Skip to content

Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paperBusiness StudiesGrade 12202411 pages

Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2024 BESIGHEIDSTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar daar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne geskryf word. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir punte- en tydstoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord. AFDELING VRAAG PUNTE TYD (minute) A: Objektiewe tipe vrae 1 30 20 VERPLIGTEND B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 KEUSE: 3 40 70 (Beantwoord enige TWEE.) 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 KEUSE: 6 40 30 (Beantwoord enige EEN.) TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord van ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, byvoorbeeld VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) BESIGHEIDSTUDIES V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1 Hierdie Wet verseker dat transformasie in die werkplek deur die implementering van regstellende aksie plaasvind. A Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) B Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) C Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) D Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) 1.1.2 Villa Vervoer is in die … sektor bedrywig, omdat hulle grondstowwe aan ABC vervaardigers aflewer. A ekonomiese B primêre C sekondêre D tersiêre 1.1.3 Jimmy Motoronderdele het die … -integrasie strategie gebruik toe hulle Sky Motoronderdeelvervaardigers gekoop het. A intensiewe B horisontale C terugwaartse D voorwaartse 1.1.4 Menzi (Edms.) Bpk. gebruik die … prosedure wanneer hulle onderhoude voer om die mees geskikte kandidaat te identifiseer. A keurings- B induksie- C werwings- D plasing- 1.1.5 Hierdie funksie is verantwoordelik om te verseker dat produkte aan die klante se vereistes voldoen deur veilig, betroubaar en duursaam te wees. A Bemarking B Finansiële C Aankope D Produksie (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. bestuur; openbare betrekkinge; siekte-; stukwerk; SSGB; tydverwante; gesinsverantwoordelikheids-; finansiële; PESTWO; beheer 1.2.1 ʼn Werknemer kwalifiseer vir ... verlof van drie dae as sy/haar kind siek is. 1.2.2 Frank se Vrugte het ʼn …-analise opgestel toe hulle hul interne omgewing ondersoek het. 1.2.3 Goldie Juwele gebruik die ... salarisvasstellingsmetode wanneer hulle hulle werknemers per ontwerp voltooi, betaal. 1.2.4 Tasco Bpk. gebruik gehalte … om te verseker dat die voltooide produk die verlangde standaarde bereik. 1.2.5 Die … funksie is verantwoordelik vir die implementering van volhoubare Korporatiewe Maatskaplike Investeringsprogramme. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) BESIGHEIDSTUDIES V1 5 1.3 Kies ʼn beskrywing in KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Swart Ekonomiese A poog om die behoeftes van klante Bemagtiging te bevredig en om besigheidsprosesse te verbeter 1.3.2 Markontwikkeling B die indiensnemingskontrak word as gevolg van wangedrag beëindig 1.3.3 Aftrede C herstruktureer die produkreeks deur nuwe produkte by te voeg 1.3.4 Posspesifikasie D bevoordeel alle voorheen benadeelde mense in die ekonomie 1.3.5 Totale E poog om duursame produkte te Gehaltebeheer produseer om ʼn spesifieke (TGB) behoefte in die mark te bevredig F herstruktureer die verskillende prysbeleide om vir klante van alle inkomstevlakke voorsiening te maak G beskryf die pligte en verantwoordelikhede van ʼn spesifieke pos H die indiensnemingskontrak word as gevolg van ouderdom beëindig I bevoordeel slegs ʼn paar voorheen benadeelde persone in die ekonomie J beskryf die minimum aanvaarbare persoonlike vaardighede benodig vir ʼn pos (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem VIER verbruikersregte volgens die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008). (4) 2.2 Beskryf kortliks die rol van SOOO’s ter ondersteuning van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998). (6) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. PITTS MOTORONDERDELE (PM) Pitts Motoronderdele spesialiseer in die verkoop van generiese motoronderdele in die Oos-Kaap. Hulle besef dat hulle besigheid in die moeilikheid is as gevolg van ʼn afname in verkope. Hulle het sommige van hulle werknemers se dienskontrakte beëindig. PM weet dat hulle ook ander defensiewe strategieë in die toekoms kan implementeer. 2.3.1 Identifiseer die tipe defensiewe strategie wat deur PM in die scenario hierbo gebruik word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) 2.3.2 Verduidelik EEN ander defensiewe strategie. (3) 2.4 Bespreek die regte van werknemers volgens die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995). (4) 2.5 Gee besighede raad oor die toepassing van die bedreiging/hindernisse van nuwe toetreders tot die mark as ʼn krag van Porter se Vyf Kragte-model om hulle posisie in die mark te analiseer. (4) 2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. CHEETAH BANK (CB) Cheetah Bank verskaf geld-verwante dienste aan hulle kliënte. Hulle laat kliënte toe om geld te deponeer en om geld te leen. Hulle is by die Nasionale Kredietreguleerder geregistreer. Cheetah Bank gee altyd aan hulle kliënte die redes waarom hulle krediet geweier is. CB lei ook hulle werknemers in terme van hul vereistes teenoor FICA op. 2.6.1 Haal TWEE maniere uit die scenario hierbo aan waarop CB aan die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) voldoen. (2) 2.6.2 Bespreek die positiewe impak van die Nasionale Kredietwet op besighede. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) BESIGHEIDSTUDIES V1 7 2.7 Verduidelik die stappe in strategie-evaluering. (6) 2.8 Beveel maniere aan waarop besighede die uitdagings wat die sosiale faktore van die PESTWO-analise faktor inhou, kan hanteer. (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 3.1 Noem enige DRIE aspekte wat in ʼn indiensnemingskontrak ingesluit moet word. (3) 3.2 Beskryf kortliks die rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud. (6) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ROYAL LOGITIEK (RL) Royal Logistieke (RL) het vakante poste vir ʼn kassier en ʼn pakhuisbestuurder. RL het ʼn posontleding gedoen en ʼn advertensie ontwerp. Die besigheid het die vakante poste op sosiale media geadverteer. 3.3.1 Identifiseer die tipe werwing wat deur RL in die scenario hierbo gebruik. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal. (3) 3.3.2 Evalueer die impak van die tipe werwing wat in VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is op besighede. (4) 3.4 Bespreek die verband tussen salarisvasstelling en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV). (4) 3.5 Brei uit oor die betekenis van gehalteprestasie. (4) 3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. EXCELA TREKDIENSTE (ET) Excela Trekdienste (ET) spesialiseer in die vervoer van meubels in die Oos-Kaap. ET gebruik data om die resultate van die verandering in prosesse te evalueer. Met behulp van gehaltesirkels, verseker hulle dat hulle gehalte dienste aan hulle klante lewer. 3.6.1 Noem die stap van die BDKH-siklus wat deur ET in die scenario hierbo gebruik word. (2) 3.6.2 Verduidelik die rol van gehaltesirkels as deel van die deurlopende verbetering van prosesse en stelsels. (4) 3.7 Bespreek die gehalte-aanwysers van die bemarkingsfunksie. (6) 3.8 Beveel maniere aan waarop totale gehaltebeheer (TGB) die koste van gehalte kan verminder. (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) BESIGHEIDSTUDIES V1 9 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 4.1 Noem enige VIER pilare van die Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003). (4) 4.2 Beskryf kortliks die voordele van diversifikasie-strategieë. (6) 4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SIPHO SE TUINDIENSTE (ST) Sipho se Tuindienste lewer tuindienste aan huishoudelike en kommersiële kliënte. Hulle sukkel om ʼn betroubare verskaffer van masjinerie, wat hulle benodig, te kry. Werknemers is dikwels laat vir werk. ʼn Afname in kliënte se inkomstevlakke lei tot laer winsgewendheid. 4.3.1 Haal TWEE uitdagings vir ST uit die scenario hierbo aan. (2) 4.3.2 Klassifiseer die TWEE uitdagings aangehaal in VRAAG 4.3.1 volgens die besigheidsomgewings. (2) 4.3.3 Noem die mate van beheer wat ST het oor die besigheidsomgewings in VRAAG 4.3.2 geklassifiseer. (2) Gebruik die tabel hieronder as ʼn GIDS om VRAAG 4.3.1 tot 4.3.3 te beantwoord. UITDAGINGS BESIGHEIDS- MATE VAN BEHEER OMGEWINGS (4.3.1) (4.3.2) (4.3.3) 1. 2. 4.4 Stel maniere voor waarop besighede aan die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (WVBS/COIDA), 1997 (Wet 61 van 1997) kan voldoen. (4) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 4.5 Beskryf kortliks die plasingsprosedure. (4) 4.6 Verduidelik die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) as ʼn verpligte voordeel wat deur die wet vereis word. (6) 4.7 Identifiseer die totale gehaltebeheerelement (TGB) wat deur Suzie Vervaardigers (SV) in ELKEEN van die stellings hieronder toegepas word: 4.7.1 SM verseker dat opleidingsprogramme relevant is om klante- tevredenheid te verseker (2) 4.7.2 SM kan dit bekostig om gehalte grondstowwe en toerusting te koop (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 10 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 4.8 Adviseer besighede oor die impak van monitering en evaluering van gehalteprosesse, as ʼn TGB-element, op groot besighede. (6) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) BESIGHEIDSTUDIES V1 11 AFDELING C Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies duidelik aan. Die antwoord op die vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING) Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997, (Wet 75 van 1997) is ingestel om regverdige arbeidspraktyke in die werkplek te verseker. Die bepalings van die WBDV beskerm werknemers en verskaf riglyne aan werkgewers hoe om aan die Wet te voldoen. Voldoening aan die Wet kan tot voordeel van die besigheid wees en strawwe kan vermy word. Skryf ʼn opstel oor die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997). • Beskryf kortliks die doel van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes. • Verduidelik die volgende bepalings van die WBDV: o Regulering van werkstyd o Die verbod op indiensneming van kinders en dwangarbeid • Bespreek die impak van die WBDV op besighede. • Gee besighede raad oor die strafmaatreëls vir nie-nakoming van die WBDV. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE) Besighede gebruik induksieprosesse deur nuut aangestelde werknemers op te lei. Induksieprogramme verseker dat nuwe werknemers bewus is van die organisatoriese kultuur en verwagtinge. Baie besighede bied byvoordele aan hulle werknemers en verseker dat die indiensnemingskontrak aan die regsvereistes voldoen. Skryf ʼn opstel oor menslike hulpbronne waarby jy die volgende aspekte insluit: • Beskryf kortliks die doel van induksie. • Verduidelik die voordele van induksie vir besighede. • Bespreek die impak van byvoordele vir besighede. • Gee besighede raad oor die regsvereistes van ʼn indiensnemingskontrak. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 Business Studies

View all