Skip to content

Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paperBusiness StudiesGrade 1220249 pages

Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2024 BESIGHEIDSTUDIES V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za
Downloaded from hlayiso.com 2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/JUNIE 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let wel dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. VRAAG PUNTE TYD AFDELING (minute) A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 30 20 B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 vrae KEUSE: 3 40 70 Beantwoord enige TWEE. 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – NUWE bladsy, VRAAG 2 – NUWE bladsy. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) BESIGHEIDSTUDIES V2 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1 Clayton het die … leierskapsteorie toegepas toe hy deur voorbeeld gelei het en positiewe gedrag beloon het. A situasionele B transaksionele- C transformasie- D leiers-en-volgelinge 1.1.2 Die hoofsom groei met die byvoeging van rente: A Saamgestelde rente B Kapitaalwins C Enkelvoudige rente D Dividende 1.1.3 Frank Ondernemings het R4 000 teen 8% enkelvoudige rente per jaar belê. Hulle sal aan die einde van 18 maande ʼn bedrag van … as rente ontvang. A R489 B R320 C R380 D R480 1.1.4 Hierdie is EEN van die stappe wat besighede kan oorweeg wanneer hulle konflik in die werkplek hanteer: A Implementeer dissiplinêre prosedure B Verskaf ontspanningsgeriewe C Kies ʼn geskikte oplossing D Verskaf byvoordele 1.1.5 Thando Handelaars het nie al hul inkomste aan SAID verklaar nie, dit staan as …, ʼn tipe onetiese sakepraktyk bekend. A ongemagtigde gebruik van fondse B belastingontduiking C belastingontwyking D onbillike advertering (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/JUNIE 2024) 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. deursigtigheid; RSA kleinhandelspaareffekte; nieverpligte versekering; besluitneming; effektetrusts; klaer; aanspreeklikheid; kreatiewe denke; kundige; verpligte versekering 1.2.1 Risiko’s wat deur die regering gereguleer word en nie versekeringskontrakte vereis nie, vorm deel van ... 1.2.2 Sophie het belê in … wat deur ʼn fondsbestuurder bestuur word en sy kan haar geld sonder boetes onttrek. 1.2.3 Die vermoë om aan oorspronklike en innoverende idees te dink, staan as … bekend. 1.2.4 Suma Handelaars het … as ʼn King-kode-beginsel toegepas toe werknemers bewus gemaak is van die indiensnemingsbeleide van die besigheid. 1.2.5 Beige Industrieë het met ʼn … as ʼn tipe moeilike persoonlikheid te doen gehad toe hulle na Duma se kritiek geluister het sonder om aan hom erkenning te gee. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) BESIGHEIDSTUDIES V2 5 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Bybetaling A spanlede het ʼn positiewe gesindheid van ondersteuning teenoor ander lede 1.3.2 Dividende B die toepassing van die gedragskode van ʼn beroep 1.3.3 Kragveld-ontleding C spanlede respekteer die vaardighede van ander lede 1.3.4 Etiese gedrag D opbrengs op ʼn belegging in aandele 1.3.5 Gedeelde waardes E betaal deur die versekerde wanneer ʼn versekeringskontrak onderteken word F ʼn groep deskundiges los besigheids- probleme op sonder om hulle byeen te bring G opbrengs op ʼn belegging in vaste bates H betaal deur die versekerde wanneer ʼn eis ingedien word I ʼn groep werknemers lys, dryf- en rem- kragte wat verandering sal ondersteun of teenstaan J vorm deel van ʼn gedragskode om werknemers te lei (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/JUNIE 2024) AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 2.1 Noem enige VIER soorte voordele wat deur die Werkloosheidsversekerings- fonds (WVF) uitbetaal word. (4) 2.2 Beskryf kortliks die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE). (6) 2.3 Identifiseer die soort voorkeuraandeel wat deur ELK van die onderstaande stellings verteenwoordig word: 2.3.1 Aandeelhouers is geregtig om in enige surplus maatskappywinste te deel 2.3.2 Aandeelhouers word vergoed vir vorige dividende wat nie uitbetaal is toe winste te laag was om dividende te verklaar nie (4) 2.4 Verduidelik enige TWEE beginsels van versekering. (6) 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BOY HANDELAARS (BH) Boy Handelaars het hul besigheidsvoertuig vir R300 000 verseker terwyl die werklike waarde R400 000 is. Die voertuig was in ʼn ongeluk betrokke, wat skade tot ʼn bedrag van R130 000 tot gevolg gehad het. 2.5.1 Noem die versekeringsklousule wat op BH in die scenario hierbo van toepassing is. (2) 2.5.2 Bereken die bedrag wat BH as vergoeding van die versekeraar sal ontvang. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.6 Bespreek die impak van Regering/RSA kleinhandelspaareffekte as ʼn beleggingsvorm. (6) 2.7 Gee beleggers raad oor hoe die volgende faktore in ag geneem moet word wanneer beleggingsbesluite geneem word: 2.7.1 Opbrengs op belegging (4) 2.7.2 Beleggingstermyn (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) BESIGHEIDSTUDIES V2 7 VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE 3.1 Noem VIER probleemoplossingstappe. (4) 3.2 Beskryf kortliks die oorsake van konflik in die werkplek. (6) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. EDEN DRUKKERS (ED) Eden Drukkers is welbekend vir die druk van gehalte leer- en besigheidsmateriaal. Sommige van ED se werknemers laai flieks af met die besigheid se internet, terwyl ander uitgebreide middagete-pouses neem. 3.3.1 Identifiseer TWEE tipes onprofessionele sakepraktyke wat op die scenario hierbo van toepassing is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 3.3.1 te beantwoord. TIPES ONPROFESSIONELE MOTIVERINGS SAKEPRAKTYKE 1. 2. (6) 3.4 Verduidelik hoe onbillike advertensies as ʼn onetiese sakepraktyk uitdagings vir besighede inhou. (4) 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KUSLYN-HOTEL (KH) Sive, die eienaar van Kuslyn-Hotel, het dikwels te doen met moeilike werknemers. Hy begin deur privaat met die moeilike werknemers te ontmoet om afleidings te vermy. Sive bly kalm en in beheer van die situasie om die moeilike werknemers te kry om saam te werk. Hy lei hulle ook deur alternatiewe. 3.5.1 Haal TWEE maniere aan waarop KH moeilike werknemers in die werkplek hanteer. (2) 3.5.2 Verduidelik ander maniere waarop besighede moeilike werknemers in die werkplek kan hanteer. (6) 3.6 Bespreek die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer. (6) 3.7 Beveel maniere aan waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe sakepraktyke uitgevoer behoort te word. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/JUNIE 2024) VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSGELEENTHEDE 4.1 Noem enige VIER voorbeelde van langtermynversekering. (4) 4.2 Beskryf kortliks die voordele van versekering vir besighede. (4) 4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. RONALD LOGISTIEKE (RL) Ronald Logistieke is besig om hul surplusfondse te belê. Hulle het belê in die beleggingsvorm waar die hoofsom plus rente op die vervaldatum uitbetaal sal word. 4.3.1 Identifiseer die beleggingsvorm wat op die scenario hierbo van toepassing is. (2) 4.3.2 Bespreek die impak van die beleggingsvorm wat in VRAAG 4.3.1 geïdentifiseer is. (6) 4.4 Stel situasies voor waarop die charismatiese leierskapstyl in die werkplek toegepas kan word. (4) BESIGHEIDSROLLE 4.5 Beskryf kortliks die verskil tussen griewe en konflik in die werkplek. (4) 4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DERRY ONDERNEMINGS (DO) Kenneth, die spanleier by Derry Ondernemings, wil die konflik in sy verkoopspan oplos. Spanlede konfronteer voortdurend mekaar se idees, wat hul vordering vertraag. 4.6.1 Identifiseer die stadium van spanontwikkeling wat deur DO in die scenario hierbo vertoon word. (2) 4.6.2 Verduidelik die stadium van spanontwikkeling wat in VRAAG 4.6.1 geïdentifiseer is. (4) 4.7 Bespreek die belangrikheid van spandinamika-teorieë in die verbetering van spanprestasie. (6) 4.8 Beveel maniere aan waarop besighede seksuele teistering as ʼn tipe onprofessionele sakepraktyk kan hanteer. (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) BESIGHEIDSTUDIES V2 9 AFDELING C Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BESTUUR EN LEIERSKAP) Die demokratiese leierskapstyl word dikwels deur besighede gebruik, terwyl die outokratiese leierskapstyl soms vereis kan word. Die situasionele leierskapteorie lei besighede in die bestuur van werknemers. Sommige leiers glo in die doeltreffendheid van die laissez-faire en transaksionele leierskapstyle. Die persoonlike houding van die leier speel ʼn kritieke rol in suksesvolle leierskap. Skryf ʼn opstel oor bestuur en leierskap waarby jy die volgende aspekte insluit: • Beskryf kortliks die verskille tussen die demokratiese en outokratiese leierskapstyle. • Verduidelik die situasionele leierskapsteorie. • Bespreek die impak van die volgende leierskapstyle op besighede: o Laissez-faire o Transaksionele • Gee besighede raad oor die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (KREATIEWE DENKE EN PROBLEEM- OPLOSSING) Besighede staar daagliks baie uitdagings in die gesig wat probleemoplossing en besluitneming vereis. Om kreatief te wees is ʼn groot voordeel en kan toegepas word deur probleme op te los deur ʼn dinkskrum en nominale groeptegniek. Daarom is dit belangrik vir besighede om voorsiening te maak vir ʼn kreatiewe werksomgewing. Skryf ʼn opstel oor kreatiewe denke en probleemoplossing waarby jy die volgende aspekte insluit: • Beskryf kortliks die verskille tussen probleemoplossing en besluitneming. • Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. • Bespreek die impak van die volgende probleemoplossingstegnieke: o Dinkskrum o Nominale groeptegniek • Beveel maniere aan waarop besighede ʼn omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die werkplek bevorder. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Business Studies

View all