Skip to content

Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paperBusiness StudiesGrade 1220239 pages

Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 BESIGHEIDSTUDIES V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let wel dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. VRAAG PUNTE TYD AFDELING (minute) A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 30 20 B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 KEUSE: 3 40 70 Beantwoord enige TWEE. 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 KEUSE: 30 Beantwoord enige EEN. 6 40 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – NUWE bladsy, VRAAG 2 – NUWE bladsy. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V2 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1 Jabu, die spanleier by Groep Projekte, gebruik ʼn … leierskapstyl wanneer besluite geïmplementeer word sonder om werknemers te raadpleeg. A transaksionele B charismatiese C demokratiese D outokratiese 1.1.2 Sizani & Paul Prokureurs is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die skulde van die besigheid. Hierdie ondernemingsvorm staan as ʼn ... bekend. A maatskappy sonder winsoogmerk B vennootskap C privaat maatskappy D publieke maatskappy 1.1.3 Nicky het die terugvoersessie ná sy aanbieding op ʼn professionele wyse hanteer toe hy ... A sy foute verdedig het wat deur die gehoor uitgewys is. B slegs die persoon aangespreek wat die vraag gestel het. C die hoofpunte van die aanbieding opgesom het. D sy antwoorde kort en saaklik gehou het. 1.1.4 Masande Bpk. het … as een van hul fokusareas van korporatiewe maatskaplike investering (KSI) geïdentifiseer. A landelike ontwikkeling B gelyke indiensneming C besigheidsetiek D voorsieningskettings 1.1.5 Die proses wat ʼn bestuurder gebruik om die beste oplossing te kies, staan as … bekend. A probleemoplossing B roetine denke C besluitneming D dinkskrums (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. taal; grafieke; herinbesitstelling; kundige; tabelle; aweryklousule; belastingontwyking; aggressiewe; ras; belastingontduiking 1.2.1 Goeie Versekerings BPK. het … toegepas toe goedere deur Fred Handelaars vir meer as die markwaarde daarvan verseker is. 1.2.2 Steven, ʼn verkoopsbestuurder by YX Traders, gebruik … om verkoopssyfers in kolomme en rye te vertoon tydens sy aanbieding aan bestuur. 1.2.3 ʼn Besigheid wat ʼn tolk vir vergaderings aanstel, spreek … as ʼn diversiteitskwessie aan. 1.2.4 Kevin Logistieke hanteer … as ʼn tipe onetiese sakepraktyk deur alle belastingopgawes betyds by SAID in te dien. 1.2.5 Bestuurders hanteer ... persoonlikhede deur hulle genoeg tyd te gee om te praat sonder om ander te intimideer. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V2 5 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Skuldbriewe A handhaaf morele standaarde wanneer sake gedoen word 1.3.2 Padongelukkefonds B bevorder die beeld van die besigheid en verhoog winste 1.3.3 Staatsbeheerde C uitgereik om eie kapitaal by die maatskappye aandeelhouers te verkry 1.3.4 Korporatiewe D vergoed voetgangers vir beserings maatskaplike opgedoen as gevolg van nalatige verantwoordelikheid bestuurders 1.3.5 Etiese gedrag E verliese moet deur die direkteure gedek word F uitgereik om leningskapitaal by die publiek te verkry G bevorder die lewenstandaard van die gemeenskap sonder opbrengs op beleggings H verliese moet deur die belastingbetaler gedek word I handhaaf die gedragskode van ʼn spesifieke professie J vergoed werknemers vir beserings wat in die werkplek opgedoen (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 2.1 Noem enige DRIE voorbeelde van korttermynversekering. (3) 2.2 Beskryf kortliks die aspekte wat in ag geneem moet word wanneer ʼn multimedia-aanbieding ontwerp word. (4) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Inzalo Onderneming het ʼn bedrag van R15 000 oor ʼn tydperk van twee jaar teen 8% saamgestelde rente per jaar in ʼn vaste deposito belê. Bereken die rente wat Inzalo Onderneming na TWEE jaar sal ontvang. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.4 Verduidelik die belangrikheid van versekering vir besighede. (6) 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. PERFEKTE HANDELAARS (PH) Emihle, die verkoopsbestuurder by Perfekte Handelaars, het ʼn aanbieding aan die raad van direkteure gemaak. Sy het voor die aanvang van haar aanbieding harde kopieë van die verkoopsyfers aan hulle versprei. 2.5.1 Identifiseer die visuele hulpmiddel wat Emihle tydens haar aanbieding gebruik het. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) 2.5.2 Beskryf die positiewe impak van die visuele hulpmiddel wat in VRAAG 2.5.1 geïdentifiseer is. (4) 2.6 Onderskei tussen bestuur en leierskap. (4) 2.7 Bespreek hoe die volgende kriteria tot die sukses en/of mislukking van ʼn publieke maatskappy kan bydra: 2.7.1 Bestuur (4) 2.7.2 Wetgewing (4) 2.8 Stel situasies voor waarop die laissez-faire-/vryeteuels-leierskapstyl in die werkplek toegepas kan word. (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V2 7 VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE 3.1 Noem enige TWEE menseregte in die werkplek. (2) 3.2 Beskryf kortliks die voordele van diversiteit in die werkplek. (6) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ZINTLE BAKSTENE (ZB) Zintle Bakstene spesialiseer in die vervaardiging van gehalte bakstene. ZB verskaf persoonlike beskermende klere aan werkers. Die werknemers van ZB sorg vir hul eie gesondheid en veiligheid wanneer bakstene vervaardig word. Hulle meld alle ongelukke wat plaasgevind het teen die einde van die dag by die bestuur aan. 3.3.1 Haal TWEE verantwoordelikhede van die werknemers van ZB om menslike gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder vanuit die scenario hierbo aan. (2) 3.3.2 Gee ZB raad oor ander verantwoordelikhede van die werknemers om menslike gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder. (4) 3.4 Verduidelik hoe misbruik van werktyd as ʼn tipe onprofessionele sakepraktyk, uitdagings vir besighede inhou. (6) 3.5 Bespreek die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (4) 3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. BOORGAT TEGNOLOGIE (BT) Boorgat Tegnologie beoog om ʼn nuwe elektroniese boorstelsel bekend te stel. Hulle het al die voor- en nadele vir die verandering na die nuwe stelsel oorweeg. BT het ook ʼn paneel kundiges versoek om navorsing oor die uitdagings van hierdie stelsel te doen. 3.6.1 Identifiseer TWEE probleemoplossingstegnieke wat deur BT gebruik is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 3.6.1 te beantwoord. PROBLEEMOPLOSSINGS- MOTIVERINGS TEGNIEKE 1. 2. (6) 3.7 Bespreek die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer. (6) 3.8 Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe sakepraktyke uitgevoer behoort te word. (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSGELEENTHEDE 4.1 Noem enige TWEE leierskapsteorieë. (2) 4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. KAMESH HANDELAARS (KH) Kamesh Handelaars het 'n versekeringskontrak by Veilige Versekeraars uitgeneem. KH was eerlik toe die kontrak aangegaan is deur alle relevante feite bekend te maak. Kamesh het homself ook in die geval van lewensverlies verseker. 4.2.1 Identifiseer TWEE beginsels van versekering van toepassing op KH. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.2.1 te beantwoord. BEGINSELS VAN VERSEKERING MOTIVERINGS 1. 2. (6) 4.3 Bespreek faktore wat oorweeg moet word wanneer ʼn aanbieding voorberei word. (6) 4.4 Evalueer die impak van vaste deposito’s van ʼn beleggingsvorm. (6) BESIGHEIDSROLLE 4.5 Noem enige TWEE King-kode-beginsels vir goeie korporatiewe bestuur. (2) 4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MEGA VERVAARDIGING (MV) Mega Vervaardiging spesialiseer in die vervaardiging van skoolskoene. MV verskaf basiese onderwys vir volwassenes. Hulle belê ook in werkskeppingsprojekte in hul gemeenskap. MV streef daarna om 'n balans tussen die elemente van die drievoudige sleutelaspekte te handhaaf. 4.6.1 Haal TWEE voorbeelde van KMI-projekte in die scenario hierbo aan. (2) 4.6.2 Verduidelik die verhouding tussen maatskaplike verantwoordelikheid en drievoudige sleutelaspekte. (6) 4.7 Bespreek hoe besighede armoede as ʼn diversiteitskwessie in die werkplek kan hanteer. (6) 4.8 Beveel maniere aan waarop besighede ʼn omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die werkplek bevorder. (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V2 9 AFDELING C Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: SEKURITEITE) Besighede belê in ʼn verskeidenheid aandele, insluitend gewone en voorkeuraandele vir toekomstige groei. Sommige besighede oorweeg beleggingsfaktore voordat hulle hul surplusfondse in effektetrusts belê. Besighede moet dus bewus wees van die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs. Skryf ʼn opstel oor beleggingsekuriteite waarby jy die volgende aspekte insluit: • Beskryf kortliks die verskille tussen gewone en voorkeuraandele. • Verduidelik enige DRIE faktore wat in ag geneem moet word wanneer beleggingsbesluite geneem word. • Bespreek die impak van effektetrusts as ʼn beleggingsvorm. • Gee besighede raad oor die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE). [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (SPANPRESTASIE EN KONFLIKBESTUUR) Konflik kan ontstaan wanneer verskillende mense saamwerk daarom moet besighede konflik kan hanteer. Besighede moet hulself vergewis van die stadiums van spanontwikkeling en ook maniere vind om moeilike werknemers te hanteer. Skryf ʼn opstel oor spanprestasie en konflikbestuur waarby jy die volgende aspekte insluit: • Beskryf kortliks die oorsake van konflik in die werkplek. • Verduidelik hoe besighede konflik in die werkplek kan hanteer. • Bespreek DRIE stadiums van spanontwikkeling. • Stel verskillende maniere voor waarop besighede moeilike werknemers in die werkplek kan hanteer. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Business Studies

View all