Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
BESIGHEIDSTUDIES
FEBRUARIE/MAART 2016
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 428.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC Supplementary Exam 2016
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
wat vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is nie.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
die vrae beantwoord.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
A: Objektiewe tipe vrae
VERPLIGTEND 1 40 30 minute
B: VYF direkte/indirekte 2 60 30 minute
tipe vrae 3 60 30 minute
KEUSE (Beantwoord 4 60 30 minute
enige DRIE.) 5 60 30 minute
6 60 30 minute
C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30 minute
KEUSE (Beantwoord 8 40 30 minute
enige TWEE.) 9 40 30 minute
10 40 30 minute
TOTAAL 300 180 minute
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld
VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.
1.1.1 Die hoofdoel van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998
(Wet 97 van 1998):
A Verseker dat besighede hul vaardigheidsontwikkelingsheffing
gereeld betaal
B Allokeer toelaes aan werkgewers en opleidingsverskaffers
C Maak voorsiening vir 'n stelsel van krediete wat werknemers
ontvang wanneer hulle hul leerlingskappe voltooi
D Moedig werkgewers aan om die werkplek as 'n leeromgewing te
gebruik
1.1.2 ... sien toe dat die Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)
nagekom word.
A 'n Skuldberader
B Die Nasionale Kredietreguleerder
C 'n Krediet-toepassingsagentskap
D 'n Kredietberader
1.1.3 'n Swanger werknemer kwalifiseer vir 'n maksimum van ... betaalde
kraamverlof.
A twee maande
B een maand
C vier maande
D drie maande
1.1.4 Die vul van vakante poste in 'n besigheid met bestaande
werknemers staan as … bekend.
A advertering
B interne werwing
C eksterne werwing
D posspesifikasie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.1.5 Felten het R40 000 vir twee jaar teen 8% enkelvoudige rente per jaar
in 'n spaarrekening by BOB Bank belê. Felten sal ... rente na twee jaar
verdien.
A R6 400
B R46 656
C R46 400
D R6 600
1.1.6 Denel MSB Bpk. vervaardig weermagtoerusting en het slegs een
aandeelhouer, die Suid-Afrikaanse regering. Denel is dus 'n …
maatskappy.
A nie-winsgewende
B persoonlike aanspreeklikheids-
C privaat
D staatsbeheerde
1.1.7 Watter EEN van die volgende handelinge is gerig op die bevordering
van menslike gesondheid?
A Ongereelde toetsing van drinkwater
B Vermy kwessies wat met higiëne verband hou
C Stort mediese afval naby woongebiede
D Nakom van omgewingswetgewing
1.1.8 EEN van die belangrike voordele van spanwerk:
A Behaal groter uitsette deur sinergie
B Tydrowend en duur
C Benodig tegnologie vir sukses
D Moedig individualisme aan
1.1.9 Vergelyk die werklike prestasie van 'n finansiële bestuurder met
sy/haar verwagte prestasie om sodoende sy/haar salaris te verhoog:
A Werwing
B Prestasiebeoordeling
C Berading
D Personeelontwikkeling
1.1.10 Hierdie Wet moedig vaardigheidsopleiding vir sekere aangewese
groepe mense aan:
A Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van
1993)
B Wet op Werkloosheidsversekering, 2001 (Wet 63 van 2001)
C Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003
(Wet 53 van 2003)
D Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008) (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.2 Voltooi die volgende sinne deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
tien; terugwaartse; videokonferensies; konsensus; voorwaartse;
laissez-faire; dinamiek; charismatiese; PowerPoint; veertien
1.2.1 Werkers kan toegelaat word om 'n maksimum van ... uur oortyd per
week te werk.
1.2.2 Werkers met lae moraal kan deur die insig en persoonlikheid van
… leiers geïnspireer word.
1.2.3 Best Clothing Vervaardigers het die … vertikale-integrasie-strategie
toegepas deur Cool Clothing Kleinhandelaars oor te neem.
1.2.4 Groep-... is die metode wat deur spanne gebruik word om
eenstemmigheid te bereik.
1.2.5 … is die ideale aanbiedingsmetode vir groepe in verskillende lande
wat van aangesig tot aangesig (persoonlike) kontak moet hê.
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Koöperasies A projekte wat begin word om die
gemeenskap te bevoordeel
1.3.2 Gehaltebeheer
B die bestuur van mense en hulpbronne
1.3.3 KMI (KSI) volgens voorafingestelde
beleidsrigtings (beleide)
1.3.4 Horisontale diversifikasie
C verkry meer beheer oor lede
1.3.5 Bestuur
D 'n stelsel wat nie elke afdeling en
werknemer insluit nie
E gevorm deur lede wat hulpbronne,
infrastruktuur en koste deel tot almal
se voordeel
F korporatiewe verantwoordelikheid vir
ekonomiese ontwikkeling
G 'n stelsel wat afwykings van
voorafbepaalde standaarde van 'n
vervaardigde produk verminder
H die voeg van nuwe, onverwante
produkte by die bestaande
produklyne wat byval by bestaande
klante kan vind
I gebruik sjarme om mense te inspireer
J deur stigters gevorm om produkte en
dienste teen 'n wins te lewer
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING B
Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy,
ensovoorts.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING
2.1 Identifiseer die element van Porter se Vyf Kragte/Magte-model wat op elk van
die volgende stellings van toepassing is:
2.1.1 Klante verkies modieuse tekkies ('sneakers') bo duurder, formele
skoene.
2.1.2 Mpho's Stores het 'n paar gereelde klante wat altyd groot bestellings
plaas.
2.1.3 Ayishaa Bpk. wil 'n eksklusiewe modeboetiek begin wat groot
kapitale belegging vereis om hoë stigtingskoste en duur voorraad
te dek.
2.1.4 Sam's Millers is die enigste plek waar bakkerye meel kan koop.
2.1.5 Jack Hardeware lok meer klante as Tim Hardeware. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
2.2 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KREDIETAMNESTIE: MILJOENE VERBRUIKERS SLAAN 'N SLAG
Ongeveer 3,18 miljoen verbruikers in Suid-Afrika is bevoordeel deur
regulasies wat die verwydering van verbruikers se negatiewe kredietinligting
moontlik gemaak het. Ongunstige inligting is uit verbruikers se kredietrekords
verwyder.
Bekostigbaarheidsassesseringsregulasies is opgestel om kredietassessering
deur kredietverskaffers te verskerp om roekelose kredietverlening te voorkom.
Hierdie regulasies vereis dat verbruikers se verklaarde inkomste nagegaan
word, dat kredietverslae bekom word en krediet vroegtydig goedgekeur word.
Volgens die krediet-ombudsman, Manie van Schalkwyk, word nie alle
negatiewe inligting uit verbruikersprofiele verwyder nie, maar slegs twee
kategorieë inligting, naamlik ongunstige lysting en opbetaalde vonnisse.
Ongunstige lysting sluit verbruikers in wat agterstallig is, nalatig is, stadig
betaal, wegloop en nie kontakbaar is nie. Selfs al word die
wanbetalingsinligting uit verbruikers se kredietprofiele verwyder, bly hulle
steeds wetlik verplig om die skuld te betaal. As dit nie gedoen word nie, stel
hulle hulself bloot aan regstappe deur die kredietverskaffer of om aan
skuldinvorderaars oorhandig te word.
[Vertaal en aangepas uit Fin24, 3 November 2014]
2.2.1 Identifiseer die Wet wat op die gevallestudie hierbo van toepassing
is. (2)
2.2.2 Haal TWEE kategorieë inligting uit die gevallestudie aan waar
verbruikers deur veranderinge aan die Wet bevoordeel is. (2)
2.2.3 Gee VIER voorbeelde van ongunstige lysting in die gevallestudie. (4)
2.2.4 Identifiseer die regte van die kredietverskaffers in die gevallestudie,
indien verbruikers versuim om hul skuld te betaal. (2)
2.2.5 Haal uit die gevallestudie aan hoe kredietverskaffers
kredietassesserings moet uitvoer. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JIMMY'S ENTERPRISE (JE)
Elma en Vusi is werknemers in dieselfde afdeling by Jimmy's Enterprise. Hulle
doen dieselfde werk, maar Vusi verdien meer as Elma. Sy is ongelukkig en
eis dat sy dieselfde salaris as Vusi moet verdien. Sy voel dat Jimmy's
Enterprise nie aan die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55
van 1998) voldoen nie.
2.3.1 Verduidelik die hoofdoel van die Wet op Gelyke Indiensneming
(WGI) 1998 (Wet 55 van 1998) met spesifieke verwysing na Elma se
bewering dat JE nie aan hierdie Wet voldoen nie. (8)
2.3.2 Noem enige DRIE besigheidshandelinge wat deur die WGI as
diskriminerend beskou kan word. (6)
2.3.3 Analiseer die impak wat die WGI op besighede in die algemeen het. (10)
2.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PIET MOTORHANDELAARS (PMH)
Piet Motorhandelaars verkoop nuwe en tweedehandse motors. Die
handelaarskap het hul teikenmark verloor as gevolg van mededingers wat hul
motorpryse verlaag het. Piet wil vervreemding/disinvestering as 'n
besigheidstrategie toepas om die uitdaging van die verlies aan klante te
oorkom.
2.4.1 Verduidelik die betekenis van vervreemding/disinvestering as 'n
besigheidstrategie. (4)
2.4.2 Bespreek die DRIE intensiewe besigheidstrategieë wat PMH kan
gebruik om sy klante terug te wen en/of te behou. (9)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
3.1 As die finansiële bestuurder van Yummy Ice Cream Bpk. is jy genooi om 'n
verbale/mondelinge voorlegging/aanbieding aan die aandeelhouers van die
maatskappy te doen.
3.1.1 Beskryf die faktore wat jy in aanmerking sal neem wanneer jy vir
'n voorlegging/aanbieding voorberei. (8)
3.1.2 Omskryf in breë trekke VIER aspekte om in gedagte te hou wanneer
jy vrae ná die voorlegging/aanbieding op 'n nie-aggressiewe en
professionele manier beantwoord. (8)
3.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
AZ VELSORG & SKOONHEID (AZ)
Anet en Zen is vennote in AZ Velsorg & Skoonheid. Hulle produkte is baie
gewild en hulle wil uitbrei. Hulle oorweeg dit om hul vennootskap in 'n
maatskappy te omskep wat hulle in staat sal stel om aandele op die
Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE) te verkoop.
3.2.1 Verduidelik EEN nadeel van 'n vennootskap. (3)
3.2.2 Stel die soort maatskappy voor wat AZ Velsorg & Skoonheid in staat
sal stel om aandele op die JSE te verkoop. (1)
3.2.3 Beskryf hoe die volgende faktore tot die sukses van die besigheid
wat in VRAAG 3.2.2 genoem is, kan bydra:
(a) Kapitaal (2)
(b) Verdeling van wins (2)
3.2.4 Bespreek die funksies van die JSE. (8)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Mahlori besit 'n grasdakhuis wat vir R1 000 000 gewaardeer is. Hy het sy huis
vir R800 000 by Pro-Cover Versekeraars verseker. 'n Brand in die kombuis
het skade van R30 000 aangerig.
3.3.1 Bereken die bedrag wat Pro-Cover Versekeraars aan Mahlori sal
uitbetaal om die skade te dek. Toon ALLE berekeninge. (4)
3.3.2 Verduidelik kortliks waarom Mahlori nie vir die volle bedrag van die
skade wat gely is, gekwalifiseer het nie. (4)
3.4 Tabuleer TWEE verskille tussen dividende en rente. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FOAMBRIGHT (EDMS.) BPK. (FB)
Jozi en Jane is bestuurders by 'n groot wassery-onderneming, FoamBright
(Edms.) Bpk., in Kimberley.
Jozi bestuur die wassery en droogskoonmaakafdeling en verander gewoonlik
haar leierskapstyl om by die taak voor haar aan te pas.
Jane is die bemarkings-, administrasie- en afleweringsbestuurder en glo dat
tyd geld is. Sy het 'n wasgoed 'oplaai-en-aflewer'-diens ingestel wat 'n
verhoging in inkomste sal verseker. Sy bied aansporingslone aan om
werknemers te motiveer om weeklikse teikens en spertye te haal. Indien
werknemers nie spertye haal nie, kan hulle nie hulle hele aansporingsloon
ontvang nie.
3.5.1 Jozi is 'n tipiese voorbeeld van 'n situasionele leier. Haal uit die
scenario hierbo aan om hierdie stelling te ondersteun. (1)
3.5.2 Identifiseer die soort leierskap wat Jane meestal as bestuurder in
haar afdeling toepas. Motiveer jou antwoord deur inligting in die
scenario hierbo te gebruik. (3)
3.5.3 Evalueer die impak van Jane se tipe leierskap, waarna in
VRAAG 3.5.2 verwys word, op sakebedrywighede. (6)
3.6 Analiseer die toepassing van die burokratiese leierskapstyl in die werkplek. (6)
[60]
VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE
4.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MOYENI SUPERMARK (MS)
Tsakani koop gereeld kruideniersware by Moyeni Supermark, die enigste
kruidenierswinkel in haar dorpie. Nadat Tsakani teruggekeer het van 'n
besoek aan haar vriend in die stad, het sy by mnr. Moyeni oor die hoë pryse
van sy produkte gekla.
Mnr. Moyeni dink dat sy produkte goedkoop is, omdat klante nie nodig het om
stad toe te ry vir kruideniersware nie, maar belowe om sy supermark se
prysvlakke te ondersoek.
4.1.1 Identifiseer die onetiese sakepraktyk in die scenario hierbo. (1)
4.1.2 Beveel maniere aan waarop Moyeni Supermark die onetiese
sakepraktyk, geïdentifiseer in VRAAG 4.1.1, kan oplos. (6)
4.1.3 Stel ander maniere voor (NIE in die scenario NIE), waarop Moyeni
Supermark professioneel, verantwoordelik en eties sake kan doen. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JJ Opleiding & Ontwikkeling (JJ) spandeer ongeveer R1 miljoen (R1 000 000)
aan korporatiewe maatskaplike/sosiale investering (KMI/KSI)-projekte, wat hul
kontantvloei negatief beïnvloed. Jack, die eienaar, is van mening dat dit nie sy
besigheid se verantwoordelikheid is om KMI/KSI-projekte te finansier nie.
Regverdig Jack se opinie met spesifieke verwysing na die impak van KMI/KSI
op besighede. (10)
4.3 Beskryf die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer. (8)
4.4 Stel maniere voor waarop besighede die volgende diversiteitskwessies in die
werkplek kan oplos:
4.4.1 Taal (2)
4.4.2 Ouderdom (2)
4.4.3 Gestremdheid (2)
4.5 Verduidelik hoe besighede die beginsels van verantwoordbaarheid en
deursigtigheid moet toepas om etiese sakepraktyke te bevorder. (8)
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TONIE SE FABRIEKE BPK. (TFB)
Tonie se Fabrieke Bpk. vervaardig en verkoop boumateriaal. Die vraag na
boumateriaal is besig om te styg en TFB wil nog 'n fabriek in Thula Town
oprig. Dit sal werksgeleenthede vir die gemeenskap skep, terwyl beurse vir
tersiêre onderrig aan leerders in plaaslike skole aangebied sal word.
Sommige Thula Town-inwoners is bekommerd dat Tonie se fabriek geraas,
lugbesoedeling en misdaad in die gemeenskap kan verhoog, terwyl ander
redeneer dat hulle nie meer so ver hoef te ry om boumateriaal te koop nie.
Tonie se Fabrieke beplan ook om entrepreneursprogramme vir jong,
opkomende entrepreneurs aan te bied.
4.6.1 Pas die kragveldanalise-instrument toe om die lewensvatbaarheid
van TFB se nuwe fabriek in Thula Town te assesseer. (7)
4.6.2 Verwys na jou bevindinge in VRAAG 4.6.1 en regverdig die oprigting
van TFB se nuwe fabriek in Thula Town. (2)
4.7 Evalueer die doeltreffendheid van die Delphi-tegniek in die oplossing van
sakeprobleme. (4)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
5.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RAINMAKER MYN (EDMS.) BPK. (RMM)
Rainmaker Myn (Edms.) Bpk. het 120 mynwerkers in diens. Jacob, die
menslikehulpbron-bestuurder, neem gereeld belangrike besluite sonder om
die werkers te raadpleeg.
Die werkers het besluit om 'n vakbond te stig sodat hulle in die
besluitnemingsproses verteenwoordig kan word. Jacob is van mening dat dit
die maatskappy se reg is om eensydige besluite te neem. Hy het gedreig om
die werkers af te dank as hulle 'n vakbond stig.
5.1.1 Noem die Wet wat Jacob oortree. (2)
5.1.2 Omskryf in breë trekke die impak van die Wet waarna in
VRAAG 5.1.1 verwys word, op die menslikehulpbron-funksie
van RMM. (10)
5.2 Onderskei tussen posbeskrywing en posspesifikasie. (8)
5.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MEMPS FABRIEK BPK. (MF)
Thabo werk vyf dae per week by MEMPS Fabriek Bpk. Buiten sy weeklikse
loon ontvang hy ook 'n selfoon- en behuisingstoelaag.
5.3.1 Haal TWEE soorte byvoordele aan wat aan Thabo betaal word. (2)
5.3.2 Verduidelik verskillende metodes wat MEMPS Fabriek kan gebruik
om Thabo se loon te bepaal. (4)
5.3.3 Evalueer die impak van byvoordele op MEMPS Fabriek Bpk. (8)
5.4 Bespreek die positiewe impak van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling
(WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) op die menslikehulpbron-funksie. (8)
5.5 Beskryf die voordele wat 'n besigheid kan geniet wanneer hulle 'n hoë gehalte
bestuurstelsel implementeer. (10)
5.6 Gee raad aan besighede oor hoe die deurlopende verbetering van prosesse
en stelselsiklus die gehalte van produkte en dienste kan verbeter. (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
6.1 Identifiseer die Wet wat op elke scenario hieronder van toepassing is.
6.1.1 Choco Sweets waarsku klante nie oor die moontlike newe-effekte
wanneer hulle van hul lekkers en sjokolade eet nie.
6.1.2 Andries Konsultasie-agentskap laat nie hul vakbondverteen-
woordigers tyd toe om aan vakbondsake aandag te gee nie.
6.1.3 Smith Groothandelaars Bpk. bied entrepreneursprogramme vir klein
besighede aan om vir regeringstenders te kan kwalifiseer.
6.1.4 Zafe Sekuriteit het nie afskrifte van die indiensnemingskontrakte aan
hul werkers gegee nadat daaroor ooreengekom en dit geteken is nie.
(4 x 2) (8)
6.2 Evalueer die impak van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese
Bemagtiging, 2003 (Wet 53 van 2003) (aangepas in 2013) op besighede. (6)
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
6.3 Verduidelik die voordele van die gebruik van visuele hulpmiddels in enige
voorlegging/aanbieding. (8)
6.4 Tabuleer die verskille tussen skadeloosstelling/indemnifikasie en sekuriteit as
beginsels van 'n wettige versekeringskontrak. (8)
BESIGHEIDSROLLE
6.5 Noem VIER hindernisse tot kreatiewe denke in die werkplek. (8)
6.6 Bespreek die implikasies van gelykheid, respek en waardigheid in die
werkplek. (6)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
6.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ZIG-N-ZAG-FABRIEK (ZZF)
Frenchy het onlangs by Zig-n-Zag-fabriek begin werk. Op sy eerste werksdag
is hy na sy werkstasie geneem en aangesê om sy pligte uit te voer sonder
enige leiding of toesig. Hy het toe vir deeglike induksie/oriëntering gevra.
6.7.1 Beskryf wat bedoel word met deeglike induksie/oriëntering in
die scenario hierbo. (2)
6.7.2 Noem die voordele van 'n doeltreffende induksieprogram vir
Zig-n-Zag-fabriek. (8)
6.8 Bespreek hoe die gehalte van werkverrigting van die algemenebestuur-funksie
die sukses van die besigheid sal verseker. (6)
[60]
TOTAAL AFDELING B: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 15 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING C
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin,
byvoorbeeld VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE
bladsy, ensovoorts.
VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
Die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes ('COIDA'), 1997
(Wet 61 van 1997) erken dat sekere beroepe gevaarlik is en werkers aan
gesondheidsrisiko's blootstel. Daar is dus koste-implikasies vir beide werkgewers en
werknemers wanneer werkplekverwante ongelukke of siektes plaasvind.
Met verwysing na die stelling hierbo:
• Bespreek die aard van 'COIDA'.
• Verduidelik die regte van werknemers soos dit in die Wet uiteengesit is.
• Omskryf in breë trekke DRIE handelinge wat as diskriminerend beskou kan word.
• Analiseer die impak van hierdie Wet op besighede.
• Beveel maniere aan waarop besighede aan 'COIDA' kan voldoen. [40]
VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGINGS)
Besighede word in dinamiese en riskante omgewings bedryf. Versekering sal altyd 'n
noodsaaklike rol speel om te verseker dat hulle volhoubaar is.
Gant Bpk. glo dat versekering 'n goeie belegging is en wil ingeligte besluite oor hul
versekering en beleggings neem.
Gant Bpk. het jou as 'n onafhanklike finansiële beleggingsadviseur genader. Jou
advies moet die volgende insluit:
• Verduidelik die belangrikheid van versekering vir besighede.
• Onderskei tussen verpligte versekering en nieverpligte versekering en gee TWEE
voorbeelde van elk.
• Gee advies aan die maatskappy deur enige VIER geskikte beleggingsvorme te
beskryf. Brei uit op die risikofaktor van ELK. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 16 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (KONFLIK)
Besighede neem werkers uit verskillende kulturele agtergronde en oortuigings in diens,
wat tot konflik in die werkplek kan lei. Daar word ook van werknemers verwag om in
spanne saam te werk wat konflik kan vererger.
Verwys na die stelling hierbo en gee aandag aan die volgende kwessies in die
werkplek:
• Bespreek die moontlike oorsake van konflik.
• Identifiseer en verduidelik die spanontwikkelingstadium waarin konflik die
waarskynlikste sal voorkom.
• Stel maniere voor waarop besighede moeilike mense kan hanteer.
• Analiseer die voordele van 'n diverse arbeidsmag vir besighede. [40]
VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE)
'n Produksiebestuurder by Lonin Myn (Edms.) Bpk. het onlangs uit sy pos bedank om
by 'n ander maatskappy aan te sluit. Mnr. Amla, die menslikehulpbron-bestuurder by
Lonin Myn, het opdrag gekry om 'n nuwe produksiebestuurder aan te stel.
Verwys na die scenario hierbo en skryf 'n opstel waarin jy die volgende aspekte insluit:
• Verduidelik die keuringsprosedure wat mnr. Amla behoort te volg om die geskikste
kandidaat te identifiseer.
• Bespreek die wetlike vereistes van die indiensnemingskontrak waaroor beide Lonin
Myn (Edms.) Bpk. en die nuwe werknemer moet ooreenkom.
• Adviseer mnr. Amla oor redes vir die beëindiging van werknemers se indiens-
nemingskontrakte. [40]
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 EC June 2016 Question Paper (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC June 2016 Question Paper (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC November 2016 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum