NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
BESIGHEIDSTUDIES V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 195.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING
B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
vraag beantwoord word.
VRAAG PUNTE TYD
AFDELING
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
VERPLIGTEND 1 30 20
B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40
vrae
KEUSE: 3 40 70
Beantwoord enige TWEE.
4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30
KEUSE:
Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.
1.1.1 Hierdie Wet maak voorsiening vir die reg van werknemers om by 'n
vakbond van hul keuse aan te sluit:
A Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75
van 1997)
B Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
C Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van
1998)
D Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van
2008)
1.1.2 Andile Tuindienste kon maklik ʼn handelslisensie bekom het. Dit
verwys na die … as ʼn krag van die Porter se Vyf Kragte-model.
A hindernis vir nuwe toetreders tot die mark
B bedreiging van substitusie
C krag van mededingers
D krag van kopers
1.1.3 Toppunt Tekstiele is in die … sektor werksaam omdat hulle in die
vervaardiging van klere spesialiseer.
A primêre
B tersiêre
C ekonomiese
D sekondêre
1.1.4 Hierdie voordeel is volgens wet verpligtend vir werknemers om
1% van hul basiese salaris by te dra:
A Werkloosheidsversekeringsfonds
B Begrafnisvoordele
C Behuisingtoelaag
D Kleretoelaag
1.1.5 Ockert Vervaardigers het gehalte-… toegepas toe hulle die totale
uitset van elke departement teen gespesifiseerde standaarde
gemeet het.
A beheer
B versekering
C prestasie
D bestuur
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5)
in die ANTWOORDEBOEK neer.
onderhoud; gehalte; SEB; mikro; Wet op BBSEB; induksieprogram;
doen; mark; totale gehaltebestuur; handel soos nodig
1.2.1 Wêreldwye Handel het aan … voldoen toe hulle voorheen
benadeelde werknemers van leerprogramme voorsien het.
1.2.2 Kraakvars Klere het volle beheer oor die …-omgewing.
1.2.3 Die doel van ʼn … is om die persoonlike eienskappe van die
aansoeker te evalueer.
1.2.4 Mega Bakeries implementeer verandering op groot skaal nadat hulle
gesien het dat die verandering suksesvol was. Dit staan as die …-
stap in die BDKH-model bekend.
1.2.5 Viwe Vervaardigers gebruik … om voortdurend prosesse en stelsels
te verbeter om sodoende die behoeftes van verbruikers bo hulle
verwagtinge te bevredig. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 5
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Privaatheid en A skriftelike ooreenkoms wat die gebruik
vertroulikheid van eiendom vir 'n sekere tydperk
spesifiseer
1.3.2 Ontbondeling B gebruik prystegnieke om ʼn
mededingende voordeel te verseker
1.3.3 Indiensnemings- C verbruikers het die reg om beskerm te
kontrak word in bêrekoop-ooreenkomste
1.3.4 Stukwerk D die verkoop van alle bates met die
doel om die besigheid te sluit
1.3.5 Bemarkingsfunksie E werknemers word vir die aantal items
wat in ʼn maand vervaardig is, betaal
F verbruikers het die reg om
ongewenste direkte bemarking te stop
G skriftelike ooreenkoms wat bepalings
en voorwaardes om pligte uit te voer,
spesifiseer
H gebruik om grondstowwe in grootmaat
teen laer pryse aan te koop
I die verkoop van sommige bates wat
nie meer winsgewend is nie
J werknemers word vir die aantal ure
gewerk, betaal
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv.
VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem enige TWEE soorte diversifikasiestrategieë. (2)
2.2 Beskryf kortliks die voordele van intensiewe strategieë. (6)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
YUKI VERVAARDIGERS (YV)
Yuki Vervaardigers spesialiseer in die vervaardiging van jogurt en wil hul
aktiwiteite uitbrei. YV het met Melkplaas hul verskaffer van melk saam
gesmelt. Hulle moet evalueer of hierdie strategie suksesvol was.
2.3.1 Identifiseer die soort integrasiestrategie wat deur YM in die
scenario hierbo gebruik is. (2)
2.3.2 Beskryf die stappe in strategie-evaluering. (6)
2.4 Verduidelik die doel van Wysigingswet op Vergoeding vir
Beroepsbeserings en -siektes (WVBBS), 1997 (Wet 61 van 1997). (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NICO ONDERNEMING (NO)
Nico Onderneming is ʼn groot kleinhandelonderneming wat ʼn
verskeidenheid produkte verskaf. Die bestuur het ʼn gelyke
indiensnemingsplan in oorleg met werknemers opgestel. Hulle het ook
regstellende aksie-maatreëls geïmplementeer wat diversiteit in die
werkplek bevorder.
2.5.1 Haal TWEE maniere waarop NO die Wet op Gelyke
Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998) nagekom het uit die
scenario hierbo aan. (2)
2.5.2 Evalueer die impak van die Wet op Gelyke Indiensneming, 1998
(Wet 55 van 1998) op besighede. (6)
2.6 Verduidelik die strafmaatreëls wat besighede in die gesig mag staar vir
nienakoming van die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van
2005). (6)
2.7 Gee besighede raad oor hoe hulle krag van verskaffers as een van die
kragte van die Porter se Vyf Kragte-model kan toepas om hul posisie in
die markomgewing te analiseer. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 7
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Noem enige DRIE bronne van eksterne werwing. (3)
3.2 Beskryf kortliks die plasingsprosedure as ʼn menslikehulpbron-aktiwiteit. (4)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HOPE LOGISTIEKE (HL)
Hope Logistieke het ʼn vakante pos vir ʼn bestuurder op hulle besigheid se
kennisgewingbord geadverteer. HL dui aan dat die suksesvolle kandidaat
byvoordele sal ontvang.
3.3.1 Identifiseer die werwingsmetode wat deur HL gebruik is. Motiveer
jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
3.3.2 Verduidelik die voordele van byvoordele vir besighede. (4)
3.4 Bespreek die rol van die onderhoudvoeder voor die onderhoud. (6)
3.5 Beskryf kortliks die gehalteaanwysers van die produksiefunksie. (4)
3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RICHARD SKOENE (RS)
Richard Skoene is ʼn groot skoenvervaardiger wat sukkel om totale
gehaltebestuur (TGB) suksesvol te implementeer. Die reputasie van RS
ly skade weens swak gehalte produkte. RS ervaar ook ʼn hoë
personeelomset as gevolg van swak vaardigheidsontwikkeling.
3.6.1 Haal TWEE maniere waarop die swak implementering van TGB
ʼn impak op RS gehad het, uit die scenario hierbo aan. (2)
3.6.2 Verduidelik die ander impak van TGB indien besighede dit swak
implementeer. (4)
3.7 Onderskei tussen gehaltebeheer en gehalteversekering. (4)
3.8 Evalueer die impak van deurlopende vaardigheidsontwikkeling as ʼn
element van totale gehaltebestuur (TGB) op groot besighede. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Noem enige VIER bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
(WBDV), 1997 (Wet 75 of 1997). (4)
4.2 Beskryf kortliks die strategiese bestuurproses. (6)
4.3 Identifiseer die PESTWO-elemente wat ʼn uitdaging vir Secure
Vervaardigers in ELK van die volgende stellings inhou:
4.3.1 Die verpakkingsmateriaal wat Secure Vervaardigers gebruik, kan
nie herwin word nie.
4.3.2 Hulle sukkel om die maandelikse betaling op hul lening te maak
weens die hoë rentekoers.
4.3.3 Werknemers is nie in staat om die modern masjinerie te gebruik
wat aangekoop is nie. (3 x 2) (6)
4.4 Gee besighede raad oor die implikasies van bestuursbeheer as een van
die pilare van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging
(BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) vir besighede. (4)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5 Noem enige VIER aspekte wat by ʼn induksieprogram ingesluit moet word. (4)
4.6 Beskryf kortliks die verband tussen salarisbepalings en die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes. (6)
4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JUMPING GYMS (JG)
Jumping Gyms spesialiseer in aanlyn-gimnasium-oefensessies. Hulle
gebruik moderne tegnologie doeltreffend. Die administrasie-afdeling stel
ook betyds betroubare inligting aan bestuur beskikbaar.
4.7.1 Haal TWEE gehalteaanwysers van die administrasiefunksie uit die
scenario hierbo aan. (2)
4.7.2 Verduidelik ander gehalteaanwysers van die administrasie-
funksie. (4)
4.8 Beveel maniere aan waarop totale gehaltebestuur (TGB) die koste van
gehalte kan verminder. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 9
AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin,
bv. VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
Die bevestiging van Sektorale Onderwys-en-Opleidingsowerhede (SOOO’s)
SETA) verseker die effektiewe implementering van die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998). WVO is ontwikkel in
reaksie op die eise vir regstelling en billikheid. Besighede word verplig om aan
hierdie Wet te voldoen.
Skryf ʼn opstel oor die Wet op Vaardigheidsontwikkeling waarby jy die volgende
aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die rol van SOOO’s (‘SETAs’) ter ondersteuning van die Wet
op Vaardigheidsontwikkeling
• Verduidelik die doel van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling
• Bespreek die impak van die WVO op besighede
• Stel maniere voor waarop besighede aan die WVO kan voldoen [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRONFUNKSIE)
Die posbeskrywing en posspesifikasie moet eers deur die menslike-
hulpbronbestuurder opgestel word voordat ʼn deeglike keuringsproses kan
waarborg dat die beste kandidaat gekies word. Besighede sal voordele trek deur
die induksie van die nuut aangestelde werknemer en te verseker dat die
indiensnemingskontrak aan die wetlike vereistes van indiensneming voldoen.
Skryf ʼn opstel oor die menslikehulpbronfunksie waarby jy die volgende aspekte
insluit:
• Beskryf kortliks die verskille tussen posbeskrywing en posspesifikasie
• Verduidelik die keuringsprosedure
• Bespreek die voordele van induksie vir besighede
• Gee besighede raad oor die regsvereistes van die indiensnemingskontrak [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum