NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2021
BESIGHEIDSTUDIES V2
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2021 papers %202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)


--448ec772-b6d8-477b-9a9a-b9861c796b40/v1-3a1643ba5343cd2c0590/card.webp)


View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape June 2021 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape June 2021 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape June · 2021 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape June
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 748.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Eastern Cape June 2021
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/JUNIE 2021)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in
AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
vraag beantwoord word.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
VERPLIGTEND 1 30 20
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40
KEUSE: 3 40 70
Beantwoord enige TWEE. 4 40
C: TWEE opsteltipe vrae
KEUSE: 5 40 30
Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) BESIGHEIDSTUDIES V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.
1.1.1 Die … leierskapsteorie moedig volgelinge aan om veranderinge in
die werkplek te aanvaar.
A situasionele
B leiers en volgelinge
C transformasie
D outokratiese
1.1.2 ʼn Minimum van R1 000 moet in hierdie vorm van belegging belê
word:
A Effektetrusts
B Aandele
C Vaste deposito
D RSA Kleinhandelspaareffekte
1.1.3 Mev. King, die versekerde, moet ʼn sekere bedrag betaal wanneer ʼn
eis ingedien word:
A Bybetaling/‘Excess’
B Premie
C Boekwaarde
D Rente
1.1.4 EEN van die stappe wat die besigheid tydens konflikhantering in die
werkplek kan oorweeg:
A Implementeer dissiplinêre prosedures
B Kies ʼn toepaslike oplossing
C Verskaf ontspanningsgeriewe
D Verskaf byvoordele
1.1.5 Kreatiewe denke in die werkplek beteken ... om
besigheidsprobleme op te los.
A om ou maniere te gebruik
B om innoverende idees te genereer
C om roetine-denke te gebruik
D om een werknemer toe te laat
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/JUNIE 2021)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
handleiding; Delphi-tegniek; huur; onderversekering; nie-samewerkend;
dinkskrum; samewerking; dividende; oorversekering; gedragskode
1.2.1 Besighede/Individue sal nie ʼn uitbetaling ontvang wat groter is as
die waarde van die verlies teen markwaarde nie. Dit verwys na …
1.2.2 Inkomste wat verdien word van ʼn belegging in eiendom staan
bekend as …
1.2.3 ʼn Besigheid versoek ʼn paneel van kundiges om ʼn stel vraelyste in
te vul om ʼn komplekse probleem op te los. Dit verwys na ...
1.2.4 Spanlede stem in om almal na ʼn gemeenskaplike doel te werk en
dit staan as … bekend.
1.2.5 Die … is ʼn geskrewe dokument wat die beginsels en waardes wat
besighede handhaaf, bevat.
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) BESIGHEIDSTUDIES V2 5
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Assuransie A mag of gesag op grond van die
posisie waarin hulle aangestel is
1.3.2 Likiditeit B versoek elke werknemer om eers
idees op sy/haar eie te genereer
voordat dit met die groep gedeel word
1.3.3 Leierskap C beskryf die eskalasie in die waarde of
pryse wat die belegging na 'n periode
van tyd minder werd maak
1.3.4 Professionalisme D versoek werknemers in ʼn groep om
idees lukraak voor te stel en om alle
idees op ʼn blaaibord (‘flipchart’) te
skryf
1.3.5 Nominale groeptegniek E die morele beginsels wat besluite as
reg of verkeerd aandui
F verwys na ʼn ooreenkoms met ʼn
versekeraar om finansieel vir risiko’s
soos skade of verlies van eiendom te
vergoed
G die internasionale aanvaarbare
standaarde/verwagtinge van mense
se gedrag en vlakke van bevoegdheid
in die werkplek
H verwys na ʼn ooreenkoms met ʼn
versekeraar om finansieel vir
beserings of verlies van lewe te
vergoed
I mag of invloed op grond van sy/haar
kennis of intelligensie of vaardighede
J beskryf die gemak en spoed waarteen
beleggers ʼn belegging in kontant kan
omskakel
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/JUNIE 2021)
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv.
VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy, ens.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Gee DRIE voorbeelde van nieversekerbare risiko’s. (3)
2.2 Identifiseer die tipe aandele verteenwoordig deur ELK van die stellings
hieronder.
2.2.1 Hierdie aandele word uitgereik aan die aandeelhouers wat die
maatskappy begin het. (2)
2.2.2 Aandele wat uitgereik word aan die bestaande aandeelhouers vir
vergoeding van verlies aan dividende. (2)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NJOLI SKRYFBEHOEFTE VERSKAFFERS (NSV)
Bizzah is die eienaar van Njoli Skryfbehoefte Verskaffers. Hy beloon
werknemers wanneer hulle hul verkoopsteikens bereik en straf hulle
wanneer hulle nie spertye nakom nie.
2.3.1 Identifiseer die leierskapstyl deur Bizzah gebruik. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
2.3.2 Bespreek die impak van Bizzah se leierskapstyl soos in
VRAAG 2.3.1 geïdentifiseer is. (8)
2.4 Beveel situasies aan waarop die volgende leierskapstyle in die werkplek
toegepas kan word:
2.4.1 Demokratiese (4)
2.4.2 Laissez-Faire/Vrye-teuels (4)
2.5 Verduidelik die betekenis van skuldbriewe. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) BESIGHEIDSTUDIES V2 7
2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Kwezi het ʼn besigheidseiendom gekoop teen ʼn waarde van R800 000,
maar hy het dit verseker teen R500 000. ʼn Orkaan het ʼn gedeelte van die
eiendom vernietig en die skade is beraam teen R300 000.
2.6.1 Noem die versekeringsklousule wat van toepassing is op die
scenario hierbo. (2)
2.6.2 Bereken die bedrag wat Kwezi van die versekeraar as vergoeding
sal ontvang. Toon ALLE berekeninge. (4)
2.7 Tabuleer die verskille tussen enkelvoudige en saamgestelde rente. (4)
[40]
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Gee DRIE praktiese voorbeelde van onetiese gedrag. (3)
3.2 Identifiseer die onetiese besigheidspraktyk wat in elk van die volgende
scenario’s geïllustreer word:
3.2.1 Madiba Cash en Carry vra meer vir dieselfde goedere in die
dorpie as in die stedelike gebiede. (2)
3.2.2 Mnr. Siza, die finansiële bestuurder by Jakes Toebehore, het nie
al hul inkomste aan SAID verklaar nie. (2)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RUBIN STAALFABRIEK (RSF)
Rubin Staal Fabriek ervaar ʼn hoë aanvraag vir staalmateriaal en RSF wil
sy besigheidsidee uitbrei deur nog ʼn fabriek in Mosselbaai op te rig. RSF
moet na beide die voor- en nadele van sy besigheidsidee kyk voordat hulle
nog ʼn fabriek oprig.
3.3.1 Noem die probleemoplossingstegniek wat deur Rubin Staal-
fabriek gebruik word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
hierbo aan te haal. (3)
3.3.2 Bespreek die voordele van die probleemoplossingstegniek wat in
VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is. (8)
3.4 Onderskei tussen probleemoplossing en besluitneming. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/JUNIE 2021)
3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PURE KONTANT FINANSIERING (PKF)
Pure Kontant Finansiering glo dat goeie korporatiewe bestuur, wat
deursigtigheid en verantwoordbaarheid/aanspreeklikheid insluit, die sleutel
is tot die integriteit van hulle organisasie en hul vermoë om risiko te bestuur
en op optimale vlakke te presteer.
3.5.1 Noem TWEE King-kode beginsels vir goeie korporatiewe bestuur
vanuit die scenario hierbo. (2)
3.5.2 Gee PKF raad oor hoe elke King-kode beginsel, wat in VRAAG
3.5.1 geïdentifiseer is, toegepas kan word om hulle korporatiewe
bestuur te verbeter. (8)
3.6 Verduidelik hoe besighede die dinkskrumtegniek kan toepas om hul
besigheidsprobleme op te los. (8)
[40]
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Noem DRIE beginsels van versekering. (3)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Kelly en Keith het R5 000 in twee aparte rekening belê. Kelly het in ʼn lopende
rekening by ʼn bouvereniging belê en ontvang 12% enkelvoudige rente per
jaar. Keith het in ʼn vaste deposito by Khula Bank teen 12% saamgestelde
rente per jaar belê. Die beleggingsperiode van hul rekeninge is twee jaar.
4.2.1 Bereken die rentebedrag wat Kelly na 2 jaar sal ontvang. (3)
4.2.2 Bereken die rentebedrag wat Keith na 2 jaar sal ontvang. (4)
4.2.3 Noem die beter beleggingsopsie en motiveer die antwoord. (2)
4.3 Bespreek die rol van persoonlike ingesteldheid/houding vir suksesvolle
leierskap. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) BESIGHEIDSTUDIES V2 9
BESIGHEIDSROLLE
4.4 Identifiseer die tipe moeilike persoonlikhede wat op ELK van die stellings
hieronder van toepassing is.
4.4.1 Mnr. Ingwe vertraag die hele proses totdat ʼn perfekte oplossing
bereik word. (2)
4.4.2 Sizwe, ʼn tegnikus, is ontevrede alhoewel die bestuur die
werknemers se salarisse en werkstoestande verbeter het. (2)
4.4.3 Die toesighouer praat hard en gebruik lelike woorde en
boelietaktiek wat ʼn vyandige omgewing tydens besprekings skep. (2)
4.5 Beskryf die belangrikheid van spandinamika-teorieë vir die verbetering
van spanprestasie. (6)
4.6 Beveel strategieë aan wat besighede kan instel om die misbruik van
werktyd deur werknemers te hanteer. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/JUNIE 2021)
AFDELING C
Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin,
bv. VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: SEKURITEITE)
Zuki het onlangs R10 miljoen in die lotterye gewen. Sy oorweeg dit om óf in
voorkeuraandele óf effektetrusts op die Johannesburgse Sekuriteitebeurs Bpk.
(JSE) te belê.
Skryf ʼn opstel om Zuki leiding te gee oor die volgende beleggingsaspekte.
Beskryf kortliks die funksies van die JSE.
Verduidelik VIER soorte voorkeuraandele.
Bespreek die volgende faktore wat in ag geneem moet word wanneer
beleggingsbesluite geneem word:
o Opbrengs op belegging
o Belasting
o Inflasiekoers
Gee Zuki raad oor die doeltreffendheid van effektetrusts as ʼn goeie
belegging. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (SPANPRESTASIE EN KONFLIKBESTUUR)
Onverdraagsaamheid tussen werknemers as gevolg van ongelukkigheid en
konflik dra tot laer produktiwiteit by. Daarom bly werknemers soms weg van die
werk sonder om die korrekte grieweprosedures te volg. Besighede spandeer groot
bedrae geld en tyd aan spanbousessies en -projekte.
Hou die stelling hierbo in gedagte en skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte van
spanprestasie.
Onderskei tussen griewe en konflik.
Verduidelik DRIE kriteria vir suksesvolle spanprestasie.
Bespreek die verskillende stadiums van spanontwikkeling.
Gee werknemers raad oor die korrekte prosedure om griewe in die werkplek
te hanteer. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 Memo (Afr)
--448ec772-b6d8-477b-9a9a-b9861c796b40/v1-3a1643ba5343cd2c0590/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum