. (2)
2.6 Lees die onderstaande gevalle studie en beantwoord dan die vrae wat volg:
Umqombothi is ʼn inheemse bedwelmende mengsel wat as alkoholies drankie
tydens tradisionele feesviering en seremonies in Suider Afrika-lande gedrink
word. Die maak daarvan behels die vermenging van mielies en sorghum met
water waarby ʼn bietjie gis gevoeg word. Nadat die mengsel vir ʼn paar dae
gelos is om te gis is dit gereed vir gebruik.
2.6.1 Dui die proses aan wat tot gevolg het dat die bestanddele in ʼn
alkoholiese drank mengsel verander. (1)
2.6.2 Teken die struktuurformule van ʼn alkohol wat in die drank voorkom en
benoem dit. (3)
2.6.3 Voorspel wat die moontlike gevolg sal wees as al die plaaswerkers op
ʼn spesifieke plaas aan bogenoemde alkohol verslaaf raak. (3)
[35]
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2012)
BEGIN ELKE VRAAG OP ʼn NUWE BLADSY
VRAAG 3 GRONDKUNDE
3.1 Analiseer die diagram en beantwoord dan die vrae wat volg:
3.1.1 Stel ʼn moontlike opskrif vir die proses voor. (1)
3.1.2 Watter proses word deur D aangedui? (1)
3.1.3 Gee die naam van die proses wat C genommer is waardeer plant-
koolstof na dierkoolstof verander word. (1)
3.1.4 Wat word deur A voorgestel? (1)
3.1.5 Noem enige TWEE nadelige uitwerkings indien letter A nie meer in
die atmosfeer gevorm kan word nie. (2)
3.2 Vergelyk ʼn klei- en ʼn sandtekstuurgrond ten opsigte van die volgende
eienskappe:
3.2.1 Kohesie (2)
3.2.2 Kapillariteit (2)
3.2.3 Watervashoukapasiteit (2)
3.3 Grondklassifikasie word volgens ʼn binominale stelsel gedoen.
3.3.1 Verduidelik kortliks wat die binominale klassifikasie-stelsel van
grondklassifikasie behels. (1)
3.3.2 Verduidelik TWEE redes waarom grond geklassifiseer word. (2)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
3.4 ʼn Groep graad 11-leerders word van toerusting voorsien om fisiese
grondontledings op ʼn spesifieke plaas te doen.
Nadat hulle ʼn hoeveelheid grond wat al drie hooffraksies bevat versamel het,
moes hulle van ʼn tekstuurdiagram gebruik maak om die verskillende
tekstuurklasse te bepaal.
Tekstuur-diagram in RSA gebruik.
% Sand
Die tabel hieronder toon sommige van die resultate wat hulle verkry het.
GRONDMONSTER % SAND % SLIK % KLEI
A 55 25 20
B 95 3 2
C 30 20 50
3.4.1 Bepaal die tekstuurklasse van die grondmonsters A, B en C. (3)
3.4.2 Watter van die bogenoemde grondmonsters in die tabel hierbo sal jy
aanbeveel as die geskikste vir die verbouing van gewasse? (1)
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2012)
3.5 Die onderstaande diagram toon ʼn vrou wat van inheemse kennis gebruik
maak om artikels uit klei te vervaardig. Die diagram aan die regterkant toon
grond wat in worsies gerol word. Die vrou versamel die klei in haar omgewing
nie ver van haar woning nie, waar sy deur ouer vroue geleer word om die
artikels te vervaardig.
W X
Y Z
3.5.1 Die vrou toets elke keer of die klei wat sy versamel het in ʼn worsie
kan rol. Watter van die worsies (W – Z) sal die mees geskikte wees
om haar artikels mee te vervaardig? (1)
3.5.2 Dui die moontlike temperatuur aan van die grond wat die vrou vir
haar artikels aanwend vergeleke met grond in daardie omgewing. (1)
3.6 Grond is die resultaat van verskillende grondvormende faktore.
Grondvormingsprosesse word deur die volgende vergelyking voorgestel.
G = f (P, R, Cl, O, T) (Hans Jenny, 1941)
3.6.1 Dui die betekenis van elk van die letters of die afkortings soos
aangedui in hakkies in die vergelyking hierbo aan. (5)
3.7 Lees die gevallestudie en beantwoord dan die vrae:
Die term digtheid word gebruik om die massa per volume van enige stof aan
te dui. Deur die massa van ʼn spesifieke volume grond te bereken kan bepaal
word hoe dig die gronddeeltjies opgestapel is. Die graad 11-leerders van
Hoërskool Lushington het ʼn eksperiment gedoen om die Massadigtheid
(bulkdigtheid) van ʼn grondmonster te bepaal. Die monster oondgedroogte
grond het ʼn massa van 680 g en ʼn volume van 80 cm3.
3.7.1 Gebruik bostaande inligting en bereken die massadigtheid van die
grondmonsters. (3)
3.7.2 Dui die ideale verhouding tussen die vaste gronddeeltjies, die makro-
en mikroporieë van ʼn goeie landbougrond aan, uitgedruk as
persentasies. (1)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
3.8 Die volgende diagramme (A – D) dui verkillende tipes grondstrukture aan.
Analiseer die diagramme en beantwoord die onderstaande vrae.
A B D
C
3.8.1 Identifiseer die struktuurtipes genommer A – D. (4)
3.8.2 Noem ENIGE faktor wat ʼn rol speel tydens die ontwikkeling van
grondstruktuur. (1)
[35]
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2012)
BEGIN ELKE VRAAG OP ʼn NUWE BLADSY
VRAAG 4 GRONDKUNDE
4.1 Die onderstaande diagram toon aan hoe water uit die grond verlore gaan:
4.1.1 Dui die verskillende maniere aan hoe water verlore kan gaan uit die
grond sowel as uit plante genommer a – d. (4)
4.1.2 Stel TWEE maniere voor waardeur waterverliese beperk kan word
soos aangedui deur die letter d. (2)
4.1.3 Onderskei tussen wegsyfer en kapillariteit. (2)
4.2 Analiseer die gegewe grafieke rakende die voorkoms van klei en die
ooreenkomstige porieruimtes in die grond:
4.2.1 Dui TWEE belangrike tipes porieë in die grond aan. (2)
4.2.2 Hoe sal jy die tipe grondtekstuur beskryf soos voorgestel deur die
grafiek? (1)
4.2.3 Bespreek kortliks die negatiewe effek van ʼn grond met ʼn kleitekstuur
op gewasverbouing. (4)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) LANDBOUWETENSKAPPE V1 15
4.3 Bestudeer die onderstaande diagram wat die faktore illustreer wat ʼn invloed
op grondtemperatuur het, en beantwoord dan die vrae wat volg:
4.3.1 Identifiseer die faktore genommer A – D hierbo geïllustreer. (4)
4.3.2 Verduidelik kortliks die algemene invloed wat temperatuur op
gewasverbouing het. (2)
4.4 Lees die onderstaande uittreksel noukeurig en beantwoord dan die vrae:
Grondsuurheid word geassosieer met die teenwoordigheid van H+-ione.
Suurheid of alkaliniteit word aangetoon deur ʼn pH-waarde wat wissel tussen 0
– 14. Die pH van grond verwys na die suurheid en alkaliniteit van die
grondoplossing. Grond kan in die volgende ses pH-klasse verdeel word.
Baie suur, suur, effens suur, alkalies, sterk alkalies, neutraal
4.4.1 Gebruik die onderstaande pH-waardes en identifiseer die pH-klasse
wat in die bostaande blok voorkom.
(a) pH 4,6 – 5,5 (1)
(b) pH 8,6 – 10,0 (1)
(c) pH 3,0 – 4,5 (1)
(d) pH 7,6 – 8,5 (1)
(e) pH 5,6 – 6,5 (1)
4.4.2 Dui die pH-waardes van ʼn neutrale grond aan. (1)
Downloaded from hlayiso.com
16 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2012)
4.5 Organiese materiaal is ʼn aktiewe en belangrike bestanddeel van grond.
Grond in Suid-Afrika is gewoonlik laag in organiese materiaal as gevolg van
hoë temperature en lae reënval. Hoër temperature aktiveer grondmikrobes
en maak die situasie geskik ten einde hulle funksie beter te verrig. Organiese
materiaal kom hoofsaaklik in bo-grond voor en beïnvloed dus die eienskappe
van grond.
4.5.1 Verduidelik kortliks die fisiese uitwerking van organiese materiaal op
grond. (2)
4.5.2 Identifiseer die VIER hoofgroepe mikro-organismes wat in ʼn grond
voorkom. (4)
4.5.3 Dui die funksies aan wat die mikro-organismes in VRAAG 4.5.2 in die
grond verrig. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) LANDBOUWETENSKAPPE V1 17
ANTWOORBLAD LANDBOUWETENSKAPPE V1
NAAM EN VAN
AFDELING A
VRAAG 1.1 VRAAG 1.2
1.1.1 A B C D
BEIDE A en B
SLEGS A SLEGS B Geeneen
1.1.2 A B C D
1.1.3 A B C D
1.1.4 A B C D
1.1.5 A B C D
1.1.6 A B C D 1.2.1 A B C D
1.1.7 A B C D 1.2.2 A B C D
1.1.8 A B C D 1.2.3 A B C D
1.1.9 A B C D 1.2.4 A B C D
1.1.10 A B C D 1.2.5 A B C D
(10x2) (20) (5x2) (10)
VRAAG 1.3 VRAAG 1.4
1.3.1 1.4.1
1.3.2 1.4.2
1.3.3 1.4.3
1.3.4 1.4.4
1.3.5 1.4.5
(5x2) (10) (5x1) (5)
45
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--027ffdd8-252b-422b-9897-77fbcc61d978/v1-cd1fd61c0e795330e548/card.webp)
Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2012 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2012 QP (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2012 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2012 Memo (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2012 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2022 QP (Afr)
More from Grade 11 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum